Net laas week ry ek in die kar. Ek besluit toe om na Spotify te luister oor die Bloutand (blue tooth) van die kar. Ek is toe sommer lus vir ‘n spesifieke liedjie wat ek toe opsit.
Nou kyk, die eerste keer toe ek die liedjie hoor, my skoonsussie het my aan hom blootgestel, toe dog ek jôh, hy is bietjie wild. Maar, dit groei op mens. Ek besef opnuut ek het iewers ‘n techno rocker binne in my wat wil uitkom.
Soos wat ek sit en jam in die kar, al singende (ja ek is daai een wat weird lyk vir ander bestuurders) dink ek by myself dat dit is OOK hoe ek voel oor Jesus. Ek voel regtig hierdie drang in my om net vir almal te vertel van Hom. En wat ek pretty much doen.
Soos die ou sing in die liedjie Lemme Tellya hammer hy op Jesus en jy kan nie anders as om saam te juig JESUS! JESUS! JESUS! nie. Nou ja, die was net ‘n vinnige feel good post. So ietsie om te luister en net saam op te jam as die geleentheid homself voordoen.
Ek herleef weer die woorde van die liedjie soos wat ek hierdie inskrywing afsluit en dink aan my kop knikkende jamming (daar is maar net nie ‘n lekkerder woord as jamming om te gebruik nie) oomblik in die kar… Lemme tellya ’bout Him, Jesus is His name.And I’m all about Him, I live to bring Him praise. He is the way and the truth and the life, God is three in one. Reigning undefeated, our God has overcome. Jesus (Jesus) Jesus (Jesus) Jesus (Jesus)…..
Dis Maandag nag. Die hele huis slaap. Fudge die Pekingese, snork te heerlik op die bed by ons. Ek hoor die horlosie in die sitkamer slaan en tel hoeveel slae ek hoor. Eintlik weet ek dit gaan 12 wees. Dis middernag. Die hamster hardloop vir die eerste span daar in die sitkamer. Ek wonder hoeveel watts se krag wek ‘n hamster in ‘n leeftyd op?
Dis nou Dinsdag en nie meer Maandag nie. My brein voel soos ‘n tolbos wat deur die wind aangedreef word in ‘n rigting. Soos iets waaroor ek nie beheer het nie. Die wind en my gedagtes.
Ek dink aan dit wat voorlê. Voorlopigebelasting. Hoe potensieël op soos ou brood ek die volgende dag gaan wees omdat ek my slaap venstertjie gemis het (weens iets wat onbeplan op my tafel geland het, glad nie met werk uit te waai nie). Ek het die geleentheid om te slaap met ek weet nie hoeveel ure nie gemis.
Hoeveel berekeninge ek nog moet doen voor 31 Augustus 2022? Was dit reg om iemand van my lysie af te haal omdat hulle my vir maande geld skuld en ek net nie hulle in die hande kan kry nie? Is my interpretasie van ‘n voorlopigebelastingbetaler reg? Lees en interpreteer ek die wet reg? Wat gaan ek aantrek na die geleentheid waarheen ek genooi is as gasspreker in November?
Wat moet ek vir die mense sê??? Wie wil nou na my luister? Ek wonder hoe die Adorned kamp gaan verloop? Gaan ek iemand ken daar? Gaan ek saam met ‘n vreemdeling ‘n kamer deel? Hoe gaan ek al my belastingopgawes ingedien kry teen 24 Oktober 2022? Hoekom het ek hierdie beroep gekies??? Hierdie beroep wat my elke tweede dag ‘n Spongebob en Patrick oomblik van paniek laat beleef. As jy wonder waaroor ek praat – gaan soek op Whatsapp onder die gifsSpongebob and Patrick panic en dan lag jy maar lekker saam vir dit wat ek probeer oordra hier.
Ek IS nou beide Spongebob EN Patrick. Of kan ek maar Patrick afstaan aan my man? Hy lyk nie of hy ‘n dag se bekommernis het nie. Ek beny hom en my dogtertjie wat net aan die slaap raak wanneer hul in die bed klim. Hoekom tik ek nou hierdie? Wat gaan ek daardeur bereik? O aarde gaan die 2023 dagboeke regtig mooi lyk? Wat probeer ek eintlik sê met hierdie inskrywing?
So tol en draai die gedagtes deur my brein, presies net soos ‘n tolbos wat deur die wind rondgewaai word. Beheerloos en aan die wind se genade oorgelaat.Ek vat ‘n diep teug asem, maak my oë toe en probeer slaap. Helaas, die slaap ontwyk my. Daar is net te veel verkeer in my brein. Dan vanuit nêrens is dit asof die Here my gedagtes kom orden.
Dit wat ek moet sê en vertel by die geleentheid later die jaar begin vorm aan neem. Natuurlik maak ek net mental notes want dis gans en al te koud om nou op te staan vir ‘n notaboek en pen, of selfs my rekenaar aan te skakel om die konsep vas te lê.
Die onsekerheid oor hoe ek alles werksgewys gaan doen word opsy geskuif. Alles gaan ok wees. Ek gaan betyds met alles klaar kry. Ek moet net my kant bring. As mense my nie wil betaal nie, is ek nie verplig om ‘n diens te lewer nie. Pick ‘n Pay deel nie suiker uit vir mense wat nie wil betaal nie, hoekom moet ons bedryf anders wees?
Ek voel hoe die Moegheid my bekruip. Stadig maar seker, op tippy toes, sagkuns sodat ek nie my in ‘n ander bloedgroep in skrik as ek Moegheid gewaar nie. Met ‘n dankbare hart trek ek die gansdons duvet nog hoër op tot oor my neus, draai op my sy en groet Moegheid met ope arms.
Die Dinsdag, toe ek regmaak vir die dag, vind ek myself ‘n liedjie neurie. Psalm 46 (featuring Chelsey Scott) deur Bifrost Artists. Die koor gedeelte staan uit vir my. Be still…. and know…. that I…. am God. Ek besef net weer, dat dit is wat die Here vir my kom sê het in die middernagtelike ure toe die slaap my ontwyk het….
The joy always comes in the morning. Woorde wat ek gereeld vir myself sê en ek dink bloot dis omdat iemand anders dit vir my gesê het toe ek jonger was. Dalk my ma? Ek het tot ‘n hele paar jaar gelede nie besef dis skriftuurlik nie.
Hierdie maand se skrif is Psalms 30:6 en handel juis oor die vreugde. Jy sien, sedert 2020 is dit asof my vreugde al hoe meer gesteel was deur die vyand. Voor dit ook, maar dit voel regtig vir my, sedert 2020, is dit amper amplified as ek nou daardie woord kan gebruik. Meer intens.
Ek weet ek het op ‘n kol in 2020 gevoel EK WIL NET HUIS TOE GAAN!! en dit alles terwyl ek heeltyd by die huis was. Het enige iemand anders ook so gevoel? Ek het gevoel of ek in ‘n tronk of iets van ‘n aard was. Die swaard van onsekerheid wat oor mens se kop die heeltyd hang. Watter kant toe gaan die Pandemie gaan. Gaan ons siek word? Gaan my mense in my huis siek word? Gaan ek nog kan inkomste genereer ten spyte van die Pandemie?
Hoe gaan die ekonomie lyk? Die vorige Pandemie was gevolg deur die Groot Depressie. Gaan ons ook so iets ervaar en beleef in ons tyd? Hoe hanteer mens dit? So het die vrae om en om gehardloop in my gedagtes, spore van verdriet en vernietiging gelos in die proses. Amper soos ‘n uitgetrapte voetpad waar die gras nie meer wil groei nie.
Ek het baie oggende gesukkel om my joy te kry in 2020 en selfs in 2021. Alles het net een te veel gevoel by tye. Dis asof die lack of joy net daar was dag in en dag uit. Het ander ook so gevoel? Of is ek die enigste een? Ek is deur moeilike tye, soos elke ander mens gedurende die Pandemie. Ek weet vir seker ek is nie die engiste een gewees wat gesukkel het nie.
Wat vir my altyd die lekkerste is, is wanneer ek op my laagste laag is, voel ek die naaste aan die Here. Dis asof ek Sy stem net duideliker hoor. Ek onthou nog een dag het ek weereens in trane gesit voor my rekenaar, vir my man probeer vertel hoe ek voel. Ek het gesukkel om woorde te kry om vir hom te verduidelik.
Die volgende oomblik hoor ons ‘n liedjie speel oor Spotify. Dis asof die Here net die woorde daar kom sit het sodat my man dit kan hoor. Natuurlik was die trane nog meer toe ek na die woorde luister, want dit het gevoel asof die Here direk met my praat, in verbale, hoorbare vorm.
Ek kan nie verduidelik hoe, wat of waar nie. Maar, na daardie liedjie, het my joy gekom. Dis asof my geesmens rustig geraak het want sy weet die Here sien en hoor ALLES. Hy ken my hart, Hy weet wat maak my gelukkig en wat maak my ongelukkig.
Ek geniet dit nie nou so baie om na die liedjie te luister nie. Seker omdat ek nie meer op DAARDIE lae plek is nie. Maar, wanneer ek sukkel, moeg, afgemat en uitgemergel voel, is dit die liedjie wat ek speel en oor en oor luister.
Die Here is so wonderlik en goed vir ons as mense. Mag ons altyd onthou, wanneer ons op ons laagste laag is, is God daar. Dis waar wat Dawid geskryf het – al gaan ek deur die vallei van die dood, daar is God. Ek weet ek kwoteer nie die presiese woorde nie, maar ek is seker jy verstaan wat ek hier bedoel.
Ek voel ook in my gees dat April se skrif net een inskrywing gaan hê. Bloot omdat dit so eenvoudig is. Hou net aan God soek in alles, al is jy op jou laagste. Gaan SOEK Hom. Hy is oral en as jy eers begin soek sal jy Hom vind. Dít is ook skriftuurlik en kan ek ook van getuig. Ek kies om die Here se stem te hoor en te gaan uitsoek.
I see the tears sitting on your cheeks. I know you’re tired, fall now to sleep. Stop fighting so hard, it’s time to surrender. Raise your white flag, and always remember. Your heart will feel lighter, everything will be brighter, find peace in knowing that all will be well in the morning….hoor ek die liedjie se woorde speel en dink by myself, dis waar. Alles sal beter wees in die oggend!
Gedurende Februarie (my besigste tyd ooit) sien ek ‘n advertensie op Facebook vir ‘n Paasmark wat plaaslik (en letterlik om die draai van ons huis) aangebied word. Ek voel hoe die Here in my gees werk en my aansê om dit aan te pak.
Ek het nog nooit in my lewe ‘n mark self gedoen nie. Ek onthou wel as kind het my ma gereeld by vlooimarkte gaan sit en haar handgemaakte draadboompies met klippies opgeplak (dit was hoogmode kan ek net vir julle vertel) gaan verkoop. My sussie het later klei goedjies begin maak en ook verkoop.
Ek wonder oor twee goed na ek die vorige paragraaf geskryf het – hoekom noem hulle dit ‘n vlooimark en hoekom het my ma (en sussie) hul handgemaakte goed gaan verkoop by vlooimarkte? Ek onthou ek was altyd eager beaver (amper soos wat my dogtertjie nou is met die Paasmark) en gretig om te help.
Nou ja, terug by MY eerste mark wat ek voel die Here instruksie gegee het om aan te pak. Liewe aarde, was dit nou vir jou ‘n storie. In my besigste tyd ooit, gaan sit ek toe natuurlik een Sondagmiddag en ontwerp nog muismatte (ek like nogals die Afrikaanse woord – ek voel gesofistikeerd as ek hom gebruik) en notaboeke. Mense het opsies en keuses nodig.
Dagboeke, tentkalenders en deskpads staan vir eers opsy, want, teen die tyd dat dit die mark is, sal ons al in April wees en ek gaan nie nou vir 2022 enige iets nuuts in daardie opsig ontwerp nie. Plus, as jy nou uitgemis het op 2022 se produkte, moet jy maar die spasie dop hou vir 2023 se produkte en vinnig wees om dit op te raap voor dit uitverkoop is….
Ai, daar raak ek ALWEER distracted. Nie te min, nuwe ontwerpe word gedoen, ek skryf myself in vir die mark en vat weereens een MOEWIESE geloofstap. Want wat anders noem mens dit wat besig is om te gebeur? Dit het begin met 10 voorskote wat ek laat maak het en nie geweet het WAT ek met dit gaan doen nie. En hier is ek nou, by my eerste mark.
Die mense wat by my tafel verby loop dink seker by hulself, die vrou is mal. Want my eerste woorde aan hulle is “Ek skryf, jy kan gaan lees as jy wil.” en dan prop ek ‘n besigheidskaartjie in hul hand, of hul nou een wil hê of nie. Dan begin ek gesels en vertel hulle van die flaminke en wat die Here reeds aan my openbaar het oor dit.
Sommige mense koop iets, ander knik net ordentlik en sê dis reg, hul sal gaan lees. Nêrens in die gesprekke wat ek gehad het, het ek myself voorgestel nie. Een vrou het my gevra wat is my naam en gretig gelyk om te gaan lees. Die gratis geskenkie (van Sculpted Clay Designs – spesiaal ontwerp vir my in die vorm van die hartjie wat in my logo se blaartjie is) is ‘n wenner, en dit lyk amper of dit die oortuiging is vir sommige mense om iets te koop.
Om by die mark te sit en met mense te praat is die maklikste deel seker ooit van die hele proses. Die voorbereiding, aan die ander kant, was nogals ‘n interessante een gewees. Ek het hierdie idee in my kop gehad van wat ek wou doen op die tafel. Ek is oortuig dit kom ook direk uit die Hemel uit, want vir die eerste keer kon ek dit wat in my kop was uitvoer en deurvoer en dit mooi noem.
Ek moes houtboksies afskuur met paint stripper bloot omdat ek nie NOG geld wou uitlê vir bemarking en props en wie weet wat alles nie. Ek het ‘n tafeldoek geleen. Ander goed uit my huis uit geneem. (Haai dit rym maar ek is nie besig met ‘n gedig nie). Nog goed gaan koop, en ‘n laaste ietsie weer gaan leen by iemand. Om te moes besluit HOEVEEL voorraad om te koop was nog ‘n taai toffie en tameletjie om deur te werk….
Ek het gedink, om die voorraad na te gaan, na ek dit gaan afhaal het, en te merk gaan vinnig gaan. Think again!! Dit het ure geneem en in die proses het ek BAIE geleer. Soos dat ek geld wil spaar vir ‘n klein barcode drukkertjie van ‘n aard. En maar tog my eie tafeldoeke wil laat maak, en ‘n pop waarop die voorskoot hang gaan koop. Om net ‘n paar te noem.
Ek het my day job, jy weet, die een wat die kos op die tafel sit, gedoen tussen alles deur en Donderdag voor die mark begin het, het ek 11 ure ingesit (in een dag ja) om daardie werk afgehandel te kry, voor ek myself die tyd gegun het om my website foto’s te neem van die nuwe voorraad en klaar voor te berei vir die Mark. Wat ‘n interessante aand was dit nie gewees nie. Min slaap, fliek kyk tussen merk en skryf deur, maar tog het ek dit, met die genade van God, gedoen en klaar gemaak.
Terwyl ek so by die mark sit en na al die mense kyk wat inkom, vang my oog die plakkaat wat ek gemaak het. Ek lees in Engels Flamingo’s are filter feeders…. ek gaan stop ‘n oomblik om te dink. Filtervoerders. Mmmm….dis interessant. Toe val dit in my gees soos wanneer jy ‘n muntstuk in ‘n spaarbussie gooi.
Die wêreld en alles om jou is vol GOED. Stuff, dinge. Sommige is goed vir jou en sommige is sleg vir jou. Die goed wat die lekkerste is, is nie noodwendig die beste vir jou nie. Maar ons moet mos soos flaminke wees. Ons moet FILTER wat ons inneem, sodat ons kan seker wees ons vere pienk word en so bly vir die Here. Ek gaan lees weer in die H.A.T. op – die betekenis van filter. Dit lui as volg: Toestel wat deur deursyging suiwer; suiweringstoestel, filtreerder. Wow. Dis vir ons om dit wat ons inneem, te suiwer. Die slegte uit te werp soos wat ‘n filter doen.
Wow. Die is vir my so ‘n interessante journey wat ek op is. Die Here openbaar alles stelselmatig vir my soos wat ek aangaan en die volgende tree blindelings gee om Hom te volg. Onvoorwaardelik. Met geloof soos ‘n kind. ‘n Mosterdsaadjie se geloof. Hoop op die onsienlike. Geanker in Hom sodat die winde van ongeloof my nie sal laat ronddobber soos golwe nie. Alles skriftuurlik.
I’m sold out….nananana Jesus….I’m SOLD OUT TO YOU!!! Dans die woorde weer in my kop. Die liedjie wat die Here vir my gegee het as die temalied vir alles – die hele Beroepsvrou ding. Ek luister hom gereeld maar tog onthou ek nie die woorde as ek nie die liedjie self hoor nie. Lang en kort is – ek is UITVERKOOP aan Jesus. Ek is soos die liedjie sê – ANDERS as ander mense. Geskape vir HIERDIE doel.
I ain’t like no one you’ve met before. I’m running for the front when they’re all running for the door. And I won’t sitdown, won’t back out, you can never shut me up, ’cause I’m on a mission and I won’t quit now. In a world full of followers, I’ll be a leader, in a world full of doubters, I’ll be a believer. I’m stepping out without a hesitation. Because the battle’s already been won. I’m sold out, I’m no longer living just for myself. Running after Jesus with my whole heart. And now I’m ready to show I am sold out, I’m sold out!!!
Ek moet omtrent myself keer om nie die hele liedjie hier te tik nie. Maar ek is seker jy verstaan wat ek probeer sê. Die liedjie PRAAT net met my gees. Ek kan nie anders as om Pienk Vere vir die Here te hê nie en vir mense te vertel van dit nie. Ek bid dat al die saad wat gesaai is deur gesprekke, water sal kry van die Heilige Gees af en sal groei en versprei wanneer die tyd reg is vir daardie mense. Dankie Here dat U MY gekies het vir die doel en mag ek ALTYD die Here se naam GROOT maak.
Ek het dit goed gedink om maar die slot hoofstuk te skryf. Die dae snel verby en die weke nog vinniger en ek wil nie dat die tyd my vang en dan het ek nie geleentheid gehad om die slot hoofstuk te skryf voor einde Maart nie.
Toe ek die stuk begin skryf het was daar nog twee weke van Maart oor. Nou is dit basies een week (ok minder as ‘n week). Ek wonder elke dag steeds hoekom die tyd so vinnig vlieg en of die Here ons tyd verkort hier omdat ons in die Verdrukkingstyd is?
Terug by die lied. Die ou duiwel probeer steeds my lied steel, en hy dink hy gaan reg kom. Maar, dis eintlik vir my skreeu snaaks as dinge so deurmekaar is soos wat dit soms is by ons, want dan WEET ek net dat ek op die regte pad is en dat díe is wat die Here wil hê ek moet doen.
My hart sing steeds verskeie liedere vir die Here, alles wat ander kunstenaars geskryf en getoonset het (is dit ooit ‘n woord wonder ek?) en dis asof ek nie genoeg Sy lof kan besing nie. Hy het, after all, die asem in my liggaam geblaas, so ek kan nie iets minder doen as om Hom te besing nie kan ek?
Dit voel hier en daar of my hart en gees ‘n eie lied vir die Here wil sing. Ek hoop maar Sy ore is nie toonhoogte sensitief nie, want my fisiese mens kan nou nie mooi sing in my opinie nie (al was ek in die skoolkoor en revue’s EN in ‘n studio om liedjies op te neem – wonder ek maar steeds of die juffrou my net gelike het en of het sy regtig potensiaal gesien in my sang vermoë?).
Elkgeval, ek giggel maar as ek dink aan hoe ek vir myself klink as ek sing; en hoe dit in God se ore moet klink; en of Hy daarvan hou; en of alles mooi op die regte toonhoogte moet wees of nie, vir Hom, voor Hy daarvan sal hou nie? Ek dink darem nie ek hoef perfek te sing vir Hom om dit te waardeer nie?
Ons is dan almal mense wat nie perfek is nie. As dit die geval was (perfekte sang) dan moet alles in ons lewens seker perfek wees voor Hy ons sal aanvaar, en dis vir seker ‘n leuen!! Die Here vat ons soos ons is, stukkend en propvol foute. Solank ons HOM aanvaar en Sy seun as Verlosser verklaar het oor ons lewens, is ons op die regte pad.En natuurlik moet ons dit uitleef elke dag ook en streef na heiligmaking (en minder dieselfde sondes doen oor en oor).
My lied sal altyd God se lof besing. Veral nou in Maart (‘n baie besige Maart vir my) as ek terugkyk na wat die afgelope jaar gebeur het i.t.v. my blog. Hoe ek gegroei het, hoe die Here net bygevoeg het en steeds byvoeg. Ek is so bitter dankbaar dat ek die eerste verjaarsdag kon vier op 23 Maart 2022. Dankbaar vir al die kennis wat die Here in my ingesit het en steeds doen.
Die wysheid wat Hy my gee en die mense wat Hy oor my pad stuur, net om alles nóg beter te maak vir Sy doel waarvoor Hy dit geskep het. Wat is jou lied? Het jy ‘n lied? Dit maak nie saak of jy kan sing of nie en of jy kan skryf of nie. Jy moet steeds SING vir die Here! Probeer die duiwel jou lied steel? As dit die geval is moet jy op en af spring van opgewondenheid, want dit beteken jy is op die regte pad!
Ek wil afsluit met ‘n paar liedjies wat op my hart is, wat ek oor en oor vir die Here sing. Liedjies wat ek kort-kort gaan soek en speel op Spotify, so terwyl ek my day job doen EN voorberei vir die Paasmark wat voorlê…vir die wat naby genoeg is, kom kuier by my stalletjie 1 tot 4 April 2022 by Gerber Plaaskombuis op Skeerpoort. Die eerste 7 aankopers elke dag sal ‘n gratis geskenkie ontvang…
En net so laaste dingetjie om heeltemal mee af te sluit – ek sluit my eerste twee blog inskrywings ook in as kort-pad skakels op die inskrywing. Net sodat ons almal kan sien waar ek was en waar die blog nou is – alle eer aan God!
Nee, nie die winde opbreek burpee nie. Die oefening BURPEE. Dis hoe dit vir my voel sedert 15 Maart 2020. Of ek emosioneel Burpees moet doen, al is ek nie opgewasse vir dit nie en ook nie reg vir dit nie.
Voor ek in Februarie 2020 begin Cross Fit het, het ek OOK nie geweet WAT is ‘n burpee nie. Ek het wel op die harde manier geleer en sodoende fikser geword op ‘n fisiese vlak.
Gaan google maar wat is ‘n Burpee as jy nie seker is nie. Die mense in die videos laat dit BAIE maklik lyk, laat ek jou nou vertel. Wanneer laas HET jy ‘n Burpee gedoen? Het jy al ooit een gedoen?
Dit daar gelaat want daar dwaal ek alweer van my punt af. Ek ervaar die hele Pandemie as ‘n emosionele uitputting wat ek slegs met ‘n harde strawwe oefening soos ‘n Burpee kan vergelyk. Nou Burpees maak jou fiks soos niks anders nie.
Maar dis moeilik. Uitmergelend. Om emosioneel so uitgeput te wees dat jy nie meer KAN aangaan nie is tough! Ek weet wel dat ek NIE die enigste een is wat so voel nie. Dis asof die gevoelens weer opvlam oral, soos tydens en net na die eerste hard lockdown.
Die hele wêreld verwag van mens om soos normaal te funksioneer. Aan te gaan en goed gedoen te kry asof daar niks fout is nie. Dit terwyl niks meer normaal is nie. Was dit ooit voorheen normaal? Of was ons vasgevang in hierdie leuen van wat ons sien en ervaar as normaal?
Jy sien, in my bedryf (en hier sal alle accountants saam stem en verstaan) raak dit regtig net moeiliker en moeiliker. Die instansies met wie jy werk raak strenger, reik vinniger en sommer vir niks boetes uit (so voel dit vir my). Verwag van ons om te perform dit alles terwyl dit voel of daar min tot niks aan hul kant werk nie.
Die emosionele welstand van mense word nie in ag geneem nie. Siekte toestande, dae in isolasie, menslikheidsfaktore word nie in ag geneem nie…..is dit nie dan dieselfde as om te verwag mens moet Burpees doen heeldag en aldag nie?
Vandat jy jou oë oopmaak tot jy gaan slaap moet jy elke sekonde ten minste een burpee doen. Kom ons sê dis minstens 12 ure waarvan ons nou praat (soos die Engelse sê hypothetically speaking want ek weet ook niemand van ons slaap vir 12 ure nie). 60 minute per uur. 60 sekondes in elke minuut. Dus 12 ure x 60 minute x 60 sekondes. 43,200 burpees. Ja ek het my calculator gebruik om die som te doen, bloot omdat my brein net nie meer KAN dink nie. En nou wonder ek en hoop ek dat ek die som reg gedoen het.
Dan begin ek wonder….is dit die Here se manier om ons fiks te kry? Kan Hy so wreed wees? Fiks vir wat? Die eindtye? Ek weet swaar tye vorm mens….maar ek weet nie. Ek wonder steeds oor die Pandemie.
Toe ek hierdie stuk begin skryf het, was dit Januarie. Nou is ons al in Februarie. Januarie was vir my en baie mense met wie ek gesels het ‘n ONGELOOFLIKE (ek gebruik hoofletters om die klem te lê oor hoe dit was) moeilike maand. Dit was asof daar hierdie blok of wolk oor mens was.
Jou kop herinner jou aan als wat gedoen moet word maar terselfde tyd is hy op een of anser sit-staking wat volstrek weier om aan te hou burpees doen. Dan sê hy weer vir jou hoe ver agter jy nou is en hoe gaan jy maak om jou 43,200 burpees in te haal? Jy het dan skaars tien gedoen vir die dag….
Soos wat ek die stuk deur dink het en met die Here daaroor gepraat het tussen alles wat moet gebeur deur, stuur Hy vir my 2 liedjies. Die eerste een is Hello, my name is… van Matthew West en die tweede een is Borrow (one day at a time) van Josh Wilson.
Beide liedjies het so ‘n groot impak op dit wat in my gedagtes rond beweeg, die gedagtes wat my laat voel dit wat ek nou doen is nie nagenoeg aan ‘n burpee nie. Ek besef dit wat ek voel is NIE van Hom af NIE. Ek dien ‘n lewende God van orde en vol liefde.
Dan neurie ek (vir ‘n paar dae al I might add) die woorde van Josh Wilson se liedjie….Don’t Borrow,no trouble from tomorrow…..na na na….one day, one day, one day at a time! En ek weet dat die Here my rustig gemaak het (skielik van begin Februarie af) sodat ek weer kan fokus op dit wat voorlê werksgewys.
Ons is mos almal hoeka oppad om onsself in te teken by die Accountant’s Inn net om met ‘n ball & chain vasgemaak te word agter jou lessenaar en weer speed dating van belasting te doen. Te bid jou blits afspraak werp goeie vrugte af en dat jy wel alles raak sien en in berekening bring sodat jy later die jaar nie met jou hande in jou hare sit oor te min belasting wat betaal was nie….
Nou dat my brein sy channel hopping gedoen het tussen my kinderjare en die afgelope twee jaar, raak ek en my gedagtes weer stil….Ek reflekteer nog al die pad. Ek hoop nie ek is in ‘n doodloopstraat nie en ook nie going nowhere slowly (or fast for that matter) nie.
Ek wag geduldig dat die Here net so bietjie sin in my kop kom sit terwyl hy die spout van gedagtes kom stilmaak het. Hoekom voel mens so? Hoekom is dit asof dit heimwee is wat probeer nesskrop?Dankbaarheid is die volgende woord wat vir my begin voorloop tussen al die woorde wat resies jaag tot my vingerpunte. Net so. Dankbaarheid? begin ek alweer met myself en die Here praat.
Jip, you got it girl! Dankbaarheid! Nou goed dan. Dankbaarheid sal dit wees. Ek kou so bietjie aan hom maar dis nie lank nie of ek het dit. Ek vang dit. Ek voel so oor alles en die tyd van die jaar want diep diep binne my het ek eintlik hierdie ongelooflike dankbaarheid van alles wat was en alles wat nog kom.
Dankbaar dat ons nog ‘n jaar gespaar is op aarde. Dankbaar dat die Here vir ons voorsien ten spyte van die Pandemie. Dankbaar dat ons werk het, inkomste het. Dankbaar dat ons gesond is.
So stroom die dankbaarheidslysie deur my gedagtes. Dis asof hulle almal opspring en hul hande opsteek om te sê “Pick me! Pick me!” Hoe kan mens net ‘n paar pick as daar so baie is om voor dankbaar te wees?
Dankbaar vir goeie memories ten spyte van die swaar en moeilike tyd waarin die hele wêreld hom bevind. Dis hoekom dit voel soos heimwee. Dis eintlik nostalgie op ‘n goeie manier….terug dink aan goeie tye. Lekker tye.
Met ‘n dankbare hart sluit ek af. Ek vra die Here om ‘n liedjie te gee wat hierby sal aansluit. Ek maak my oë vir ‘n oomblik toe. Dan kom Matthew West se Brand New by my op.
Ek hoor al die liedjie. Ek is seker het al hieroor geblog (of webjoernaal soos my skoonsussie my uit my misery gehaal het deur die Afrikaans vir blog te google). Maar nie te min, dis die wonderlike ding van God se woord en uiteindelik praise & worship musiek ook.
Dis lewend en elke keer wat jy dit lees of luister is daar net weer ‘n nuwe betekenis wat jy daaraan koppel…..He is making you new, He is breaking your chains, He is making you BRAND NEW! Hoor ek die woorde sing deur my kop….
Soos wat tyd aanstap en dinge gebeur, is die Here konstant besig om ons te vernuwe, as ons Hom toelaat, bygesê. Alles wat met ons gebeur, die goeie en die slegte (soos dit soms vir ons voel) is besig om ons beter mense te maak vir die volgende memories wat ons gaan maak…..ons tyd op aarde is so kort. Ek besef dit elke dag meer en meer.
As jy 20 is voel 40 so ver. As jy 40 is, weet jy 70 of 80 is bitter naby. Het jy jou deel gedoen vir God se koninkryk? Het jy nog genoeg tyd om te doen waarvoor die Here jou op aarde geplaas het? Is jy nou besig om te doen waarvoor jy geroep is? Of wag jy tot eendag? Liewe aarde, dis asof daar nou weer ‘n hele swetterjoel van gedagtes is wat nou weer deur my kop begin marsjeer…..
Ek luister die liedjie weer…..drink die woorde in. Laat dit oor my gedagtes spoel, soos wat die reën die aarde nat maak…..in die hoop dat daar Goddelike gedagtes sal voortspruit en dat mens nie in die wêreld en sy gebruike en demands vasgevang sal wees nie….He is making you BRAND NEW!!!!!
Kan ek vir jou vertel hoe het Mnr. Twyfel probeer om die Pienk Vere te vertrap en te verpletter in my gedagtes sedert ek die voorbeelde gaan afhaal het by die drukkers laas week? Hy kom en saai twyfel tussen dit wat die Here op my hart gelê het, en amper, net so bietjie AMPER het die twyfel onkruid opgekom en die Pienk Vere verdruk.
Vanoggend sit ons in die kerk, by Doxa Deo Hartbeespoort kampus. Kobus Windt marsjeer oudergewoonte op en af op die verhoog (by gebrek aan ‘n beter woord vir daar waar hy nou eintlik op staan – ek sien dit as ‘n verhoog en is nou nie seker of daar een of ander fêncy woord is wat ander mense sou gebruik nie). Hy is passievol en gebruik voorbeelde wat mens mee kan vereenselwig om te VERSTAAN wat die Here vir jou probeer sê.
Hy sê mos altyd – as jy in ‘n garage slaap maak dit jou nie ‘n kar nie, net so is dit van toepassing op ons Christenskap. Jy kan nie NET Sondae kerk toe kom en jouself ‘n Christen noem nie. Jy moet dit UITLEEF. Vandag se boodskap was geen uitsondering nie en het vir seker weer God se boodskap oorgedra.
Die naam van die Reeks wat behandel word is Reageer. Ons moet reageer op God se stem. Soos wat ek sit en luister en nota’s maak in my boekie, hoor ek hoe die Heilige Gees met my praat en die onkruiddoder spuit op die twyfel plante wat probeer opkom. Hy druk op my hart om te sê “Dit is wat Ek wil hê JY moet doen.”
Net vanoggend toe ek regmaak vir kerk, kom twyfel weer en probeer weer net nog ‘n ietsie vir oulaas saai in my gedagtes. Die gedagte? Hoe kan die Here JOU gebruik, regtig? Jy kry dan amper niks in jou lewe reg nie? Jou YouTube video’s wat jy gemaak het, het jy dan self ‘n “epic fail” genoem en daaroor gelag. Wat maak jou so “special” en anders as ander mense? Jy ken dan nie eens die Bybel boeke in volgorde uit jou kop uit nie. Nie eens te praat van die Bybel nie.
So gaan die gedagtes aan en aan. Maar die Here is getrou. In die diens kom bevestig Hy vir my wat dit ís wat ek moet doen. Ek moet díe doen, ek het ‘n demografiese area van mense, Beroepsvrouens, wie die Here wil bereik. As ek dit nie gaan doen nie, wie gaan dit dan doen?
Vir die eerste keer sedert ek die blog begin het, praat die Here met my deur ‘n Afrikaanse liedjie. Terwyl Kobus afsluit, stap die worship (worshipklink net so mooi vir my)span op die verhoog. Carindé sing in haar nagtegal stem Stuur My, so passievol, jy kan sommer sien sy loop oor van die Here. Hy nooi ons uit, as jy voel jy wil ‘n impak maak op ‘n sekere demografiese omgewing, staan op terwyl hulle dit sing.
Ek wil amper dadelik opstaan, maar is soos gewoonlik self-bewus. Hoekom weet ek nie, want NIEMAND in die kerk kyk wie staan op en wie sit nie. Ek vra my man of het ek reg gehoor – mag ons opstaan? Hy antwoord my nie dadelik nie, sit met sy oë toe en luister en aanbid die Here. Na ‘n rukkie hoor ek hom sê – jy mag opstaan.
Ek staan op, en die oomblik toe ek dit doen, ervaar ek die Heilige Gees tasbaar in my wese. My oë skiet vol trane. Nie hartseer trane nie, net trane wat ek GEEN beheer oor het nie. Uit ervaring WEET ek net, dis die Heilige Gees. Ek is op die regte pad, ek doen wat die Here van my verwag om te doen.
Met dit gesê, sluit ek af met wat ek dink beter YouTube video’s is. Korter video’s wat elke item individueel verduidelik. Ek is besig om die pryslyste uit te werk en gaan dit net doen. Ek gaan nie tegnies raak en my Rekeningkundige skills probeer toepas en allerhande gekompliseerde formules probeer bereken nie. Ek gaan net die Here vertrou. Hy sal dit laat gebeur soos dit moet. Dit gaan in elkgeval oor Hom en nie oor my nie, so waaroor twyfel ek?
In a world full of followers, I’ll be a leader! In a world full of doubters I’ll be a believer! I am stepping out without a hesitation ’cause my soul is like a stadium! Nananananana na naananana (woorde wat ek nie kan onthou nie en saam sing op die maat van die musiek)…..I’m SOLD OUT!!!
So loop en sing ek die liedjie van Hawk Nelson se Sold Out vir dae, nee wag weke. Elke keer as ek by my rekenaar sit, gaan soek ek die liedjie op Spotify en speel hom. Ek dans lekker saam in my stoel terwyl ek hom luister en my day job doen.
Ek gaan Google die woorde. Lees dit. Jitte maar dit voel vir my of hierdie liedjie geskryf is net vir my, vir hierdie geheimsinnige projek wat ek bietjie vir bietjie met die wêreld deel…Dis net soos in, WOW. Ek kan nie anders as om so te voel nie. Ek is totaal uitverkoop aan Jesus! Was nog altyd maar nou NOG meer as voorheen.
Elke keer as Twyfel in my ore iets probeer fluister, gaan lees ek die skrif wat die Here vir my gegee het vir die projek. Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. Jes. 43:18-19 AFR53.
Met so ‘n magtige skrifvers, hoe kan mens enigsins DINK aan Twyfel en luister vir hom? Dan dink ek aan die ander bevestiging wat ek ontvang het. Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. Jer. 29:11 AFR53.
Wow! Met dit gesê stoom ek voort met die projek. Op ‘n mission soos mens sou sê….I am SOLD OUT…..nannnannanna nana SOLD OUT! Sing ek verder terwyl ek werk aan die projek….Die Here gaan die pad maak in die Wildernis!
Ek het die crash oorleef. Nie ‘n voertuig crash of vliegtuig crash nie. Nee. My rekenaar se crash. Ja jy lees korrek – die rekenaar. Ek weet eerlik waar nie wat klink beter in Afrikaans as net plein weg crash nie….vir die tweede keer in my lewe as ‘n besigheidseienaar gebeur so iets.
Die eerste keer was 15 jaar gelede en laat ek jou vertel, ek het NIE dit hanteer soos wat ek nou dit hanteer het nie. Ek was ontsteld en het die HELE TYD gehuil! Kosbare tyd en energie vermors op goed wat BUITE my beheer was.
Die keer was anders. Dis ‘n nuwe skootrekenaar (hoe hou jy van die suiwer Afrikaans vir Laptop?), skaars 3 maande oud. Geen werkdata verloor nie, maar ander persoonlike en besigheidsdata (wat ek ewe slim besluit het om op my C: te stoor a.g.v. die sensitiwiteit van die inligting) is verlore.
Maar tog was als nie verlore nie, as dit sin maak? My e-posse is op ‘n web-gebasseerde platvorm, so ek het eintlik net BAIE OU e-posse verloor van langer as so 4 jaar terug. Laat ek eerder sê ek het nie toegang tot dit huidiglik nie. Dis seker ok want daardie inligting is nie regtig relevant nie jy weet?
Al die besigheidsdokumente is op e-pos op die web, ek moet dit net weer gaan soek en stoor soos ek altyd gedoen het. Die gapings opvul van wanneer ek die nuwe rekenaar gekry het tot nou toe. Lang en kort is, ek KAN om dit werk. Dis ‘n pyn in die nek maar dit kan gedoen word! My grootste frustrasie? Om vir 3 dae nie te kan werk nie terwyl ons data probeer afhaal van die ander rekenaar af, opstel op ‘n ander rekenaar, internet skakels van plekke wat ek gebruik vir werk probeer onthou en weer book mark op die internet, ens.
Ek vertel vir die mense wat vir ons werk, dit voel of ek ‘n nuwe werk begin het! Ek is hier, verdien ‘n salaris maar doen NIKS om by te dra om die salaris te betaal nie! Ek het omtrent verlore en magteloos gevoel, sonder enige iemand om my in ‘n rigting te stuur oor wat om te doen.
Hierdie hele week speel daar ‘n liedjie in my kop. Matthew West se Brand New. Ek kon nie verstaan WAT God vir my probeer vertel met die liedjie nie? As jy na die woorde luister, is dit, in my opinie, meer van toepassing op iemand wat hul lewe onlangs na Jesus gedraai het.
Diep binne in my gees voel ek die Here druk op my hart om dinge te doen waaroor ek vir so lank al bid. Dinge wat Hy sê MOET gebeur. Dinge waaroor ek getwyfel het oor of ek REG GEHOOR het oor wat om te doen. Hy stuur vir my 2 verse as bevestiging. Maar die een vers oorvleuel oor twee boodskappe as dit nou sin maak? Ek het 3 verskillende boodskappe by verskillende mense gekry en een van die boodskappe, toevallig die tweede een, het beide verse in gehad.
Toe ek besef wat besig was om te gebeur met die rekenaar, begin ek bid. Ek salf die ding. Ek bind die werke van die vyand, want ek het gedink dit was hy wat my probeer keer om te doen wat die Here op my hart gelê het om te doen. Ek het net nie die knoffel gebruik om die vampiere weg te hou nie (soos wat sommige mites mense probeer wysmaak)…..ek was gefrustreerd maar kalm op dieselfde tyd. Ek was nog nooit so kalm oor iets voorheen in my lewe soos wat ek die week was nie. Onthou nou – die is ‘n GROOT ding – dis my WERK LEWE wat in rookwalms opgaan voel dit vir my!
Maar, hoe meer ek oor dit dink, hoe meer besef ek dat God toegelaat het dat dit gebeur! Hy het orde vir my kom skep, want Hy het gesien ek kry dit nie reg nie! Jy sien, ek het hierdie sisteem op Outlook gehad. Dit het fantasties vir my gewerk, of so het ek gedink. Maar daardie sisteem was eintlik besig om my in die grond in te boor wat veroorsaak het dat ek nie effektief kon funksioneer nie.
Ek het steeds meerderheid van die tyd oorweldig gevoel en in ‘n dwaal….ek het steeds gehandel soos ek gedoen het in 2020 tot ‘n mindere mate. Gedoen wat ek moes om te oorleef maar nie regtig mylpale gehaal en vordering gemaak nie! Ek moet sê ek geniet nogal die Here se sin vir humor! Hy forseer my nou om op papier te skryf, veral werksgoed….ek het voorheen lysies gemaak. Maar my lysies het lysies begin kry en dit was net oral….op klein papiertjies, post it notes, ou papier. Noem dit en dit het ‘n lysie van een of ander aard op gehad!
Jy sien, wat ek besef het was, ons is so afhanklik van tegnologie om orde te skep en wanneer tegnologie ons faal, dan is ons verlore. Die Sierboom wat ek is het VERLORE gevoel en buite beheer. Ek voel hoe die Here se Gees op my hart druk om net te LUISTER wat Hy wil hê ek moet doen. “Skep orde op die manier hoe ek jou geleer het, lank terug reeds.” hoor ek die fluistering in my siel. “Skryf dit neer, merk dit af as dit klaar is. Bly gefokus op wat jy moet doen wanneer dit tyd is om die taak te doen.”
Skielik besef ek HOEKOM die liedjie die heeltyd in my kop maal hierdie week. Dis omdat God iets nuuts wil doen. Hy is besig om my te vernuwe op verskillende vlakke wat ek nie geweet het verbetering en vernuwing nodig het nie.
He’s making you new….He is making you brand new! Hoor ek die woorde draai en draai in my gedagtes. “Ek weet Here. Ek verstaan.” is my antwoord. Hier is op die vernuwing wat besig is om te gebeur! Mag God se naam ALTYD verheerlik word, veral dit wat Hy op my hart druk om te doen.
Handelinge 1:9-11 vertel ons hoe Jesus weg gegaan het van die aarde af en dat twee engele vir Sy dissiples vertel dat Hy weer net so gaan terug kom aarde toe. Wow, ek dink by myself HOE AMAZING is dit nie net nie? Soos wat Hy weg gegaan het, so gaan Hy terugkom.
Ek het gister die absolute voorreg gehad om ‘n dag saam met ‘n goeie vriendin en haar dogter (en natuurlik my dogter) te spandeer en een van Thea van Rooyen van Thea se Poeierkamer se klasse by te woon. Dit was gereël en georganiseer deur Lynn Grobler van Journaling on the Way. In die klas het ons ALWEER iets gevou. Ek het lekker gelag, want daar was confusion maar nie soos toe ons die beroemde Junk journal gemaak het op die Adorned kamp nie.
Later toe ek met Thea gesels vind ek uit, dis HAAR ding. Om iets te vou in haar klasse voordat jy aangaan met die bladsy. Ek wil NOGSTEEDS weet HOE sy by die proses uitkom om die junk journal te vou en te plak….? Gister het ons ‘n koevert gevou wat skeef is (as jy OCD het dan is dit nou NIE die koevert om te vou NIE). Binne-in het sy ons SOAP laat doen. SOAP staan vir Scripture, Objective, Action & Prayer.
Ek moet bieg, die koevert se vou was verseker makliker as die junk journal. Seker omdat daar nie gom en 3 koeverte betrokke was nie. As jy nou nie hier verstaan nie, moet nie bekommer nie. Probeer net ‘n junk journal maak met 3 koeverte, gom (op net die regte plekke) en ou papier en dan sal jy verstaan waar die onsekerheid inkom.
Die boodskap gister was uit Handelinge uit. Sy het dit nogals mooi oopgebreek die skrif, op ‘n manier waaraan ek nooit voorheen gedink het nie. Hemelvaart is LAAAANKAL verby. Ons is nou tussen Hemelvaart en die Wederkoms hier op aarde. Wow, ek het nog nooit so daaraan gedink nie. Ons almal streef na heiligmaking, om soos Jesus te wees. Ons almal maak foute want ons is nie perfek nie. Ons is in hierdie wêreld maar nie van hierdie wêreld nie.
Die prentjie wat sy vir ons gee om te doen het wolke vir ‘n agtergrond. Enige kleur, nes jy wil. Met ‘n sjinees, soos sy die borseltjie noem wat ons gebruik om die agtergrond te doen in ons Bybels (hy is ingevoer van China af as jy gewonder het en is nie so genoem om enige iemand te beledig nie). Ek love die nuutste toevoeging tot my gadgets waarmee ek journal. Ek hou van gadgets op enige goeie dag. En as dit my kan help met journalling in my Bybel, soveel te meer!
Elkgeval, terug by die bladsy en haar boodskap. Sy vertel verder dat ons almal het ‘n nuwe adres en dat ons nie moet vergeet om die posseël te plak nie, want dis waarheen jou pos moet gaan. So al is jy op hierdie aarde, het jou adres verander, want jy is oppad boontoe. Hemel toe. Daarom die huisie met die ballonne van die fliek, UP.As jy gelukkig is in jou woning, dan versier jy dit mos mooi. Jy maak mooi tuin. So leer sy ons om ‘n blom te kap met ‘n hammer (nie die een waarmee jy spykers inkap nie – ‘n crafting een) en dan dit wat op die bladsy oor is te gebruik in ons bladsy….ek het nie myne gebruik nie, want my kap tegniek het nie so lekker gewerk nie….maar dit beteken hoegenaamd NIE dat ek NIE gelukkig is nie….hy werk net nie vir my op my bladsy nie….
Ek dink so oomblik na. Dis eintlik bitter eenvoudig. Die Here gebruik ons, stukkende mense in ‘n gebroke wêreld, om ‘n verskil te maak en mense na Hom toe te lei in die proses. Al is ons propvol foute, keer dit Hom nie om ons te gebruik nie. Ons moet net aanhou streef na Heiligmaking. Om vergifnis vra wanneer ons foute maak.
Dit laat my dink aan die liedjie van Matthew West. Broken Things. Ek luister na die woorde, dis so waar. Mag ons almal altyd onthou dat niemand perfek is nie. Maar mag ons onthou dat almal om vergifnis kan vra en dat ons moet vergewe soos wat Christus ons vergewe het en die wat teen Hom gesondig het. Moeilik nê? Maar so die moeite werd om by die eindbestemming uit te kom. Die hemel. Die ewige lewe.
You use broken things hardloop die woorde weer deur my kop. The first will be last and the last will be first……
Verbintenis. Lewenslange verbintenis. Die troumars begin speel (wat ek nie van hou nie by the way maar mee tevrede moes wees, want op wat anders loop mens in die kerk in?). Met blink oë agter ‘n sluier getooi, in wat ek dink ‘n stunning trourok is, probeer ek in die gang van die kerk afstap na my toekomstige man toe. Ek sê probeer, want my pa is so op sy senuwees, dat hy Usain Bolt se 100m rekord probeer verbysteek, voel dit vir my, terwyl ek agterna fladder (ok nie so erg nie, maar dit het gevoel of hy gehardloop het en nie geloop het nie).
My man staan daar voor in die kerk. Ons is kinderlik opgewonde vir die toekoms saam. Sy oë skiet vol trane toe hy my sien en kyk hoe ek nader stap. Die fotograaf vang die oomblik vas (op my versoek natuurlik). Ek kan vir altyd sy gesig onthou want ek kan gereeld na die foto kyk.
Dis warm. Ons trou in Brits. Dit voel soos ‘n hittegolf. 30 September 2006 was ‘n ONGELOOFLIKE warm dag. Toe ek by die tannie was wat my rok gemaak het, dring ek daarop aan om sykouse te dra. Ek het gedink ek gaan koud kry – ek kry mos altyd koud. Sy kyk so snaaks na my en sê iets in die lyn van dat ek te warm gaan kry onder die lae en lae net. Ek moet haar net glo. Dis mos winter terwyl die rok gemaak word, maar die seisoen gaan draai.
Daardie dag is ek haar ewig dankbaar dat sy my anders kon oortuig, want, vet weet, dis WARM onder al die lae net!! Die diens gaan verby en die dominee preek sy preek. Al wat ek van die preek onthou is dat hy die huwelik met ‘n sirkel vergelyk – of was dit nou die trou ringe? Geen begin en geen einde nie. Hy noem ook iets van dat ons huwelik ook soos ‘n driehoek gesien kan word. God staan bo en ons staan onder teenoor mekaar.
Hoe nader ons aan God beweeg hoe nader gaan ons aan mekaar beweeg. Natuurlik maak niks hiervan vir my sin nie, maar ek luister want Wiskundig maak dit sin wat hy verduidelik en ek kan so bietjie van Meetkunde onthou teen die tyd dat ons getrou het.
So gaan 15 jaar verby. In ‘n oogwink. Verby gevlieg! As ek terug kyk na waar ons was geestelik en waar ons nou is, kan ek net in verwondering staan en weet dat dit net Genade alleen is wat ons tot op hierdie punt gebring het.
Ons het vir seker baklei in die 15 jaar. Soms harde woorde gepraat, soms gedreig tot ons beide se verleentheid. Baie gehuil en nog meer gelag. Tussen dit alles deur, het die Here kort-kort ‘n afspraak met ons beide gehad. Op verskillende tye maar op net die regte tye sodat ons ritme weer net nog beter kon word as voorheen.
Terug by die troudag. Ek het genoem ek hou nie van die troumars nie. Ek wou ander agtergrond musiek laat speel en dan ‘n opname maak waar ek vir my man in my eie stem vertel hoe ek oor hom voel en wat hy vir my beteken. Dit het cool en romanties geklink toe ek hoor ‘n vriendin se sussie het dit gedoen. Ek wou my man verras.
Maar, ons kon nie daarop ooreenkom om enige ander musiek as die troumars te speel nie. Onthou net, hy het nie geweet ek wou die stemboodskap doen bo-oor die agtergrond musiek nie. Ek het ook nie tyd gehad om iemand te soek wat die klank vir my kon doen en die opname bo-oor kon layer sonder dat dit nie simpel klink nie. Onthou ook net 15 jaar terug was daar nie slimfone nie. Ek dink amper ek het net voor ons troue opgegradeer van ‘n Nokia 3310 af.
Deesdae kan mens dit self by die huis doen. As jy ‘n foon en ‘n rekenaar het, kan jy amper alles doen voel dit vir my. Nie te min. Vir jare was ek vies omdat ek nie ietsie wat ek voel MY stempel was kon sit in ons troudag in nie (daar is mos NIKS anders wat ek oor moes besluit het en gemaak het vir daardie dag nie nê? My stempel was reeds daar, maar ek het dit nie gesien nie).
Vandag, soos wat ek hierdie inskrywing maak, WEET ek dat ek nie emosioneel reg was vir so iets nie. Ek dink ek sou meer gedink het aan hoe aaklig my stem klink oor die luidspreker en hoe ek eintlik net ‘n klomp goed afgerammel het op die opname, en in die proses die kern van dit wat ek probeer doen mis.
So, ek is dankbaar. Dankbaar dat die Here my gered het van so ‘n amperse flater! Vroeër die jaar, dalk selfs laas jaar, hoor ek oor Spotify ‘n liedjie. Die woorde trek my aandag. Dis Commitment van Sanctus Real. Ek luister, speel hom weer. Dit tref my hart diep.
As ek ‘n liedjie kon kies waarmee ek in die kerk se gangetjie sou afstap, sal dit vir seker die een wees. Dit beskryf vir my so mooi wat dit beteken om verbind te wees aan iemand. As jy 25 jaar oud is en voor die kansel staan, het jy GEEN benul watter houe en balle die lewe na jou toe gaan gooi nie.
Jy weet ook nie hoe jy dit gaan hanteer nie. Maar met God saam, kan mens dit hanteer en staande bly. Dit voel vir seker soms of dit Us against the world is wanneer dit druk tyd is met wat ookal gebeur. Maar, God kom altyd deur vir ons. Hy voorsien nog altyd. Ons het niks te vrees nie want ons het HOM aan ons sy.
I wanna finish the way we started, just two broken souls clinging on to Jesus. We’ve seen His faithfulness and grace and I wanna love you that way weerklink die woorde van die liedjie deur my kop. My hart sing van vreugde soos wat ons nog ‘n keer ons beloftes voor God kan vier.
Hier is op nog 15×15 jaar saam! Mag God ons huwelik net NOG meer versterk en dieper laat groei soos wat ons nader aan Hom beweeg.
Koebaai. Dis seker vir my die woord wat die beste beskryf wat jy aan iemand sê wat jy vir ‘n baie lang tyd (indien ooit) nie gaan sien nie. Nie Totsiens of Tot later of Bon Voyage nie. Nee, net plein KOEBAAI. Net dit.Maar dan gaan google ek Bon Voyage en sien dat jy dit iemand toewens wie op reis gaan. Used to express good wishes to someone about to set off on a journey.Om nou presies te wees met die woordeboek wat google uitgespoeg het. Maar dit voel nie reg nie want ek het altyd gedink jy sê dit vir iemand wat op reis gaan en weer terug kom. Hierdie groet is net ANDERS jy weet?
Jy sien, dis hoe ek gevoel het Sondag, toe ek my sussie, haar man en twee dogters gaan groet het vir die laaste keer. Liewe hemel weet, dit was erg vir my. Erg om te dink dis nou die laaste keer dat ek ‘n fleshy hug (die huidige Pandemie nou glad nie in ag genome hier nie), gaan kry by hulle.
Die pad van Pretoria na ons huis is lank. Dik oë se gehuil lank. Liters en liters trane. Kort-kort weer dink aan wat besig is om te gebeur, oë wat vol trane skiet. Nog ‘n tissue vat en WEER my neus blaas. Dis ‘n BAIE lang pad want almal is stil in die kar. Elkeen besig met hul eie gedagtes.
Teen die tyd dat ons tussen die eerste en tweede tolhek is op die snelweg, besluit ons om musiek te luister. Ek koppel my foon op die kar se radio (hy is mos fêncy met Bluetooth en al) en ons almal jive en sing saam. Ons lag en dis vir ‘n oomblik beter.
Ek het natuurlik ALMAL in trane gehad Sondag. Selfs my swaer het met tranerige oë na my gekyk toe ek aframmel hoe BAIE hy vir my beteken het. Dat hy een aand tot middernag gesit het en my geleer het hoe werk ‘n financial calculator want ek het eksamen geskryf die volgende dag. Ek het daardie vak nogals met ‘n onderskeiding geslaag (bewys dat my korttermyn geheue fantasties werk). Nie dat ek nou meer weet hoe hy werk nie by gesê. Maar dit daar gelaat…want dit gaan nie nou oor my vermoëns om ‘n financial calculator te werk nie.
My familie dink daar is fout met my. Eers dink almal dis oor die brief wat my ma geskryf het vir my sussie op haar 21ste verjaarsdag. Dit was toe nou glad nie dit nie. Ek het net begin huil want die oomblik was te groot vir my. My middelste sussie roep my eenkant en praat met my. Ek knik my kop want ek hoor en verstaan wat sy probeer sê. Huil net nog meer. Maar ek besef dat my eerste inskrywing oor immigrasie nie noodwendig reg gelees en geinterpreteer was nie. Ek is nie kwaad omdat hulle wil gaan nie, wil hulle nie hier hou vir myself nie. My hart is net stukkend.
Hoe verduidelik jy dit aan iemand? Dat jou hart so seer is dat jy huil en snik tot jy leeg is? My pa stuur kort-kort ‘n Whatsapp boodskap om te hoor of ek ok is. Bel my man om te hoor of ek ok is.Ek WEET my sussie hulle neem die besluit vir HUL gesin en ek kan nie iets anders sê hieroor nie, want ons elkeen lei ons eie lewens. Soos my vorige inskrywing was – ek weet glad nie presies waardeur hulle was of besig is om te gaan om so ‘n besluit te neem nie.
Ek is ok. Ek weet ek sal ok wees. Met tyd sal dit beter word. Maar vir hierdie oomblik, gaan ek, as ‘n mens deur God geskape, deur stap nommer-hoeveel-ookal van die rou-proses. Ek ervaar dit as ‘n rou-proses. Ek is net wragties realisties as ek sê ek dink nie ek gaan hulle weer sien nie. NZ is VER (jy sien ek weet nie eers HOE om die land se naam reg te spel nie so ek gebruik die afkorting – dis nie omdat ek dit nie WIL spel nie – ek weet nie nou op die oomblik dat ek die inskrywing maak nie want my brein voel soos ‘n sif met alles wat hy deur gaan en moet verwerk). Weet jy hoe ver is dit? Nee ek ook nie, ek weet net dat dit BAAAAAIE ver met ‘n LAAAANG vliegrit en baie duur vliegkaartjies is.
Ek dink, die rede hoekom my familie dink daar is fout met my, is omdat ons nie so “huilerig” groot geword het nie. Hierdie is nou bloot hoe ek my grootword jare ervaar het en ek is oortuig, soos in 100% nie 99,9% nie, dat my sussies dit weer anders ervaar het.
Jy sien, ek het NOOIT gehuil in ‘n hartseer fliek nie, om nou een voorbeeld te gee. Dit was hartseer en als, maar ek het stilweg aan die binnekant gehuil. Hoekom kan ek nie vir jou sê nie. Ons het net nie regtig ons emosies voor mekaar gewys nie. Dis nou hoe ek dit ervaar onthou.
Onthou ook nou dat ek die jongste is. So baie goed was anders toe ek 7 was as toe my oudste sussie 7 was. Sy was die oudste, ek die jongste….sy het meer verantwoordelikheid gehad as wat ek gehad het as gevolg van ons “rangorde” as ek dit nou so kan noem.
Ek kan dink dat dit ‘n skok vir hulle moes wees om my so te sien. So weerloos en “huilerig”. Iets wat hulle nie ken nie. Jy sien, ek het oor tyd geleer om ‘n brawe gesig voor te sit, al voel ek of ek in ‘n hopie wil sit en net tjank (by gebrek aan ‘n beter beskrywende woord). Want ek het gevoel ek moet sterk wees. Kan nie swakheid wys nie. Om te huil was vir my ‘n teken van swakheid.
Maar jy sien, met tyd, het ek ook geleer dat trane en huil God se meganisme is waarmee Hy ons elkeen geskep het, om ons harte skoon te maak. Letterlik skoon te huil. Hoekom voel mens beter na jy gehuil het? Ek is seker as jy die wetenskap agter dit gaan google sal daar weer een of ander hormoon wees wat afgeskei word na mens gehuil het.
Ek het dit nie gaan google nie so ek raai nou maar hier…maar nie te min – ek voel ALTYD beter na ek gehuil het. Die skrif van The joy always comes in the morning kom by my op. Dis hoe ek voel na ek gehuil het. Natuurlik is die oggende beter na so huil-sessie. Dik oë en al. Al sukkel ek om grimering op te sit want my oë is so puffy.
Vir seker so twee weke tevore hoor ek gereeld op Spotify die liedjie van King & Country – Relate. Die woorde wat my ore vang is “I don’t know what it is like to be you, you don’t know what it’s like to be me…”
Ek kyk dadelik die liedjie se naam, wil nie die awesome liedjie mis nie. Ek speel hom weer. Ek luister hom weer. Drink die woorde in. Luister hom weer, speel hom vir my man. Wow. Dis vir my so mooi. Hoe die kunstenaar eintlik wat ek probeer sê het nou in ander woorde gesit het.
Dan besef ek, DIS waaroor dit gaan. Ons moet probeer VERSTAAN waardeur ander mense gaan (iets wat al lank reeds op my hart lê en wat ek regtig probeer toepas). Al is dit nie wat ons besluit vir onsself nie, moet ons hul harte sien en verstaan. Stadig om te oordeel en te praat, vinnig om te verstaan. Is daar nie so ‘n skrif nie? Prediker of Spreuke iewers?Ek weet nie, maar ek gaan vir seker soek!
I don’t know what it’s like to be you,you don’t know what it is like to be me. But by the Grace of God we’ll see each other’s heart. Can you, can you relate?
“Rainbow nation”. Die woorde trippel, huppel en speel omtrent rond vir ‘n dag of 2 al…..Dis mos hoe ons van Suid-Afrika praat. As die “rainbow nation”.
Ek dink so bietjie na oor dit en my gedagtes gaan terug na die belofte in die bybel aan Noag toe God die reënboog gestuur het…..dit laat my regtig dink of ons in Suid-Afrika nie ‘n spesiale verbond en belofte met die Here het nie….die dat ons die “rainbow nation” heet.
Ek weet natuurlik gaan dit oor al die kulture maar ek voel tog daar is so bietjie meriete in die woord “rainbow” en God se beloftes van die bybel….
Na die afgelope week se onluste en plundering wat geisoleerd plaasgevind het in SA, was ons geskok dat mense so iets kan doen sonder om te blik of te bloos.
Dan kom die volgende onsekerheid – die sekuriteit oor kos. Gaan ons nog kos kan kry? Oral oor hoor ons van mense wat weer “panic buy” soos laas jaar net voor die “hard lockdown” begin het.
Ons kry videos van mense wat in KZN vir kilometers in rye staan om kos te koop. Hoor hul word beperk op 20 items.
Ek dink by myself, het ek al ooit net 20 items gekoop? Hoe kies jy watter 20 goed jy nodig het as daar 100 goed in jou huis klaar is?
Vir een maaltyd gebruik mens seker 20 goed. Water, rys, sout, vleis, groente, slaai (wat uit hoeveel ookal bestanddele bestaan – seker 5 of 10 afhangend van WAT alles ingaan….dalk nog ‘n sousie of ‘n spesery….dalk nog ‘n sappie daarby….
Vir ‘n vlietende oomblik Donderdag wil-wil paniek my oorrompel soos ‘n golf jou voete onder jou uitslaan op die strand.
Ek huil alleen in die badkamer. Probeer kalm bly terwille van die kinders. Gaan huil vir ‘n oomblik op my man se skouer. Vertel hom hoe ek uit “freak”.
Hoe ek voel in my Gees die Here maak my kalm en sê vir my ek moet nie ook saam “panic buy” nie. Ek sou in elkgeval nie kon nie want vir dit het jy geld en plek in jou vrieskas nodig. Iets wat ek nie oormaat van het nie.
Ons vrieskas se spasie is voldoende om vleis en brood en ander bevrore items te stoor vir ‘n maand of so, afhangend van wat ons alles koop en wat ons alles eet. Maar ek het nie plek om 6 maande se voorraad te gaan koop nie. Want ek neem aan dis wat mense doen as hul “panic buy”.
Ek wou die Donderdag ry om goed te kry wat klaar is maar besluit ek gaan dit los. Net nou oorval en oorrompel die paniek my en koop ek onnodige goed waarvoor daar nie plek of geld is nie….
Ek begin kalmer voel. Probeer fokus op werk. Dis moeilik. Want ons “home school” alweer. Net nou die dag sê ek NOOIT weer nie en kyk, hier is ons nou. Die keer los ek my kinders. Hulle moet self-studie doen. Graad 1 en graad 6 moet hulself leer. As hul iets nie verstaan nie kom vra hulle en as ons nie tyd het om te help nie moet dit maar gelos word tot hul terug gaan sodat juffrou kan opvang en verduidelik.
Baie mense wonder seker HOE KAN JY JOU KINDERS LOS MET SKOOLWERK? Die antwoord is interessant. Want, 1 kwartaal se vol “homeschooling”, klas gee, goed verduidelik het sy tol begin eis op ons werk.
Vir my voel dit of die wiele afval. Admin raak agter. Goed word ingedien maar nie gefaktureer nie. Dis nou ‘n gemors. Want hoe moet ons eet en goed betaal as die mense vir wie ons die werk doen nie weet HOEVEEL hulle jou moet betaal vir die diens wat jy gelewer het nie. En nuwe goed kom in, want die lewe gaan aan wat sperdatums en indienings by owerhede aanbetref….?♀️
Elkgeval, dit daar gelaat. Dis nie die punt wat ek wil maak nie en dwaal alweer van die punt af.
Na die week se onluste het ek soveel “feel good” oomblikke op FB beleef. Video’s wat gedeel word. Mense wat God eer en sing in winkels, parkeerarea’s van hospitale.
Gemeenskappe wat saam werk om die winkels te beskerm. Verskillende rasse staan saam, veg wat reg is.
Ek maak ‘n aanmerking op my persoonlike blad oor afbrekekende kommentaar oor SA en dat mense nie moet fokus op die negatiewe nie maar eerder op die positiewe moet fokus. Oud Suid-Afrikaners wat hul verligting hardop uiter oor die feit dat hulle uit SA is en dat DIT die rede was hoekom hul opgepak het.
Ek kry “attitude” van mense wat jare gelede besluit het om hulself te ontwortel uit SA uit en in ander plekke gaan bly. Hulle voel “offended” na my kommentaar glad nie gemik was op hulle nie en ook nie oor hul wat immigreer het nie, maar eerder oor die negatiwiteit wat gespreek word oor SA.
Kyk dis elke ou se keuse om te doen wat hul voel reg is vir hul gesinne. Daaroor kan ek nie oordeel nie want ons neem self besluite wat ander mense laat frons. En dis glad nie waaroor dit gaan nie.
Laat ek dalk so van ‘n ander hoek af verduidelik….voor daar nog misverstande is.
Watter verskil is daar tussen twee mense? Die een breek fisies goed af, steel, en so meer. Die ander een spreek dood met sy tong. So hy of sy breek geestelik goed af.
Ek dink nie daar is ‘n verskil nie. Omdat ons nie die geestelike kan sien soos die fisiese nie, voel dit vir ons “ok” om negatief te praat oor ons land.
Om negatief te wees oor alles wat aan die gang is. Om aanmerkings te maak van “Dis mos nou tipies”.
Niemand van ons is gelukkig met dit wat gebeur het nie MAAR ons kies om te fokus op God. Negatiwiteit kom van die duiwel af. Vrees kom van die duiwel af. Enige iets wat afbreek kom van die duiwel af.
God voorsien altyd. Ja, slegte goed gebeur met goeie mense en ons verstaan nie altyd hoekom nie. Ek dink ook nie ons moet probeer verstaan nie. Net op God vertrou.
God is alles wat goed en mooi is al is dit chaos om ons. Al woed die vuur. Dink aan Daniël en sy vriende en wat hulle alles moes deurmaak. Binne in alles was God daar en het Hy hulle beskerm.
Ek is trots om te sê ek is ‘n Suid-Afrikaner. Deel van die “rainbow nation”. Ek was nog meer trots en dankbaar toe ek sien hoe verskillende rasse saam staan en dit ‘n geveg tussen goed en sleg word. Nie tussen enige iets anders nie. Ek sê steeds, wees stil want God veg die geveg vir jou.
Dan hoor ek ‘n liedjie “Smile” deur Sidewalk Prophets. Ek kies altyd “joy”. Dit lyk nie altyd so nie en soms is mens so bietjie negatief. Maar dan kom die “joy” weer….jy moet dit net kry en toelaat om in jou lewe te werk…..
“There’s always a reason to always choose joy” dans nou in my gedagtes en ek kan nie help om saam te neurie en sing nie…..
Rot-resies….nee dit klink net nie dieselfde in Afrikaans nie. Doodgewone “Rat Race” klink beter. Meer beskrywend sou ek sê.
Die woorde maal al vir lank in my kop rond. Die gejaag na niks. Vir wat? Hoekom? Alles is ‘n gejaag.
Terwyl ek in my hamster wielietjie hardloop, vinnig oppad na nêrens, kyk ek om my. Sien ander mense in hul wielietjies ook vinnig oppad na nêrens. Nie “going no where slowly” nie.
Met die eerste oogopslag lyk die ander mense om jou se wiele beter as joune. Jy verbeel jou dat hy nie ‘n “squeeck” of “tjirrrr” geluid maak nie. Dit lyk vir jou ook of hul wiele nie vashaak nie. Hulle modelle lyk of dit “aircon” in het en eerste klas remme. Dit lyk of hulle met gemak kan stop sonder om hul voortande uit te val of “whip lash” te kry van te vinnig stop.
Maar die realiteit is, ons almal is eintlik op dieselfde plek in ons lewe. Niemand se wiele het “aircon” of “ABS” nie. Niemand kan die spoed stadiger maak sonder om iets prys te gee nie. Almal sin raas….hierdie “tjirr-tjirr-tjirr” heeltyd terwyl jy hardloop.
Dit raas. Dit raak te veel. Dit hou nie op nie. Dit hou net aan. En behoede jou as jy durf ‘n “water break” neem. O nee liewe land jy mag nie! Jy kan nie weg gaan om te rus of batterye te herlaai nie! Jy moet dan teen Maandagoggend 8 uur al gereageer het op die kliënt se epos wat die vorige Vrydagmiddag 4 uur ingekom het.
Wat is fout met jou? Hoekom kan jy dit nie doen nie? Ons is op verlof maar dan sit en werk ons. Hoekom? Mis uit op behoorlike tyd saam ons kinders. Teen die tyd wat dit aand is, is ons alweer moeg. Te moeg om tyd saam met hulle te spandeer. Leeg want jou eie tenkie is dolleeg.
Jy skraap met die grootste skraper (soos wanneer jy ‘n koek beslag uitskraap) binne in jou tenk en niks. Nie ‘n tritsel iets om te gee nie. Niks. Nothing. Nada. Finito. Gonners. Weg. Jy gesels met mense. Vra vir hulle of dink hulle dis omdat ons ouer word of is dit omdat tye verander?
Niemand het regtig ‘n antwoord nie.
Ek persoonlik dink dis ons wat meer wysheid het. Besef dat die lewe verby jou gaan en dat Salomo se woorde baie meer waarheid het as wat ons besef. Gejaag na wind. Hy was mos die slimste man op aarde. Niemand voor of na hom sal so slim wees soos hy nie.
Ek wonder hoe oud was hy toe hy Spreuke en Prediker geskryf het?
Vandag stuur iemand vir my ‘n Tik Tok video van Jeremy Camp se een liedjie. Vir my is dit nuut. You tube getuig dat dit al ‘n jaar terug opgelaai is.
Keep me in the moment.
Ek luister die woorde. Kyk die You tube video. Identifiseer met die man wat vir sy pakkie papiere kyk wat met “paper clips” vas is en vol is van “post it notes” met rooi pen gemerk “Due Monday”. Wat nagte deur werk net om voor te kom.
Ja ou, ek verstaan. Alles is “due Monday”. En nie “next Monday” nie. Meer soos “last Monday” gister, in die verlede. “Overdue”.
Ek besef ek is nie die enigste een nie. Miskien is dit die wysheid wat begin inskop? Die moeg word van gejaag na niks.
Ek gaan soek die liedjie op Spotify, merk hom as ‘n gunsteling.
Ek wil hom oor en oor luister. Indrink, nee in week in my gees in. Dat die woorde uit sal drup soos wanneer ‘n spons in water was en jy tel dit op.
Versadig van die woorde. Versadig van God se gees wat vir jou ander planne en ‘n ander uitweg gee.
Iets wat volhoubaar is. Nie die huidige gejaag nie…..die marathon na die eindstreep toe.
Wat dit is weet ek nie. Verandering weet ek is oppad. Hoe weet ek nog minder. Al wat ek weet is “wanneer”.
“Hoe weet jy wanneer?” Vra jy dalk. “Op God se tyd.” Is my antwoord.
“Because God is always terribly on time.”
My gebed is dat dit gou is. Terwyl ons mekaar nog kan geniet as gesin en tyd saam spandeer.
Ek weet die Here antwoord gebede. Altyd op Sy manier en tyd.
Ek weet ook dat Hy my desperaatheid sien en hoor.
Ek hoop nie Hy het al oorpluisies ingesit nie. Om my nie meer te hoor nie want ek is ‘n “Nag bag”…..
Gelukkig ken ek MY God. Hy is nie so nie. Hy is net besig om die laaste voorbereiding te doen sodat alles perfek in plek sal “val” en moeiteloos sal gebeur…..
Oral op Facebook sien ek goed wat mense “post” oor dat dit “ok” is om nie “ok” te wees nie en dat jy nie moet wag vir iets om te gebeur voor jy gelukkig is nie.
Dit laat my weer dink dat alle mense uitdagings het in hul lewens. Sommige dra hul maskers en maak of als “ok” is en kyk jou snaaks aan as jy iets laat val oor hoe jy voel en behoede jou as dit enige kykie in jou eie lewe gee vir ander mense en as dit enigsins lyk of jy ‘n uitdaging beleef met iets.
Ek wonder maar net. “Why is it frowned upon?” Wonder ek in Engels want dit klink net beter in Engels jy weet?
Hoekom laat mense jou sleg voel as jy enigsins deel oor hoe jy voel? Dat jy soms in situasies sukkel met angs? Of dat jy nie van jou werk hou nie? Of dat jy stoei met karakters in situasies wat jou op ‘n sekere manier laat voel oor iets? Hoekom skinder mense oor ander wat sukkel met ‘n uitdaging?
Ek kan dit al hoor….”Het jy gehoor Sannie sukkel met angs EN sy hou nie van haar werk nie? Foei tog, die arme mens. Dink jy sy is ok? Wat dink jy veroorsaak dit? Dink jy sy gebruik ‘n ietsie om haar te help?” En so gaan die storie en bespreking aan….pleks dat mense vir jou bid en ondersteun….
Maar dit laat my dink…. Toe hoor ek nou die dag die liedjie van Matthew West “Do something”. My oor vang die woorde en ek luister aandagtig.
Met so ‘n lekker melodie is dit moeilik om nie saam te sing nie. Ek maak ‘n “screen shot” of SKERMGREEP (dis blykbaar die Afrikaanse woord) van die liedjie en dink ek wil iets hieroor sê op my “blog”.
Ek wag geduldig vir die woorde om in my kop te begin maal en vorm aan te neem. Ek wag om te hoor wat die Here wil hê ek moet sê.
Dan kom dit en borrel uit. Ek besef net al hoe meer (het dit geweet toe ek dit gestig het) dat die “blog” wat ek byhou ‘n bediening is wat besig is om te ontwikkel tot iets wat die Here wil gebruik om mense te help. Want, Hy kies stukkende mense om die stukkende mense in ‘n stukkende wêreld te help.
Hoe dan anders? Hoe kan jy empatie en begrip hê as jy nie self deur so iets gegaan het nie?
Nou as jy die woorde van die liedjie gaan luister sal jy besef dat ons elkeen ‘n verantwoordelikheid het om ‘n verskil en verandering te maak.
Dis wat die Here van ons verwag. Soms moet jy nie net BID vir iets om beter te word nie, jy moet iets DOEN ook. Jy moet nie wag vir die ou langs jou om iets te doen nie. Want hy gaan weer vir die ou langs hom wag en hy vir die een langs hom en so gaan dit aan dat dit opeindig dat NIEMAND iets DOEN nie.
Die doel van my “blog” is om ander wat deur soortgelyke situasies gaan te help, motiveer, stig. Te wys dat ons almal mense is. Ons almal uitdagings het. Is ek perfek? Glad nie! Kry ek altyd alles reg die eerste keer? “Nope!” Nie altyd nie! Dis nie ‘n “pity party” blog nie. Niemand hoef blikkies wurms aan te dra om saam te eet en te huil nie.
Die naam van my “blog” kan eintlik enige iets wees. Uit die pen van ‘n vrou of ma of mens of watter naam jy ookal kan dink.
Dit maak nie saak nie. Wat saak maak is dat die inhoud altyd van so ‘n aard sal wees dat God verheerlik sal word en dat mense sal kan sien dat ek Hom dien en Sy antwoorde soek in my lewe en situasies waarin ek myself bevind.
Ek weet sommer dat die “blog” al klaar besig is om ander mense te help. Al is dit dat hulle kan voel hulle is nie alleen nie. Daar is nie fout met hulle as hulle voel soos hulle voel nie.
Die doel is verder nie om roem of glorie vir myself te skep of te maak nie. Alles wat ek is kom van Hom af wat my gemaak het. Alle eer sal ALTYD na God toe gaan. Dit is lekker en gerusstellend om te hoor dat mense my skryfwerk geniet. Dit help my weer om te weet ek is op die regte pad. Ek doen wat die Here van my verwag. Ek is nie besig om nonsies te tik wat uit myself kom nie.
Alles wat ek tik kom van Hom af. Hy ken dan elke gedagte van my nog voor dit hardop geuiter was.
Ek hoor weer die melodie van die liedjie en begin weer in my kop saam sing….”If not us then whooooo, if not me and you….”
Soos hy sing in die liedjie – ek staan op en ek DOEN iets….nie niks nie…..
Ek hoop ook almal wat die posts lees gaan You Tube die liedjies waaroor ek skryf. Soms lyk die woorde vreemd maar as jy dit saam met die musiek HOOR dan kry dit die lewe wat die Here se Gees in dit blaas…..
Donker blou amper swart golwe woed om my kop. Dit voel of dit my wil verswelg en oorrompel. Die golwe het name – meeste van hulle is verandering in wetgewing, ander is sperdatums, ander is werk, kliënte, vertroue in jou eie vermoë, doen jy te veel werk wat onnodig is, is daar genoeg geld om alles te betaal, hoekom voel dit of jy net werk en werk en net nie voor kom nie, en so gaan die lysie aan en aan.
Oorweldig en angstig is hoe ek voel meeste van die tyd. Kan nie fokus op dit wat belangrik is nie want ek swem en stoei teen die golwe net om kop bo water te hou.
Probeer oorleef. Probeer “cope”. Ek het ‘n “tube” om my lyf wat veronderstel is om my te help en bo te hou. Maar hy is pap. Help nie veel nie. Ek probeer hom opblaas. Dit help maar maak my net nog meer moeg en uitasem.
Ek kyk om my rond om te sien of ek iemand sien. Ek sien my kind hier langs my. Hy kort hulp. Ek kan dan nie eens myself behoorlik help nie. Ek kom tot by hom en trek hom nader, hou hom vas. Probeer lug in sy “tube” blaas. Ek fokus eers op hom. Probeer hom help.
Maar eintlik voel dit of ek niks help nie. Dit voel of ek dit erger maak. Sy golwe wat ander name as myne het (hy is 12 so verandering in wetgewing wil hom nie oorrompel en oorweldig nie maar graad 6 wil wel) wil hom verswelg en ek weet nie hoe om hom te help nie. Hy is anders ge”wire” as ek. Dieselfde in sommige opsigte maar anders.
Die gestoei deur die golwe elke dag maak jou moeg. Maar jy kan nie elke aand behoorlik lekker slaap om uitgerus te voel nie. Dit voel soos “knit one slip one” met my en slaap en om uitgerus te voel. Ek het ongeveer 2 aande per week wat ek regtig lekker slaap en soms is een van die twee aande ook nie so “great” nie.
Ek weet my kind slaap sleg. Ek weet dit beinvloed sy konsentrasie vermoë. Maar ek kan nie iets meer vir hom doen nie. Ek kan nie by hom in sy bed lê nie want dan slaap ek sleg. En as ek sleg slaap dan is dit omtrent chaos. Want als is dan nog meer as een te veel vir my. Ek word knorrig en huilerig en nog meer oorweldig as wat ek reeds voel.
Ek hoor die woorde van die liedjie “Anxious” die ander dag van Sarah Reeves. Ek luister mooi, speel dit weer. Die vrou beskryf die angs so mooi. Dis so waar.
Ek is lankal oor die leuens van die duiwel MAAR dit wat die angs skep is dit wat vir ons voorsien, kos op die tafel sit. Ek stoei hiermee want dis wat ek MOET doen is dit nie? Is dit nie hoekom die Here my in hierdie plek gesit het nie? Om ‘n verskil te maak nie? Om dinge REG te doen nie? Al beteken dit dat daar snedige aanmerkings my kant toe gegooi gaan word van ons wat dinge op ‘n sekere manier doen wat volgens ander te “veel” is vir besighede (al bars besighede uit hul nate uit en vereis sekere goed i.t.v. wetgewing wat jy MOET doen).
Al moet ek gifpyle aanvaar van mense wat ons fooie bevraagteken, weg stap van ons af en nie betaal nie, nie meer ons oproepe en eposse antwoord as ons bel vir uitstaande geld nie, sarkastiese kommentaar verduur oor hoe ons somme nie sin maak nie of dat ons maar iets moet kom haal in ruil vir uitstaande geld. So gaan die lysie aan en aan en aan.
In die proses probeer ek myself help maar ek sien my kind sukkel. Ek kan nie myself en my kind help op dieselfde tyd nie. Ek voel ek moet iets los sodat ek meer deernis kan hê om my kind te kan beter verstaan en help. Nie heeltyd te raas en baklei nie. Maar ek weet nie hoe nie. Ek kan nie net weg stap van my daaglikse take nie – ek het verantwoordelikhede teenoor personneel, kliënte, onsself vir oorlewing. As ek my kind los is ek ‘n slegte ma.
Al hierdie heen en weer op en af tussen wat ek kan doen om die situasie beter te maak is dreinerend. Ek bly moeg. Sukkel om te fokus. Werk, maar nie effektief nie, voel dit. Die werk word net elke dag meer. Dan wil die een owerheid dit verifieër en dit moet so ingedien word.
Dan verander daardie owerheid hierdie ding wat so ingedien moet word.
Dan besluit iemand, mense, iewers (ek weet nie waar nie) om net NOG ‘n wet in te bring. Want mense is skelm. Nou is daar net NOG ‘n “manual” wat ek een of ander tyd moet doen en weer van gaan vergeet om op datum te hou soos goed verander. Net NOG ‘n “compliance” ding.
Liewe hemel tussen al die wetgewing waaraan mens moet voldoen is daar maar bitter min tyd om die werk te doen wat eintlik die rekeninge betaal.
Ek weet steeds nie watter kant toe nie. Ek weet net ek MOET my oë op Jesus gefokus hou. Hierdie ding waarin ek is sal verby gaan. Of sal dit? “This too shall pass” is iets wat ek gereeld vir myself sê van jongs af.
Maar dit begin voel ek jok vir myself. Want net soos wat die een ding verby is kom die volgende ding. As ons net deur Januarie is moet ons net deur Februarie kom en so gaan dit aan en aan. Ek bevraagteken gereeld wat die doel van alles is. Is alles die moeite wêrd?
Ek het nie die antwoorde nie. Ek bid dat die Here my sal kalm maak sodat ek die res van my gesin kan help sodat ons almal minder angs daagliks ervaar. Die lewe is gejaagd en ons doen nie eers verskriklike aktiwiteite nie…dis net skool en gimnastiek en tussen in (tydelik) lees klas. Maar dit voel wild. Dit voel of ons in Jhb bly en elke dag Pretoria toe moet ry vir als.
Ek voel ‘n rustigheid oor my spoel. O wow die Here is net so getrou. Hy maak my kalm en rustig al is die golwe soos Tsunami’s om my. Hy fluister in my gees dat Hy in beheer is. Ek kan ophou blaas aan die “tube” wat veronderstel is om my bo te hou. Ek moet ophou luister vir die geraas. Die geraas is in die minderheid want daar is so baie kliënte wat wel tevrede is en waardering het. Soveel keer goed, wat later uitgekom het dat dit wel reg gedoen was, al voel dit soos te veel of te wat ookal op die tydstip wat dit gedoen word.
Ek luister weer na die liedjie. Kyk die musiek video. Op die einde stap sy uit die donker uit in die lig in.
Ek weet dis wat ek moet doen. Ek kry dit soms reg. Soms kom ek uit die golwe van angs uit. Ander kere, soos nou, vat dit so bietjie langer.
Maar ons sal daar deur kom. Die Here sal wys wat ons moet doen. Hy sal leiding gee vir ons om ons kind te help. Hy sal my golwe stil maak. Hy sal alles hanteer. Dis nie nodig vir iets drasties nie. Ek moet net nou my kinders geniet. Die seisoen in my lewe moet ek geniet. Die tyd gaan vinnig. Ons is al klaar weer amper halfpad deur Junie en 2021.
Anxious Song by Sarah Reeves
Throw the covers over my head Finding comfort in my own bed Staring at a screen light Looking at the highlights, everybody’s good life Reminding me of what I don’t have Second guessing who I really am Maybe I should give up, Will I ever measure up, I don’t think I’m good enough Pressure building, body shaking I can’t take it, I can’t take it Feel the tension, pushing pulling I can’t fight it, I can’t fight it I don’t wanna live my life like this Anxious I gotta lot of good in me to give But I’m anxious So many things I know I miss Cause I’m anxious I wish I could shake this I don’t wanna be anxious Devil’s running around my mind Why do I let myself believe the lies It’s like I’m his playground, Push me in the background, and I shut the world out Pressure building, body shaking I can’t take it, I can’t take it Feel the tension, pushing pulling I can’t fight it, I can’t fight it I don’t wanna live my life like this Anxious I gotta lot of good in me to give But I’m anxious So many things I know I miss Cause I’m anxious I wish I could shake this I don’t wanna be anxious Oh oh oh This is my confession Oh oh oh I’m coming out of hiding Oh oh oh Oh, this is my confession Oh oh oh I’m coming out of hiding Can’t keep living like this, living like this Oh oh oh I’m coming out, I’m coming out Oh oh oh Oh, this is my confession Oh oh oh I’m coming out of hiding Cause I don’t wanna live my life like this Anxious I gotta lot of good in me to give But I’m anxious So many things I know I miss Cause I’m anxious I wish I could shake this I don’t wanna be anxious
Olifante. Vandag het ek ‘n gesprek met iemand op Whatsapp en ek vertel hoe groepe te besig raak met mense wat “selfies” opsit van hul ontbyt en wie weet wat nog alles….ek lewer kommentaar oor hoe ek skool goed mis as dit net op whatsapp gestuur word en as ek nie herinner word nie want daar is so baie aan die gang op enige gegewe tydstip….
Sy reageer deur te sê sy wonder hoe sy party dae al haar olifante geëet kry. Olifante.
Dit laat my terug dink toe ek net klaar was met skool, al 1 jaar gewerk het en met klerkskap begin het. Ongeveer 21 jaar terug. Wow dit klink VERSKRIKLIK om te dink ek doen al wat ek doen vir 21 jaar! ???
Mense wat al vir 21 jaar doen wat hulle doen is mos OUD of hoe????
Terug by my storie – ek was redelik moedeloos met al die leer werk wat ek moes doen. My oudste suster, by wie ek so baie tyd spandeer het en gaan studeer het en oorgebly het en selfs in Pretoria gaan eksamen skryf het omdat ek besluit het dat dit die lekkerste lekker gaan wees om vir 3 weke by haar en haar man af te pak. Ai daar dwaal ek alweer….so my oudste suster het my moedeloosheid gesien en gehoor. Sy kyk my so en sê vir my “Hoe eet jy ‘n olifant?”
Ek kyk haar weer met ‘n vreemde uitdrukking op my gesig aan, want ek praat van Ekonomie en Rekeningkunde en sy praat van OLIFANTE. Wat het ek gemis???
Sy antwoord eenvoudig net “Stukkie vir stukkie”. Die uitdrukking bly op my gesig. Ek wonder wat sy gedink het.
Sy sien ek verstaan nie. Sy verduidelik. “Jy begin iewers, enige plek, en werk dit van ‘n kant af deur.”
Die gloeilampie gaan aan. As ek op daardie oomblik in ‘n strokiesprent was sou jy hom sien gloei op my kop…. Sedertien is dit hoe ek my lewe aanpak. Stukkie vir stukkie. Pak groot projekte aan en begin op ‘n punt en werk hom deur tot ek klaar is.
Maar soos wat ek ouer word en die werklading van ons beroep meer word, voel dit of my olifante eksponensieël (is dit reg gespel??? Ek twyfel nou in my spelvermoë ?♀️) vermeerder soos wat elke maand vorder.
Ek begin met een massiewe olifant op die eerste van die maand. Moerawiese GROOT ore (nie om beter mee te kan hoor soos die wolf in Rooikappie nie). Met net SULKE LAAAAAANG tande (soos wat kinders goed vir jou beskryf en beduie).
Hy trap spore wat lyk soos “potholes” waarin water opgaar as dit reën en as jy met jou kar oor dit ry terwyl hy vol water is verloor jy beheer…..
Nou ja. Op die eerste van die maand staan ek en die olifant en staar vir mekaar. Amper soos die oogknip speletjie. Wie eerste oë knip verloor.
Ek knip altyd eerste my oë voel dit want dit voel of ek heeltyd verloor teen die olifant.
So ek pak die spreekwoordelike olifant aan. Begin op ‘n punt. Maar as ek weer sien is daar nog 10 olifante. Dan word dit 100 dan 1,000 en so gaan dit aan en aan. Gelukkig drink ek nie want dan sou hulle seker pienk geword het en rondom my begin dans het soos in Dumbo….
Net soos wat ek moedeloos raak met al die olifante in my lewe, gryp die Here in. Hy gee my nuwe krag, laat afsprake skuif, omstandighede verander en so kan ek deur die lysie gaan van die guns wat ek beleef in my werk.
Ek weet ook dat ek op die punt is om my olifante te kies en nie dat hulle almal MY heeltyd kies nie.
Mens HOEF nie elke olifant wat oor jou pad kom stukkie vir stukkie weg te werk nie. Soms moet mens “Nee” sê. Soms moet jy beter beplan en nie ander olifante voor die een waarmee jy besig is indruk nie.
Die resultaat is altyd dosyne half ge-ete (hier twyfel ek ALWEER oor die spelling) olifante. En glo my halwe olifante raak MOEILIKE olifante.
Hulle raak taaier by die dag tot dit op die punt kom dat jy nie meer LUS is vir die halwe olifant voor jou nie. Dan skuif jy hom opsy en pak ‘n nuwe olifant aan. En so herhaal die slegte gewoontes hulself. Oor en oor. My halwe olifante sleep ek al van Lockdown af saam. Voor dan het ek nogal redelik my olifante hanteer en afgehandel. En toe kom 2020. Toe moes ek 7 (ja SEWE) rolle tuis vertolk…van skoonmaker tot juffrou tot besigheidsvrou en alles en nog wat tussen in…..
Dan kom die skuldgevoel weer…en dan is daar die ewige stryd tussen skuld en genade. Oor en oor elke dag. Ek het nooit my beste gegee nie, nie hard genoeg gewerk nie….so gaan die beskuldigings aan.
My gedagtes dwaal weer na ‘n liedjie wat ek gehoor het van Matthew West. Ek lees weer die woorde en dink by myself dat dit tog beskryf hoe ek voel en my situasie waarin ek myself bevind. Ek is seker die sanger se situasie waarin hy die liedjie geskryf het verskil soos dag en nag van myne.
Maar op die ou einde van die dag is en bly als wat ons het net God se genade.
Genade wen altyd – jy moet dit net toelaat….
Grace Wins Song by Matthew West
In my weakest moment I see you Shaking your head in disgrace I can read the disapointment Written all over your face Here come those wispers in my ear Saying who do you think you are Looks like you are on your own from here Because grace can never reach that far But in the shadow of the shame Beat down by all the blame I hear you call my name Saying its not over But my heart starts to beat so loud Now drowning out the doubt I’m down but i’m not out Theres a war between guilt and grace And there fighting for a sacred space But I’m living proof Grace wins every time No more lying down in deaths defeat Now I’m rising up in victory Singing Hallelujah Grace Wins every time Words can’t describe the way it feels When mercy floods a thirsty soul A broken side begins to heal And grace returns what guilt has stole But in the shadow of the shame Beat down by all the blame I hear you call my name Saying its not over But my heart starts to beat so loud Now drowning out the doubt I’m down but I’m not out Theres a war between guilt and grace And there fighting for a sacred space But I’m living proof Grace wins every time No more lying down in deaths defeat Now I’m rising up in victory Singing Hallelujah Grace Wins every time For the Prodical son Grace Wins For the Woman at the well Grace Wins For the blind men and the begger Grace Wins For always and forever Grace Wins For the lost out on the street Grace Wins For the worst part of you and me Grace Wins For the thief on the cross Grace Wins For the world that is lost Theres a war between guilt and grace And there fighting for a sacred space But I’m living proof Grace wins every time No more lying down in deaths defeat Now I’m rising up in victory Singing Hallelujah Grace Wins every time Every time Yah I’m living proof Grace wins every time
Herfs pronk al vir ‘n ruk met haar kleure maar ek was te besig om die verandering van seisoen op te merk aan die bome se blare….
Die kaggel brand al vroeg die seisoen, warm klere word aangetrek, praatjies oor die koue oggende vind plaas maar ek was blind vir wat besig was om te gebeur met die natuur.
Vandag is die eerste keer in ‘n lang tyd dat ek as passasier gery het uit ons area uit. Ek verkyk my altyd aan wat buite gebeur, hoe goed lyk, blare verkleur, grassies uitspruit – alles wat ek sien hang af van die seisoen en area waar ons ry.
Toe ons terug kom vanmiddag, seker so een of twee kilometer van ons huis af (ek kan nie so lekker akkuraat skat nie want ek is ‘n vrou wat nie regtig afstand kan skat nie), op die grondpad oor die berg hier by ons, kyk ek links uit en ek sien rye en rye en rye bome met goudgeel blare.
Toe my oog dit vang is dit asof die Heilige Gees vir my wys dat Herfs net gou wil kom “afshow”. Voor die winter die boksgeveg kom wen en al die blare afskud. Voor dit leeg en kaal is.
Ek was nooit een vir winter of herfs nie. Ek hou nie van koud kry nie. Tot ons die kaggel gekry het. Dit was seker die lekkerste dag in my lewe! Vir die eerste keer in my lewe kan ek LEEF in my huis sonder om te voel of my tone wil afval van die koue. Sonder om te voel die bed is die beste plek.
Maar die jaar is Herfs vir my anders. So asof ek meer waardering het vir die seisoene waardeur mens heeltyd beweeg – nie net die fisiese seisoene nie. Ek sit in my kantoor by die huis en kyk uit op die boom net buite ons huis.
Sy blare is al amper alles af. Gereeld sê my man vir my hoe hy die natuurskoon bewonder. “Kyk hoe mooi is dit” beduie hy na die vallende blare buite.
Ek kyk en ek sien. Ek neem in. Ek begin dieselfde waardering voel vir die vallende blare. Dit is “tranquil”. Veral as die lewe druk en as die sperdatums lê en loer vir ‘n mens. Reg om op jou te spring soos wanneer ‘n kat op iets “pounce”.
Gewoonlik irriteer dit my – die blare wat geval het en als laat onnetjies lyk. Maar nie die jaar nie. As ons tuinman nie die blare ophark nie pla dit nie….dis asof my gees besef dat dit is hoe dit moet wees. Dis deel van die seisoen….
Al die mooi van die somer lê nou in goudgeel en brons kleur blare op die grond.
Ek dink deesdae so baie aan hoe vinnig die tyd verby gaan. Ek redeneer dit met myself en enige persoon wat lus is vir so ‘n gesprek.
Ek gesels in die week met iemand (wat ek van geen kant af ken nie) en vra hoekom gaan die tyd so vinnig? Ek probeer uitwerk of dit is omdat ek ouer word of is dit net hoe dit is?
Die oom sê vir my dat hy sien dit so: As mens 21 is, gaan die lewe redelik stadig. Dan bereik jy 21 en jy is op die hoogtepunt van jou lewe. Daarna is dit afdraande (hy beduie met sy hand soos wanneer jy op een van die Gold Reef City pretritte is en net vinnig afwaarts beweeg in ‘n karretjie waaroor jy nie beheer het nie).
Hy verduidelik verder dat jy ouer word en stadiger word. Goed vat jou langer om te doen as toe jy jonger was. Ek redeneer met hom oor die ouer en stadiger word. Ek het dit ook al gevoel en oor gewonder. Maar soos wat mens ouer word, verander die wêreld waarin jy werk en jou brood en botter verdien. Amper soos die boom wat sy blare verloor.
Ek vertel vir hom hoe, 17 jaar gelede, toe ek die besigheid begin het, ons nie al die admin gehad het wat ons nou het nie.
Ons albei glimlag, kyk vir mekaar en besef ons het eintlik nie die antwoord op my vraag nie.
Maar die naweek dink ek weer, redeneer ek weer.
Probeer hardop met my man praat oor die druk wat ek voel maar weet nie of hy dit verstaan wat ek probeer sê nie. Hy is ‘n man en ervaar die lewe anders.
Almal pak net hulle stukkie admin op jou soos wanneer jy ‘n pakesel laai om na die volgende dorp te beweeg. Die esel is nog sterk genoeg om die gewone lading te dra. Maar dan kom die professionele instansies waaraan jy behoort en stel vereistes van opleiding wat jy moet doen.
Dan kom die regering se instansies en vir elke liewe fasset van ‘n besigheid skep hulle meer admin…vra meer vrae…Hoekom? Vra jy dalk. Omdat mense owerhede bedrieg. Dis my antwoord.
Ek verstaan 100% waar alles vandaan kom maar iewers moet dit stop. “Something’s gotta give”.
Bo op dit alles is daar nog ander mense wat dinge nie reg doen nie en vir kliënte wolhaar stories vertel. Jou soos ‘n skurk laat voel omdat jy “meer” doen as wat die wet vereis, baie “duur” is met jou fooie (ek weet steeds nie hoe ander mense vir min geld baie rompslomp werk gedoen kry nie). Jou laat twyfel, jou net gou weer die maatskappy wet laat lees om seker te maak jy het nie “te veel” vir iemand gedoen nie.
En bo op dit alles is jy ‘n vrou en ‘n mamma. ‘n Mamma van twee pragtige kinders wat al die liefde en geduld in die wêreld verdien van jou af maar wat dit nie kry nie.
‘n Vrou vir een van die geduldigste mense wat ek ken, iemand wat ander die heeltyd voor homself stel en altyd goed ten koste van homself doen. Iemand wat ‘n “cheerleader” nodig het om hom te ondersteun wanneer hy moeg begin word. Wat nie sy “cheers” van my af kry nie.
Ek besef net al hoe meer dat die ding wat besig is om mee te gee vir my is die twee belangrikste rolle wat ek moet vul en waarvoor ek op aarde geplaas is.
Ek wil dit nie hê nie. Ek skop daarteen. Ek stoei voort. Die Heilige Gees kom gee my gerustheid en wys dat net soos wat die seisoen vir my kom “afshow” vandag, kom wys sy is hier, hoe alles verander het, so gaan Hy ons seisoen kom laat draai.
Nie in ‘n koue aaklige winter seisoen nie, maar ‘n mooi seisoen. Een wat ons nog nie gesien of geken het nie. Een wat beter is as dit wat ons geken het.
In die tussen tyd gaan die tyd hardloop tot ons by die seisoen kom waar ons moet wees.
Dan gaan die tyd stadiger gaan sodat ons die nuwe seisoen kan geniet en kan doen vir die doel waarvoor ons op aarde geplaas is!
Ek sit nog so ‘n rukkie en dink daaroor. Ek wonder steeds maar dit maak sin….ons is oppad na ons volgende seisoen toe. Hoe lank of kort dit gaan neem hang seker ook af hoe gou ons tot die besef kom dat ons moet aanbeweeg….of doen dit?
Kort na die inskrywing speel “Haven’t seen it yet”. Ek luister na die woorde van die liedjie wat ek al so baie gehoor het en besluit om die inskrywing op te dateer om die woorde deur te gee….hier is my antwoord….ek het dit net nog nie gesien nie…..
Haven’t Seen It Yet Song by Danny Gokey
Have you been praying and you still have no answers? Have you been pouring out your heart for so many years? Have you been hoping that things would have changed by now? Have you cried all the faith you have through so many tears? Don’t forget the things that He has done before And remember He can do it all once more It’s like the brightest sunrise Waiting on the other side of the darkest night Don’t ever lose hope, hold on and believe Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet You’re closer than you think you are Only moments from the break of dawn All His promises are just up ahead Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet Maybe you just haven’t seen it He had the solution before you had the problem He sees the best in you when you feel at your worst So in the questioning don’t ever doubt His love for you ‘Cause it’s only in His love that you’ll find a breakthrough, oh It’s like the brightest sunrise Waiting on the other side of the darkest night Don’t ever lose hope, hold on and believe Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet You’re closer than you think you are Only moments from the break of dawn All His promises are just up ahead Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet Maybe you just haven’t seen it He is moving with a love so deep Hallelujah for the victory Good things are coming even when we can’t see We can’t see it yet, but we believe that He is moving with a love so deep Hallelujah for the victory Good things are coming even when we can’t see We can’t see it yet, but we believe that It’s like the brightest sunrise Waiting on the other side of the darkest night Don’t ever lose hope, hold on and believe (Don’t ever lose hope) Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet (Just haven’t seen it yet) You’re closer than you think you are (Think you are) Only moments from the break of dawn All His promises are just up ahead Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet (You gotta hold on, hold on) Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet (Hold on) Maybe you just haven’t seen it, just haven’t seen it yet (Just haven’t seen it yet)
Vrees….dis nou vir jou ‘n karakter. Hy is soos die outydse “jail birds”. Jy weet die boewe met die wit en swart gestreepte klere met so snaakse klein hoedjie op.
Die een wat ‘n voor-aansig en sy-aansig foto het met ‘n kriminele nommer. Die man op die plakkaat wat sê “Wanted – Dead or Alive”. Die man met die “ball & chain” om sy enkels wat keer dat hy nie kan wegkom nie.
Hy is in ‘n tronk en probeer alles in sy mag om jou SAAM met hom in die tronk te kry en te hou.
Jy sien hy JOK vir jou. Om te jok is mos ‘n oortreding van die gebooie in die Bybel.
So hy jok en vertel vir jou allerhande leuens net om jou te vang om langs hom in ‘n tronksel gevange gehou te word. Dis yskoud daar binne en jy is in afsondering.
Niemand hoor of verstaan dit wat jy voel nie.
Die leuens is enige iets van dat jy nie goed genoeg is nie, te veel foute maak, nie mooi genoeg is nie, nie maer genoeg nie, te duur met jou fooie, en so gaan die lysie aan en aan en aan….
Jy sien hy het vir jou hierdie skaduwee van ‘n gedrog gewys. Een met net sulke laaaang tande, ‘n massiewe mond. Amper soos ‘n krokodil.
Hy skets hierdie donker prentjie vir jou wat soos ‘n slagyster ‘n beklemming om jou hart sit, amper soos die waarmee bere gejag word. Die met die skerp tande en stewige staal struktuur wat nie oopgemaak kan word nie. Sodra hy toegeklap het kan jy alles doen jy kry hom nie oop nie.
Vir ‘n tyd lank glo jy hom. Jy sit in die sel gevangene langs hom. Jy wonder hoe ander mense dit kan doen om vrylik rond te beweeg. WEET NIEMAND VAN DIE GEDROG NIE? Die een met die lang tande wat rond sluip reg om jou te verslind sodra jy iets verkeerd doen…. Hoe WEET niemand hiervan nie? Regtig?
So gaan daar jare verby wat jy alleen in jou donker koue sel vasgevang is.
Maar iewers langs die pad ontmoet jy die Waarheid. Die Een wat die Weg is. Hy vertel vir jou dat vrees net leuens is van die duiwel.
Hy begin jou vertroue wen, want sien nog ‘n leuen wat vrees vertel het is dat jy niemand kan vertrou nie. Jy is veiliger binne as buite die tronk.
Jy begin Jesus beter leer ken, Hy wys vir jou soveel goed. Is geduldig, liefdevol. Skielik begin jy nog meer as ooit smag om uit die tronk te ontsnap. Die tronk wat maak dat jy alles in jou lewe mis.
Skielik eendag word jy wakker en KEN jy die waarheid. Skielik sien jy wat regtig die gedrog met die lang tande is. Dis ‘n piepklein rubber krokodil wat voor ‘n lig staan en projekteer teen die muur, baie groter as wat hy werklik is.
Die “ball & chain” is skielik weg wanneer jy afkyk. In verbasing kyk jy op en besef die tronk se tralies was toe al die tyd nie daar nie. Skielik is jy uit die tronk.
Dit laat my dink aan die liedjie “Fear is a liar” en ek grinnik by myself en met ‘n lied in my hart dans ek weg van die tronk waarin vrees my gevangene wou hou….
Fear Is a Liar Song by Zach Williams
When he told you you’re not good enough When he told you you’re not right When he told you you’re not strong enough To put up a good fight When he told you you’re not worthy When he told you you’re not loved When he told you you’re not beautiful You’ll never be enough Fear, he is a liar He will take your breath Stop you in your steps Fear, he is a liar He will rob your rest Steal your happiness Cast your fear in the fire ‘Cause fear, he is a liar When he told you were troubled You’ll forever be alone When he told you you should run away You’ll never find a home When he told you you were dirty And you should be ashamed When he told you you could be the one That grace could never change Oh, fear, he is a liar He will take your breath Stop you in your steps Fear, he is a liar He will rob your rest Steal your happiness Cast your fear in the fire ‘Cause fear, he is a liar Let your fire fall and cast out all my fears Let your fire fall, your love is all I feel Let your fire fall and cast out all my fears Let your fire fall, your love is all I feel Let your fire fall and cast out all my fears Let your fire fall, your love is all I feel Oh, let your fire fall and cast out all my fears Let your fire fall, your love is all I feel Oh, fear, he is a liar He will take your breath Stop you in your steps Fear, he is a liar He will rob your rest Steal your happiness Cast your fear in the fire ‘Cause fear, he is a liar ‘Cause fear, he is a liar
Weet jy hoeveel keer het ek al vir die Here gevra om iets te verander? Omstandighede, mense, lewe oor die algemeen.
Die antwoord is BAIE!
Het Hy dit elke keer gedoen? Nee beslis nie. Dan wonder ek baie keer oor HOEKOM voel dit of die Here nie my gebede HOOR nie? Hoekom verander Hy nie iets nie? Of laat dinge net so bietjie anders gebeur nie.
Daardie antwoord het ek nie.
Maar ek dink ek het my antwoord gekry met die liedjie “Different” deur Micah Tyler. En ons almal weet wie het die liedjie gestuur vir my om te hoor ?
Ek besluit gisteraand om die musiek video op You Tube te kyk en luister.
Aan die begin van die video praat die sanger. Verduidelik waar die liedjie vandaan kom. Hoe moeilik sy omstandighede was en hoe hy gebid het vir deurbrake maar dat die deurbrake nie altyd gekom het nie.
Toe snap ek dit. Die Here wil hê ons moet verander, anders word en wees. Hy gaan nie noodwendig iets verander nie. Want, ek glo, Hy probeer jou bring tot daar waar jy moet wees.
Dink gou daaroor – as alles om jou verander om jou te pas, word jy beter of slegter? Kom jy op die plek waar jy moet wees? Nee jy doen nie!
Sou ek hierdie blog begin het as alles en nog wat nie met my gebeur het nie? Vir seker nie want ek sou steeds die skaam, onseker jong meisie gewees het wat ek was 20 jaar gelede.
Die Here is regtig besig om “boldness” te kweek by my. Hoekom weet ek nie, maar ek weet ek moet uithou en aanhou.
Die lewe ook probeer geniet in die proses (wat sommige dae makliker is as ander en hoekom kan ek nie vir jou sê nie).
So my gebed gaan wees dat die Here MY sal verander sodat ek ANDERS kan wees vir Hom en Sy werke. Eers as ek daar is kan Hy my gebruik vir die doel wat ek op aarde is.
Dit voel of Hy vir my glimlag en Sy kop skud in aanvaarding, so asof Hy wil sê “Nou verstaan jy My kind! Well done! Werk nog daaraan. Jy is nog nie DAAR nie maar jy is nader as wat jy gister was.”
“True that!” Ek is nader aan waar ek moet wees as gister. Ek weet meer as gister.
Different Song by Micah Tyler
I don’t wanna hear anymore Teach me to listen I don’t wanna see anymore Give me a vision That You could move this heart To be set apart I don’t need to recognize The man in the mirror And I don’t wanna trade Your plan For something familiar I can’t waste a day I can’t stay the same I wanna be different I wanna be changed ‘Til all of me is gone And all that remains Is a fire so bright The whole world can see That there’s something different So come and be different In me And I don’t wanna spend my life Stuck in a pattern And I don’t wanna gain this world But lose what matters And so I’m giving up Everything because I wanna be different I wanna be changed ‘Til all of me is gone And all that remains Is a fire so bright The whole world can see That there’s something different So come and be different Ooh I know, that I am far from perfect (Oh-oh-oh-oh-oh-oh-oh) But through You the cross still says I’m worth it (Oh-oh-oh-oh-oh-oh-oh) So take this beating in my heart and Come and finish what You started When they see me, let them see You ‘Cause I just wanna be different, yeah I wanna be different I wanna be changed ‘Til all of me is gone And all that remains Ohh, is a fire so bright The whole world can see That there’s something different So come and be different I just wanna be different So could You be different In me
“Going through the Motions”. Dis hoe dit soms voel. Jy gaan net deur die “motions” elke dag, staan op, maak koffie, broodjies vir skool, maak kinders wakker, maak reg vir skool, vleg hare, jaag aan, maak reg vir werk, werk, doen rekonsiliasies, finansiële state, indienings by instansies, hanteer krisisse, doen admin vir die besigheid, stuur state en fakture, hoop en bid almal betaal als en vir al die ure wat jy ingesit het om HULLE krisisse af te weer, opleiding, ry kinders rond (want ek wil), oefen, maak kos, kry almal in die bed, slaap.
En môre begin als weer van voor af. Dag in dag uit, week in, week uit. Dan begin ek weer te vra wat is ons doel op aarde en hoekom voel ek of ek net deur die “motions” gaan?
Honderde hoekom vrae gaan deur my kop. Soos altyd het ek nie antwoorde nie. Dan besef ek ook iewers in al hierdie “motions” is ek weer besig om die hede te mis en dis nie omdat ek in die verlede leef nie. Nee, die verlede is gedane sake en kan nie verander word nie. Maar nou is dit asof dit weer ander kant toe gaan – mens begin leef vir “eendag” wat ‘n onbepaalde dag in die toekoms is. Ek sê gereeld vir my bediende, ook bekend as “my sister from another mister” want ek sien haar as ‘n vriendin of ‘n sussie, “One day Dora, one day”. Dan sug-lag sy saam en herhaal, “Yes, one day”.
En so kap mens aan vir eendag. Eendag se eendag. In die proses mis jy vandag…..
Vanoggend vroeg word ek wakker en hoor die liedjie “The motions” speel. Van die woorde vang my ore. Ek luister nog erg deur die slaap daarna en maak ‘n “screen shot” van die liedjie wat deur my foon speel net sodat ek kan onthou en weer sy woorde kan gaan lees en luister. Dankie tog ek het die “screen shot” gemaak want later toe ek lekker wakker is kon ek glad nie onthou wat die naam van die liedjie was of wie dit gesing het nie ?
Toe ek net nou die woorde lees voel ek so dit is die antwoord op my vrae. Mens IS NIE veronderstel om net deur die “motions” te gaan nie. Ek IS NIE die enigste mens wat so voel nie, hier is hierdie man wat dit dan verwoord het en in ‘n liedjie omskep het.
Die antwoorde op al my vrae is maar eintlik so eenvoudig die heeltyd. Dit alles kom terug na Jesus toe. So maklik soos dit. Hy is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand gaan na die Vader toe behalwe deur Hom nie. Dit staan net so in die bybel, ok paar woorde dalk hier en daar op ander plekke, maar dis hoe ek die versie onthou. Ek probeer nou glad nie die bybel oorskryf of vertaal nie….
The Motions Song by Matthew West
This might hurt, it’s not safe But I know that I’ve gotta make a change I don’t care if I break At least I’ll be feeling something ‘Cause just okay is not enough Help me fight through the nothingness of life I don’t wanna go through the motions I don’t wanna go one more day Without Your all consuming passion inside of me I don’t wanna spend my whole life asking What if I had given everything Instead of going through the motions? No regrets, not this time I’m gonna let my heart defeat my mind Let Your love make me whole I think I’m finally feeling something ‘Cause just okay is not enough Help me fight through the nothingness of this life ‘Cause I don’t wanna go through the motions I don’t wanna go one more day Without your all consuming passion inside of me I don’t wanna spend my whole life asking What if I had given everything Instead of going through the motions? Take me all the way (Take me all the way) Take me all the way (‘Cause I don’t wanna go through the motions) Take me all the way (Lord, I’m finally feeling something real) Take me all the way I don’t wanna go through the motions I don’t wanna go one more day Without Your all consuming passion inside of me I don’t wanna spend my whole life asking What if I had given everything Instead of going through the motions? I don’t wanna go through the motions I don’t wanna go one more day Without Your all consuming passion inside of me I don’t wanna spend my whole life asking What if I had given everything Instead of going through the motions? Take me all the way (Take me all the way) Take me all the way (I don’t wanna go, I don’t wanna go) Take me all the way (Through the motions) Take me all the way I don’t wanna go through the motions
Ou tannie-ek-weet-alles ook bekend as Kritiek. Sy is Mev. Spyt-Verwyt aka Hindsight se ma. Haar neus is so lank soos die langste vlagpaal wat jy ooit in jou lewe gesien het x 10 soos geen mens se neus wat jy al gesien het nie (en met goeie rede want sy is nie ‘n mens nie).
Sy dra haar yl hare in ‘n stywe bolla op haar kop en haar brille laat haar oë groter lyk as wat dit werklik is.
As jy haar sien, voel dit vir jou of sy deur ‘n mikroskoop na jou kyk, so groot laat die brille haar oë lyk. Coke bottel bodems x 10 vir brille – nog iets soos wat geen mens op aarde gedra het nie. Want sy is nie ‘n mens nie onthou….
Sy MOET die verskriklike brille dra, want, sien sy moet elke spikkel van elke mens en iemand om haar se iets sien en INSPEKTEER en KRITISEER.
Sy lyk ouer as wat sy werklik is. Haar CV wat sy gereeld onder jou neus indruk en voorlees sonder dat jy regtig dit WIL hoor, getuig dat sy dubbel die hoeveelheid jare wat sy al bestaan se ervaring van alles en nog wat het. Sy WEET net ALLES. Vra haar enige iets en SY weet. Alles gaan altyd oor haar en hoe sy alles weet.
Ek het al gewonder hoe so iets moontlik is. So baie ervaring in goed wat jy geen kennis eintlik van het nie. In my eerste gedagte dink ek sy eet baie Bar-One sjokolades. Jy weet vir daardie 25 uur dae. Kyk ek het al Bar-Ones geëet dat dit by my ore uitkom maar my dae het steeds net 24 uur in plus al die suiker maak my moeg en dik so teoreties is dit nie meer 24 uur nie maar minder. Ek skud my kop, “Nee” dink ek by myself, “dis nie dit nie”.
Dan dwaal my gedagtes na ‘n Tik-Tok video wat ek ander dag gesien het. Hierdie dame sit vir ‘n onderhoud. Op haar CV staan sy het 30 jaar ervaring. Die persoon wat die onderhoud voer kyk in ongeloof na die persoon voor haar want sy is so jonk!
“How old are you?” Vra sy “20” kom die antwoord. Nog meer verbaas kyk sy en herhaal “Twenty?” “Yes 20” kom die antwoord terug. “So how did you get your 30 years experience?” “Overtime”
Kyk ek het gelê soos ek lag toe ek die video sien. Skreeu snaaks.
Ek besluit toe dis hoe Kritiek alles van alles weet. Sy eet nie Bar-Ones nie, nee, sy werk “overtime”. Dis al hoe jy alles weet van skool, onderrig, politiek, “you name it she knows it” jy weet?
Nou weet jy wat doen Kritiek? Sy laat jou sleg voel oor jouself. Fluister gereeld in jou oor vir jou dat jou beste eintlik maar net nie goed genoeg was nie.
Jy sien sy reël “Boot camps” om Kritiek te “boost” en mense nog meer krities te maak oor goed. As dit nie “Boot camps” is nie, is dit tee partytjies.
Hoe meer tyd jy in haar teenwoordigheid spandeer, hoe meer krities raak jy. Dis amper soos hierdie onsigbare aansteeklike siekte.
Voor jy jou kom kry lyk jy soos sy. Oud voor jou tyd met coke bodem dikker as dik lense voor jou oë want, o goeie genade, die ietsie wat iemand doen op ‘n manier anders as wat jy dit sou doen MAG nie gemis word NIE.
Jy werk nou oortyd want jy het skielik hierdie ervaring op allerhande spesialis areas wat die spesialiste en professionele mense (wat tog asb. net nie hul hardverdiende professionele fooie voor mag vra nie want dis net verregaande en belaglik) wat vir jare studeer het en nog meer jare se ervaring het op daardie gebied, eintlik maar net nie het nie.
Jy dink by jouself, ai siestog, hulle dink hulle weet maar eintlik weet hulle niks. Wonder by jouself of hulle nie maar iewers verkla kan word vir alles wat hulle verkeerd doen nie.
Dan word jy skielik wakker en besef iewers het jy iets geword wat jy nooit was nie.
Dis asof kritiek se “Mantra” (is mos dit? Die ding wat hulle so “chant” want dis waaroor iets gaan?) in jou ore dreun. JOU BESTE IS NET NIE GOED GENOEG NIE. JOU ERVARING TEL NIKS. JOU OPLEIDING HELP JOU NIE VEEL NIE.
Iewers in die proses lê jy met jou gesig in die grond en Kritiek staan bo op jou en trap jou vas met haar dun “stilletto” hakke op jou gesig dat jy net grond proe en nie kan beweeg nie.
Sy het jou net waar sy jou wil hê. Nêrens om te gaan nie. Sodra jy teen haar gaan deurboor sy jou wang amper met haar skoen.
Lê gaan jy lê terwyl sy jou sleg sê dat die see jou nie kan skoon was nie. Tot sy jou gebreinspoel het om met dieselfde oë te kyk na ander soos wat sy na ander kyk. Dan dink ek weer aan die liedjie wat ek vanoggend gehoor het.
Up again.
Die woorde maal deur my kop en ek besluit basta met dit. Hierdie Kritiek gaan my nie vaspen nie. Ek weier! Die Here SAL my help dat ek met Jesus liefde na almal kyk, hoe moeilik dit ookal vir my as mens is.
Met God is ALLES moontlik! Altyd! Selfs om Kritiek af te skud, op te staan en aan te beweeg.
Up Again Song by Dan Bremnes
The other day I was thinking to myself Made a list of all my mistakes Oh I wish I could’ve run to you And tell you about my heartbreak And I wondered to myself, wait a minute Am I even on the right path now Had a couple wins but I got knocked down But I know if you were still around You would say Ohhh, sometimes you lose, sometimes you win Ohhh, you gotta get up, up again Ohhh, keep holding on, it’s not the end Ohhh. you gotta get up, up again Get up, up again You can get up, up again You can get up, up again And I guess not every little thing Works out just the way you dream You can take a couple wrong turns Still end up where you’re supposed to be Even though in a moment I know everything can change Your perfect plans might fall apart But the simple truth remains Ohhh, sometimes you lose, sometimes you win Ohhh, you gotta get up, up again Ohhh, keep holding on, it’s not the end Ohhh. you gotta get up, up again Get up, up again You can get up, up again You can get up, up again Cause you only got one life And you don’t know when it ends You’ve only got one heart So get out there and live Yeah you’ve only got one life Don’t let it get away Everyone falls down But you can get up, up again Get up, up again You you can get up, up again You can get up, up again Get up, up again And I guess not every little thing Works out just the way you dream You can take a couple wrong turns Still end up where you’re supposed to be
Vanoggend terwyl ek reg maak vir die dag, is dit asof die Here in my gees laat val van ‘n nuwe seisoen wat naby is. Dit val in soos wanneer jy ‘n munt in ‘n spaarbussie gooi…..
Ek stop vir ‘n oomblik en dink “Regtig? Het ek nou net regtig dit gedink en ervaar?”
Die gedagte oorweldig my en voel onmoontlik….hoe lank “naby” is die weet ek nie want ons tyd is nie God se tyd nie. Ek glo nie dit sal môre wees nie, nie so naby nie….
Wat die nuwe seisoen behels die weet ek ook nie….en ek dink dis beter dat ek nie weet nie en dit vat soos dit kom anders “over think” ek WEER alles soos altyd (tong in die kies gesê).
Ek weet net, dat sodra iets jou oorweldig of onmoontlik voel, dan kan dit nie anders as om van die Here af te wees nie.
Dit staan nie verniet in die Bybel dat niks by God onmoontlik is nie.
Soos wat ek ry in die kar vandag speel “Broken Things” van Matthew West oor die USB stokkie met my Praise & Worship musiek op.
My oor vang die woorde en ek luister aandagtig. Ek glimlag by myself want die woorde in die liedjie sluit aan by ‘n “post” van my van gister oor die skrif wat sê hy wat laaste is sal eerste wees en eerste sal laaste wees…..
So draai my gedagtes al in die rondte en ek wonder of dit my bevestiging is?
Ek luister verder na die woorde….ek besef al hoe meer dat dit van toepassing is op my. Die Here gebruik stukkende mense om Sy werk te doen sodat Hy verheerlik kan word in die proses…..
“Wow” dink ek by myself. “Die Here wat ALLES gemaak het wil MY gebruik. Wat ‘n wonderlike voorreg!”
Ek is opgewonde en weet Hy is in beheer van ALLES! Ek gaan vir seker nie enige iets probeer ryp druk nie en weet alles sal gebeur soos dit moet en wanneer dit moet…..
Broken Things Song by Matthew West
If grace was a kingdom I’d stopped at the gate Thinkin’ I don’t deserve to pass through After all of the mistakes that I’ve made Oh but I heard a whisper As heaven bent down Said child, don’t you know that the first will be last And the last get a crown Now I’m just a beggar in the presence of a King I wish I could bring so much more But if it’s true You use broken things Then here I am Lord, I am all Yours Oh-oh-oh-oh-oh-oh-oh Oh-oh-oh-oh-oh-oh The pages of history They tell me it’s true That it’s never the perfect It’s always the ones with the scars that You use It’s the rebels and the prodigals It’s the humble and the weak All the misfit heroes You chose Tell me there’s hope for sinners like me Now I’m just a beggar in the presence of a King I wish I could bring so much more But if it’s true You use broken things Then here I am Lord, I am all Yours Oh-oh-oh-oh-oh-oh-oh Oh-oh-oh-oh-oh-oh Oh-oh-oh-oh-oh-oh-oh Oh-oh-oh-oh-oh-oh Grace is a kingdom With gates open wide There’s seat at the table just waiting for you So, come on inside
Ek grinnik by myself as ek dink aan die Korporaal aka Skuldgevoel. Dis so tipies hoe dit is en hoe dit voel. Ek besef ook gister dat die Here vir my die woorde begin gee waarna ek so lank al soek. So baie keer het ek iets probeer verduidelik maar sodra ek enige iets hardop sê het dit net nie sin gemaak nie.
Ek weet nou ook dat ek altyd dit in my eie mag en krag probeer doen het en daarom dat dit nie sin gemaak het nie.
Die oomblik toe die Here in beheer is toe maak dit sin. Is dit nie wonderlik hoe alles in die lewe eintlik so werk nie? As ons dit self probeer doen faal ons maar as Hy in beheer is dan floreer ons…
Ek dink verder by myself en besef dat die Here eintlik so ‘n awesome manier gegee het om sekere emosies te beskryf as menslike karakters.
Want is dit nie maar wat met ons gees mens gebeur nie? Daardie “mense” oftewel emosies het so ‘n impak op wie ons is en hoe ons voel….
Ek weet Hy gaan nog ‘n paar karakters vir my gee om te beskryf. Ek kan nie goed genoeg teken om die prentjie in my kop oor te sit visueel nie maar Hy het vir seker vir my die skryf talent gegee om dit in woorde te kan omsit.
Met ‘n dankbare hart pak ek die dag wat voorlê aan. Dankbaar dat ek Sy kind is en dat Hy my gebruik as instrument hier op aarde.
Ek weet ook dat elke “post” wat ek op my “blog” maak by presies die regte mense uitkom, die wie nodig het om dit te hoor en vir wie die Here iets wil sê….
My gedagtes dwaal na die liedjie van Hillsong – New Wine…..mag ons elkeen nuwe wyn word vir die Here en die “vessel” word wat Hy gebruik vir Sy koningkryk….
New Wine Song by Hillsong Worship
In the crushing In the pressing You are making new wine In the soil I now surrender You are breaking new ground So I yield to You into Your careful hand When I trust You I don’t need to understand Make me Your vessel Make me an offering Make me whatever You want me to be I came here with nothing But all You have given me Jesus bring new wine out of me In the crushing In the pressing You are making new wine In the soil I now surrender You are breaking new ground You are breaking new ground So, make me Your vessel Make me an offering Make me whatever You want me to be I came here with nothing But all You have given me Jesus, bring new wine out of me Jesus, bring new wine out of me Jesus, bring new wine out of me ‘Cause where there is new wine There is new power There is new freedom And the Kingdom is here I lay down my old flames To carry Your new fire today ‘Cause where there is new wine There is new power There is new freedom And the Kingdom is here I lay down my old flames To carry Your new fire today So, make me Your vessel Make me an offering Make me whatever You want me to be God, I came here with nothing But all You have given me Jesus, bring new wine out of me Jesus, bring new wine out of me Jesus, bring new wine out of me Make me Your vessel Make me an offering Make me whatever You want me to be I came here with nothing But all You have given me Jesus, bring new wine out of me Sing that again, like me Make me Your vessel Make me an offering Make me whatever You want me to be God, I came here with nothing But all You have given me Jesus, bring new wine out of me Jesus, bring new wine out of me Oh, Jesus, bring new wine out of me, oh Jesus Jesus, bring new wine out of me (it means we’re getting back on the altar) We’re saying we surrender everything, Lord Bring new wine out of me, Jesus Jesus, bring new wine (keep going) out of me (Jesus) Jesus, bring new wine out of me Jesus, bring new wine out of me ‘Cause where there is new wine There is new power There is new freedom And the Kingdom is here I lay down my old flames To carry Your new fire today Where there is new wine ‘Cause where there is new wine There is new power There is new freedom And the Kingdom is here I lay down my old flames To carry Your new fire today So, I say make me Your vessel Make me an offering Make me whatever You want me to be I came here with nothing But all You have given me Jesus, bring new wine out of me, Jesus Jesus, bring new wine out of me Jesus, bring new wine out of me
Welcome to my blog and online store. All A4 and A5 notebooks as well as mousepads marked down by 15%. Visit the online store on this webpage today to view products available. Dismiss
Manage Cookie Consent
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs on this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
Functional
Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes.The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.