Posted on Leave a comment

Die einde van ‘n seisoen

Ons almal weet daar is verskillende seisoene en dat hulle tot ‘n einde kom en oorgaan in ‘n volgende een. Nie net fisiese seisoene soos somer, winter, herfs en lente nie. Nee. Emosionele en geestelike seisoene ook.

Soos wat dit in Prediker 3 uiteengesit is, dink ek Salomo het DIEP gedink oor goed en dit neergepen vir ons om dekades en generasies later te kan lees. Toe ek jonger was, het baie goed wat hy geskryf het glad nie sin gemaak nie.

Maar noudat ek ouer word, dalk wyser ook en ek glo soos wat ek nader aan God beweeg, begin soveel meer goed vir my sin maak. Jy sien, as jy jonk is, glo jy ‘n paar onwaarhede. Soos dat 40 ongelooflik ver is. Mense wat 24 jaar terug in matriek was stokoud is. En dat die lewe dieselfde gaan bly vir ewig.

Nou ja. Op 41 weet ek dat 40 baie nader is as wat ek ooit kon dink en dat 50 ‘n katspoegie ver is, voel dit vir my. Ek IS nou deel van die mense wat 24 jaar gelede gematrikuleer het, ek voel nie stokoud nie, so daardie stelling kan ook nie waar wees nie.

Die grootste onwaarheid wat daar bestaan, is dat die lewe dieselfde gaan bly vir ewig. Dis eintlik twee onwaarhede vervat in een. Eerstens bly die lewe nie dieselfde nie en tweedens niemand leef vir ewig nie.

Wat probeer ek nou eintlik sê met al my filosofiese oordenkinge? Wel, vandag is ‘n curve ball my kant toe geboul en nou moet ek die hou speel. Ek hoop ek slaan hom vir ‘n 6, maar ek sal eers later weet, nie nou al en so vinnig soos in ‘n 20/20 krieketwedstryd nie.

Jy sien, die dinamika in ons firma gaan verander. My klein sussie, sister from another mister, die klerk (wat lankal nie meer ‘n klerk is nie) se vlerke moet gesprei word. Sy is reg om die nes te verlaat. Haar ligspore te saai in die wêreld in.

Ek hoop sy het genoeg gelaai by ons, nie dat ons die hoofbron van energie en lig is nie. Maar ek glo ons was (en is) soos een van die stasies waar jy jou kar kan herlaai (die elektroniese soort) om jou verder te vat na die volgende deel van jou reis.

Ek glo dat ons wel ingeprop is by die Hoofbron, God en dat ons wel Sy boodskap en wil kon oordra soos wat ons gewerk het. Ons het baie gelag, minder gehuil en baie uit frustrasie met omstandighede buite ons beheer net vir mekaar gekyk en aan beweeg met dit wat ons moes doen.

Ek meen, watter werkgewer vra op haar kombuistee vir ‘n vriendin van die bruid of sy saam met haar werk (terwyl sy saam met my gewerk het)? Ons lag nou nog oor my dowwe oomblik wat ek gehad het. Maar dis hoe ek haar gesien het – eerder as ‘n kleinsussie of vriendin as ‘n werknemer.

Ek bid dat ons haar toegerus het met die wêreldse kennis wat sy kon opdoen i.t.v. haar opleiding en kwalifikasie. Dat sy meer as net ‘n aanwins kan wees vir enige werkgewer. Was dit nie Richard Branson wat hierdie awesome quote gehad het nie?

Train people well enough so they can leave. Treat them well enough so that they do not want to. Ek hoop regtig dat ons die eerste deel van die quote wel aan voldoen het en dat die rede vir die weggaan nie is weens ons mishandeling nie.

Maréchelle, jy gaan gemis word. Ek het jou sien grootword voor my oë. Van ‘n skaam onseker 21 jarige dogtertjie voel dit vir my tot ‘n volwaardige vrou en mamma met selfvertroue, kennis en wysheid. Bly die persoon wie jy is. Trap diep spore in ander se harte soos jy in ons harte getrap het. Belangrikste van alles – laat jou lig skyn, so helder as wat hy kan skyn.

Met heimweë kyk ons nou hoe die babavoëltjie reg is om haar vlerke te sprei. Ons het ons groete gegroet en huile gehuil vandag. Lynette Berger van Probeta en EI Activator het gesê dat iemand vir haar gesê het Jump but build your wings on the way down. Daar is nooit ‘n regte tyd in mens se lewe nie. Jy moet net die Here vertrou vir besluite wat jy geneem het. Maréchelle, mag jou vlerke gebou word soos wat jy die sprong neem! We are rooting for you from the sidelines!

The end of a season
Posted on Leave a comment

‘n Nuwe seisoen

Vanoggend terwyl ek reg maak vir die dag, is dit asof die Here in my gees laat val van ‘n nuwe seisoen wat naby is. Dit val in soos wanneer jy ‘n munt in ‘n spaarbussie gooi…..

Ek stop vir ‘n oomblik en dink “Regtig? Het ek nou net regtig dit gedink en ervaar?”

Die gedagte oorweldig my en voel onmoontlik….hoe lank “naby” is die weet ek nie want ons tyd is nie God se tyd nie. Ek glo nie dit sal môre wees nie, nie so naby nie….

Wat die nuwe seisoen behels die weet ek ook nie….en ek dink dis beter dat ek nie weet nie en dit vat soos dit kom anders “over think” ek WEER alles soos altyd (tong in die kies gesê).

Ek weet net, dat sodra iets jou oorweldig of onmoontlik voel, dan kan dit nie anders as om van die Here af te wees nie.

Dit staan nie verniet in die Bybel dat niks by God onmoontlik is nie.

Soos wat ek ry in die kar vandag speel “Broken Things” van Matthew West oor die USB stokkie met my Praise & Worship musiek op.

My oor vang die woorde en ek luister aandagtig. Ek glimlag by myself want die woorde in die liedjie sluit aan by ‘n “post” van my van gister oor die skrif wat sê hy wat laaste is sal eerste wees en eerste sal laaste wees…..

So draai my gedagtes al in die rondte en ek wonder of dit my bevestiging is?

Ek luister verder na die woorde….ek besef al hoe meer dat dit van toepassing is op my. Die Here gebruik stukkende mense om Sy werk te doen sodat Hy verheerlik kan word in die proses…..

“Wow” dink ek by myself. “Die Here wat ALLES gemaak het wil MY gebruik. Wat ‘n wonderlike voorreg!”

Ek is opgewonde en weet Hy is in beheer van ALLES!
Ek gaan vir seker nie enige iets probeer ryp druk nie en weet alles sal gebeur soos dit moet en wanneer dit moet…..

Broken Things
Song by Matthew West


If grace was a kingdom
I’d stopped at the gate
Thinkin’ I don’t deserve to pass through
After all of the mistakes that I’ve made
Oh but I heard a whisper
As heaven bent down
Said child, don’t you know that the first will be last
And the last get a crown
Now I’m just a beggar in the presence of a King
I wish I could bring so much more
But if it’s true
You use broken things
Then here I am Lord, I am all Yours
Oh-oh-oh-oh-oh-oh-oh
Oh-oh-oh-oh-oh-oh
The pages of history
They tell me it’s true
That it’s never the perfect
It’s always the ones with the scars that You use
It’s the rebels and the prodigals
It’s the humble and the weak
All the misfit heroes You chose
Tell me there’s hope for sinners like me
Now I’m just a beggar in the presence of a King
I wish I could bring so much more
But if it’s true
You use broken things
Then here I am Lord, I am all Yours
Oh-oh-oh-oh-oh-oh-oh
Oh-oh-oh-oh-oh-oh
Oh-oh-oh-oh-oh-oh-oh
Oh-oh-oh-oh-oh-oh
Grace is a kingdom
With gates open wide
There’s seat at the table just waiting for you
So, come on inside