Posted on Leave a comment

Praise / Lofprysing

Today’s verse says so beautifully how I feel everyday. How can one not sing praises to the Lord who protects us, provides for us, just being there for us?

Ja ek weet soms gebeur slegte goed met ons en dis nie noodwendig God wat ons straf nie. Alles wat altyd gebeur sal Hy ten goede laat meewerk vir die wat Hom lief het….op die ou einde is alles vir ons geleen, selfs ons tyd op aarde….

What are you doing? Are you singing to the Lord for all He has done? Is He your refuge and your strength? Do you run to Him when you are in distress?

Ek wil net sing van God se goedheid! Altyd!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Our purpose / Ons doel

In the presceding verse, Paul says that we must live a life worthy of the calling for which we were called. Then in this verse he tells us how to do it. Not aggressively and with pride.

Nee, met nederigheid, sagmoedigheid (rustig), lankmoedigheid (geduld). Alles wat ons soms nie oordra en deurgee in ons lewens nie. Net gisteraand het ek weer niks hiervan gewys in ‘n gesprek met my dogtertjie nie…en yôh het die Heilige Gees my aangekla sommer oombliklik na dit gebeur het!

Anyway, I am not here to tell you about all my failures, because surely I will keep you busy for hours, because I am far from perfect….but, if we live by these rules, we will grow in our purpose for which we were created.

Wonderlik om so daaraan te dink nê? Elke keer se ongeduld, trots en onrustige optrede, weerhou ons eintlik van dit waarvoor ons geskape is en die doel waarvoor die Here ons hier geplaas het.

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Seën / Blessing

Hallo Augustus!!! Waar kom jy vandaan? Sjoe, vandag se vers dink ek kla elke een van ons aan, myself ingesluit! Jesus praat hier met die wat na Hom luister. En dis mos nou ons is dit nie?

So I don’t think He means being in a loving, intimate relationship with enemies, I think He means we must love and respect each other. You know – do unto others as you would to yourself? That kind of love. Jesus love.

Sjoe en dis moeilik. Ek meen soms is ek vies vir my huismense (en hulle vir my) en ek IS lief vir hulle op ‘n persoonlike vlak en in ‘n intieme verhouding met hulle (in mekaar se persoonlike spasies en “bubbles”) en selfs met hulle kry ons nie aldag die versie reg nie doen ons?

The long and the short is – we must always do good, does not matter who it is and whether they like us or not. Can you imagine the return on investment when you Bless everyone? There is a saying – wishes and curses return to their senders.

Dan wonder mense hoekom dit gaan soos dit gaan om ons – almal vervloek mekaar eerder as om te bid en seën. Hier kan ons almal, ek inkluis, op verbeter…..dis nie nodig dat ons na ander se vlak daal wat beledegins en vervloekinge aanbetref nie…..

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Glory / Glorie

🥶 my pen het ook vanoggend koud gekry en gesukkel om te skryf….nou vandag se vers bevestig eintlik net dit wat ons reeds weet.

God is able to do anything, beyond what we can even begin to imagine. And His power is within us too, although we are limited by our human abilities, we can sometimes look back at things that happened, wondering how on earth we managed that? Well, that is where God’s power comes into play….

Op die ou einde van die dag, kan ons net enige iets doen agv God se krag binne in ons. So as dit agv Sy krag is, wie moet verheerlik word? Dis nie ons wat dit reg kry nie, dis God se krag, so die heerlikheid van dit wat deur ons werk kom God toe.

Something to think about….my writing talent is not because of me, but rather God’s power that works through me to serve others. So to Him all the glory always!

Laat mens dink nê….? Aan Jesus Christus kom al die eer toe, ALTYD! Niks is uit onsself nie maar deur God wat deur ons werk!

💪🏻let’s do this day!

🦩

Posted on Leave a comment

Brood / Bread

Vandag se versie spreek soveel waarheid. Op ‘n stadium het ek leeg gevoel, so asof ek nie genoeg nutriënte inneem nie. Natuurlik was daar verskeie faktore wat bygedra het tot hoe ek gevoel het en een van dit was kos en ek het my leefstyl aangepas en probeer gesonder lewe.

But, another thing was still missing. I was still lacking something. What it was, I did not know. I used to read bible every other day, attend church every Sunday, but still that was not enough. It was only when I actively started spending time in God’s word that I could feel the difference.

Natuurlik het dit nog beter begin voel toe ek op my blad Uit die Pen van ‘n Beroepsvrou, my maandelikse oordenkinge begin deel oor die bybelverse op die “desk pad” en toe begin dit ontwikkel en toe ek weer sien deel ek op werksdae my oordenkinge oor die dag se bybelvers.

What a mouthfull, but, with that being said, I could feel the change happening in me and that is because I have been consuming God’s word daily too, not on every other occassion. And this is an active testimony of this verse today!

Wow! Hoe wonderlik is dit nie net nie?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Possibilities / Moontlikhede

Just yesterday I sent a message to someone and ended it off with “Anything is possible with God”. It is like God wanted to confirm this for this person (you know who you are) by repeating it today.

Nou het jy al ooit gedink dat die Here iets nie kan doen nie? Of dat iets net regtig onmoontlik lyk vir ons as mense en dan twyfel ons of dit enigsins haalbaar is? Ek weet ek voel omtrent elke dag so met al die werksdruk wat daar is met konstante veranderinge in wetgewing.

All we have to do is to trust God. No matter what authorities or doctors say or what our circumstances are, God can do anything and is always aware of what is going on in every person’s life!

Wat lyk vir jou onmoontlik vandag? Wat is jou Mount Everest wat jy moet uitklim sonder toerusting en opleiding? Is dit werk? Is dit jou gesondheid? Finansies? Kinders? Of net sommer elke liewe aspek in die lewe? Onthou dan vandag se vers en verklaar dit hardop in jou lewe!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Oefen / Exercise

Today’s scripture reminds me of how one should approach Accounting, Science and Maths (and probably a whole whack of other subjects too). You see, these subjects in school we need to do exercises so that we can come to grips with what we are being taught.

Niemand kan goeie Rekeningkunde of Wetenskap (veral Fisika met Vektore en al daai ander somme waar die busse by mekaar verby ry op ‘n sekere tyd) of Wiskunde doen deur net daarna te kyk en te lees nie. Nee. Jy moet dit oefen!

Today’s scripture emphasises what we should do with God’s word. You cannot only read and listen to it, you must start practising it! They say practice makes perfect, do they not?

En dis hoe ons God se woord moet benader – oefen, oefen en nogmaals oefen! Sodat jy met jou Wetenskap som wel kan bereken hoe lank dit bus A en B gaan neem om by mekaar verby te gaan (alhoewel ek op skool nooit die nut van dit kon verstaan nie 🤣). Maak dit sin wat ek sê?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Instruksies / Instructions

Vandag se versie leer ons dat dit wat in die Bybel geskryf staan, steeds relevant is tot vandag. Die Amplified praat van “for our instruction” wat vir my sê dat dit instruksies is wat gevolg moet word.

The best part of this verse is that those instructions give us hope and encouragement. That is so needed in an upside down world we find ourselves in these days!

Dis wonderlik hoe lewendig God se woord is en hoe relevant dit bly….al is dit meer as 2,000 jaar gelede geskryf!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Lig / Light

Oh what a day 🤣 lekker Excel skedules gebou en somme gemaak en goed geleer en hier is ek nou met vandag se skrifversie. Nou iets waaraan ek gedink het toe ek dit lees is, om in die donker te stap.

In my house I walk in darkness often, but not total darkness – there is usually a lamp somewhere in the distance providing a little bit of light. But, what I felt the Holy Spirit saying is – where you walk in familiar territory, you don’t always need as much light, but you still need light so that you do not bump a baby toe or step on lego blocks.

Maar wanneer dit kom by die onbekende areas, het ons lig nodig. Ek gaan loop nie in stik donkerte buite rond nie want ek weet ek sal myself beseer. Net so is dit met die lewe. Onthou net ons weet nie regtig waarheen ons lewe lei nie. Ons beplan en maak planne, maar die Here bepaal ons weg (soos dit in Spreuke sê).

And THAT is why we need God’s word – to guide us on this path so that we don’t step on hypothetical spiritual lego’s on the way. God’s word is there to help us, guide us through situations that we do not know how to handle so that we do not break a baby toe or step on lego.

Maak dit sin wat ek sê? Ons kan nie anders as om tyd in Sy woord te spandeer nie. Dit gaan lê in ons harte en dit wat in ons harte aangaan bepaal ons lewe….o hoe hou ek nie net van God se goue draad in die Bybel nie!!

💪🏻we did this day! (Hoop ek)

🦩

Posted on Leave a comment

Gered / Saved

Hoe wonderlik is dit nie om te dink dat ons uit die duisternis se kloue gered was nie? En dat die Here vir ons ‘n kans gegee het om Sy Seun Jesus te kan leer ken EN verlossing te kry deur Hom is net wonderlik om te weet!

The most important is, we are forgiven from all of our sin. Thank goodness for that! We sin daily, sometimes we don’t even know that we are sinning…..

So lekker om die naweek te kan afskop met so ‘n wonderlike vers en wete dat ons gered is deur Sy bloed en dat ons sondes vergewe is!!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Vurige gebed / Fervent prayer

Hoeveel keer bid ons regtig vir mekaar? En hoeveel keer bely ons as ons iets verkeerd gedoen het teenoor mekaar? Ons is so vasgevang in veroordeling en die vrees van veroordeling dat ons nie net openlik met mekaar kan gesels oor iets wat fout gegaan het nie.

Then we don’t get round to praying for each other and then the healing does not take place. And I don’t think this is just physical healing. This is emotional healing too. Note that this verse refers to the fervent prayer of a righteous person.

Vurig beteken hard en aanhoudend, iets wat nie sommer stop vir niks nie. Dit dra groot krag! Nie lou of flou gebed nie maar vurig! Gebed het soveel krag, ons moet net aanhou en uithou en deurdruk met dit. Dan sal ons sien wat gebeur in ons lewens!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Lofprysing / Praises

Ek sê altyd dat ons die Here se asem in ons longe het, so ons kan nie minder as om Hom te loof en prys nie. Vir seker het ons almal oomblikke en is ons nie sonstrale dag in en dag uit nie.

But, our Creator has given us life and each day is a gift from His hand (hence why it is called the present 😊) – what do you do to someone who gives you gifts? Do you talk badly about them, to them? Or do you thank them for what they have given you?

So ietsie om weer oor te dink. Van die oggend tot die aand wil ek die Here se naam loof! Ek kan nie help om te dink aan Kim Walker se Rooftops liedjie nie. Waar staan jy vandag? Wat doen jy met jou asem wat die Here in jou longe geblaas het? En wat doen jy met die tyd wat Hy elke dag vir jou gee?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

God’s people / God se mense

I don’t think I have seen this many capitalised words in the Amplified version before. Clearly this is important and hence the capitalisation. The long and the short is – we are CHOSEN by God to be His people who can receive Mercy.

Nou saam met hierdie uitverkorene volk en dat ons gekies is kom soveel goed. Ons is spesiaal, uniek, toegewy (consecrated) aan Hom, geroep uit die duisternis. Ons was eens nie God se mense nie maar nou is ons. Kon nie genade ontvang nie maar nou doen ons.

Wow so wonderful to think of it this way, have you ever thought of it like this….?

Sjoe elke dag se versie voel vir my soos ietsie om oor te dink en te herkou tot ons hom lekker en goed verstaan!

💪🏻let’s do this day!

🦩

Posted on Leave a comment

The Rock / Die Rots

Vandag se vers is iets wat ek oor en oor raak sien in die Bybel op verskillende plekke. Ek dink die Here probeer iets vir ons (my) sê deur dit….deur herhaling….

To trust confidently means there is NO DOUBT. Do you fully trust God? Do you think He knows what He is doing or do you second guess Him sometimes….? Harsh question I know, but if you do not have confidence in something or someone then there is doubt right?

Die beste belofte is dat Hy ons rots sal wees. Weet jy wat dit beteken? Dit beteken dat as die storms van die lewe kom, die twyfel wat die vyand kort-kort probeer saai, die lelik en sleg van die lewe – wanneer dit ons tref, sal ons nie omval nie.

Yes we do have our moments when times are tough, but with God as our Rock, we can have certainty that we will be protected and kept safe no matter what comes our way. Because the end prize is still eternity….

Herkou maar bietjie aan die versie….

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Turn to God / Draai na God

We are taking a road trip so no video or pic of me writing the daily verse. But here is today’s digital image.

Nou vandag se versie gaan oor God wat ons wêreld wil herstel as ons Hom aanroep en weg draai van ons sondige lewe af. Let daarop dat ek sê wêreld en nie land nie. Want nie net SA is op ‘n plek wat God se ingryping nodig het nie.

The whole world is in turmoil! Everyone needs God. We need to seek Him and fill ourselves with Him and His word. Become difference makers. Then He will restore our world.

Sjoe, so ietsie om aan te dink nê….?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Middelaar / Mediator

Wat doen ‘n middelaar? Dis mos iemand wat tussen twee partye staan en praat en word gewoonlik in situasies gebruik waar mense nie altyd ooreenstem nie, is dit nie? Of is dit ‘n bemiddelaar? Nou wonder ek of middelaar en bemiddelaar dieselfde is?

I think it is the same as the Amplified refers to it as Mediator. Anyway, let me keep to the verse rather than language lessons! This verse ties up with the one where it states that no one can go to God except if they go through Jesus Christ.

Want Hy is die weg, waarheid EN lewe! Wow so Jesus tree in vir ons met God want op ons eie sou ons dit nie gemaak het nie….Hy is ons Middelaar….o en die ander ding wat uitstaan vir my is die woord EEN.

There is only ONE God and ONE Mediator. Don’t be confused thinking there are other gods and mediators….

So ietsie om weer aan te kou vir die dag!

💪🏻 let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Giving / Om te gee

What an interesting day I had today….so here I am, posting today’s bible verse after 7 pm. Anyhow, back to the verse. The part that stands out to me is where Paul spoke about that it is better to give than to receive.

Nou die deel wat uitstaan is die laaste deel van die vers. Dit is saliger om te gee as om te ontvang. Hoe waar is dit nie net nie….? Het jy al ooit gevoel hoe dit voel as jy iets vir iemand gee, veral as hulle dit nie verwag het nie?

That feel good feeling is always the best feeling and makes you feel “lekker” does it not? Ever thought that this is a Biblical principle….?

Nou ja toe, soos vele kere tevore – ietsie om oor na te dink….

💪🏻we did this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Today’s provision / Vandag se voorsiening

O my hat! It is cold. On days like these I want to be able to keep warm while doing work and other things but that seems impossible. You are either warm and not doing anything or you are not so toasty warm and doing something.

Vandag se vers is eenvoudig. Dit kom uit die Onse Vader gebed uit wat Jesus Sy dissipels (en ons) geleer het hoe om te bid. En dis so maklik soos om net te vra vir wat ons vandag nodig het. Nie volgende week of môre of volgende jaar se voorsiening nie. Nee, net eenvoudig vir vandag.

That is actually how simple it is. We should not worry and pray for the future, rather for today. The present moment. Because that is where we are now and what we need now.

Is dit nie wonderlik nie? Hoe hierdie versie eintlik vir ons sê om dinge een dag op ‘n slag te neem….? Ietsie om aan te dink! Hoop almal bly warm vandag! Ek het myself tuis gemaak langs die kaggel en probeer maar hier gewerk kry anders kry ek niks gedoen nie 🤣😂 want as ek koud is, vries ek amper…..

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Always the same / Altyd dieselfde

Hoeveel keer word jy wakker en voel net nie jou vrolike self nie? Dis iets wat al gebeur het met my – as ek nie lekker geslaap het nie is ek so bietjie meer “Momster” as “Mamma” en grimmig tot ek bietjie beter begin voel en meer wakker word.

But this verse here tells us that Jesus is always the same. No matter what or when, He is the same, waiting for us with arms wide open! Is that not wonderful? To know that He is the same, He does not have moods.

Hy is nie vandag bietjie minder lief vir jou en môre weer bietjie meer nie. Glad nie! En as ons Hom as ons rots in ons lewe het, kan ons nie anders as om stabiliteit te ervaar nie. Ja die lewe gebeur en die golwe probeer ons soms omslaan en kry dit partykeer reg. Maar, met Hom as ons anker, ons middel punt van ons lewe, kan ons nie anders as om staande te bly en weer regop te kom nie.

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Love toward other / Liefde teenoor ander

What a day again! This seems to be a Friday thing…..🤔 anyway. Today’s scripture comes back to the biggest commandment of LOVE. We have to do good and love our enemies….in other words do not do unto them that you do not want to do to yourself.

Ek dink nou nie die versie bedoel jy moet hand om die blaas wees met mense wat jou vyande geag word nie (goeie aarde maar dit klink verskriklik om na mense as vyande te verwys). Kom ons sê eerder mense met wie jy nie so fanstasties oor die weg kom nie. Dis nie nodig om lelik te wees en hulle nie met respek te behandel nie.

You still have to show Jesus to the world, because how else will they get to know Him if everyone treats them with disrespect….? I think the crux of the matter in this verse is to do good without expecting anything back in return.

Dis moeilik, want soms voel ons of ons nekke en rûe gebreek word soos wat jy goed probeer doen, en miskien het jy dalk gedoen wat jy nie moes nie….maak dit sin? Ek wil nou nie sê jy het te veel goed gedoen nie, maar miskien gaan mens te veel uit jou pad om iemand te akkommodeer. Miskien moet jy net as dit oor jou pad kom, en die situasie doen homself voor, goed doen en liefde wys teenoor ander al is jy nie altyd lus nie.

Oh my, does this make sense what I am trying to say here….? I think I may need to chew on this verse too….but also note that God is also good and gracious to the wicked and ungrateful….makes you think does it not? God lets it rain on the wicked people’s crops too….and they live to see another day and get provision even if they don’t necessarily believe….

Die grootste belofte hier is, wanneer ons goed doen teenoor die wat nie glo nie en die wat ondankbaar is, word ons gesien as kinders van God want dis wat Hy doen. Doen kinders nie wat hul ouers doen nie….?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Persistence / Deursettingsvermoë

If you read the presceding verses, Jesus says to not throw your pearls for the pigs and give that which is holy to dogs. I think what He meant here was is for us to not seek things from the world.

Ons moet nie ons harte oopmaak oor ons begeertes teenoor ander nie, want hulle sal dit vertrap en verskeur en in die proses kry ons seer. Dit het ek al baie ervaar en gesien in my lewe.

Instead Jesus is inviting us to pray, seek and knock on God’s door. And then we see the promise captured in this verse – if we keep on asking, seeking and knocking we will receive, find and have doors opened for us.

Wow, al ooit so daaraan gedink? Dis nie dat ons neuel (is daardie spelling reg want ek weet nie??) nie, ons moet net deursettingsvermoë kweek en in die proses ‘n verhouding met God opbou….

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

The Harvest / Die Oes

I still recall posting this verse on my personal Facebook page a few years ago. Someone commented on it and I could see that they did not quite grasp the meaning of it and what Jesus really meant with it.

Ek kan nie onthou wat gesê was nie, maar ek kon aflei die dieper betekenis van wat Jesus gesê het was gemis. Nou hoe ek hierdie interpreteer is ons wat glo en Jesus volg, is die arbeiders. Die res van die mense wat nie glo nie of dalk so bietjie minder glo (weet nie of jy minder kan glo nie want ek reken of jy glo of jy doen nie), is die oes.

It is our job as believers and followers of Christ, to help with the harvest. To testify of what God has done for us. To win over souls for HIS kingdom and to do all of this for His glory!

Ek dink Jesus se hart het uitgegaan na elke moontlike verlore siel en daarom dat Hy gevra het dat ons moet bid tot die God van die oes en dat Hy mense sal stuur na die oes toe.

Then I also wonder, off topic, how they started talking like this and about the harvest and the workers? What did the conversations with Jesus entail….? How did they land up talking about this?

Nie te min, ietsie om oor te dink. ‘n Vraag wat ek wil los is – wie is jy in hierdie scenario? Die oes of die arbeider? As jy die arbeider is, doen jy wat jy moet om die oes in te vorder?

💪🏻let’s do this 🥶 day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Freedom / Vryheid

Reading a few verses before and after today’s verse, reminds me of what it is about. Paul was preaching about Christ and the biggest commandment of all – LOVE.

Jy sien, hy het gepraat van besnydenis en die wet en dat Jesus ons vrygemaak het van die wet. Hy was nie vervolg omdat hy gepreek en verkondig het van die wet nie.

He then says that due to our freedom we should not use it to sin but rather to love and serve each other. Like the biggest commandment of loving others as thyself.

Maak dit sin? Wees eerder goedgesind teenoor ander as om mekaar te verteer met woorde (en dade). Dis mos nie wat Jesus sou doen nie….so hoekom doen ons dit soms….? Weer so ietsie om aan te kou en te oordink….

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Jesus as Man

What a day! It is past 3 pm and I never got round to posting today’s verse. Long story short – I had to go to the dentist with my son (one of the blocks of the braces came loose 🙄🙈 AGAIN), my husband is now halfway between 40 and 50 today, so I had to do some shopping, and then when I got home the time just ran away.

Elkgeval, vandag se versie praat van hoe Jesus mens geword het. Hy was die enigste perfekte mens sonder foute volgens die vers en ons almal weet dit mos. Ek wonder baie of Hy as kind soos ‘n tipiese 2 jarige was en of Hy net nie so was nie en altyd geluister het vir Sy ouers?

I don’t think the answer to my question above is relevant. However, here we see that Jesus came to earth as sacrifice, He was obedient and fully God and human at the same time. If He was an angel coming to talk to us, who would have believed Him?

Hy moes mens word sodat mense met Hom kan identifiseer….al ooit so daaraan gedink?

💪🏻 let’s do this day! ™️ (what is left of it)

🦩