Posted on Leave a comment

Jesus mind / Jesus gedagtes

Oh my hat. What a beautiful morning, yet a bit deurmekaar 🙈 wrong cartidge delivered, unexpected projects outside of work landing on my desk, coffee being spilt on my desk pad and it is only the 6th of the month….now I have to live with coffee stains for the next three weeks 😱🤯

Maar terug na vandag se versie toe. So die woorde wat vir my uitstaan is dat die Here vir ons deursettingsvermoë gee asook bemoediging….nog nooit SO daaraan gedink nie. Maar dan wil ek vir myself sê DUUUUHHHHH ALLES KOM VAN GOD AF! Selfs deursettingsvermoë en bemoediging. Maar toemaar! 🤣 ek het dit nou!

So this verse wants us to have endurance (something we lack and struggle with), encouragement AND likemindedness (is this even a word?) like Jesus….wow!

As ons gedagtes in lyn is met Jesus sin, kan jy net DINK hoe die wêreld gaan wees? ‘n Totale paradys want almal gaan awesome wees!!!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Light / Lig

So what this verse tells me is that, if we walk in the Light (don’t do anything secretly or against God’s will) then we have true fellowship with others, we are authentic, righteous and not fake.

Die beste van als is, Jesus se bloed maak ons vry! En dis wat ons almal wil wees!! Vry van sonde, vry van die skuld en skaamte van sonde, vry om te doen waarvoor God ons geskape het…..so waarvoor wag ons? Kom ons wandel in die lig! Kom ons probeer die beste weergawes van onsself wees en reflekteer Jesus se lig vir die wêreld!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Werker / worker

Die Amplified weergawe verduidelik dit so mooi. Om die beste te doen vir die Here, getoets deur beproewinge en met geen rede om skaam te wees nie.

I love the words in the Amplified version “accurately handling and skilfully teaching the word of truth”. This to me implies that we should not twist the word of God to be what we want to hear.

Ons hoef nie skaam te wees oor ons verlede nie, want die Here het ons vrygemaak van dit. Dit moet ons getuienis wees!!! Iets om ander te motiveer en oortuig om Jesus te volg….

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Doel / Purpose

Hello Lente!!!! Sjoe hoe het dit gebeur? Net nou die dag was dit die begin van winter….maar nie te min. Kyk as ek nou enigsins twyfel oor wat ek moet doen en of ek moet aanhou met goed van Beroepsvrou (daar is sekere aspekte wat ek dink ek moet laat vaar) dan is daar bybelverse soos die, wat ek nie gekies het nie, wat opkom op die toepassing van die bybel (Bible app as jy nou wonder watse grieks ek hier praat).

You see, I have this yearning and feeling inside of me ever since I could remember, that there MUST be a bigger purpose for my life. Surely I cannot be placed on this earth to only do tax calculations, prepare financial statements and now be FICA compliant??

Dan weet ek net, dat ek weet, wat ek weet, dat daar wel ‘n groter doel met my (en elkeen se lewe is). Ek wil wragties steeds op die dakke staan en Jesus proklameer vir enige iemand wat luister.

Why? Because I can. And this is also the purpose for which God created me. I am saying this again, more for myself than anything else – Beroepsvrou chose me. I chose to become a Chartered Accountant. But God had bigger plans.

Laat mens dink nê? Ons moet volbring die bediening wat die Here vir ons gegee het, sodat ons kan doen wat ookal ons moet om Sy Naam te verkondig. Mag elkeen wat ore het hoor en almal wat oë het sien.

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Gebrokenheid / Troubles

Die kere wat ek so “down in the dumps” gevoel het, het ek die naaste aan die Here gevoel. Vreemd maar waar en ek dink dis waar hierdie versie inkom.

It is so true too that in our weakness He is strong and is glorified. We just have to choose to glorify Him and let Him comfort us!

So ek weet nie hoe dit gebeur het nie, maar Augustus 2023 se laaste dag is hier. Môre begin die laaste kwartaal vir 2023 op die kalender 🤯

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Love to others / Liefde vir mekaar

Sjoe, vandag se vers is nogals iets om aan te dink! Een van die Here se gebooie is om MEKAAR lief te hê soos Hy ONS lief het…..weet jy wat het Jesus vir ons gedoen? Hy het Sy lewe gegee sodat ons gered kan word.

What are we doing to others that shows them Jesus love? Of course we will stop a bus for our spouses and kids, or jump off a building or what ever we feel necessary to protect them, because we love them. But this is not the only others God refers to here….

Die “mekaar” wat hier na verwys word is eintlik maar elke mens op aarde…..ons moet liefde betoon aan ander. Respek hê, nie mense doelbewus seermaak, indoen en te nakom nie…..doen ons dit elke dag? Praat ons mooi van almal?

It is hard to fathom that God loves the biggest sinner or the one that rejects Him. Yet He wants all to be saved because He loves humankind so much…..our brains cannot even begin to comprehend His love for each and every person on this earth.

So ietsie om aan te dink!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

#pienkvere #pinkfeathersrange #uitdiepenvannberoepsvrou #pienkverereeks #pienkverevirdiehere #pinkfeathersforgod #pinkfeathers

Posted on Leave a comment

To be saved / Om gered te word

Wow. All we have to do is acknowledge, confess that Jesus is Lord and believe that God raised Him from the dead, and we will be saved. How easy is that? We don’t have to jump through hoops, set alight with fire.

Ons hoef nie die kleinste grootte glas balletjies te “juggle” nie. Ons hoef nie eens kopstane of flikvlakke (goeiste ons ek weet nie of ek die reg gespel het nie maar toemaar) of wawiele te doen nie. Geen sirkus toertjies word benodig om gered te word nie. Ook nie gelowige rituele nie. Drie keer links draai, twee keer regs en net met jou linkerhand eet nie. Ek kan aangaan met belaglike toertjies en rituele, maar ek sal nie.

I am sure you get what I am trying to say here! This is it. Just 3 little, teeny tiny, easy peasy, lemon squeezy things and we will be saved!!

Wat doen jy vandag? Nog besig met sirkus toertjies en ander sogenaamde gelowige rituele om gered te probeer word? Of doen jy net hierdie drie eenvoudige, maklike, haalbare dinge? Laat mens dink nê 😉

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Strength / Krag

Nothing is from our own strength. This is what I take from today’s verse. And what better way to be equipped than directly from God’s spirit? The verse refers to riches of His glory. To me that implies there is a lot to go around.

Ons hoef nie voort te stoei en alles self te doen nie. Ons moet toelaat dat die Here ons vul van binne, sterk maak en krag gee om te doen wat ons voor geskape is om te doen. Wow! Nog nooit sooooo daaraan gedink nie, het jy?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Those who love God / Die wat God lief het

Sjoe wat ‘n dag propvol opleiding oor verandering in wetgewing!!! 🫣 Ek kom nou eers hierby uit…..Het jy al ooit gevoel hoe goed net in plek val? Sonder dat jy as persoon veel moeite doen? Ek reken dis wanneer hierdie vers in werking tree. Natuurlik wanneer ander goed gebeur ook, wat nie altyd lekker is nie of verduidelik kan word nie en wat nie sin maak nie, dan sou ek sê dis ook wanneer hierdie vers in werking is.

You see, all things work for the greater good for those who love God. Even more so if we are called for a specific purpose and we respond to it. I just love how this verse fits into the other one from Proverbs, where it says we can plan as much as we want, but we will end up walking the path that God wants us to walk. My own interpretation and words for that verse by the way.

So waaroor wonder jy nog? Alles gebeur altyd soos dit moet…..

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Geliefd / Loved

Geliefde kinders. Wat doen kinders wat geliefd is en voel? Verwoes hulle alles om hulle? Breek hulle af sover hul gaan? Hoe praat hulle? As jy geliefd voel dan kraak jy mos nie almal om jou af nie, doen jy? Jy saai ook nie verwoesting nie (ongeag hoe nie – of dit fisies is of emosioneel nie)?

When you are loved, you feel like you are in a good mood, wanting to sing and skip and laugh and play, being nice to everyone around you? And then this brings me to the first part of the verse….be followers of Jesus and God….like children who are loved…..

Wow, so ietsie om te herkou…..?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Saligheid / Being blessed

Salig. Wat beteken daardie woord? As ek nou dink aan die konteks waarin dit gebruik word sou ek sê rustig? Vrede? Gemoedsrus? Klink dit reg? Ek het nie nou tyd om in die HAT na te slaan nie, maar ek reken dis iets soos dit. Ek sien die Amplified praat van blessed…..

So you will be Blessed if you resist temptation AND you will get the crown of life, because that is what God promises those who love Him. Wow. As simple as that! Resist temptation, love God and receive the crown of life.

So ietsie om aan na te dink nê….?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Love / Liefde

God is liefde, juig ons harte, en bedink wat liefde doen. Dat Hy ons Sy Seun gestuur het, om ons sondes te versoen…..dis die woorde wat ek nou aan dink en in my kop sing wanneer ek die vers lees. Natuurlik kan ek nie die laaste sin se baie lae note bykom nie (of die tannie wat die orrel gespeel het destyds in die kerk waar ek groot geword het, het dit te laag gespeel 🤷‍♀️).

But that is not what today’s entry is about! Not about memories of songs sung in church. Today’s scripture talks about God loving us so much, that we should love one another too. That means strangers and people that you don’t always agree with or get along with.

Ja, nie hand om die blaas se liefde nie, wedersydse respek vir mekaar se liefde. Nie mense afkraak en verskree omdat hulle iets gedoen het wat jy nie mee saam stem nie. Nie hande in die lug gooi en moedswillig wees op die pad as iemand voor jou inry nie. Nie mense afkraak oor die algemeen nie.

Of course we do not agree what many people do, but that does not hinder us from loving them in the sense of being friendly and respectful towards them. Not even to talk about corruption and unrighteousness, but that does not warrant me to go and do damage to people’s property just because I am sick and tired of what they do and how they get away with things.

Het jy al ooit gedink, as ons liefde, respek, vriendelikheid “pay forward” na ons medemens toe, watter impak dit sal maak? Soos wat mense goedheid in die vorm van iets koop of gee vir iemand “pay forward” hoekom kan ons nie dit doen met basiese respek en vriendelikheid nie?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Works / Werke

So many times, ok, actually the WHOLE TIME, I feel God is pressing on my heart to do things for His kingdom and glory. Things I cannot always explain to those around me.

Ek dink die versie som dit so mooi op. Dis God se gees wat in my gees druk om goed te doen vir Hom. En dan begin ek te wonder of is dit ok om amper te wil vertel hoe die Here mens gebruik?

You know, having bragging rights of some sort? Not in a negative way of course! But to win over souls for His kingdom and greater good! Or is it wrong to want to feel favoured and loved for being chosen for a big task such as this?

So ietsie om oor te dink nê…..

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

God’s Promise / God se belofte

So I have been meaning to do this page for what feels like forever. Not the best hyperlapse video (with the sun coming through the window and me trying to correct it with closing and then again opening of curtains 🙈).

Maar, ek voel so in my hart dat die wêreld die reënboog, wat God se belofte en “covenant” is met ons as mense, omdraai in iets wat dit nie veronderstel is om te wees nie.

Fabels letting you believe that there is a pot of gold at the end of the rainbow, to name only one, not to mention what is currently associated with rainbows in this modern day.

Ons moet God en Sy beloftes met ons eer, respekteer en koester. Dis al wat ons het om aan vas te hou.

P.S. I have 35 of these kits available, if there are any bible journalers interested. Will load on my website for ordering purposes.

Ek het die hyperlapse video in reels gelaai 😉 kan nie foto’s en videos saam oplaai nie, vir welke rede ookal.

🦩

#pienkvere #pinkfeathersrange #uitdiepenvannberoepsvrou #pienkverereeks #pienkverevirdiehere #pinkfeathersforgod #pinkfeathers

Posted on Leave a comment

Omring jouself / Surround yourself

Daar is ‘n gesegde – aan jou vriende word jy geken. Of so iets. En dis waar. Die vers sluit vir my aan by die ander een uit Spreuke uit waar Salomo praat van yster slyp yster en vriende vorm mekaar.

Not only are little children like sponges, soaking up everything that goes on around them, every person has a sponge like quality I think. Some are denser than others, meaning not being influenced as quickly as others are.

Laat mens dink nê en dit kom weer terug na die flaminke toe….wat jy insit is wat jy uitkry. Omring jouself met positiewe en wyse mense!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Verkwik / Refreshed

Verkwik. Ek het dit nou die dag ook teëgekom in een van die dagstukkies. Dis so mooi Afrikaanse woord vir hernuwe, verfris, beter laat voel. Net God kan ons verkwik, niks en niemand anders nie.

Nothing on earth can refresh and restore like God! Interesting to note that HE leads us onto the path of righteousness. That is a road that we must choose and walk on, but only God can show us where that road is.

Spore impliseer mos iets wat reeds vasgelê en vasgemaak is, nie waar nie? En hoekom doen ons dit? Hoekom volg ons die pad van geregtigheid, eerder as dit wat die wêreld bied? Om GOD se ontwil, om Sy Naam se ontwil! Want dan is ons ware kinders van God!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Comfort / Vertroosting

I think this is one of the few verses where the word comfort is used repeatedly. As soon as something is repeated, it becomes important.

Wat probeer die Here eintlik sê? Hy vertroos ons sodat ons weer ander kan help om vertoosting te kry en uiteindelik te gaan soek by God…..

And the ultimate of this verse? God is a blessing to us, we must praise and adore Him for what He does for us! He comforts and encourages us, so that we can pay it forward to others who feel troubled.

Wow. Nog nooit so daaraan gedink nie!!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Burdens / Laste

I still remember a song from my childhood, that was made with this verse. We used to sing it, not really fully understanding what it means.

Dis interessant dat die Amplified verwys na gelowige rituele en dat dit ‘n mens uitput. Ek het altyd gedink dis die moeg van die lewe se werk en gejaag jy weet? Soos ek weereens vanoggend voel na onderbroke slaap deur die nag (ja ek slaap ook in paaiemente).

I think, any man made ritual, whether it is religious or work related, is exhausting. That is purely because we try to please men and not the Lord. Anything we try to do out of ourselves is exhausting. Ever thought of it that way?

Toe ek groot geword het, het ek geglo dat ek so ‘n verskriklike sondaar is (want daar was so gepreek op Sondae) dat ek nooit die hemel sou sien nie. Ek was angsbevange die heeltyd, want ek het so eksie perfeksie probeer leef heeltyd. Wat dalk nie ‘n slegte ding is nie, want heiligmaking is waarna ons streef.

But the moment you realise that you are a human who is bound to make mistakes and that you need Jesus in your life, it all changes! Praise the Lord for lifting that condemnation that I lived under!

Ek sê nou nie gaan leef roekeloos nie, maar, as dit sou gebeur dat iets verkeerd gedoen word, (hier moet ons regtig probeer om nie doelbewustelike sonde heeltyd te pleeg nie, want, Jesus het vir die vrou wat hulle wou stenig gesê om nie verder sonde te pleeg nie) is daar vergifnis in Jesus. Ons kan verkwik word by Hom. Altyd! Maak dit sin wat ek probeer sê?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Doel / Purpose

Vandag se versie is vir my iets wat die Here so op my hart druk vir lankal al. Ons is almal geskep vir ‘n spesifieke doel. Om goeie werke te doen vir God se koninkryk.

To walk on the path that HE has laid out for us and not the one we think we should follow because of this, that and the next. How wonderful is it to know that He has decided our path for us? Wanting us to be radical for Jesus and not like the pharisees from the bible, following all these man made rules….

Ek dink nie ek kan kom oor hoe wonderlik God is nie. Dat Hy my by my naam ken! In my moederskoot gevorm het. Dat Hy reeds ‘n pad vir my uitgelê het. Of ek dit gaan volg en deurvoer is my keuse. Mees wonderlikste van als? Hy het my persoonlik geskape soos elke ander mens op aarde persoonlik deur Hom geskape is. Wow!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

What to do / Wat om te doen

Oh how I love the answer to the first question in this verse. Plain and simple – He must pray. That is it. Not go and find a can of worms, open it up, consume it and host a pity party! And note the word MUST.

Dan gaan die vers aan en sê wat jy moet doen wanneer jy gelukkig is. En dit is sing! Wow! As mens in ‘n goeie bui is dan loop en sing jy mos doen jy nie? Of fluit….?

So my question is – what are you doing today? Are you opening a can of worms or are you praying? Are you keeping quiet or are you singing praises to God for all He has done for you?

So ietsie om aan te kou voor die naweek….

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Weldadigheid / Doing good

Weldadigheid. Dit beteken mos om goed te doen? Ons almal weet wat beteken mededeelsaamheid. Onthou jy nog die Rolo advertensie? Kry mens ooit nog Rolo Sjokolades? Elkgeval, heel op die einde sê die een wat Rolos eet vir die een langsaan, “Dis my laaste ene, jy kan hom maar kry.”

We all know how hard it is to share something delicious like a Rolo. I know I still struggle with it at times. But it is this act of kindness and sharing that God honours and favours.

Wow, nog nooit so daaraan gedink nie nê? Wat hou jy vir jouself wat jy nie wil deel met die wêreld nie? Hou jy Jesus en wat Hy vir jou gedoen het vir jouself of deel jy dit met die wêreld?

💪🏻let’s do this day!!! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Gedagtes / Thoughts

Ek dink ek het dit al gesê, maar ek sê dit weer. Wat die hart van vol is, loop die mond van oor en dit wat in jou hart omgaan bepaal hoe jy lewe. Hoekom sê ek dit? As jy vandag se vers lees sal jy sien dat Paulus ons aanmoedig om alles wat goed en mooi is te bedink.

And then I cannot help but grin, thinking about the flamingo and the fact that they are not born pink. They turn pink from what they consume and if we as humans consume lies, hatred, hate speech, dishonesty, impurities – where will be be? Will we have Pink Feathers ®️ for God or not?

Soos flaminke moet ons ook kyk wat ons inneem en nog meer so wat in ons gedagtes aangaan! Siende dat dit skriftuurlik is dat ons gedagtes ons lewe bepaal…..interessant nê?

💪🏻we did this day! ™️ (because I am late in posting the daily verse and only going to try some form of day job work now….)

🦩

Posted on Leave a comment

Eenheid / Unity

Ek weet nie wat is ‘n Bedevaartslied nie. Toe trek ek maar ‘n ouer HAT nader, wat nog volksvreemde Afrikaanse woorde bevat (nie soos almal vandag Afrikaans praat nie). Dis sê ‘n Bedevaart is ‘n reis na ‘n heilige plek. So die is dan ‘n heilige lied sou ek sê.

This is a very short Psalm and if you read the remaining two verses you will see that the unity in which people live in, is as holy and wonderful as an annointing with oil and dew that settles on the mountain of Zion.

Wow. Wat beteken dit om te salf met olie? ‘n Heilige toewyding aan God is dit nie? En wat doen dou? Dit verfris en verkwik plante na die nag, dit kom mos gewoonlik in die oggende nie waar nie?

Who has more than one child? When is there harmony in your house? When they squabble or when they get along?

Ek dink dis dieselfde vir Vader. Wanneer ons as mense oor die weg kom en in vrede en eenheid leef met mekaar is dit waarlik heilig! So ietsie om oor te dink!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

The Power / Die krag

Daar is ‘n liedjie van Jeremy Camp. Ek kan nou nie die naam onthou nie, maar sy woorde gaan iets in die lyn van “The same power that rose Jesus from the grave lives in us.” Dis vir seker geinspireer deur vandag se vers.

You see, so many times we forget that we have access to the Highest Power in our lives, who is ready and waiting to assist us with what ever. Have you ever been stuck with something? And then you prayed and then suddenly you got through your problem?

Jy sien, soveel keer vergeet ons dit. Raak ons mismoedig oor wat ookal. Maar ons het steeds die krag van die Lewende God in ons. Hy kan ons liggame help op watter manier ookal om te doen wat ookal dit is wat ons moet doen.

Isn’t that wonderful? Have you ever thought of it that way? God’s resurrection power is within us and can do anything that seems humanly impossible.

Wow! Wat ‘n wonderlike ding om te weet en te onthou!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

The Path / Die Pad

How many times have we planned something and then it never realises? Then something unplanned realises. Have you ever wondered about that?

Ek het dit al in my lewe ervaar en ek is oortuig dis die versie wat ek beleef het. Die Here se planne word deurgevoer, nie ons sinne nie.

That is what I experience with Beroepsvrou. Beroepsvrou chose me, and now I am living my purpose for which I was created, doing what God wants me to do.

Wonderlik om so daaraan te dink nie waar nie?

💪🏻let’s do this day! ™️