Posted on Leave a comment

Tyd

Tyd. Dis seker iets wat niemand van ons ooit genoeg van sal hê nie. Dis asof die Here al vir ‘n paar jaar met my werk oor tyd. Ek sukkel om dit te verwoord en as ek met mense gesels oor wat ek ervaar dan sê hulle dat hulle presies verstaan wat ek bedoel….

Ek dink terug aan die afgelope 15 jaar. Ek was 25, ons het net in ons huis ingetrek en het reg gemaak om te trou (uitnodigings op die skoot gemaak want ons het nie ‘n tafel besit nie).

So baie het gebeur in 15 jaar. Ek meen ek is nou 40! 15 jaar terug het 40 so VEEEEER en OOOUUUUDD gevoel jy weet?

Soms as ek terug dink voel goed soos ‘n “blur”. Dit voel letterlik of my kinders hulself groot maak.

Ek voel soos hierdie ma wat op ‘n naweek so moeg en uitgeput is na die week se werk, ek sien nie kans om iets eenvoudig soos koek te bak saam met my dogtertjie nie.
O die “mom guilt”….sy vra my so ewe toe ek by die huis kom vanoggend na ek naels gaan doen het, “Wat gaan ons doen mamma? Gaan ons koek bak?”


“Nee my skat” is my antwoord. “Ek gaan middagete vir ons maak.” Ek haal die rolletjies en koue vleis uit. “Wil jy my help?” Vra ek in ‘n poging om haar te betrek. Ek kan nie eens onthou of sy my geantwoord het nie want ek fokus so om net te doen wat ek moet sodat ek kan gaan rus op die bank.

In die kar oppad huis toe hoor ek ‘n liedjie van Mercy Me speel van die USB af…..”Dear Younger Me”.

Ek luister aandagtig na die woorde. Ek dink weer oor die tyd kwessie en hoe dit net verby snel en als soos ‘n “blur” voel. Ek probeer dit verwoord maar kry dit nie reg nie.
Ek dink aan goed wat ek wou gedoen het 15 jaar terug maar net nie by uitgekom het nie. Mosaiek projekte wat nie klaar kom nie want ek is te moeg en net nie lus vir vuil gom vingers van plak nie…..

Goed wat ek 4 jaar terug gekoop het, nog voor my ma dood gegaan het, wat ek nog nie mee begin het nie want ek probeer net heeltyd “recover” van die lewe.

Dan dink ek nog verder aan al die drome wat ons gehad het oor hoe ons ‘n ander huis sou bou of ons bestaande huis verander.

15 jaar is verby en min van daardie planne het gerealiseer. Want so baie ander goed het gebeur maar dit voel soos ‘n “blur”….

Dan wonder ek of dit regtig nodig is om ‘n ander huis te bou?

Mens moet oor so 10 jaar of so van nou af seker alweer begin dink aan afskaal of hoe?

Dis asof ek voel die Here pols my hart en net wil sê dat die tyd op aarde so kort is en maak al hierdie goed saak?

Dan hoor ek weer die woorde van die liedjie en ek besef EK hoef nie dit wat die Here op my hart lê in woorde om te skakel nie….Hy het dit reeds vir iemand anders gegee….ek moet net LUISTER na dit wat Hy my wil wys en leer….

Dear Younger Me
Song by MercyMe


Dear younger me
Where do I start
If I could tell you everything that I have learned so far
Then you could be
One step ahead
Of all the painful memories still running thru my head
I wonder how much different things would be
Dear younger me,
Dear younger me
I cannot decide
Do I give some speech about how to get the most out of your life
Or do I go deep
And try to change
The choices that you’ll make cuz they’re choices that made me
Even though I love this crazy life
Sometimes I wish it was a smoother ride
Dear younger me, dear younger me
If I knew then what I know now
Condemnation would’ve had no power
My joy my pain would’ve never been my worth
If I knew then what I know now
Would’ve not been hard to figure out
What I would’ve changed if I had heard
Dear younger me
It’s not your fault
You were never meant to carry this beyond the cross
Dear younger me
You are holy
You are righteous
You are one of the redeemed
Set apart a brand new heart
You are free indeed
Every mountain every valley
Thru each heartache you will see
Every moment brings you closer
To who you were meant to be
Dear younger me, dear younger me
You are holy
You are righteous
You are one of the redeemed
Set apart a brand new heart
You are free indeed
You are holy
You are righteous
You are one of the redeemed
Set apart a brand new heart
You are free indeed
You are holy
You are righteous
You are one of the redeemed
Set apart a brand new heart
You are free indeed

Posted on Leave a comment

Leer my hoe om te slaap in die storm

Gisteroggend hoor ek ‘n liedjie wat my gedagtes laat terug dwaal na Oktober / November 2020 toe….ek oefen verwoedelik want ek het mos hierdie plan voor ek 40 word in April….

Die Orbitrek zoem soos ek oefen. Volgende oomblik trap ek en val amper my tande uit….ek kyk verbaas en tel een stewige stuk staal op wat die pedaal aan die res van die masjien vasgehou het…mors af gebreek. Ek wonder by myself hoe so iets moontlik is en kan gebeur…ek kry nie ‘n antwoord oor hoe so iets kan gebeur nie en besluit om maar nie verder dit te “over think” nie…..

Etlike dae voor dit stamp ek my kar, minimale skade maar net genoeg om moeite te wees vir die herstel….
Dis nou twee goed dink ek by myself en los dit daar….


‘n Paar dae na die Orbitrek insident ry ek na ‘n kliënt toe. Ek stop daar en een van die werkers wys uit ek het ‘n pap band. Gelukkig was dit nie ver van die kantoor af nie maar onmiddellik begin ek weer dink oor hoe ek nie gesien het die band is pap voor ek ingeklim het nie en WAAR ek ‘n spyker kon optel wat die band pap gemaak het.

Ek besef vinnig dat ek alweer iets probeer uitwerk en antwoorde voor kry wat nie noodwendig antwoorde het nie….dit gebeur en is die lewe…..

Ek was so bietjie mismoedig daardie week na alles gebeur het. Die trane het vlak gelê maar ek besluit om nie tyd te mors om te huil oor alles wat gebeur het nie.

Dit het gebeur.

Toe ek weer eendag, ‘n paar dae of weke later dink aan als wat gebeur het, is dit asof die Heilige Gees my herinner dat die duiwel my potensiaal ken….en om daardie rede sal daar soms goed gebeur wat nie in ons beplanning inpas nie soos dit wat met my gebeur het.
Ek staan vir ‘n oomblik en dink en verwerk dit wat nou net in my gees geval het. Ek glimlag en besef dat ek besig is om IETS reg te doen. Ek IS op die regte pad! Anders sou ek nie die uitdagings gehad het nie.

Opgewonde stap ek verder en gaan my gang soos altyd….ek sal OK wees….ek IS op die pad wat die Here wil hê ek moet stap….dit wat gebeur het is aardse goed om mens se fokus te steel en ek kan nie dit toelaat nie….ek MOET gefokus bly…..

Dan hoor ek weer die woorde van die liedjie “Sleep in the storm” van Unspoken en glimlag by myself dat dit eintlik is HOE ons die storms van die lewe moet hanteer….

Sleep In The Storm
Song by Unspoken


How can I trust if I run from the trials
I’ll never rest if I don’t chase Your heart
Sometimes the path it may take me through the fire
But if it’s Your desire, lead me straight into the storm
Let the thunder be my comfort
Let the lightning be my guide
Let the waves that rise around me
Hold me gently through the night
For the winds that seem against me
Push me right into Your arms
Teach me how to sleep in the storm
How to sleep in the storm
How will I grow if I never get rained on
I’m finished fighting, tryin’ to hold back the flood
You bring me to life when who I am has been buried
So raise me up and carry me straight into the storm
Let the thunder be my comfort
Let the lightning be my guide
Let the waves that rise around me
Hold me gently through the night
For the winds that seem against me
Push me right into Your arms
Teach me how to sleep in the storm
How to sleep in the storm
Sorrows will come and go
Even still I know
It is well, it is well with my soul
Oh Lord, Your peace washes over me
You won’t let go
So it is well, it is well with my soul
Let the thunder be my comfort
Let the lightning be my guide
Let the waves that rise around me
Hold me gently through the night
Let the thunder be my comfort
Let the lightning be my guide
Let the waves that rise around me
Hold me gently through the night
For the winds that seem against me
Push me right into Your arms
Teach me how to sleep in the storm
How to sleep in the storm
How to sleep in the storm
Help me sleep, help me rest
Teach me how to sleep in the storm

Posted on Leave a comment

Hoe werk ‘n vrou se kop?

Die prentjie hierby aangeheg spreek boekdele van WAT in ‘n vrou se kop aangaan op enige gegewe oomblik…..of is ek al een wat voel of ek aan 1 miljoen goed op dieselfde tyd dink?

Nou die prentjie het ek op ‘n blad op FB gevind en hulle praat van die angs wat mamma’s ervaar daagliks…..en dis so waar as ons toelaat dat die lewe se druk ons vas vang….

Ek moet sê as 2020 ‘n prentjie was sou dit wees hoe hy vir my gelyk het.

Ek kan verder getuig dat al die “speech bubbles” steeds daar is maar ek sit darem nie meer met my hande in my hare nie…..ek hanteer elke item na die beste van my vermoë en leef steeds by dit wat my ma altyd gesê het – “Do your best and God will do the rest”.

Dit staan nie verniet in die Bybel dat Jesus sê Sy las is lig en Sy juk is sag nie…..as ons al ons bekommernisse net heeltyd vir Hom gee sal ons minder met ons hande in ons hare sit en meer die wêreld in die oë kyk….

My gebed vir elkeen wat die “post” lees is dat jy God se bonatuurlike vrede waarvan die Bybel praat sal ervaar….
Het jy dit al ervaar?

Ek kan ook getuig dat ek ook al op so ‘n plek van vrede was en dis verby wonderlik. “Awesome” is amper ‘n beter woord om dit te beskryf….

Soos wat ek hier tik herinner die Heilige Gees my aan nog ‘n liedjie….”Tremble”

Ek glimlag vir Hom en in my binneste sê ek dankie. Dankie dat ek ‘n hoër mag in my lewe het wat my help onthou van liedjies en woorde wat die Here tot my Gees gespreek het…..

Ek het al so gesoebat en gesmeek dat ek die Here in ‘n hoorbare stem wil hoor….en ek dink my gebed is beantwoord. Hy PRAAT met my deur musiek. Dis mos hoorbaar is dit dan nie?

Tremble
Song by Mosaic MSC


Peace, bringing it all to peace
The storm surrounding me
Let it break at Your name
Still, call the sea to still
The rage in me to still
Every wave at Your name
Jesus, Jesus, You make the darkness tremble
Jesus, Jesus, You silence fear
Jesus, Jesus, You make the darkness tremble
Jesus, Jesus
Breathe, then call these bones to live
Call these lungs to sing
Once again, I will praise
Jesus, Jesus, You make the darkness tremble
Jesus, Jesus, You silence fear
Jesus, Jesus, You make the darkness tremble
Jesus, Jesus
Jesus, Jesus, You make the darkness tremble
Jesus, Jesus, You silence fear
Jesus, Jesus, You make the darkness tremble
Jesus, Jesus
Your name is a light that the shadows can’t deny
Your name cannot be overcome
Your name is alive forever lifted high
Your name cannot be overcome
Jesus, Jesus, You make the darkness tremble
Jesus, Jesus, You silence fear
Jesus, Jesus, You make the darkness tremble
Jesus, Jesus
Jesus, Jesus
Jesus, Jesus
Your name is a light that the shadows can’t deny
Your name cannot be overcome
Your name is alive forever lifted high
Your name cannot be overcome
Your name is a light that the shadows can’t deny
Your name cannot be overcome
Your name is alive forever lifted high
Your name cannot be overcome
Jesus, Jesus, You make the darkness tremble
Jesus, Jesus, You silence fear
Jesus, Jesus, You make the darkness tremble
Jesus, Jesus

Posted on Leave a comment

Verwagtinge

“Moet nie te hard op jouself wees nie.” Die woorde het ek al so baie uit so baie mense se monde gehoor as ek iets of ‘n situasie beskryf wat voel of dit my teen die mure uit dryf….of hardop wonder wat anders ek moes doen….

Jitte, kan ek nou vir jou ENIGE situasie overthink (is dit hoe ons vrouens is of sekere persoonlikheidstipes? dink ek by myself).

Hoe meer ek daaraan dink, hoe erger voel dit en hoe meer kruisig ek myself oor iets wat ek gedoen het of nie gedoen het nie.

Hulle sê mos, “hind sight” is ‘n wonderlike ding. Want dan doen jy alles reg. Geen foute nie, geen swak menslike oordeel oor ‘n situasie nie. Perfek reg. Soos ons almal mos dink die lewe is.

Dan dink ek weer aan my vriendin se woorde en ek wonder wat sy eintlik met dit bedoel? Ek is dan nie hard op myself nie??? Of is ek?

Soms, ok meeste dae, gaan ek deur die lewe met hierdie persepsie dat die wêreld en die owerhede en instansies aan wie ek behoort en aan rapporteer met hierdie massiewe mikroskoop sit en ALLES wat jy doen dissekteer en fout SOEK.

Hoe meer ek daaraan dink, hoe erger word die prentjie. Hierdie draak met sy mikroskoop en my werk en alles wat ek doen tussen die twee glasplate om dit wat ondersoek word stil te hou en in plek te hou (en nie die mikroskoop vuil te smeer met dit wat ondersoek word nie). Dan dwaal my gedagtes – wat noem jy daai plaatjies?? Ek skud my kop en besluit dit is nie belangrik om te weet wat jy dit noem nie….dit verander nie my prentjie nie….

Dan raak ek meer verboureerd en dink aan alles wat verkeerd kan gaan en hoe my werk en optrede en alles net nog meer onmenslik perfek moet wees.
Voor ek myself kry hiperventileer ek amper en voel soos ‘n mislukking.

O jinne en dan begin die guilt trip weer. Hoe ek misluk het as ‘n ma (want ek jak my kinders af as ek die werk moet doen), slegte slegte CA, RA & Belastingpraktisyn, slegte vrou wat ek is want nou is ek so uitgeput na alles ek kan nie eens behoorlik kosmaak of dink WAT om te maak nie, slegte dogter want ek het nooit veel om vir my pa te sê as hy bel nie (my standaard antwoord is dat ons besig is, nie nuus het nie, hoe koud dit word of baie dit gereën het en dat die dae vinnig loop), en so gaan die lysie aan en aan.

Dan hoor ek die liedjie “Be kind to yourself” deur Andrew Peterson. Eers vang die woorde “Be kind to yourself” my oor. Dan hoor ek “It is just you against you against you” en ek dink WAT? Het ek nou reg gehoor?

Ek luister en hoor. Ek besef die is ‘n man wat vir sy vrou sing. Dan wonder ek of dit is wat my man soms vir my wil sê?

Ek hoor weer die Heilige Gees se fluistering in my binneste.

Hy por my om te LUISTER en te HOOR.

“Hoor jy dit?” Is die vraag in my gedagtes.

“Jip ek doen” is my antwoord.

“Luister weer” kom die opdrag.

Ek luister, speel die liedjie weer.

Dan besef ek net al hoe meer dat dit net nog leuens was…die draak met die mikroskoop is iets wat my gedagtes geskep het. Amper soos die kinders se verbeelding van die monsters onder hul beddens.

Kan ek slap lê en nie my werk met sorg en deeglikheid doen nie? Vir seker nie want ek het ‘n verantwoordelikheid en moet Rentmeesterskap toon oor dit waaroor die Here my aangestel het.

Oor min was jy getrou en oor baie sal Ek jou aanstel….ek onthou daai bybelvers….die vergelyking wat Jesus vertel het van die bestuurders met die talente….

Gaan ek foute maak? Vir seker want ek is net mens….ons almal maak foute….

Dan raak my ontstuimige gemoed wat soos Tsunami golwe heen en weer slinger rustig en ek WEET net die Here beskerm my. Hy sal my herinner as ek iets verkeerd doen. Hy sal my wys wat om te doen om dit reg te stel. Dan hoor ek weer my ma se stem wat ek as klein dogtertjie gehoor het toe ek vir my eerste eksamens en toetse voorberei het….toe ek ongeveer 8 of 9 jaar oud was (ek was mos ‘n jaar jonger as my groep maats op skool)…

“Do your BEST and God will do the rest”.

Vir meer as 30 jaar word ek gereeld herinner aan die woorde.

“Dankie Mamma” dink ek by myself met ‘n dankbare hart en trane wat vir ‘n vlietende oomblik in my oë skiet.
Dan ruk ek myself reg, maak my grimering klaar en skuif agter my rekenaar in.

Reg om die dag se take aan te pak na die beste van my vermoë….
Ek praat met God en raak liries oor hoe awesome Hy is en HOE Hy net met my praat terwyl ek my wagwoord intik en wag dat my rekenaar se skerm aankom.

Be Kind To Yourself
Song by Andrew Peterson


You got all that emotion that’s heaving like an ocean
And you’re drowning in a deep, dark well
I can hear it in your voice that if you only had a choice
You would rather be anyone else
I love you just the way that you are
I love the way He made your precious heart
Be kind to yourself
Be kind to yourself
I know it’s hard to hear it when that anger in your spirit
Is pointed like an arrow at your chest
When the voices in your mind are anything but kind
And you can’t believe your Father knows best
I love you just the way that you are
I love the way He’s shaping your heart
Be kind to yourself
Be kind to yourself
How does it end when the war that you’re in
Is just you against you against you
Gotta learn to love, learn to love
Learn to love your enemies too
You can’t expect to be perfect
It’s a fight you’ve gotta forfeit
You belong to me whatever you do
So lay down your weapon, darling
Take a deep breath and believe that I love you
Be kind to yourself
Be kind to yourself
Be kind to yourself
Gotta learn to love, learn to love
Learn to love your enemies
Gotta learn to love, learn to love
Learn to love your enemies too

Posted on Leave a comment

Terwyl ek wag

Soos wat ek die liedjie luister “While I wait” deur Lincoln Brewster voel ek weer hoe die Heilige Gees in my gees beweeg en fluister….

17 jaar (kan dit al so lank wees?) Om net seker te maak ek maak nie ‘n optel fout nie, maak ek my foon se “calculator” oop en maak die som. Wragties. Hierdie jaar sal ons firma 17 jaar oud wees.

Liewe aarde ek raak so “distracted” ek vergeet skoon wat die punt was wat ek wou maak. O ja, nou onthou ek.
17 jaar gelede het ons die “leap of faith” gedoen en ons eie ding begin doen.


Ek praat net ander dag met iemand oor hoe die besigheid ontstaan het en dat my man se werksomstandighede so was dat hy hierdie “mal idee” gehad het om sy eie firma te begin.

Ek was baie benoud en bekommerd, want ons is jonk, praat van trou en nou kom hy met die plan (wat ek gedink het is mal).

Nou ja, seker 1 of 2 jaar na hy die “mal plan” geopper het, het die geleentheid homself voorgedoen vir my om my eie besigheid te begin. Dom (so het ek gevoel), jonk en onervare, met net ‘n graad, klerkskap en amper honeursgraad, bedank ek van my permanente werk.

Ek het vir werk gesoek, naby waar ons nou bly, maar kon niks kry nie. Ek glo dit was die Here se manier om my te kry om die pad te stap wat ek moes stap.

So die besluit om my eie ding te doen sonder al die kwalifikasies wat ek nodig gehad het, was die eerste geloofstap.

Ek skryf my eksamens, kwalifiseer as ‘n CA en RA – nog ‘n geloofstap.

Kliënte word bygevoeg, ander gaan weg. Moeilike toetse en uitdagings kom oor ons pad.

Ek raak swanger met ons oudste. Finansieël was dit ‘n uitdaging. Ek moes die besigheid los en vir ‘n bepaalde tyd korporatief gaan werk.

Vir 14 maande ry ek Sandton toe van ons huis af. Staan 4 uur op, ry half 6 (moet my nie vra wat ek vir uur en half gedoen het nie want ek het NIE soos ‘n model uit ‘n modetydskrif gelyk nie). Ek sien my kind min, my man nog minder. Maar ek doen dit, ek druk deur, want skielik het ek die ding in my kop dat ek nooit my besigheid moes begin nie. Ek oortuig myself so dat ek korporatief moes werk en dat ek uitgemis het op ordentlike inkomste verdien vir jare….

Vir maande doen ek aansoek vir ‘n pos maar helaas niks. Teen die einde van die kontrak, herinner ek my bestuurder dat my kontrak verstryk einde van die maand. Skielik kom daar ‘n moontlikheid van ‘n pos op. Ek vra of ek die naweek daaroor kan gaan dink (eintlik bid maar dink was my woord).

Ek en my man gaan “bid” daaroor (en ek sê dit in aanhalingstekens want, ai, die manier hoe ek dit toe gedoen het is nie hoe ek dit nou sal doen nie. Maar nie te min ek het God se raad gaan soek).

Ons kry die antwoord, ek moet terug kom. Skepties en huiwerig neem ons weer die geloofstap.

Jare later kry ons ‘n CV. Iemand wat wil klerkskap doen. Ons sien haar, sien die potensiaal en besluit om haar aan te stel. Beide sy en ons neem die volgende geloofstap….aanstelling van ‘n klerk sonder dat ons firma geakkrediteer is…..

Maar soos wat die woorde van die liedjie deur my kop gaan, stadig dans en draaie maak, besef ek net al hoe meer dat niks wat ons is vandag en waar ons is, is ons eie toedoen nie. Dis alles die Here. Ons het net toegelaat dat Sy plan manifesteer in ons lewens….to live by faith….

“After all”, die “mal plan” het al 17 jaar lank vir ons gesorg….

While I Wait
Song by Lincoln Brewster


Deep within my heart, I know You’ve won
I know You’ve overcome
And even in the dark, when I’m undone
I still believe it
I live by faith, and not by sight
Sometimes miracles take time
While I wait, I will worship
Lord, I’ll worship Your name
While I wait, I will trust You
Lord, I’ll trust You all the same
When I fall apart, You are my strength
Help me not forget
Seeing every scar, You make me whole
You’re my healer
I live by faith, and not by sight
Sometimes miracles take time
I live by faith, and not by sight
Sometimes miracles take time
While I wait, I will worship
Lord, I’ll worship Your name
While I wait, I will trust You
Lord, I’ll trust You all the same
You’re faithful every day
Your promises remain
You’re faithful every day
Your promises remain
You’re faithful every day
Your promises remain
You’re faithful every day
Your promises remain
Though I don’t understand it
I will worship with my pain
You are God, You are worthy
You are with me all the way
So while I wait, I will worship
Lord, I’ll worship Your name
Though I don’t have all the answers
Still I trust You all the same

Posted on Leave a comment

Beheer en beplanning.

Beheer en beplanning. Dis seker twee van die woorde wat so deel vorm van wie ek is. My werk vereis van my om beheer te neem as iemand se sake in wanorde is en dan vereis dit ook beplanning – wanneer ek wat gaan indien om te sorg dat alles betyds is en nie boetes kry nie….

Die grootste probleem wat ek ervaar is dat my beroep ALLES probeer oorheers in my lewe, veral dit waaroor ek nie beheer het nie.

Ek het nie beheer oor wat die hond volgende gaan doen of wanneer die pappagaai iets gaan naboots nie. Net so min het ek eintlik beheer oor die volgende minuut in my lewe…

Dis eintlik net genade dat ek opstaan en wakker word elke dag!

Ek dink ek verstaan nou hoekom ek soms so mismoedig raak met die lewe oor die algemeen….iets het iewers gebeur wat nie binne my beplanning was nie en nog minder binne my beheer.

Die woorde van “Control” en “I have this hope” maal weer deur my kop. Dan is daar ‘n awesome gekombineerde een van Control en nog ‘n liedjie saam….hoe meer ek daaraan dink hoe meer besef ek dat dit so moes wees – die twee saam….want terwyl jy beheer terug gee aan God (nie dat dit joune was om mee te begin nie, tong in die kies gesê) kan jy met sekerheid sê dat jy hoop het en dat God jou nodig het. Die Koning van die wêreld het JOU nodig…. en dat jy net diep binne jou WEET dat die Here jou hand vas hou al gaan jy deur die vloed of die vuur.

Gaan google of youtube die volgende liedjies en luister daarna….HOOR wat die Here vandag vir jou wil sê. Al drie is deur Tenth Avenue North: Control; I have this Hope; Control (Somehow you want me).

My innerlike geesmens staan met ‘n dankbare hart voor Hom en ek sien hoe sy die Heilige Gees se hand neem en verder hand-aan-hand deur die lewe stap oppad na die eindbestemming toe, die ewige lewe…..dit wat ons doen op aarde bepaal waar ons gaan opeindig in die hiernamels…

Mag sy (en ek) altyd die woorde van die liedjies onthou wanneer die lewe te buite beheer en chaoties voel. “Hy is in beheer” fluister die Heilige Gees in my hart….”Ek weet” is my antwoord.

Ek het later die volgende regstelling op Facebook gaan sit: Ek wil net graag ‘n regstelling maak oor die gekombineerde liedjie….die regte naam is toe I have this Hope/Control/By your side deur Mass Anthem…..en wanneer sulke flaters begaan word is ek sommer opgewonde en dankbaar dat ek die Heilige Gees aan my kant het!

Posted on Leave a comment

Wanneer jou rekenaarmuis te swaar is

Te moeg om die ongelooflike swaar muis (wat glad nie swaar is werklik nie maar soos lood in my hande voel) van my rekenaar rond te skuif om my werk te doen, probeer ek myself oortuig om my dag se take te doen.

Dit het letterlik gevoel of ek elke laaste gryntjie van die bietjie energie wat ek met min slaap opgebou het deur die aand, myself uit die bed gesleep het daardie oggend.

Broodjies vir skool bou vroegoggend het gevoel of ek ‘n 5 gang “French cuisine” aanmekaar sit. Dit vat lank en is uitmergelend….

Dan begin die dag….goed moet by owerhede in. Elke ding het ‘n ander dag en datum, geen skoon doellyn waarheen jy beweeg nie, dit voel soos een van daai wiskunde kaarte wat net miljoene kolle op het en ek dink amper hulle noem dit ‘n “scattered” iets se grafiek of ‘n ding. Die naam ontgaan my maar dis hoe die werkslading voel.

“All over the show”. Nie mooi reguit lyne en boksies soos wat vir my werkspersoonlikheid werk nie….

Dit voel weer soos een van daai 90 myl per uur dae…..die ding vir SARS oplaai, dat by CIPC. Hierdie epos beantwoord dan daardie whatsapp. Tussen in is oproepe en op ‘n kol voel dit vir my soos Germiston stasie.

Ek begin voel soos “Stukkie van der Merwe”…. ek grinnik vir myself, as my van Van Der Merwe was sou ek sekerlik gespot het en gesê het my naam is Elsie aka Stukkie van der Merwe ?? nie dat daardie wêreldse liedjie enigsins gaan oor iemand wat hulself in stukke moet verdeel om by al die werk uit te kom nie…..

Als voel of dit 100 keer langer as normaal vat want ek voel MOEG. Moeger as moeg. My moeg is al moeg.
So het ek gevoel seker 90% van die keer in 2020 en tot onlangs toe, grootste deel van 2021 wat ons tot dusver gehad het….

Moeger as moeg.

Liewe hemel, dink ek by myself. Kan EEN mens SO moeg wees?

Ek probeer vir my man beduie hoe ek voel. Hy verstaan nie. Hy kan met min slaap “cope”. Ek nie. Die nagte voel so kort en dan slaap ek ook nie goed nie bo op dit alles. Ek beny hom wat net sy kop neerlê en amper dadelik snork. Dan dink ek by myself, regtig? So maklik en gou?

HOE DOEN JY DIT????

Sy antwoord? Maklik. Ek maak my oë toe en dink aan niks dan slaap ek. Ai, ek rol my oë vir daardie antwoord want vir my is dit nie so maklik nie.

Ek sit by my nael tegnikus en huil amper weer oor hoe moeg ek is en hoe sleg ek slaap. “Nee” sê sy vir my, “so kan jy nie aangaan nie.”

Sy vertel my van een of ander drip wat jy kry wat jou laat slaap. Ek kan nie verder “worry” oor wat in die drip is nie, dit kan net slaap pille in vloeistof vorm wees vir al wat ek omgee. Ek wil SLAAP.

Ek kry die nommer, maak ‘n afspraak en gaan na die dokter toe.

Dis toe ‘n vitamiene drip. So lekker geel pakkie wat direk in jou are in drip. Jy ruik sommer die vitamine B. Ek kry die drip, slaap sleg die eerste aand want ek het een MASSIEWE hoofpyn. Seker my lyf wat aan bom skok ly van al die goeie goed wat nou weer terug inkom wat volksvreemd voel.

Die volgende aand begin ek beter slaap. Jinne, ek het vergeet HOE goed dit voel om te slaap!!! Dis lekker! Ek kan weer my veer van ‘n muis rondskuif en my werk doen.

Ek is nog nie waar ek WIL en MOET wees nie, MAAR ek voel darem al beter. Broodjies bou voel weer soos broodjies bou…..emosioneel weet ek dat ek nog ‘n spreekwoordelike drip moet kry en al plek waar mens dit kry is die bybel.

Dag vir dag en bietjie vir bietjie is dit besig om te herstel. Die fisiese voel makliker as die emosionele.

Elke dag kry ek my emosionele en geestelike drip deur die Praise & Worship musiek wat ons luister wanneer ons stort en reg maak vir die dag.

So baie liedjies PRAAT net met mens….val in jou gees en dan WEET jy net….die Here hoor en weet. Hy WEET. En Hy help ons as ons Hom toelaat…..

Nog so liedjie is – Maybe it’s OK deur We are Messengers.

Dis OK om sommige dae nie OK te voel nie. Want die Een wat die sterre in SY hand hou, hou my ook vas.
Wow. Nê? Hy ken MY naam? Ek wat nietig is hou HY vas in SY hand.

Daar is soveel maniere wat die Here ons help. Ons moet HOM net toelaat om dit te doen. Dis OK om ‘n aanvulling van natuurlike minerale en vitamines te vat….ons lywe het dit nodig om te funksioneer. Ons kos sit nie alles terug wat die gejaagde lewe uit suig nie…..

Dis ook OK om nie OK te voel nie….ons is mense en ek WEET Hy sal ons altyd help.

Met ‘n muis wat nie meer loodswaar is nie kan ek darem weer funksioneer en my take verrig.

Ek voel soms steeds moeg, maar ek is darem nie meer moeger as moeg nie.

Oorweldig, die voel ek amper elke dag (so baie goed het agter geraak a.g.v. 1 kwartaal se “home schooling” en die normale werkslading was steeds daar), maar ek sal hierdeur kom….as die vlees sterker is kan die gees en siel ook kans kry om sterker te word….

Maybe it’s ok….if I’m not ok…..

Posted on Leave a comment

“The joy comes in the morning”

Soos wat ek terug dink aan 2020, “cringe” ek (soos die Engelse sal sê) as ek net dink waardeur ons almal is.

“Man, o man,” 2020 was moeilik! Ek het gereeld gevoel ek wil “uit tap” soos die WWE stoeiers en net dit stop. En dan word ek net weer herinner dat ek deur die ding moet kom. Die jaar klaar maak. Nie dat ek gedink het 2021 gaan alles skielik *poof* verdwyn en terug keer soos in 2019 toe ons salig onbewus was van Covid en wat vir ons voorlê nie.

Dan raak dit weer stil binne my en ek besef ek is weer besig om te luister vir leuens en dit wat die hardste raas. Die negatiewe en slegte raas so hard ek kan nie eens die Here se stem hoor by tye nie.

Dan dink ek mooi terug….daar was eintlik soveel goeie “memories” wat ons gemaak het.

Ja dit was “tough”, homeschooling sucks, lockdown het nog meer gesuck, die eens besige pad voor ons huis was so stil dit het in ons ore geraas.

Maar daar was goeie “memories”. Die slaap tot 8 uur die oggend, want jy hoef nêrens heen te jaag nie. Uno speel tot 11 uur die aand saam met die kinders, Boereplaas en oom Sakkie wat my seun so frustreer in daardie speletjie. Movies kyk terwyl ek stryk, 12 uur die middag oefen, 17,000 steps of meer per dag op my oefen horlosie want ek moet huis skoon maak ook nog bo op alles (ja dit was nogal lekker vir my want my werk vereis dat ek stil sit vir meerderheid van die dag en as ek gelukkig is 3,000 steps in kry), oefening as my uitlaat vind en nou kan ek nie sonder dit nie (en wonder by myself hoekom ek so lank gevat het om dit te vind maar nie te min – alles op die regte tyd).

Vir ‘n wyle het ek myself verloor in 2020 maar met God se genade en ‘n awesome man wat my ondersteun en vir my bid, kan ek met dankbaarheid sê ek het myself weer gevind.

Deur al die moeilike tye WEET ek net hier binne my dat God my (en ons almal eintlik) sterker gemaak het. Al het dele van 2020 soos ‘n movie gevoel (die aankondiging van lockdown wat soos Armageddon en Outbreak saam gevoel het) weet ek net dat dit wat ons beleef het iets is vir die geskiedenisboeke en dat ons kan sê ons was deel van die geskiedenis wat geskryf is vir 2020. Ek kies om die positiewe te soek daarin. Om God se hand aan te gryp in die middel van die chaos.

My hart raak warm as ek dink dat toe ek op my laagste laag was, my donkerste donker plek, daar waar ek alleen gevoel het al is ek omring deur mense, God by my was.
Hoe ek gesmag het om Hom te HOOR.


Hy het mense gestuur met wie ek my hart kon deel. Wat saam met my kon huil en bid, my kon dra deur die tyd.

Liewe mense vir wie ek lief geraak het soos familie en sussies en hulle nie as vreemdelinge meer beskou nie. Bo dit alles my man (wat ek dink sy hare uit sy kop wou trek as ek die hoeveelste melt down in ‘n week of dag gehad het oor snert) wat net aangehou motiveer het, bid het en my probeer verstaan het.

Tussen alles deur sê ek vir iemand ek wil God HOOR of Hom VOEL. Ek weet Hy is daar maar ek wil HOM tasbaar ervaar….

Dan sit ons en werk en die volgende liedjie speel. My man kyk my in my oë en sê vir my “Wow, dis ‘n mooi liedjie, speel hom weer.”

Dan speel ek hom weer. Luister meer aandagtig, met meer insig.

My hart raak dan stil. Dan WEET ek net dat ek nou die Here HOOR. Hy het my gebed beantwoord deur een van die mooiste liedjies te stuur. Die eerste keer toe ek dit hoor en luister toe voel dit nie vir my of dit beter is in die oggend nie. Want daardie oggend was dit nog nie beter nie.

Maar ek weet vir seker dat die skrif in Psalms wel waar is. The joy always comes in the morning. Maak nie saak hoe swaar of hoe moeilik dit nou voel laat in die aand nie. Môre voel alles weer beter.

Ek “post” die woorde hier, gaan Google of You Tube die liedjie en hoor net hoe awesome sing die vrou dit. Dit voel amper vir my of dit direk uit die hemel kom en net vir my bedoel was.

Dankie Here dat U my gebede beantwoord. Dankie dat ek met so ‘n dankbare hart U kan dien. Dankie dat ek myself weer kon vind. Dankie dat ek besig is om gesond te word. Dankie dat ek dag vir dag besig is om weer my ou self te word op ‘n beter vernuwe manier sodat ek weer die Mamma kan wees vir my kinders, die vrou vir my man en my rol as Beroepsvrou met nog meer passie kan uitleef.

In the Morning
Song by JJ Heller

I see the tears sitting on your cheeks
I know you’re tired, fall now to sleep
Stop fighting so hard, it’s time to surrender
Raise your white flag and always remember
Your heart will feel lighter
Everything will be brighter
Find peace in knowing
That all will be well in the morning
In the morning
All will be well
All will be well in the morning
It’s been a long day, and you did your best
Let go of the past, it’s time now to rest
The weight of the world is getting too heavy
Give it to Jesus, His arms are steady
And your heart will feel lighter
Everything will be brighter
Find peace in knowing
That all will be well in the morning
In the morning
All will be well
All will be well in the morning
Close your lovely eyes
Can you feel the sunrise
Your heart will feel lighter
Everything will be brighter
Find peace in knowing
That all will be well
And your heart will feel lighter
Everything will be brighter
Find peace in knowing
That all will be well in the morning
In the morning
All will be well
All will be well in the morning
In the morning
All will be well
All will be well in the morning

Posted on Leave a comment

Wanneer CHAOS roep

Vandag voel ek weer die woorde van die liedjie maal in my kop….so relevant en van toepassing!!

Ek luister gereeld na die liedjie en dan is dit asof ek die Here kan HOOR en wat Hy vir my probeer sê….

Chaos roep gereeld en ek probeer dit ignoreer….

Dit voel vir seker vir my of ek vinniger as 90 myl per uur hardloop net om alles gedoen te kry teen wat voel soos ‘n slakke pas….

Breathe
by Johnny Diaz

Alarm clock screaming bare feet hit the floor
It’s off to the races everybody out the door
I’m feeling like I’m falling behind, it’s a crazy life
Ninety miles an hour going fast as I can
Trying to push a little harder trying to get the upper hand
So much to do in so little time, it’s a crazy life
It’s ready, set, go it’s another wild day
When the stress is on the rise in my heart I feel you say just
Breathe, just breathe
Come and rest at my feet
And be, just be
Chaos calls but all you really need
Is to just breathe
Third cup of joe just to get me through the day
Want to make the most of time but I feel it slip away
I wonder if there’s something more to this crazy life
I’m busy, busy, busy, and it’s no surprise to see
That I only have time for me, me, me
There’s gotta be something more to this crazy life
I’m hanging on tight to another wild day
When it starts to fall apart in my heart I hear you say just
Breathe, just breathe
Come and rest at my feet
And be, just be
Chaos calls but all you really need
Is to take it in, fill your lungs
The peace of God that overcomes
Just breathe (just breathe)
let your weary spirit rest
Lay down what’s good and find what’s best
Just breathe (just breathe)
Just breathe, just breathe
Come and rest at my feet
And be, just be
Chaos calls but all you really need
Is to just breathe
Just breathe