Moeg en uitgeput gooi ek myself neer in my bed.
Môre is “D-day” vir my. Dan is ek 40. Dan is ek in die ander kampie, ander kant van die heining.
Ek weet ek gaan môre dieselfde voel as vandag en ek weet soos die Engelse sal sê “Age is just a number” is vir seker die waarheid.
Maar diep binne my gees roer iets en ek weet dis die Here wat vir my wys dat ons tyd op aarde eintlik so verskriklik kort is.
Ons moet die beste maak van elke dag. Voluit leef sodat ons siele kan wen vir Jesus deur ons voorbeeld wat ons stel vir ander mense. Ons moet Jesus liefde wys….
Soos wat ek terug kyk na my laaste week van 39 en al die dinge wat gebeur het, goed of sleg, weet ek dat alles binne Sy wil en hand gebeur het.
In mens se kop bly jy (en ander) jonk en word ons nie ouer nie….
Dan dink ek weer dat toe ek 15 was, ek gedink het dat mense wat 40 was OUD was jy weet? Want ek gaan nie vinnig 40 word nie….so dink jy.
Skielik (vir ‘n paar jaar nou al) KYK ek net anders na tyd en ervaar ek tyd net ANDERS as voorheen….ek weet dis die Here wat werk in my en my iets probeer leer….
Soos wat ek die tik weet ek net dat die Here nog iets groot gaan doen en my iets so waardevol leer wat woorde nie kan beskryf nie. Ek is reg Here, dink ek in my binneste.
Leer my wat U wil hê ek moet leer en help my om dit wat ek leer in woorde om te sit sodat ander ook gehelp kan word.