Posted on Leave a comment

Skinder

Juffrou Het-Jy-Gehoor Skinder….sy is ‘n oujong nooi….sy het geen verantwoordelikhede nie en het niks om te doen en haarself besig te hou nie.

Wat sy wel doen om haar dae om te kry, is om storietjies van ander mense oor te vertel vir enige iemand wat ‘n oomblik het om te luister.

Sy lyk ouer as wat sy is en sy vertel vir jou dat sy glad nie rook nie. Sy is ‘n geleentheidsroker en rook NET wanneer sy ‘n skinderstorie oorvertel….wat die heeltyd is so eintlik is sy ‘n kettingroker maar wil dit nie erken nie.

Soms vang jy haar waar sy oor die draadheining hang en met haar buurvrou gesels, met haar japon aan, ‘n “curler” in haar kuif en sigaret in haar hand.

Ander kere is sy netjies aangetrek, jy kan haar deur ‘n ring trek…hakskoene aan, grimering gedoen en sigaret in die hand…..

Sy begin altyd met “Het jy gehoor…..” en dan volg die res van haar storie, gewoonlik negatief en afbrekend (glad nie opbouend nie).

Wanneer sy ‘n skinderstorie oorvertel, gee sy ‘n dramatiese stilte tussen in, trek haar oë amper op skrefies soos wat sy die sigaret trek en die kooltjie vooraan bloedrooi word soos wat sy die rook inasem. Dan vertel sy die hoogte punt van die storie.

Die rook dampe hang om haar, ook so snaakse reuk en groen kleur….dis nie van die sigaret se rook nie. Nee, die dampe om haar kom uit haar woorde uit wat hang in die lug. Jy sien haar woorde wat sy uiter is meer toksies as die sigaret wat sy rook.

Haar stories is gewoonlik halwe feite, hoor-sê derde-handse inligting wat sy by iemand gehoor het wat iemand ken waaroor die storie gaan.

Jy sien haar stories is gewoonlik halwe waarhede wat eintlik maar net leuens is. Sy verlustig haar in ander se smart, swaarkry en vertel met smaak gewoonlik dit oor….sit so ietsie by net om die storie “op te spice”.

Ek hou haar op ‘n afstand dop.

Ek staan lankal nie meer in haar geselskap nie want die rook wat uit haar woorde kom bedwelm jou en trek jou in haar web van leuens en stories in.

Voor jy jou kan kry praat jy saam, kan jy nie wag om die volgende negatiewe storie oor te vertel nie…

Ek kan haar genadiglik vroegtydig identifiseer en myself betyds keer voor ek saam praat….voor my woorde ook toksies word en reuke en groen rook in die lug agterna laat…..

Posted on Leave a comment

Afguns en Jaloesie

Meneer Afguns Jaloesie Ek-gun-niemand-iets. As jy hom die eerste keer sien dan vang jou oog iets wat nie reg lyk nie maar jy kan nie jou vinger op dit plaas nie.

Jy kyk weer, nog ‘n derde keer. Daar is dit! Sy vel het so ligte groen ondertoon. Hy lyk amper soos iets uit ‘n “horror movie” se kleur – jy weet dit wat jou laat wonder lewe die ou of is hy dood want sy KLEUR lyk nie soos iets wat by een van die twee opsies hoort nie.

Wanneer hy praat, kom daar groen dampe uit sy mond uit wat saam met sy woorde uit kom en in die lug hang. Dit stink en ruik soos vrot eier.

Hy is nou nie vir jou die tipiese “ray of sunshine” nie. Hy praat afbrekend van enige iemand wat iets het wat hy nie het nie en graag wil hê.

As jy het wat hy wil hê, dan raak hy amper obsessief met dit wat jy het en begin jou “stalk” as jy iets het wat hy nie het nie en graag wil hê. Dit is AL waaroor sy gesprekke gaan.
As jy lank genoeg tyd in sy teenwoordigheid spandeer bedwelm die vrot eier asem reuk van sy woorde jou.


Jy kan self nie meer reguit en logies dink nie. Hy maak jou “hooked” op die volgende materialistiese ding. Saam begin julle te praat en te obsesseer oor hierdie DING wat julle NODIG het (wat glad nie nodig is nie en jy al so lank sonder geleef het so watter verskil gaan dit maak of jy dit vandag kry of nie).

Hy begin in jou oor fluister en sê jy MOET dit VANDAG nog kry anders is jou lewe leeg, doelloos.

Eendag kyk jy in die spieël en jy skrik. Jy sien iets is af maar kan nie jou vinger op dit plaas nie. Jy kyk ‘n tweede en selfs ‘n derde keer weer. Dan SIEN jy dit. Jou vel begin ‘n groen ondertoon wys.

Kyk geen grimering van enige “expert” en “guru” sal hierdie amper doodskleur van groen kan wegsteek nie. Dis oral…jy sluk hard as jy tot die besef kom van wat besig is om te gebeur.

‘n Rukkie later het jy ‘n gesprek met iemand en dan ruik jy dit. Jy wonder eers wat het waar doodgegaan want dit vrot!! Dan besef jy dat dit JY is wat so stink.

“Ag nee siesa man! Dis gagga!! Hoekom wil ek so ruik?” vra jy. Jy begin redeneer oor die ding wat jou lewe wil-wil oorneem. Debateer of dit REGTIG nodig is. Of jy REGTIG die geld het vir dit.

Hoe meer jy daaroor redeneer hoe meer van ‘n hol kol voel jy op jou maag. Jy begin naar voel. Besef dat die DING waaroor jy obsesseer nie nodig is nie.

Dan kom jy agter wat eintlik besig is om te gebeur, want die Heilige Gees het Sy soet geur om jou uitgeblaas. Sodat jy nie die vrot eier reuk meer kan ruik nie.

Dit wat besig is om te gebeur is dat hierdie ou, Meneer Afguns Jaloesie Ek-gun-niemand-iets-nie EINTLIK ‘n baie GROTER probleem het as wat jy besef.

Jy sien hy het ‘n hol kolletjie wat hy probeer vul. Hy is ook naar van die hol kolletjie wat net nie vol wil kom nie. Hy probeer alles en vir etlike oomblikke na hy iets gekry het waaroor hy geobsesseer het of na hy iets leliks gesê het van iemand, is die hol kol weg. Voel hy tevrede.

Maar dis nie lank nie, dan is die hol kol terug en nog erger as voorheen.

Jy sit oorkant die Heilige Gees by ‘n tafel terwyl Hy alles vir jou verduidelik. Jy luister aandagtig. Dit sink in. Dit maak sin.
“Wat kan ek doen?” Is jou vraag aan Hom. “Wat vat hierdie hol kol weg?”


Sy antwoord is eenvoudig. “Jesus. Die lewende water. Wie die lewende water drink sal nooit weer dors kry nie. So staan dit in die Bybel.”

Jy dink ‘n oomblik na en besef Hy is reg. Jy kyk Hom weer in die oë en Hy wys na die glas water voor jou.

“Drink” kom die opdrag “dan sal jou dors geles word, jou hol kol sal weg gaan.”

Jy tel die glas op, merk hoe lekker dit lyk. Jy vat ‘n sluk. Magties dis HEERLIK!! Jy vat nog ‘n sluk en nog ‘n sluk. Wow. Die hol kol begin weg gaan. Dit werk!!

Jy sit die glas neer. Kyk en kyk weer – iets is nie reg nie. Hy is dan nog vol? Na jy drie slukke geneem het? GROOT slukke.
Die Heilige Gees sien die onsekerheid van wat nou gebeur het. “Moet nie bekommer nie”, kom die gerusstelling. “Die glas sal altyd vol bly want dit kom uit die put van Lewende water wat nooit opdroog nie.”

Jy kyk op en knik. Dis waar. Sodra jy leeg voel en voel of die hol kol in jou lewe jou wil “consume” kan jy net weer ‘n slukkie lewende water uit God se woord vat. Iets kry wat jou bemoedig, stig, ophou en vol maak.

Weg is Meneer Afguns Jaloesie Ek-gun-niemand-iets-nie. Sy reuk is lankal vergete en al wat jy ruik is die soet aangename geur van die Heilige Gees en al wat jy proe is die nasmaak van die glas water….

Net na ek Meneer Afguns Jaloesie Ek-Gun-Niemand-Iets-nie se karakter begin beskryf besef ek dat hy eintlik gekompliseerd is. So ineen gestrengel met ander karakters….sodra ek nog ‘n fasset van sy karakter geidentifiseer het sal ek vir seker dit hier sit.Die stamboom en hoe almal mekaar ken kom ook nog….?

Posted on Leave a comment

Vrees

Vrees….dis nou vir jou ‘n karakter. Hy is soos die outydse “jail birds”. Jy weet die boewe met die wit en swart gestreepte klere met so snaakse klein hoedjie op.

Die een wat ‘n voor-aansig en sy-aansig foto het met ‘n kriminele nommer. Die man op die plakkaat wat sê “Wanted – Dead or Alive”. Die man met die “ball & chain” om sy enkels wat keer dat hy nie kan wegkom nie.

Hy is in ‘n tronk en probeer alles in sy mag om jou SAAM met hom in die tronk te kry en te hou.

Jy sien hy JOK vir jou. Om te jok is mos ‘n oortreding van die gebooie in die Bybel.

So hy jok en vertel vir jou allerhande leuens net om jou te vang om langs hom in ‘n tronksel gevange gehou te word. Dis yskoud daar binne en jy is in afsondering.

Niemand hoor of verstaan dit wat jy voel nie.

Die leuens is enige iets van dat jy nie goed genoeg is nie, te veel foute maak, nie mooi genoeg is nie, nie maer genoeg nie, te duur met jou fooie, en so gaan die lysie aan en aan en aan….

Jy sien hy het vir jou hierdie skaduwee van ‘n gedrog gewys. Een met net sulke laaaang tande, ‘n massiewe mond. Amper soos ‘n krokodil.

Hy skets hierdie donker prentjie vir jou wat soos ‘n slagyster ‘n beklemming om jou hart sit, amper soos die waarmee bere gejag word. Die met die skerp tande en stewige staal struktuur wat nie oopgemaak kan word nie. Sodra hy toegeklap het kan jy alles doen jy kry hom nie oop nie.

Vir ‘n tyd lank glo jy hom. Jy sit in die sel gevangene langs hom. Jy wonder hoe ander mense dit kan doen om vrylik rond te beweeg. WEET NIEMAND VAN DIE GEDROG NIE? Die een met die lang tande wat rond sluip reg om jou te verslind sodra jy iets verkeerd doen….
Hoe WEET niemand hiervan nie? Regtig?

So gaan daar jare verby wat jy alleen in jou donker koue sel vasgevang is.

Maar iewers langs die pad ontmoet jy die Waarheid. Die Een wat die Weg is. Hy vertel vir jou dat vrees net leuens is van die duiwel.

Hy begin jou vertroue wen, want sien nog ‘n leuen wat vrees vertel het is dat jy niemand kan vertrou nie. Jy is veiliger binne as buite die tronk.

Jy begin Jesus beter leer ken, Hy wys vir jou soveel goed. Is geduldig, liefdevol. Skielik begin jy nog meer as ooit smag om uit die tronk te ontsnap. Die tronk wat maak dat jy alles in jou lewe mis.

Skielik eendag word jy wakker en KEN jy die waarheid. Skielik sien jy wat regtig die gedrog met die lang tande is. Dis ‘n piepklein rubber krokodil wat voor ‘n lig staan en projekteer teen die muur, baie groter as wat hy werklik is.

Die “ball & chain” is skielik weg wanneer jy afkyk. In verbasing kyk jy op en besef die tronk se tralies was toe al die tyd nie daar nie. Skielik is jy uit die tronk.

Dit laat my dink aan die liedjie “Fear is a liar” en ek grinnik by myself en met ‘n lied in my hart dans ek weg van die tronk waarin vrees my gevangene wou hou….

Fear Is a Liar
Song by Zach Williams


When he told you you’re not good enough
When he told you you’re not right
When he told you you’re not strong enough
To put up a good fight
When he told you you’re not worthy
When he told you you’re not loved
When he told you you’re not beautiful
You’ll never be enough
Fear, he is a liar
He will take your breath
Stop you in your steps
Fear, he is a liar
He will rob your rest
Steal your happiness
Cast your fear in the fire
‘Cause fear, he is a liar
When he told you were troubled
You’ll forever be alone
When he told you you should run away
You’ll never find a home
When he told you you were dirty
And you should be ashamed
When he told you you could be the one
That grace could never change
Oh, fear, he is a liar
He will take your breath
Stop you in your steps
Fear, he is a liar
He will rob your rest
Steal your happiness
Cast your fear in the fire
‘Cause fear, he is a liar
Let your fire fall and cast out all my fears
Let your fire fall, your love is all I feel
Let your fire fall and cast out all my fears
Let your fire fall, your love is all I feel
Let your fire fall and cast out all my fears
Let your fire fall, your love is all I feel
Oh, let your fire fall and cast out all my fears
Let your fire fall, your love is all I feel
Oh, fear, he is a liar
He will take your breath
Stop you in your steps
Fear, he is a liar
He will rob your rest
Steal your happiness
Cast your fear in the fire
‘Cause fear, he is a liar
‘Cause fear, he is a liar

Posted on Leave a comment

Teleurstelling en hartseer

Teleurstelling en Hartseer. Daar is nou ‘n tweeling wat amper soos Vinkel en Koljander is….die een is nes die ander.

Mens sukkel om hulle te onderskei want die gevoel is dieselfde maar verskillend op dieselfde tyd.

Ek sien Teleurstelling as hierdie lang persoon met ‘n ondeunde uitdrukking op haar gesig. Ondeund is so ‘n groot woord en ek het eintlik “mischievous” gaan “google” want dis die woord wat ek gevoel het van toepassing is.

Nou ja met ‘n ondeunde uitdrukking sal sy sonder om te skroom, ‘n emmer met yswater vat en oor jou gooi sonder dat jy dit verwag EN terwyl sy jou in die oë kyk.

Met verbasing en verstomming kyk jy na haar en wonder “Wat de ongeluk het nou gebeur??? Het jy my REGTIG nou net met YSKOUE water gegooi?”

Dan kom Hartseer, soos wat sy sien Teleurstelling gooi die yswater oor jou uit en sy kom blaas op jou soos ‘n lugverkoeler. Tot elke liewe sel in jou lyf en wese stokstyf gevries is soos wanneer daar ryp op die plante is.

Sy is so bietjie korter as Teleurstelling en het ‘n venynige kyk op haar gesig soos wat sy jou kouer en kouer blaas. So asof sy lekker kry.

Lekker om te sien hoe jy besig is om te vries. Hoe jou hart seer word en koud en kil word. Hoe jou gemoed verander en jy voel jy wil wraak neem want jy dink dit is wat jou beter gaan laat voel.

Die Heilige Gees kom gryp dan net betyds in. Kom vertroos jou. Gooi jou toe met ‘n warm kombers. Omvou jou met liefde. Fluister in jou oor dat alles wel beter gaan lyk in die oggend.

Hy vertel vir jou dat Hy verstaan hoe jy voel. Dis alles deel van die proses. Jy gaan vlae en tye beleef waar Teleurstelling en Hartseer jou gaan probeer afbreek sodat jou hart swart lyk soos die plant wat buite gestaan het en swart ryp gekry het deur die nag.

Maar anders as die plant wat buite staan met geen beskutting nie het jy beskerming. Die wind wat waai op die gevriesde blare se uitwerking is swart ryp. Daar is geen beskerming of beskutting nie.

Die effek van Teleurstelling en Hartseer VOEL vir jou soos swart ryp. Maar ons het die Here aan ons sy. Hy sal altyd voorsien. Hy sal altyd ons beskerm. Hy sal altyd alles ten goede laat mee werk vir die wat Hom lief het.

Die swart hart wat jy vir ‘n oomblik voel gaan weg en word weer vervang met ‘n pienk warm hart wat Jesus se liefde uitstraal.

In die proses word jy sterker. Meer bestand teen dit. Jy leer uit dit uit om nie weer dieselfde foute te maak nie. Jy word herinner om net jou oog op Jesus gevestig te hou.

Want jy IS goed genoeg.

Jy HET jou beste gedoen.

Hierdie is en bly altyd deel van die proses om te kom waar die Here wil hê jy moet wees. Dis nie lekker nie en niks kan dit makliker maak nie.

Huil is nodig om uitlating te gee aan die emosie en maak jou nie ‘n swakkeling nie. In teendeel maak dit jou net sterker. Leer jou om te “cope” met die harde houe wat die lewe soms uitdeel.

Ek bly net altyd dankbaar dat ek wel die Here ken en dat Hy my altyd sal dra en beskerm. Maak nie saak wat gebeur nie. Ok sal mens aan die ander kant uitkom.

Posted on Leave a comment

Kritiek

Ou tannie-ek-weet-alles ook bekend as Kritiek. Sy is Mev. Spyt-Verwyt aka Hindsight se ma. Haar neus is so lank soos die langste vlagpaal wat jy ooit in jou lewe gesien het x 10 soos geen mens se neus wat jy al gesien het nie (en met goeie rede want sy is nie ‘n mens nie).

Sy dra haar yl hare in ‘n stywe bolla op haar kop en haar brille laat haar oë groter lyk as wat dit werklik is.

As jy haar sien, voel dit vir jou of sy deur ‘n mikroskoop na jou kyk, so groot laat die brille haar oë lyk. Coke bottel bodems x 10 vir brille – nog iets soos wat geen mens op aarde gedra het nie. Want sy is nie ‘n mens nie onthou….

Sy MOET die verskriklike brille dra, want, sien sy moet elke spikkel van elke mens en iemand om haar se iets sien en INSPEKTEER en KRITISEER.

Sy lyk ouer as wat sy werklik is. Haar CV wat sy gereeld onder jou neus indruk en voorlees sonder dat jy regtig dit WIL hoor, getuig dat sy dubbel die hoeveelheid jare wat sy al bestaan se ervaring van alles en nog wat het. Sy WEET net ALLES. Vra haar enige iets en SY weet. Alles gaan altyd oor haar en hoe sy alles weet.

Ek het al gewonder hoe so iets moontlik is. So baie ervaring in goed wat jy geen kennis eintlik van het nie. In my eerste gedagte dink ek sy eet baie Bar-One sjokolades. Jy weet vir daardie 25 uur dae. Kyk ek het al Bar-Ones geëet dat dit by my ore uitkom maar my dae het steeds net 24 uur in plus al die suiker maak my moeg en dik so teoreties is dit nie meer 24 uur nie maar minder. Ek skud my kop, “Nee” dink ek by myself, “dis nie dit nie”.

Dan dwaal my gedagtes na ‘n Tik-Tok video wat ek ander dag gesien het. Hierdie dame sit vir ‘n onderhoud. Op haar CV staan sy het 30 jaar ervaring. Die persoon wat die onderhoud voer kyk in ongeloof na die persoon voor haar want sy is so jonk!

“How old are you?” Vra sy
“20” kom die antwoord.
Nog meer verbaas kyk sy en herhaal “Twenty?”
“Yes 20” kom die antwoord terug.
“So how did you get your 30 years experience?”
“Overtime”

Kyk ek het gelê soos ek lag toe ek die video sien. Skreeu snaaks.

Ek besluit toe dis hoe Kritiek alles van alles weet. Sy eet nie Bar-Ones nie, nee, sy werk “overtime”. Dis al hoe jy alles weet van skool, onderrig, politiek, “you name it she knows it” jy weet?

Nou weet jy wat doen Kritiek? Sy laat jou sleg voel oor jouself. Fluister gereeld in jou oor vir jou dat jou beste eintlik maar net nie goed genoeg was nie.

Jy sien sy reël “Boot camps” om Kritiek te “boost” en mense nog meer krities te maak oor goed. As dit nie “Boot camps” is nie, is dit tee partytjies.

Hoe meer tyd jy in haar teenwoordigheid spandeer, hoe meer krities raak jy. Dis amper soos hierdie onsigbare aansteeklike siekte.

Voor jy jou kom kry lyk jy soos sy. Oud voor jou tyd met coke bodem dikker as dik lense voor jou oë want, o goeie genade, die ietsie wat iemand doen op ‘n manier anders as wat jy dit sou doen MAG nie gemis word NIE.

Jy werk nou oortyd want jy het skielik hierdie ervaring op allerhande spesialis areas wat die spesialiste en professionele mense (wat tog asb. net nie hul hardverdiende professionele fooie voor mag vra nie want dis net verregaande en belaglik) wat vir jare studeer het en nog meer jare se ervaring het op daardie gebied, eintlik maar net nie het nie.

Jy dink by jouself, ai siestog, hulle dink hulle weet maar eintlik weet hulle niks. Wonder by jouself of hulle nie maar iewers verkla kan word vir alles wat hulle verkeerd doen nie.

Dan word jy skielik wakker en besef iewers het jy iets geword wat jy nooit was nie.

Dis asof kritiek se “Mantra” (is mos dit? Die ding wat hulle so “chant” want dis waaroor iets gaan?) in jou ore dreun. JOU BESTE IS NET NIE GOED GENOEG NIE. JOU ERVARING TEL NIKS. JOU OPLEIDING HELP JOU NIE VEEL NIE.

Iewers in die proses lê jy met jou gesig in die grond en Kritiek staan bo op jou en trap jou vas met haar dun “stilletto” hakke op jou gesig dat jy net grond proe en nie kan beweeg nie.

Sy het jou net waar sy jou wil hê. Nêrens om te gaan nie. Sodra jy teen haar gaan deurboor sy jou wang amper met haar skoen.

Lê gaan jy lê terwyl sy jou sleg sê dat die see jou nie kan skoon was nie. Tot sy jou gebreinspoel het om met dieselfde oë te kyk na ander soos wat sy na ander kyk. Dan dink ek weer aan die liedjie wat ek vanoggend gehoor het.

Up again.

Die woorde maal deur my kop en ek besluit basta met dit. Hierdie Kritiek gaan my nie vaspen nie. Ek weier! Die Here SAL my help dat ek met Jesus liefde na almal kyk, hoe moeilik dit ookal vir my as mens is.

Met God is ALLES moontlik! Altyd! Selfs om Kritiek af te skud, op te staan en aan te beweeg.

Up Again
Song by Dan Bremnes


The other day I was thinking to myself
Made a list of all my mistakes
Oh I wish I could’ve run to you
And tell you about my heartbreak
And I wondered to myself, wait a minute
Am I even on the right path now
Had a couple wins but I got knocked down
But I know if you were still around
You would say
Ohhh, sometimes you lose, sometimes you win
Ohhh, you gotta get up, up again
Ohhh, keep holding on, it’s not the end
Ohhh. you gotta get up, up again
Get up, up again
You can get up, up again
You can get up, up again
And I guess not every little thing
Works out just the way you dream
You can take a couple wrong turns
Still end up where you’re supposed to be
Even though in a moment
I know everything can change
Your perfect plans might fall apart
But the simple truth remains
Ohhh, sometimes you lose, sometimes you win
Ohhh, you gotta get up, up again
Ohhh, keep holding on, it’s not the end
Ohhh. you gotta get up, up again
Get up, up again
You can get up, up again
You can get up, up again
Cause you only got one life
And you don’t know when it ends
You’ve only got one heart
So get out there and live
Yeah you’ve only got one life
Don’t let it get away
Everyone falls down
But you can get up, up again
Get up, up again
You you can get up, up again
You can get up, up again
Get up, up again
And I guess not every little thing
Works out just the way you dream
You can take a couple wrong turns
Still end up where you’re supposed to be

Posted on Leave a comment

Spyt en Verwyt

Spyt of verwyt….as dit nou ‘n karakter moet wees sien ek voor my hierdie perfekte persoon. Sy is Mevrou Spyt-Verwyt ook bekend as “Hind sight”.

Jy sien sy doen alles reg altyd. Haar hare is nie “Frizzy” nie, haar tande is reguit. Sy is ‘n beroepsvrou met haar eie besigheid en 4 kinders, dalk meer. Sy is maer, eet gesond, doen haar naels en hare gereeld, oefen nog meer en bou gereeld legkaarte saam met haar kinders.

Sy is super geduldig, verloor nooit haar koel nie. Sy spandeer tyd aan alles en almal wat belangrik is, skeep niks of niemand af nie.

Sy werk 16 ure per dag, werk net halfdag. Sy ry haar kinders rond vir aktiwiteite, oefen vir 2 ure elke dag, slaap vir 8, word uitgerus wakker, is nooit moeg nie.

Sy doen haar jaarlikse opleiding soos vereis word van verskeie instansies waaraan sy behoort en nog meer, ken elke wet uit haar kop uit en is nooit onseker oor enige iets wat haar kant toe gegooi word nie.

Sy is alles wat ek nie is nie.

Elke insident in my lewe word deur haar ontleed. Sy vertel gereeld vir my hoe SY iets sou doen of nie doen nie.

“Hoe kon jy DIT doen?” Hoor ek haar weer kerm hier langs my. Haar gladde hare wip soos sy draf-stap langs my terwyl ek beweeg om die volgende taak te doen.

“Regtig EK sou dit GLAD nie so gedoen het nie jy weet. Jy moes eerder dit so gedoen het en dat gekies het. Kyk nou waar sit jy met die besluit wat jy geneem het. Jy moet mos alles weet voor die tyd. Hoe kon jy dit nie geweet het nie?”

Liewe aarde maar sy is omtrent soos ‘n plaat wat vashaak en iets wat net in jou oor bly geluide maak.

Vir jare het ek gereeld langs haar gestaan. My hare met haar hare vergelyk en gewonder hoekom my hare so “frizz” al spandeer ek ure om dit reguit te blaas.

Dan wonder ek hoe kan sy in ‘n nommer 8 denim in pas na 4 kinders. Ek het net 2 gehad en kyk hoe lyk ek.

Ander kere dink ek net by myself HOE DOEN JY DIT???

Hoe kry jy dit reg om 16 ure te werk, 8 te slaap, 2 ure te oefen EN nog kinders rond te ry, geduldig te wees, kos te maak en almal in die bed voor 7 in die aand? Hoeveel ure het jou dag Mevrou Spyt-Verwyt aka Hindsight? Jou somme maak nie sin nie of jy bly op Mars waar die dae ander ure het as ons sin (ek weet nie eens hoe lank is die dae op Mars nie….??)

Gou het ek besef dat sy eintlik niks is wat ek gedink het sy is nie. Sy is eintlik nie ‘n mens nie. Sy is net ‘n emosie. Of ‘n gevoel. Geen mens kan dit doen wat sy beweer sy kan doen nie.

Haar nommer is geblok en sy kan my nie meer kontak nie. Ek sal nie gemeet word met haar maatstaf nie.

Ek is ‘n mens wat my bes probeer elke dag met die inligting tot my beskikking en die professionele oordeel wat ek aangeleer het en toepas na die beste van my vermoë.

Haar kommentaar is nou soos ‘n “Spam” oproep op my foon. Hy flits verwoedelik rooi vir ‘n oomblik voordat hy net doodgaan en dood gedruk word want dis geblok uit my lewe uit.

Ek luister eerder vir die Heilige Gees wat as my helper gestuur is. Sy oproepe en kommentaar vat ek gretig en blok dit nie uit nie. Dis as “non-spam” gemerk en flikker ‘n vriendelike groen as Hy met my wil praat…..

Vaarwel Mevrou Spyt-Verwyt aka Hind Sight. Sterkte met jou 36 uur dae en als wat jy reg kan doen.

Ek is alles wat jy nie is nie en ek is dankbaar daaroor!

Posted on Leave a comment

Korporaal Skuldgevoel

Ek grinnik by myself as ek dink aan die Korporaal aka Skuldgevoel. Dis so tipies hoe dit is en hoe dit voel. Ek besef ook gister dat die Here vir my die woorde begin gee waarna ek so lank al soek. So baie keer het ek iets probeer verduidelik maar sodra ek enige iets hardop sê het dit net nie sin gemaak nie.

Ek weet nou ook dat ek altyd dit in my eie mag en krag probeer doen het en daarom dat dit nie sin gemaak het nie.

Die oomblik toe die Here in beheer is toe maak dit sin. Is dit nie wonderlik hoe alles in die lewe eintlik so werk nie? As ons dit self probeer doen faal ons maar as Hy in beheer is dan floreer ons…

Ek dink verder by myself en besef dat die Here eintlik so ‘n awesome manier gegee het om sekere emosies te beskryf as menslike karakters.

Want is dit nie maar wat met ons gees mens gebeur nie? Daardie “mense” oftewel emosies het so ‘n impak op wie ons is en hoe ons voel….

Ek weet Hy gaan nog ‘n paar karakters vir my gee om te beskryf. Ek kan nie goed genoeg teken om die prentjie in my kop oor te sit visueel nie maar Hy het vir seker vir my die skryf talent gegee om dit in woorde te kan omsit.

Met ‘n dankbare hart pak ek die dag wat voorlê aan. Dankbaar dat ek Sy kind is en dat Hy my gebruik as instrument hier op aarde.

Ek weet ook dat elke “post” wat ek op my “blog” maak by presies die regte mense uitkom, die wie nodig het om dit te hoor en vir wie die Here iets wil sê….

My gedagtes dwaal na die liedjie van Hillsong – New Wine…..mag ons elkeen nuwe wyn word vir die Here en die “vessel” word wat Hy gebruik vir Sy koningkryk….

New Wine
Song by Hillsong Worship


In the crushing
In the pressing
You are making new wine
In the soil
I now surrender
You are breaking new ground
So I yield to You into Your careful hand
When I trust You I don’t need to understand
Make me Your vessel
Make me an offering
Make me whatever You want me to be
I came here with nothing
But all You have given me
Jesus bring new wine out of me
In the crushing
In the pressing
You are making new wine
In the soil
I now surrender
You are breaking new ground
You are breaking new ground
So, make me Your vessel
Make me an offering
Make me whatever
You want me to be
I came here with nothing
But all You have given me
Jesus, bring new wine out of me
Jesus, bring new wine out of me
Jesus, bring new wine out of me
‘Cause where there is new wine
There is new power
There is new freedom
And the Kingdom is here
I lay down my old flames
To carry Your new fire today
‘Cause where there is new wine
There is new power
There is new freedom
And the Kingdom is here
I lay down my old flames
To carry Your new fire today
So, make me Your vessel
Make me an offering
Make me whatever You want me to be
God, I came here with nothing
But all You have given me
Jesus, bring new wine out of me
Jesus, bring new wine out of me
Jesus, bring new wine out of me
Make me Your vessel
Make me an offering
Make me whatever You want me to be
I came here with nothing
But all You have given me
Jesus, bring new wine out of me
Sing that again, like me
Make me Your vessel
Make me an offering
Make me whatever You want me to be
God, I came here with nothing
But all You have given me
Jesus, bring new wine out of me
Jesus, bring new wine out of me
Oh, Jesus, bring new wine out of me, oh Jesus
Jesus, bring new wine out of me (it means we’re getting back on the altar)
We’re saying we surrender everything, Lord
Bring new wine out of me, Jesus
Jesus, bring new wine (keep going) out of me (Jesus)
Jesus, bring new wine out of me
Jesus, bring new wine out of me
‘Cause where there is new wine
There is new power
There is new freedom
And the Kingdom is here
I lay down my old flames
To carry Your new fire today
Where there is new wine
‘Cause where there is new wine
There is new power
There is new freedom
And the Kingdom is here
I lay down my old flames
To carry Your new fire today
So, I say make me Your vessel
Make me an offering
Make me whatever You want me to be
I came here with nothing
But all You have given me
Jesus, bring new wine out of me, Jesus
Jesus, bring new wine out of me
Jesus, bring new wine out of me

Posted on Leave a comment

Skuldgevoel

Skuldgevoel. As ek nou hierdie emosie in ‘n mens met persoonlikheid en karakter moet sit sien ek hierdie kort Korporaal in sy “army” klere.

Hy laat jou gereeld aantree vir “Uittrap parade”. Kom gil in jou oor sodat die hele wêreld en nie net jy nie, kan HOOR wat jy nou alweer alles fout gedoen het.

“HOEKOM WAS JULLE ALWEER LAAT VIR SKOOL?? HOEKOM IS JULLE ALTYD LAAT??”

Sodra ek probeer verduidelik word ek onderbreek met ‘n ongeskikte gil.

“DIT WAS NIE ‘N VRAAG WAAROP EK ‘N ANTWOORD VERWAG HET NIE!” skree hy terug.

“HOEKOM KRY JY NIE ‘N HELE MAAND SE WERK IN ‘N 6 URE DAG GEDOEN NIE???? HOEKOM WERK JY SOMMIGE DAE NET 5 OF 6 URE WANNEER ALMAL ANDERSINS 12 URE INSIT?”

“Ek het kinders….wil tyd saam met hulle spandeer. Hulle nog geniet terwyl hulle my nodig het en klein is.” antwoord ek amper te bang om enige iets te sê.
“DIS NIE ‘N VERSKONING NIE!” bulder hy.


“HOEKOM IS JY ONGEDULDIG EN KORT AF MET JOU KINDERS? HULLE IS KLEIN EN WEET NIE VAN BETER NIE! DIS ONAANVAARBAAR DAT ‘N OUER EN VERAL ‘N MA HAAR KOEL VERLOOR. DIT GEBEUR ELKE DAG MAN! WAT DINK DIE HERE HIERVAN? EN DIE VROU IN CHECKERS WAT JOU SIEN JOU STEM VERHEF HET? EN DIE MENSE IN DISCHEM WAT DINK JOU KINDERS IS BESIG EN LUISTER NIE VIR HUL MA WAT MOOI PRAAT NIE?” hy staan amper met sy voorkop teen myne en gil. Ek ruik sy stink asem so naby is hy. Ek durf nie oogkontak maak nie want dan gaan ek weer met een of ander emosionele ding gestraf word.

Ek probeer nie eens antwoord nie, ek weet dis ‘n leuen, ek is wragties nie ELKE DAG ongeduldig nie. Of is ek? Oooo die twyfel…..wat DINK die Here van my? Hy het dan my kinders vir MY gekies. Nie EK nie. Hy het geweet ek sal ‘n goeie mamma wees. Of sal ek? Is ek? Kry ek dit reg? Wat as ek nou die oorsaak is dat daar NOG 2 stukkende mense in hierdie wêreld van stukkende mense grootmaak en EK is eiehands die oorsaak hiervan.

“HOEKOM KAN JULLE NIE ELKE AAND AL 6 UUR EET NIE? HOEKOM HET JY NOOIT DIE REGTE BESTANDDELE IN DIE HUIS NIE? HOEKOM IS DAAR NIE VARS GROENTE EN VRUGTE ELKE DAG NIE? HOEKOM SPANDEER JY SO BAIE GELD OP KOS VAN ALLE DINGE? HOEKOM OEFEN JY NIE GENOEG NIE? HOEKOM IS JY NIE FIKS NIE? HOEKOM IS JY NIE MAER NIE? HOEKOM VAL JOU HARE UIT? HOEKOM DOEN JY SOMS PERSOONLIKE GOED IN WERKSTYD? HOEKOM WERK JY NIE NOG MEER OORTYD NIE? HOEKOM HET JY GEEN ENERGIE NIE? HOEKOM IS JY NIE ALTYD LUS OM TAKE EN GOED VIR SKOOL TE MAAK NIE????”

So rammel hy al die HOEKOM vrae af.

Hoekom? Dan begin ek met my Hoekoms. Hoekom moet ons deur als op aarde gaan? Hoekom is ons hier? Hoekom moet ek werk? Hoekom kan ek nie meer oefen nie? Hoekom hou ek van lekker kos en lekkernye? Hoekom, hoekom, HOEKOM?

Ek het nie al die antwoorde nie…..soos wat ek die vrae vra voel ek die Heilige Gees vou my toe in ‘n sagte snoesige warm kombers van vrede. Vrede wat alle verstand te bowe gaan.

Hy herinner my ook aan verskeie liedjies – die manier wat die Here nou met my praat.

Jy doen jou bes. Ek weet jy is moeg, probeer net meer geduld hê want dis net 6 jaar dan is jou seun klaar met skool. Dan trek hy heelwaarskynlik uit die huis uit.

Ek skrik vir die gedagte en besef dat ek moet net rustiger raak. Dinge om my stadiger maak op ‘n manier. Nie so gejaagd deur die lewe gaan nie. Die gejaag spoel oor na die kinders toe en maak hulle onnodig nat en koud. Hulle hoef nog nie die gejaag te VOEL nie.

Ek voel of ek die “game” van die lewe net stadiger moet maak. Minder jaag en minder voet foute maak. Rustig raak en die bal vashou en mooi kyk waarheen ek dit moet gooi sodat die opponent nie die bal kry nie. Die einddoel in die oog hou….die doel is om die punte aan te teken wat die juwele in die Hemel bymekaar maak.
Dit gaan glad nie oor wat ek hier op aarde het of bereik nie. Hoekom probeer ek heeltyd byhou met ander? Hoekom?


Elke keer wat ek lelik is met veral my kinders, kry ek net nie die Hemelse pêrels of goud of diamante wat op my hopie gesit word vir my om te geniet wanneer ek oor die aarde se eindstreep stap nie.

Dit sê nie verniet in die Bybel die wat laaste is sal eerste wees nie. Miskien is dit wat die Here bedoel met daai vers? Vat dinge net rustiger, jy SAL in die hemel kom en jou skatte daar geniet. Maar vir jou om dit te doen moet jy rustiger raak, die fokus hou op dit wat die Here verwag van jou.

“Ek weet Here” fluister my gees mens. “Help my net asb. Here…”smeek ek….”alleen kan ek dit nie doen nie.”
Filipense 4:13 sê Ek is tot ALLES in staat deur HOM wat my krag gee.

Dankie Here vir my krag vir vandag. Nie vir môre, volgende week, maand, kwartaal of jaar nie. NET VIR VANDAG.

Die parade is verby want ek het lankal weg gestap. Die ou met die “attitude” staan nog en gil, vir wie weet ek nie, want ek is nie meer daar om dit te hoor nie…..hy moet maar lekker gil. Ek glo nie ek gaan vandag weer die parade bywoon nie. Of môre nie. Maar vir eers fokus ek op VANDAG. Die HIER en die NOU. Anders flits my lewe verby soos dit reeds het.

Ek wil nou eers geniet om 40 te wees. Ek is dan al ‘n maand lank 40 gewees gister. Dis nie so erg nie. Ek leef nog.

Ek skud alles wat op my geval het van die gil van die uittrap parade af en maak reg vir die dag. Vir VANDAG. Fokus op dit wat ek nou moet doen. Verlig dank ek die Here dat ek HOM ken en die lewe kan aanpak met HOM aan my sy. Hoe mense dit sonder HOM doen weet ek nie…..