Posted on Leave a comment

Welkom by my blad

Terwyl ek kos maak vanaand vir ons gesin, is dit asof die Here op my hart lê om IETS te doen om Sy woord te verkondig.

Nie die gewone posts op my eie Facebook blad nie. IETS spesifieks om ‘n sekere groep mense aan te raak.

‘n Groep mense wat soms as vanselfsprekend aanvaar word.
Met die gedagte in my hart is hierdie “blog” gebore.

Toe ek aan die naam van die blad moes dink het baie name in my kop rondgemaal. Alles klink soveel beter in Engels maar tog wil ek dit in Afrikaans doen….

23 Maart 2021 merk die geboorte van iets wat ek voel die Here op my hart gelê het om alle Beroepsvroue aan te raak.
Daar waar jy moeg, uitgemergel en stukkend elke dag opstaan om net deur elke dag se take te gaan want jy moet en dis wat almal van jou verwag.

Welkom by my “blog” liewe Beroepsvrou.

Ek weet sommige sal nie hiervan hou nie en dalk by hulself dink hoekom op dees aarde deel die persoon soveel op hierdie platvorm….?

Ander sal stilweg dit lees en met een groot verligting flikvlakke wil doen omdat hulle besef hulle is nie alleen nie en dat ander so voel.

En dan sal daar die groep wees wat dit lees en nie dadelik wil erken dat hulle wel tog met dit kan identifiseer nie….

In watter kategorie jy ookal mag val, bid ek dat die Here my as Sy instrument sal gebruik. Dat Hy die woorde sal neerlê en vervorm soos wat klei gevorm word om sin te maak vir diegene wat dit lees.

Welkom by my blad…..