Posted on Leave a comment

Beheer en beplanning.

Beheer en beplanning. Dis seker twee van die woorde wat so deel vorm van wie ek is. My werk vereis van my om beheer te neem as iemand se sake in wanorde is en dan vereis dit ook beplanning – wanneer ek wat gaan indien om te sorg dat alles betyds is en nie boetes kry nie….

Die grootste probleem wat ek ervaar is dat my beroep ALLES probeer oorheers in my lewe, veral dit waaroor ek nie beheer het nie.

Ek het nie beheer oor wat die hond volgende gaan doen of wanneer die pappagaai iets gaan naboots nie. Net so min het ek eintlik beheer oor die volgende minuut in my lewe…

Dis eintlik net genade dat ek opstaan en wakker word elke dag!

Ek dink ek verstaan nou hoekom ek soms so mismoedig raak met die lewe oor die algemeen….iets het iewers gebeur wat nie binne my beplanning was nie en nog minder binne my beheer.

Die woorde van “Control” en “I have this hope” maal weer deur my kop. Dan is daar ‘n awesome gekombineerde een van Control en nog ‘n liedjie saam….hoe meer ek daaraan dink hoe meer besef ek dat dit so moes wees – die twee saam….want terwyl jy beheer terug gee aan God (nie dat dit joune was om mee te begin nie, tong in die kies gesê) kan jy met sekerheid sê dat jy hoop het en dat God jou nodig het. Die Koning van die wêreld het JOU nodig…. en dat jy net diep binne jou WEET dat die Here jou hand vas hou al gaan jy deur die vloed of die vuur.

Gaan google of youtube die volgende liedjies en luister daarna….HOOR wat die Here vandag vir jou wil sê. Al drie is deur Tenth Avenue North: Control; I have this Hope; Control (Somehow you want me).

My innerlike geesmens staan met ‘n dankbare hart voor Hom en ek sien hoe sy die Heilige Gees se hand neem en verder hand-aan-hand deur die lewe stap oppad na die eindbestemming toe, die ewige lewe…..dit wat ons doen op aarde bepaal waar ons gaan opeindig in die hiernamels…

Mag sy (en ek) altyd die woorde van die liedjies onthou wanneer die lewe te buite beheer en chaoties voel. “Hy is in beheer” fluister die Heilige Gees in my hart….”Ek weet” is my antwoord.

Ek het later die volgende regstelling op Facebook gaan sit: Ek wil net graag ‘n regstelling maak oor die gekombineerde liedjie….die regte naam is toe I have this Hope/Control/By your side deur Mass Anthem…..en wanneer sulke flaters begaan word is ek sommer opgewonde en dankbaar dat ek die Heilige Gees aan my kant het!