Posted on Leave a comment

Die spelfout

Vir 11 dae van April kyk ek na my tafelkalender (of desk pad soos ons almal dit maar eintlik noem) en ek mis net heeltemal die spelfout. Ek gebruik hom, maak nota’s, trek dae dood soos wat die tyd aanbeweeg en die lewe is ‘n spreekwoordelike lied.

Ek dink die Here het my oë toegehou vir die fout, net sodat ek ‘n lekker verjaarsdag kon hê. Want, die 12de April (die dag na ek verjaar het) vang my oog die spelfout. Dit lees Arpil 2022 en nie April 2022 soos dit veronderstel is om te wees nie. Die wêreld begin om my draai, ek voel hoe ek bleek raak, my mond word selfs droog.

Ek sit met my hande in my hare en dink by myself HOE HET EK DIT GEMIS? Weet jy hoeveel keer het ek dit nagesien? Selfs nog 2 pare oë gekry om te help proeflees. En ons almal het dit gemis!

Die volgende oomblik is dit asof Kritiek my om elke hoek en draai probeer voorkeer soos ‘n shady genadelose joernalis wat ‘n skandaal oopvlek. Die vrae is eindeloos. Hoe kon jy so ‘n groot fout gemis het? Is jy seker jy het dit nagegaan? Wat van die mense wat jou BETAAL het vir die desk pad? Wat gaan jy vir almal sê? Is daar nie dalk nog foute later die jaar nie? Wat van die wat jy mense mee geseën het? Wat gaan HULLE van dit dink?

Ek probeer die vrae wat op my gevuur word soos skote wat in ‘n ernstige oorlog geskiet word, antwoord. Ek koes sodat ek nie in die proses stukkend geskiet word nie. Ek is na aan trane, dit voel of alles wat ek voel uit God se hand na my toe kom, opgaan in vlamme.

Natuurlik kom die duiwel en probeer nog ‘n paar leuens vir my vertel. Soos dat ek eintlik verkeerd gehoor het by die Here oor die hele Pienk Vere reeks. Saam met dit word ek vertel dat ek eintlik maar simpel is om ‘n blog te hê. Wie stel nou eintlik belang in jou lewe en jou ervarings? Hoor ek die vyand se snedige kommentaar.

So draai die leuens in my kop al in die rondte. Ek bly eers stil en sê vir niemand iets nie. Bid stilweg dat NIEMAND anders die fout ontdek nie. Toe kon ek nie meer nie, ek moes net met IEMAND deel en toevallig bel ‘n vriendin (wat ook ‘n kliënt is) my. Ons gesels oor die werk en daar laat val ek die hele sak patats net so. Off topic en uit die bloute uit (soos wat ek maar maak).

Sy lag en bemoedig my, op die manier wat net hierdie rooikop kan doen. ‘n Paar dae later skraap ek moed bymekaar en wys vir nog iemand, vra my bediende om te kyk of sy dit kan sien, wys ‘n niggie aan my man se kant, en so gaan dit aan. Dis vrek snaaks om almal se reaksies dop te hou, want hulle vat dit ernstig.

Hulle oë gaan sommer op skrefies soos wat hulle die fynskrif deursoek en fynkam. Eers kyk hulle en sê hulle sien dit nie. Dan por ek hulle aan, kyk MOOI. Dis nie in die fyn skrif nie. Dan sien hulle dit. Sommige se oë rek groot, ander lag, ander slaan hul hande oor hul monde in verbasing.

Maar almal het dieselfde reaksie – ARPIL! Iewers na ek die fout gesien het, besluit ek om maar die moed bymekaar te skraap en my man te wys. Hy sien dit ook nie dadelik nie. Toe hy dit sien, grinnik hy net en skud sy kop in ongeloof.

Ek was natuurlik nog al die pad op self-punishment se roete, probeer die shady joernalis ontduik. Wat gaan die mense van my dink? Hulle gaan vir almal vertel hoe swak die produkte is en dan gaan ek met kratte vol voorraad sit en niks mee kan doen nie. Dis die gedagtes wat toe nou weer probeer tent opslaan by my. Iewers, na ek die fout met my man gedeel het, kom daar ‘n gedagte by my op.

Ek sê vir my man (of het hy dit vir my gesê? Ek weet nie aldag nie want ons gedagtes en woorde is so ineen verstrengel soms en ons dink so dieselfde), miskien moet ek ‘n kompetisie van dit maak? ‘n Notaboek as prys gee. So in die verbygaan praat ons met mekaar en ek hoor hom sê Dis nie ‘n slegte idee nie. Nou ja, toe laat ek nie gras onder my voete groei nie. Ek spring weg en ontwerp ‘n ding op Canva en besluit om twee kategorieë te skep vir wenners – siende dat ek die spelfout uit die mou gelaat het vir sommige mense en dus hulle nie kon insluit in die kompetisie nie.

Nou ja, die res is geskiedenis, mense het my post geshare en gelike op Facebook en Instagram. ‘n Paar mense het ander getag en so het die proses sy gang gegaan. Ek het doelbewus van sosiale media af gebly, want die eerste dag na ek die kompetisie begin het, het ek myself gekry dat ek elke paar minute gaan kyk het wat aangaan.

Dan raak ek frustreerd as mense nie vinnig genoeg reageer nie en as ek sien my post het nie ‘n reach van genoeg mense soos ek nou dink dit moet wees nie. Ek voel hoe die Heilige Gees sagkuns binne my werk en fluister. Hou op om heeltyd op sosiale media te gaan. Dit steel jou tyd. Fokus jy op jou werk. Ek sal sorg vir die res.

Liewe land, na ek die besluit geneem het, was dit nogals moeilik om nie terug te gaan soos ek ouder gewoonte elke oggend gedoen het nie. Ek het net opgegaan om nog advertensies te post en dan weer afgegaan, glad nie gekyk na die reaksies en kommentaar nie.

Dit was so bevrydend om van sosiale media af te wees, ek kan dit nie beskryf nie. Ek was nie, in my opinie, so aktief op Sosiale Media nie. So het ek gedink… Ek het mos nie elke dag iets gepost nie, net my blog se bladsy het so bietjie meer aandag geniet, want dis maar my metode om te adverteer en God se woord te versprei.

Toe ek begin om na my foon se statistieke te kyk van die tyd wat op watter toepassings (hoe is dit nou vir ‘n ordentlike Afrikaanse woord?) spandeer was, toe skrik ek. WANT….wat ek gedink het was net 5 of 10 minute was toe nou eintlik langer…ek reken ook hierdie is ‘n bespreking vir ‘n ander dag…

Terug by die spelfout…die Here het my genadiglik van ‘n ander blaps gered. Toe ek vroeër die jaar die nuwe notaboeke ontwerp het, het ek ‘n groot OEPS gemaak op die een Engelse een. Dit het voorop gelees Noteboek en nie Notebook nie. Ek het die Vrydag die bestelling by die drukkers geplaas om te begin druk.

Die Saterdagoggend word ek met ‘n beklemming op my hart wakker. Daar is ‘n spelfout op een van die notaboeke! Ek vlieg regop, dit was nog vroeg, half ses die oggend. Ek gryp my foon en kyk na die ontwerpe (wat ek elektronies hier ook tot toegang het). Wragties, die fout is op die een engelse een. Dit was net AMAZING vir my dat die Here my presies gewys het waar die fout was, dit het my nie lang geneem om dit te kry nie.

Nie te min, die Here het my van ‘n baie groter blaps en oeps gered daardie dag, want die buitekant van die notaboek is nou nie iets wat jy net vir ‘n maand gebruik en dan afskeur en weggooi soos die desk pad se bladsye nie.

Met ‘n dankbare hart sluit ek af. Niemand van ons is perfek nie, ons almal maak foute, selfs foute waarvoor ons geld betaal. En dis ok. Die Here het weereens iets slegs gevat en dit omskep in iets goed en mooi! Baie geluk aan die wenners van die notaboeke! Mag die Here elke ding wat daarin neergepen word seën soos wat net Hy kan!

The spelling mistake
Posted on Leave a comment

Practice makes Perfect…soos hulle in Engels sê…

In Engels is daar ‘n gesegde – Practice makes perfect. Eerstens wil ek weet – wie is hierdie “hulle” waarna altyd verwys word? Jy weet, wanneer jy met iemand praat en die persoon sê “Hulle sê…” gevolg deur een of ander uitlating wat nie altyd sin maak nie. Sulke slim mense wat klaarblyklik nie op aarde woon nie, voel dit vir my!

So ek wil hierdie spreekwoord of standpunt (nie seker hoe om daarna te verwys nie?) teenstaan. Ons is almal mense en NIKS wat ons ooit doen SAL perfek wees nie. So jok ons nie vir onsself as ons sê practice makes perfect nie?

Ek sê, oefening kweek en skep deursettingsvermoë, excellence (by gebrek aan ‘n beter Afrikaanse woord) en verbetering. Die rede hoekom ek dit sê, is, wanneer ek terugkyk na waar Beroepsvrou was een jaar gelede (23 Maart 2022 merk die eerste bestaansjaar van die webjoernaal), staan ek net in absolute verwondering oor wat God vir my gedoen het, hoe ek as ‘n individu gegroei het (en alles wat met dit saam gaan) en hoe die hele ding verander het, skielik en oor so ‘n kort tydjie.

Ja, jy kan gerus my heel eerste inskrywing lees…net om seker te maak waaroor ek nou hier aangaan. Wanneer ek terug kyk na hoe dit gelyk het, besef ek dat ek vir seker nou meer weet as wat ek toe geweet het. My oë is beter geoefen om die uitleg beter te laat lyk, en so meer. Dit het ook eers direk op Facebook begin en nie op hierdie platform nie.

Wow, wow en weer wow. Al wat ek kan sê is dankie Here dat Hy my gelei het deur die proses en dat ek myself oopgestel het vir verbetering. Wanneer ek terug kyk na die eerste paar inskrywings, wat eers op Facebook was, kan ek net glimlag en die Here dank vir die elektroniese spoor wat vir my gelos was om op te reflekteer.

Jy sien, soms moet jy net IEWERS begin. Moet nie wag tot jy alles beplan en uitgewerk het nie. Niks gaan ooit eksie perfeksie wees nie. Go with the flow, ry die spreekwoordelike golf. Dis wat ek gedoen het met Beroepsvrou. Ek het dat God my lei al die pad.

Ek het geluister vir my instinkte, impulsief gereageer op my idees (soms met spyt na ek besef het WAARVOOR ek myself ingelaat het) en dan sit ek amper agteroor (nie heeltemal nie want dit was nie so eenvoudig nie, maar jy verstaan wat ek probeer sê) en laat die Here my vorm en maak….om goed aan te pak wat onmoontlik voorgekom het, maar wat meer as moontlik uitgedraai het, met Sy hulp natuurlik.

Die doel van die storie? Hou aan om aan te hou. In Engels klink dit beter. Just keep on keeping on. As dit is wat die Here wil hê jy moet doen sal Hy ‘n pad maak. Hy sal vir jou veg. En dan kan jy sing soos Dory van Finding Dory (ja ek het dit saam met my kinders gekyk) Just keep swimming. Just keep swimming, swimming, swimming……

Dit is ook hoekom ek die skrif vers gekies het wat op die notaboeke verskyn. Die Here is besig om iets nuuts te doen. ‘n Pad in ‘n ongangbare ekonomiese woestyn te maak. Riviere te laat uitspruit wanneer dit voel of die Pandemie-son besighede laat opdroog en leeg suig soos plante wat nie bestand is teen die woestyn hitte nie.

Just keep swimming…..swimming, swimming….swem die woorde deur my gedagtes soos wat Dory deur die see geswem het op soek na haar ouers….

Practice makes Perfect…
Posted on Leave a comment

Die vreugde…

The joy always comes in the morning. Woorde wat ek gereeld vir myself sê en ek dink bloot dis omdat iemand anders dit vir my gesê het toe ek jonger was. Dalk my ma? Ek het tot ‘n hele paar jaar gelede nie besef dis skriftuurlik nie.

Hierdie maand se skrif is Psalms 30:6 en handel juis oor die vreugde. Jy sien, sedert 2020 is dit asof my vreugde al hoe meer gesteel was deur die vyand. Voor dit ook, maar dit voel regtig vir my, sedert 2020, is dit amper amplified as ek nou daardie woord kan gebruik. Meer intens.

Ek weet ek het op ‘n kol in 2020 gevoel EK WIL NET HUIS TOE GAAN!! en dit alles terwyl ek heeltyd by die huis was. Het enige iemand anders ook so gevoel? Ek het gevoel of ek in ‘n tronk of iets van ‘n aard was. Die swaard van onsekerheid wat oor mens se kop die heeltyd hang. Watter kant toe gaan die Pandemie gaan. Gaan ons siek word? Gaan my mense in my huis siek word? Gaan ek nog kan inkomste genereer ten spyte van die Pandemie?

Hoe gaan die ekonomie lyk? Die vorige Pandemie was gevolg deur die Groot Depressie. Gaan ons ook so iets ervaar en beleef in ons tyd? Hoe hanteer mens dit? So het die vrae om en om gehardloop in my gedagtes, spore van verdriet en vernietiging gelos in die proses. Amper soos ‘n uitgetrapte voetpad waar die gras nie meer wil groei nie.

Ek het baie oggende gesukkel om my joy te kry in 2020 en selfs in 2021. Alles het net een te veel gevoel by tye. Dis asof die lack of joy net daar was dag in en dag uit. Het ander ook so gevoel? Of is ek die enigste een? Ek is deur moeilike tye, soos elke ander mens gedurende die Pandemie. Ek weet vir seker ek is nie die engiste een gewees wat gesukkel het nie.

Wat vir my altyd die lekkerste is, is wanneer ek op my laagste laag is, voel ek die naaste aan die Here. Dis asof ek Sy stem net duideliker hoor. Ek onthou nog een dag het ek weereens in trane gesit voor my rekenaar, vir my man probeer vertel hoe ek voel. Ek het gesukkel om woorde te kry om vir hom te verduidelik.

Die volgende oomblik hoor ons ‘n liedjie speel oor Spotify. Dis asof die Here net die woorde daar kom sit het sodat my man dit kan hoor. Natuurlik was die trane nog meer toe ek na die woorde luister, want dit het gevoel asof die Here direk met my praat, in verbale, hoorbare vorm.

Ek kan nie verduidelik hoe, wat of waar nie. Maar, na daardie liedjie, het my joy gekom. Dis asof my geesmens rustig geraak het want sy weet die Here sien en hoor ALLES. Hy ken my hart, Hy weet wat maak my gelukkig en wat maak my ongelukkig.

Ek geniet dit nie nou so baie om na die liedjie te luister nie. Seker omdat ek nie meer op DAARDIE lae plek is nie. Maar, wanneer ek sukkel, moeg, afgemat en uitgemergel voel, is dit die liedjie wat ek speel en oor en oor luister.

Die Here is so wonderlik en goed vir ons as mense. Mag ons altyd onthou, wanneer ons op ons laagste laag is, is God daar. Dis waar wat Dawid geskryf het – al gaan ek deur die vallei van die dood, daar is God. Ek weet ek kwoteer nie die presiese woorde nie, maar ek is seker jy verstaan wat ek hier bedoel.

Ek voel ook in my gees dat April se skrif net een inskrywing gaan hê. Bloot omdat dit so eenvoudig is. Hou net aan God soek in alles, al is jy op jou laagste. Gaan SOEK Hom. Hy is oral en as jy eers begin soek sal jy Hom vind. Dít is ook skriftuurlik en kan ek ook van getuig. Ek kies om die Here se stem te hoor en te gaan uitsoek.

I see the tears sitting on your cheeks. I know you’re tired, fall now to sleep. Stop fighting so hard, it’s time to surrender. Raise your white flag, and always remember. Your heart will feel lighter, everything will be brighter, find peace in knowing that all will be well in the morning….hoor ek die liedjie se woorde speel en dink by myself, dis waar. Alles sal beter wees in die oggend!

The joy…
Posted on Leave a comment

Die motiverings-toespraak

God does not call the equipped, He equips the called. Woorde wat ek vandag geuiter het by my HEEL EERSTE (ja jy lees reg) geleentheid om as motiveringspreker te praat by ‘n plaaslike skool – Hoërskool Bekker. Ek weet nie wie daardie wyse woorde gesê het nie, maar twee mense het dit al vir my gesê en ek kan getuig – DIS SO WAAR!!!

Net voordat ek by die huis ry vanmiddag, voel ek of daar so hol kol op my maag begin kom. Twyfel probeer sy ding met my, maar ek het hom al ‘n myl ver sien aankom en skop hom sommer eenkant toe, gee hom nie kans om naby genoeg te kom om leuens en goed in my kop te prop nie.

Ek voel binne in my, ek is nie ‘n Public Speaker nie. Toe ek dit vir iemand sê, toe lag die persoon en sê Moses het ook gedink hy was nie een nie. Ek dink toe nogal daaraan en knik my kop omdat ek saam stem met dit. Moses het allerhande verskonings gehad oor hoekom hy nie met die Farao (jitte die lyk verkeerd gespel, maar kom ons beweeg aan) kon praat nie.

Terug by vandag. So die hol kol was daar, maar ek het net gebid en gevra dat die Here die regte woorde in my mond sal plaas, dit wat Hy wou deurgee aan die mense wat na my geluister het. Nie een keer het ek gevoel my tong plak vas aan my verhemelte nie (dit gebeur gewoonlik). Ek het nie vergeet wat ek wou sê nie, al het ek nie formeel voorberei met ‘n toespraak nie.

EN ek het nie gebewe soos ‘n riet soos ek altyd doen nie. God equips the called. Dis al wat Hy wou gehad het. Hy wou gehad het dat ek in my kar klim, ry soontoe, gaan praat en dan sal Hy die res doen. Ek bid regtig dat dit so was, want, ek kan nie alles onthou wat ek gesê het nie.

Gewoonlik as dit gebeur (waar ek nie alles kan onthou nie), weet ek dis die Here wat oorneem en praat. Die lang en die kort van my toespraak? Is dieselfde wat ek oor en oor vir mense die naweek ook gesê het, en waaroor die hele Beroepsvrou blog gaan….Hoe pienk is JOU vere vir die Here?

Wat sit jy in jouself in, sodat jy pienk projekteer vir Hom en ‘n ligdraer is in hierdie wêreld? Filter jy dit wat die wêreld na jou toe gooi en werp die slegte uit? Soos wat flaminke hul kos filter, so moet ons alles wat om ons gebeur filter.

Ek bid regtig dat God se boodskap deurgekom het, dat almal geluister het en gehoor het, en dat die Heilige Gees sal kom natmaak sodat die saad wat gesaai is sal opkom. Saad wat Hom sal verheerlik.

Mnr. Rademan – baie dankie vir die geleentheid om jou personeel te kon toespreek vandag. Ek bid regtig dat ek so ietsie gelos het by hulle om hul te motiveer, sodat hulle Pienk Vere vir die Here sal hê. Want as hulle Pienk Vere vir die Here gaan hê, gaan die kinders dit begin sien en so gaan hul vere ook pienk begin verkleur. So gaan die Here almal aanraak om Pienk Vere vir Hom te hê en nie skaam wees om hulle Sy kinders te noem nie.

Laastens wil ek net my lof besing vir God en vir Hom AL DIE EER gee. He equipped me today. I am called and I am His. He will show me the way. Hy sal ‘n pad in die woestyn maak, ‘n rivier in die wildernis soos die skrifvers lees wat ek ontvang het en op my notaboeke ingesit het. Die Here het WEER aan die begin van 2022 vir my dit bevestig – hoeveel meer tekens wil ek dan nou hê? Hoeveel velletjies gaan ek NOG moet uitgooi soos Gideon of wonders sien gebeur soos Moses?

Onthou altyd, God is met jou en as jy sukkel en jy bid en vra vir hulp, SAL die Here deurkom vir jou. Hy sal jou lei en Hy sal jou die pad wys wat jy moet stap. He’s got your back – dis hoekom jy net ‘n borsharnas wat voor bedek aantrek – jy moet jou hart beskerm (en die res van die wapenrusting natuurlik aantrek). God sal jou van agter beskerm – altyd. Hy het my nog nooit teleurgestel nie en sal ook nooit nie.

Hy is dieselfde – gister, vandag en môre. Ek weet ek is UITVERKOOP aan Jesus!! Is jy? Hoe pienk is jou vere vir die Here?

The motivational speech
Posted on Leave a comment

Die “countdown timer”

Ek het eers die inskrywing direk op Facebook gedoen, gedink dit sal ‘n one liner wees wat saam met die foto gaan. Dit het toe uitgedraai om ‘n hoofstuk te wees van een of ander aard en ek het toe besluit dat ek die op my webblad moet sit vir die gehoor wat nie op Facebook is nie.

Ek het vir iets gesoek op my foon, toe díe foto opkom. Ek het vergeet ek het dit geneem. Elke keer as ek terug dink aan 2020, voel ek lus om te huil. Dit was seker een van die ergste tye ooit vir die mensdom. Om rond te ry in wat gevoel het soos ‘n spook dorp. Vrees vir die onbekende en ongesiende virus. Die onsekerheid of jy die virus in die winkels sal optel en huis toe bring na jou geliefdes toe.

Die gewag in rye buite die winkels om kos te koop, die sukkel om goed in die hande te kry wat jy normaalweg koop. Die aangluur van ander as jy durf waag om ‘n beide ‘n pak Corn Flakes EN All Bran te koop, daar waar jy stilweg deur hul gemerk word as ‘n panic buyer, wanneer dit eintlik iets is wat jou gesin normaalweg gebruik.

Elke persoon op hierdie aarde was deur die Pandemie geaffekteer. Almal moet leer cope met dit en 2020 gaan deel van ons memories (ek kan nou nie die Afrikaanse woord onthou vir memories nie) wees vir altyd, of ons nou daarvan hou of nie.

Ek wil nooit weer in my lewe daardie tyd hê nie. Lockdown was aaklig. Om te moes homeschool en werk (iets wat ek steeds probeer opvang net so tussen ons – die werk gedeelte). Om te probeer sane bly. Om my asem te probeer terug kry en net asem te haal. Om self te probeer werk deur massiewe trauma maar terselfde tyd staande te bly vir my kinders se onthalwe.

Nie weet wat die toekoms in hou nie. Die onsekerheid. Geen wonder amper almal sukkel met angs of enige iets verwant aan dit nie. Niemand weet hoe om daarmee te deal nie. Hoe is ons veronderstel om te verwag dat ons kinders nie angs het nie?

Voor ons enige iemand oordeel, twee jaar later, vat net ‘n oomblik en dink aan hul mental health en hulle trauma waardeur hulle moet werk. Jou trauma is nie meer traumaties as my trauma nie. Trauma is trauma en dit affekteer ons almal.

Ek bid dat God genesing sal bring vir hierdie pynvolle herinneringe (uiteindelik kom ek op die Afrikaanse woord vir memories), die trane wat gereeld wil opdam in my oë as ek voel hoe die seisoen verander, dit alles terwyl ek onwillekeurig aan 2 jaar terug herinner word, al is dit nie doelbewus nie. Dank die Here ek kan myself Sy kind noem.

As gevolg van die Pandemie het my webjoernaal en nuwe besigheid / bediening tot stand gekom (alles onbepland maar uit Sy hand). God het die sleg gebruik en dit goed en beter gemaak. Mag ons ophou fokus op die MINDERHEID van slegte dinge en fokus op die MEERDERHEID van goeie dinge.

Ek bid dat my kinders nie permanente skade het nie. Ek het nie altyd soos ‘n ma opgetree in daardie tyd nie (nou nog soms ook). Ons almal het ons oomblikke. Ek het nie geweet hoe om daarmee te deal nie. Ek het van my kinders verwag om aan te gaan met hul skool werk asof hulle glad nie geaffekteer word deur die ding nie.

Ek is seker my hart sal steeds pyn en die trane gaan ook in my oë kom die tyd van die jaar. Vir nog ‘n paar jaar gaan dit so wees. Maar eendag gaan ek opstaan en dit gaan ‘n ding van die verlede wees.

Dankie Here vir U beskerming, dat U ons veilig hou en vir ons voorsien ten spyte van ‘n baie moeilike ekonomiese omstandighede. Al die eer aan die Here altyd! Dankie dat eendag, gou en in die nabye toekoms, dat die verandering van seisoen my emosies nie meer gaan affekteer soos dit tans doen nie. Dankie dat ons gou weer soos “normaal” as wat ons moontlik kan, leef met die onsigbare virus.

The countdown timer
Posted on Leave a comment

Die opleiding gaan voort…. maand 3

Oh my hat!! Ek het my daaglikse joernaal inskrywings gedoen soos ek weet nie wat nie! Probeer opvang op verlore tyd sedert September. Raai wat? Die lewe is besig om te gebeur terwyl ek dit probeer doen, so my plan voel of hy propvol foute is….en nie deurgevoer kan word nie...

Weereens het ek amper ‘n panic attack (dit voel deesdae of dit daagliks gebeur vir die simpelste goed) oor hierdie opleiding en HOE ek veronderstel is om dit op te vang??? Ek het net toegang vir 12 maande en die tyd is amper op….

Net soos ek bruinpapiersak wil gryp om my asemhaling te reguleer, voel ek die Heilige Gees my kalmeer soos net Hy kan doen. Daar is niks waarmee ek Sy kalmte mee kan vergelyk nie….nie Laventel (hoe is daai vir ‘n properse Afrikaanse woord?), white noise of enige ander ding wat kalmerend is nie.

My gedagtes en angs asook honderd en tien ander emosies kom tot ‘n skreeuende stilstand. Jy weet, soos wanneer jy soos ‘n mal mens bestuur (kom nou – ons almal doen dit soms…) en skielik ‘n groot spoedhobbel amper te laat sien. Net so!

Ek voel hoe Hy in my gees laat val dat ek nie al die joernaalinskrywings op dieselfde tyd hoef te doen nie. Ek hoef nie te probeer om ‘n week se joernaalinskrywings in 15 minute te doen nie. Die doel van dit is mos om jou as ‘n persoon te laat groei. So niemand gaan ware groei ervaar as alles afgerammel word nie!! Die joernaalinskrywings is ‘n proses wat bietjie vir bietjie gedoen moet word en hoef nie noodwendig in groot hompe gedoen te word soos wat ek nou probeer doen nie.

Ek sit terug en dink vir ‘n oomblik en besluit true that! High five, fist pump en booty shake met die Heilige Gees vir daardie openbaring. Maar dan vra ek Hom so HOE is ek veronderstel om op te vang op verlore tyd? Sy antwoord is eenvoudig. “Laai die inhoud af wat tans beskikbaar is, werk deur die video’s en ander materiaal en doen die aanlyn assesserings.”

Hy gaan voort: “Dit behoort dit te doen. Die joernaalinskrywings is ‘n proses en ‘n reis wat jy op is, jy is nie veronderstel om deur dit te jaag nie. Die aanlyn klasse en asseserings is soos alle ander opleiding. Jy kan baie na mekaar doen. Jy gaan die kennis stoor vir latere gebruik.”

Ek het nog nie dit probeer nie en miskien moet dit my plan van aksie word? Om dit so te doen? Ek dink dis weer tyd om videos te kyk en materiaal te lees terwyl ek op die treadmill loop en dan die assesserings aan te pak….

The training continues…. month 3
Posted on Leave a comment

Die lied… slot

Ek het dit goed gedink om maar die slot hoofstuk te skryf. Die dae snel verby en die weke nog vinniger en ek wil nie dat die tyd my vang en dan het ek nie geleentheid gehad om die slot hoofstuk te skryf voor einde Maart nie.

Toe ek die stuk begin skryf het was daar nog twee weke van Maart oor. Nou is dit basies een week (ok minder as ‘n week). Ek wonder elke dag steeds hoekom die tyd so vinnig vlieg en of die Here ons tyd verkort hier omdat ons in die Verdrukkingstyd is?

Terug by die lied. Die ou duiwel probeer steeds my lied steel, en hy dink hy gaan reg kom. Maar, dis eintlik vir my skreeu snaaks as dinge so deurmekaar is soos wat dit soms is by ons, want dan WEET ek net dat ek op die regte pad is en dat díe is wat die Here wil hê ek moet doen.

My hart sing steeds verskeie liedere vir die Here, alles wat ander kunstenaars geskryf en getoonset het (is dit ooit ‘n woord wonder ek?) en dis asof ek nie genoeg Sy lof kan besing nie. Hy het, after all, die asem in my liggaam geblaas, so ek kan nie iets minder doen as om Hom te besing nie kan ek?

Dit voel hier en daar of my hart en gees ‘n eie lied vir die Here wil sing. Ek hoop maar Sy ore is nie toonhoogte sensitief nie, want my fisiese mens kan nou nie mooi sing in my opinie nie (al was ek in die skoolkoor en revue’s EN in ‘n studio om liedjies op te neem – wonder ek maar steeds of die juffrou my net gelike het en of het sy regtig potensiaal gesien in my sang vermoë?).

Elkgeval, ek giggel maar as ek dink aan hoe ek vir myself klink as ek sing; en hoe dit in God se ore moet klink; en of Hy daarvan hou; en of alles mooi op die regte toonhoogte moet wees of nie, vir Hom, voor Hy daarvan sal hou nie? Ek dink darem nie ek hoef perfek te sing vir Hom om dit te waardeer nie?

Ons is dan almal mense wat nie perfek is nie. As dit die geval was (perfekte sang) dan moet alles in ons lewens seker perfek wees voor Hy ons sal aanvaar, en dis vir seker ‘n leuen!! Die Here vat ons soos ons is, stukkend en propvol foute. Solank ons HOM aanvaar en Sy seun as Verlosser verklaar het oor ons lewens, is ons op die regte pad. En natuurlik moet ons dit uitleef elke dag ook en streef na heiligmaking (en minder dieselfde sondes doen oor en oor).

My lied sal altyd God se lof besing. Veral nou in Maart (‘n baie besige Maart vir my) as ek terugkyk na wat die afgelope jaar gebeur het i.t.v. my blog. Hoe ek gegroei het, hoe die Here net bygevoeg het en steeds byvoeg. Ek is so bitter dankbaar dat ek die eerste verjaarsdag kon vier op 23 Maart 2022. Dankbaar vir al die kennis wat die Here in my ingesit het en steeds doen.

Die wysheid wat Hy my gee en die mense wat Hy oor my pad stuur, net om alles nóg beter te maak vir Sy doel waarvoor Hy dit geskep het. Wat is jou lied? Het jy ‘n lied? Dit maak nie saak of jy kan sing of nie en of jy kan skryf of nie. Jy moet steeds SING vir die Here! Probeer die duiwel jou lied steel? As dit die geval is moet jy op en af spring van opgewondenheid, want dit beteken jy is op die regte pad!

Ek wil afsluit met ‘n paar liedjies wat op my hart is, wat ek oor en oor vir die Here sing. Liedjies wat ek kort-kort gaan soek en speel op Spotify, so terwyl ek my day job doen EN voorberei vir die Paasmark wat voorlê…vir die wat naby genoeg is, kom kuier by my stalletjie 1 tot 4 April 2022 by Gerber Plaaskombuis op Skeerpoort. Die eerste 7 aankopers elke dag sal ‘n gratis geskenkie ontvang…

En net so laaste dingetjie om heeltemal mee af te sluit – ek sluit my eerste twee blog inskrywings ook in as kort-pad skakels op die inskrywing. Net sodat ons almal kan sien waar ek was en waar die blog nou is – alle eer aan God!

Welkom by my blad
Die Naam….
The song… finalé
Posted on Leave a comment

Jy is… deel 2

Maandag 14 Maart 2022 merk die tweede dag wat ek die voorreg gehad het om voorskote uit te deel en studente meer te vertel van die Pienk Vere en wat dit simboliseer. Daardie oggend was ek al 3 uur wakker. Dit was seker opgewondenheid of senuwees (of beide) vir dit wat voorgelê het vir die dag.

Ek het ‘n afspraak by ‘n plaaslike skool, Hoërskool Bekker, gehad om ‘n 15 minute gesprek te hê met die Huishoudkunde (ek weet nou dit word deesdae Verbruikerstudies genoem) studente, almal in graad 12. Ek het elke klas individueel gesien, wat my seker gehelp het om gewoond te raak aan public speaking want ek het dit lank laas gedoen.

Ek dink die laaste keer wat ek moes praat voor mense was by ons troue en voor dit toe ek in Graad 12 was. Ek tel nou glad nie die afspraak wat ek in Januarie, by ‘n ander plaaslike skool, HaMaKom Privaatskool gehad het nie. Ek was so op my senuwees daar, ek kon glad nie onthou WAT ek gesê het daardie dag nie, maar ek het min of meer dieselfde storie vertel wat ek by Bekker vertel het.

Elkgeval, terug by my oorspronklike storie. Die eerste toespraak het goed gegaan. Dit het gelyk of ek almal se aandag gehad het en alles onthou het wat die Here op my hart gelê het. Soos wat die dag aangegaan het, het die volgorde van die toespraak effe verander, maar die kern van die boodskap het dieselfde gebly.

Die Verbruikerstudie juffrou, Marié Booyse, het bygevoeg tot dit wat ek gesê het, deur te sê dat die voorskote vir jou ook beskerming gee. Nie net fisiese (kos en olie kolle op jou klere) beskerming nie, maar ook geestelike beskerming. Dit was so waar en nog ‘n openbaring oor die betekenis van die voorskoot.

Soos wat die week aangegaan het, het ek aanhou dink oor wat Maandag gesê was. Dit is asof die Here dit in my gees laat val het dat die beskerming soortgelyk is aan die Borsharnas van Geregtigheid waaroor Paulus skryf in Efesiërs 6.

Dit was baie treffend vir my, want dit is waarvoor ek staan. Om te probeer regverdig (hier klink righteous net beter maar toemaar) en eties te wees, altyd, selfs wanneer niemand kyk nie. Ek het verder ook ‘n gesprek met my sister from another mister Dora (my huishulp as jy gewonder het). Sy het die goedjies gesien wat ek besig is om voor te berei vir die Paasmark wat ek gaan bywoon as ‘n Verkoper (begin April), waar ek my items gaan verkoop en myself beskikbaar gaan stel om te gesels en met mense te praat oor dit wat die Here op my hart lê om te sê.

Ok, so terug na die gesprek met Dora. Op die drukstukke wat ten toon gestel gaan word op my tafel by die mark, het ek ‘n paar vinnige feite van my seun se feiteboek oorgetik vir hierdie doel. Een van hulle was (en dis die vraag wat ek die studente gevra het Maandag) Het jy geweet dat Flaminke pienk is as gevolg van dit wat hulle eet?

Sy het my vertel dat dit haar nog meer laat dink het oor die hele Pienk Vere reeks en dat die Heilige Gees met haar werk die heeltyd oor dit. Gedagtes wat ek by die studente gelos het Maandag was – wat doen ons om onsself pienk te laat vertoon vir die wêreld? Ek en Dora het toe verder ‘n gesprek gehad oor waarmee ons onsself opvul deur te kyk, lees, luister en eet (ook iets wat ek die studente vertel het Maandag).

Die gesprek het toe gedraai na wat ek van hou om te verwys as, leë kalorieë (liewe aarde – ek ken nie my spelreëls so goed om te weet of hierdie woord een of twee e‘s in het nie…so verskoon maar die wat taalkundig is en weet…). In my gesprekke by Bekker, het ek verwys na wanneer mens te veel suiker eet en dan die heeltyd crash (die woord verduidelik net die impak van suiker vir my beter). Al my vriendinne weet ek hou daarvan om na skyfies, koekies en sjokolades te verwys as leë kalorieë. Goed wat propvol kalorieë is (wat ons vet maak net so tussen ons) maar wat voedingswaarde ontbreek om ons liggame te voed en op te bou na wat dit moet wees, soos God dit bestem het.

Weer was hierdie ‘n openbaring dat ons moet seker maak dat ons ons gees en gedagtes vul met goed wat nie leë kalorieë is nie. Waarna kyk, lees en luister jy? As jy binge (wat sou die Afrikaanse woord vir dit wees?) kyk, lees en luister na iets wat leeg is, gaan jy leeg bly en sal jy nie Pienk Vere kan produseer om die wêreld te wys dat jy ‘n kind van God is nie. Dieselfde is waar vir eet net so tussen ons, maar dit weet ons almal….

Na my gesprekke en oorhandigings aan die studente, was dit tyd vir foto’s. Die kinders het baie in hul noppies voorgekom oor hul geskenke en ek vertrou regtig dat, elke keer wanneer hulle die voorskote dra, nie net in graad 12 nie, maar ook wanneer hul klaar is met skool, dat hulle sal onthou waarvoor dit staan en simboliseer.

Al die eer aan God altyd!! Hy het die inspirasie gegee vir die voorskote, die visie aan my toevertrou asook die mense om die elektroniese logo te kan produseer en die voorskote. Sonder Hom sou niks van hierdie moontlik gewees het nie. Ek weet net diep binne in my hart, dat daar soveel meer aan die voorskote is as net ‘n voorskoot….soos ons reeds ontdek het en steeds gaan ontdek.

Net soos wat ek die inskrywing afsluit, besluit ek om die skrifvers wat deel vorm van my logo weer te gaan lees. Spreuke 10:21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand. Die engels stel dit so mooi en ek sit dit ook in, want toe ek die inskrywing begin het, het ek díe keer eerste in Engels getik en nie Afrikaans soos ek normaal weg doen nie. Dit was in Engels wat ek die openbaring gekry het. The lips of the righteous feed many: But fools die for want of wisdom. (KJV). Wow is al wat ek kan sê….hierdie sluit so aan by die nuutste openbaring oor die voorskote, wat jy jou liggaam, siel en gees voed en waarvoor Beroepsvrou staan. Al die eer aan God altyd!

You are… part 2
Posted on Leave a comment

Die lied… Hoofstuk 2

Ek wonder soms oor Maria. Hoe het sy gevoel nadat sy uitgevind het sy verwag die Messias? Jy sien, die Bybel vertel ons nie van haar emosies nie. Nie alles nie. Ons weet sy het ‘n lied gesing en was opgewonde oor dit waarvoor die Here haar gekies het.

Maar…was sy geskok voor die lied? Het sy verwerp gevoel deur die mense? Wat het hulle van haar gesê en gedink? Het hulle haar bespreek soos ons mense alte graag doen? Het sy ook wakker gelê in die nag? Geslaap vir net 3 ure en dan is sy wakker vir die res van die tyd terwyl almal om haar heerlik lê en snork?

Ek dink nie dit was maklik vir haar nie. Soortgelyk aan situasies waarin ons, onsself soms bevind. Jy sien, jy het dalk hierdie lied in jou hart oor dit wat die Here vir jou beplan en oor jou lewe gespreek het. Maar in ander opsigte en aspekte van jou lewe is daar nie noodwendig ‘n lied nie.

Ek dink soms wil die Here hê ons moet impulsief vir Hom wees. Goed doen net sonder om dit te overthink soos wat ek alte graag doen. Hom net vertrou. Al druk die lewe op alle ander vlakke dat ek voel ek kry nie asem nie en kan nie slaap snags nie. Al probeer die duiwel gereeld my lied steel…ek moet impulsief bly vir Hom.

Die lied wat die Here weer vir ‘n ruk al in my hart gesit het is Rooftops deur Kim Walker-Smith. Ek voel ek wil op die dakke staan en Sy naam uitroep, proklameer oor my lewe. Ongeag die werksvereistes en werksdruk. Ongeag die feit dat die duiwel die lied probeer smoor met alledaagse dinge in die lewe.

I shout out Your Name, from the rooftops I proclaim, I am Yours! Eggo die woorde deur my gedagtes. Ek sing dit sommer harder om die leuens wat die duiwel vir my in my kop vertel te probeer uitdoof. Ek het nou nie my eie persoonlike lied geskryf soos Maria nie, maar die een is vir my nagenoeg aan iets vir MY. Wat is JOU lied wat die Here in jou hart gesit het? Sing jy hom of laat jy toe dat die lewe se moeilik (kom ons wees eerlik, niks is meer maklik deesdae nie) jou liedjie onderdruk en versmoor?

Wat kies jy vandag? Ek kies om steeds te sing en te glo dat die Here Beroepsvrou en alles wat met dit saam gaan aan my toevertrou het. Dis wat HY vir my lewe beplan het. Hy het nie beplan vir my om nagte om wakker te lê en te bekommer hoe ek alles werksgewys gaan doen nie. Of dat ek lê en bekommer oor ons uitstaande debiteure en ons uitstaande skuld nie.

Daar gaan altyd seker maar iemand wees wat jou geld skuld en jy gaan seker altyd iemand anders geld skuld. Jy gaan seker nooit genoeg geld hê vir alles nie. Of genoeg tyd vir als nie. Die werk in ons bedryf gaan seker nooit makliker word nie en die deadlines gaan vir seker (nie net seker nie) daar bly. Gaan mens ooit genoeg geduld hê met jou kinders? Gaan jy ooit nie dae hê wat jy moedeloos voel as jy nie weet HOE jy jou kind gaan help deur Graad 7 nie?

Op die ou einde van die dag IS en BLY God in BEHEER van ALLES. Ons het nie beheer oor enige iets behalwe ons eie optrede en uitkyk oor die lewe nie. Hoekom dan nou nie dit maar met ‘n lied in die hart doen nie? From the rooftops I proclaim, I am YOURS!!!!! Sing ek sommer amplified en op sy hardste in my gedagtes, net om seker te maak die duiwel HOOR my.

The song… Chapter 2
Posted on 4 Comments

Die leë bad

Net gister oggend staan ek in ons badkamer, besig om reg te maak vir die dag wat voorlê, toe my oog die bad in ons badkamer vang. Ek merk die stickeez op wat langs die bad staan om die prop uit te trek (bloot omdat die meganisme gebreek het en ons nie noodwendig tyd het om daardie probleem te probeer oplos nie). Dan dwaal my oog na die verlore sponsnommer (hoeka nommer 7) wat in die rakkie ingedruk is, waarmee die kinders altyd speel as hulle bad.

Maar dis asof die stickeez en die sponsnommer ‘n sameswering het en my koggel. Hulle koggel my deur klem te lê op die leë bad, die bad wat elke dan en wan ‘n paar goggas en stof in het van min of geen gebruik. Dan is dit asof hulle die mes dwars draai in my hart. Die pyn skiet deur my hele lyf soos wat ek tot die besef kom – die kinders is nou groot.

Weg is die dae van langs die bad sit, speel, syfers, alfabet en kleure leer met die einste sponsletters en -nommers. Weg is die oomblikke wat soms vir my te lank en uitmergelend gevoel het. (Die Here ken my hart en ek is oortuig dat elke ma sulke dae beleef het). Ek het so gevoel, veral wanneer daar min geslaap was a.g.v. borsvoeding deur die nag, of lang ure se werk (of beide tegelyk). Dit was nie die kinders se skuld dat ek so gevoel het nie, tog het dit vir my gevoel of die oomblikke wat ek moet koester, net sommige dae (veral as ek baie moeg was en baie sleg geslaap het) net een te veel was vir my om te hanteer.

Ek gesels vroeër die week met ‘n vriendin en sy vertel my dat iemand sê vir haar hulle het net nog 7 Kersfeeste (is dit die regte woord?) oor saam met haar oudste in die huis, dan is dit verby. Ek kyk haar in ongeloof aan, so asof sy vir my jok. Ek begin dink en somme maak. Ek het minder as dit oor saam met my oudste!! Wanneer ek maande, weke en naweke het soos wat ons gehad het van Januarie af tot nou in Maart, waar ek my dae omwerk, naweke omwerk net om deur alles te kom en betyds ingedien te kry, raak ek hier diep binne in my opstandig teen my werk.

Ek raak verby kwaad want ek voel my werk steel by my en my kinders. Om alles te kroon, is sommige kere se dae, weke, naweke omwerk nie eens beloon met vergoeding nie, want die mense (baie, nie net een nie) skitter in hul afwesigheid om betaling te maak op die staat wat geduldig, maand na maand per e-pos uitgestuur word. Ongelukkig het Pastel nie die mannetjie wat op sy knieë staan en huil, met die woorde Please pay, overdue wat jy kan opsit nie. Nie soos die ou dae se state wat die kantoor tannie gedruk het, gestempel het met Mr. Please Pay Overdue, netjies opgevou en gepos het nie. Nee, nou is dit net te gerieflik en maklik om die e-posse ongelees te laat.

Maar daar verloor ek alweer wat ek eintlik wil sê. Jy sien, hierdie opstandigheid skep weer bitterheid en die bitterheid maak mens siek en moeg. Mors kosbare energie. So terug by die leë bad. Ek dink daaraan die heeldag terwyl ek Johannesburg toe ry na ‘n kliënt toe, en terug ook. Ek wonder by myself juis hoekom die Here my attent gemaak het op die bad?

Ek begin dink, wanneer laas HET die kinders in ons bad gebad? Iewers tussen laas jaar en hierdie jaar het hulle net begin stort in hul eie badkamer. Aan die begin was dit vir my lekker om my badkamer weer terug te hê vir myself (en my man natuurlik). Sonder speelgoed wat die wêreld vol lê. Maar skielik is die besef daar dat dit vir ewig verby is, die speelgoed wat rondlê. Dit wat die grootste irritasie by my veroorsaak het is nou weg en dit impliseer dat die kinders groot word en ‘n nuwe fase in beweeg.

Ek dink ook terug aan ‘n gesprek met ‘n ander vriendin (ook vroeër die week, en ja, ek gesels met baie mense gereeld). Sy vertel my haar oudste is op Universiteit. Ek kyk haar in ongeloof aan (weer asof sy óók vir my jok). Sy is dan 42, hoe kan sy ‘n kind op Universiteit hê? Dan besef ek sy is tog reg, hy is reeds 18. Sy vertel my net dat ek die lê langs die kinders in die aande moet geniet, duld en verdra. As jy weer sien is dit verby.

Met trane in my oë besef ek dat ek ten minste nou net ‘n leë bad het. Sy het nou 3 goed wat leeg is – ‘n bad, ‘n bed en ‘n kamer. Ek voel hoe die Heilige Gees aan my hart werk, die mes wat dwars gedraai is sagkuns uithaal. Dit maak nie minder seer nie, die realiteit van die leë bad. Maar Hy herinner my dat ek nog 2 uit die 3 goed het in my huis. “Koester dit” voel ek die fluistering in my gees. “Hê meer geduld en vertrou my net met die werk en alles wat jou so pla” praat Hy verder.

“Los alles by die voete van Jesus” woorde wat ek oor en oor vir myself sê, en ander mense ook vir my sê en ek selfs uiter aan ander wat mismoedig is. “Dis MOEILIK Here!” skree ek amper terug. “Almal verwag iets van my elke oomblik van elke dag. Ek is net EEN mens. Teen die tyd dat die kinders by die huis kom in die middae is ek op soos ou brood. Waar krap mens dan geduld uit? Ek het nie eens krummels oor nie? Plus my kinders verdien meer as net krummels.” redeneer ek hier met die Here verder. So asof Hy NIKS weet wat in my lewe aangaan nie.

Ek raak weer stil en sien weer die bad. Die bad wat leeg is. Dan sien ek die kamers wat vol is en die beddens wat ons elke aand deel met ons kinders. Ek weet dis ok om dit so te doen. Selfs al frons ander mense vir jou, weet ek dis ok vir ons. Dis die bietjie wat ons kan terug gee vir ons kinders vir al die nagte, naweke, vakansies, dae, weke, maande se werk en uitmis op tyd saam met hulle, nie tyd kry vir help met leerwerk en take nie, die lysie is LAAANK. Vir al die stank-vir-dank werk wat ons al vir mense gedoen het. Vir al die onbetaalde rekeninge, sonder Mr. Please Pay Overdue op.

Ek voel ‘n rustigheid oor my kom en weet, die Here ken my hart. Ek doen die beste wat ek kan met dit wat ek het. My beste sal seker nooit goed genoeg wees in my eie oë nie want ek het hierdie verwagting, ‘n verwagting van hoe die lewe moet wees. Nie hoe die lewe in werklikheid is nie. Ek hoop regtig dat my beste goed genoeg is vir my kinders.

Ek los dan ook my onbetaalde rekeninge sonder Mr. Please Pay Overdue op by die voete van Jesus, saam met my werk en die druk wat saam met dit gaan, saam met wat vir my voel soos 10 miljoen ander goed. I need only to be still, for the Lord will fight the fight for me eggo dit deur my kop. Die Here veg al voel dit nie so nie. Hy veg want ons kan dit nie in eie mag doen nie. Exodus 14:14 (KJV) The LORD shall fight for you, and ye shall hold your peace. Ek sit die laaste stukkie ding by Jesus se voete neer, die leë bad. Dan draai ek om en gaan soek my geduld krummels, skraap bymekaar sodat my kinders darem meer as net krummels kan ervaar vanmiddag en elke middag en aand van nou af.

The empty bath

Posted on Leave a comment

Die lied… Hoofstuk 1

So het Februarie 2022 gekom en gegaan. Nog ‘n sperdatum was oorleef. By tye het dit regtig gevoel of die ball & chain wat ek by die Accountant’s Inn gedra het swaarder was as wat hy veronderstel was om te wees. Sommige dae was moeiliker as ander. Ek het myself teen ‘n, wat vir my soos ‘n slakke pas voel, laat werk in Februarie, net om deur als te kom. Nie lang ure op een dag noodwendig nie, maar eerder meer dae in die week.

Skielik op 28 Februarie 2022,was dit asof ek kon voel hoe die sleutel in die slot gedraai word en hy vroeër as beplan losgemaak gaan word. Teen 12 uur die middag click ek submit op my laaste IRP 6 opgawe. Ek sit terug en dink by myself – HOE HET DIT GEBEUR? Dit het NOG NOOIT gebeur nie? Elke ander jaar tevore sit en werk ons dat die spoeg spat en tik dat dit al klank is wat jy in jou ore hoor eggo, saam met die muis se click geluide (ek wonder hoeveel keer click ‘n mens se muis daagliks?), soos wat ons spartel om alles betyds in te dien.

Ander jare dien ek gewoonlik hier teen 9 of 10 uur die aand die laaste opgawes in, soms nog later en net voor middernag. Ek onthou nog hoe my dogtertjie (nou 8) haar kussing en kombers gebring het en op die vloer by my geslaap het terwyl ek sit en werk. Maar skielik is daardie las net ligter. Ons almal kom teen ‘n redelike tyd in die bed.

Dit voel amper verkeerd, so asof ons iets of iemand vergeet het. Ons gaan weer deur die lysie – nee, niemand vergeet nie, almal ingedien. Ek besef opnuut dat ons die sperdatum gehaal het omdat ons ‘n stel hande het wat WERK en wat WEET wat sy doen. Iemand wat ons kan vertrou om werk en berekeninge akkuraat te doen. Haar kant te bring ongeag haar omstandighede.

So staan ek 1 Maart 2022 op, ek wil amper sê met ‘n lied in my hart. Die lied is nog nie daar vir my werk nie (alhoewel ek besef dat as ek nie werk nie, hierdie blog nie sal kan bestaan nie en natuurlik weet ek dat my werk in ons behoeftes voorsien), maar die lied is wel daar vir dit wat die Here vir my beplan en wat Hy vir my so stuk-stuk begin wys.

Dit alles terwyl ek Beroepsvrou se platform meer bemark en nuwe ontwerpe doen, en tussen werk deur. Ek sien ‘n kliënt die betrokke dag (1ste Maart) en sit nie eintlik by my tafel om te werk nie, dis maar net wat daardie dag gebeur het. Ek recover so bietjie van die amper 9 dae se werk aaneen (al is dit nie 7 of 10 ure elke dag nie, dis steeds werk elke dag) en vind net my voete in die volgende taak wat vir my lê en loer….en (on)geduldig wag tot ek dit afhandel.

Ek wonder die heeldag WAT die maand se skrif vers is, en kan dit wragties nie onthou nie. Uiteindelik skeur ek Februarie se vuil bladsy af. So asof die bladsy weerspieël HOE hard ek gewerk het deur ekstra vuil te wees. Waterkolle, ink wat smeer, jy noem dit, dit is hoe Februarie se kalender aan my kant gelyk het. So gaan sit ek UITEINDELIK weer en lees die vers, ek dink hoeka dit was eers 2 Maart.

Ek lees en vir ‘n oomblik maak dit nie sin nie. Ek wonder by myself HOEKOM op dees aarde het ek nou DAARDIE skrif gekies? Dit maak nie sin nie, die sin begin so stomp en in die middel van iets. Ek trek dadelik my foon nader en lees op die Bybel toepassing (hoe is daai vir ‘n fêncy Afrikaanse woord vir application?). Ek lees, maar steeds maak dit nie sin nie. Ek besluit om so paar verse vroeër te begin lees.

Uiteindelik het ek dit! Ek snap dit!! Ek kon nie ALLES inpas op die kalender nie, PLUS die skrif vers is op ‘n sleutelhouer wat ek een keer gekoop het. Dit was vir my so mooi hoe dit op die sleutelhouer was en daarom dat ek hom gekies het. As jy dalk wonder hoe ek nou nie die skrif wat EK gekies het kan onthou nie – ek het Oktober / November 2021 laas aan die ontwerpe gewerk.

Ses jaar se tyd, voel dit vir my, het sedertdien in die kort rukkie van ongeveer 6 maande verloop. My brein kan net nie elke liewe detail onthou nie. Goed, so terug by die skrif vers. Ek begin lees van vers 45 af. My oog vang die opskrif net onder vers 45 – Die loflied van Maria. Sjoe, dis nou vir jou interessant. Ek voel of ek ‘n lied in my hart het, en hier is die skrif ook ‘n lied wat deur Jesus se Moeder gesing was. WOW dis nou vir my toevallig, of is dit? Maar ek weet dadelik met God is NIKS ooit toevallig nie.

Lukas 1: 45-49 Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir haar gesê het!” En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam! Afrikaans 1983 vertaling.

Hier is soveel meer aan hierdie skrif as wat ek kan dink of besef….ek voel amper ek moet dit versie vir versie opbreek en analiseer. Daar is soveel krag hierin. Soveel beloftes vir my en vir elkeen wat glo en staan op dit wat die Here openbaar aan my en hulle oor dit waarvoor ons geroep is.

Word vervolg…

The song… Chapter 1
Posted on Leave a comment

Die soet woorde…Slot

Alóha hier vanuit die Accountants Inn. Wag, Alóha klink te eksoties, so asof ek vir die see sit en kyk (wit sand en turquoise water se eksoties) terwyl ek werk aan al die berekeninge, die speed dating van belasting soos ek na voorlopigebelasting verwys. Miskien moet ek eerder sê Modimôle, Modimôle soos die Lekkeslaap advertensie? Dit klink amper meer realisties van waar ek myself bevind….en nie dat ek nou dink Modimôle is ‘n tronk of minder eksoties nie….ek is seker julle verstaan wat ek bedoel.

Alle grappies op ‘n stokkie. Hierdie sal my slot hoofstuk wees. Februarie is kort, die druk hoog en die werk astronomies baie en ek gaan heel waarskynlik na die inskrywing nie weer tyd kry om ietsie te publiseer oor die maand se skrif vers nie.

So….ek wil afsluit deur te sê dat ek een ongelooflike interessante maand gehad het as ek terug kyk en aan die skrif vers dink. Jy sien, my soet woorde was self aangeval ook. Nie net dit wat aan my toegesnou was nie, maar dit wat ek geuiter het. Gemoedere loop hoog, spanning is baie, die lewe gaan aan en ek moet net cope met alles.

Dit was vir seker nie maklik nie en ook nie maanskyn en rose heel maand nie. Maar ek het vir seker geleer en gegroei in die proses. Ek weet ek moet dink voor ek praat, veral as ek gefrustreerd is met iets en ‘n gespek oor iets anders met iemand na aan my het. Ek moet nie dat my frustrasies oorspoel in daardie gesprekke toe nie.

Dis vir seker makliker gesê as gedaan en ek weet nie of my woorde aldag seritonien bevat het soos wat heuning bevat nie. Maar die Here het my gewys wat ek verkeerd doen sodat ek kon repent en omvergifnis vra en leer uit my foute uit. Dis mos deel van die heiligmakingsproses is dit nie?

Ek wil afsluit deur te sê dat ons woorde wat ons uiter, ons voor rekenskap gaan moet gee eendag voor die Here. MAAR Hy het BAIE genade vir ons en as ons Hom omvergifnis vra vir dit wat ons verkeerd gedoen het, vergewe Hy ons en is dit asof dit nooit gebeur het nie. Wat ons wel moet onthou, is om op te hou sonde pleeg en werklik ons rug op dit te draai en te bekeer. Ons moet ophou met slegte gewoontes soos slegte woorde.

Dit vat 21 dae om ‘n gewoonte te breek, as ek 1 Februarie begin het met dit, moet ek teoreties teen Maandag 21 Februarie of Dinsdag 22 Februarie dit afgeleer het…maar, ons maak nie aldag sulke doelbewuste besluite in slegte gewoontes nie, want dit is nie iets wat vir my elke 5 minute gebeur of elke uur nie. Nie soos wanneer ek probeer slegte eetgewoontes reg kry nie. Nee, vir my is dit sporadies en op random tye maar kan seker maar gesien word as gewoonte, omdat ek altyd dieselfde optree in dieselfde situasies.

Ek moet nou net leer uit my foute en my toets slaag. Want ek gaan hom vir seker aanhou skryf tot ek hom regkry! Al vat dit meer as 21 dae….ek groet nou tot volgende maand en wanneer ek oor volgende maand se skrif skryf! Alóha hier vanuit Accountants Inn. (Alóha is mos hallo en totsiens in Hawaï is dit nie?)

The Sweet Words….Finalé
Posted on Leave a comment

Die Deurlopende Etiese Opleiding duur voort…. Maand 2

Die Engelse opskrif klink vir my meer catchy. Maar toemaar, ek is seker julle verstaan wat ek hier bedoel. Elkgeval, terug by my ervaring van hierdie ding wat ons etiese opleiding noem….ek het eers my oë gerol (ek het dit al voorheen genoem) om opleiding te doen om eties te wees. Vir my is dit ‘n natuurlike ding en my verwagting van ander mense is ook om so te wees.

Duidelik funksioneer ander nie soos ek nie (wat ‘n skok vir die sisteem, dog die waarheid en realiteit). Maar, soos ek deur alles werk, besef ek net daar is iets diepers betrokke hierby. Natuurlik kan niemand geleer word om eties te wees nie! Maar, as jy jou denk patrone verander, sal jy tot die besef kom oor hoe dit jou lewe, aksies, keuses en uitkomste werklik beïnvloed.

Iewers tussen September 2021 en Februarie 2022 het ek behoorlik uitgefreak oor die etiese opleiding. Elke keer wanneer ek ‘n kennisgewing kry dat daar nuwe inhoud beskikbaar is (die begin van die maand gewoonlik) dan begin ek amper hiper-ventileer. Want regtig, WAAR moet ek die tyd kry om alles te DOEN wat daar van my verwag word? Ek het slegs maand 1 se opleiding gedoen teen einde Desember en nou moet ek 11 maande se goed opvang in iets soos 8 maande of minder (ek weet eintlik nie hoeveel nie, ek het dit nie gaan uitwerk nie en my brein is regtig net te moeg om uit te werk hoeveel tyd het ek nog oor van my 12 maande etiese opleiding).

Dan, tussen al die chaos deur wat ek ervaar, kalmeer die Here my gedagtes. Dis ok om agter te raak. Dit gebeur. Weer freak ek uit want ek is nou eers besig met maand 2 se joernaal inskrywings wat daagliks moet plaasvind en HOE GAAN EK DIT DOEN??? Ek het amper in my gedagtes geskree vir God (met respek as daar so iets bestaan). Ek het ‘n tantrum gegooi. Ek sal nou nie die Afrikaanse slagspreuk gebruik nie, maar iewers in dit is ‘n vloer en iets wat rym met vloer. Ek is seker jy weet wat ek hier bedoel.

Dit het my die HELE Januarie gevat om ‘n klomp goed uit te werk, insluitende die opleiding in ‘n baie besige skedule. Dan iewers tussen my geskree en freak out wat ek gehad het, kom die lig aan. Wat die proses jou EINTLIK probeer leer is nie om jou inskrywings te begin met Liewe Dagboek nie. Nee. Wat hulle ons probeer leer om te doen is om ons gedagtes te declutter van goed en gedagtes wat jou so besig hou en jou vreugde en fokus steel.

Sodra jy dit begin neerskryf en uit jou gedagtes uit kry, kan jy meer fokus op die dag wat voorlê. Makliker gesê as gedaan, MAAR dis die uiteinde dink ek. Ons het soveel clutter op soveel vlakke, dis SCARY!! Dit begin intimiderend raak en as jy weer sien is jy oorweldig, angstig en kan jy eintlik nie werk soos jy veronderstel is om te werk nie, alles op dieselfde tyd.

Ek het ‘n doelbewuste besluit geneem om die eerste week in Februarie, net te BEGIN met hierdie opleiding en dit net te doen. En ek het. En dit laat my meer bemagtig voel (is dit die regte woord vir accomplished?). Ek voel beter want ek is besig om baba tree se vordering te maak….en raai wat??? Jy HOEF nie eers maand 2 se joernaal inskrywings klaar te maak voor jy kan aangaan met maand 3 nie.

Nee, jy kan daagliks joernaal inskrywings maak, maand 2 se video’s kyk (en al die inhoud lees net so terloops), die assessering doen en aan beweeg na maand 3 toe. Dit is wat ek gaan doen. Ek kan mos meer as een daaglikse inskrywing doen as ek wil. Daar is geen reëls nie, so dis haalbaar om op te vang en in te haal.

Wat ek ook gaan doen, is om te probeer kombineer met wat ookal in maand 3 gebeur met maand 2 se joernaal inskrywings en so uitbrei. Ek het GEEN idee wat maand 3 vir my inhou nie, maar ek is reg vir dit. Dankie tog ek het ‘n hoër mag (die Here as jy gewonder het) wat oor my waak. Wat ek ook begin doen het is om so 2 tot 3 joernaal inskrywings se vrae te antwoord in een dag. Deur dit te doen, maak ek ook vordering en vang ek ook op!! My plan, is soos elke ander plan in die lewe – onder ontwikkelling en onderhewig aan verandering.

God inspireer my, kalmeer my, gee my planne om my vrese en probleme wat ek daagliks ervaar, te oorwin, sodat ek iets so eenvoudig soos hierdie etiese opleiding kan doen. Dit is regtig nie so moeilik nie en sal my vir seker baat op die lang duur. Jy sien, wat jy, die leser van die artikel nie sien nie, is die angstige gedagtes wat ek daagliks het, oor alles – goed, lewe, kinders, werk.

Dit affekteer my vermoë om te werk en produktief te wees. So vir die buite wêreld lyk ek soos iets, ek weet eintlik nie waarmee om myself te vergelyk nie, maar ek kom voor as iets anders as wat ek werklik is. Ek sit maar ‘n brawe gesig op elke dag, smile and waive, fake it ’till you make it tipe houding. Dit gee ‘n wan-persepsie van wie ek werklik is.

Maar, iewers tussen my skrywery op die platform deur, terwyl ek my bybelstudie doen (terwyl ek blog) en my gedagtes joernaliseer, is ek besig om iets te word, iemand beter as wat ek voorheen was. Hierdie proses help my om te declutter in my gedagtes en nie so angstig te wees soos ek altyd was nie.

Ek kry dit steeds nie reg op ‘n daaglikse basis nie, maar sommige dae is beter as ander. Hierdie is alles ‘n leer-proses vir my, iets wat my as mens ontwikkel. En natuurlik het die Here vir my gewys dat ek een van my Beroepsvrou dagboeke kan gebruik vir hierdie doel! Vir hierdie etiese opleiding en daaglikse bybel verse!

Een ding wat ek wel agter gekom het, is, na ek hierdie artikel begin skryf het begin Februarie, het daar ‘n klomp tyd verloop. Twee weke (of is dit nou drie?) het verby gegaan en ek probeer my uiterste beste om hierdie etiese opleiding se joernaal inskrywings daagliks te doen, op ‘n weeksdag (naweke is so bietjie anders en moeiliker omdat ons ‘n ander roetine het). Elkgeval, terug by wat ek probeer sê. Wanneer jy die joernaal vrae antwoord (dit kry eintlik net jou gedagtes aan die gang) oor hoe jy byvoorbeeld, kan verbeter om take af te handel, is dit asof die duiwel en al sy nasaad (in Engels verwys ek na spawn of the devil) jou aanval op dit wat jy neergeskryf het.

Vir my is dit baie interessant, dog niks nuuts nie. Jy sien, wanneer dit met my gebeur, sit ek met ‘n glimlag op my gesig en neem ek kennis hiervan, want, wanneer ek voel of ek aangeval word, weet ek net dat ek op die regte spoor is! Die duiwel weet ook wat my potensiaal is en hy sal alles probeer om my te keer om te doen wat gedoen moet word.

Moet nie mismoedig voel as jy ‘n twee of drie weke tydperk agter die rug het soos wat ek gehad het nie (na ek met die etiese joernaal inskrywings begin het). Dit beteken net dat jy op die regte spoor is en moet aanhou en deur druk! En net asof die Here wil bevestig vir my wat ek hier sê, kry ek ‘n bybelvers net na ek die artikel begin afsluit. 2 Thessalonicense 3:3. Wat ‘n powerful en profound skrif vers om te kry wanneer jy voel of jy aangeval word!

So, as jy steeds wonder of dit die moeite wêrd sal wees om die kursus te doen of waar jy die tyd sal vind – hou op om dit te oordink. Hou op om te prokrastineer soos wat ek vir maande gedoen het. Begin net en voor jy weet, sal jy soveel meer kennis hê en insig kry as voor jy hierdie hele proses begin het.

Een ding wat ek opgemerk het van hierdie opleiding is dat jy ALLES MOET LEES!! Voor jy die aanlyn assessering probeer, maak seker jy LEES die inhoud….dit gaan jou net versterk in jou kennis en self-worth (en natuurlik gaan jy die assessering slaag as jy alles gelees het want die vrae kom nie net uit die videos uit nie).

Ek kan afsluit en ‘n gevolgtrekking maak dat Ek tot alles in staat is deur Christus wat my krag gee! Fillipense 4:13. Ek kan selfs hierdie opleiding ding doen, werk EN ‘n ma wees!! En dit nogals in Februarie, ons besigste maand! Want regtig, WANNEER is ‘n goeie tyd om te begin? Dis nou of nooit!

Word vervolg…..

The Continious Ethics Training continues…. Month 2
Posted on Leave a comment

Die soet woorde… Hoofstuk 2

Soos wat die besige maand vorder dink ek steeds aan die skrif. Dit laat my verder dink aan hoekom Salomo na heuning verwys het en hoekom dit as genesend is in die teksvers.

Natuurlik gaan gryp ek my foon en google die medisinale waarde van heuning. Dis nou nogal interessant hierdie feite wat Mevrou Google toe nou vir my uitspoeg…

Dit bevorder immuniteit. So dit hou jou lyf fisies gesond. Dis interessant. Ek lees verder – dit bevorder serotinien. Nou seritonien is die feel good hormone wat jou gelukkig laat voel (onder andere) en die spesifieke hormoon reguleer ook ‘n hele rits ander goed.

Dit bevat anti-oksidante, verminder stress en angs, is anti-bacterial (by gebrek aan ‘n beter woord in Afrikaans – die Afrikaanse woord klink tog so formeel) en nog ‘n hele rits ander goed soos ek dit nou verstaan.

Dit was vir my interessant om al hierdie feite te lees. Salomo het vir seker nie google gebruik toe hy hierdie skrif geskryf het nie. Nee, hy was die slimste mens ooit op aarde en dit was die Goddelike wysheid waarmee die Here hom geseën het. Wow. Wat ‘n awesome revelation oor hierdie teks en heuning!

Soet woorde is so genesend soos heuning…so dan moet die teenoorgestelde dan waar wees? Afbrekende woorde is soos siekte wat jou verdor en dood maak as jy aanhou luister na afbrekende woorde (en aanhou om dit te uiter). Laat mens dink nê….?

Word vervolg….

The sweet words… Chapter 2
Posted on Leave a comment

Jy is…

“Jy is wat jy eet.” Hoeveel keer het ek nie al daai lyn gehoor nie? Dis amper soos die advertensie van die laat 80’s – Farmer Brown se hoenders. “Hul lyk so goed want hul eet so goed.” Kan ek nou nog die oom se stem hoor. Ek verbeel my dit was so ‘n rasperige stem, maar ek kan verkeerd wees.

Nie te min, rasper stem of de not, daardie lyn het my altyd by gebly. Ek het selfs in latere jare gespot oor my lyf deur te sê “Ek lyk so goed want ek eet so goed!” Want kom ons wees eerlik. Enige iets verfynd en soet en ongesond is mos maar die lekkerste!

Maar so gebeur dit ‘n paar jaar gelede, dat die Here nog iets vir my wys toe ons een aand deur die kanale spring (soos wanneer popcorn wat gemaak word en spring) en vir ‘n vlietende oomblik op een of ander absurde realiteitsprogram afkom. Liewe aarde, ek wil net gou myself onderbreek, maar daardie was ‘n lang sin met min leestekens! Ek is skoon uitasem gelees….

Soos wat ons vir hierdie mense kyk, almal wat soekende is na iets maar nie weet wat nie, laat val die Here in my gees You are because I am. Dit was in Engels. Ek sit so oomblik en dink….dis waar! Die Here verwys mos in Moses se tyd na Ek is wat Moses gestuur het na Farao toe.

Spring vorentoe na 2020 en 2021 toe (ek weet eintlik nie meer wanneer het wat gebeur nie want als is ‘n blur). Iewers daar het ek op my eie Facebook blad iets soortgelyk gesit soos die stuk wat ek nou skryf, en dat ons is omdat God is. Maar later van tyd het die Here dit nog so bietjie uitgebrei vir my.

Jy is wat jy eet, wat jy dink en wat jy praat. En net so val alles in plek in my kop (ek kan ook nie eintlik verduidelik HOE dit gebeur nie, dit doen net). Liggaam, siel en gees. Jy is wat in jou hart omgaan (daar is mos so ‘n skrif iewers in Psalms as ek dit nie mis het nie?). Jy is wat jy in jou gedagtes dink (en dan praat). Jy is wat jy fisies eet.

Die mag van lewe en dood lê in die tong – so sêg die Bybel ook…so ons moet waak teen wat ons spreek, want dit manifesteer gewoonlik in die vlees ook….en eintlik begin dit wat ons praat met dit wat in ons harte omgaan doen dit nie? Maak dit sin wat ek sê?

En ek reken uit hierdie Goddelike gedagtes (nie ek nie maar God vir seker!) is waar Beroepsvrou ontstaan het. Ek het vir JAAAARE gedink EK wat Elsie is, is die enigste een wat nie elke oggend met ‘n lied in my hart en voëltjies wat buite NET vir my fluit wakker word nie. Jy weet soos Sneeuwitjie wat fluit en dan kom die voëltjies en doen wat ookal vir haar. Ek het gedink dis hoe dit moes wees….

Ja ek weet, dis ‘n fairy tale wat propvol leuens is, maar gee my darem krediet. Ek het al voorheen gesê ek voel soos ‘n late bloomer wat sulke goed aanbetref (ek het darem nie nou eers tot hierdie besef gekom nie, seker maar vroeë 30’s as ek nou regtig ‘n tydlyn vir jou moet trek en nee ek het nooit gedink die voëltjies sou my werk vir my doen nie). Nou om terug te kom Beroepsvrou toe….dit wat jy is pas vir my eintlik so mooi in by die hele Beroepsvrou tema, die Pienk Vere Reeks en waarvoor ek staan.

Pienk Vere vir die Here. Jou gees (en seker maar siel) mens word gevoed met dit wat in jou hart en gedagtes omgaan. Vandaar die Pienk Vere vir die Here…maar wat die Here vir my gewys het is dat die voorskoot eintlik die voorloper was vir die hele Pienk Vere reeks.

Wanneer jy ‘n voorskoot aantrek, is jy besig om ander mense te bedien met kos. So dubbele betekenis met die voorskoot. Maar jy is ook besig om iets voor te berei wat jou liggaam moet voed (jy moet jou tempel wat die Here vir jou gegee het mos oppas – DIT staan ook in die Bybel!)

Dit voel vir my of ek deurmekaar praat hier maar ek glo die Here gaan al die toutjies bymekaar trek sodat diegene wat dit lees sal verstaan. Ons moet ook konstant ons gedagtes vernuwe en vul met God se woord sodat ons harte nie swart word nie, ons monde nie vloeke spreek nie en ons gebeentes nie uitdroog van dit wat ons spreek nie.

Van die os op die jas en weer by die voorskote – onlangs het ek die absolute voorreg gehad om ‘n plaaslike skool se Verbruikerstudie kinders te seën met voorskote (absoluut in opdrag van die Here) en ek het verder die absolute voorreg gehad om hulle vir 5 minute (ok dalk 10 minute ek is nie seker nie) te bedien en meer te vertel van Beroepsvrou en die Pienk Vere….

Ek kan nie regtig onthou wat ek gesê het nie en dit het gevoel of ek deurmekaar gepraat het, maar ek glo dat daar saad iewers gesaai was en dat dit sal opkom wanneer die tyd reg is…ek weet ook dat ek besig is om te groei en te leer en dat die Here absoluut die woorde in my mond sal sit wanneer ek die volgende skool gaan bedien en seën met voorskote.

Die gevolgtrekking wat ek wil maak van die stuk is, jy is wat jy eet, jy is wat jy dink en jy is wat jy praat. Dit wat in ons lewens manifesteer is absoluut in ONS hande. Dit is eintlik AL waaroor ons beheer het. Wow, wat ‘n wonderlike revelation (by gebrek aan ‘n beter Afrikaanse woord wat nie so treffend is soos die Engelse woord nie). Ek weet dit al lankal, dat dit is waaroor ons beheer het in hierdie wêreld, maar die Here het alles vir my so mooi bymekaar kom sit en afgerond met die blog en die Pienk Vere reeks…

Alle eer aan God altyd! Mag die blog altyd dit wat die Here in my hart plant deurgee en mag dit NOOIT oor myself gaan nie!! Hy inspireer my, gee my die kennis en wysheid en die talente en visies om te doen wat besig is om te gebeur…

You are…
Posted on Leave a comment

Die soet woorde… Hoofstuk 1

Voor ek begin skryf, wil ek net sê, ek weet die foto aan die begin van die artikel is die Januarie bladsy op die tafel kalender (deskpad). Uiteraard kon ek nou nie elke maand se kalender afneem nie want dit sou beteken dat die voorraad se kwaliteit geaffekteer sou word….en ek kan nie myne afneem nie want hy is al vol geskribbel met nota’s….

En vir iemand (dis nou ek) wat skepties was oor die deskpad en gewonder het of ek hom wel gaan gebruik, word die ding nogals baie gebruik. Nou ja, nou dat ek daardie admin afgehandel het kan ek begin skryf oor die maand se teks.

Spreuke 16:24 – Vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek: soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente. Toe ek laas jaar die skrifverse gekry het vir elke maand en dit op die kalender geplaas het, sou ek nie kon raai hoe van toepassing dit wel sou wees in elke maand nie.

Jy sien, Februarie is ons besigste maand. Dis finansiële jaareinde. Redelike rowwe tyd as ek nou so daarna kan verwys. Min slaap, lang ure en die gewone lewe tussen als deur (selfs ‘n verjaarsdag op die 7de Februarie – ‘n dag waar daar ‘n sperdatum op is waarvan ons nie kan wegkom nie). Ons kinders weet al maar ek wonder tog of hulle regtig verstaan? En of ons besig is om skade te maak by hulle? Met die dat ons so werk, werk en nogmaals werk.

Goed so jy wonder seker nou hoe die skrif met Februarie gekoppel word? Jy sien, wanneer mens nie onder druk is nie, is dit maklik om die skrif uit te voer en deur te voer. Dis wanneer mens onder druk is dat dit nie altyd maklik is nie. So uiteraard is Februarie ‘n druk maand so die uitdaging met die teks voel vir my of dit groter is nou…

Maar, dis ook nie noodwendig wanneer ONS druk ervaar wat ONS moet versigtig wees met ons woorde nie. Vir my is dit baie keer wanneer ons NIE soet woorde van kliënte af ontvang nie, wat dit seer maak. Jy weet, daai woorde waar elke stukkie iets wat jy altyd met soveel deeglikheid gedoen het, afgebreek word en gekritiseer word.

Wanneer alles wat jy nog ooit vir iemand met integriteit gedoen het afgebreek word na niks. Waar beskuldigings rondgeswaai word (ja jy raai reg, dit het weer die afgelope week gebeur soos soveel keer tevore). Dis dan wanneer ek aan die skrif dink. Want wragties, dan is die woorde nie soet vir die siel nie en ook nie genesend vir die gebeente nie.

Word vervolg….

The sweet words… Chapter 1
Posted on Leave a comment

Die Burpee…

Nee, nie die winde opbreek burpee nie. Die oefening BURPEE. Dis hoe dit vir my voel sedert 15 Maart 2020. Of ek emosioneel Burpees moet doen, al is ek nie opgewasse vir dit nie en ook nie reg vir dit nie.

Voor ek in Februarie 2020 begin Cross Fit het, het ek OOK nie geweet WAT is ‘n burpee nie. Ek het wel op die harde manier geleer en sodoende fikser geword op ‘n fisiese vlak.

Gaan google maar wat is ‘n Burpee as jy nie seker is nie. Die mense in die videos laat dit BAIE maklik lyk, laat ek jou nou vertel. Wanneer laas HET jy ‘n Burpee gedoen? Het jy al ooit een gedoen?

Dit daar gelaat want daar dwaal ek alweer van my punt af. Ek ervaar die hele Pandemie as ‘n emosionele uitputting wat ek slegs met ‘n harde strawwe oefening soos ‘n Burpee kan vergelyk. Nou Burpees maak jou fiks soos niks anders nie.

Maar dis moeilik. Uitmergelend. Om emosioneel so uitgeput te wees dat jy nie meer KAN aangaan nie is tough! Ek weet wel dat ek NIE die enigste een is wat so voel nie. Dis asof die gevoelens weer opvlam oral, soos tydens en net na die eerste hard lockdown.

Die hele wêreld verwag van mens om soos normaal te funksioneer. Aan te gaan en goed gedoen te kry asof daar niks fout is nie. Dit terwyl niks meer normaal is nie. Was dit ooit voorheen normaal? Of was ons vasgevang in hierdie leuen van wat ons sien en ervaar as normaal?

Jy sien, in my bedryf (en hier sal alle accountants saam stem en verstaan) raak dit regtig net moeiliker en moeiliker. Die instansies met wie jy werk raak strenger, reik vinniger en sommer vir niks boetes uit (so voel dit vir my). Verwag van ons om te perform dit alles terwyl dit voel of daar min tot niks aan hul kant werk nie.

Die emosionele welstand van mense word nie in ag geneem nie. Siekte toestande, dae in isolasie, menslikheidsfaktore word nie in ag geneem nie…..is dit nie dan dieselfde as om te verwag mens moet Burpees doen heeldag en aldag nie?

Vandat jy jou oë oopmaak tot jy gaan slaap moet jy elke sekonde ten minste een burpee doen. Kom ons sê dis minstens 12 ure waarvan ons nou praat (soos die Engelse sê hypothetically speaking want ek weet ook niemand van ons slaap vir 12 ure nie). 60 minute per uur. 60 sekondes in elke minuut. Dus 12 ure x 60 minute x 60 sekondes. 43,200 burpees. Ja ek het my calculator gebruik om die som te doen, bloot omdat my brein net nie meer KAN dink nie. En nou wonder ek en hoop ek dat ek die som reg gedoen het.

Dan begin ek wonder….is dit die Here se manier om ons fiks te kry? Kan Hy so wreed wees? Fiks vir wat? Die eindtye? Ek weet swaar tye vorm mens….maar ek weet nie. Ek wonder steeds oor die Pandemie.

Toe ek hierdie stuk begin skryf het, was dit Januarie. Nou is ons al in Februarie. Januarie was vir my en baie mense met wie ek gesels het ‘n ONGELOOFLIKE (ek gebruik hoofletters om die klem te lê oor hoe dit was) moeilike maand. Dit was asof daar hierdie blok of wolk oor mens was.

Jou kop herinner jou aan als wat gedoen moet word maar terselfde tyd is hy op een of anser sit-staking wat volstrek weier om aan te hou burpees doen. Dan sê hy weer vir jou hoe ver agter jy nou is en hoe gaan jy maak om jou 43,200 burpees in te haal? Jy het dan skaars tien gedoen vir die dag….

Soos wat ek die stuk deur dink het en met die Here daaroor gepraat het tussen alles wat moet gebeur deur, stuur Hy vir my 2 liedjies. Die eerste een is Hello, my name is… van Matthew West en die tweede een is Borrow (one day at a time) van Josh Wilson.

Beide liedjies het so ‘n groot impak op dit wat in my gedagtes rond beweeg, die gedagtes wat my laat voel dit wat ek nou doen is nie nagenoeg aan ‘n burpee nie. Ek besef dit wat ek voel is NIE van Hom af NIE. Ek dien ‘n lewende God van orde en vol liefde.

Dan neurie ek (vir ‘n paar dae al I might add) die woorde van Josh Wilson se liedjie….Don’t Borrow,no trouble from tomorrow…..na na na….one day, one day, one day at a time! En ek weet dat die Here my rustig gemaak het (skielik van begin Februarie af) sodat ek weer kan fokus op dit wat voorlê werksgewys.

Ons is mos almal hoeka oppad om onsself in te teken by die Accountant’s Inn net om met ‘n ball & chain vasgemaak te word agter jou lessenaar en weer speed dating van belasting te doen. Te bid jou blits afspraak werp goeie vrugte af en dat jy wel alles raak sien en in berekening bring sodat jy later die jaar nie met jou hande in jou hare sit oor te min belasting wat betaal was nie….

The Burpee…
Posted on Leave a comment

Die deurlopende etiese opleiding

Ja ek is weer terug by die onderwerp. Januarie 2022 is verby (hoe weet ek nie maar hy is) en ek het net nog mooi NIKS gedoen aan my deurlopende etiese opleiding aangebied deur Tall Trees nie. Ek het September 2021 ingeskryf vir ‘n 12 maande program.

Ek het dit begin met die hoop en verwagting dat ek elke week my bietjie gaan doen om hierdie opleiding te voltooi sodat dit NIE soos ‘n berg voor my lê nie. Maar, raai wat? Die lewe gebeur! Werkslewe en lewe-lewe se lewe het gebeur….

Ek het goed begin en iewers in September die eerste klomp videos begin kyk, nota’s gemaak, en so meer. Maar toe kom die end of year rush soos ek daarna verwys (dit begin gewoonlik hier rondom September maand) en daar is daardie plan daarmee heen.

So sit ek mos toe nou einde Desember met my belastingopleiding wat ek moes doen voor die 31ste. (Ja ek moet dit OOK nog doen tussen alles deur). Ek besef toe, soos wat ek deur alles werk, dat ek NOOIT my eerste maand van die etiese opleiding klaar gemaak het nie….

Gelukkig kan mens die tipe opleiding doen wanneer dit jou pas, wat nie noodwendig goed is vir my persoonlikheid nie….want opleiding pas my nou eintlik nooit. Kom ons wees eerlik, niemand is ooit lus om hul opleiding te doen nie. Daar is mos altyd belangriker goed om te doen, werk, kinders, en so meer….

Maar hierdie opleiding is vir my anders. Ek WIL dit doen, dis net die ure in die dag en week laat dit nie vir my toe om net my half uur te neem en daardie week of dag se opleiding te doen nie. Hierdie is nie moeilik nie, dis interessant, dis insiggewend. As jy dit opbreek soos hulle dit geskryf het is dit regtig haalbaar in my opinie.

Ons moet net ons koppe regkry rondom dit en dit net doen. Iets wat ek wel kan sê en van getuig is, ek probeer regtig baie hard werk om my take wat so ewe in ‘n boek opgeskryf is, te prioritiseer in die 4 kwadrante wat Lynette van gepraat het in die heel eerste video….

Dit gaan mens vir seker kan help om te prioritiseer, dis net vir my moeilik om te onderskei watter van my take is Belangrik & Dringend. Want dís die take wat eerste aandag moet geniet – die wat belangrik EN dringend is…en niemand anders kan my help as ek self nie. Ek voel nog soos ‘n afkop hoender, Januarie was ‘n moeilike maand in die sin om weer aan die gang te kom na die vakansie.

Ek gaan vir seker die week wat kom my beste probeer om wel weer by my etiese opleiding uit te kom….miskien kan ek nog so ietsie leer wat ek kan toepas op my lysie wat net groei en groei. Die werk wat inkom teen 90 myl per uur terwyl ek goed uitkry teen 1 myl per uur….

Ek bid vir hulp van bo, want alleen kan ek nie die stryd wen nie….soos die Psalm digter geskryf het – ek slaan my oë op na die berge, waarvandaan sal my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde geskape het….

The continuous ethics training
Posted on Leave a comment

Die Bybelse Beroepsvrou – Slot

Soos wat ek die inskrywing maak, kyk ek na die datum en ek sien dis einde Januarie 2022! Hoe het dit gebeur? Ons was dan nog gister in Desember, met verlof, besig om voor te berei vir 2022 se skooljaar wat begin en poof net so is dit einde Januarie….

Nou ek kou en oordink die stuk van Debóra al die heel maand lank, eintlik al langer. Maar nie te min. Ek het vrae oor haar (dit voel soos duisende vrae). Antwoorde wat ek nie ooglopend kan sien uit die skrif uit nie. Het mense haar met respek behandel of het hulle met haar gemaak soos hulle met my soms maak? Dis iets wat ek nie weet nie…

Wat ek wel gesien het, is dat sy GEWERK het TERWYL sy profeet was. So met ander woorde – sy het nie VOLTYDS in die bediening gestaan nie. Nee, sy het haar day job ook gehad waaraan sy moes aandag gee.

Nou dit antwoord vir my nogals baie oor die vrae wat ek het en gehad het. Vir so lank het dit vir my verkeerd gevoel om te werk en nie te kan voltyds doen wat ek voel die Here wil hê ek moet doen nie.

Die lang en die kort wat ek nou tussen die lyne lees van hierdie bybel vers is, sy moes tyd gemaak het om met die Here te spandeer om te kan profeet wees. Dis nie iets wat net gebeur nie. Sy as mens moes moeite gedoen het om by die Here te hoor wat Hy wou gehad het sy moes doen. Hierdie is nou my eie afleiding, maar dis logies en maak sin.

Die les wat ek geleer het van Debóra? Dis ok om as vrou te werk en ‘n beroep te beoefen. Dis ok om nie voltyds in die bediening te staan en siele te wen vir die hemel nie. Dis ok om nie in Afrika te moet ingaan en van een blikkie kos per maand te oorleef en te sukkel sonder lopende water as ‘n sendeling nie (dit was nou glad nooit wat ek in my hart gevoel het nie maar jy verstaan wat ek bedoel). Dis nie vir almal beskore om op DAARDIE manier siele vir die hemel te wen nie.

Mens kan dit doen TERWYL jy werk en jou beroep beoefen. Ek vir een, sien mense heeldag en aldag (ok nie so baie nie maar ek het baie kontak met mense en die buite wêreld). Hoekom kan ek nie die posisie wat die Here my in geplaas het gebruik om sy evangelie te verkondig nie? Daar is mos nie iets fout met dit nie?

Dan kom alles weer terug na my werk en my blog toe. Alhoewel dit vir my bitter lekker is om te blog (want hier voel dit vir my of ek ingeprop word met die Here se stem en kan HOOR wat Hy vir my sê), is dit ok om te werk ook. Die geheim is, ek moet TYD maak om met Hom in Sy woord te spandeer. Ek moet TYD maak om te blog want deur dit te doen, HOOR ek Sy stem. Ervaar ek Hom op ‘n manier wat ek nie anders kan nie.

Die blog is vir seker nie ‘n stokperdjie of iets wat ek doen vir die lekker en vir sommer-net se sommer nie. Dis ook nie my uitlaat om my te laat cope met die lewe nie. Nee, dis MY manier om tyd met die Here te spandeer. Hy weet ek kan nie vir ure sit en bybel lees nie, of prentjies teken in my bybel nie, of bybelstudie doen op die maniere wat ander mense dit doen nie.

Nee, hierdie, saam met die Pienk Vere reeks deskpads is MY manier om tyd saam met Hom te spandeer. Baie mense vra my, en lewer kommentaar oor dat hulle nie verstaan en weet HOE ek alles reg kry nie. Die enigste verskil tussen my en hulle is – my manier van tyd met die Here spandeer is op ‘n publieke platform, op ‘n plek waar almal dit kan sien. Hulle sin is privaat waar niemand dit kan sien nie.

En ek sê nou nie dit om iemand te laat sleg voel nie, want mens se tyd met die Here is tussen jou en die Here. Maar vir sommige mense, vir sommige van ons, het Hy geroep om anders te wees. Dinge op ‘n ander manier te doen. Nie soos meerderheid mense dit doen nie. Want hoe gaan ons almal ‘n verskil maak as ons almal dit op dieselfde manier doen?

Vir die eerste keer sedert ek die Pienk Vere reeks begin het (ja, die mal plan soos ek daarna verwys en waaroor ek gistermiddag nog gewonder het hoekom ek dit gedoen het) verstaan ek nou beter hoekom die Here juis dit SO bestem het. Dis nie noodwendig vir enige iemand anders nie. Dis vir myself om tyd saam met Hom te spandeer. En as ek iemand kan help, motiveer, bystaan deur dit, soveel te meer.

Dit staan mos in die woord dat ons moet getuig, want ons getuienis is wat God gebruik om mense red (of iets soos dit – hierdie het ek nou wragties uit die vuis uit onthou wat moontlik verkeerd is – ek sal wel vir myself dit gaan opsoek en seker maak ek kwoteer nie skrif heeltemal verkeerd nie). Belangrik om te onthou is dat die Heilige Gees altyd die oortuiging gaan doen, nie ons as mense nie. Ons getuienis is AL wat ons het om God se woord en wonderdade te verkondig. Kom ons gebruik dit!

Tot volgende maand….

The Career woman from the bible – grand finalé
Posted on Leave a comment

Die Bybelse Beroepsvrou – Hoofstuk 3

Toe ek laas jaar die Pienk Vere reeks ontwerp het en skrif verse gekies het vir elke maand van die deskpad kalender, het ek ervaar die Here sê ek moet blog oor elke maand se skrif wat gekies was.

Ek het dit gedoen sonder om te huiwer en steeds nie lekker geweet HOE ek dit gaan doen nie, hoe gereeld ek dit gaan doen nie of waaroor ek gaan skryf nie. Ek het by myself gedink ek gaan seker net een inskrywing maak oor die skrif.

Maar hier is ek nou, besig met hoofstuk 3. Veral die skrif oor Debóra is vir my interessant gewees, want hoeveel kan mens nou skryf oor die bietjie wat ons kan lees in die Bybel? En dis nou waar die Lewende Woord van God in kom. Jy sien, hoe meer jy dit lees en hoe meer jy daaroor dink (ek doen dit heeldag en aldag terwyl ek werk) hoe meer openbaar die Here vir mens.

Vrydag was ons by ons kinders se interhuis atletiek. Dit was interessant en nuut vir ons, want dis mos ‘n nuwe skool en ons is so bietjie uit dit uit wat sulke aktiwiteite aanbetref. Langs ons onnodige groot geleende gazebo was daar ‘n ouerpaar onder ‘n strand sambreel.

Ons nooi hulle toe om die skaduwee van die groot gazebo saam met ons te deel as die son te veel raak. Aanvanklik het hulle wel in ons gazebo se skaduwee gesit langs aan en soos wat die son oorskuif het hulle toe wel langs ons gesit.

Op ‘n stadium (voor ons almal onder die skaduwee gesit het), sien ek die vrou se laptop is aan en sy sit met oorfone op. Sy het ‘n virtuele vergadering. Sommer so langs die atletiekveld. Ek besef dadelik dat ek nie alleen is om al die balle in die lug te hou nie.

Ek weet dit lankal reeds, maar dis asof die Here dit net weer vir my kom wys. Almal het een of ander uitdaging. Meerderheid vrouens is deesdae Beroepsvrouens. Almal het ‘n rol wat hulle vertolk.

Almal kan identifiseer met Debóra wat ‘n Beroepsvrou was. Almal staan aan die begin van die nuwe werksjaar, skooljaar, wat ookal die nuwe jaar vir jou beteken – almal staan voor hom en moet weer in die ritme van dinge kom. Soms voel mense of hul alleen is en die enigste een is wat voel soos hulle voel.

Daarom dat Debóra se skrif gekies was vir Januarie. Om almal net so bietjie te help en te ondersteun. Om te weet jy is nie alleen nie. Ons almal wat vrouens is wat in beroepe staan het een of ander uitdaging.

We are not alone! Weet dit net, jy is nie alleen nie! Almal voel soos hul voel by tye en dis ook ok. Die belangrikste is om God se soek in alles en in Sy rus in te beweeg. As ons in Sy rus is, val alles in plek. Dit is wel makliker gesê as gedaan, veral as jy soos ek is en als probeer beplan en reg doen sonder foute die eerste keer….

Slot volg…..

The Career woman from the Bible – Chapter 3
Posted on Leave a comment

Die Bybelse Beroepsvrou – hoofstuk 2

Nou soos wat ek self probeer spartel en cope met ons nuwe roetine (die roetine is rof met vroeg op en alles net 1 of 2 ure vroeër probeer doen EN die inskrywing het my ‘n goeie week gevat om klaar te maak tussen als deur), wonder ek by myself oor Debóra. Het sy kinders gehad? Ek kan nie dit sien uit dit tot ons beskikking in die Bybel nie.

Sy het wel ‘n man gehad – dit weet ek. Wat ek ook raak lees is dat sy ‘n leier was. Hoekom sê jy sy was ‘n leier? Vra jy dalk. Wel, sy was ‘n regter en regters vertolk rolle van leierskap.

Maar die grootste van dit alles is dat sy ‘n profeet was. Wow. Dis groot. Profete het hierdie special konneksie met die Here, (my opinie) nie dat ander normale mense dit nie het nie – ek glo jy verstaan wat ek hier probeer sê. Maar in daardie tyd het die Here slegs met die volk gepraat deur profete…

Ek spring weer terug na realiteit toe, na 2022 toe. Ek wat Elsie is, kan NIE myself met Debóra vergelyk NIE. Wat ek wel kan doen is om te probeer leer en verstaan wat sy gedoen het in die Bybel en dalk so ietsie van dit te probeer toepas in my eie lewe.

Ek sal vir seker ‘n interview met Debóra wou gehad het. Ek dink ek sou haar gepeper het met vrae. Hoe voel jy na ‘n lang dag se werk? Word jy moeg? Raak jy ongedullig (die korrekte spelling gee net nie die hoeveelheid ongeduld deur in my opinie nie) met jou man (en kinders)? Raak jy gefrustreerd met jou werk?

So gaan die lysie aan en aan. Ek dink die belangrikste waarmee ek vandag wil afsluit oor Debóra is dat sy ‘n doodgewone mens was (ek lees nêrens dat sy met goue tande en sy-agtige hare gebore was nie). Nee sy was net ‘n mens…wat bereid was om God se instrument te wees.

Debóra was ‘n vrou, ‘n leier, ‘n profeet. Sy was God se instrument wat Hy gebruik het om met die volk mee te praat….net soos wat ek die inskrywing finaliseer en klaar getik het, ry ek een middag agter ‘n kar. Die skrif op die kar? Jer 1v5 – nie Jeremiah in Engels of Jeremia in Afrikaans nie. Nee net so verkort soos hy hier geskryf staan.

Ek gaan lees die skrif vers in die Bybel. Ek dink ek was soos een van daai cartoon karakters wie se kakebeen tot op die grond oopgeval het. Dit lees as volg: Voordat Ek jou in die moerderskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig, Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak. (Afrikaans 1953 vertaling).

Wow dit is net vir my bevestiging en sluit so mooi aan by die skrif vir hierdie maand. Die Here het ons elkeen gekies nog voordat ons gevorm was om te wees waar ons vandag is. Om te doen waarvoor Hy ons geroep het. Dis GROOT. Ons kan nie God in ‘n boksie plaas nie, tog probeer ons soms dit doen….

Word vervolg ….

The Career woman from the Bible – chapter 2
Posted on Leave a comment

Die eerste week terug….

Oh my WORD!! Dat ek nou vir jou vertel, ons ly nog almal aan bomskok na die eerste week terug in roetine en bo op dit nog by ‘n nuwe skool met nuwe tye en heeltemal alles nuut in terme van roetine.

Jy noem dit, dis nuut vir ons….boeke moet oorgetrek word letterlik tussen 3 en 4 in die oggend (ok dalk eerder tussen 4 en 5 die oggend) want daar is niks ander tyd nie. Ek voel soos ‘n slaap wandelaar. Ek word MOMSTER.

My man vra my wat is fout, ek het seker weer my gesig getrek op ‘n manier toe ek na hom kyk. Daai uitdrukking van Watse dom vraag is dit nou ou? Ek is al van 4 uur in die oggend op! Ek dink nie ek het hom geantwoord, behalwe dat ek MOEG is nie. Maar ons het dit oorleef.

Hoe weet ek nie, maar ons het. Ons was nie laat vir skool nie, het als gedoen gekry wat die skool gevra het en ek kon darem my oefening ingepas kry Woensdagmiddag. Jy wonder seker hoekom dit so erg op ons sisteem is, die terug in roetine kom? Voorheen kon ons die kindertjies so bietjie later aflaai in die oggende, maar nou moet ons hulle ‘n half uur vroeër aflaai, wat beteken alles in ons huis moet met ‘n halfuur of meer aanskuif…..dis nogals baie en groot….en waar ons bly beteken dit noodwendig dat ons meer en verder ry as mense in die dorp…

Met ‘n onsekerheid in my wonder ek HOE ek weer alles die jaar en veral die maand tot einde Februarie gedoen gaan kry? Daar is altyd te min tyd en te veel werk en nou voel dit vir my nog meer so. Bo op dit is daar skool goed wat mens moet doen en bywoon, dit inpas tussen alles deur…..

Ek hiperventeleer wanneer niemand kyk nie, want ek moet my pose hou. Ek wil steeds soos die gif van Sponge Bob en Patrick panic & run en saam met dit skree soos ‘n mal mens. Hoe doen mense dit?? Hoe kry ander ma’s alles gedoen??

Hoe kry mense wat van 8 tot 5 voltyds werk, sonder huishulpe dit gedoen? Hoe behou jy jou sanity EN kry tyd vir jouself EN al die ander admin in en om die huis gedoen. Slaap hulle minder? Wonder ek by myself. Dit voel of daar altyd goed is wat uitgesorteer moet word, wanneer moet mens dit doen?

Dalk is hul spoed net vinniger as myne? Miskien is ek ‘n sloth en so staaaaadig? Dis hoe ek voel. Is dit omdat ek ouer word? Of is dit die nagevolge van die Pandemie? So spoel al die vrae deur my gedagtes, dit kom in golwe en trek terug en bedaar en dan kom die volgende golf se vrae.

Gisteroggend het ek en my man ‘n gesprek. Hy reken ons moet roll with the punches en elke dag op ‘n slag vat. Ek stress myself onnodig uit volgens hom. Ek kyk hom so, weer met ‘n kyk en dink by myself HOE? My persoonlikheid laat nie toe vir roll with the punches en elke dag op sy eie nie. Ek raak gefrustreerd as my dag se beplanning nie uitwerk soos dit moet nie.

As een of ander instansie met wie ons werk se sisteme hang en nie werk nie en jy vir ure sukkel om ‘n eenvoudige iets gedoen te kry raak ek frustreerd. Dit meng in met my beplanning. Want daardie onbeplande tyd wat ek aan so iets spandeer het, moet EK nou weer iewers inhaal. En al waar ek dit kan doen is met slaap. Minder slaap. Want als het mos SPERDATUMS. So om oor te staan tot môre help nie veel nie want dan is ek al klaar weer met môre se beplanning agter….

So rol al die golwe van vrae en planne van hoe, wat en waar deur my gedagtes. HOE gaan ek dit doen? WAAR gaan ek die tyd kry? WAT gaan ek doen as my beplanning nie uitwerk nie? MOET ek nog beplan? Want as ek beplan dan werk dit nie, as ek nie beplan nie, dan werk dit nie. Weet julle hoe frustrerend is dit vir ‘n SIERBOOM persoonlikheid? Alles moet op hul plek wees, ALTYD.

Vanoggend toe ek opstaan, neurie ek ‘n liedjie wat ek op Spotify al een keer gehoor het…..I can do all things through Christ who gives me strength…..Mmmm…..laat my dink. Een van my gunsteling verse – Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. Fillipense 4:13. EK KAN dit doen. Die Here gaan my help. Dis nie nodig om te hiperventileer of te panic & run soos Sponge Bob en Patrick nie.

Ons HOEF nie alles ALLEEN te probeer doen nie. Ons moet net die Here vra om ons te help, vas te hou in Sy hand, die nodige krag en energie te gee….Hands of mercy won’t you cover me? spoel die liedjie se woorde soos ‘n groot Tsunami oor die ander klein golfies van twyfel en vrae. Skielik word dit uitgewis met God se kalmte en vrede. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. Nie op my eie nie, nooit nie.

The first week back….
Posted on Leave a comment

Die Bybelse Beroepsvrou – hoofstuk 1

Sedert ek kinders gehad het, het my behoeftes en prioriteite drasties verander. Net ‘n nuwe ma met ‘n voltydse werk en beroep kan weet waarvan ek nou praat (nie dat ek sê dat iemand wat die absolute voorreg het om hul kinders voltyds groot te maak het geen idee nie – maar jy sal beter verstaan soos wat jy lees). Daai moederlike instinkte wat oombliklik inskop wanneer jy die baba die eerste keer hoor huil.

Vir soveel jare het ek hierdie redenasie gehad oor HOEKOM ek ‘n Beroepsvrou is. Geredeneer dat die vrouens van die Bybel nie heavy jobs gehad nie…..of so het ek gedink….tot een aand in 2021 terwyl ons lees uit die Bybel uit vir ons kinders.

So lees ons vir Debóra raak….ek merk toe dadelik op dat sy ‘n groot en verantwoordelike rol vertolk het. Sy was ‘n profeet EN ‘n regter. Sy moes oordeel fel oor die volk. Jitte, dis ‘n GROOT verantwoordelikheid. Selfs in die Bybel se tye was dit heavy in my opinie. Om ‘n profeet te wees is ook ‘n groot verantwoordelikheid! En sy moes beide doen!

Ek kan nou nie bepaal of opmerk uit die res van die Bybel uit of sy moes studeer om die rol te vertolk nie en ons sal seker nie weet nie. Ek weet eintlik glad nie HOE mense navorsing doen oor mense in die Bybel nie. Waar begin mens lees en soek? Hoe weet jy wat is die waarheid?

So ek gaan maar al die tegniese vrae oor hoekom en waarom van Debóra daar laat en maar net kyk na wat die Bybel vir ons vertel en wat ek ervaar en voel die Here vir my vertel hieroor. Die skrifvers wat ek op die Januarie 2022 deskpad kalender gesit het is Rigters 4:4-5 – dis waar ek die eerste keer van Debóra gelees het.

As jy hierdie lees, die flaminke opgemerk het op die deskpad kalender foto by hierdie artikel en STEEDS nie weet HOEKOM flaminke nie, nooi ek jou uit om die Pienk Vere kategorie te gaan lees op my blog. Dit sal vir jou meer sin maak en meer insig gee. Goed, terug by die skrifvers vir die maand van Januarie 2022.

Nou wonder jy seker HOEKOM ek hom gekies het en wat is die tema vir die res van die jaar? Kom ek antwoord die eerste vraag….Debóra het ‘n beroep gehad, ‘n kwalifikasie van ‘n aard. Ek kon met haar vereenselwig en identifiseer in ‘n mate – ek staan in ‘n beroep en het ‘n hele rits kwalifikasies en grade (ja dis verskriklik om dit nou so te noem – maar as jy ‘n CA en RA is, dan gebeur daar eers so twee grade voor dit, saam met ‘n hele rits ander goed, net vir die wat nie weet nie).

Ek weet ander beroepe het ook hul vereistes om vir jare te studeer en praktiese opleiding te doen, en so meer. So ons is nie alleen nie! Elkeen moes hul deel doen om te wees waar hul is vandag en om hul beroep te kan beoefen. Laat ek nou vir jou vertel – dis geen grappies nie en HARDE werk!!! En dis waar die innerlike konflik begin tussen jou beroep en om ‘n ma te wees – ek voel ek moet een kies…..en een op gee. Om op te gee as ‘n ma is heeltemal buite die kwessie….maar wil ek my beroep opgee? Die een wat bloed, sweet en trane gekos het om te bekom?

Dit daar gelaat, die ander vraag tussen die vrae, hoekom juis die skrif vir Januarie? Wel, ons almal is die tyd van Januarie nog so bietjie in ‘n vakansie luim. Sommige van ons berei onsself mentally voor om die 10de Januarie 2022 weer te begin werk. Ander het reeds al die afgelope week begin werk. Maar ons almal staan in ‘n beroep en ons moet onsself weer reg ruk en voorberei om te KAN funksioneer soos voor die vakansie. Erken dit nou maar – om buite roetine te wees is nie lekker nie! Selfs ons huishond Fudge is buite roetine!

So die lang en die kort is, ek het gekies om die jaar af te skop met ‘n Beroeperige iets, net sodat ons almal kan identifiseer met die skrif en maar net weer onsself reg kry vir die jaar wat voorlê. Ek hoop dit maak nou sin wat ek probeer sê hier?

Die tema vir die jaar is Pienk Vere en die is die Pienk Vere reeks wat ek reken deel gaan word van Beroepsvrou se blog en alles wat daarmee saam gaan. Ek het nie Beroepsvrouens gekies as tema nie, maar eerder skrif wat ek dink gekoppel kan word om Pienk Vere vir die Here te wys.

Ons staan in verskeie beroepe, nie net CA’s en RA’s nie. En soms is dit bitter moeilik, veral as vrouens, om aan te hou dat die wêreld kan sien ons is witwarm vir Jesus en dat ons vere wel mooi pienk is vir Hom.

Soos ek vroeër gemeld het, het ek vir lank gedink die vrouens van die Bybel het nie amptelike beroepe gehad nie. Word vervolg…..

The Career woman from the Bible – chapter 1
Posted on Leave a comment

Ou jaar se opleiding…

Ja, jy het reg geraai – die titel van die stuk gee dit weg. Ek het soos ‘n neut gesit en opleiding doen so op die ou jaar. Hoekom? Vra jy dalk. Wel, my beroep vereis ‘n sekere hoeveelheid ure se opleiding van my vir verskeie goed. Normaalweg kry ek alles gedoen gedurende die jaar en skraap hom so By the hair on my chinney chin-chin deur dat ek niks in Desember hoef te doen nie.

Maar die afgelope twee jaar, 2020 en 2021 was ANDERS. Ek het net nie genoeg ure in ‘n dag gehad om alles te doen nie en elke jaar Desember is dit ek en my CPD ure wat vir mekaar staar. Amper soos ‘n Western movie waar die twee Cowboys hul gewere moet trek en skiet ter wille van oorlewing.

Jy sien in 2020 het die hele wêreld hul kinders tuisonderrig gegee vir ‘n bepaalde tydperk a.g.v. grendeltyd (ek sal hier maar die mooi woord gebruik alhoewel Hard Lockdown net meer kras en erg klink soos ek dit ervaar het). En ek hoef regtig nie meer uit te brei oor hoe baie ons wasgoed gedoen het, skottelgoed, eet, alles behalwe werk en skoolwerk. Almal was in daardie bootjie en almal kan relate.

OK terug by my opleiding. So hier sit ek, op die oujaar met net nog 5 ure vir belasting om te gaan. Dit klink nie soos baie nie. Maar as jou hele gesin buite in die swembad baljaar en almal kort-kort iets te ete soek en H-O-N-G-E-R is, voel die 5 ure soos 5 dae. Nie eens te praat van die huis wat homself net nie kan skoon hou nie!

Ek werk in my kop stelselmatig deur al die vereistes – IRBA soek ethics training – check merk ek hom af in my kop. Die Tall Trees opleiding van ProBeta het gehelp om daardie een uit te sorteer. So hardloop ek deur die lysie en haak heeltyd vas by belasting. Nie genoeg ure opleiding vir dit nie. Ek hoor amper die buzzer in my kop afgaan, jy weet soos daardie wat op die game shows is as iemand iets verkeerd doen en uit-ge-buzz word.

Vir ‘n vlietende oomblik wil ek soos Sponge Bob & Patrick se giff wat mens op Whatsapp kry, Panic & run en rondhardloop en skree omdat ek nou ampertjies uit tyd begin hardloop en wonder of ek die buzzer gaan mis…..as ek nie my sertifikate het gedateer 2021 nie, is dit neusie verby vir my. 1 Januarie 2022 help NIKS. Ek raak toe kalm, bid en vra vir hulp en die Here herinner my aan een van ProBeta se nuwer platforms wat hulle so jaar of twee terug bekendgestel het.

Akhanani (ek moet ALTYD die naam gaan double check want ek kry dit net nie reg nie….) is die naam van die platform waar jy opleiding kan koop soos wat jy goed by Take-a-lot koop. Jy kies wat jy wil hê en dan gaan jy na check out toe, betaal en daar gaat jy! Jou opleiding is daar, jou assessment om seker te maak jy het wel geluister (en die goue item – die sertifikaat as bewys van opleiding) is alles ingesluit in die prys. Skielik onthou ek van twee vouchers wat ek gehad het, wat my 50% afslag gee, sug van verligting toe hulle wel nog werk en ek nog goedkoper betaal as wat dit reeds gemerk is.

So swoeg ek deur die eerste uur se opleiding. Dis torture maar ek druk deur. Doen die assessment en genadiglik slaag ek hom. Onthou nou, tussen dit alles deur moet ons nog skool skryfbehoeftes OOK merk so ek multi task dat die biesies bewe! Die volgende twee sessies is half uur sessies en ek besluit om skottelgoed te gaan was terwyl ek luister na Wessel Smit se stem.

Ek voel omtrent soos ‘n champion toe ek 5 uur die middag, op oujaarsdag my laaste sertifikaat kry. Die kinders lyk darem of hulle nie te veel emosionele skade het van my wat die take moes afhandel tussen vakansie tyd en skryfbehoeftes merk deur nie. Maar ek is moeg en skielik voel dit of dit AL is wat ek die HELE vakansie gedoen het (‘n leuen ek weet).

So paar dae na die opleiding, die 3de Januarie om presies te wees, gesels ek met iemand. Ek beduie hoe swaar die opleiding was maar ek het dit gedoen en klaar gekry. Ek sluit af deur te sê- “Weet jy wat? Vandag soos ek hier sit, moet ALLES weer van voor af begin. Daai opleiding wat ek net ‘n paar dae terug gedoen het, help my NIKS vir 2022 nie!”

Dis darem maar verskriklik om so daaraan te dink, is dit nie? Die les wat ek wel hieruit geleer het is om nie te Prokrastineer nie en ook nie om alles tot op die laaste te los nie. Kom ons almal erken dit nou maar, NIEMAND hou van opleiding nie en dis nou nie iets wat iemand laat juig en jubel van vreugde nie! Ek moet vir seker myself reg ruk en weer dinge doen soos ek dit gedoen het voor die Pandemie begin het. Die Sierboom in my wil beplan en nie so gevang word met nippertjie goed doen en afhandel nie.

Die Palmboom in my, aan die ander kant, is die een wat so kan Prokrastineer en uitstel – die motto is mos Môre is Nog ‘n Dag is dit nie? Jy sien, sy was vir 2 jaar so bietjie onderdruk deur die Pandemie, maar het tog haarself ingewurm in my opleiding se beplanning in…..soos wat ek hier sit en tik, is ek wel tog dankbaar dat ek gedoen het wat ek moes teen die sperdatum.

Dankbaar vir opleiding wat my meer en beter laat leer van myself, hoe ek in situasies optree as dinge te veel raak en net oor die algemeen alles en almal om my beter begin verstaan. Dis vir seker makliker gesê as gedaan om elke dag se bietjie elke liewe dag te doen soos my skool juffrou ons altyd gepols het. Maar alles is tot my beskikking om te doen in my eie tyd (wat nou glad nie vir die Palmboom in my werk nie bygesê, tong in die kies).

Ek weet, met die Tall Trees Continuous Ethics opleiding tot my beskikking en Akhanani wat baie goedkoop is en maklik om te gebruik, sal ek vir seker die jaar se opleidingsure sommer vinnig baas raak en kaf draf. Ek moet dit net DOEN! Ek weet sommer die jaar is die jaar wat dinge weer gaan terug keer na normaal, so stelselmatig. Desember 2022 gaan ek vir seker nie weer sit en opleiding inhaal nie….die balans tussen my Palmboom en Sierboom gaan vir seker in lyn kom….

New Years’ Eve’s day’s training….
Posted on Leave a comment

Die eerste foto van 2022

“Up the T-U-B-E!!!!” hoor ek oor die soundbar in ons sitkamer. Ons almal sit en kyk TV om die tyd tot middernag om te kry. Ek en my tribe. Ons kyk Henry Danger saam met die kinders. ‘n Fliekie was reeds deurgewerk.

Gewoonlik slaap ons die Nuwe Jaar in. Maar my seun Franco het so paar jaar terug begin met die wakker-bly-tot-12-uur ding…..nie ek en my man het die energie nie, maar ons doen dit ter wille van die kinders. Jy weet, die memories wat besig is om gemaak te word.

Ons doen channel hopping opsoek na ‘n countdown timer. Ons kom op een van die nuuskanale af, net betyds. So 2 min voor middernag. Ons al 4 kyk in stilte hoe die syfertjies verminder. Toe dit by 10 kom begin ons almal tel 10-9-8-7….. en ons tel af en eindig met Happy New Year!

Die oomblik toe ek daardie woorde uiter skiet my gemoed vol en kom daar ‘n traan of twee deur wat ek nie kon afsluk nie. Nog ‘n jaar. Dit voel of alles van voor af begin. Die voorsprong wat ek gedink het ek gekry het deur die kinders se skoolklere en skryfbehoeftes uit te sorteer voel nou amper belaglik op hierdie oomblik.

Ek ruk myself reg en besluit Basta met die negatiwiteit. Ons skop elke jaar met ‘n blou gemoed af. Die jaar MOET net anders wees. Ek kyk na my man en sien hy kon nie sy trane keer nie. Hy is emosioneel toe hy ons kinders voorspoed toewens. My dogtertjie Sioné hang om my nek en soen my oor en oor asof sy my laas jaar laas gesien het (ek moes net die flou grappie wat mens ALTYD op die eerste Januarie maak gebruik).

Ek wens Franco voorspoed toe, dan my man Heinrich. Dan tel Sioné vir Fudge op en ons almal wens die huishond, (ons derde kind) voorspoed toe. Sy kyk vir ons en vir ‘n oomblik lyk sy dikbek vir my. Ons steur nou haar slaap. Ek onthou skielik ek wil ‘n skermgreep of screenshot maak van die tyd op my foon en tussen als deur kry ek dit reg – vir later se onthou en sosiale media posts.

Spontaan roep ek uit “Kom ons neem ‘n eerste foto vir 2022!” Almal val op die bank neer, Fudge word ook ingesluit, of sy nou wil of nie, sy is nou deel van die foto. Ons sukkel om die angle reg te kry net sodat almal nie soos dikkes lyk nie (al voel ons so na al die snert wat ons al die vakansie geëet het).

Dan druk ek die knoppie mis en dit neem langer as wat ons sou wou om die selfie te neem. Maar hy word geneem. Niemand lyk meer vars nie, almal is moeg, maar ons smile mooi vir die kamera.

Dan skarrel ons om almal in die bed te kom. Ons is flou. Op soos ou brood en koekies in die weeshuis (spreekwoordelik gesê natuurlik en nie met disrespek nie). Ons het gewerk so op die ou jaar. Ek het soos ‘n champion gevoel want uiteindelik het ek my 5 ure se belasting opleiding gedoen gekry. En werk, en skoolgoed merk en pak.

So dit voel vir my ek het hom soortvan reg gekry op die ou jaar – die balans ding. My kind gelukkig gehou (na ons eers moes raas en verduidelik hoekom Mamma nie alles NOU kan doen soos sy demand nie), opleiding klaar gemaak, werk gedoen (nie als wat ek wou nie maar dit wat broodnodig was om te doen), almal gevoer, huis skoon gemaak.

Nou dat ons kan slaap, het dit vir my gevoel ek is nie moeg nie. Soos wat ek vroegoggend, na middernag in die bed lê en tik val die reën weer neer (na dit vroeër vanaand en vanmiddag laat heerlik gereën het). Soms kom die druppels met mening af en dan verander dit na bietjie sagter en dan weer harder. So asof hulle resies hou en as almal gelyk afkom klink dit of iemand ‘n kraan oopdraai oor ons dak.

Wanneer ek so luister na die reën wonder ek wat 2022 vir ons inhou. Weet ek dat dit ‘n bonatuurlike geseënde jaar sal wees op alle vlakke. Dis asof die Here die nuwe jaar kom seën met Sy reën.

En eerder as om ‘n laaste foto van 2021 te neem, soos my Facebook memories getuig ek elke jaar doen, het ons ‘n eerste foto van 2022 geneem. Moeg ogies en al. 2022 ons is reg! Met God aan ons kant, kan dit net goed gaan.

Toe ek later vanoggend besluit om my inskrywing klaar te maak, na ek gaan slaap het (die moegheid het my oorval terwyl ek geskryf het en ek het maar ingegee op Klaas Vakie se demands), gaan ek oudergewoonte, eerste ding in die oggen, in my Bybel Toep (ag nee app klink beter hier) in.

Die skrif vers vir vandag? Jesaja 43:18-19 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.

Dis asof die Here vir my bevestig dat die eerste foto van 2022 wat ons net na middernag geneem het die regte ding was om te doen met hierdie skrif vers.

The first photo of 2022