Posted on Leave a comment

Herfs

Herfs pronk al vir ‘n ruk met haar kleure maar ek was te besig om die verandering van seisoen op te merk aan die bome se blare….

Die kaggel brand al vroeg die seisoen, warm klere word aangetrek, praatjies oor die koue oggende vind plaas maar ek was blind vir wat besig was om te gebeur met die natuur.

Vandag is die eerste keer in ‘n lang tyd dat ek as passasier gery het uit ons area uit. Ek verkyk my altyd aan wat buite gebeur, hoe goed lyk, blare verkleur, grassies uitspruit – alles wat ek sien hang af van die seisoen en area waar ons ry.

Toe ons terug kom vanmiddag, seker so een of twee kilometer van ons huis af (ek kan nie so lekker akkuraat skat nie want ek is ‘n vrou wat nie regtig afstand kan skat nie), op die grondpad oor die berg hier by ons, kyk ek links uit en ek sien rye en rye en rye bome met goudgeel blare.

Toe my oog dit vang is dit asof die Heilige Gees vir my wys dat Herfs net gou wil kom “afshow”. Voor die winter die boksgeveg kom wen en al die blare afskud. Voor dit leeg en kaal is.

Ek was nooit een vir winter of herfs nie. Ek hou nie van koud kry nie. Tot ons die kaggel gekry het. Dit was seker die lekkerste dag in my lewe! Vir die eerste keer in my lewe kan ek LEEF in my huis sonder om te voel of my tone wil afval van die koue. Sonder om te voel die bed is die beste plek.

Maar die jaar is Herfs vir my anders. So asof ek meer waardering het vir die seisoene waardeur mens heeltyd beweeg – nie net die fisiese seisoene nie. Ek sit in my kantoor by die huis en kyk uit op die boom net buite ons huis.

Sy blare is al amper alles af. Gereeld sê my man vir my hoe hy die natuurskoon bewonder. “Kyk hoe mooi is dit” beduie hy na die vallende blare buite.

Ek kyk en ek sien. Ek neem in. Ek begin dieselfde waardering voel vir die vallende blare. Dit is “tranquil”. Veral as die lewe druk en as die sperdatums lê en loer vir ‘n mens. Reg om op jou te spring soos wanneer ‘n kat op iets “pounce”.

Gewoonlik irriteer dit my – die blare wat geval het en als laat onnetjies lyk. Maar nie die jaar nie. As ons tuinman nie die blare ophark nie pla dit nie….dis asof my gees besef dat dit is hoe dit moet wees. Dis deel van die seisoen….

Al die mooi van die somer lê nou in goudgeel en brons kleur blare op die grond.

Ek dink deesdae so baie aan hoe vinnig die tyd verby gaan. Ek redeneer dit met myself en enige persoon wat lus is vir so ‘n gesprek.

Ek gesels in die week met iemand (wat ek van geen kant af ken nie) en vra hoekom gaan die tyd so vinnig? Ek probeer uitwerk of dit is omdat ek ouer word of is dit net hoe dit is?

Die oom sê vir my dat hy sien dit so:
As mens 21 is, gaan die lewe redelik stadig. Dan bereik jy 21 en jy is op die hoogtepunt van jou lewe. Daarna is dit afdraande (hy beduie met sy hand soos wanneer jy op een van die Gold Reef City pretritte is en net vinnig afwaarts beweeg in ‘n karretjie waaroor jy nie beheer het nie).

Hy verduidelik verder dat jy ouer word en stadiger word. Goed vat jou langer om te doen as toe jy jonger was.
Ek redeneer met hom oor die ouer en stadiger word. Ek het dit ook al gevoel en oor gewonder. Maar soos wat mens ouer word, verander die wêreld waarin jy werk en jou brood en botter verdien. Amper soos die boom wat sy blare verloor.


Ek vertel vir hom hoe, 17 jaar gelede, toe ek die besigheid begin het, ons nie al die admin gehad het wat ons nou het nie.

Ons albei glimlag, kyk vir mekaar en besef ons het eintlik nie die antwoord op my vraag nie.

Maar die naweek dink ek weer, redeneer ek weer.

Probeer hardop met my man praat oor die druk wat ek voel maar weet nie of hy dit verstaan wat ek probeer sê nie. Hy is ‘n man en ervaar die lewe anders.

Almal pak net hulle stukkie admin op jou soos wanneer jy ‘n pakesel laai om na die volgende dorp te beweeg.
Die esel is nog sterk genoeg om die gewone lading te dra. Maar dan kom die professionele instansies waaraan jy behoort en stel vereistes van opleiding wat jy moet doen.

Dan kom die regering se instansies en vir elke liewe fasset van ‘n besigheid skep hulle meer admin…vra meer vrae…Hoekom? Vra jy dalk. Omdat mense owerhede bedrieg. Dis my antwoord.

Ek verstaan 100% waar alles vandaan kom maar iewers moet dit stop. “Something’s gotta give”.

Bo op dit alles is daar nog ander mense wat dinge nie reg doen nie en vir kliënte wolhaar stories vertel. Jou soos ‘n skurk laat voel omdat jy “meer” doen as wat die wet vereis, baie “duur” is met jou fooie (ek weet steeds nie hoe ander mense vir min geld baie rompslomp werk gedoen kry nie). Jou laat twyfel, jou net gou weer die maatskappy wet laat lees om seker te maak jy het nie “te veel” vir iemand gedoen nie.

En bo op dit alles is jy ‘n vrou en ‘n mamma.
‘n Mamma van twee pragtige kinders wat al die liefde en geduld in die wêreld verdien van jou af maar wat dit nie kry nie.

‘n Vrou vir een van die geduldigste mense wat ek ken, iemand wat ander die heeltyd voor homself stel en altyd goed ten koste van homself doen. Iemand wat ‘n “cheerleader” nodig het om hom te ondersteun wanneer hy moeg begin word. Wat nie sy “cheers” van my af kry nie.

Ek besef net al hoe meer dat die ding wat besig is om mee te gee vir my is die twee belangrikste rolle wat ek moet vul en waarvoor ek op aarde geplaas is.

Ek wil dit nie hê nie. Ek skop daarteen. Ek stoei voort.
Die Heilige Gees kom gee my gerustheid en wys dat net soos wat die seisoen vir my kom “afshow” vandag, kom wys sy is hier, hoe alles verander het, so gaan Hy ons seisoen kom laat draai.


Nie in ‘n koue aaklige winter seisoen nie, maar ‘n mooi seisoen. Een wat ons nog nie gesien of geken het nie. Een wat beter is as dit wat ons geken het.

In die tussen tyd gaan die tyd hardloop tot ons by die seisoen kom waar ons moet wees.

Dan gaan die tyd stadiger gaan sodat ons die nuwe seisoen kan geniet en kan doen vir die doel waarvoor ons op aarde geplaas is!

Ek sit nog so ‘n rukkie en dink daaroor. Ek wonder steeds maar dit maak sin….ons is oppad na ons volgende seisoen toe. Hoe lank of kort dit gaan neem hang seker ook af hoe gou ons tot die besef kom dat ons moet aanbeweeg….of doen dit?

Kort na die inskrywing speel “Haven’t seen it yet”. Ek luister na die woorde van die liedjie wat ek al so baie gehoor het en besluit om die inskrywing op te dateer om die woorde deur te gee….hier is my antwoord….ek het dit net nog nie gesien nie…..

Haven’t Seen It Yet
Song by Danny Gokey


Have you been praying and you still have no answers?
Have you been pouring out your heart for so many years?
Have you been hoping that things would have changed by now?
Have you cried all the faith you have through so many tears?
Don’t forget the things that He has done before
And remember He can do it all once more
It’s like the brightest sunrise
Waiting on the other side of the darkest night
Don’t ever lose hope, hold on and believe
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet
You’re closer than you think you are
Only moments from the break of dawn
All His promises are just up ahead
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet
Maybe you just haven’t seen it
He had the solution before you had the problem
He sees the best in you when you feel at your worst
So in the questioning don’t ever doubt His love for you
‘Cause it’s only in His love that you’ll find a breakthrough, oh
It’s like the brightest sunrise
Waiting on the other side of the darkest night
Don’t ever lose hope, hold on and believe
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet
You’re closer than you think you are
Only moments from the break of dawn
All His promises are just up ahead
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet
Maybe you just haven’t seen it
He is moving with a love so deep
Hallelujah for the victory
Good things are coming even when we can’t see
We can’t see it yet, but we believe that
He is moving with a love so deep
Hallelujah for the victory
Good things are coming even when we can’t see
We can’t see it yet, but we believe that
It’s like the brightest sunrise
Waiting on the other side of the darkest night
Don’t ever lose hope, hold on and believe (Don’t ever lose hope)
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet
(Just haven’t seen it yet)
You’re closer than you think you are (Think you are)
Only moments from the break of dawn
All His promises are just up ahead
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet
(You gotta hold on, hold on)
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet (Hold on)
Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet
(Just haven’t seen it yet)