Posted on Leave a comment

Verwagtinge

“Moet nie te hard op jouself wees nie.” Die woorde het ek al so baie uit so baie mense se monde gehoor as ek iets of ‘n situasie beskryf wat voel of dit my teen die mure uit dryf….of hardop wonder wat anders ek moes doen….

Jitte, kan ek nou vir jou ENIGE situasie overthink (is dit hoe ons vrouens is of sekere persoonlikheidstipes? dink ek by myself).

Hoe meer ek daaraan dink, hoe erger voel dit en hoe meer kruisig ek myself oor iets wat ek gedoen het of nie gedoen het nie.

Hulle sê mos, “hind sight” is ‘n wonderlike ding. Want dan doen jy alles reg. Geen foute nie, geen swak menslike oordeel oor ‘n situasie nie. Perfek reg. Soos ons almal mos dink die lewe is.

Dan dink ek weer aan my vriendin se woorde en ek wonder wat sy eintlik met dit bedoel? Ek is dan nie hard op myself nie??? Of is ek?

Soms, ok meeste dae, gaan ek deur die lewe met hierdie persepsie dat die wêreld en die owerhede en instansies aan wie ek behoort en aan rapporteer met hierdie massiewe mikroskoop sit en ALLES wat jy doen dissekteer en fout SOEK.

Hoe meer ek daaraan dink, hoe erger word die prentjie. Hierdie draak met sy mikroskoop en my werk en alles wat ek doen tussen die twee glasplate om dit wat ondersoek word stil te hou en in plek te hou (en nie die mikroskoop vuil te smeer met dit wat ondersoek word nie). Dan dwaal my gedagtes – wat noem jy daai plaatjies?? Ek skud my kop en besluit dit is nie belangrik om te weet wat jy dit noem nie….dit verander nie my prentjie nie….

Dan raak ek meer verboureerd en dink aan alles wat verkeerd kan gaan en hoe my werk en optrede en alles net nog meer onmenslik perfek moet wees.
Voor ek myself kry hiperventileer ek amper en voel soos ‘n mislukking.

O jinne en dan begin die guilt trip weer. Hoe ek misluk het as ‘n ma (want ek jak my kinders af as ek die werk moet doen), slegte slegte CA, RA & Belastingpraktisyn, slegte vrou wat ek is want nou is ek so uitgeput na alles ek kan nie eens behoorlik kosmaak of dink WAT om te maak nie, slegte dogter want ek het nooit veel om vir my pa te sê as hy bel nie (my standaard antwoord is dat ons besig is, nie nuus het nie, hoe koud dit word of baie dit gereën het en dat die dae vinnig loop), en so gaan die lysie aan en aan.

Dan hoor ek die liedjie “Be kind to yourself” deur Andrew Peterson. Eers vang die woorde “Be kind to yourself” my oor. Dan hoor ek “It is just you against you against you” en ek dink WAT? Het ek nou reg gehoor?

Ek luister en hoor. Ek besef die is ‘n man wat vir sy vrou sing. Dan wonder ek of dit is wat my man soms vir my wil sê?

Ek hoor weer die Heilige Gees se fluistering in my binneste.

Hy por my om te LUISTER en te HOOR.

“Hoor jy dit?” Is die vraag in my gedagtes.

“Jip ek doen” is my antwoord.

“Luister weer” kom die opdrag.

Ek luister, speel die liedjie weer.

Dan besef ek net al hoe meer dat dit net nog leuens was…die draak met die mikroskoop is iets wat my gedagtes geskep het. Amper soos die kinders se verbeelding van die monsters onder hul beddens.

Kan ek slap lê en nie my werk met sorg en deeglikheid doen nie? Vir seker nie want ek het ‘n verantwoordelikheid en moet Rentmeesterskap toon oor dit waaroor die Here my aangestel het.

Oor min was jy getrou en oor baie sal Ek jou aanstel….ek onthou daai bybelvers….die vergelyking wat Jesus vertel het van die bestuurders met die talente….

Gaan ek foute maak? Vir seker want ek is net mens….ons almal maak foute….

Dan raak my ontstuimige gemoed wat soos Tsunami golwe heen en weer slinger rustig en ek WEET net die Here beskerm my. Hy sal my herinner as ek iets verkeerd doen. Hy sal my wys wat om te doen om dit reg te stel. Dan hoor ek weer my ma se stem wat ek as klein dogtertjie gehoor het toe ek vir my eerste eksamens en toetse voorberei het….toe ek ongeveer 8 of 9 jaar oud was (ek was mos ‘n jaar jonger as my groep maats op skool)…

“Do your BEST and God will do the rest”.

Vir meer as 30 jaar word ek gereeld herinner aan die woorde.

“Dankie Mamma” dink ek by myself met ‘n dankbare hart en trane wat vir ‘n vlietende oomblik in my oë skiet.
Dan ruk ek myself reg, maak my grimering klaar en skuif agter my rekenaar in.

Reg om die dag se take aan te pak na die beste van my vermoë….
Ek praat met God en raak liries oor hoe awesome Hy is en HOE Hy net met my praat terwyl ek my wagwoord intik en wag dat my rekenaar se skerm aankom.

Be Kind To Yourself
Song by Andrew Peterson


You got all that emotion that’s heaving like an ocean
And you’re drowning in a deep, dark well
I can hear it in your voice that if you only had a choice
You would rather be anyone else
I love you just the way that you are
I love the way He made your precious heart
Be kind to yourself
Be kind to yourself
I know it’s hard to hear it when that anger in your spirit
Is pointed like an arrow at your chest
When the voices in your mind are anything but kind
And you can’t believe your Father knows best
I love you just the way that you are
I love the way He’s shaping your heart
Be kind to yourself
Be kind to yourself
How does it end when the war that you’re in
Is just you against you against you
Gotta learn to love, learn to love
Learn to love your enemies too
You can’t expect to be perfect
It’s a fight you’ve gotta forfeit
You belong to me whatever you do
So lay down your weapon, darling
Take a deep breath and believe that I love you
Be kind to yourself
Be kind to yourself
Be kind to yourself
Gotta learn to love, learn to love
Learn to love your enemies
Gotta learn to love, learn to love
Learn to love your enemies too