Posted on Leave a comment

Dit is tyd

Dit is tyd….die dag het aangebreek. Die nuwe voorkoms van my “blog” het pas lewe gekry….

Hierdie is amptelik my eerste inskrywing direk op die nuwe platvorm en nie op Facebook nie.

Ek is so opgewonde om dit aan die wêreld bekend te stel!

Gisteraand net soos wat ek aan die slaap raak kry ek Spreuke 10:21. Ek gaan soek my foon se bybel op, wil seker maak en dit nie vergeet nie. Ek lees die stuk (baie dankbaar dat dit nie ‘n valse stuk skrif is nie want dit het OOK al gebeur….ek dink ek kry skrif en jitte dan soek en soek ek en kry wragties nie die vers nie).

Ek dra die en elke inskrywing hierna weereens op aan die Here. Mag Spreuke 10:21 elke liewe keer deurkom op my inskrywings. Mag God elke liewe keer my inskrywings inspireer om mense te help en aan te raak….

Daar is nog baie te leer aan hoe die nuwe konsep werk en as daar foutjies ingeglip het sal ek dit regstel….in die tussen tyd geniet ek die nuwe platform en waarheen dit oppad is!

Tot my volgende inskrywing…..

Posted on Leave a comment

Tyd

Tyd. Dis seker iets wat niemand van ons ooit genoeg van sal hê nie. Dis asof die Here al vir ‘n paar jaar met my werk oor tyd. Ek sukkel om dit te verwoord en as ek met mense gesels oor wat ek ervaar dan sê hulle dat hulle presies verstaan wat ek bedoel….

Ek dink terug aan die afgelope 15 jaar. Ek was 25, ons het net in ons huis ingetrek en het reg gemaak om te trou (uitnodigings op die skoot gemaak want ons het nie ‘n tafel besit nie).

So baie het gebeur in 15 jaar. Ek meen ek is nou 40! 15 jaar terug het 40 so VEEEEER en OOOUUUUDD gevoel jy weet?

Soms as ek terug dink voel goed soos ‘n “blur”. Dit voel letterlik of my kinders hulself groot maak.

Ek voel soos hierdie ma wat op ‘n naweek so moeg en uitgeput is na die week se werk, ek sien nie kans om iets eenvoudig soos koek te bak saam met my dogtertjie nie.
O die “mom guilt”….sy vra my so ewe toe ek by die huis kom vanoggend na ek naels gaan doen het, “Wat gaan ons doen mamma? Gaan ons koek bak?”


“Nee my skat” is my antwoord. “Ek gaan middagete vir ons maak.” Ek haal die rolletjies en koue vleis uit. “Wil jy my help?” Vra ek in ‘n poging om haar te betrek. Ek kan nie eens onthou of sy my geantwoord het nie want ek fokus so om net te doen wat ek moet sodat ek kan gaan rus op die bank.

In die kar oppad huis toe hoor ek ‘n liedjie van Mercy Me speel van die USB af…..”Dear Younger Me”.

Ek luister aandagtig na die woorde. Ek dink weer oor die tyd kwessie en hoe dit net verby snel en als soos ‘n “blur” voel. Ek probeer dit verwoord maar kry dit nie reg nie.
Ek dink aan goed wat ek wou gedoen het 15 jaar terug maar net nie by uitgekom het nie. Mosaiek projekte wat nie klaar kom nie want ek is te moeg en net nie lus vir vuil gom vingers van plak nie…..

Goed wat ek 4 jaar terug gekoop het, nog voor my ma dood gegaan het, wat ek nog nie mee begin het nie want ek probeer net heeltyd “recover” van die lewe.

Dan dink ek nog verder aan al die drome wat ons gehad het oor hoe ons ‘n ander huis sou bou of ons bestaande huis verander.

15 jaar is verby en min van daardie planne het gerealiseer. Want so baie ander goed het gebeur maar dit voel soos ‘n “blur”….

Dan wonder ek of dit regtig nodig is om ‘n ander huis te bou?

Mens moet oor so 10 jaar of so van nou af seker alweer begin dink aan afskaal of hoe?

Dis asof ek voel die Here pols my hart en net wil sê dat die tyd op aarde so kort is en maak al hierdie goed saak?

Dan hoor ek weer die woorde van die liedjie en ek besef EK hoef nie dit wat die Here op my hart lê in woorde om te skakel nie….Hy het dit reeds vir iemand anders gegee….ek moet net LUISTER na dit wat Hy my wil wys en leer….

Dear Younger Me
Song by MercyMe


Dear younger me
Where do I start
If I could tell you everything that I have learned so far
Then you could be
One step ahead
Of all the painful memories still running thru my head
I wonder how much different things would be
Dear younger me,
Dear younger me
I cannot decide
Do I give some speech about how to get the most out of your life
Or do I go deep
And try to change
The choices that you’ll make cuz they’re choices that made me
Even though I love this crazy life
Sometimes I wish it was a smoother ride
Dear younger me, dear younger me
If I knew then what I know now
Condemnation would’ve had no power
My joy my pain would’ve never been my worth
If I knew then what I know now
Would’ve not been hard to figure out
What I would’ve changed if I had heard
Dear younger me
It’s not your fault
You were never meant to carry this beyond the cross
Dear younger me
You are holy
You are righteous
You are one of the redeemed
Set apart a brand new heart
You are free indeed
Every mountain every valley
Thru each heartache you will see
Every moment brings you closer
To who you were meant to be
Dear younger me, dear younger me
You are holy
You are righteous
You are one of the redeemed
Set apart a brand new heart
You are free indeed
You are holy
You are righteous
You are one of the redeemed
Set apart a brand new heart
You are free indeed
You are holy
You are righteous
You are one of the redeemed
Set apart a brand new heart
You are free indeed

Posted on Leave a comment

Tyd

Vanoggend sê ek vir my man – “Besef jy dat vandag 1 jaar terug ons die eerste dag van lockdown gehad het?”

Hy kyk my effe verbaas aan en sê: “Vandag? Is dit al ‘n jaar terug gewees?”

Ek besef net elke dag al hoe meer dat tyd so kosbaar is. Kyk hoe vinnig het 2020 verby gesnel.

Kyk waar staan ons in 2021 al – amper einde Maart….die eerste kwartaal van die jaar is verby.

Ek dink baie oor die skrif in Matthéüs “En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.”
MATTHÉÜS 24:22


Is dit waar ons nou is in ons lewens? In verkorte tyd op aarde? Die begin van die verdrukking? Of in die verdrukking….?

Een ding weet ek wel en dis dat die koms van Jesus BAAAAIE naby is en dat ons moet seker maak ons saak is reg elke dag. Ons weet nooit wanneer Hy gaan kom nie en moet elke dag reg en voorbereid wees op Sy koms.

Mag ons almal elke dag leef asof dit ons laaste dag op aarde is en gereed wees vir ons Koning om ons te kom haal!