Nou ja, soos die opskrif lui en dit bevestig, was dit toe so gewees in ‘n mate vir my en ons gesin. Soos wat ons die laaste dag van 2021 vir ewig vaarwel roep en 2022 welkom heet, kan mens nie anders as om terug te dink aan die jaar wat verby is nie.
Ja ek weet, ek klink soos ‘n ou tannie en ‘n plaat wat vashaak op dieselfde tyd as ek sê “Díe jaar het VINNIG gevlieg.” Maar a-la-mapstieks, hy hét VINNIG gevlieg het hy nie?
Dit voel soos gister dat ek my skouer in ‘n spasma ingeskuur het aan ons kombuiskassies (wat nou nog nie klaar is nie want die oorweldigende lus vir verf en home reno het my nog nie weer oorval nie). Maar, dit was laas Desember……Desember 2020….
Ek kan nie sê ek gaan 2021 groet “tot wedersiens” nie. Nee. Dis vaarwel. Cheers. Koebaai. Overs-ke-dovers. Oor en uit. Ek is seker jy vang wat ek bedoel. 2021 is VIR EWIG VERBY. What a scary thought. Maar dit is wat dit is.
2021 the year we get things done soos ek dit proklameer het. Inderdaad was dit so en ook nie so nie. Nuwe goed het oor my pad gekom, soos hierdie webjoernaal (nee blog klink net beter hier). Die Beroepsvrou besigheid wat uit niks uit en onbeplan ontstaan het.
Ja, die kombuis is nou nog nie klaar geverf nie, al die kaste in die huis wag angstig vir my hande om deur hulle te krap en reg te pak en weg te gooi, en so kan ek aangaan van als wat nie gebeur het in 2021 nie.
Hoekom nie? Want alles wat wel gebeur het, het die tyd opgeneem! En die ander tyd wat ek gehad het, het ek probeer (ek lê klem op dit vir ‘n rede) rus en tyd met my gesin spandeer.
Terug by my ander sin wat ek gereeld uiter oor HOE vinnig die tyd gaan. Ek dink al hieraan vir JARE en ek dink ek het dit. Wanneer jy jonk is, gaan die tyd relatief tot matig stadig. Jy het nie kinders nie met min of geen verantwoordelikhede.
Maar dan pieps jy op die stokkie wat vir jou 2 strepies gee en die nuus breek. Skielik is dit amper asof ‘n plaat krap en bande skree soos wat jou kar waarin jy rustig oppad was na nêrens ‘n U-draai (nee U-turn klink net beter) maak teen 180 myl per uur.
Dan is dit asof iemand die horlosie hard en aanhoudend klap en skud sodat die tyd net NOG vinniger gaan…skielik is dit 13 jaar sedert jy met jou oudste swanger was en nie net ‘n paar maande nie. Skielik kom jy agter hoe gou die baba mylpale behaal en verander (al voel dit vir ewig om hulle tot op so 4 of 5 te kry wat hulle bietjie meer onafhanklik funksioneer).
Skielik gebeur daar net goed en as jou gordel nie vas is nie, gooi tyd jou uit soos wat ‘n Crash Test Dummy sonder ‘n veiligheidsgordel aan, uit ‘n voertuig geslinger word op impak.
In die proses word mens (hopelik) slimmer. Ouer en wyser. Wysheid met die grysheid. Letterlik. My man kyk ander dag verbaas na homself in die spieël. “Kyk hoe grys het ek geword!” Sê hy seker meer vir homself as vir my. Dit gebeur toe nou met almal, nie net met ou mense nie. Want iemand moet weer ou mense word….en dis nou ons beurt….
So op die ou jaar probeer ek die laaste ure se belasting opleidingsure inhaal en gedoen kry EN 2022 se skryfbehoeftes merk want, my dogtertjie wil NOU haar tas pak. Dis moeilik, die motivering is min. Die vakansie skree en roep te hard vir my om doelgerig te sit en dit net oor en verby te kry.
Ek het darem so op die amper ou jaar die kinders se goed vir 2022 uitgesorteer. Dit voel al klaar of 2022 besig is om homself in te wurm in 2021 in en 2021 uit die pad te stamp soos ‘n buffel.
Soos wat ek net alles observeer en probeer verwerk, weet ek net dat alles, tyd ook, in God se hande is. Hy wil net die beste vir ons hê. Planne van voorspoed en nie teëspoed nie.
Hier is op 2022! Mag die jaar net so tritsel stadiger verby beweeg en ons tyd gee om tot verhaal te kom na die Pandemie. Ek staan net gister en dink – ons almal wat nou nog op aarde is, kan sê ons het ‘n wêreld-wye Pandemie oorleef. Wow.
Mag 2022 net goedheid en guns inhou vir almal. Mag dit die jaar wees wat die Pandemie net skielik stop. So skielik as wat hy begin het. Mag God ons (en tyd) styf vashou in Sy hand. Mag ons net nader aan Hom beweeg en ons verhouding met Hom versterk.
Vaarwel 2021 en Hallo 2022! Ek sien uit om jou met ope arms te ontvang en welkom te laat voel in my lewe……
Nou dat my brein sy channel hopping gedoen het tussen my kinderjare en die afgelope twee jaar, raak ek en my gedagtes weer stil….Ek reflekteer nog al die pad. Ek hoop nie ek is in ‘n doodloopstraat nie en ook nie going nowhere slowly (or fast for that matter) nie.
Ek wag geduldig dat die Here net so bietjie sin in my kop kom sit terwyl hy die spout van gedagtes kom stilmaak het. Hoekom voel mens so? Hoekom is dit asof dit heimwee is wat probeer nesskrop?Dankbaarheid is die volgende woord wat vir my begin voorloop tussen al die woorde wat resies jaag tot my vingerpunte. Net so. Dankbaarheid? begin ek alweer met myself en die Here praat.
Jip, you got it girl! Dankbaarheid! Nou goed dan. Dankbaarheid sal dit wees. Ek kou so bietjie aan hom maar dis nie lank nie of ek het dit. Ek vang dit. Ek voel so oor alles en die tyd van die jaar want diep diep binne my het ek eintlik hierdie ongelooflike dankbaarheid van alles wat was en alles wat nog kom.
Dankbaar dat ons nog ‘n jaar gespaar is op aarde. Dankbaar dat die Here vir ons voorsien ten spyte van die Pandemie. Dankbaar dat ons werk het, inkomste het. Dankbaar dat ons gesond is.
So stroom die dankbaarheidslysie deur my gedagtes. Dis asof hulle almal opspring en hul hande opsteek om te sê “Pick me! Pick me!” Hoe kan mens net ‘n paar pick as daar so baie is om voor dankbaar te wees?
Dankbaar vir goeie memories ten spyte van die swaar en moeilike tyd waarin die hele wêreld hom bevind. Dis hoekom dit voel soos heimwee. Dis eintlik nostalgie op ‘n goeie manier….terug dink aan goeie tye. Lekker tye.
Met ‘n dankbare hart sluit ek af. Ek vra die Here om ‘n liedjie te gee wat hierby sal aansluit. Ek maak my oë vir ‘n oomblik toe. Dan kom Matthew West se Brand New by my op.
Ek hoor al die liedjie. Ek is seker het al hieroor geblog (of webjoernaal soos my skoonsussie my uit my misery gehaal het deur die Afrikaans vir blog te google). Maar nie te min, dis die wonderlike ding van God se woord en uiteindelik praise & worship musiek ook.
Dis lewend en elke keer wat jy dit lees of luister is daar net weer ‘n nuwe betekenis wat jy daaraan koppel…..He is making you new, He is breaking your chains, He is making you BRAND NEW! Hoor ek die woorde sing deur my kop….
Soos wat tyd aanstap en dinge gebeur, is die Here konstant besig om ons te vernuwe, as ons Hom toelaat, bygesê. Alles wat met ons gebeur, die goeie en die slegte (soos dit soms vir ons voel) is besig om ons beter mense te maak vir die volgende memories wat ons gaan maak…..ons tyd op aarde is so kort. Ek besef dit elke dag meer en meer.
As jy 20 is voel 40 so ver. As jy 40 is, weet jy 70 of 80 is bitter naby. Het jy jou deel gedoen vir God se koninkryk? Het jy nog genoeg tyd om te doen waarvoor die Here jou op aarde geplaas het? Is jy nou besig om te doen waarvoor jy geroep is? Of wag jy tot eendag? Liewe aarde, dis asof daar nou weer ‘n hele swetterjoel van gedagtes is wat nou weer deur my kop begin marsjeer…..
Ek luister die liedjie weer…..drink die woorde in. Laat dit oor my gedagtes spoel, soos wat die reën die aarde nat maak…..in die hoop dat daar Goddelike gedagtes sal voortspruit en dat mens nie in die wêreld en sy gebruike en demands vasgevang sal wees nie….He is making you BRAND NEW!!!!!
Vandag dwaal my gedagtes terug na my kinderjare. Hoe dit gevoel het as dit Desember was….as Kersfees nader staan. My ma het gewoonlik gewerk, nooit verlof gehad oor Desember nie. In elkgeval nie wat ek regtig kan onthou nie….miskien dink ek dalk nou net aan een Desember? Wie weet….
Ek dink dit was seker swaar vir haar. Om te werk terwyl ons almal by die huis rondgehang het. By gebrek aan enige iets anders om te doen, het ek begin krieket kyk. Myself geleer hoe werk krieket. Daar is mos gewoonlik 5-dag krieket aan. Dit het my baie inligting gegee want dis mos baie boring en lank (nie die opgewondenheid en aksie van een dag krieket of 20/20 krieket nie).
Ek onthou nog die King Pie advertensie. Die een waar die umpire met sy vinger in die lug staan wanneer ‘n speler uit geboul of uitgevang is. Dan lees die woorde onder One Hot Pie Please. Ek en my man lag nou nog oor dit en spot self soms so as ons lus is vir ‘n pastei…..
Dan dwaal die gedagtes na Ou Kersaand. Dit was altyd by my ma se ouers in Benoni. Hulle het Engels groot geword en eerder Ou Kersaand saam gekuier as Kersdag. Ons het dalk Ou Kersaand so gedoen omdat ons altyd gaan swem en kuier het by my pa se broer in Pretoria op Kersdag, nou dat ek daaraan dink.
So ons het elke jaar best of both worlds gehad. Beide families gesien oor Kerstyd. Nie soos ons dit nou soortvan doen nie. Die jaar is dit haar familie, volgende jaar sy familie. Ons is nie so streng met dit nie, spandeer in elkgeval meeste van die tyd met my skoonfamilie eerder as my familie, want my familie (sussies en hul gesinne – nie my ouers nie en deesdae my pa en sy nuwe vrou nie) spat altyd in rigtings see toe om te kamp oor Kersfees….
Ons het met ‘n Kersboom groot geword. Nie woes baie persente onder die boom nie, maar tog ‘n ietsie. Ek het altyd gevolunteer om die Kersboom op te stel. Toe ek kleiner was het ek nie die konsep verstaan van balans op die boom nie. Die boom het ALTYD vorentoe geval na ek klaar was tot my GROOTSTE frustrasie….
Wanneer ons gery het na my Ouma en Oupa toe, was die boom leeg onder. Geen persente. Wanneer ons terugkom laat die aand was daar persente. Omdat ek die jongste was het my ma vir lank gemaak of Kersvader bestaan. Vandag weet ek NIKS van die manier van hoe ons Kersfees gevier het, die boom, of die hele konsep is nie Bybels nie.
Terug by die Kersboom en persente. Ek kon NOOIT verstaan HOE Kersvader in ons huis kom nie. Daar is nie ‘n kaggel of skoorsteen nie. My ma het altyd vertel dat hy homself klein maak en deur die sleutelgat van die voordeur kom.
Innoverend en kreatief, die stories van my ma! Ek het later jare haar gevra hoe sy dit altyd gedoen het. Die persente onder die boom. Sy laat toe die geheim uit. Sy het altyd as ons almal in die kar reg was om te ry, gou “iets vergeet” en terug gehardloop in die huis in, die persente onder die boom gesit en die item wat vergete was kar toe gebring.
Ek wonder heeltyd hoekom my gedagtes my terug vat na verskeie tye toe in my lewe…..
Dis asof die Piet-my-vrou se geroep my ook wil laat Reflekteer oor dit wat was. Ek hoor hom die afgelope week amper die heeldag. Van vroegdag af. In die boom vlak duskant ons agterdeur.
Dis asof hy roep net vir my. Ek hoor hom. Dan dwaal my gedagtes terug na 11 April 2021 toe. Dit voel soos gister, tog was dit 8 maande gelede. Ek werk uit op my vingers hoe lank terug dit is….ek kon ook 12 minus 4 gebruik het maar besluit op ‘n fisiese manier om hierdie som te maak.
Ja ek weet, CA’s is NIE veronderstel om somme op hul vingers te maak NIE. Maar tog doen ek dit want dis iets wat vir my werk. Hoekom weet ek nie. Terug by die Piet-my-vrou en 11 April 2021. Daardie dag het ons my geboorte dag gevier.
‘n Volle 40 jaar oud. Ek kan nou nie sê een handjie vol of twee hande vol nie want ons het net 10 vingers…..maar dit merk die dag wat ek 40 geword het. Die Piet-my-vrou het daardie dag ook van vroeg af al geroep. So asof hy net ‘n klank memory wil los in my brein….elke keer as ek hom nou hoor dink ek aan daardie dag.
My ma het my nie sien 40 word nie. Dit was vir my baie erg maar ek weet dis ook ok. Ek sal oorleef. Baie mense se ouers sien hulle nie 5 of 10 of 18 jaar oud word nie…..
Die vorige jaar, toe ek 39 geword het (of geraak het soos my dogtertjie steeds soms die verkeerde woord gebruik) was ons in Hard lockdown. Nie Grendeltyd nie. Dit klink te ordentlik vir hoe dit werklik was daardie tyd. Daardie dag het ek besef en geweet hoekom die Here my in 1981 aarde toe gestuur het en nie 1980 soos ek altyd voor gewens het op skool nie. Stupid ek weet, hierdie wens van my toe ek jonger was….
Wanneer ek terug kyk na 2020 en 2021, is dit verstrengel vir my soos ek voorheen genoem het. Dis moeilik om te onderskei wat was die jaar en wat was laas jaar. Goed wat in 2020 gebeur het voel soos gister en goed wat in 2021 gebeur het voel soos eeue gelede. En andersom ook. Dis vreemd. Weird.
Ek praat baie met die Here hieroor en vra Hom HOEKOM dit so voel vir ons as mens? Een ding wat ek wel weet van die Pandemie is dat mense nie meer so gretig is om agter hul maskers en mure weg te kruip nie.
Vir die eerste keer DEEL mense hul emosies, hoe hulle voel, hoe hulle dinge ervaar met mekaar. Voorheen sou ons en ander net die gewone Goed dankie self? antwoord gegee het as iemand jou vra hoe dit gaan. Maar van 2020 af was dit ANDERS.
Die tyd van die jaar is dit altyd asof daar een of ander vorm van heimwee in my hart probeer nes maak en sy plekkie vind. Dit maak dat ek eintlik glad nie van die tyd van die jaar hou nie. Die tyd wanneer ons eintlik een van die grootste gebeurtenisse vir die mensdom moet vier. Christus se geboorte. Ek weet ook dat daar baie debatte is oor wanneer Hy werklik gebore was maar dit daar gelaat…
Ek het al baie gewonder HOEKOM dit so is. Hoekom voel ek so? Hoekom is die tyd van die jaar so swaar vir sommige mense? Soos wat al die vrae deur my kop maal, is dit asof die Heilige Gees Sy hand in die gekolk en gemaal van gedagtes steek om dit stil te maak.
Ek raak stil en probeer weer hoor en LUISTER wat die Here vir my probeer sê. Die woord wat bo alles uitstaan is REFLEKTEER. Reflekteer? vra ek. Ja Reflekteer kom die antwoord terug.
Reflekteer. Ek kou aan die woord soos wat my seun sy kougom kou heeldag lank. Reflekteer. Ek besluit om die betekenis van die woord in die H.A.T. te gaan opsoek. Nie omdat ek nie weet wat dit beteken nie. Nee, net om bietjie iets anders in my blog te doen vir ‘n verandering en om maar tog seker te maak ek verstaan die konsep waarin die Here die woord vir my gee.
Ek haal die wynrooi woordeboek van die boekrak af, blaas die stof van min gebruik af. Dit blyk ‘n werkwoord te wees. Ander verduidelikings is terugkaats, weerspieël. Dit laat my dink….as ek reflekteer op die jaar wat verby is, dan kyk ek na als wat terugkaats na my toe. Al die gebeurtenisse.
Een verskil is, ek kyk nie net na 2021 nie, maar na 2020 en 2021 so saam-saam. Jy sien, laas jaar en die huidige jaar voel ineen verstrengel vir my. Ek is seker dis hoe dit vir almal voel, nie net vir my nie.
Toe ek begin werk het, nee wag, toe ek nog op skool was en ons iewers in 1996 of 1997 ‘n tweede handse rekenaar by iemand oorgekoop het, het ek ‘n sekere speletjie op die rekenaar ontdek. Dis ‘n speletjie met ‘n klomp blokkies op. As jy regs click met jou muis, dan plaas jy vlaggies op die blokkies.
Twee tipes vlaggies – rooi vlaggies en dan swart vlaggies as ek reg onthou. As jy op sommige blokkies druk, dan maak dit ‘n hele rits blokkies oop met niks onder hulle nie en ander maak nommertjies oop – een’s en twee’s. Niks wat ek ooit op die speletjie gedoen het, het OOIT sin gemaak nie. Ek het probeer om die reëls te lees en het later uitgewerk dat die syfertjies wat ontbloot word vir jou ‘n indikasie gee van die hoeveelheid bomme wat naby jou gekose blokkies is.
Die rooi vlaggies beteken jy merk waar jy DINK die bomme is, en die swart vlaggies die area’s wat jy reken bom-vry is. So kap ek altyd aan met die speletjie, verstaan glad niks van die reëls nie en trap altyd een of ander bom af, al analiseer ek die nommertjies en merk die blokkies wat ek dink bomme het.
Hierdie afgelope week of twee het dit vir my gevoel of ek ‘n soortgelyke speletjie in die regte lewe speel. Ok, sedert begin Desember 2021 al, voel dit of ons in hierdie realiteitsding vasgevang is. Die bomme wat ek probeer mis? Die gevreesde virus van die Pandemie waarin ons onsself bevind. Jy sien, maak nie saak HOE versigtig jy die reëls probeer volg en die spel probeer speel nie, dis net ‘n kwessie van tyd voor jy ‘n bom gaan aftrap.
Jy lees die reëls, dink jy verstaan en volg dit, merk wat jy reken bomme is met vlaggies en dit wat jy as veilig sien met die ander kleur vlaggies. Maar helaas, jy vat vir ‘n oomblik jou oog van die spel af en daar is dit so. Jy trap op hom. Die bom gaan af. Jou man toets positief.Die ding is in jou huis. Die ding wat niemand kan sien nie is nou hier.
Jy freak uit want jy weet nie wat om te verwag nie. Hy is NOOIT siek nie. Nou lê en slaap hy vir ure in die dag. Al die verantwoordelikhede van ouerskap kom op die een wat nie siek is nie neer. Liewe aarde, ek het soos ‘n enkelma gevoel op ‘n stadium. Dit was glad nie pret nie, laat ek jou vertel.
Nog erger vir my is om hom so te sien. Ek huil kort-kort en gaan doen dit maar in die badkamer waar niemand my kan sien nie. Ek wil nie hom ontstel nie. Wil nie die kinders ontstel nie. Ek moet sterk staan, hulle versorg. Sorg dat hy eet, medisyne kry, rus. Die duiwel kom kort-kort met jok stories in my gedagtes.
Hy probeer my selfs oortuig dat my man dit nie gaan maak nie. Hy het eintlik dit baie lig gehad en sy simptome was nie so woes soos mens ander hoor praat het nie. Tog val ek hook, line & sinker vir die leuen. Dit laat my nog meer uitfreak.
Ek slaap saam met die kinders in hul kamer. Ons moet mos isoleer van hom af. My arms raak seer van sleg en min slaap. My rug voel styf en verslaap omdat ek op ‘n matras, wat nie myne is nie, slaap. Jy sien, my matras voel of hy homself so om my lyf vou as ek gaan lê. Ek mis dit. So drie aande se min of geen slaap los my in trane. Ek is huilerig, kry niks uitgerig wat werk aanbetref nie. Ek besluit by myself, bogger daai liefde vanaand slaap ek in my eie bed.
Dis die Maandagaand. Die volgende dag voel ek soos ‘n nuwe mens. My arms is nie meer seer van sleg slaap nie. Dis vreemd maar dit pyn altyd as ek deur druk tye gaan, en nog bo op dit alles wanneer ek sleg slaap. Dank die Here vir my matras en ‘n goeie nag se rus!
Een of ander stadium hoor ek ‘n liedjie op Spotify speel. Jeremy Camp se Out of my hands. Ek het al voorheen die liedjie gehoor, as ‘n gunsteling gemerk en hy kom gereeld op my playlists op. Maar die keer is dit asof die Here met MY praat. Ek luister aandagtig na die woorde.
Ek besef die hele Pandemie, die virus, die bomme wat mens so probeer mis, is iets waaroor niemand van ons beheer het nie. Dis nie in ons hande nie. Maak nie saak HOE hard jy probeer nie, jy kan nie die onvermeidelike vermy nie…..
Ek luister aandagtig na die woorde. Take this out of my hands hoor ek Jeremy Camp sing. Out of my hands and into Yours…..ek staan ‘n oomblik stil en LUISTER net wat die Here vir my probeer sê hieroor…..Hy is in beheer ALTYD en niks is te groot vir Hom nie. Ons moet net oorgee dat Hy dit kan hanteer namens ons.
Saterdag 4 Desember 2021. Dis ‘n lieflike oggend. Effens bewolk en koel wat baie welkom is na die drukkende hitte van die vorige paar dae. Oudergewoonte stop & parkeer daar karre by Eden Leersentrum om die jaarlikse toekenningsoggend by te woon.
Maar die keer is dit anders, anders vir ons gesin. Dis ons kinders se laaste toekenningsoggend en konsert by Eden. Hoekom? vra jy dalk. My antwoord? Die kinders word groot. Franco, my oudste is klaar met laerskool.
Jy sien, ons almal het geweet hierdie dag gaan kom, sedert 2016 wat ons die kinders daar ingeskryf het, het ons geweet die dag gaan kom. Tog het ons besluit om dit te vermy en nie die ding in die gesig te staar nie. Nie aan hom aandag te gee nie.
Dis verder nog meer anders en vreemd, want dis net ek en die kinders daar. My man kon nie dit bywoon nie want hy het positief getoets vir die virus en self-isoleer in ons huis, apart van ons, sodat ons die oggend kan bywoon. Ons het ook gaan toets en was negatief en kon ons dus met ‘n geruste hart (soort van en vir wat dit werd is) die dag bywoon.
My hart breek vir hom, want hy kon nie hul laaste opvoerings, woorde wat gespreek was, liedjies wat gesing was of dansies wat opgevoer was beleef en ervaar nie. Hy moes alles met ‘n video aanskou, videos wat ek met my selfoon geneem het en per Whatsapp aan hom gestuur het. Ek hou my afstand, hou my masker op, vermy fisiese kontak met almal. Nog iets wat vreemd is vir my.
‘n Vriendin stap nader en waai vir my. Ek sien sy wil my ‘n drukkie gee. Ek keer haar vinnig. My hart krimp ineen, my liefdestaal kry nie kos op ‘n dag soos vandag nie, juis die dag wat ek dit die nodigste het. Die moeilikste dag wat ek gehoop het nooit sou arriveer nie.
Die opvoerings en rympies en gediggies wat die kinders opsê verloop seepglad. Niemand vergeet hul woorde nie. Almal praat mooi en duidelik terwyl die reën by tye saggies neer sif. Sertifikate word uitgedeel, kinders staan trots vir hul foto’s saam met hul juffrouens, sertifikaat in die hand.
Die oggend se verrigtinge gaan verby, vinniger as wat mens sou verwag. Toe is dit nou so. Die tyd om te groet het aangebreek. Met trane in my oë loop ek na die eerste juffrou toe, bedank haar vir alles wat sy gedoen het. Ek kan nie dit keer nie, die trane en emosie oorweldig my.
Ek loop na die ander juffrouens toe, al huilende bedank ek hulle vir alles wat hulle gedoen het. Dis so ‘n bitter-soet oomblik. Die kinders word groot, ons moet aanbeweeg. Die fase is verby vir ewig. Tog is dit so bitter moeilik om te groet en totsiens te sê.
Michélle Nortjé – hierdie is net ‘n ietsie wat ek kon gee uit die diepte van my hart uit om jou te bedank vir dit wat julle vir ons kinders gedoen en beteken het oor al die jare. Mag die Here Eden Leersentrum net nog meer seën en laat groei van krag tot krag.
Die is vir seker nie Vaarwel nie, maar net ‘n Totsiens. Tot wedersiens. Die einde van ‘n seisoen kom altyd en ons moet ook die nuwe seisoen met ope arms aangryp. Bitter-soet, dit is hoe ek die oorgang van hierdie een seisoen na die volgende sou beskryf….
“Hou jou rug reguit wanneer jy die kettlebell swing doen.” Instruksies wat deur Tonia, ons afrigter by Cross Fit gegee word. “Jy moet jou tegniek reg kry anders gaan jy jou rug seermaak. Moet nie jou rug agteroor buig nie.”
Ek hoor wat sy sê en selfs terwyl ek oefen, is dit asof die Heilige Gees in my gees net laat val dat ek hieroor moet blog. Die tydsberekening is nie wat wonders nie want ek sweet, sukkel om asem te haal en is in die middel van ‘n tegniek wat ek probeer leer met geen hande beskikbaar (of penne) om nota’s te maak nie. MAAR ek het geleer om mental notes te maak.
‘n Paar dae gaan verby en weer die afgelope Maandag (gister om presies te wees) sê sy dieselfde ding. Nou begin ek lag (stil-weg by myself natuurlik want NIEMAND om my gaan die persoonlike grappie wat ek met die Here deel verstaan nie en die oefening wat ons besig is om te doen is vir seker nie ‘n lag wêrd nie) en ek sê vir Hom, OK dis reg so Here, ek sal hieroor blog. So hier is ek nou besig om hieroor te blog.
Wat die Here vir my gewys het oor dit, is dat, wanneer jou fisiese liggaam oefeninge doen en jy doen dit verkeerd, gaan jou spiere in spasma in en gewoonlik dan kan jy nie behoorlik loop nie en ook nie jou take verrig soos jy veronderstel is om dit te doen nie. Jy hoef ook egter glad nie die verkeerde beweging of oefening oor en oor te herhaal vir so iets om te gebeur nie. Nee, slegs so min as een keer se verkeerde beweging kan jou verskriklike pyn laat ervaar….en omdat ons liggame so wonderlik geskape is om jou te waarsku wanneer jy iets verkeerd doen, stop ons gewoonlik waarmee ons besig is en vat dinge rustiger vir ‘n paar dae tot die spasma uitgesorteer en weg is.
Die volgende vraag of ding wat ek in my gees ervaar, is, is dit nie dieselfde met ons emosionele mens en gees mens nie? Seker eerder die emosionele mens (die een waar al ons emosies en gevoelens plaas vind – daar waar ons die moegheid, angs, geluk of ekstase ervaar) sou ek sê.
Jy sien, God het ons liggaam, siel EN gees geskape. Die sielsdimensie is die een wat uitgeput raak, sonder lewenslus dag in en dag uit deur swoeg en sweet, mismoedig raak, enige negatiewe ding, in my opinie gebeur hier (natuurlik die positiewe gevoelens en emosies gebeur ook hier – ek is seker jy verstaan wat ek bedoel).
Wanneer jou emosionele mens agteroor buig (jy kan maar erken, ons almal is op een of ander manier people pleasers) maak jy soms jou “spiere” seer wat jy daar gebruik. Die verskil tussen hierdie persoon en ons fisiese liggaam, is dat ons soms sukkel om te onderskei en identifiseer wanneer die emosionele persoon seergekry het en in pyn is. Ons weet nie wanneer ons daardie persoon moet laat rus en NIE die oefening herhaal wat die pyn aangewakker het in die eerste plek nie.
MAAR, wat doen ons? Ons gaan bloot net aan en aan en aan. Wanneer dit vakansies is of oor naweke, wonder mens soms hoekom jy nie behoorlik kan slaap nie of hoekom jy skuldig voel omdat jy rus of iets doen anders as werk. Ek weet ek is een van hulle!
Vir my persoonlik, was 2020, die Pandemie en die hard lockdown of grendeltyd (dit klink mooier in Afrikaans maar was glad nie ‘n mooi tyd nie), ‘n rugbreker tyd. Dit was die spreekwoordelike strooihalm wat die kameel se rug gebreek het. Dit is hoe ek (en ek is seker die hele wêreld) dit ervaar het. Ek gaan nie eens sê “meeste van ons” nie, soos wat ek al te gereeld lees in artikels of hoor op video’s wat mense maak. Nee, ek maak ‘n standpunt hier dat dit ALMAL geaffekteer het.
Deur dit alles was God goed vir my. Hy is steeds, tot op hede, besig om my stadig maar seker te genees op ‘n emosionele vlak. Van al die agteroor buig oor al die jare, nie net gedurende 2020 nie. Ek meen, in ons lyn van werk gaan ons die ekstra myl (dis hoe ons dit sien en ervaar) en doen baie goed uit geloof uit, net vir dit om terug gegooi te word in ons gesigte propvol kritiek en in sommige gevalle sonder om vergoed te word vir ons tyd. Dit gebeur nie altyd nie en is vir seker in die minderheid (dis so min dit kan seker op een hand getel word reken ek). Maar die kere wat dit wel gebeur, maak dit so seer dat jy voel of jy in ‘n grot moet gaan wegkruip en wag vir die sneeustorm om verby te woed.
Ek het al oor en oor hierdie gesprek met die Here gehad – HOEKOM maak die minderheid so seer? HOEKOM affekteer dit ons so erg op ‘n emosionele vlak? Ek het nie dadelik my antwoord gekry nie, maar terwyl ek die beroemde kettle bell swings gedoen het laas week en gister, het ek wel my antwoord gekry.
Jy sien, dis eintlik baie eenvoudig. Dit vat net een, of 2 of 10 verkeerde bewegings om jou amper lam te lê (nie regtig lam nie maar dit affekteer jou in so ‘n mate dat jy nie soos normaal kan funksioneer nie) en dit is dieselfde beginsel wat van toepassing is op ‘n emosionele vlak. Selfs al is die mense wat mens seermaak in die minderheid, maak dit steeds seer, soveel so dat ons voel of ons nie kan aangaan nie.
Wat ek wel geleer het van hierdie hele ervaring is, dat as ek so voel oor iets, dan moet ek begin luister vir my emosionele spiere en dadelik ophou waarmee ek besig is. Dit gaan my so negatief affekteer dat ek nie konstruktief iets sal KAN doen vir die meerderheid mense wat nie mens seermaak nie.…
Dit is wel makliker gesê as gedaan, dit sal ek vir seker erken. Maar, dag-vir-dag is die Here besig om my te genees, my te leer om op te hou doen wat ek nie moet doen nie, wat om te los en waarop om wel te fokus. As Hy dit vir my kan doen, kan Hy dit vir seker vir ENIGE IEMAND doen. Ons moet net LEER om Hom te VERTROU en te luister na die instinkte en boodskappe wat Hy aanwakker in ons Gees. Op die ou einde van die dag is dit tog maar ons Geestelike mens wat ons lei en as ons nie in sync is met die Here nie, dan gaan die resultate nie wees soos Hy dit bedoel het nie.
Na wat voel soos ‘n ewigheid (wat eintlik net ‘n week was sedert ek my eerste advertensie gedoen het) is die aanlyn winkel REG! Ek het dit met my eie twee hande gedoen en laat ek jou vertel, dis nie noodwendig moeilik nie maar dit vat tyd.
So tussen alles deur die afgelope week, onder andere die belastingopgawe sperdatum wat ek aan moes aandag gee, het ek tyd gemaak en daaraan gewerk en kan ek nou trots sê dat ALLES – digitaal asook fisiese items, is nou beskikbaar op hierdie blad.
Na ek my advertensie vrygestel het laas week Sondag het daar sommer heelwat Whatsapp boodskappe deur gekom van mense wat belangstel en bestellings via Whatsapp wou deurgee. Die positiewe reaksie het my absoluut oorweldig en het my genoodsaak om DADELIK ‘n boodskap met instruksies te stuur in die lyn van dat ek slegs per e-pos bestellings sal neem en dat voorraad slegs op bestelling aangekoop gaan word.
Vinnig is daardie voorneme by die voordeur uitgewaai met die tornado genaamd Realiteit. Jy sien, die Realiteit is, dat ek nog ‘n bestelvorm moet ontwerp en hoe moet dit lyk??? Hoe maak EK seker dat EK nie verkeerde goed bestel nie? Hoe kry ek dit by mense uit? So maal al die vrae deur my kop.
Net toe ek weer op moedverloor se vlakte sit (wat baie was tydens die projek) por die Heilige Gees my aan. Jy kan nie so ver kom en NOU moed op gee nie. Daar is REGTIG mense wat SAL baat hierby. Jy moet deur druk.
Ek deel my mismoedigheid met iemand baie na aan my (sy is meer soos my klein sussie of vriendin as ‘n werknemer), en sy vertel vir my dat sy in die week gelees het dat God does not call the equipped, He equips the called. Ek sit vir ‘n oomblik stil en lees dit. Ek verstaan en hoor, maar tog stuur ek ‘n boodskap terug met emoji gesiggies wat strome trane huil want dis net hoe ek voel.
Ek besluit om voort te beur en net te ophou dink aan HOE ek alles gaan doen en HOE dit gaan werk. Die Here sal wragties nie so iets net uit niks uit laat gebeur as ek dit nie kan hanteer nie. My antwoord aan almal as hulle vra maar hoekom en hoe het die reeks ontstaan, is my antwoord dood eenvoudig – dit het net gebeur. Ek het dit glad nie deurdink nie. Net gedoen. As ek daaroor gedink het, sou ek dit vir seker nie gedoen het nie.
Ek los julle nou op ‘n nat koue Saterdagmiddag vanuit Noord-Wes (dit reën by ons as jy gewonder het). Gaan kies die menu bo, gaan browse deur my winkel en bestel as jy dit op jou hart voel om iets te bestel. As jy in die Harties omgewing is, kies collection opsie met die uitteken proses en ek sal jou kontak en by jou uitkry wanneer ek in die Harties omgewing is. Diegene wat in die Magalies, Hekpoort, Skeerpoort en ander omliggende areas is kan ook die collection opsie kies en dan sal ons ‘n datum afspreek wat dit afgehaal kan word by my.
Ek plaas eerskomende Maandag, 29 November 2021 my eerste bestelling by die drukkers. As alles goed gaan en hulle het nie load shedding nie (iets waaroor ek nou nog bid ook want ek weet net die Here sal my nie teleurstel nie) behoort ek dit binne 5 tot 7 werksdae na dit te ontvang, dus rondom 7 of 8 Desember 2021.
Ek gaan dan die week daarna, 6 Desember 2021 weer ‘n bestelling plaas sodat dit weer teen middel Desember 2021 reg sal wees. Dit sal my laaste bestellings en lewering vir 2021 wees, so moet nie uitmis om jou werkspasie vir 2022 mooi te maak nie, of om die laaste klein ietsie “geskenkerigs” te kry vir Kersfees nie!
Alle eer aan God en die Heilige Gees wat my deurentyd gelei het in die proses. Sonder Hom sou ek NIKS kan doen nie, want ek is vir seker nie so tech-savvy soos mense wat die vir ‘n lewe doen nie. Verskoon asb. die Afrikaans en Engels gemeng op die blad (by die “menu” opsies), ek werk daaraan om al die hoof bladsye nog te vertaal sodat alles in beide Afrikaans en Engels daar is.
Kan ek vir jou vertel hoe het Mnr. Twyfel probeer om die Pienk Vere te vertrap en te verpletter in my gedagtes sedert ek die voorbeelde gaan afhaal het by die drukkers laas week? Hy kom en saai twyfel tussen dit wat die Here op my hart gelê het, en amper, net so bietjie AMPER het die twyfel onkruid opgekom en die Pienk Vere verdruk.
Vanoggend sit ons in die kerk, by Doxa Deo Hartbeespoort kampus. Kobus Windt marsjeer oudergewoonte op en af op die verhoog (by gebrek aan ‘n beter woord vir daar waar hy nou eintlik op staan – ek sien dit as ‘n verhoog en is nou nie seker of daar een of ander fêncy woord is wat ander mense sou gebruik nie). Hy is passievol en gebruik voorbeelde wat mens mee kan vereenselwig om te VERSTAAN wat die Here vir jou probeer sê.
Hy sê mos altyd – as jy in ‘n garage slaap maak dit jou nie ‘n kar nie, net so is dit van toepassing op ons Christenskap. Jy kan nie NET Sondae kerk toe kom en jouself ‘n Christen noem nie. Jy moet dit UITLEEF. Vandag se boodskap was geen uitsondering nie en het vir seker weer God se boodskap oorgedra.
Die naam van die Reeks wat behandel word is Reageer. Ons moet reageer op God se stem. Soos wat ek sit en luister en nota’s maak in my boekie, hoor ek hoe die Heilige Gees met my praat en die onkruiddoder spuit op die twyfel plante wat probeer opkom. Hy druk op my hart om te sê “Dit is wat Ek wil hê JY moet doen.”
Net vanoggend toe ek regmaak vir kerk, kom twyfel weer en probeer weer net nog ‘n ietsie vir oulaas saai in my gedagtes. Die gedagte? Hoe kan die Here JOU gebruik, regtig? Jy kry dan amper niks in jou lewe reg nie? Jou YouTube video’s wat jy gemaak het, het jy dan self ‘n “epic fail” genoem en daaroor gelag. Wat maak jou so “special” en anders as ander mense? Jy ken dan nie eens die Bybel boeke in volgorde uit jou kop uit nie. Nie eens te praat van die Bybel nie.
So gaan die gedagtes aan en aan. Maar die Here is getrou. In die diens kom bevestig Hy vir my wat dit ís wat ek moet doen. Ek moet díe doen, ek het ‘n demografiese area van mense, Beroepsvrouens, wie die Here wil bereik. As ek dit nie gaan doen nie, wie gaan dit dan doen?
Vir die eerste keer sedert ek die blog begin het, praat die Here met my deur ‘n Afrikaanse liedjie. Terwyl Kobus afsluit, stap die worship (worshipklink net so mooi vir my)span op die verhoog. Carindé sing in haar nagtegal stem Stuur My, so passievol, jy kan sommer sien sy loop oor van die Here. Hy nooi ons uit, as jy voel jy wil ‘n impak maak op ‘n sekere demografiese omgewing, staan op terwyl hulle dit sing.
Ek wil amper dadelik opstaan, maar is soos gewoonlik self-bewus. Hoekom weet ek nie, want NIEMAND in die kerk kyk wie staan op en wie sit nie. Ek vra my man of het ek reg gehoor – mag ons opstaan? Hy antwoord my nie dadelik nie, sit met sy oë toe en luister en aanbid die Here. Na ‘n rukkie hoor ek hom sê – jy mag opstaan.
Ek staan op, en die oomblik toe ek dit doen, ervaar ek die Heilige Gees tasbaar in my wese. My oë skiet vol trane. Nie hartseer trane nie, net trane wat ek GEEN beheer oor het nie. Uit ervaring WEET ek net, dis die Heilige Gees. Ek is op die regte pad, ek doen wat die Here van my verwag om te doen.
Met dit gesê, sluit ek af met wat ek dink beter YouTube video’s is. Korter video’s wat elke item individueel verduidelik. Ek is besig om die pryslyste uit te werk en gaan dit net doen. Ek gaan nie tegnies raak en my Rekeningkundige skills probeer toepas en allerhande gekompliseerde formules probeer bereken nie. Ek gaan net die Here vertrou. Hy sal dit laat gebeur soos dit moet. Dit gaan in elkgeval oor Hom en nie oor my nie, so waaroor twyfel ek?
Met hoë verwagtinge het ek hierdie perfekte plan in my kop gehad om ‘n YouTube advertensie te maak van die Pienk Vere Reeks wat besig is om te verander in iets wat net ‘n gedagte en droom was na iets tasbaar en werklik.
Kan ek net vir jou vertel? Daai ballon propvol verwagtinge was in ‘n oogwink gebars met die spelt genaamd REALITEIT. Jy sien, ek het ‘n day job ook wat ek moet handhaaf, so ek het nie tyd om te sit en speel op sagteware programme om goed te edit tot dit perfek en reg is volgens dit wat in my kop is nie.
Ek het die Engelse weergawe van die video seker nagenoeg 10 keer (dit voel soos 500 keer en was dalk nie eens so baie as 10 keer nie maar vir seker meer as 3 keer) probeer opneem. Elke keer as ek lekker op spoed is, dan stap iemand in, of iemand skree iets uit ‘n ander kamer uit (ons almal doen dit so geen judgement hier nie), of die foon lui, of die hond blaf te hard of die pappagaai raas te veel of die karre ZOEM net te hard en vinnig verby.
Gister oggend, toe die huis stil was en almal weg was iewers heen, toe besluit ek dis nou SO. Ek probeer sedert verlede Saterdag, na ek die proewe opgetel het, om die video te maak en kry dit net vervlaks nie reg nie. Gister was dit nou die spreekwoordelike D-dag. Ek neem hom op (eers vir die hoeveelste keer in Engels) en Afrikaans slegs een keer en ek het besluit dis dit. Ek doen hom nie weer nie. Hy word so aan die wêreld bekend gestel net soos hy is want dis hoe dit is.
Ek nooi jou uit, as jy op Facebook is (ek sukkel regtig nog met Instagram en julle mag my nie veroordeel vir dit ook nie), om my blad te gaan like en voel vry om die inskrywing te deel met ander of net die YouTube video. Ek is ook besig om die winkel op Facebook op te stel en hoop wragties hulle het dit nou goed gekeur, as dit nie goedgekeur is nie sal ek ‘n ander plan maak om bestellings te neem.
Met dit gesê sluit ek hierdie inskrywing af. Ek hoop nie ek word te veel veroordeel vir my poging tot ‘n YouTube video nie. Dit is my eerste keer en ek is nie een vir die kamera kyk en praat en goed nie, so julle sien nie my gesig nie maar sal darem my stem kan hoor……
Hierdie gaan seker die kortste inskrywing nog wees! Na wat vir ewig gevoel het, het ek een van die eerste platforms gekoppel gekry en live gekry om te kan bekendstel….
Die naam van die platform is Buy me a Coffee….op hierdie platform gaan digitale ontwerpe bekend gestel word.
So sonder om nog verder iets te tik – kies die skakel hier onder en gaan besigtig my verwelkomingsblad (dit is daar slegs in Engels gedoen).
Die digitale ontwerpe is in beide Afrikaans en in Engels – so moet nie bekommer nie, die Afrikaans gaan nie verlore nie….dis net makliker om op hierdie platform in Engels te kommunikeer….
Met dit gesê – gaan geniet dit wat beskikbaar gestel is!
Dis tyd vir die Grand Finalé! Drum roll please…..Die oomblik waarvoor almal stil-stil gewag het en net een persoon, Lynn Grobler, bereid was om uit te vra op Facebook…..The great reveal! Die rede vir die lang wag sal jul wel beter verstaan soos wat julle die inskrywing lees….
Met dit gesê, kan ek maar ophou kripties wees en voel ek dat ek nou kan PRAAT met ALMAL oor dit wat die Here op my hart gelê het! Die Pienk vere was eintlik net ‘n clue van die nuwe seisoen van Beroepsvrou en wat deel gaan word van die logo en net alles wat saam met dit saam gaan.
Laas naweek het Francis Hartzer (Woordkuns) reg geraai waaroor die pienk vere gaan. Maar ek het probeer bluf, ek weet nie of ek dit reg gekry het nie. Dis ‘n Flamink. Jy sien, deesdae is ek net vir een of ander rede versot op Flaminke. Die pienk en die mooi trek net my aandag.
Ek het een van Woordkuns se Bible journaling kits gedoen wat ‘n Flamink in gehad het. Maar dit was voor ek so Flaminke begin opmerk het. Op daardie stadium, toe ek die bladsy gedoen het, het ek hierdie vooropgestelde idee gehad dat ek NIKS in my nuwe Illustrating bybel gaan plak nie. NEE ek gaan net verf en teken.
Ha ha, grootste grap ooit! Want toe woon ek die Adorned kamp by en toe is dit verby. Ek het oor my vooropgestelde idee gekom. Nou Francis se kit het ‘n flamink plakker in gehad wat jy kan plak op die bladsy.
Die skrif van die kit? Jesaja 60:1-2. Hoe meer ek die skrif lees, hoe meer verstaan ek hoekom sy die assosiasie met die Flamink gemaak het en hoekom ek daardie skrif gebruik in hierdie projek en self verder die konnetasie met Flaminke kon maak. Daardie is net een van hierdie GROOT en Powerful teksverse.
Die oorhoofse boodskap in my baie geheimsinnige projek kom uit Kolossense 3:23-24. Doen jou werk ALTYD asof vir die Here en nie vir mense nie. Want, jy dien die Here al rapporteer jy aan ‘n mens. Dis nou my vereenvoudigde vertaling van die skrif en wat EK uit dit neem.
Die blog is tog Beroepsvrou nie waar nie? Ons almal werk vir iemand. Sommige vir onsself maar eintlik vir kliënte, ander vir base, ander is tuisteskeppers. Maar op die ou einde van die dag het ons almal iemand aan wie ons rapporteer op aarde. Maar God is bo alles op aarde, so eintlik rapporteer ons aan Hom.
Die doel van hierdie inskrywing is om die kriptiese boodskappe te ontrafel en bekend te maak. Sooooo…..met dit gesê. Dit wat die Here op my hart gelê het om te doen, is om artikels te druk en te bemark met skrif op – gerig op Beroepsvrouens. Ongeag wat jy doen. Of jy voel jy is net ‘n sekretaresse of jy is net die grootbaas van ‘n organisasie. Net so tussen ons – niemand is net iemand nie. Jy IS iemand.
Elke maand van 2022 gaan ‘n bepaalde teksvers hê en dan het die Here dit op my hart gelê om te blog daaroor. Meer in diepte in te gaan oor dit. Die mense wie die Here wil bereik is ALLE beroepsvrouens, en, selfs al sit jy nie pal agter ‘n rekenaar nie, is daar tog ietsie wat jy sal kan gebruik.
Ek het probeer dink aan ‘n rympie vir 2022, maar kon aan niks in Afrikaans dink nie. Jy sien (en die moet jy nou engels lees anders gaan dit glad nie sin maak nie) – 2020 was the year of plenty – wat opgeëindig het in plenty of washing, plenty of school work, plenty of everything we did not have planned.
2021 was geen uitsondering nie, maar ek het dit proklameer as 2021 the year we get things done. En dit was toe so gewees! Is steeds! Goed wat ons in en om die huis nooit by uitgekom het nie, het gebeur, sommer vroeg in Januarie al. En as ek terug kyk na die jaar wat verby is, en met net so bietjie minder as 2 maande oor om nog doelwitte te bereik, staan ek in verbasing oor alles wat gebeur het.
Wat is my rympie vir 2022? Kyk ek het gedink en gedink. Al wat ek mee kon opkom, was iets wat ek uit ‘n kinderrympie onthou van toe ek groot geword het, wat klaarblyklik niemand anders ken nie (my man het my vreemd aangekyk toe ek dit sê en nog iemand – ek kan nie onthou wie nie).
2022 Buckle my shoe (van die rympie – One two, buckle my shoe, three four, knock on the door….) . Ek sit vir lank en dink daaroor, hoekom buckle my shoe? Toe val dit net so in my gees. Ons moet ons skoene van ons wapenrusting aantrek en vasmaak. Jy moet die Skoene aantrek van bereidheid om die Evangelie van Vrede te verkondig sodat jy kan vas staan teen die aanslae van die vyand. Efés 6:15 as jy gewonder het waar dit in die Bybel staan…
Terug by die items wat gemaak gaan word – die mikpunt is om ‘n A3 tafelkalender (deskpad) te druk (hy is die een wat die skrifverse op gaan hê). Dan sal daar nog ‘n notaboek wees, ‘n mousepad (ek weet nou wragties nie WAT dit in Afrikaans is nie – ‘n muishuis klink nie reg nie), ‘n klein kalender wat soos ‘n tent staan (wat hoeka ‘n tent calendar genoem word) en natuurlik bietjie digitale goedjies ook om jou rekenaar en selfoon te versier.Op die Adorned kamp het die Here dit ook op my hart gelê om voorskote te laat maak en borduur en ek is opgewonde om te sê die eerste (klein) besending het gearriveer!
Ek sal nog ‘n meer in diepte blog doen oor die agtergrond van hoekom ek WAT gekies het, anders is die net te lank om te lees. Maar, hier is ‘n fun fact oor Flaminke. Een wat ek uit my seun se een feite boek uit gekry het (hy was van kleins af versot op feite en is nogsteeds).
Weet jy hoekom Flaminke se vere so pienk is? Daar is Betakaroteen in hul kos. As hulle na ‘n ander plek met ander voeding sou skuif, sal hul vere grys word. Flaminke in dieretuine kry wortelsap om hul vere pienk te hou. Bron: Helen Lewis se Vinnige Feite.
Dit bring my by die volgende ding wat die Here in my gees laat val het – sommer net so sonder dat ek te veel daaroor gedink het. Waarmee vul jy jou gees op? Vertoon jy grys vir die wêreld? Hoe PIENK is jou vere vir die Here? Eet jy baie geestelike kos wat jou vere pienk hou of eet jy min of niks wat dit vaal en grys laat vertoon?
Jy moet nou onthou, jy kan nie elke dan en wan ietsie geesteliks inkry nie. Dis ‘n konstante voeding wat sorg dat die vere pienk bly. Ek vra weer – hoe pienk is jou vere vir die Here?I am SOLD OUT….dans die woorde weer deur my kop. My vere is beslis PIENK vir die Here en ek is UITVERKOOP om Jesus te volg. Altyd. Ongeag die omstandighede.
Ek sal binnekort die platforms bekendstel waar die betrokke items aangeskaf kan word (ek werk nog daaraan en daarom dat die slot hoofstuk so bietjie langer geneem het om te publiseer) en wil nou nie hierdie soos ‘n Verimark advertensie laat klink nie….But wait, there’s MORE! Met dit gesê sluit ek die Grand Finalé af en weet ek sommer net dat almal so opgewonde sal wees oor dit wat pas bekend gemaak is, soos wat ek is!
In a world full of followers, I’ll be a leader! In a world full of doubters I’ll be a believer! I am stepping out without a hesitation ’cause my soul is like a stadium! Nananananana na naananana (woorde wat ek nie kan onthou nie en saam sing op die maat van die musiek)…..I’m SOLD OUT!!!
So loop en sing ek die liedjie van Hawk Nelson se Sold Out vir dae, nee wag weke. Elke keer as ek by my rekenaar sit, gaan soek ek die liedjie op Spotify en speel hom. Ek dans lekker saam in my stoel terwyl ek hom luister en my day job doen.
Ek gaan Google die woorde. Lees dit. Jitte maar dit voel vir my of hierdie liedjie geskryf is net vir my, vir hierdie geheimsinnige projek wat ek bietjie vir bietjie met die wêreld deel…Dis net soos in, WOW. Ek kan nie anders as om so te voel nie. Ek is totaal uitverkoop aan Jesus! Was nog altyd maar nou NOG meer as voorheen.
Elke keer as Twyfel in my ore iets probeer fluister, gaan lees ek die skrif wat die Here vir my gegee het vir die projek. Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. Jes. 43:18-19 AFR53.
Met so ‘n magtige skrifvers, hoe kan mens enigsins DINK aan Twyfel en luister vir hom? Dan dink ek aan die ander bevestiging wat ek ontvang het. Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. Jer. 29:11 AFR53.
Wow! Met dit gesê stoom ek voort met die projek. Op ‘n mission soos mens sou sê….I am SOLD OUT…..nannnannanna nana SOLD OUT! Sing ek verder terwyl ek werk aan die projek….Die Here gaan die pad maak in die Wildernis!
Die afgelope week was ek een oggend baie vroeg wakker. Iets wat lank laas gebeur het. Ek voel verbasend goed en besluit om op te staan. Om te lê en wag vir die son om op te kom is tyd mors. Ek skuif agter my rekenaar in en besluit om kwotasies te begin kry vir die projek.
Ek gaan op Facebook, doen ‘n Google search. Jy noem dit ek doen dit. Vra vir almal dit, dat en die volgende. Sommige mense verstaan glad nie wat ek vra nie en dan kom Twyfel weer en raas in my ore. Is ék nie TE spesifiek nie? Is dit nie te vroeg die oggend dat ek eintlik nog slaap en nie behoorlik kan tik nie? So gaan die vrae aan en aan.
Dit voel of ek baksteen muur na baksteen muur tref. Asof dinge net nie wil gebeur nie. Het ek nou wragties geld en tyd gemors met die projek? Het ek nou verniet myself opgewonde gemaak oor die Hemelse download wat die Here vir my gegee het? Ek voel so bietjie deflated die week. Gee so te sê moed op.
Dan kom die e-pos deur van iemand af – hy kan vir my die goed druk soos ek dit wil hê. Geen probleem nie. Net nie groter nie (wat ek nie wil hê nie want dis weer te groot). Ek sit weer met my hande in my hare van pure ongeloof. Kan dit waar wees? Gaan dit regtig gebeur?
Ek bevestig met hom dat ek my ontwerpe die naweek sal finaliseer. Jy sien dis mos weer maandeinde EN einde van die jaar madness wat begin manifesteer voel dit vir my. Ek is alweer soos Stukkie van der Merwe – almal wil ‘n stukkie hê. Net gou-gou dit en vinnig dat.
Ek praat met nog iemand, sy stel voor ek doen ‘n katalogus. Ek dink by myself – HOE? Ek wou die goed laat maak het en dan ‘n video maak en dit so bemark. Liewe aarde ek weet nie eens HOEVEEL om te laat maak nie? Watter prys vra ek? Hoeveel gaan dit my kos? Net nou sit ek met ‘n hoop goed en dan gaan ek dit gebruik tot die wederkoms as dit nie verkoop nie.
Soos wat die projek die einde van sy aanloopbaan bereik en reg is om op te styg, hoor ek iets. ‘n Moewiese geraas. Jitte maar dit raas in my ore. Ek sit vir ‘n oomblik stil. Dan besef ek – dis Chaos en Twyfel wat so raas.
Ek maak seker ek het reg gehoor. MOET ek doen wat die Here op my hart lê? Het ek regtig reg gehoor? Is dit nie net ek wat weer carried away raak met iets wat vir my lekker is nie? Raak ek nie weer opgewonde omdat dit nou iets ANDERS is as my gewone daaglikse take nie?
Net soos wat ek amper ingee en swig onder die druk van Chaos en Twyfel (en amper opgee in die proses), HOOR ek weer die Here se stem. Hy stuur vir my bevestiging. Op so ‘n unieke manier wat ek nog nooit ervaar het nie. Die bevestiging kom in die vorm van 2 skrif verse in drie verskillende boodskappe. Die verse oorvleuel in die drie boodskappe wat ek ontvang.Ek hoop dit wat ek probeer sê maak sin. Lang en kort is – boodskap 1 het ‘n bepaalde vers gehad. Boodskap 2 het boodskap 1 se vers gehad en nog een. Boodskap 3 het boodskap 2 se nuwe vers wat nie in Boodskap 1 was nie in gehad. Hoe is daai nou vir ‘n riddle? Amper iets soos my man se vrou se tannie se man se kind se hond se kinderopasser.
Wow, as ek nou ooit gewonder het dan weet ek nou! Dis so! Ek MOET hierdie doen. Dis wat die Here wil hê. Soos wat ek werk aan my day job laat val die Here kort-kort goed in my gees. Ek gryp my dedicated notaboek en maak nota’s soos wat ek dit kry en dan gaan ek weer aan met my day job. Jy weet – die een wat die kos op die tafel sit en die verband betaal – daai day job.
Liewe aarde ek het nog nooit so iets in my lewe ervaar nie! Dis ‘n warboel van GOED. Doen dit, doen dat, maak so en so. Dit voel omtrent of ek nie kan voorbly nie! Dis soos hierdie Hemelse download wat die Here net GEE. Wat ek daarmee gaan doen is vir my om te besluit. Ignoreer ek dit of neem ek die geloofstap?
Ek gesels alweer met Anri. Sy stel voor dat dit wat ek doen nie saam tweetalig gedoen moet word nie (ek weet dis super kritpies hier maar in die slot hoofstuk sal jy beter verstaan waarvan ek praat). Dit maak dit cluttered en deurmekaar en lyk net nie mooi nie. Ek luister en stem in, ek het gedink ek spaar tyd (en geld) maar eintlik verwoes dit net die hele effek om alles in te probeer druk.
Soos wat ek weer aan die projek werk, is dit asof die Here vir my wys juis hoekom ek die twee dames deel gemaak het van die projek. Jy sien, die een is Afrikaans en die ander een Engels. Dit was nou glad nie vooraf besluit nie. Dit het net so gebeur.
Na my onlange onderonsie met tegnologie het die Here dit op my hart gelê om iets te doen. Ok eintlik VOOR die rekenaar onderonsie was dit alreeds op my hart gelê. Maar, voor die rekenaar episode was ek maar BAIE skepties oor die konsep wat Hy wil hê ek moet doen. Ek het dit met twee mense na aan my gedeel en hulle was amper meer opgewonde as ek oor dit wat die Here op my hart gelê het om te doen! Net so, wiep wap mielie pap, het ek ‘n span van twee mense wat my help om met kritiese oë na die projek te kyk voor die groot launch.
Jy sien, Hy is besig met ‘n nuwe seisoen vir my. Ek was nie seker presies wat dit was nie, is deesdae steeds nie aldag seker nie. Maar ek kan dit VOEL. Hier binne in my gees VOEL ek dit! Ek weet nie hoe anders om dit te beskryf as hierdie ongelooflike kalmte binne my al roep chaos oral om my heen nie.
Dit beteken vir seker nie dat ek nou skielik all high & mighty is en nie panic by tye oor seker goed nie. Nee, ek het, ongelukkig nog OOMBLIKKE. Maar die OOMBLIKKE oorheers nie my lewe nie. Nie soos altyd nie.
Ek begin werk aan die projek, gesels met selektiewe mense, want, die Here het dit op my hart gelê om dit nie met ALMAL te deel soos wat ek gewoonlik doen nie. Nee, ek moet voelers uitsteek en paar mense vra wat hulle dink van die konsep en van daar af werk.
So gebeur dit dat ek met Anri van Painted Lemons gesels en haar vra om my logo elektronies te doen. One thing leads to another en toe ek weer sien trek ek haar in by my ontwerp! Iets waaroor ek bitter dankbaar is. Jy sien, sy het ‘n geoefende oog met ontwerp en is nie bang om haar opinie te gee nie.
Ek is gretig om te leer en gryp elke stukkie opbouende kritiek wat geuiter word aan en maak stelselmatig die veranderinge. Sy lei my so wonderlik in die proses en gee soveel waardevolle insette oor alles. Van die ontwerp tot die formaat, ag sommer net alles!
Elke liewe oomblik wat ek het, wat my eie tyd is, word aangewend tot die projek. Ek werk vir kort rukkies op weeksaande, wat my frustreer om twee redes – die eerste een is dat teen die tyd dat ek hierby uitkom is ek poegaai na die dag se werk en net alles wat gedoen moes word vir die betrokke dag. Die ander frustrasie is die min tyd wat ek het om iets te doen maar ook eintlik nie te doen nie jy weet?
Laas naweek sit ek omtrent die hele Sondag en werk aan die projek. Uiteindelik is ek klaar! Ek weet nie of ek moet lag of huil nie want dis nou so. Skaars 2 of 3 weke ná ek die taak aangepak het, wat so oorweldigend en net TE gevoel het, is dit klaar. Ek weet nie hoe dit moontlik is nie, maar dis klaar.
Ek het die crash oorleef. Nie ‘n voertuig crash of vliegtuig crash nie. Nee. My rekenaar se crash. Ja jy lees korrek – die rekenaar. Ek weet eerlik waar nie wat klink beter in Afrikaans as net plein weg crash nie….vir die tweede keer in my lewe as ‘n besigheidseienaar gebeur so iets.
Die eerste keer was 15 jaar gelede en laat ek jou vertel, ek het NIE dit hanteer soos wat ek nou dit hanteer het nie. Ek was ontsteld en het die HELE TYD gehuil! Kosbare tyd en energie vermors op goed wat BUITE my beheer was.
Die keer was anders. Dis ‘n nuwe skootrekenaar (hoe hou jy van die suiwer Afrikaans vir Laptop?), skaars 3 maande oud. Geen werkdata verloor nie, maar ander persoonlike en besigheidsdata (wat ek ewe slim besluit het om op my C: te stoor a.g.v. die sensitiwiteit van die inligting) is verlore.
Maar tog was als nie verlore nie, as dit sin maak? My e-posse is op ‘n web-gebasseerde platvorm, so ek het eintlik net BAIE OU e-posse verloor van langer as so 4 jaar terug. Laat ek eerder sê ek het nie toegang tot dit huidiglik nie. Dis seker ok want daardie inligting is nie regtig relevant nie jy weet?
Al die besigheidsdokumente is op e-pos op die web, ek moet dit net weer gaan soek en stoor soos ek altyd gedoen het. Die gapings opvul van wanneer ek die nuwe rekenaar gekry het tot nou toe. Lang en kort is, ek KAN om dit werk. Dis ‘n pyn in die nek maar dit kan gedoen word! My grootste frustrasie? Om vir 3 dae nie te kan werk nie terwyl ons data probeer afhaal van die ander rekenaar af, opstel op ‘n ander rekenaar, internet skakels van plekke wat ek gebruik vir werk probeer onthou en weer book mark op die internet, ens.
Ek vertel vir die mense wat vir ons werk, dit voel of ek ‘n nuwe werk begin het! Ek is hier, verdien ‘n salaris maar doen NIKS om by te dra om die salaris te betaal nie! Ek het omtrent verlore en magteloos gevoel, sonder enige iemand om my in ‘n rigting te stuur oor wat om te doen.
Hierdie hele week speel daar ‘n liedjie in my kop. Matthew West se Brand New. Ek kon nie verstaan WAT God vir my probeer vertel met die liedjie nie? As jy na die woorde luister, is dit, in my opinie, meer van toepassing op iemand wat hul lewe onlangs na Jesus gedraai het.
Diep binne in my gees voel ek die Here druk op my hart om dinge te doen waaroor ek vir so lank al bid. Dinge wat Hy sê MOET gebeur. Dinge waaroor ek getwyfel het oor of ek REG GEHOOR het oor wat om te doen. Hy stuur vir my 2 verse as bevestiging. Maar die een vers oorvleuel oor twee boodskappe as dit nou sin maak? Ek het 3 verskillende boodskappe by verskillende mense gekry en een van die boodskappe, toevallig die tweede een, het beide verse in gehad.
Toe ek besef wat besig was om te gebeur met die rekenaar, begin ek bid. Ek salf die ding. Ek bind die werke van die vyand, want ek het gedink dit was hy wat my probeer keer om te doen wat die Here op my hart gelê het om te doen. Ek het net nie die knoffel gebruik om die vampiere weg te hou nie (soos wat sommige mites mense probeer wysmaak)…..ek was gefrustreerd maar kalm op dieselfde tyd. Ek was nog nooit so kalm oor iets voorheen in my lewe soos wat ek die week was nie. Onthou nou – die is ‘n GROOT ding – dis my WERK LEWE wat in rookwalms opgaan voel dit vir my!
Maar, hoe meer ek oor dit dink, hoe meer besef ek dat God toegelaat het dat dit gebeur! Hy het orde vir my kom skep, want Hy het gesien ek kry dit nie reg nie! Jy sien, ek het hierdie sisteem op Outlook gehad. Dit het fantasties vir my gewerk, of so het ek gedink. Maar daardie sisteem was eintlik besig om my in die grond in te boor wat veroorsaak het dat ek nie effektief kon funksioneer nie.
Ek het steeds meerderheid van die tyd oorweldig gevoel en in ‘n dwaal….ek het steeds gehandel soos ek gedoen het in 2020 tot ‘n mindere mate. Gedoen wat ek moes om te oorleef maar nie regtig mylpale gehaal en vordering gemaak nie! Ek moet sê ek geniet nogal die Here se sin vir humor! Hy forseer my nou om op papier te skryf, veral werksgoed….ek het voorheen lysies gemaak. Maar my lysies het lysies begin kry en dit was net oral….op klein papiertjies, post it notes, ou papier. Noem dit en dit het ‘n lysie van een of ander aard op gehad!
Jy sien, wat ek besef het was, ons is so afhanklik van tegnologie om orde te skep en wanneer tegnologie ons faal, dan is ons verlore. Die Sierboom wat ek is het VERLORE gevoel en buite beheer. Ek voel hoe die Here se Gees op my hart druk om net te LUISTER wat Hy wil hê ek moet doen. “Skep orde op die manier hoe ek jou geleer het, lank terug reeds.” hoor ek die fluistering in my siel. “Skryf dit neer, merk dit af as dit klaar is. Bly gefokus op wat jy moet doen wanneer dit tyd is om die taak te doen.”
Skielik besef ek HOEKOM die liedjie die heeltyd in my kop maal hierdie week. Dis omdat God iets nuuts wil doen. Hy is besig om my te vernuwe op verskillende vlakke wat ek nie geweet het verbetering en vernuwing nodig het nie.
He’s making you new….He is making you brand new! Hoor ek die woorde draai en draai in my gedagtes. “Ek weet Here. Ek verstaan.” is my antwoord. Hier is op die vernuwing wat besig is om te gebeur! Mag God se naam ALTYD verheerlik word, veral dit wat Hy op my hart druk om te doen.
Die Here het al lank dit op my hart gelê om hierdie inskrywing te maak. Op die Adorned kamp wat ek begin September bygewoon het, het ek met iemand gesels en soos wat ek praat, kom die woorde net uit oor hoe dit gebeur dat ek kan skryf. Vir diegene wat nie weet van die kamp nie, gaan lees gerus die inskrywing oor Heart, Heartbeat, Rhythm.
Goed, so terug by die storie wat ek op die kamp vertel het. Ek het met Lynn Grobler van Journaling on the Way gesels. Ek noem toe vir haar dat ek oortuig is dat my werksagtergrond my die voorsprong gee om te kan skryf. Sy was nogals verbaas toe ek dit gesê het. Dit, saam met die feit dat, ek dink my ma ‘n hidden talent gehad het om te skryf en ek dit by haar geërf het….
Jy sien, my ma het vir ons drie dogters elkeen op ons 21steverjaarsdae, briewe geskryf. Dit was vir my so mooi en spesiaal, want, ons het nooit sulke gesprekke in lewende lywe gehad nie. Dit was meer in skrif gekommunikeer as ek nou reg kan onthou. Later het gesprekke ontaard in sms boodskappe, e-posse, Whatsapps. Nie noodwendig DIEP goed altyd nie, maar goed wat net vir my persoonlik makliker is om te hanteer in skrif as in lewende lywe – as dit nou sin maak wat ek hier probeer sê.
Goed, so my opleiding as ‘n Leerlingrekenmeester, het my geleer dat, my leêr vir homself moet praat. Sonder dat ek as mens ‘n woord uiter, moet my oudit leêr op sy eie twee spreekwoordelike voete kan staan. Hy moet vir die gebruiker, wat redelike kennis en agtergrond het, kan verduidelik wat my professionele opinie was en hoekom ek sekere toetse uitgevoer het en gevolgtrekkings gemaak het.
Ai, daar klink ek nou amper soos ‘n Oudit Standaard!! Maar ek het dit baie ernstig opgeneem. Omdat my leêrs ook nagesien kan word deur die professionele instansies waaraan ek behoort, het ek die erns van die saak gesien. Goed moet reg gedoen word die eerste keer! Ek het ook opleiding gedoen om te verseker dat ek relevant en op datum bly, en ook omdat my kwalifikasies hope en hope ure se opleiding elke jaar vereis het.
Toe ek my eie praktyk begin, het ek nog meer opleiding opgesoek, want nou was EK die vennoot. EK moet sorg dat alles reg is! Weet jy watter groot taak is dit en hoeveel onsekerheid skep dit? Nie te min, so kom ek by Probeta uit wat opleiding aanbetref. Ek woon gereeld hul sessies by wat van toepassing is op my praktyk en ek moet sê, DIT het my ook die voorsprong gegee om te kan skryf. Die opleiding wat ek ontvang het.
Die instansie waaraan ek behoort, SAICA, het, genadiglik in 2020 die reëls rondom opleiding verander – net op die regte tyd want dit was net voor die Pandemie alles omver kom gooi het. Dit maak die lewe vir seker makliker, alhoewel ons almal onseker was oor wat om te doen en hoe dit werk. Sodra jy verandering embrace dan is dit nie meer so oorweldigend nie.Wat ek ook geleer het met tyd is, as jy teachable is of leerbaar, dan kom jy baie verder in die lewe as wanneer jy deur die lewe gaan met ‘n alomwetende uitkyk. Niemand kan jou leer as jy nie geleer WIL word nie….
In 2021 verander die reëls ALWEER…die keer is die vereiste Continuous Ethical Training oor 12 maande. Ja, ek erken, ek het my oë gerol. Want wragties. Net NOG iets om in te pas in ‘n propvol skedule. En ethics van alle dinge? Moet ons CA’s REGTIG geleer word om eties op te tree? Dis ingebrand in my hart in om ALTYD die regte ding te probeer doen, al kyk niemand nie. Ek kan regtig nooit ander mense verstaan as hulle nie soos ek dink en optree nie. Nie te min.
So stel ek die heel jaar uit om die taak te begin en dis bloot oor die onsekerheid wat heers rondom dit. Probeta stuur ‘n e-pos oor ‘n twaalf maande program wat hulle aanbied wat aan SAICA se vereistes voldoen. Ek lees hul bemarking en besluit dat DIT is wat ek gaan doen. Ek gaan nie self oor 12 maande eers PROBEER om hierdie continuous ding aan te pak nie. Ek weet sommer op my eie gaan ek op my gesig val en dan is dit ‘n storie en ‘n half om dit reg gestel te kry.
Ek besluit toe om vir die heel beste opsie te gaan wat hul aanbied, die een wat in diepte ingaan. Ek is mos die baas en ek moet goed WEET sodat ek ander kan oplei, so dit help nie eens ek mors my tyd met die eerste opsie nie. Nie dat dit tydmors is nie, ek glo jy verstaan wat ek bedoel. Ek het die grof geskud nodig jy weet? As ek nou so daarna kan verwys!
Nou ja, een maand na ek opgeteken het vir die program, kom ek uiteindelik aan die gang. Ok, drie weke na dit, einde September. Ek begin dit aanpak en diep binne in my gees begin ek opgewonde raak oor opleiding. Seriously WIE raak opgewonde oor OPLEIDING van alle dinge?
Die tema? Authentic journalling. My man lag en sê dit klink soos iets wat vroumense van sal hou om te doen. Ek rol my oë en besluit om net aan te gaan, ek het mos nou commit tot die ding en ek moet dit doen, anders is ek nie geldig by SAICA nie. Ek doen my Tall Trees Analysis – die analise van jou karakter omgeskakel in die bome se formate gebasseer op Hettie Brittz se boeke Kweek kinders met karakter.
Ek kry my analise terug, lees deur die verslag en staan verstom. Dit som my op, tot op die punt. Dis asof Hettie oorkant my gesit het en ‘n onderhoud met my gevoer het en my opgesom het. Ek gaan terug na my verslag van 2019 en sien dat my profiel verander het. “Dis vreemd.” dink ek by myself. Ek kontak Lynette Berger van Probeta dadelik per e-pos. Half bekommerd en verbaas op dieselfde tyd.
Haar terugvoer? Mens se profiel kan verander en daarom dat jy dit gereeld moet doen om seker te maak jy ken jouself en weet hoe om werksituasies te hanteer. Ek begin toe redeneer by myself HOEKOM my profiel sou verander. Die antwoord? Die Pandemie. Die Pandemie en alles wat saam met dit gaan het ALMAL se lewens kom verander.
Vanmiddag (ja op ‘n Saterdagmiddag) kyk ek die inleidingsvideo van die Authentic journalling en soos wat sy praat en goed verduidelik, begin soveel meer goed sin maak vir my en hoe my blog inskrywings vorm vat en realiseer. Jy sien, vir my, begin die woorde rond draai in my kop. Die konsep begin DAAR as ‘n gedagte. Maar, as ek nie die gedagte neerpen nie, dan begin dit cluttered raak in my brein.
Dis dan gewoonlik wanneer mens oorweldig begin voel en dan net vir jou rekenaar se skerm begin staar en eintlik nie weet waar om te begin nie. MAAR, as jy begin om ‘n lysie te maak van dit wat gedoen moet word, kanaliseer jy jou gedagtes in geskrewe vorm. Lynette beskryf soveel goed so mooi in daardie video – vir die wat moet etiese opleiding doen, gaan kyk gerus, dan sal jy beter verstaan.
Maar weet jy wat is my probleem? My lysies begin lysies kry vir lysies van lysies se lysies wat gedoen moet word. Ja, lag lekker, ons ALMAL het lysies vir lysies! Soos Lynette dit noem, die geskrewe vorm is die fisiese manifestasie van iets wat in jou gedagtes was, of soos ek ook daarna verwys, in my gees.
Ek besef ook nou, dat 2020 vir my een GROOT uitdaging was. Ek haal nou nog werk in van 2020. Jy sien, vir ‘n Sierboompie, dis nou ek, WERK iets soos ‘n Pandemie net GLAD nie. Alles voel buite beheer. Jy kom op ‘n punt dat jy NET DIE NODIGSTE doen. Maar net die nodigste, val nie noodwendig in die kwadrant wat dit moet wees vir jou om as mens optimaal te kan funksioneer nie.
“Kwadrant?” vra jy nou. “Ja” is my antwoord, “kwadrant”. Lynette verduidelik in haar video dat jou tyd wat jy spandeer aan goed in vier kwadrante opgedeel kan word. Vir die wat nou heeltemal verlore is, vat ‘n bladsy en deel hom op in vier. Trek ‘n lyn in die middel van die bladsy van bo na onder en weer in die middel van die bladsy van links na regs. Een blokkie is ‘n kwadrant….
Elke blokkie het ‘n naam. Dis een van vier – Belangrik & dringend, Belangrik & nie-dringend, Nie-belangrik & dringend en laastens Nie-belangrik & nie-dringend nie. As jou tyd in een van die laaste twee kwadrante val, dan heers daar gewoonlik chaos in jou lewe. Hierdie kan ek beaam – dis hoe 2020 vir my was. Ek het meer bekommer oor die wasgoed wat gaan ophoop as om werk te doen en die huis wat ek kon HOOR vuil word soos wat almal rond beweeg elke dag. Ek kon net nie funksioneer nie.
Met die dat ek op my manier journal op hierdie platvorm, het die Here my gehelp om orde te skep. Natuurlik is daar BAIE goed waaroor ek nie kan blog nie, want dis net te persoonlik om met die hele wêreld te deel. Wat ek ook besef het, is dat as jy nie andersins tyd maak om dit met die Here te deel in skriftelike formaat nie, jy jouself eintlik maar blootstel aan skinder en bespreking.
Ja, jy het reg gelees. Ons almal faal gereeld – ons vertel net gou-gou ietsie van iemand wat ietsie gedoen het. As jy nie waak nie, word dit skinder. Ek besef nou, dat, ek nog meer gereeld gaan moet journal om hierdie gedagtes, wat Lynette ook as energie beskryf, uit te kanaliseer, sodat dit nie my hart verswart nie. Ek weet emosies is energie en kom emosies nie maar uit gedagtes uit nie? Eintlik is ons mense net een groot bondel energie wat reg gekanaliseer moet word.
Eers as ons op daardie punt kom, kan die Here ons werklik gebruik waarvoor Hy ons op aarde geplaas het. Tot dan, is ons maar soos golfies wat rond gewaai word deur die wind….lang en die kort van hierdie nie so kort inskrywing? Gaan kanaliseer jou energie sodat jy dit positief kan gebruik!! Ek is ongelooflik opgewonde oor hierdie reis wat die Here my op het. Ek is opgewonde oor hierdie opleiding, want ek weet, na dit, kan ek nie anders as om changed (dit klink net beter hier in Engels) anderkant uit te stap nie.
Alle eer kom altyd na God toe. Hy gee ons die gawes om ander te kan bedien en te help en te lei na Hom toe. Ons moet die saad saai, en wanneer die tyd reg is, sal die Heilige Gees dit water gee en dan sal dit ontkiem in die mense in wie se lewens ons saad gesaai het.
Super opgewonde deel ek die elektroniese logo van hierdie blad. Wat begin het as ‘n konsep het die Here so mooi omgeskakel in elektroniese formaat om op hierdie platform te kan gebruik.
As jy kyk na die een wat ek met die hand geteken het in Maart en dit vergelyk met die elektroniese een wat Anri Erasmus van Painted Lemons vir my gedoen het, sal jy die verskille duidelik opmerk.
Soos wat ek met haar gesels oor die logo en sy haar opinie en mening gee, besef ek net weer dat mens met iets begin. In jou kop is dit hoe dit gaan lyk en jy pen dit neer. Maar soos wat tyd aangaan, besef jy net weer dat die konsep NOOIT die finale produk kan voorstel nie. Dis hoekom dit ‘n konsep is.
Die Here laat val in my gees dat, alhoewel die eerste een my poging uit my hand was, die finale een wat nou elektronies is, uit Sy hand is en dat dit is hoe Hy dit vir my wil hê. Hy wys vir my dat ek vasgelê het wat Hy daar wou gehad het en dat dit tyd is om te verander.
Die pienk is wel daar, nie in ‘n blaartjie nie, maar in die skrif. Die sagtheid waarmee Hy ‘n vrou geskep het syfer deur op die prentjie. Die groen blare wat hartjie-vormig is, verteenwoordig ‘n plant wat ek op my lessennaar het. Hulle noem hom ‘n String of Hearts as ek dit nie mis het nie. Dit was een van my ma se gunsteling plante….
Op die oorspronklike logo het ek ‘n blommetjie-rige krulletjie-rige ding (ek weet eintlik nie WAT ek probeer het nie) ingesit. Soos wat ek met Anri gesels het, besef ek dat die voorwerp wat ek ingesit het, ‘n plekhouer was vir die Skrif wat die Here vir my gegee het.
Onthou nou, die skrif het eers in September na my gekom terwyl die oorspronklike logo in Maart reeds geteken was. Ek vergelyk weer die twee logo’s. Elkeen uniek en mooi op hul manier. Elkeen verteenwoordig wat die Here vir my gewys het. Die finale produk is fantasties, pragtig verby en ek kan nie ophou kyk nie. Ek is soos ‘n dogtertjie met ‘n nuwe Barbie pop. Ek wil net die logo gebruik op alles en wys vir almal en net super opgewonde raak oor alles wat die Here in my gees laat val oor wat nog gaan kom.
Dis groot en oorweldigend! Ek vat dit dag vir dag en stap vir stap. Hierdie olifant gaan ek met gemoedsrus aanpak stukkie-vir-stukkie en dag-vir-dag. Ek hoop jy wat hier lees geniet die logo se mooi so baie soos wat ek dit geniet!
Handelinge 1:9-11 vertel ons hoe Jesus weg gegaan het van die aarde af en dat twee engele vir Sy dissiples vertel dat Hy weer net so gaan terug kom aarde toe. Wow, ek dink by myself HOE AMAZING is dit nie net nie? Soos wat Hy weg gegaan het, so gaan Hy terugkom.
Ek het gister die absolute voorreg gehad om ‘n dag saam met ‘n goeie vriendin en haar dogter (en natuurlik my dogter) te spandeer en een van Thea van Rooyen van Thea se Poeierkamer se klasse by te woon. Dit was gereël en georganiseer deur Lynn Grobler van Journaling on the Way. In die klas het ons ALWEER iets gevou. Ek het lekker gelag, want daar was confusion maar nie soos toe ons die beroemde Junk journal gemaak het op die Adorned kamp nie.
Later toe ek met Thea gesels vind ek uit, dis HAAR ding. Om iets te vou in haar klasse voordat jy aangaan met die bladsy. Ek wil NOGSTEEDS weet HOE sy by die proses uitkom om die junk journal te vou en te plak….? Gister het ons ‘n koevert gevou wat skeef is (as jy OCD het dan is dit nou NIE die koevert om te vou NIE). Binne-in het sy ons SOAP laat doen. SOAP staan vir Scripture, Objective, Action & Prayer.
Ek moet bieg, die koevert se vou was verseker makliker as die junk journal. Seker omdat daar nie gom en 3 koeverte betrokke was nie. As jy nou nie hier verstaan nie, moet nie bekommer nie. Probeer net ‘n junk journal maak met 3 koeverte, gom (op net die regte plekke) en ou papier en dan sal jy verstaan waar die onsekerheid inkom.
Die boodskap gister was uit Handelinge uit. Sy het dit nogals mooi oopgebreek die skrif, op ‘n manier waaraan ek nooit voorheen gedink het nie. Hemelvaart is LAAAANKAL verby. Ons is nou tussen Hemelvaart en die Wederkoms hier op aarde. Wow, ek het nog nooit so daaraan gedink nie. Ons almal streef na heiligmaking, om soos Jesus te wees. Ons almal maak foute want ons is nie perfek nie. Ons is in hierdie wêreld maar nie van hierdie wêreld nie.
Die prentjie wat sy vir ons gee om te doen het wolke vir ‘n agtergrond. Enige kleur, nes jy wil. Met ‘n sjinees, soos sy die borseltjie noem wat ons gebruik om die agtergrond te doen in ons Bybels (hy is ingevoer van China af as jy gewonder het en is nie so genoem om enige iemand te beledig nie). Ek love die nuutste toevoeging tot my gadgets waarmee ek journal. Ek hou van gadgets op enige goeie dag. En as dit my kan help met journalling in my Bybel, soveel te meer!
Elkgeval, terug by die bladsy en haar boodskap. Sy vertel verder dat ons almal het ‘n nuwe adres en dat ons nie moet vergeet om die posseël te plak nie, want dis waarheen jou pos moet gaan. So al is jy op hierdie aarde, het jou adres verander, want jy is oppad boontoe. Hemel toe. Daarom die huisie met die ballonne van die fliek, UP.As jy gelukkig is in jou woning, dan versier jy dit mos mooi. Jy maak mooi tuin. So leer sy ons om ‘n blom te kap met ‘n hammer (nie die een waarmee jy spykers inkap nie – ‘n crafting een) en dan dit wat op die bladsy oor is te gebruik in ons bladsy….ek het nie myne gebruik nie, want my kap tegniek het nie so lekker gewerk nie….maar dit beteken hoegenaamd NIE dat ek NIE gelukkig is nie….hy werk net nie vir my op my bladsy nie….
Ek dink so oomblik na. Dis eintlik bitter eenvoudig. Die Here gebruik ons, stukkende mense in ‘n gebroke wêreld, om ‘n verskil te maak en mense na Hom toe te lei in die proses. Al is ons propvol foute, keer dit Hom nie om ons te gebruik nie. Ons moet net aanhou streef na Heiligmaking. Om vergifnis vra wanneer ons foute maak.
Dit laat my dink aan die liedjie van Matthew West. Broken Things. Ek luister na die woorde, dis so waar. Mag ons almal altyd onthou dat niemand perfek is nie. Maar mag ons onthou dat almal om vergifnis kan vra en dat ons moet vergewe soos wat Christus ons vergewe het en die wat teen Hom gesondig het. Moeilik nê? Maar so die moeite werd om by die eindbestemming uit te kom. Die hemel. Die ewige lewe.
You use broken things hardloop die woorde weer deur my kop. The first will be last and the last will be first……
Verbintenis. Lewenslange verbintenis. Die troumars begin speel (wat ek nie van hou nie by the way maar mee tevrede moes wees, want op wat anders loop mens in die kerk in?). Met blink oë agter ‘n sluier getooi, in wat ek dink ‘n stunning trourok is, probeer ek in die gang van die kerk afstap na my toekomstige man toe. Ek sê probeer, want my pa is so op sy senuwees, dat hy Usain Bolt se 100m rekord probeer verbysteek, voel dit vir my, terwyl ek agterna fladder (ok nie so erg nie, maar dit het gevoel of hy gehardloop het en nie geloop het nie).
My man staan daar voor in die kerk. Ons is kinderlik opgewonde vir die toekoms saam. Sy oë skiet vol trane toe hy my sien en kyk hoe ek nader stap. Die fotograaf vang die oomblik vas (op my versoek natuurlik). Ek kan vir altyd sy gesig onthou want ek kan gereeld na die foto kyk.
Dis warm. Ons trou in Brits. Dit voel soos ‘n hittegolf. 30 September 2006 was ‘n ONGELOOFLIKE warm dag. Toe ek by die tannie was wat my rok gemaak het, dring ek daarop aan om sykouse te dra. Ek het gedink ek gaan koud kry – ek kry mos altyd koud. Sy kyk so snaaks na my en sê iets in die lyn van dat ek te warm gaan kry onder die lae en lae net. Ek moet haar net glo. Dis mos winter terwyl die rok gemaak word, maar die seisoen gaan draai.
Daardie dag is ek haar ewig dankbaar dat sy my anders kon oortuig, want, vet weet, dis WARM onder al die lae net!! Die diens gaan verby en die dominee preek sy preek. Al wat ek van die preek onthou is dat hy die huwelik met ‘n sirkel vergelyk – of was dit nou die trou ringe? Geen begin en geen einde nie. Hy noem ook iets van dat ons huwelik ook soos ‘n driehoek gesien kan word. God staan bo en ons staan onder teenoor mekaar.
Hoe nader ons aan God beweeg hoe nader gaan ons aan mekaar beweeg. Natuurlik maak niks hiervan vir my sin nie, maar ek luister want Wiskundig maak dit sin wat hy verduidelik en ek kan so bietjie van Meetkunde onthou teen die tyd dat ons getrou het.
So gaan 15 jaar verby. In ‘n oogwink. Verby gevlieg! As ek terug kyk na waar ons was geestelik en waar ons nou is, kan ek net in verwondering staan en weet dat dit net Genade alleen is wat ons tot op hierdie punt gebring het.
Ons het vir seker baklei in die 15 jaar. Soms harde woorde gepraat, soms gedreig tot ons beide se verleentheid. Baie gehuil en nog meer gelag. Tussen dit alles deur, het die Here kort-kort ‘n afspraak met ons beide gehad. Op verskillende tye maar op net die regte tye sodat ons ritme weer net nog beter kon word as voorheen.
Terug by die troudag. Ek het genoem ek hou nie van die troumars nie. Ek wou ander agtergrond musiek laat speel en dan ‘n opname maak waar ek vir my man in my eie stem vertel hoe ek oor hom voel en wat hy vir my beteken. Dit het cool en romanties geklink toe ek hoor ‘n vriendin se sussie het dit gedoen. Ek wou my man verras.
Maar, ons kon nie daarop ooreenkom om enige ander musiek as die troumars te speel nie. Onthou net, hy het nie geweet ek wou die stemboodskap doen bo-oor die agtergrond musiek nie. Ek het ook nie tyd gehad om iemand te soek wat die klank vir my kon doen en die opname bo-oor kon layer sonder dat dit nie simpel klink nie. Onthou ook net 15 jaar terug was daar nie slimfone nie. Ek dink amper ek het net voor ons troue opgegradeer van ‘n Nokia 3310 af.
Deesdae kan mens dit self by die huis doen. As jy ‘n foon en ‘n rekenaar het, kan jy amper alles doen voel dit vir my. Nie te min. Vir jare was ek vies omdat ek nie ietsie wat ek voel MY stempel was kon sit in ons troudag in nie (daar is mos NIKS anders wat ek oor moes besluit het en gemaak het vir daardie dag nie nê? My stempel was reeds daar, maar ek het dit nie gesien nie).
Vandag, soos wat ek hierdie inskrywing maak, WEET ek dat ek nie emosioneel reg was vir so iets nie. Ek dink ek sou meer gedink het aan hoe aaklig my stem klink oor die luidspreker en hoe ek eintlik net ‘n klomp goed afgerammel het op die opname, en in die proses die kern van dit wat ek probeer doen mis.
So, ek is dankbaar. Dankbaar dat die Here my gered het van so ‘n amperse flater! Vroeër die jaar, dalk selfs laas jaar, hoor ek oor Spotify ‘n liedjie. Die woorde trek my aandag. Dis Commitment van Sanctus Real. Ek luister, speel hom weer. Dit tref my hart diep.
As ek ‘n liedjie kon kies waarmee ek in die kerk se gangetjie sou afstap, sal dit vir seker die een wees. Dit beskryf vir my so mooi wat dit beteken om verbind te wees aan iemand. As jy 25 jaar oud is en voor die kansel staan, het jy GEEN benul watter houe en balle die lewe na jou toe gaan gooi nie.
Jy weet ook nie hoe jy dit gaan hanteer nie. Maar met God saam, kan mens dit hanteer en staande bly. Dit voel vir seker soms of dit Us against the world is wanneer dit druk tyd is met wat ookal gebeur. Maar, God kom altyd deur vir ons. Hy voorsien nog altyd. Ons het niks te vrees nie want ons het HOM aan ons sy.
I wanna finish the way we started, just two broken souls clinging on to Jesus. We’ve seen His faithfulness and grace and I wanna love you that way weerklink die woorde van die liedjie deur my kop. My hart sing van vreugde soos wat ons nog ‘n keer ons beloftes voor God kan vier.
Hier is op nog 15×15 jaar saam! Mag God ons huwelik net NOG meer versterk en dieper laat groei soos wat ons nader aan Hom beweeg.
Die weke voor my 40ste verjaarsdag in April, was dit asof die Here vir my klem gelê het oor die nommer 40. Jy sien, 40 is in my opinie, in Bybelse terme, nogals groot en significant soos die Engelse sou sê.
Soos wat die dae verby gaan is dit asof elke stuk wat ons lees vir die kinders elke aand klem lê op 40. Die Israeliete wat vir 40 jaar in die woestyn rondgereis het, konings wat vir 40 jaar regeer het, Jesus wat vir 40 dae in die woestyn was, so gaan die lysie aan en aan.
Ek besluit toe om my boek nader te trek om die dieper betekenis van 40 te probeer bepaal en te probeer verstaan HOEKOM die Here dit op my hart gelê het. Die boek is in Engels geskryf en ek kwoteer dus die Engelse verduideliking.
The numeric association can be calculated by multiplying four (material completeness, worldly kingdom) with ten (fulfilment, completeness) which implies the fulfilment of worldly or material dominion (or trial).
Die boek verwys dan verder na die 40 jaar wat die Israeliete in die woestyn was, Moses se tyd in die woestyn voor hy die instruksie van God ontvang het om die Israeliete te bevry, Jesus se 40 dae in die woestyn en vele ander. Presies soos my vorige paragraaf.
Weer ‘n aanhaling uit die boek: This implies that natural circumstances have to fall in place (fulfilled, matured) so that you can be released to take up your place in your calling (or position of leadership and authority). It symbolises that the time of trial is over and the time of release has arrived. This is also the number of Judah (in Hebrew) whose name means praise the Lord or celebrate. This is also the number for milk (in Hebrew) which symbolises the foundation (basis) of the Word of God which gives people a basic understanding of the teachings of the Word.
Die skrif wat hierna aangehaal word is Hebreërs 5:12. Ek trek my foon nader om my elektroniese Bybel op te soek om te lees wat staan in die vers. Ek kan nie my fisiese Bybel nou gebruik nie, want dit lyk omtrent of ‘n ORKAAN my tafels waarop ek werk getref het. (ja tafels met ‘n s wat impliseer meer as een – die wat my ken sal verstaan hoe ek werk). Dis papiere orals, soos wat ek, wat vir my soos maande voel, probeer orde skep in my werk en goed gedoen kry en geprioritiseer kry volgens dringendheid. Hopies wat bymekaar gemaak word, in afwagting van inligting wat aangevra was, om my te herinner om op te volg met kliënte, sodat ek die goed kan doen en gefinaliseer kry.
Die Afrikaanse vertaling van 1953 lees as volg: Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.
Ek krap omtrent nou kop oor die vers. Ek besluit om hom te vergelyk met ander vertalings en weergawes, net om te verstaan wat dit is wat die Here vir my wil wys.
Die New International Version verduidelik hom as volg: In fact, though by this time you ought to be teachers, you need someone to teach you the elementary truths of God’s word all over again. You need milk not solid food!
Ek lees weer die verduideliking in my boek en dan snap ek dit!! Ons het almal as baba’s melk gedrink. Niemand het toe hulle gebore was fyn gemaakte pampoen of Purity geëet nie. Die moedersmelk (of in ander gevalle blik melk – maar melk bly melk) wat ons gedrink het, het ons die basis gegee om te kan groei en op ‘n punt te kan kom om wel die pampoen of Purity te eet.
Die vers impliseer nie dat mens op 40 nog nie reg is vir die spreekwoordelike grof geskud van God se woord nie. Nee, ek sien dit as volg – ons het tot nou toe melk gehad. God se woord ingeneem in makliker verteerbare happies en voedings. Dit is ons basis.
Ek lees verder in my boek. Daar is ‘n opskrif Maturity in Understanding. ‘n Simbolieke betekenis. It can be seen as the age of maturity, understanding and ability to rule, when a man reaches his intellectual prime. It also suggests completeness and conclusion (Num 32:13). It symbolises a period of rest (40 or 80 years). (Judg 3:11, 30; Judg 5:31; Judg 8:28).
Die teks in Numeri verwys na die toorn van die Here wat ontvlam het teenoor die Israeliete en dat Hy hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe het. Hy het dit gedoen tot die HELE geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die oë van die Here.
Sjoe!!!! Hy was BAIE KWAAD vir hulle! Ons almal weet hulle was ongehoorsaam en ons mis soms die skrif oor HOEKOM hulle in die woestyn in gegaan het en WAT God se plan was! Die Here moes skoonmaak, die wat oortree het moes eers doodgaan. Wow. Dis nogals groot….
Die skrif uit Rigters (ek moes eers my Bybel na Engels stel om Judges te vind en weer terug na Afrikaans om te weet wat die Afrikaanse naam van die boek was – lag maar, ek sukkel soms om te vertaal so vinnig terwyl ek tik). Terug na my punt wat ek wou maak, ek het besluit my vorige sin was eintlik te lank en deurmekaar om NOG verder te lees, ek moet nou ‘n hele nuwe paragraaf begin vir dit wat ek probeer sê!
Rigters 3:11 vertel ons die land moes vir veertig jaar rus. Vers 30 verwys na die land wat tagtig jaar moes rus. Al die ander teks in Rigters verwys na die land wat vir 40 jaar moes rus op verskillende tye van verskillende Rigters wat die volk gelei het.
Ek dink ‘n oomblik na oor die teks. Wat probeer die Here vir my sê? Soos wat ek dink en tik, voel ek die roering in my hart. Dis asof die Heilige Gees vir my wil wys dat die tyd voor veertig nog nie reg was nie. Ek was nog nie reg nie.
Miskien was ek soos ‘n stuk grond wat gerus het vir 40 jaar, as mens nou so daarna wil kyk. Ek weet net diep binne in my gees, toe die Here die eerste keer, op ‘n 27 jarige ouderdom vir my gewys het wat Sy planne vir my lewe was, was ek vir seker nie reg nie. Ek was nie mature genoeg nie. Nie volwasse nie.
Ek het tot nou toe net melk gedrink, dit bietjie vir bietjie ingeneem, verteer, oor nagedink en gegroei in die proses. Maar ek is nou reg, reg om die volgende stap te neem na volwassenheid en God se woord te verkondig op die manier wat Hy wil hê dit moet gebeur!
Hier is op 40! Being forty and fabulous (also known as Fortabulous!). Dankie Here vir die geleentheid om U instrument te wees. Mag ek altyd net verkondig wat U wil hê ek moet verkondig. Mag elke liewe mens altyd onthou dat die nie oor my gaan nie maar oor God. Alle eer kom Hom toe, ALTYD!
Net na my kamp, wat deur Adorned through Christ aangebied was, gesels ek met iemand oor die blog en die logo wat ek met die hand geskep het. Ek vertel haar dat ek nou glad nie vir haar kan sê HOEKOM ek hom geteken het soos ek gedoen het nie, dit het net gebeur.
So loop ek die hele week en dink oor die logo. Tussen werk deur, die ander inskrywing wat ek besig was om te formuleer oor die kamp, en deur persoonlike uitdagings, deur dit alles loop en dink ek heeltyd aan hom en wonder wat het die Here nou eintlik vir my probeer sê toe ek hom geteken het?
Doen ander mense dit ook? Loop en dink aan wat voel soos 10 miljoen goed? Liewe aarde, dankie tog ons kan nie almal se gedagtes sien nie, want dit sou cluttered gewees het!
Nie te min, soos wat ek dink, begin die Here in my hart werk. Die sirkel is Sy liefde. Geen begin of einde nie, dit gaan net aan. As ek dit nie mis het nie, was dit die kern van die boodskap op ons huweliksbevestiging amper 15 jaar gelede (30 September sal ons 15 jaar getroud wees….).
Die blaartjies op die sirkel is ook hartjies. Ek was nog van altyd af MAL oor hartjies, en sedert ek uitgewerk het hoe om ‘n hartjie met ‘n Brush tip pen van Fabercastel te maak, voel dit vir my dis AL wat ek doen! Elke i moet ‘n hartjie vir ‘n kolletjie hê…..hartjies simboliseer vir my liefde. En wat is God? God is liefde!
Die kleure – groen simboliseer lewe. Jy weet wanneer plante nuwe blare kry en so…..die pienk simboliseer vrou wees. Hulle is bo-op die sirkel geteken, want ons is in God en Hy in ons. Jy kan nie sien waar hulle begin of eindig nie…ek hoop dit maak nou sin wat ek hier sê.
Die skrif is net hoe ek nou daarvan hou om te journal in my Bybel. So bietjie mooi fêncy letters en ander meer gewoon. Dit simboliseer dat ons elkeen uniek is en anders geskape is. Elkeen is mooi op sy of haar manier.
Die krulletjie onder die woorde simboliseer die mooi van die lewe. Ek dink amper ek het dit op ‘n bottel room of iets iewers gesien eenkeer en besluit dit lyk vir my mooi….ek hou van florals en soos wat ek ouer word begin ek meer en meer van blommerige goed en patrone hou.
Ek hoop nou nie ek raak ou-tannie-rig omdat ek nou 40 is nie! Lank en kort is, al doen ons iets wat op ons hart gelê word, wat nie vir ons sin maak nie, het dit gewoonlik ‘n baie groter betekenis en die Here sal dit aan ons bekend maak wanneer die tyd reg is.
Die logo gaan getransformeer word in elektroniese formaat en sodra hy elektronies is sal ek hom bekendstel aan die lesers…. Ek het die logo in Maart al geteken en eers in September het die Here vir my die betekenis gewys…God is always terribly on time. Miskien sou ek dit nie lekker verstaan het of kon oordra in Maart nie. Wie weet?
Koebaai. Dis seker vir my die woord wat die beste beskryf wat jy aan iemand sê wat jy vir ‘n baie lang tyd (indien ooit) nie gaan sien nie. Nie Totsiens of Tot later of Bon Voyage nie. Nee, net plein KOEBAAI. Net dit.Maar dan gaan google ek Bon Voyage en sien dat jy dit iemand toewens wie op reis gaan. Used to express good wishes to someone about to set off on a journey.Om nou presies te wees met die woordeboek wat google uitgespoeg het. Maar dit voel nie reg nie want ek het altyd gedink jy sê dit vir iemand wat op reis gaan en weer terug kom. Hierdie groet is net ANDERS jy weet?
Jy sien, dis hoe ek gevoel het Sondag, toe ek my sussie, haar man en twee dogters gaan groet het vir die laaste keer. Liewe hemel weet, dit was erg vir my. Erg om te dink dis nou die laaste keer dat ek ‘n fleshy hug (die huidige Pandemie nou glad nie in ag genome hier nie), gaan kry by hulle.
Die pad van Pretoria na ons huis is lank. Dik oë se gehuil lank. Liters en liters trane. Kort-kort weer dink aan wat besig is om te gebeur, oë wat vol trane skiet. Nog ‘n tissue vat en WEER my neus blaas. Dis ‘n BAIE lang pad want almal is stil in die kar. Elkeen besig met hul eie gedagtes.
Teen die tyd dat ons tussen die eerste en tweede tolhek is op die snelweg, besluit ons om musiek te luister. Ek koppel my foon op die kar se radio (hy is mos fêncy met Bluetooth en al) en ons almal jive en sing saam. Ons lag en dis vir ‘n oomblik beter.
Ek het natuurlik ALMAL in trane gehad Sondag. Selfs my swaer het met tranerige oë na my gekyk toe ek aframmel hoe BAIE hy vir my beteken het. Dat hy een aand tot middernag gesit het en my geleer het hoe werk ‘n financial calculator want ek het eksamen geskryf die volgende dag. Ek het daardie vak nogals met ‘n onderskeiding geslaag (bewys dat my korttermyn geheue fantasties werk). Nie dat ek nou meer weet hoe hy werk nie by gesê. Maar dit daar gelaat…want dit gaan nie nou oor my vermoëns om ‘n financial calculator te werk nie.
My familie dink daar is fout met my. Eers dink almal dis oor die brief wat my ma geskryf het vir my sussie op haar 21ste verjaarsdag. Dit was toe nou glad nie dit nie. Ek het net begin huil want die oomblik was te groot vir my. My middelste sussie roep my eenkant en praat met my. Ek knik my kop want ek hoor en verstaan wat sy probeer sê. Huil net nog meer. Maar ek besef dat my eerste inskrywing oor immigrasie nie noodwendig reg gelees en geinterpreteer was nie. Ek is nie kwaad omdat hulle wil gaan nie, wil hulle nie hier hou vir myself nie. My hart is net stukkend.
Hoe verduidelik jy dit aan iemand? Dat jou hart so seer is dat jy huil en snik tot jy leeg is? My pa stuur kort-kort ‘n Whatsapp boodskap om te hoor of ek ok is. Bel my man om te hoor of ek ok is.Ek WEET my sussie hulle neem die besluit vir HUL gesin en ek kan nie iets anders sê hieroor nie, want ons elkeen lei ons eie lewens. Soos my vorige inskrywing was – ek weet glad nie presies waardeur hulle was of besig is om te gaan om so ‘n besluit te neem nie.
Ek is ok. Ek weet ek sal ok wees. Met tyd sal dit beter word. Maar vir hierdie oomblik, gaan ek, as ‘n mens deur God geskape, deur stap nommer-hoeveel-ookal van die rou-proses. Ek ervaar dit as ‘n rou-proses. Ek is net wragties realisties as ek sê ek dink nie ek gaan hulle weer sien nie. NZ is VER (jy sien ek weet nie eers HOE om die land se naam reg te spel nie so ek gebruik die afkorting – dis nie omdat ek dit nie WIL spel nie – ek weet nie nou op die oomblik dat ek die inskrywing maak nie want my brein voel soos ‘n sif met alles wat hy deur gaan en moet verwerk). Weet jy hoe ver is dit? Nee ek ook nie, ek weet net dat dit BAAAAAIE ver met ‘n LAAAANG vliegrit en baie duur vliegkaartjies is.
Ek dink, die rede hoekom my familie dink daar is fout met my, is omdat ons nie so “huilerig” groot geword het nie. Hierdie is nou bloot hoe ek my grootword jare ervaar het en ek is oortuig, soos in 100% nie 99,9% nie, dat my sussies dit weer anders ervaar het.
Jy sien, ek het NOOIT gehuil in ‘n hartseer fliek nie, om nou een voorbeeld te gee. Dit was hartseer en als, maar ek het stilweg aan die binnekant gehuil. Hoekom kan ek nie vir jou sê nie. Ons het net nie regtig ons emosies voor mekaar gewys nie. Dis nou hoe ek dit ervaar onthou.
Onthou ook nou dat ek die jongste is. So baie goed was anders toe ek 7 was as toe my oudste sussie 7 was. Sy was die oudste, ek die jongste….sy het meer verantwoordelikheid gehad as wat ek gehad het as gevolg van ons “rangorde” as ek dit nou so kan noem.
Ek kan dink dat dit ‘n skok vir hulle moes wees om my so te sien. So weerloos en “huilerig”. Iets wat hulle nie ken nie. Jy sien, ek het oor tyd geleer om ‘n brawe gesig voor te sit, al voel ek of ek in ‘n hopie wil sit en net tjank (by gebrek aan ‘n beter beskrywende woord). Want ek het gevoel ek moet sterk wees. Kan nie swakheid wys nie. Om te huil was vir my ‘n teken van swakheid.
Maar jy sien, met tyd, het ek ook geleer dat trane en huil God se meganisme is waarmee Hy ons elkeen geskep het, om ons harte skoon te maak. Letterlik skoon te huil. Hoekom voel mens beter na jy gehuil het? Ek is seker as jy die wetenskap agter dit gaan google sal daar weer een of ander hormoon wees wat afgeskei word na mens gehuil het.
Ek het dit nie gaan google nie so ek raai nou maar hier…maar nie te min – ek voel ALTYD beter na ek gehuil het. Die skrif van The joy always comes in the morning kom by my op. Dis hoe ek voel na ek gehuil het. Natuurlik is die oggende beter na so huil-sessie. Dik oë en al. Al sukkel ek om grimering op te sit want my oë is so puffy.
Vir seker so twee weke tevore hoor ek gereeld op Spotify die liedjie van King & Country – Relate. Die woorde wat my ore vang is “I don’t know what it is like to be you, you don’t know what it’s like to be me…”
Ek kyk dadelik die liedjie se naam, wil nie die awesome liedjie mis nie. Ek speel hom weer. Ek luister hom weer. Drink die woorde in. Luister hom weer, speel hom vir my man. Wow. Dis vir my so mooi. Hoe die kunstenaar eintlik wat ek probeer sê het nou in ander woorde gesit het.
Dan besef ek, DIS waaroor dit gaan. Ons moet probeer VERSTAAN waardeur ander mense gaan (iets wat al lank reeds op my hart lê en wat ek regtig probeer toepas). Al is dit nie wat ons besluit vir onsself nie, moet ons hul harte sien en verstaan. Stadig om te oordeel en te praat, vinnig om te verstaan. Is daar nie so ‘n skrif nie? Prediker of Spreuke iewers?Ek weet nie, maar ek gaan vir seker soek!
I don’t know what it’s like to be you,you don’t know what it is like to be me. But by the Grace of God we’ll see each other’s heart. Can you, can you relate?
Welcome to my blog and online store. All A4 and A5 notebooks as well as mousepads marked down by 15%. Visit the online store on this webpage today to view products available. Dismiss
Manage Cookie Consent
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs on this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
Functional
Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes.The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.