Posted on Leave a comment

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

Elke keer as ek dink aan vrede, dan dink ek aan die fliek Miss Congeniality waar sy die vraag wat sy moes beantwoord, afsluit met “And World Peace.” En wanneer ek dit so tik dan kan ek nie help om te dink of ek al oor so iets geskryf het nie? Ek kan wragties nie onthou nie, want ek skryf so baie as wat ek praat en praat so baie as wat ek skryf. Nie te min, die maand se skrifvers gaan oor God se bonatuurlike vrede. Die heel maand wag ek in opwinding om dit te ervaar (want ek het dit al beleef) maar dis asof dit my bly ontwyk.

Dan besef ek dat die maand se omstandighede van so ‘n aard is, dat ek in ‘n mate die vrede soos die wêreld dit gee beleef. Soortvan. Ek het gaan Google wat die behoorlike definisie van vrede is, soos die woordeboek dit omskryf. So volgens Wikipedia (ek gebruik nou maar dit want ek is nie naby ‘n woordeboek nie en gaan ook nie tyd hê om een na te slaan nie) is dit ‘n toestand van stilte of harmonie. Of ‘n toestand sonder gevegte en oorloë.

Nou ja, toe ek dit lees, toe tref dit my. Op die oog af is dit ‘n toestand van stilte of harmonie, geen gevegte of oorloë wat woed nie. Maar, ek het by myself oorlog verklaar teen ‘n webblad van ‘n instansie wat net nie wil werk soos dit moet nie. Niemand het teen my oorlog verklaar nie, so teoreties is dit ‘n toestand sonder gevegte en oorloë. Ek sal maar nie die instansie se naam noem nie, want ek is nie hier om mense op te sweep nie. Maar stilweg het ek hierdie oorlog teen die webblad, ek het ‘n uitkyk van ek gaan die webblad wen om alles betyds ingedien te kry voor 31 Mei, die sperdatum, en nie dit nie betyds indien nie.

So as ek dan hierdie stille oorlog verklaar het teen die webblad, dan het ek mos nie God se vrede nie het ek? In wêreldse terme het ek vrede, al werk die webblad nie, gaan dit eintlik nie woes sleg met my nie. Ek meen niemand voer fisiese oorlog teen my nie en hierdie is maar net nog ‘n uitdaging wat ek moet trotseer en oorkom en oorwin en kan amper gesien word as deel van die werk. Jy weet, die gesegde, elke sport het sy beserings? Die is nou een van my alledaagse beserings van die “sport” wat ek daagliks beoefen.

Heeltyd terwyl ek hieraan werk en sit en sukkel, raak ek opgewerk. So ek het vir seker nie God se vrede nie. En dan in die opwerk proses, raak ek gefrustreerd, slaan soms my hande uit ongeloof teen mekaar en op die tafel uit frustrasie, dat my man wat saam met my sit en werk, hop soos hy skrik. Natuurlik wil-wil ‘n paar frustrasie woorde saam uitkom en moet ek regtig baie hard fokus dat dit nie gebeur nie en moet ek bieg, ek kry dit nie altyd reg nie. So jy sien, ek voel ek het nie God se vrede soos wat hier in hierdie vers na verwys word nie.

Want dis vrede wat alle verstand te bowe gaan, vrede wat die wêreld nie vir ons kan bied nie. En vrede wat ons sinne (dit wat in ons gedagtes omgaan volgens ander vertalings – en wat dan maar word wat ons spreek) bewaar. Nou ek het al God se vrede ervaar en ek moet sê dis ‘n lekker plek om te wees. Al is dit chaoties rondom my, kan ek nie help as om Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan, te ervaar nie. Dis iets waarna ek smag om elke liewe dag van my lewe te hê. Ten spyte van my stille oorlog, voel ek tog rustig in my binneste.

Ek kan amper voel hoe die Heilige Gees vrede kom blaas in my gees in. Ten spyte van my self-verklaarde webblad oorlog. Hier sit ek nou, die stryd halfpad gewonne, besig om ‘n ander plan te bedink om die res ingedien te kry en my kant en deel te doen, sonder dat iemand omdraai en sê Sorry nê, your submission was not on time and therefore we are levying a penalty. Al was dit nie my skuld dat ek dit nie kon indien nie en die sisteem se skuld, is die uitkyk maar dat daar boetes gehef word as dit nie betyds ingedien word nie.

Soos wat ek hierdie stuk afsluit, verstaan ek beter wat bedoel word met die wêreldse vrede. Jy sien, ons almal, ek in kluis, kan onsself so opwerk as goed nie reg verloop nie. Dis nie die einde van die wêreld nie, en alles tuimel nie in mekaar nie, maar dinge werk net nie soos wat ons verwag dit moet nie jy weet? Dis in daardie oomblikke van frustrasie en opgewerktheid, wat ons God se vrede mis en net die wêreld se “vrede” ervaar. Maak dit sin wat ek probeer sê?

Die lang en die kort is, ons moet wragties nie hook, line and sinker val vir die duiwel se leuens nie. Ons hoef nie onsself op te werk en God se vrede te mis in die proses nie. Ons hoef nie tevrede te wees met net wêreldse vrede nie. As ons God se vrede mis, dan mis ons die leiding wat Hy ons gee in ons lewens….al ooit so daaraan gedink? Wat kies jy vandag? Kies jy om maar weer opgewerk te raak en gefrustreerd en moedeloos met dit wat nie werk nie? Gee jy plek vir goed en dinge, anders as dit wat van God af is, om jou gedagtes te kom lei? Ek weet ek wil vir seker God se vrede EN Sy leiding altyd hê in my lewe, ongeag die omstandighede.

Posted on 1 Comment

2023 Hoërskool Bekker High – aprons / voorskote

Hierdie inskrywing is tweetalig en ook maar net vir diegene wat my webjoernaal volg, wat nie op sosiale media is nie, se inligting…. wat ‘n wonderlike voorreg om God se woord te kon verkondig aan die jeug, die toekoms, die mense aan wie ons die aflosstokkie moet oorhandig.

A big thank you to Bekker High School for receiving me on Monday and making me feel at home like always! I trust the Holy Spirit that the seed that was sown to grow at the right time so that they too can be light bearers for God’s Kingdom on earth! As I said to the children on Monday, this past weekend it was the Coronation of King Charles. Our Pastor at Doxa Deo said a true thing – everyone knows who King Charles is, but King Charles does not know who I am or many other people on this earth.

Maar Koning Jesus ken ons elkeen by ons naam! Is dit nie wonderlik nie? Hy het ons eerste lief gehad nog voordat ons Hom gekies het! Wat doen jy om te sorg dat jou vere pienk bly? Het jy Pienk Vere ® vir die Here? Is dit wat jy besig is om in te sit goed en van God af? Die saad van dit wat ons insit deur ons sintuie, gaan lê in ‘n mens se hart en dit bepaal ‘n mens se lewe soos Salomo tereg gesê het in Spreuke 4:23.

Be vigilant always, and it is ok to be a bit weird and different, because that is what distinguishes us from the rest of the world. To stand out, proud, tall and pink like the Flamingo to be recognised as a Child of God. Sometimes our actions seem weird to the rest of the world, just as the Flamingos manner of eating with its head upside down, filtering its food (because it is a filter feeder). Just like the Flamingo filters its food while eating, we as Christians should filter that which is thrown to us by the world (through social media and everything around us), as it states in 1 Thessalonians 5:21 – But test all things carefully [so you can recognize what is good]. Hold firmly to that which is good. (Amplified).

Tot volgende jaar Hoërskool Bekker! Ek kan nie wag nie, en sien uit om die nuwe groep Graad 12’s te ontmoet en mee te gesels!

Posted on Leave a comment

Maak of jy dit oorleef dag…

Toe ek hierdie stuk begin skryf het, het ek so bietjie blou gevoel. Aanvanklik het ek gedink ek gaan nie die stuk publiseer nie, maar, so getrou as wat God is, het Hy my die lig gewys en ek het besluit om tog maar voort te gaan om hierdie stuk te publiseer. Die doel van die webjoernaal is tog om mense te wys dat ek ook net ‘n mens is en dat God my optel wanneer ek so bietjie down & out is. Die dae wat gelei het tot Maak-of-jy-dit-oorleef-dag AKA my Verjaarsdag (in April en kort na die Paasnaweek) was redelik interessant gewees. My uitkyk op die lewe en hoe vinnig tyd gaan, voel of dit nogals so vinnig verander soos wat die wind draai en die getye verander. Jy sien, vir ‘n geruime tyd al, nog voordat ek die ouderdom van 40 bereik het, het ek begin besef hoe kort ons tyd op aarde werklik is. Na ek die fliek The Intern met Robert Dinero en Anne Hathaway in die hoofrolle gekyk het, het dit my net nog meer dit laat besef, of eerder recap oor dit.

Die fliek begin met Robert Dinero wat die rol van Ben vertolk, ‘n 70-jarige, afgetrede wewenaar, wat vir ‘n jong, moderne aanlyn besigheid vertel hoekom hulle hom as ‘n senior klerk moet huur soos wat hulle geadverteer het. Hy praat van sy vrou wat oorlede is drie jaar van te vore, hoe moeilik aftrede is, veral as jy niks het om voor op te staan in die oggende nie en hoe hy oorleef het met aftrede en om alleen te wees. Hy het besluit om ‘n uitkyk en houding te hê om iets te soek om voor op te staan en een van sy daaglikse doelwitte was om elke oggend teen ‘n sekere tyd by die plaaslike Star Bucks te wees. Dit het vir hom ‘n doel gegee in die lewe.

Nou terug na my lewe, die storie het my laat dink aan wat ons almal sien as die verre toekoms. Die werklikheid is, dis nader as wat ons ooit kan dink. Net gister was ek 21 jaar oud. In ‘n oogwink is dit 21 jaar later en ek vier my 42ste verjaarsdag. Ek kan steeds nie oor die feit kom dat ek ouer word nie. Ek het regtig die ding in my kop gehad, veral toe ek in my twintigs, en selfs vroeë dertigs was, dat ek nooit DAAR sal kom nie jy weet? Oud word, want dis net so ver in die toekoms, dit voel amper onwerklik dat mens kan verouder. NUUS FLITS vir al die twintig-jariges wat dit lees – die lewe gebeur en tyd stap aan!! Jy gaan verouder en ouer word. Jou kinders gaan die huis verlaat en hul eie families en lewens begin, sonder om afhanklik te wees van jou as hul primêre versorger.

2023 merk die jaar dat ek my man vir helfde van my lewe ken. Sê wat nou? Ja, lees dit weer. Ek ken my man vir HELFDE VAN MY LEWE! Ou mense ken mense vir helfde van hul lewens! Nie ek nie! In my kop is ek nog in my twintigs. In my kop is ek nog 24 met drome van fikser en meer toned (by gebrek aan die Afrikaanse woord) wees, om dinge te doen wat my hart begeer eerder as dit wat die rekeninge betaal. Ek het nogals vasgevang geraak in leef vir eendag. Eendag dit en eendag dat.

Ek het nog al hierdie planne en drome, sommige van hulle lyk en klink amper belaglik op hierdie ouderdom. Die een om fikser en meer toned te wees, is heelwaarskynlik die mees belaglikste een van hulle almal. Tog volg ek getrou my droom en meld aan my die plaaslike gimnasium drie maal per week. Ek het op ‘n punt in my lewe gekom dat ek besef het dat Eendag net dalk nie gaan arriveer nie, veral vir sekere doelwitte wat ek vir myself, onbewustelik gestel het op ‘n jong ouderdom. Na ‘n wilde woeste eerste kwartaal van 2023, waar ek opgeëindig het met Vertigo, wat gekoppel word aan spanning, maak dat ek net nog meer alles in die lewe opweeg, veral die werk-lewe balans wat ek so hard werk om te vermag. Ek dink my grootste wens of doelwit op die stadium van my lewe, is om nie so uitgeput te wees wanneer dit kom by verjaarsdae van my gesin nie, myne ingesluit.

Jy sien, om ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester in besigheid te wees, tap nogals baie uit mens uit met baie druk en spanning wat saam met dit gaan. Die vereistes om al die balle in die lug te hou, word net meer en meer. Soos wat die tye verander, verhoog die werkslading. Sisteme verander en elke liewe “klein” addisionele ding wat ons vir owerhede moet stuur, dra by tot effektief omtrent 15 min tot ‘n halfuur se ekstra werk, in ‘n reeds oorvol werkskedule. Vir jare kon ek nie uitwerk hoekom ons net nie voor kan kom met ons werk nie. Toe tref dit my. Dis al die veranderinge in sisteme, dinge wat die owerhede net verwag om te gebeur, moeiteloos en sonder enige opondhoud van ons kant af.

Nie eens om te noem watter impak beurtkrag het op die bestuur van ‘n besigheid nie. Die ergste is seker die internet sein wat ons soms in die steek laat as gevolg van beurtkrag. Alles is mos aanlyn jy weet? Dan kan jy nie jou werk doen nie. Jy kan nie e-posse stuur nie en kan nie opgawes indien nie. Dit raak ‘n frustrasie. Elkgeval, en is NIE hier om ‘n klaaglied te sing oor die spanning van my werk nie, want, op die ou einde van die dag, het ek my werk gekies en nie andersom nie.

So ek moet vrede maak met dit wat ek gekies het om ‘n lewe en bestaan van te maak vir my en my gesin. Terug na die dag voor my verjaarsdag. Dis Maandagaand, 10 April 2023. Ek is so bietjie emosioneel, want, liewe hemel, om 42 te word het erger gevoel as om 40 te word. My man probeer my bemoedig voordat ons die kinders in die bed sit. Soos wat ek langs my dogtertjie lê, nou 9 jaar oud, het ek stilweg gehuil by myself. Sy draai na my en vra my wat fout is?

Volgende oomblik sien ek sy sit haar bedlampie aan, kyk my in die oë en vra my hoekom ek dink ek so voel? Vir my was dit so ‘n volwasse ding vir ‘n 9 jarige. Ek hou aan om met haar te gesels, te vertel dat ek soos ‘n slegte ma voel. Ek voel of ek nie genoeg koestering en versorging bied nie, nie genoeg simpatie en empatie wanneer hulle siek is of nie lekker voel nie. Ek voel of my ongeduld van my ‘n baie slegte ma maak. Ek het selfs my sin geëindig met ‘n tranerige antwoord dat ek nie soos sy is nie. Liewe aarde, daardie klein mensie is so ‘n versorgertjie. Iets wat nie natuurlik kom vir my nie.

Sy antwoord daardie stelling van my, deur te sê toe haar mangels siek was, het ek haar hospitaal toe gevat om dit uit te haal. So ek is ‘n goeie mamma. Toe ek reageer op dit om te sê dat ek nie genoeg simpatie en empatie met haar gehad het met die pyn na die tyd nie, want ek het kwaad geraak omdat sy hardkoppig was en nie haar medisyne wou drink soos sy moes nie, trek sy haar skouers op en sê “Dis die lewe.” Ons gesprek gaan voort en ek gaan voort om te sê dat ek sleg voel dat ek nie altyd alles vir haar kan gee wat haar hart begeer nie. Sy antwoord my met “Dis die lewe. Ek kan nie elke dag ‘n nuwe gamepie aflaai op die selfoon nie.”

Toe ek hierdie baie volwasse antwoorde van my 9 jarige dogtertjie af hoor, besef ek dat ek iewers iets reg doen. Al die Etiese opleiding en Tall Trees analise van my eie persoonlikheid, EI Activator kursusse en al die ander goed wat ek doen, eerder as om net vervelige opleiding te doen wat direk aan my werk gekoppel is (hierdie ander opleiding tel vir my CPD punte net so tussen ons), het my laat besef dat niks verniet is nie. Ek begin die vrugte pluk. Selfs al het ek nog ‘n BERG van opleiding om te doen en in te haal, is iets iewers besig om te werk. Ek is besig om ‘n bydra te maak tot die volgende generasie. Ek probeer kinders grootmaak wat verantwoordelikheidsin het, wat rentmeesters kan wees van dit wat aan hulle toevertrou word, om empatie, simpatie, en wie weet watter ander goeie morele waardes nog te hê. Ek dink nie ek doen altyd alles reg nie, maar, wanneer ek ‘n dag het soos daardie en dit afgesluit word met ‘n gesprek soos dit met my dogter, dan weet ek dat ek my verjaarsdag nie Maak-of-jy-dit-oorleef-dag noem nie – of in Engels Fake it till you make it day. Want, ek is nie besig om te maak of ek dit reg doen en kry nie. Ek is werklik besig om iets reg te kry en te oorleef.

Al die eer aan God altyd. Vir die instinkte wat Hy binne ons plaas as ouers. Al die leiding wat Hy gee deur Sy woord. Om myself ‘n kind van God te kan noem, om so bevoorreg te kan wees om eerste deur Hom gekies te word en om hierdie bediening te hê waar ek met soveel mammas daarbuite my emosies en uitdagings te kan deel. Ons gaan ok wees. Ons maak foute soos ons aangaan, maar dis die menslike natuur. Met God aan ons sy, kan ons nie anders as om vorentoe te beur nie, en om eerder dit te Maak as om voor te gee dat ons dit wel reg kry. Hier is vir al die mamma’s daarbuite, wat soos mislukkings voel – jy is nie alleen nie! God is altyd met jou en al hierdie ander mamma’s om jou, al lyk sommige van hulle of hulle alles in orde het – hulle is ook besig om hard te baklei om net vorentoe te beur. Jy is nie alleen nie.

Posted on Leave a comment

Daad en waarheid

Ek kan nie help om te wonder wat besig is om te gebeur met tyd nie. Ek kry nie tyd vir skryf soos altyd in die verlede nie. Eintlik kry ek tyd vir niks voel dit vir my! Vir seker het daar goed in my lewe verander, omstandighede, maar kan dit werklik so ‘n groot invloed hê? Nie te min, op die laaste dag van April kom ek uiteindelik by die maand se skrifvers uit. Nou ek dink aan hom al vir ‘n rukkie, en herkou oor wat ek wil sê. Miskien is dit nie regtig die besig wees wat my hinder om te skryf nie, maar dalk eerder dit wat ek voel ek wil sê oor die skrifvers, wat die opondhoud is? Ek wil nie net skryf omdat skryf, skryf is nie jy weet?

Nou die maand se versie is weereens vir my interessant, veral hoe die Here besig is om dit vir my oop te breek en vanuit ‘n ander oogpunt dit te kan verstaan. Wanneer jy lief is vir iemand, dan sê jy dit tog, nie waar nie? Maar saam met dit kom ander goed ook. Jy hanteer die persoon mooi en doen goed vir die persoon, omdat jy lief is vir die persoon, wat jy nie noodwendig sou doen vir ‘n vreemdeling op straat, wat jy van geen kant af ken nie.

Die deel van die vers wat vir my die meeste uitstaan is in die laaste deel. Die woord – waarheid. Jy sien, wanneer jy werklik lief is vir iemand, sal jy ook vir hulle die waarheid vertel. Jy sal nie storietjies hê en dingetjies doen wat kontrasterend is van liefde nie. Nou hier kom die ander diep deel, as ek dit so kan stel van hierdie vers. Wie moet ons lief hê? ‘n Vraag wat Jesus die Skrifgeleerdes geantwoord het. Ons moet ons naaste liefhê soos onsself.

Wow! So met ander woorde, hierdie vers is van toepassing op alle mense, nie net op jou naaste mense met wie jy ‘n diepe verhouding het nie. Ek dink nou nie ons hoef ander mense wat jy van geen kant af ken, te vertel dat jy lief is vir hulle nie, want die woord lief is eintlik maar baie diep! Maar jy moet respek toon vir die mense, al ken jy hulle nie. Naaste liefde betoon op ‘n manier sodat hulle Jesus kan sien in jou. Dieselfde met ons dade – ons hoef nou nie iets te doen wat eintlik in iemand se persoonlike spasie in beweeg nie. Maar, as mens dalk in die verkeer staan, kan jy vir die ou langs jou plek gee om in te beweeg en op so ‘n manier ‘n daad doen wat liefde bewys, al ken jy nie die persoon nie. Maak dit sin?

Die woord waarheen ek heeltyd terug kom is, waarheid. Wat is jy besig om te doen? Verkondig jy die waarheid op alle vlakke vir almal? Vertel jy mense van Jesus? Hy is die waarheid, is Hy nie? Praat jy die waarheid wanneer jy met mense te doen kry en besigheidstransaksies doen? Hou jy by jou woord? Is jy werklik besig om liefde te betoon deur jou tong te dwing om die waarheid te praat, ongeag die omstandighede?

Ek dink ook nie mens hoef nou reguit vir iemand te sê jy hou nie van die hemp wat hulle aan het nie, want dit is mos maar elke ou se smaak is dit nie? En as jy nou goed op die manier vir mense sê, val jy eintlik maar hul karakter aan, doen jy nie? Maak dit sin wat ek probeer deurgee hier? Die vers laat my dink aan die Engelse gesegde Actions speak louder than words. Hoe waar is dit nie net nie? Jy het dalk hierdie mense, of dit nou vriende of familie is, in jou lewe, hulle vertel vir jou alles dat jy dink julle is regtig in ‘n goeie verhouding, maar hul dade bewys die teenoorgestelde. Daar is dalk ‘n gebrek aan waarheid in dit wat werklik besig is om te gebeur. Of wedersydse respek ontbreek – want alles gaan altyd oor hulle eerder as ander rondom hulle.

Mag ons konstant herinner word om nie net met die tong nie, maar in daad en waarheid liefde te bewys. Dit geld nie net vir mede-mense hier op aarde nie. Nee, ons verhouding met die Here moet ook so wees! Moet nie net sê jy is lief vir die Here as jou optrede en dade anders spreek nie. Waar staan jy vandag? Hoe is jou verhouding met God? Is jy werklik besig om vir Hom te wys jy is lief vir Hom? Of haak jy so bietjie vas by ‘n oppervlakkige Sondag verhouding met God? So bietjie iets om oor na te dink sou ek sê….

Posted on Leave a comment

Koebaai

Laat ek nou vir jou vertel. Om vir iemand, wat jy al amper jou hele lewe lank ken, koebaai te sê suck as ek dit nou pleinweg kommen kan sê. Die afgelope week het ek weer een van daardie koebaai dae beleef. Die eerste keer dat ek besef het hoe baie dit suck om koebaai te sê was in 2017, toe my ma haar resies op aarde voltooi het. Toe eers het ek besef wat die dood regtig beteken, en is.

Die ander keer was in 2021. Toe ek my sussie Erika, haar man Jaco en twee kinders, 580 keer (nie regtig so baie nie, maar dit was meer as normaal), gaan groet het in Pretoria, voor hul immigrasie na Nieu-Seeland (is dit reg gespel?) toe. Na ek die Afrikaanse weergawe van Nieu-Seeland getik het, besluit ek om tog maar dit te google net om seker te maak dis reg gespel, wat dit toe was en ek weereens nie weet hoekom ek nou daaraan sou twyfel nie! Terug by die groetery en my eintlike storie – dit het gevoel of ek hulle nooit, ooit weer in my lewe, in lewende lywe sou sien nie. Want ek weet mos hoe duur dit is om heen en weer te vlieg. Vir hulle en vir ons.

Nou ja, Dinsdag 25 April 2023 merk weer so ‘n koebaaidag. Toe ek weer dieselfde einste swaer wat in 2021 gevlieg het,moes groet na ‘n kortstondige kuier in Suid-Afrika. Hy het 6 April 2023, vir een nag by ons oorgeslaap. My instruksie aan Dora was om die huis spick and span te kry. Als op hul plekke te bêre. Netjies te maak. Vloere gewas en alles wat geskrop kon word, was geskrop. Die huis honde se komberse moet gewas word. Linne spuitgoed oral en seker maar te gereeld gespuit sodat die huis vars en lekker ruik.

Ek het selfs nuwe bedlampies vir ons kamer gekoop, want dis waar Jaco geslaap het daardie aand. Ek kon nie dat hy met lampies wat se koppe geknak het daar slaap nie. Die goed het met tyd geval en gebreek. Ek het dit nooit vervang nie, want ek kon nog nooit iets kry wat mooi lyk nie. Ek was ook nie oortuig dat dit wat ek wel in die winkels gesien het, van beter gehalte was as die voriges wat stukkend was nie, en ook nie noodwendig langer sou hou nie. Nie te min, sy kuier was ‘n goeie verskoning om nuwes aan te skaf, en nuwe lampies en al het hy in ons kamer geslaap vir een aand.

Een aand, wat soos maande gelede voel maar wat in werklikheid net 2 en half weke vantevore was op daardie laaste keer dat ons hom gesien het, die Dinsdag. Toe ek die vorige sin weer lees, maak dit nie sin nie. Wat ek bedoel en probeer sê is – die Dinsdag wat ons hom laaste gesien het, was maar twee en half weke na hy die aand oorgeslaap het. Ek wou hom daardie eerste keer nie laat gaan na sy sussie in Brits toe nie. Ek het soveel en solank ek kon die kuier uitgerek. Dinsdag was dit weer dieselfde. Ons drie (ek, Jaco en my man Heinrich) het ‘n heerlike Impala koffie gedrink terwyl ons weer dik stukke gekuier het. So tussen deur het ons al drie om die beurt na ons horlosies geloer (en gehoop die ander kom nie agter nie). Geweet die koebaai tyd kruip nader. Ons het selfs deur Impala geloop net om nog nie koebaai te sê nie. Maar toe gebeur die onvermydelike. Ons almal moet in ons rigtings spat – Jaco terug na Pretoria en ons na ons daaglikse roetine van werk en kinders optel na skool.

Ek vra maar tog weer vir ‘n laaste lewende lywe foto saam met Jaco, sommer so in die parkeer area. Heinrich rol sy oë vir my en vra hoeveel fotos wil ek dan nou hê, en of ek die foto neem omdat ek so bietjie meer opgetof as normaal is? Hy neem toe tog maar my foon om die foto te neem. Na die foto moet ons vir ‘n laaste keer groet. Trane kan nie anders as om in ons oë op te dam nie. Ons druk mekaar meer as een keer, net om seker te maak ons onthou die fleshy hugs tot ons mekaar weer te siene kry. Daar stap ‘n man wat pas parkeer het verby, seker om sy inkopies by Impala te doen en hy kyk ons so bietjie vreemd aan, veral na ek vir Jaco gegroet het, met trane in my oë, gesig weg gedraai, want ek weet sommer as ek en Jaco vir mekaar kyk, gaan ons nog meer huil.

Ek besef net al hoe meer dat die Here my en my sussies provinsies en kontinente uit mekaar moes sit, sodat ons meer gereeld met mekaar kon kommunikeer. My ander sussie het Centurion vir Riversdal verruil terwyl die oudste sussie en haar man Jaco, Suid-Afrika vir Nieu-Seeland verruil het. Hoe ironies is die lewe nie? Mens waardeer eers iemand as hulle nie meer bereikbaar is nie. Pretoria is nie so ver van Skeerpoort af gewees nie, tog het ons nie so gereeld bymekaar gekuier toe hulle almal nog in Pretoria gebly het nie. Ons het wel voor ons kinders gehad het, gereeld gekuier, maar soos wat die tyd aangestap het, kindertjies bygekom het en die lewe gebeur het, het dit al hoe minder begin gebeur….

Nie te min, ek was dankbaar vir elke sekond wat ek saam met Jaco gehad het. Al was dit nie so baie soos wat ek gehoop het nie, was dit tog iets wat ek vir altyd sal koester in my binneste. Erika en Jaco – ek mis julle stukkend. Soos alles in my lewe wat nie lekker is nie, probeer ek nie om heeltyd aan die verlange te dink nie, want, ek sal dan net een misrabele hopie huil wees die heeltyd! Want hoe kan mens nie anders, as om hartseer te wees van verlange, vir mense wat jy al jou lewe lank ken nie?

Tot ons mekaar weer sien. Hopelik gou. Ek bid dat ons skip sal inkom en dat ons nie by die lughawe wag en hom mis nie! Ek ken my swaer al vir 28 jaar. Ou mense ken mekaar al vir 28 jaar en nie ek of hy voel oud nie, so ek skrap maar daardie gesegde van ou mense wat mekaar lank ken. Dit was ‘n eer en voorreg om jou vir ‘n aand te huisves en weer te kon sien voor jy terug zirts oor die water. Veilig reis, ek koester die in persoon gesprekke en fleshy hugs tot ons dit weer kan doen. Teen die tyd dat die inskrywing gepubliseer is, het jy alweer veilig geland in Nieu-Seeland….dis net hoe vinnig die tyd vlieg en hoe maklik dit eintlik is om so ver te reis! Love you to the moon and back. Mis julle stukkend!

Posted on Leave a comment

Die jaagtog

Soos elke maand vantevore, sedert ek begin skryf het oor die Bybelverse op die Desk pads, kan ek nie help om by myself te glimlag nie. Want God WEET. Hy is buite tyd, en Hy WEET dat ek elke maand sal kan identifiseer op een of ander manier met die skrifvers.

Hierdie maand se skrif gaan oor geregtigheid en weldadigheid. Nou ek het die betekenis van weldadigheid gaan opsoek, want dis nou nie ‘n woord wat ek eintlik gebruik nie. My resultaat van my soektog, was verwysings na Engelse woorde, waarvan een Benevolent is. Ek het nie te lank gelede nie, geskryf oor Benevolence (sien inskrywing – Die Woord gepubliseer in November 2022). Benevolence beteken om ‘n kwaliteit uit te oefen van goeie bedoelens, om gaaf te wees (ek het nou hier direk vertaal van die Engelse betekenis af so nie noodwendig taalkundig korrek nie).

Ek interpreteer dus hierdie vers dat mens geregtigheid EN goedgesindheid moet najaag en nastreef. My perspektief en ervaring is dat almal nie dit najaag nie. Dit maak nie vir my sin hoekom nie, want dis tog voor-die-hand-liggend vir my. Iets wat ek deel van my lewe maak. Logies jy weet? Dit kom nie altyd voor of mense so leef nie. Iemand het eenkeer vir my gesê Not everyone eats from the Logic tree. So iets wat vir my logies en voor-die-hand-liggend is, is glad nie so vir die volgende persoon nie.

Oral word ek gekonfronteer met geregtigheid en goedgesindheid. Situasies kom oor my pad wat ek moet hanteer en mee gekonfronteer word en dis nie altyd noodwendig iets werksgewys nie. Dis wanneer die lewe gebeur en besluite geneem moet word oor goed. Aksies van ander wat my dwars in die krop steek. Dan kan ek nie help om te dink HOE kan sulke goed gebeur nie? Watter gees heers daar regtig in mense se lewens? Geregtigheid of ongeregtigheid? Is hulle jou werklik goedgesind of is daar eintlik maar net by-motiewe en amper ‘n leuse van elke ou vir homself?

Nou ek kan vir ure uitbrei oor slegte ervarings wat ek gehad het in my lewe al, van toentertyd tot nou, maar ek sal nie. Want dis nie die doel van die blog nie. Die doel is nie om almal negatief op te sweep nie. Die doel is om tot stigting te lei, mense op te bou. Die positiewe te soek in situasies, al kom dit hoe negatief oor. Te kan identifiseer met Bybelverse, vas te klou aan God se beloftes, eerder as om ‘n pity party te hê EN ‘n blikkie wurms oop te maak saam met dit. Want liewe genade tog, WIE wil nou wurms eet EN kla op dieselfde tyd?

Dit bring my terug na die Bybelvers vir die maand toe. Weet mense nie wat is die belofte vir díe wat geregtigheid en weldadigheid najaag nie? Dit staan swart op wit in die Bybel. As jy geregtigheid najaag, sal jy die lewe, geregtigheid EN eer vind. Wow. Dis groot. Ek sal maar liewers nie ingaan op die teenoorgestelde betekenis nie…..maar los die leser om te gaan dink daaroor… My vraag is, wat jaag jy na? Weet jy wat die resultaat is van wat jy najaag? Wat kies jy vandag? Van watter boom eet jy vandag? Is jy saam by die Logic tree? Is dit voor-die-hand-liggend vir jou? Om geregtigheid en weldadigheid na te jaag?

Posted on Leave a comment

‘n Laaste eerbetoning

Taalpuris. Tennis fanatikus. Entrepreneur. Vriendelik. Hierdie is alles eienskappe van Eugene Smith. Vandag was die laaste geleentheid om eer te betoon aan ‘n groot legende wat huis toe gegaan het na ons Hemelse Vader toe. ‘n Mooier dag kon dit nie wees nie. Helder sonskyn, blou lug. Die voëltjies wat sing en alles wat hier op aarde aangaan soos normaal, dit alles terwyl hy nie meer hier is nie.

Oom Eugene het ek leer ken deur sy dogter Nadine. Hy was een van my kliënte. Ek het hom nie maandeliks gesien nie, maar ons het gereeld oor die foon gesels en ek het ten minste een maal per jaar vir hom en tannie Ria gesien om besigheid te praat, state en notules af te teken en so meer.

Hy was altyd gretig om ‘n staaltjie uit sy jong dae te vertel. In die fynste detail te beskryf hoe hy die afmetings doen vir naamborde van sy besighede (ek moes signage gaan Google vir die Afrikaanse weergawe – want ek voel hierdie inskrywing moet so na as moontlik wees aan hoe oom Eugene gepraat het). So baie keer het hy vir my gesê dat ek dit moet geniet om 40 te wees. Die tyd gaan so vinnig en 40 is eintlik ‘n lekker tyd in ‘n mens se lewe. Hy het altyd gesê In die Haak as ons oor iets gesels het en iets moes besluit om te finaliseer. Hy het altyd geglimlag en ek is seker as hy ‘n tema lied vir sy lewe gehad het sou dit iets in die lyn van Ek is lief vir die wêreld gesing deur Groep Twee (‘n baaaaaie ou liedjie ek weet) gewees het.

Die familie se versoek, vir diegene wat die roudiens bywoon, was om wit of vrolike, helder kleure aan te trek. Nie swart nie. Ek en my man gesels toe ek die versoek sien op Facebook. Ons verstaan dat dit eintlik van pas is, want ‘n viering van sy lewe hier op aarde gaan gebeur. Dit is vir seker swaar vir die wat agterbly, maar eintlik moet ons saam bly wees dat hy nou by Jesus is, op ‘n baie beter plek! Die diens word gelei deur tannie Ria se oudste broer. My eie gedagtes dwaal terug na my ma se roudiens.

Ek fokus nie die heeltyd op wat gesê word nie want ek dink terug aan hoe dit gevoel het op daardie dag vir my. Toe ék heel voor in die kerk gesit het, langs my sussies en my pa. Dit voel soos ‘n blur, ek kan nie lekker onthou nie. Dit voel ook soos 100 jaar gelede, al was dit net 6 jaar terug. My gedagtes keer terug na die hier en nou. Ons luister na huldeblyke wat oorgedra word. Die kern van almal se boodskap was hoe hy hul lewens aangeraak het en karakter eienskappe wat ooreenstem, kom deur. Watter groot persoonlikheid hy gehad het, ten spyte van chroniese pyn wat hy nooit gewys het nie. Hoe hy al sy uitdagings in die lewe oorkom en oorbrug het. Met ‘n lied in sy hart en ‘n glimlag op sy gesig.

Ek onthou hoe tannie Ria eenkeer vir my genoem het dat oom Eugene erg is oor suiwer Afrikaans. Dit het my amper meer bewus begin maak van hoe ek praat. Hy het altyd die telefoniese gesprekke afgelei met Totsiens terwyl ek ‘n Bye sê aan my kant. Ek kan nie help om te dink dat my Engels wat deurkom maar eintlik gekoppel is aan my werk nie (ek werk elke dag heeldag in Engels, al is die kliënte Afrikaans, word opgawes en berekeninge in Engels gedoen). Natuurlik was my ma ook Engels gewees, so ek dink dit dra ook by oor hoekom ek Bye sê aan die einde van ‘n gesprek eerder as Totsiens. Om by oom Eugene se sin vir humor aan te sluit, laai ek ‘n woord se betekenis op in die gallery van die inskrywing, ek is seker hy sou dit geniet het!

Terug by die dag, luister ek aandagtig na wat almal gesê het. Hoe hy ‘n groot impak by PNA gemaak het, met planne en drome vir die groep. Hoe sy dogter uitbrei oor hoe hy saam met haar gehardloop het om 21 km in minder as 2 ure te hardloop. Haar ondersteun het, motiveer het. Hoe hy vir tannie Ria die Comrades laat hardloop het, na sy spottenderwys gesê het dat dit iets is wat sy graag wou doen. So gaan die herinneringe aan en aan. In die proses, leer ek nog meer van oom Eugene, al is hy nie meer hier op aarde nie.

Na die tyd gaan gesels ek met Nadine. Ons albei raak tranerig. Ek soek verward vir ‘n snesie in my handsak. Nadine stop my, maak die ritssluiter van haar handsakkie wat sy skuins oor haar skouer dra oop en sê ek moet een neem. Ek kyk af en kon nie help om uit te bars van die lag nie. Dit is propvol tissues gepak. Nie ‘n beursie of selfoon in sig nie. Haar seuntjie het gevra of sy snesies pak vir almal wat die diens gaan bywoon, net vir haar om te antwoord dat dit eintlik net vir haar is. Ek dink oom Eugene sou so lekker gelag het vir hierdie handsak vol snesies!

Tannie Ria, Nadine, Justin en familie – my hart is saam met julle stukkend oor sy afsterwe, iemand wat so ‘n vol lewe gelei het, so ‘n inspirasie was vir so baie mense. Ek sal sy laggie altyd onthou, ons kon lekker lag en grappies deel. Hy los ‘n leemte in baie mense se lewens. Julle is bevoorreg om hom man, pa en oupa te kon noem! Mag sy legende voortleef deur die wat agterbly. Hy laat ‘n groot nalatenskap na, iets waarna ons kan opkyk, onthou en uit leer. Noudat ek daaraan dink, het hy eintlik PNA se slagspreuk en leuse uitgeleef. Colour your world. Dis wat hy gedoen het met elke persoon wie se lewe hy aangeraak het – hy het dit kom inkleur en verryk. Oom Eugene, oom word gemis deur baie mense op aarde, maar ons weet dat oom nou op ‘n baie beter plek is. Rus in Vrede.

Posted on Leave a comment

Vertrou

Die heeltyd terwyl ek werk, dink ek na oor die maand se skrifvers. ‘n Taai een dink ek om eintlik behoorlik te verstaan sonder om offence te vat van wat die Here hier vir ons probeer sê. Maar in dieselfde asem, wil ek eintlik sê is dit heel eenvoudig.

Nou ja, Februarie is ons besigste maand, wat noodwendig beteken dat ek langer ure as normaal werk net om alles wat vereis word gedoen te kry. Dis niks nuuts vir my nie. Ek kry net my kinders jammer, want tyd saam met hulle is maar min so aan die begin van die jaar. Tyd vir skryf, voel vir my, is ook nog minder. Ek het eintlik, nie-amptelik, die ander dag besluit dat die eerste kwartaal van ‘n nuwe jaar besig is, en NIKS wat ek omtrent dit eers probeer doen gaan daardie feit verander nie.

Tensy ek my beroep verander natuurlik, maar, wie wil nou op amper 42 iets heeltemal nuuts aanpak en van voor af begin? Ok, ek erken, ek HET iets nuuts begin met Beroepsvrou, maar nie om my day job te vervang nie. Goed, terug by realiteite van BESIG wees met werk. Nou dit is vir ons so verskriklik besig, want dis finansiële jaareinde vir meerderheid van ons kliënte. Dus is daar belangrike berekeninge wat gedoen moet word en ingedien moet word voor 28 (of 29) Februarie. Natuurlik help die ekstra dag in skrikkeljaar – slegs as dit op ‘n werksdag val. Maar nie te min, dis 3 uit 4 jare net 28 dae wat ons het om hierdie te kan doen.

Die skrifvers laat my dink aan wat ons elke dag van ons lewe doen, wat ons al teë gekom het in ons lewens. Mense wat nie altyd eerlik is nie, nie alles verklaar nie. Potensiële nuwe kliënte met belaglike vereistes, wat ons sommer in die eerste vergadering in die kiem smoor en dan hoor ons net nooit weer van hulle nie. Ons staan vir reg en geregtigheid. Belasting moet betaal word, of jy nou daarvan hou of nie. Ek weet ek dwaal af, maar, ek probeer net alles in perspektief plaas van hoe dit gaan in my lewe, waarmee ek werk, wat daar verwag word en wat die wetlike aspek van alles is.

Maar terug by die vers. Dit kan ook terug getrek word na die kleinste dingetjie waarin jy oneerlik kan wees en oorkom. Ek het destyds by ‘n firma gewerk, waar die een senior personneellid eenkeer vir my verduidelik het oor hoe ‘n tydstaat werk. Sy woorde, in Engels, was iets in die lyn van die volgende: When you work at Pick n Pay, and you steal sugar, you are stealing. When you work here, and you steal time, doing private things when you should be working, you are also stealing. Ek sal dit in my lewe NOOIT vergeet nie. So ‘n goeie vergelyking van waarmee ‘n werknemer en werkgewer wat tyd verkoop, vertrou word. Diefstal is nie beperk tot fisiese items nie, maar tyd ook – tyd wat geboek word, fakture wat uitgereik word. Die lys voel, soos altyd, eindeloos.

Nou ek kan vir dae hier sit en redeneer oor alles wat groot en klein is, waaroor mens oneerlik kan wees. Die lang en die kort is, as jy 15 minute iets privaat doen, en eintlik maar net jou werkgewer of kliënt se tyd waarvoor jy vergoed word, steel; of jy steel een teelepel se suiker by die kantien, bly dit steel. En ek reken DIS waaroor hierdie versie gaan. Noudat ons so vasgevang is in finansiële jaareinde, kom die ook by my op – wat word werklik verklaar op opgawes? Is mense werklik getrou en eerlik oor ALLES in hul lewens?

As jy oor ietsie kleins oneerlik is, dan kan jy maklik oor baie goed oneerlik wees. Dis die vermaning van God af. Dan, is die spreekwoordelike klop op die skouer, die eerste deel van die vers – as jy oor ietsie kleins eerlik is en mee vertrou kan word, dan kan jy oor baie goed eerlik wees en mee vertrou word. Watter beeld straal jy uit vir die wêreld? Mens se reputasie loop hulle gewoonlik vooruit. Wat is jou reputasie? Eerlik of oneerlik?

Posted on 1 Comment

Die “Joy”

Die skerp reuk van Creosote (ek moes dit gaan google – die spelling en dit word uitgespreek as Kreesout – dis hoe ek al die jare die woord in my kop gesien het) vat my altyd terug na my kinderjare. Hoekom? Vra jy dalk. Ek het groot geword met ‘n Wendy huis in die agtertuin, wat omskep was in ‘n Kuns Kamer, die hout van die Wendy huis was met Creosote behandel. Ek was blootgestel aan kuns en crafting op ‘n jong ouderdom. Ek sal altyd hierdie reuk assosieër met kuns en crafting.

Ek het groot geword met ‘n ma wat altyd iets kreatiefs gedoen het, iemand wat haar drie dogters geleer het om so bietjie die realiteite van die wêreld te ontsnap deur kuns en crafting te doen. Ek raai maar of dit is hoekom sy kuns en crafting gedoen het, want dis hoekom ek dit doen. Met crafting is daar vir my geen reëls nie. Ok dit het reëls, maar, dis nie soos my day job nie jy weet? As jy ‘n fout maak, verf jy oor dit of jy begin van voor af, of jy wing dit net en sien hoe die projek gaan en hoe dit gaan opeindig om te lyk.

Met my day job is dit nie so eenvoudig nie, en ek voel verplig om dinge perfek te doen en reg te doen die eerste keer. Op hierdie tydstip terwyl ek die artikel skryf, reken ek dis tyd om die ketel aan te sit en vir jou ‘n lekker koppie koffie of tee te maak voor jy verder lees.

Jy sien, ek kan nie die artikel opbreek in kleiner hoofstukke nie, anders verloor ek die kruks van die saak wat op my hart geplaas was om te sê. Februarie is ‘n besige maand. Seker my minder gunsteling maand van die jaar, as mens nou toegelaat is om ‘n swart skaap maand te hê.

Vir soveel redes is ek nie ‘n Feb aanhanger nie. Een van die grootste redes is, die feit dat ek altyd uitgeput voel teen die tyd dat dit my dogter se verjaarsdag is op die 7de van die maand. Ja, ek weet, dis net aan die begin van die maand, maar ek weet wat voor lê, ek weet die ure wat ek vereis word om te werk, ek weet net wat lê vir my voor werksgewys. My klein EMP201 (vir die wat nie weet nie – dis een van die vele belastingopgawes wat op die 7de van elke maand ingedien moet word) is so entoesiasties wanneer dit kom by haar verjaarsdag.

Ek voel skuldig omdat ek nie haar opgewondenheid altyd met haar kan deel nie. En ek voel nog meer so, omdat ek ongeveer net tot die 14de Februarie 2014 gehad het, die jaar wat sy gebore was, om onverdeelde aandag aan haar te gee, voordat ek weer terug gekeer het na my skootrekenaar (hoe is dit vir ‘n mooi Afrikaanse woord?), om berekeninge te doen en opgawes in te dien. Dit was amper borsvoeding terwyl ek getik het op die rekenaar en opgawes ingedien het. Dit is asof ek net nooit genoeg tyd beskikbaar het om die oomblik en die voorbereiding vir haar verjaarsdag te geniet nie. Maak dit sin? Of is ek so vasgevang in my klein werk wêreld, dat ek vergeet om te stop en bietjie die rose se geur te geniet? (Die klink net beter in Engels – to stop and smell the roses).

Die ander rede vir die gebrek aan liefde vir die Maand van Liefde, is, daar is net NIKS TYD vir enige iets anders nie. Die kinders word groter, hul skedules begin voller raak, iets wat ek voel of ek nooit reg kry om voor te begroot tydsgewys nie. Ek meen, ek het nie eens tyd om inkopies te gaan doen nie (dit is ‘n frustrasie want vars slaai op ‘n weeklikse basis is ‘n MOET vir ons en om by Woollies uit te kom is ‘n uitdaging), nie eens te praat van om die kinders betyds by hul ander dinge te kry soos ekstra Wiskunde klasse, kos te neem voor kuns klasse en oefening nie.

Ek weier om oefening te mis. Dis die een ding wat maak dat ek nie dit verloor nie. Ek kan nie al die funky bewegings van Cross Fit altyd reg kry en uitvoer nie, maar, ek daag twee maal per week op en ek probeer hulle doen – ek kan sien hoeveel sterker ek geword het en is verbaas oor wat ek nou al kan doen teenoor wat ek kon doen toe ek net begin het. Dan woon ek nog ‘n dag van oefening by en daar doen ek spinning, iets wat my seun mal oor is, so dis ons tyd saam. Die buitemuurse aktiwiteite van die kinders is ook ‘n no-go zone as dit kom by besluit om dit te doen of nie. Ons moet dit net laat gebeur en dit maak werk, en beplan maar alles rondom dit.

Jy sien, in 2020, voor die grendeltyd en voor die Pandemie, het ek ‘n doelbewuste besluit geneem om op te hou om werk voor alles te plaas in my lewe. Ek het uitgemis op die lewe, want, ons het ‘n slagspreuk geleef van Kom ons kom net deur hierdie maand. En dit is hoe ons geleef het vir baie jare. Ek het selfs op ‘n kol gevoel of tyd gesteel was by my, weens hierdie slagspreuk waarby ons gehou het. 12 maande van die jaar, jaar in en jaar uit. Eintlik was dit dalk al in 2019 wat ek daardie besluit geneem het. Elkgeval. Middel Februarie 2020, in die besigste tyd ooit, het ek begin om te Cross Fit (na ek vir jare gebid het vir die Here om my lief te maak vir oefening, het ek uiteindelik die ding gekry waarvan ek hou en om my lyf weer in shape te kry).

Ja jy kan maar lag. Ek het nou net gekla oor hoe besig Februarie is en dan vat ek iets soos dit aan. Is daar ooit ‘n goeie tyd? Nee daar is nie. Nou jy kan dalk nou wonder hoe ek die kolle gaan verbind met die inskrywing. Ek begin met crafts, sing dan my klaagliedere oor werk en die Maand van Liefde, waarvoor ek nie so lief is nie en nou praat ek van oefening. Maar wag, jy sal sien…. alles is in een geweef in my lewe.

Terug by die crafts. Vir maande het ek gedroom van ‘n Cricut masjien. Ek was geskeur tussen die Joy en die Maker. My finale besluit was toe die Joy – weens die grootte en die prys. In Februarie (sien jy die trend hier…?) besluit ek toe om die aankoop te maak.

Ek het geweet dit was die verkeerde maand om so iets aan te koop, want ek weet ook dat ek eerder met die nuwe speelding gaan wil eksperimenteer as om te werk in die besige maand. Ek het toe verder besluit om dit by Kelirosh Studio aan te koop. Haar pryse was die beste (ek het die Takealot winskopies gemis en kon nie by Makro uitkom nie). Ek het ook net goeie goed gehoor van hierdie aanlyn winkel en dit was genoeg om my te oortuig om die aankoop daar te maak.

Die skuldgevoel wat ek ervaar het na ek die aankoop gedoen het was belaglik. Maar, toe die boks arriveer, was dit asof die Here vir my gewys het dat dit ok is. Dit is ok om ook ‘n lewe te wil hê, om te wil dinge doen en nie net te werk nie. Op die boks sien ek toe twee Flaminke. Nou die hele ding waaroor my bediening en blog gaan is Flaminke. Dit was net mind blowing en amper belaglik, met respek gesê – die Flaminke op die boks.

Selfs die postuur van die Flaminke op die boks was soortgelyk aan twee wat ek in my ontwerpe gebruik. Onmiddellik voel ek asof die Here met my hier praat. Bevestig dat dit ok is om hierdie aankoop te maak in die maand wat ek sien as die minder lekker maand vir my persoonlik.

Ek besef ook, dat ons ‘n nuwe generasie crafters hier groot maak. Ek het groot geword met goed soos om kerse te maak, kaartjies met stempeltjies en embossing poeier, klein draad boompies met mooi klippies op geplak, om maar net ‘n paar te noem. Die volgende generasie van crafters betrek tegnologie soos hierdie klein Joy masjientjie. Soos jy kan aflei, het beide my kinders besluit om die masjien te hi-jack, hulle baklei oor wie dit volgende gaan gebruik. Dit maak die druk so bietjie ligter vir my om die masjien te gebruik sodat ek nou op werk kan fokus – maar wanneer hierdie besige tyd verby is, gaan ek vir seker inspring en goed doen met hom.

‘n Week of so na die aankoop van die Joy, ontvang ek ‘n oproep van ‘n Mev. SA semi-finalis, Nicky Kruger. Sy vra my of ek dit sal oorweeg om ‘n borg te wees vir hierdie kompetisie (ek is nou nie seker of ek reg hierna verwys nie?). Nou dit is ‘n langerige storie van hoe ons mekaar “ken”, maar die lang en die kort is, sy is ‘n juffrou by ‘n skool waar ek laas jaar gaan bedien het en voorskote uitgedeel het aan studente.

Ek was stom geslaan, oorweldig en opgewonde, alles op dieselfde tyd. My aanvanklike reaksie was dat dit MAL besig is by die werk en ek sal eers haar middel Maart kan beantwoord, wanneer ek al my sperdatums gehaal het. Natuurlik het nuuskierigheid die oorhand gekry, ek het gelees deur die inligting wat sy my gestuur het en ek het my besluit geneem. Dit is so ‘n wonderlike geleentheid, ek kan nie dit van die hand wys nie.

Sien jy nou weer – dis alweer Februarie. Weer lyk dit of daar so min tyd is om dinge deur te dink en goed te doen. Ek begin te wonder of die Here my nie in ‘n rigting druk en toelaat dat al hierdie dinge gebeur, in die Maand van Liefde, net sodat ek weer lief kan word vir Februarie nie?

Wie weet, maar, dit lyk of groot dinge in Februarie gebeur. Die geboorte van ‘n kind, die behoefte om te oefen en crafting te doen en nou hierdie borgskap van ‘n GROOT ding soos Mev. SA. Ek dink God is besig om my Joy vir my terug te gee in die maand wat ek dit die minste ervaar.

Ek moet bieg – ek is lief vir die puns van God af. Die Joy wat verteenwoordig word deur ‘n fisiese, tasbare klein masjientjie, wat letterlik Joy bring vir díe wat dit gebruik. Want, is dit nie hoe ons as mense is nie? Ons wil SIEN en HOOR dis daar – en moet my nie verkeerd verstaan nie – ek plaas nie my Joy in die Joy nie, dis net God se manier om met my te praat, om vir my ‘n tasbare herinnering te gee aan dinge waaraan ek herinner moet word.

Posted on Leave a comment

Koffie wat klap

Ek word vroeër as beplan wakker vanoggend, op ‘n Saterdagoggend nogal, om Harties toe te gaan. Ek het ‘n vroeë nael afspraak, 7 uur die oggend om presies te wees, by my ander Sister from another mister, Irene. Ek is mal oor vroeë oggend ritte, veral op ‘n Saterdagoggend. Dit het hierdie gevoel en iets wat dit net spesiaal maak. Die Magaliesberge vertoon pragtig voor my soos wat ek ry, wat die mood vir die dag stel. Met die lug mooi blou en skoon gewas na die reën hierdie week, kort na een van DIE warmste Januarie maande ooit.

Nie te min, die plan was om te gaan en my naels te doen, so bietjie goedjies en inkopies te doen by die plaaslike inkopiesentrum Village Mall en dan terug te keer huis toe om so bietjie day job take te verrig. Omdat ek so vroeg moes ry, terwyl die huishouding nog in droomland was, kon ek nie my oggend shake maak in die blender nie. Met net koffie om die hol kol te vul, klim ek in my kar en ry na my afspraak toe.

Een van die winkels wat ek besoek in Village Mall was Woolworths Food, om so bietjie vars groente, vrugte en slaai goed aan te koop. Oppad uit herinner my maag my dat dit STEEDS net koffie gehad het om te verteer. Ek besluit om by die koffie toonbank, wat redelik onlangs geinstalleer was te stop. En met onlangs bedoel ek iewers aan die einde van 2022, iewers in die laaste kwartaal van die jaar, het Woolworths besluit dat diegene in Harties ook bederf kan word met so ‘n koffie toonbank. Altans – ek DINK dit was 2022, miskien was dit 2021 al? Die dae vlieg so, ek kan nie seker wees nie. Elkgeval.

Sedert die installasie en oprigting van daardie einste toonbank, het ek nog net verby geloop. Elke keer ruik ek die heerlike aroma van vars gemaalde koffie bone. Ek is altyd haastig en het nooit tyd om te stop en een te koop nie. Maar vandag is anders en vandag besluit ek om een te koop. Ek wou eintlik ‘n muffin of iets koop saam met die koffie. Terwyl ek die muffins wat uitgesprei is bekyk, vra ek die Barista (sonder om op te kyk) watter muffins hulle het, ek is honger (in Engels). Ek verduidelik dat ek net een soek nie 4 nie.

Sy antwoord my deur te sê sy het baie lekker goed. Ek vra uit oor die koffie. My vraag was (in Engels) Is it Lekker? Haar antwoord? Lekker is an understatement. It is Coffee e Monate. Ek kyk na haar en sê ampertjies HUH? maar besluit om ordentlik te vra om te herhaal wat sy gesê het en te verduidelik wat dit beteken. Sy sê dit beteken Coffee that slaps. Nou het sy my aandag. Coffee that slaps. Wat IS dit veronderstel om te beteken? Ek reken iets beter and groter as Lekker koffie. Ek is MAL oor koffie. Ek dink ek drink te veel koffie.

Dit was die oortuiging wat ek nodig gehad het, na my besluit etlike sekondes vroeër om van die Woolworths koffie te probeer. Op hierdie einste Saterdagoggend, want o vet, ek het kaffeine nodig om wakker te bly! Ons het ‘n aangename luidrugtige gesprek, ons lag terwyl sy die koffie maak. Iewers gedurende hierdie gesprek, besluit ek om oor my ervaring te skryf. Ek vra haar toe om die frase wat sy gesê het neer te skryf vir my, want ek gaan om die dood nie Coffee e Monate onthou tot ek by die huis is nie.

Gedurende ons gesprek, leer ek dat die dame, met die pragtige, stralende en aansteeklike glimlag, en wie se persoonlikheid ook e Monate is (as ek nou deel van ‘n frase wat elders gebruik word hier kan invoeg – ek is nie seker of dit so werk in Tshwana nie – maar ek bedoel eintlik haar persoonlikheid kan nie as LEKKER beskryf word nie – dis ‘n understatement), pas terug gekom het van verlof af. Sy verduidelik dat dit die rede is hoekom sy in ‘n goeie bui is vandag. Tomalo (ek dink dis haar naam – die foto op my foon vertoon nie haar naam op haar hemp duidelik genoeg nie) vra my watter koffie ek wil hê en of ek iets ekstra in wil hê soos suiker, heuning of versoeter. Ek gee my bestelling deur vir ‘n Grande Cappuccino met een bruin suiker.

Die ander Barista roep my na die till om te betaal. Ek swipe (wat is die woord in Afrikaans tog?) my Woolworths kaart meer as een keer en wonderbaarlik kry ek meer as 10% afslag op ‘n Grande coffee by Woollies. Voor ek loop, beveel Tomalo aan (skuus as ek nou die naam verkeerd het hier) dat ek die koffie MOET proe voor ek loop, om seker te maak dis lekker. Ek vra haar, in Afrikaans, Het jy die suiker geroer ook? Sy verduidelik vir my dat haar Afrikaans so bietjie verroes het terwyl sy op verlof was. Ek lag vir dit en herhaal die vraag in Engels.

Sy HET dit geroer, soos dit ‘n goeie Barista betaam om te doen. Ek vat ‘n slukkie en maak ‘n gebaar met my hand na my gesig toe dat dit wel ‘n Coffee e Monate IS (koffie wat klap soos direk vertaal). Om die dood toe kan ek nie die man se naam uitspreek (of onthou) nie, maar ek vra hom en Tomalo om te glimlag, ek wil ‘n foto neem vir my blog inskrywing. Ewe opgewonde glimlag hulle mooi terwyl hulle pose vir die foto. Uiteindelik het ek ‘n foto wat vir my werk, wat almal se glimlagte en opgewondenheid wys.

Voor ek gaan, sê Tomalo dat ek by my inskrywing moet voeg hashtag best_baristas_in_harties. Sy gaan voort deur te sê People will comment. Ons gaan voort met ons grappies en ek sê ek sal nog ‘n paar hashtags by hierdie inskrywing sit soos #coffee_e_monate en #best_coffee om net ‘n paar te noem. Sy het ook gesê ek moet terug kom vir ‘n tweede date, hierdie was nou my eerste date. Ek moet sê, ek mag dalk net ‘n Woollies Grande Cappuccino deel maak van my weeklikse inkopielys. Dis jammer dat my koffie nie so lank gehou het soos die lekker gevoel na hierdie gesprek met hierdie twee mense nie. Dit was klaar nog voor ek by die damwal was, oppad terug na die pragtige Skeerpoort toe.

#best_baristas_in_harties #coffee_e_monate #coffee_that_slaps #best_coffee #Woolworths_harties #saturday_morning_vibes #what_a_lekker_experience #have_you_had_coffee_e_monate_yet?

Posted on Leave a comment

Die vrugte

Toe ek die Here se mal plan (met respek gesê natuurlik – want in my kop het dit glad nie sin gemaak nie) vir Beroepsvrou begin deurvoer van desk pads, kalenders en ander gedateerde items, notaboeke en muismatte, het ek dit net gedoen. Ek het nie gedink nie en nie regtig beplan nie. Ek besef net al hoe meer HOE God se Upside-Down Kingdom werk – Sy somme is nie ons somme nie, Sy planne is nie ons planne nie, Sy tyd is nie ons tyd nie.

Om net goed te doen sonder om te dink, is iets wat so ietwat buite my comfort zone is. Want vir my day job is dit AL wat ek moet doen. Beplan en dink – goed moet sin maak jy weet? Vir Beroepsvrou het ek deur gedruk (nog nooit so iets in my lewe beleef wat die Here so hard op my hart gedruk het om te doen nie) en die leuse, as ek dit nou so kan stel, waarmee Beroepsvrou identifiseer en waaroor dit alles gaan, is Pienk Vere™ vir die Here. Wanneer ek van Pienk Vere™ praat, verwys ek natuurlik na die Flaminke en dit wat die Here vir my openbaar het oor hierdie voëlspesie. As jy nou nog nie weet waaroor dit gaan nie – gaan lees die stukke onder die kategorie Pienk Vere™ – begin by die oudste artikels en werk jou pad deur na die nuutste artikels toe.

Dit was dan ook die eerste jaar se tema vir alles van die Pienk Vere™ reeks, nie net die gedateerde items nie, maar ook notaboeke en muis matte. Ek het egter gou besef dat Flaminke nie in almal se smaak val nie, en, mens raak maar moeg om vir 12 maande vir dieselfde prentjie te kyk op jou desk pad of dagboek. Januarie 2022 (een jaar gelede) slaan ek ‘n panic so te sê oor wat 2023 se tema gaan wees en hoe dit gaan werk in die toekoms. Ja, ek weet, dis ‘n hele jaar voor die tyd, maar daar IS die deel van my persoonlikheid wat van beplanning hou (alhoewel ek eintlik glad nie van dit hou nie maar toemaar – maak dit sin om so te voel? Amper ‘n love-hate verhouding met beplanning…).

Nou dit voel of ek met ‘n Kaapse draai by my punt uitkom. Maar die punt wat ek wil maak is, die Here het kort daarna, sommer vroeg in Februarie 2022, vir my bevestiging gegee van die tema vir 2023 waaroor ek gewonder het. Op so ‘n wonderlike manier, soos wat net die Here kan. Dis weer een van daai fist pump oomblikke met God. My rooikop vriendin (almal het so een nodig in my opinie – ‘n regte egte Ginger) kom kuier een Saterdag by my. Ons het gesukkel om ‘n datum te kry wat beide van ons pas en ons kuiertjie was so bietjie overdue. Heel beskeie en verleë oorhandig sy vir my ‘n persentjie saam met die woorde “Abba Vader het gesê jy het vrae hieroor en dat ek dit vir jou moet gee” iets in daardie lyn.

Ek kyk af in my hande na wat sy vir my gegee het – ‘n stelletjie klei oorbelle, bloedrooi granate. Ek bars amper oombliklik in trane uit, want dit was een van my vrae aan God (niemand het dit geweet nie). Kan ek ‘n tema doen, wat moet dit wees en is granate ok? Saam met dit het ek natuurlik honderde ander vrae gehad, en soos wat die tyd aanbeweeg is dit besig om beantwoord te word.

Daar het ek sommer gou my antwoord gekry en besef ek net weer dat Beroepsvrou se beplanning ietwat anders gaan wees as my day job se beplanning. Daar is beplanning, maar op God se manier, nie soos die wêreld dit bepaal nie. Nou dit bring my by die heel eerste skrifvers vir 2023 se desk pad, so hier op die einde van Januarie. Hierdie was ‘n BESIGE maand, erger as wat ek al voorheen beleef het en daarom dat ek nou eers hierby uitkom. Niks het drasties verander nie en ek kan wragties nie my vinger lê op dit en hoekom dit so voel nie – die gejaag wat net erger word. Dit is net wat dit is. Seker maar sperdatums wat verkort word wat bydra tot dit wat soos chaos voel om my.

Ek het gevoel díe Bybelvers is van pas by die tema vir 2023, en alhoewel die vrug waarna verwys word nie benoem is in die Bybel nie, (dit verwys wel na lote en wynstokke en dus neem mens maar aan dat dit na druiwe verwys), reken ek Granate kan ook werk vir die doel. Dit kan eintlik maar enige vrugte wees reken ek – druiwe, appels of lemoene. Maar die Here het Granate op my hart gelê. Ons kan slegs vrug dra wanneer ons IN HOM is. En dit sluit weer aan by die Pienk Vere™ – want waarmee vul jy jouself? Wys jou vrugte wat jy dra dat jy Pienk Vere™ vir die Here het? Watter vrugte dra jou Pienk Vere™? Sê jy vir mense jy is ‘n Granaat boom maar dan dra jy piesangs en is so ver verwyderd van dit wat jy proklameer en dit wat jy uitleef?

Sonder Jesus kan ons niks doen nie, soos die skrifvers ons leer. Wanneer ons IN Hom woon en onsself opvul met Hom, dan dra ons baie vrugte. Woon jy in Hom? En Hy in jou? Dra jy vrugte? Watter vrugte dra jy? Does your walk and talk agree? So aan die begin van die nuwe jaar, (die Jubel Jaar), wanneer alles net vinniger uit die blokke wegspring as wat ons kan hanteer, is dit soms moeilik om hierdie by te hou en deur te voer. Dis juis dan, in hierdie woeste tye, dat ons moet onthou en herinner word aan hierdie skrif. Dit uitleef en vir mense WYS dat God in ons is en ons in Hom is. Dat ons vrugte ooreenstem met ons dade en woorde. Watter vrugte dra jou Pienk Vere™?

Posted on Leave a comment

Mis gelees

Hierdie inskrywing is op ‘n ligter noot van iets wat ek mis gelees het. Einde 2022, ry ons deur Krugersdorp, ek was die passasier in die kar.

Soos wat ons ry, kyk ek by die venster uit. Ek sien verkiesingsplakkate op die lamppale. So in die ry, lees ek Stem Amy Stem en ek dink by myself, dis nou ‘n vreemde nuwe manier vir bemarking van die party se verteenwoordigers en om mense te kry om te stem…

Dis asof hulle ‘n chant op maak om Amy te oortuig om haar kruisie te gaan trek en te stem. Onmiddellik dink ek aan die liedjie Swem Jannie Swem! terwyl ek die slagspreuk lees.

Ek los dit daar, en besluit om Google maps te volg op my foon, na ons bestemming toe. Nie te lank daarna nie, kyk ek op en sien weer ‘n plakkaat, soos die vorige een. Die keer ry ons bietjie stadiger want ons moet amper afdraai.

Die woorde op die bordjie? Stem Amy Steyn nie Stem Amy Stem nie! Ek begin dadelik hardop te lag en deel die oomblik met my man wat net so lekker saam lag. Nou giggel ek elke keer as ek verby ‘n verkiesingsplakkaat ry, veral die een van Amy Steyn.

Posted on Leave a comment

Die Jubel Jaar

Hierdie is amptelik my eerste inskrywing van 2023. Ek dreig al sedert my kantore gesluit het die 15de Desember 2022 om net bietjie op te vang op inskrywings wat ek klaar geskryf het maar nie vertaal of gepubliseer het nie. En raai wat? Dit het nie gebeur nie. Dit was asof ek die Desember vakansie futloos en sonder energie was. Soos ‘n battery wat leeg was.

Ek en my bediende redeneer hieroor, sy sê sy het ook so gevoel. Als was moeite. Sy sê laggender wys dat sy dink ons word ouer. Ek bestraf sommer dit daar en dan en sê vir haar ons is nou net 40, dit kan wragties nie die ouderdom wees nie. Na ‘n vinnige geselsie met ons buurvrou (haar hond het kleintjies gekry so nou boer die Potgieters weer by die Krugers en dan as almal huise het, sien en praat ons min met hulle….my kinders is mal daaroor om klein hondjies te sien en te oooooeeeee en aaaaaaahhhhh oor die wonderwerkies wat gebore was). Nou ja, noodgedwonge stop ek die sin daar, want, ai, soos altyd, oormaat inligting. Nie te min, na ‘n gesels met die burvrou, sê sy dat hulle het ook so gevoel. Lus vir niks. So dalk is dit iets in die lug?

Hierdie jaar is veronderstel om die Jubel Jaar te wees. 2023 the year of Jubilee. Maar ai, dit voel vir my of die vyand dit net wil kom steel. Die lied in my hart, die lofsange, voel net of hulle soos mis voor die son verdwyn het. Ek voel sommer Januarie in die lug. Jy weet? Die gevoel van die gejaag wat nou weer afskop. Die atletiek atmosfeer. Die oggende wat stadig maar seker koeler begin word (al beleef ons tans ‘n hittegolf) soos wat die somer haar laaste draaie draai en een van die dae gaan oorhandig aan Herfs om te baljaar in die blare. Ek weet dis NOG NIE Herfs nie, want vet weet, dis WARM. Maar, ek kan die verandering in die lug voel. Die jaar, voel vir my, het bietjie bumpy begin. Eers slaan die weerlig my ou laptop gaar. Die keer is daar nie so baie dokumente wat ek verloor nie, maar tog waardevolle goed, veral met Beroepsvrou se admin….maar, dit is wat dit is. Dit het gebeur en ek kan niks omtrent dit doen nie.

Die week voor ons kantore heropen, besluit ek om maar aan die gang te kom met werk. Maar dit gaan sukkel-sukkel. Die skool se skryfbehoeftes het ek later gekoop as beplan, ek het nie krag vir dit gehad vroeër nie. Toe staan die sakke vol boeke en penne en wie weet wat nog rond en was soos iets wat my koggel. Dit moet nog gemerk word. Ek herroep hoe erg die vorige jaar vir my was en hoe lank dit geneem het. En dit was my verwysingsraamwerk waarop ek hierdie taak gebasseer het. Op die ou einde was dit nie so erg nie, ek het dit wel tot op nommer 99 gelos, iets wat net nie vir my werk nie. Maar nou ja. Dit daar gelaat.

Om alles te kroon, besluit ek en my man om ons dogter se kamer te begin oordoen en verf. Iets wat ons aan die begin van die vakansie wou doen. Maar nie by uitgekom het nie en ook nie lus voor was nie, want, weereens weet ons dat dit eintlik nie ‘n eenvoudige taak is nie. Nie te min, die naweek voor ons amptelik weer ons kantore open, besluit ons toe om die bul by die horings te pak. Gedurende die proses, kry my man ‘n besering aan sy voet, wat ons op daardie stadium reken, seker 6 tot 8 weke op krukke vir hom sal wees. Ten tye van die publikasie van die berig (dit klink nou fêncy soos ‘n koerantberig), was die verwagte tyd op krukke toe heelwat minder en net so 2 weke. Hy kan nou nog nie behoorlik op die voet trap nie en ook nie rond hardloop nie, maar ten minste is sy ekstra paar bene iets van die verlede en kan hy eintlik redelik soos normaal funksioneer.

Nou my lys van treurmares en moan songs gaan aan en aan, maar ek sal nie als hier herhaal en oordra nie. Die doel is glad nie om in almal se ore te kla nie. Ek deel maar frustrasies en irritasies en uitdagings. Hierdie inskrywing het ek al ‘n week of wat voor hy gepubliseer was, begin skryf. Maar kom nie daarby uit om dit klaar te maak nie. Dit begin selfs voel of die vyand tyd steel, want tyd vir alles wat ek wil doen, voel soos altyd min, skaars en few & far between. Net laasweek ry ek iewers, en dink aan hoe dit nie soos ‘n jubel jaar voel nie. Net toe ek links van my kyk, sien ek ‘n trok, van ‘n Boerdery wat sê Verbly julle in die Here.

Net daar besef ek dis die Here wat my gedagtes berispe en aanspreek. Maak nie saak wat nie, ons moet feesvier en die Here loof en prys! Want wanneer ons dit doen, het die vyand geen mag nie. Hy het geen mag gehad om mee te begin nie, en wanneer mens die Here loof en prys, snoer jy omtrent die vyand se mond sodat hy nie verdere gemors kan strooi in jou gedagtes nie. Net ongeveer een week later, na ek die trok gesien het, gesels ek en my man. Hy praat van ‘n fout op die elektrisiteit voorsiening by sy ma se biltong winkel. Ek sê vir hom dit is maar moeilik om positief te bly, veral as goed nie reg werk nie. Net daar raak hy amper moedeloos met my en sê vir my “Moet jy nie nou ook begin nie.”

Verbaas kyk ek na hom, oor die algemeen praat ons nie die land en die stand van sake sleg nie. Maar, dit IS uiteraard moeilik om positief te bly – kom ons wees maar eerlik hier. Veral as alles om jou negatief voel. En ook veral na ‘n Carte Blanche insetsel wat ons onlangs gekyk het en hoe dit oorkom asof dinge net nie werk soos dit moet nie. My man noem toe van iemand wat soos ‘n doem-profeet negatief was oor iets, en die toekoms en wie weet wat nog alles. Hy sluit af en sê al wat hy in sy gedagtes hoor is (in Engels), Rejoice in the Lord, Rejoice. Ek kyk so in verbasing na hom toe hy die woorde uiter wat ek op ‘n trok gelees het ‘n week vantevore (en eintlik weet ek dat ek nie moet nie, want dit IS die Here waarvan ons praat).

Dit was asof dit ‘n bevestiging was van dit wat ek gesien het op die trok die week van te vore. Ek deel die trok se skrif met hom en ons albei is net in verwondering oor hoe die Here nou regtig werk. Dit is asof die Here my net wil kom herinner aan alles waarvoor Hy staan (so asof ek dit nie weet nie, maar wanneer mens vasgevang voel in omstandighede dan vergeet mens maar). Voorsiening in oorvloed, kom van Hom af. Môre hou sy eie bekommernisse, ons hoef nie onsself vandag al te bekommer oor môre nie. Die Here is reeds in môre. Hy weet wat die beste is vir ons.

Dan dink ek weer aan hoe ek laas jaar gevoel het. Hoe ons gesukkel het om in roetine te kom na ons kinders na ‘n nuwe skool geskuif het. Ek wonder by myself hoe het ek dan by skryf uitgekom? Dan herinner die Heilige Gees my aan hoe ek alles tussen alles deur gedoen het. Ek het geskryf op my foon terwyl ek gewag het vir die kinders en dan later eers dit op my rekenaar klaar gemaak. Werk het ek ook tussen deur gedoen, soos wat ek sit en wag vir die kinders by skool aktiwiteite.

Ek hou nie daarvan om so te werk nie. So te jaag van punt A na punt B, laptop sak oor die skouer. Maar dis die realiteit van die wêreld waarin ek myself bevind. Ek is seker baie mamma’s voel so! Ek is ten minste daar vir my kinders naskool. Om die kossies te gee en sunblock te spuit. Om te sit en sweet onder ‘n Gazebo by die Huissport, foto’s te kan neem van my kinders op die podium. Daar te wees om vir hulle te cheer. Iets wat ek nooit as kind ervaar het nie, want my ma moes voldag werk. Ek probeer altyd my tyd effektief gebruik. En tussen alles deur, loof en prys ek tog die Here. Dit vind nie altyd op ‘n spesifieke tyd plaas nie. Tussen werk deur en selfs terwyl ek werk, gesels ek met Hom. Bou ek verhouding, hoor ek by Hom wat my geskape het. Probeer ek positief bly, al is alles om my negatief en sukkel ons met selfoon seine tussen beurtkrag deur, verkorte sperdatums, goed wat net die wit waks uit mens uit frustreer. Tussen dit alles, moet ons steeds aanhou KIES om positief te wees. Om LIG te wees in die wêreld.

Dit voel dalk nie soos ‘n Jubel Jaar nie. Vir baie mense reken ek voel dit so. Dit voel soos uitdaging op uitdaging, so aan die begin van die jaar. En dis presies hoekom ons moet aanhou om die Here te loof en te prys. Te jubel oor Sy goedertierenheid! Sodat ons die teendeel kan wys vir die duiwel, wat ‘n spanner in the works probeer gooi, dag in en dag uit. Ek weier dat die duiwel se spanners my enjin sal laat cease. Aanhou sal ek aanhou. Dit het net weer ‘n rukkie geneem om in die roetine te kom na die Desember vakansie. Maar beweeg sal ek beweeg en sing sal ek sing! 2023 is the Year of Jubilee.

Posted on Leave a comment

Die Etiese opleiding

Dit is Desember 2022. Ek het voorgeneem om hierdie deurlopende etiese opleiding, waarvoor ek my oë gerol het toe die vereiste deur kom van SAICA af, op datum te bring teen einde Desember 2022. Wel, al wat ek kan sê is dat die lewe die heeltyd gebeur! Liewe aarde. Ek weet eerlik nie hoe mens veronderstel is om alles in te pas en die balans te handhaaf nie.

Nie te min, ek besluit toe wel op ‘n reënerige dag in Desember, toe dit koeler is, en niemand in die swembad kan baljaar, en my op ‘n pity party laat gaan, omdat ek opleiding moet doen, terwyl almal ontspan nie, om maar tog hierdie opleidingsding verder aan te pak. Wat ek wel nou besef is dat ek eintlik dit heeltemal verkeerd gedoen het, voel dit vir my. Maar, dan weer, daar is seker nie ‘n regte of verkeerde manier nie??

Die meerderheid, waaroor ek reeds geskryf het, van die hele Etiese opleiding en my ervaring van dit, was die journaling gedeelte, die deel waar jou brein so bietjie gerek word. Ek het wel van die ander goedjies tussen in gedoen, video’s gekyk, maar my fokus was eintlik meer op die journaling deel voel dit vir my. Wat seker nie verkeerd is nie? Ek meen, ek het dit as wonderlik en fantasties ervaar! Want die vrae wat gevra word wat jy oor moet skryf laat ‘n mens nogals dink….wat wonderlik is! Ek het wel nie in detail en diepte deur al die ander dokumente ook gewerk nie. So miskien moet ek nie die wa voor die perde span en net die joernaal inskrywings doen nie, maar eerder dit sistematies en maand vir maand doen soos wat my Sierboom maar hou van om te doen. Die ander ding wat ek ook geleer het en weet, is ek moet nie 12 maande se opleiding in ‘n dag probeer doen nie. Dis juis so ontwerp om bietjie-vir-bietjie te doen oor ‘n langer tydperk…

Ek besluit toe om te back track met my opleiding, want, jy sien, na elke maand se opleiding, moet jy ‘n paar vrae antwoord om ‘n sertifikaat te bekom. En die sertifikaat is nou in wêreldse terme die belangrikste ding ooit. Dis my bewys dat ek hierdie goed gedoen het. Ek begin toe maar weer by maand twee. Lees deur die dokumente, alles is heel gerieflik op ‘n toepassing op my foon, of met ‘n internet skakel op ‘n webblad op my rekenaar, beskikbaar vir my enige tyd wat ek dit wil doen. Ek het wel gegaan en alles op my Google Drive gestoor, wat dit ook baie gerieflik maak om uit te druk en so meer.

Lynette Berger was so gaaf gewees om my nog toegang te gee, al het my twaalf maande periode sedert ek die proses begin het verstryk. Ek weet ook nou nie of ek hierdie hardop en so openlik mag genoem het nie. Maar nou ja!! Hier is dit nou – sorry Lynette as ek jou e-posse nou laat oorloop het van versoeke na mense die inskrywing gelees het.

Al die dokumente, wat ek dink, ure geneem het om bymekaar te sit deur ProBeta, onder toesig van Lynette Berger (ek is nou nie presies seker hoe hul strukture daar werk nie), laat my net besef, van voor af hoe hierdie kursus aansluit by die Pienk Vere van Beroepsvrou. Daar was absoluut GEEN manier dat ek of Lynette en haar span, enigsins kon weet van mekaar en die inhoud van dit wat die Here aan ons openbaar het op ons unieke maniere en platforms nie.

Die inhoud voel of dit kolskoot tref bladsy na bladsy. Die gedeeltes waar jy so bietjie jou Tall Trees profiel analiseer en dissekteer, uitmekaar trek en begin vorm en werk aan om ‘n beter mens te wees. Een van die opskrifte of onderwerpe wat my bygeval het was onder die opskrif Feed your faith and starve your fears. Dit was maand 3 dink ek. WOW. Hoe waar is dit nie net nie? Toe ek verder onder dit gaan lees gaan dit alles oor waarmee ons onsself voer. Emosioneel, geestelik. Klink vir my maar so bietje soos my flamink storie….ek kan nie anders as om die Here ‘n fist pump te wil gee vir dit en die feit dat Hy my hierdie kursus laat ontdek het nie.

Houdings en uitkyke is aansteeklik. As jy jouself met negatiewe mense omring – raai wat? Jy gaan een groot hopie van negatiwiteit word!! Dis presies hoe dit werk in die lewe en hier is dit swart op wit in hul notas. Ek besef nou net weer hoe haalbaar hierdie kursus eintlik is. Dit is ons werk om te sorg dat ons nie alles los tot op die laaste nippertjie nie. Dit het my vandag ‘n paar uur geneem om deur ‘n paar maande se goed te werk. So hoekom doen ek nie net elke dag ‘n bietjie nie? 15 minute daagliks is mos haalbaar?

Ek dink in my geval is ek so oorgretig om alles te leer, dat 15 minute te min is. As ek myself weer kry, spandeer ek ure op goed, werk deur alles, terwyl die day job wag. Miskien over think ek die hele kursus? Miskien moet ek vir myself ‘n tyd limiet stel? Wat ek wel ook misinterpreteer het aan die begin, is, die 5 minute ethics moments se dokumente – ek het gedink (weet eintlik nie wat ek gedink het nie, want duidelik het ek nie gedink nie) maar, dit het vir my gevoel hulle is almal dieselfde. En dis seker die rede hoekom ek nie in diepte deur alles gelees het nie…?

Eers na verdere ondersoek, het ek gesien die eerste klomp paragrawe, wat die proses wat gevolg moet word stap-vir-stap verduidelik, (en eintlik meer op klerke gerig is dink ek), dieselfde is en dan op bladsy twee, in die middel rond, begin die nuwe goed wat jy moet lees, oordink en beantwoord. Dit voel vir my dat die kommentaar en oordenkinge so bietjie dieper en meer intens word soos wat die maande vorder. Ek dink hier het die Here ook direk met my as Elsie gepraat met my voorvereistes – dat ek vir myself jok as ek dink dat ek eers beter oor myself en die lewe gaan voel as sekere boksies afgemerk is.

Nou ek dink nie hulle probeer sê stop alles wat jy doen en probeer vermag nie, want op die ou einde van die dag, is die ‘n vormingsproses en dit wat jy doen in jou lewe is besig om jou te vorm, om te word dit wat die Here lankal reeds bepaal het vir elke indivvidu op hierdie aarde. Ek wil nie te veel uitlaat oor alles nie, maar ek het soveel waarheid in soveel goed ervaar, veral die oor angs. As jy nie in die present moment leef nie, lei jy maar eintlik net een ongelooflike aaklige angstige lewe! Vra my! Been there and done that. Ek ken ook mense wat steeds so is. Angstig oor wat kan gebeur en oor wat gebeur het in die verlede. Ek het op ‘n stadium so geleef vir een dag, dat ek my lewe gemis het. En wragties, een dag, toe ek wakker word, toe is ek amper 40! Ek dank die Here elke dag dat Hy my wel wakker gemaak het om op te hou so lewe! Ek voel steeds soms spyt dat ek dele van my lewe gemis het, maar, dit is wat dit is, ek het iets geleer, aanbeweeg en ophou om so te lewe.

Ek het steeds nie alles op hierdie reflektiewe dokumente geantwoord nie, maar het deur al die inhoud gelees, die kort videos van tussen 5 en 10 minute lank gekyk. Hier en daar is daar ‘n langer video tussen in, en dis dan wanneer ek die Treadmill nader of die luidspreker aansit terwyl ek stort en grimering aansit. Ek het wel my vrae op die assessments (wat is dit tog in Afrikaans?) geantwoord en is nou die trotse eienaar van ‘n paar Etiese CPD sertifikate. Genoeg om almal tevrede te hou. Genoeg om myself tevrede te hou dat ek wel gedoen het wat ek kon met die tyd tot my beskikking. Hier wil ek ook net noem, dat, ek nie hard op myself is nie. Die vereistes van die professionele institusies waaraan ek behoort is genadeloos. As jy nie doen wat daar van jou verwag word nie, gaan jy boetes hê, dissiplinêre verhore moet bywoon en wie weet wat nog alles. Dis ongelukkig hoe dit is in ons professie – die vereistes is baie, soms te veel om te hanteer. Maar deur God se genade, maak ek dit nog elke jaar.

Hierdie voel soos ‘n fist pump oomblik, met wie, weet ek nie, want dis net ek wat hierdie vereiste het in my firma. My man verstaan nie al die draadwerk nie, maar ondersteun my soos wat ek hierdie goed moet doen. Al is dit veronderstel om vakansie te wees. Maar dis lekker, ek geniet dit. Ja, jy kan maar dit sê – ek is ‘n nerd en ‘n sucker vir iets soos die wat myself beter ontwikkel. Want ek weet net, die het ‘n groter impak in my lewe en waarheen Beroepsvrou oppad is as wat ek ooit sal kan dink en besef. Ek het ook verder agter gekom my brein was bietjie moeg na ek 3 maande se goed in een dag opgevang het, en het besluit om dit daar te laat en die res aan te pak, dag-vir-dag en bietjie-vir-bietjie in die nuwe jaar. Ek weet nou beter wat dit behels, weet wat om te verwag en weet hoe om dit nou aan te pak. As ek nou hier ‘n emoji kon insit, sou dit die armpie wees wat sy spiere flex, reg vir aksie.

Ek hoop regtig dat hierdie inskrywings (van my pad met hierdie opleiding, wat soos ‘n elephant in the room gevoel het) iemand daar buite sal inspireer en oortuig om tog maar op te teken vir die kursus. Moet nie dat al die downloads en goed jou oorweldig nie. Maak met dit soos wat jy ‘n olifant eet (spreekwoordelik gesê natuurlik) – stukkie vir stukkie, dag vir dag. Sommige dae sal jy die hele slurp kan aanpak en ander kere net ‘n kleine ou blokkie. Maar as jy jou weer kry, het jy van slurp tot stert vordering gemaak. Dan is die elephant in the room aangespreek en uitgesorteer. Doen dit net! Moet nie dit oordink nie!! Jy investeer in jou eie lewe en die beste van alles is, dis ‘n belasting-aftrekbare, wettige uitgawe (vir my is dit omdat ek my eie besigheid bedryf, as jy salaris verdien….wel, ek is nie so seker van dit nie) en ure wat tel vir jou CPD sonder om jou te verveel en oog rol oomblikke te verskaf. In my opinie is dit ‘n wen-wen situasie – waarvoor wag jy nog?

The Ethics training
Posted on Leave a comment

Moeitevolle Arbeid en die gawe

Soos wat die jaar einde se kant toe staan, en almal moeg geploeg is (werksgewys), kan ons nie anders as om soms te voel ons wil onsself bederf met ietsie nie. Jy verdien dit mos? Jy het hard gewerk. Dan kom die duiwel en saai twyfel in jou hart oor dit wat jy dink jy vir jouself wil koop. Hy kom saai selfs twyfel as jy iets gedoen het soos om lekker kos te eet. Jy weet? Wanneer jy geld op iets spandeer het, eerder as om iets meer verantwoordelik met die geld te doen.

Liewe aarde, dan voel mens sommer net nie lekker na jy so iets gedoen het nie. Al was daar niks verkeerd met dit wat jy gedoen het nie. Guilt and shame oorweldig jou. Net daar en dan. Jy probeer teen dit redeneer dat jy wel hard werk en jy dit mag doen en verdien, maar daar is geen genade nie. Op die ou einde van die dag voel jy net nie of jy die vrymoedigheid het om iets te doen vir jouself nie en dan eindig jy gewoonlik op om dit nie te doen nie. Bo op dit, voel jy skuldig omdat jy daaraan gedink het (en nie eens noodwendig deurgevoer het nie).

So het ek gevoel vir baie jare oor baie goed. Gevoel ek mag nie nuwe klere koop nie, gaan uiteet nie, selfs in die huis bly waarin ons bly het my skuldig laat voel (en dis nie ‘n tydskrif huis nie, maar, bied skuiling vir ons en slaap plek vir elke gesinslid – genoeg vir almal om hul eie spasie te geniet). Die lysie voel eindeloos. Maar toe kom ek op die skrif gedeelte af. Uit Prediker uit. En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is ‘n gawe van God. Prediker 3:13 (Afrikaans 53 vertaling). WOW. Wat ‘n awesome stukkie skrif!

Die ietsie wat jy voel jy wil doen EN geniet MAG jy doen, want dit is ‘n gawe van God af! Die lang en die kort wat dit vir my sê is, as jy moeitevolle arbeid toegepas het, en die goeie geniet wat saam met dit gaan, ontvang jy ‘n gawe van God af. Dis vir my so profound en ek sê nou nie gaan spandeer al jou geld op jouself en kom nie jou verpligtinge na nie! Nee, glad nie!

Ek wil elkeen wat die lees los met dit – dis nou Desember. Sommige mense kry bonusse en ander dalk nie. Sommige kry ‘n dertiende tjek (ja ek weet, tjeks bestaan nie meer nie, maar ons almal praat maar nog so), ander kry net ‘n kleiner bonus, ‘n ietsie ekstra. Of jy nou ‘n bonus kry of nie, moet nie skuldig voel oor die bonus of salaris wat jy gekry het nie. As jy hard gewerk het, regtig HARD gewerk het deur die jaar, dan is daar nie fout daarmee om dit te kan geniet nie.

Al gebruik jy dit om skuld te betaal, of vir jouself ‘n ietsie te koop wat jy altyd wou gehad het met dit. Of jy drink dalk net ‘n melkskommel. Dit maak nie saak nie, gebruik die gawe wat die Here vir jou gee deur jou moeitevolle arbeid! Dit was ‘n lang jaar vir almal gewees, almal is moeg geploeg… Hierdie is amptelik die laaste inskrywing wat te doen het met die heel eerste desk pad wat ek ontwerp het en verkoop het deur Beroepsvrou. Wat ‘n belewenis was dit nie net gewees nie! Daar gaan nog stukke wees in 2023 – nuwe jaar en nuwe bybelverse! Hou die spasie dop! Ek bid vir jou en jou gesin ‘n Geseënde Kerstyd toe en dat julle die gawes van God sal geniet. Wees veilig, rus goed sodat die nuwe jaar met nuwe moed en energie aangepak kan word. 2023 is the year of Jubilee.

Hard labour and the gift
Posted on Leave a comment

Die woord

Sedert laas week een of ander tyd, loop ek rond met ‘n woord in my gedagtes. Die woord? Benevolence. Nou vir ‘n primêre Afrikaans-sprekende persoon, is die ‘n groot woord. Dis nie iets wat enigsins deel vorm van my woordeskat nie. Ek moes gaan google wat dit beteken, want ek het nie ‘n clue gehad wat dit beteken nie. Die woord het ook so, in Engels, na my toe gekom. Iets wat nie gereeld gebeur nie.

My inskrywings begin gewoonlik in Afrikaans, my gedagtes rondom dit en wat ek voel die Here wil hê ek moet skryf oor iets, gebeur alles in Afrikaans. Maar hierdie keer was dit anders. Alles het in Engels gebeur. Ek het selfs die inskrywing in Engels eerste gedoen, waar ek gewoonlik dit in Afrikaans eerste doen. Ek loop met hierdie woord in my gedagtes en ek vra God wat Hy wil hê ek daaroor moet skryf. Wanneer iets so konstant in my gedagtes is, dan WEET ek net dat ek daaroor moet skryf.

Natuurlik, toe ek die woord gaan google sien ek toe wat dit beteken. Dit is die kwaliteit van goedgesindheid, vriendelikheid. Hier het ek nou net sommer direk die Engelse betekenis vertaal, ek glo dis reg. Ek WEET God is Benevolent, so om hieroor te skryf is so bietjie van ‘n uitdaging vir my, want wat is ek nou veronderstel om te skryf? Die Bybel is dan propvol beloftes en getuienisse van God wat ‘n Benevolent God is.

Sien jy nou hoe ek daardie woord deel gemaak het van my woordeskat? Al is dit die Engelse woord. Ek moet giggel vir dit, ‘n woord wat ek nooit voorheen gebruik het nie, gebruik ek sommer oor en oor in een paragraaf. Ek wonder wat is die Afrikaans vir Benevolence? Ek raak distracted, ek weet. Maar ek het gou dit gaan google en die Afrikaanse woord is Welwillendheid. Wie sou kon raai dat dit die woord in Afrikaans is? Die Engelse een klink beter (en meer fêncy) so ek gaan maar aanhou om hom te gebruik.

Nou voor ek die woord Benevolence gekry het, het ek iets in my gees gevoel. Ek kon nie heeltemal my vinger op dit plaas nie, want dis ‘n gevoel wat ek voorheen gehad het maar ook nie, so in dieselfde asem gesê. Ek het hierdie irritasie wat soos ‘n wolk oor my hang.

Ek is net so geirriteerd met alles en almal, hoekom weet ek nie. Van die honde, tot die pappagaai, die hamster, die kinders, die owerhede en hul belaglike vereistes vir ons as CA’s en enige iets (en iemand) tussen in, het my geirriteer. Dit is nie normale gedrag vir my nie, want dit is iets wat ek jare gelede al afgelê het. Maar nou is dit asof dit opkom om asem te skep. Hoekom weet ek nie.

Toe stuur God vir my hierdie woord. Orals in my gedagtes sien ek die woord en word ek herinner daaraan. Amper soos in die lewe, wanneer jy iets opmerk, dan SIEN JY DIT ORAL as jy verstaan wat ek bedoel? Soos ‘n tipe kar, as jy eers bewus word van dit, dan sien jy dit ORAL! Nou dit was dieselfde met hierdie woord.

As ek dit nou in ‘n prentjie moet skets vir jou van hoe dit was, sou ek sê dit was as volg – in my gedagtes, sien ek dit op ‘n bannier, dan op ‘n billboard, dan ‘n padteken langs die pad, op stukke papier, selfs die sampioene wat in die gras opspring voel of dit Benevolence spel. Dis hoe in my face dit was (in my gedagtes natuurlik, nie regtig fisies om my nie).

Vanoggend besef ek HOEKOM God die woord vir my gegee het. Jy sien, ek het ‘n tiener in die huis, asook ‘n tween, een wat te vinnig na my smaak ‘n tween begin word, want sy is nou eers 8 jaar oud. Mense ouers, het ek nou vir jou vergeet hoe propvol kennis mens is op die ouderdom van 8 en 13 jaar!

Om met hulle benevolent te wees, het ‘n groot uitdaging geword. Die argumente van hoe hulle dink iets moet wees en werk, wanneer ek weet dit werk nie so nie. Die houding wat ek kry wanneer ek net ‘n kosblik met ‘n toeba inpak vir skool (dis nou die tween net so tussen ons wat my hier houding gee) en nie ook iets anders insit nie. Of wanneer ek wel iets anders insit, in ‘n kosblik wat sy nie van hou nie, dan vlieg alle dinge benevolent by die deur uit.

Of wanneer die tiener stry oor ‘n stuurwiel accessory vir die X-Box (ja, ons het een gekoop, iets wat ons gesê het ons NOOIT sal doen nie – wel, never say NEVER). En wanneer dit geinstalleer en ingeprop is en nie werk soos die verwagting is nie. Iets wat ons vir hom gesê het sou gebeur. Hy wat dit een kant toe skuif, want dit werk nie soos hy gedink het dit sal nie, besig om geld te mors op iets wat nie gebruik kan en gaan word nie. Wanneer dit gebeur, dan is dit asof elke stukkie benevolence by die deur uit hardloop, ‘n nuwe wêreld rekord vir die 100 meter probeer opstel en Usain Bolt’s se wêreld rekord probeer breek.

So hier is ek. Guilty as charged. Ek wys nie benevolence nie. Ek besef dat God dit hard op my hart druk om hieraan te werk. Ek moet elke stukkie gereedskap gebruik wat Hy besig is om te voorsien. Die gereedskap waarvan ek praat is die Tall Trees Ethics Training van ProBeta en Hettie Brittz. Die nuutste toevoeging tot my gereedskap is die EI Activator, wat ek sien as ‘n add-on of plug in (as ek nou rekenaar taal kan gebruik, waarvan ek ook beperkte kennis het) tot die Tall Trees Ethics Training.

Hierdie dinge vat tyd. Dit voel of die lewe net gebeur en my nie toelaat om hierdie gereedskap te ontdek nie. Gelukkig is dit nou ‘n vereiste om Etiese Opleiding te doen om ‘n CA te bly. Dit is die rede HOEKOM ek iets nuttig en opbouend soos die Tall Trees Ethics Training en EI Activator gekies het. En ja, ek sê dit nou so, want, ek het besluit om eerder die positiewe in hierdie vereiste te gaan soek, eerder as om op die sypaadjie met my blikkie wurms te gaan sit en kla oor die vereistes.

Ek hoop werklik (en diep binne my weet ek) dat ek benevolence sal vind wanneer ek begin ontdek, dissekteer en uitgrawe in die veld van EI Activator. Die grond werk word gedoen en die toon word gestel deur die Tall Trees Ethics Training, ek moet dit net klaar maak (tong in die kies gesê, want ek is by maand 4 en ek het al lankal vergeet wat gesê was so ek gaan alles dalk weer oor moet doen voor ek my vragies kan antwoord om my sertifikaat te kry), sodat ek kan aanbeweeg na die EI Activator deel van die ekspedisie waar ek myself tans bevind.

Ek weet ek was nie Benevolent nie, dis nie God se plan vir my om nie Benevolent te wees nie. Kom ons vat die uitdaging aan, met die tieners en tweens in ons huise, die owerhede, die troeteldiere en alles tussen in. Laat ons Benevolence as ons gereedskap gebruik in hierdie uitdaging. Benevolence – noun – the quality of being well meaning; kindness. Hoe Benevolent is jy?

The word
Posted on Leave a comment

Die kop vs. die stert

Soos wat ek die ander dag deur die plaaslike inkopiesentrum stap, voel ek net die einde van die jaar in die lug. Jy weet, net so ‘n vibe wat nie op ‘n ander tyd as November en Desember in die lug is nie. Dit voel of die lewe net gebeur en die tyd net aanstap en as jy een oggend wakker word, is dit verby middel November.

Nog ‘n jaar is amper verby. Nog ‘n jaar om oor te reflekteer. Wat het gebeur? Hoogte punte en laagte punte. Die nostalgiese tyd van die jaar. Iets waarvan ek nie baie hou nie, want dit impliseer dat ek nog ‘n jaar ouer is. In my kop is ek nog al die pad 28 jaar oud. Ek weet nou nie of ek nog soos ‘n 28 jarige, of selfs ‘n thirty-something-year-old lyk nie….maar ek voel nog jonk….vir wat dit wêrd is.

Die maand se skrif op die desk pad is uit Deuteronómium (as jy nou nog nie weet waaroor dit gaan nie – besoek maar gerus my winkel, bestel vir jou een, dan het jy ook ietsie mooi vir jou werkstafel en dan gaan jy verstaan hoekom ek oor random verse skryf). Noodwendig moet ek maar daardie sin daar eindig, omdat ek nou so ‘n lang verduideliking in hakkies gesit het. Moving on!

Nou ja, die boek wat seker die moeilikste is om uit te spreek in die Bybel, is waaruit die maand se skrif kom. Díe skrifvers is vir my so ‘n groot en profound een, (by gebrek aan ‘n beter Afrikaanse woord), een met soveel beloftes in. En die Here sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die Here jou God wat ek jou vandag beveel het om te hou en te doen. Deut 28:13 (Afrikaans 53 vertaling).

Wow. Waar begin mens met die ontleding en dit wat die Here op my hart lê van die skrifvers? Kom ons begin by die gebooie onderhou. Nou ek weet ons is lankal nie meer onder die wet van die Ou Testament nie. Jesus het ons kom vrymaak van dit. MAAR, in die Nuwe Testament verwys Jesus na die grootste gebod. Jy moet die Here jou God lief hê met jou hele hart, en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Matt 22: 37- 39 (Afr 53).

Wat dit vir my sê is, as jy God lief het, en jou naaste, sal jy outomaties die tien gebooie onderhou, want as jy iemand lief het, steel jy nie by hulle nie, of vertel jy nie leuens nie, en so gaan die lysie aan. So ek reken ek kan sê check ek dink ek verstaan die deel in die skrif wat verwys na gebooie.

So terug na die eerste deel – die belofte van God self af. Dit kom nie via iemand anders nie. Dis God self wat hier praat en BELOWE. Dis ook nie ‘n halwe belofte nie, en nie ‘n miskien, maybe baby tipe ding nie. Hy belowe dat Hy MY (en jou wat dit lees) die kop sal maak, ek SAL boontoe gaan, en nie ondertoe nie. Maar daar is ‘n voorwaarde daaraan gekoppel – jy moet die gebooie van God onderhou.

Slegs as jy jou deel doen, sal die Here Sy deel doen. Hoeveel keer doen ons nie iets wat ons eintlik afgelê het toe ons bekeer het nie? Of veronderstel was om af te lê met die sondige mens toe ons bekeer het nie…? Het jy nie dalk weer vir iemand ‘n halwe waarheid, wat eintlik maar ‘n leuen is, vertel nie? Iets belowe en dit nie gedoen nie? Iemand dalk ingedoen, op watter wyse ookal? Seergemaak, geskinder, o die lys voel eindeloos.

Jy sien en dis hier waar dit vir my voel die geveg tussen die kop en die stert inkom. Ons gees is gewillig maar ons vlees bly swak. En dis hoekom ons Jesus nodig het! Alleen kan ons dit nie doen nie. Die duiwel sal jou oor en oor kom condemn, oordeel, sleg laat voel. Laer as ‘n luis, want jy het nou al weer hierdie en daardie nie gedoen nie. Jou probeer aftrek ondertoe.

Maar, wanneer jy werklik bekeer het van jou ou sondige natuur en wel alles in jou vermoë doen om die Here lief te hê EN sy gebooie van liefde onderhou, kan dit mos nie anders as om die kop te wees en op te styg na bo nie? God se genade is groot, Hy vergewe ons as ons iets verkeerd gedoen het en ons omvergifnis vra. Ek kies om God se belofte aan te kleef, alles binne my vermoë doen om naaste liefde (en self liefde) te betoon, asook my liefde vir God.

Ja, ek faal nog soms (ek moes gaan google met ‘n v of f, net so tussen ons, sodat dit ek die regte betekenis oordra). En dis seker maar ook hoe mens leer en groei is dit nie? Niemand is perfek nie, maar ons kan streef na heiligmaking, onderhoud van gebooie. Wees ‘n Jesus-Freak, probeer heeltyd self liefde en naaste liefde betoon en wys, draai weg van ou, slegte gewoontes. Dan gaan jy sien wat gaan God vir jou doen!

Wie wen in jou lewe? Die Kop of die Stert? Wat is die uitkoms van die bannier wat groot gespan is, wat die geveg aankondig – Kop vs. Stert? Ek hoop seer sekerlik dat my uitslag Kop 1 – Stert 0 sal wees, en so sal aanhou!

Head vs. Tail
Posted on Leave a comment

Om “Bold” te wees… hoofstuk 2

Nou ek dreig al lank om hierdie reeks inskrywings klaar te maak, en heeltyd val iets voor. Elke keer as ek sit en hieroor skryf en die draft weergawe stoor, voel ek net nie dat dit reg is nie. Dit voel te oppervlakkig en eintlik glad nie Goddelik nie, as ek dit nou so kan stel.

Wel, een oggend in die stort, dink ek weer na oor al my drafts wat ek begin skryf het en net nie publiseer nie, en ek dink weer aan wat dit werklik beteken om bold te wees. En so kom die Heilige Gees en begin die woorde in my gedagtes laat val, amper soos wanneer jy munte in ‘n spaar bussie laat val.

God is terribly on time dink ek weer. Alles op Sy tyd. So wat die Here vir my gewys het, is, voordat jy bold kan wees, moet jy eers weet watter tipe letter IS jy nou eintlik. En met dit bedoel ek, wat is jou styl, jou persoonlikheidstipe, jou body shape (ja dit speel ‘n groot rol in my opinie), wie jy as ‘n mens is, waarvoor jy staan op alle vlakke, nie net fisies nie. Wie jy in Christus is.

Dan moet jy begin vrede maak met dit. Self-liefde toepas. Ek het NOOIT geweet ek is ‘n A-shape body type nie. Altyd gedink EK doen iets verkeerd dat my ass (ag ek moet net die woord gebruik hier, die wat my al in lewende lywe hoor praat het sal verstaan dat dit net beklemtoon waarvan ek praat) so groot is teenoor die res van my lyf. Instinktief koop ek eerder rokkies as broeke, want liewe aarde, om broeke te kry om die lyf te pas is net ‘n stryd. So inherent het die Here dit in my ingebou om items te kies wat meer vleiend is, kleure en style te kies wat by my vel ondertoon pas, sonder dat ek dit besef.

Nou ja, na die Masterclass van Aletté Winckler wat ek in April bygewoon het, weet ek soveel meer van myself, wat uiterlike voorkoms aanbetref. Ek het geleer om vrede te maak met die feit dat my boude en bo bene groter is as my bolyf. Dit is was dit is, en dit is wat EK van dit maak.

Dan is ek ook deur alles deur, besig met Etiese opleiding van Probeta (ek het bietjie opvang werk om hier te doen en die dat julle nog nie enige iets sedert my laaste inskrywings gelees het nie), gebasseer op persoonlikheidstipes soos omskryf deur Hettie Brittz (Tall Trees). Nou dis nog ‘n eye opener as ek dit nou so kan noem. Weereens kon ek NOOIT verstaan hoe ek soms net voel ek gaan saam met die stroom dryf en ontspanne wees en die lewe vat soos hy kom nie. En dan weer in ander situasies omtrent uit freak as iets nie gebeur soos EK voel dit moet gebeur nie.

Ja, jy raai reg – DIS wie EK is, dis WIE God MY gemaak het om te wees. Ek moet leer om dit te omhels, aanvaar en te ontwikkel. Hierdie werk op ‘n emosionele en geestelike vlak. So tussen die twee goed wat ek doen en gedoen het (Tall Trees en Aletté Winckler se Masterclass), is ek besig om te ontdek wie ek is en waarvoor ek geroep is. Ek is ook besig met EI Activator (Emotional Intelligence wat uitbrei op Tall Trees) en nog nie verskriklike vordering daar gemaak nie, maar ek weet sommer daardie kennis wat ek daar gaan opdoen gaan ook net nog meer en meer bydra tot die hele proses.

So nou dat ek weet dat ek ‘n A lyf letter is, ‘n Palmboom EN ‘n Sierboom is, (ek kan nou nie iets sê van EIA nie want ek moet nog bietjie meer deur dit werk om te weet wat ek daar is), kan ek voort gaan om myself saam met God te ontdek. Hy is besig om my te leer van kos (wat my kort-kort wil oorweldig omdat ek voel ek weet niks van kos af nie) en wat ek moet doen om my tempel in stand te hou, sodat ek Sy werk kan doen waarvoor ek op aarde geplaas is. En natuurlik om te ontgin wat ontgin moet word….nou kan my A ‘n A wees wat uitstaan.

Word vervolg…

Being bold… chapter 2
Posted on Leave a comment

Die foto studio

Toe ek in Oktober 2021 ervaar het dat die Pienk Vere reeks ontwerp moet word, het ek nie die vaagste benul gehad waarvoor ek myself, op alle vlakke, in laat nie. Ook maar goed so, want ek dink nie ek sou dit gedoen het nie!

Waarvan praat ek nou? Die hele proses om ‘n aanlyn winkel te hê, te bestuur, voorraad en voorbeelde te laat maak, geld om alles te betaal, maar die grootste van alles – die fotos vir die webblad. Ek het nie ‘n clue gehad nie. Nie daaroor gedink nie, want ek was so gefokus op die ontwerpe en fisiese produk.

Maar nie te min. Ek het toe fotos geneem op my manier en soos ek goed gedink het. As ek nou terug kyk was dit AAKLIG en die feit dat enige iemand by my iets gekoop het met daardie fotos is eintlik ‘n wonderwerk!!

So groei ek toe nou in die proses, besluit om die agtergrond te verander, neem weer fotos, gaan weer deur die proses om dit op my webblad te laai. Dit neem lank, net so tussen ons, want jy is afhanklik van jou internet se spoed. Dan lewer iemand kommentaar op die fotos en sê dit moet ‘n skoon en wit agtergrond wees, neem bietjie van ‘n ander hoek af, maak so en doen dat.

Oor Paasnaweek besluit ek om WEER al my fotos oor te neem. Al wit ding wat ek in die huis het is ‘n laken. Die vou lyne frustreer my, die weerkaatsing van die lig (ek neem dit in die aand op die eetkamer tafel terwyl die res van my gesin ‘n fliek kyk) irriteer my nog meer. Ek kry nie die foon (ja ek neem met my foon want die Canon kamera is ook ‘n frustrasie vir my) se posisie presies dieselfde vas gehou wanneer ek neem nie.

Die ring lig staander ding wat ek gebruik werk eintlik glad nie en dis eintlik net een vet groot gemors voel dit vir my. Maar nou moet ek deur druk, want ek het nou mos klaar die proses begin, ek kan nie nou moed op gee nie. So karring ek aan, baie gefrustreerd soos jy seker kan aflei, maar ek werk met wat ek het en probeer om nie onnodige geld op fieterjasies te spandeer nie.

Heelwat later (‘n paar maande), gesels ek eendag op Whatsapp met Anri Erasmus van Painted Lemons. Kan ek net vir jou vertel hoe die girl my gehelp het sedert ek die plan van die Here af gekry het? Sy was die een wat ek gekontak het om te sê ek wil ‘n desk pad ontwerp. Sy was die een wat my geleer het van Canva, Creative Market en nog vele ander goed.

Sy was die een wat my in verbinding gesit het met die drukkers wat ek gebruik, die tannie wat die voorskote maak. Sy was die een wat my net aanhou ondersteun en lei het deur die hele proses. Nou ja, ek kan nie onthou hoe ons begin praat het oor fotos nie, maar ek sê toe vir haar dat ek nie MAL is ook my huidige fotos nie.

Dis toe dat sy vir my antwoord (in haar woorde nou) Nee tjommie, jy kry vir jou drie borde met mooi textures. Ek dink by my self WAT? Wat moet ek nou kry? Waar kry mens die borde waarvan sy praat? Nie lank na dit nie, kom die skakel deur vir die borde van Flatlay Studio af. Net daarna nog ‘n boodskap van ‘n app wat ek moet aflaai om soos ‘n pro (en hier glo ek dit staan vir professional en nie probeerder nie) fotos te kan neem en edit.

Wow. Watter wonderlike kennis! Ek haal toe maar geld uit en skaf die nodige aan vir my. Na die goed afgelaai word by my (wat soos ‘n ewigheid voel maar eintlik net ‘n paar dae is), kan ek natuurlik nie WAG om foto’s te neem nie. Ek maak die een oop en dink UUUHHMMM ek dink ek het ‘n verkeerde ding gekoop, ek kan nie sien hoe mooi fotos van dit af gaan kom nie. Wel, ek was verkeerd!

Impromto besluit ek een Saterdag, toe ek by die Spar was, om vars blomme te koop vir die foto’s. Daar begin ek toe om fotos te neem, maar sukkel steeds met die hoek en hoogte waarteen dit geneem word, want ek het nie ‘n staander wat werk nie. Ek begin neem en neem en neem. Ek neem in die huis die aand fotos (want dis al tyd wat ek het). Dit lyk vir my stunning, maar ek voel steeds iets kort.

In die tussentyd, Whatsapp ek ALWEER vir Anri en deel die foto’s wat ek geneem het met haar, asook my frustrasies. Sjoe ek kom nou net agter dat die hele foto-nemery vir my ‘n frustrasie was! Seker maar omdat ek eintlik glad nie geweet het wat ek probeer doen nie.

Sy sê toe ek moet ‘n staander koop en stuur ‘n skakel op Takealot van een wat sy gebruik. Sy kyk na my fotos – gee raad en advies en beveel aan om in natuurlike lig te neem eerder as in die huis met ligte aan geskakel. Die volgende dag begin ek WEER van voor af. Hoekom, weet ek nie, want ek het nog nie ‘n staander nie. Ek begin fotos in die middag te neem, daglig raak min en ek kon nie klaar kry nie. Ek neem in die huis verder in die aand en toe begin ek die verskil sien tussen natuurlike lig en onnatuurlike lig.

My moed sak in my skoene, want nou is my goed nie klaar geneem nie, die blomme gaan afgaan en ons gaan met verlof. Ek het nie ‘n staander nie. Ek het nie tyd in die week om dit te doen nie, ek moet werk. Die day job se werk hou nie op nie. Ek bêre die blomme in die yskas (dis Proteas so hulle sal lank hou het ek geredeneer) en laat maar die ander blare uit droog en bêre dit in ‘n houer om te bewaar teen stof.

Terwyl ons met verlof was, arriveer die staander. Die dag na ons terug gekom het van verlof af, besluit ek om WEER alles oor af te neem, die keer met die staander saam, stickers geplak om die verskillende ontwerpe op min of meer dieselfde plek te laat lê (ek sê mos ek raak nou ‘n pro), in daglig op die stoep. Die blomme lyk nog goed genoeg vir fotos so ek hoef nie WEER Spar toe te ry en te koop nie.

Kyk, halfpad deur hierdie proses, toe my rug voel of hy wil afbreek van die vreemde prosisie wat ek in gestaan en buk het om af te neem, dink ek weer by myself WAT HET MY BESIEL? HOEKOM DOEN EK HIERDIE? Maar, ek kan nie nou stop nie. Ek is nou so ver, ek moet maar deur druk…..

Kan ek net een ding sê? Ek het nuwe respek vir webblad fotos. Veral van skryfbehoeftes. Want hoe op dees aarde neem jy dit af dat dit mooi en aanloklik lyk vir mense om te WIL koop? Nie te min. Die fotos is klaar geneem, geedit en opgelaai op my webblad. As ek terug kyk na waar ek begin het, minder as 1 jaar gelede en waar ek nou is, kan ek net die Here se hand in alles sien.

Hoe Hy mense gestuur het (ok een mens met connections) om my net te help en te lei deur die hele proses. Anri Erasmus, uit die diepte van my hart bedank ek jou dat jy hierdie crazy vrou op Facebook se messenger boodskap in 2020 beantwoord het. Dat jy my na jou huis genooi het om al my vrae te vra oor die Bybel wat ek wou koop, die verf, en net al die ander vrae te antwoord en geduldig, alles wat so natuurlik en maklik vir jou kom, te verduidelik.

En hoe jy my net aan en af lei deur die proses. As ek met my hande in my hare sit, en 500 boodskappe begin stuur as ek onseker is (net mense wat al op Whatsapp met my gesels het sal die een lekker verstaan), kom jy, en hou my net rustig en kalm, en verduidelik net alles stap-vir-stap wat ek nodig het op te weet op daardie tydstip. DANKIE vir dit!!!

Bo dit alles, dankie Here vir die insig, kennis en wysheid wat U my gegee het, met wat ek noem Die Here se mal plan (met respek gesê natuurlik) en vir die groei wat ek kan sien in my as mens op alle vlakke. Emosioneel, geestelik en fisies. Ek deel so paar fotos op die inskrywing van waar ek was en hoe dit getransformeer het na die fotos wat nou met trots op my webblad pronk.

Hierdie is nou wragties ‘n getuienis van Met God is alles moontlik se skrif vers. Ek hoor in my gedagtes hoe die kinders saam in ‘n koor sing A-N-Y-T-H-I-N-G IS POSSIBLE WITH GOD. A-L-L-E-S IS MOONTLIK MET GOD. Iets wat hulle by Eden Leersentrum geleer het. En dit is wragties so. Alles is moontlik met God se hulp. As ‘n Chartered Accountant sulke fotos kan neem en so kreatief kan wees, dan kan enige iemand enige iets doen!

The photo studio
Posted on Leave a comment

Die onbekende…

So staan ons alweer op middel Oktober en ek kan nie help om te wonder waarheen die tyd aanstap nie. Ek weet ek het dit in amper elke inskrywing gesê, (of so voel dit vir my), maar regtig, die tyd vlieg so vinnig! Ek kyk na my desk pad en die maand se skrif.

Ek gaan vergelyk dit met ander weergawes op my elektroniese Bybel (is tegnologie nie wonderlik nie?) net om seker te maak ek het die korrekte interpretasie hier beet. En ek dink ek het hom!

So Paulus (was mos hy wat Korinthiërs geskryf het?) skryf hier dat niks wat ons al gesien, gehoor het of in ons harte opgekom het, kan beskryf dit wat God vir ons berei het nie. Wow, ek dink so oomblik na hieroor en besef net hoe gróót dit is. Vir seker dink ek dit verwys na die ewige lewe maar ook ons tyd hier op aarde.

God beplan mos dinge van voorspoed vir ons, nie teëspoed nie, nie waar nie? So hoekom kan dit nie van toepassing wees vir ons tyd hier op aarde nie? Nou prakties kan ek getuig van hierdie skrif en dit wat in my lewe gebeur het. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Die moeilike en harde tye is vir seker ook nodig, want dis wanneer ons gevorm word en karakter gebou word. Maar die goeie tye is net so nodig vir ons tyd hier op aarde.

Jy sien, as ek nou moet dink aan al my aardse begeertes wat ek het, wat ek nou dink awesome sal wees vir my, is dit sekerlik dat al my werk op datum sal wees en so sal bly. Dat ek nie werksdruk het nie en dat alles net die heeltyd vlot sal verloop wat dit aan betref. Natuurlik het ek seker nog ‘n miljoen of drie ander begeertes (ons almal droom mos maar van ietsie jy weet?), maar díe een staan vir my die meeste uit.

So het ek gedink dat dit my grootste begeerte was. Wel, ek was verkeerd!! Jy sien, gedurende September 2022, het die Here vir my ‘n begeerte vervul wat ek nog nooit aan gedink het nie, nie gesien of gehoor het nie. Ja jy het reg geraai – die radio onderhoud! Wat ‘n belewenis was dit nie net nie, jy sien, ek het nie gedink dat dit is iets wat ek graag sal wil doen nie. En nou, tong-in-die-kies gesê, voel dit vir my is dit ál wat ek wil doen! Die dream job, die een waarvan mens net droom en nooit kry nie.

Die Here het my wildste, grootste begeertes met daardie onderhoud oortref. So ‘n dag of wat na die onderhoud, blaai ek deur my deskpad se skrif verse en toe tref dit my – DIS wat die Here bedoel met die vers. Nou kan jy jouself indink, as iets soos ‘n radio onderhoud vir my gróót voel, hoe GRÓÓT is die planne wat die Here vir ons het nie net nie?

Dis GRÓÓT, baie GRÓÓT, ons breine kan dit nie indink nie, al probeer ons hoe hard en lank! En eintlik is dit ook goed so, want nou het ons ietsie om na uit te sien! Sien jy uit na wat Hy vir jou beplan? Ek sien uit na dit wat die Here nog vir my, Beroepsvrou, en die day job in gedagte het…

The unknown…
Posted on Leave a comment

Die versorger

Die hele week terwyl ons by die see vakansie hou, het ek heimwee en verlange na die versorger in ons familie. Soos wat ons terug ry van ons see vakansie, dwaal my gedagtes. Na my sussie Erika Breytenbach toe. Jy sien, die wat nou eers inskakel by my webjoernaal weet dalk nie, maar sy en haar gesin het ‘n jaar terug besluit om hul wortels op te trek en in ‘n ander land te gaan vestig.

Eers het ek nie verstaan hoekom ek die verskriklike verlange, juis nou het nie. Maar toe ek op Facebook sien hoe sy haar hart deel van een jaar daar en hoe traumaties dit eintlik was met die Pandemie saam, huil my hart. Toe verstaan ek, want iewers het my brein die tyd van die jaar onthou en gekoppel aan iemand wat lewendig dood gegaan het vir my, as dit nou enigsins sin maak. Met dit bedoel ek, hulle lewe nog, maar is buite bereik vir fleshy hugs en fisiese aanraking.

Ek blaai dan vinnig verby die Facebook inskrywings, want ek is bang ek begin huil soos ek gehuil het toe ek hulle, wat voel soos 100 keer, gaan groet het in Pretoria 1 jaar gelede. Ons het nie mekaar se drumpels deurgetrap nie. Toe ek jonger was, ja, en voor kinders, vir seker. Toe het ons baie meer gekuier. Maar toe raak die lewe te besig en die Pandemie het ons almal nog meer ingeperk met reise oor provinsies.

Ek noem haar die versorger, want sy is die nurse in ons familie. Sy hou nie baie daarvan as jy haar ‘n nurse noem nie, want sy is eintlik ‘n Sister. En ja daar is ‘n verskil. Seker maar soos my beroep en mense wat my ‘n boekhouer noem wanneer ek eintlik nie dit is nie.

Sy het hierdie vermoë om mens rustig te hou. Veral in mediese krisis situasies. Met ons kar ongeluk 16 jaar terug het ek haar meer vertrou as die dokters en ander nurses by die hospitaal. Toe my kind haar kop oopgeval het (met my ma wat in ‘n koma was) was sy die een wat ek gebel het (ja, ek het gepanic en ‘n blank geslaan oor wat om te doen met die kopwond). As ‘n kliënt ‘n diagnose van ‘n aard gekry het, was sy die een vir wie ek gevra het wat hulle nou eintlik bedoel met die kennis wat ons nou bygekry het.

Toe my ma in die koma was en in moes gaan vir die MRI, was sy die een wat kalm en rustig langs haar gestaan het en haar hand vas gehou het. Nie een keer het paniek haar oorval nie. Ek onthou nog ek het haar so staan en kyk en by myself gedink Hoe doen jy dit?????

Ek dink ook aan haar man Jaco. Hoe hy my geinspireer het om ‘n CA te word. Crash courses net voor eksamens gegee het oor hoe om ‘n finansiële sakrekenaar te gebruik (wat ek lankal weer vergeet het hoe dit werk en om die dood toe nie vandag kan reg gebruik nie).

Nou ja sussie en heavy (‘n direkte vertaling vir swaar wanneer ons swaer bedoel) ek hoop regtig jul wortels vestig gou in die grond in. Ek hoor dit is hard en moeilik om te emigreer. Mixed emotions wanneer jy so iets besluit. Ek weet nie of ek vir jou gesê het nie, maar die Here het vir my op die kamp laas jaar, bevestiging gegee dat dit so is, ek moet julle laat gaan.

Oor en oor het Hy gesê dit moet so wees. Hy het selfs vir my ‘n kaart van Nieu Seeland (ag jitte ek weet nou nie of ek dit reg spel nie) gegee. So asof Hy net wou hê ek moet HOOR en SIEN dat dit deel van Sy plan is en dat ek net die proses moet vertrou al maak dit nie sin vir my nie.

Lief jou sussie. Ons versorger. Ons ousus. Die een wat slap chips vars gebraai het vir middagete met witsous van scratch af gemaak. Dit het seker nie baie gebeur nie maar dit staan vir my uit van ons grootword jare.

Ek het my oë uit my kop uit gehuil toe jy P.E. toe gegaan het om te swot (en nee ek weet nogsteeds nie hoe om P.E. se nuwe naam uit te spreek of te spel nie, so Port Elizabeth sal dit bly vir my). Want dit het so ver gevoel. So buite bereik. Min het ek geweet dat jy nou nog ‘n verder bestemming sou kies. Mis jou. Al is ons net ‘n Whatsapp oproep ver neuk die tydsones so bietjie…

Ek probeer hard om die varing wat ek by jou gekry het aan die lewe te hou. Hy het amper nie die winter gemaak nie. Maar hy staan nou op sy plekkie waar sy blare lowergroen vertoon en waar nuwe blare uitkom – ek gaan hom vir seker nie weer skuif nie. Hy staan hier reg langs my rekenaar en as ek die varing sien dan dink ek aan jou. Die varing wat trots pronk in die foto van my blad, langs my op die lessenaar.

Tot ons mekaar weer sien. En fleshy hugs kan uitdeel en gee vir mekaar. Tot dan sluk ek maar die trane af en weg. Maak ek maar of dit net ‘n droom is. Druk my kop in die grond en kies maar om nie te veel daaraan te dink nie. Want dit maak die seer en verlange net so effens makliker om te hanteer.

The caregiver