Posted on Leave a comment

Huildag

Amper elke dag van die week wat ek Chemoterapie ontvang, voel soos huildag. Ek sukkel om te onderskei tussen die dae van die week, want elke dag wil ek net huil. Die Maandag is gewoonlik die ergste. Die drips maak seer en dit wil voorkom of ek die uitskieter geval is waar die drip in my weefsel in lek. Want dis, volgens die inligtingsbrosjure, nie iets wat “sommer” gebeur nie.

Die Dinsdag is gewoonlik so bietjie beter, maar dis alles voor die inspuiting wat witbloedselle produseer in my liggaam. Jy sien, dis nie die Chemo wat die gewas dood maak nie. Dis die witbloedselle – die chemo maak die gewas swak en dan kom my lyf se weermag en val aan met mening. Hierdie was nou maar rondte twee. Nog vier om te gaan. Woorde wat goedkoop en maklik geuiter word. Woorde wat niemand besef moeilik is vir my om self te sê nie.

Ek sê dit, maar ek krimp ineen soos ek dit sê want ek weet wat elke nommer van 1 tot 6 beteken vir my. Vir hoe my lyf voel. Vir die eerste keer in my lewe kan ek die verskil voel in my liggaam wanneer ek eet. Veral in behandelingsweek kan ek voel ek kort kos en die oomblik wat ek eet voel ek beter. Maar wanneer ek so bietjie te lank neem om iets te ete te kry, o genade ons, dan moan en protesteer my liggaam omtrent!

Ek het so baie dinge as vanselfsprekend gevat. Goed soos om broodjies vir die kinders te pak, die huishonde kos te gee, bad, aantrek en grimering aansit. Alles kom so maklik wanneer jou liggaam nie swak is nie. Almal lewer kommentaar oor hoe braaf ek is en hoe goed ek die ding hanteer. Dan hoor ek die duiwel in my gedagtes krap en sê dis fake. Jy is fake. Jy post net die mooi foto’s van jou met grimering op sosiale media.

Eers het ek ou knopkop geglo. Jy sien, my hele lewe is onder my voete uitgeruk. Hierdie is wragties ‘n seisoen in my lewe waar ek gestroop is van alles. Van my hare, naels (ja ek moet die akriel laat uitgroei), tot my oefening, selfs my werk (al was dit propvol spanning het dit my tog gehelp om te ontwikkel tot wie ek vandag is). My werk is iets wat ek geweet het hoe om dit te doen. Ek dink as jy my 3 uur die oggend sou wakker maak met een of ander belasting vraag, sal ek jou tien teen een kan antwoord of in die regte rigting stuur.

Ek weet nie hoe om te wees soos ek nou is nie. Om normaal te kan funksioneer bestaan net nie. Niks gebeur soos dit altyd gebeur het nie. Tydens Behandelingsweek, het ek nie energie om regop te sit om vinnig ‘n bybelvers te skryf, my video te maak en my oordenking te gee van dit nie. Ek voel of ek besig is om my pienk vere® te verloor. Ek kry nie myself gevoed met God se woord nie. Die beste wat ek kan doen is om praise & worship musiek op te sit. Dis al wat ek nou kan doen.

Om in die badkamer te huil het aan die orde van die dag geword. Daar kan nie onderskei word tussen badwater of stortwater (die dae wat ek stort) en trane nie. Die huis is gewoonlik leeg, my man vat die kinders skool toe en dan kan ek ruk soos ek huil en oor en oor uitroep na God toe om net hierdie proses te stop. Kan dit nie net ophou nie Here? Hoor ek myself oor en oor vra. Die dag voor behandeling het ek myself die eerste keer hoor vra Hoekom Here? Hoekom die? Hoekom ek? Hoekom? Net na ek die vrae vir die Here gevra het, word ek een oggend wakker tydens die eerste behandeling siklus. Ek slaap met praise & worship musiek ook….daardie oggend toe ek wakker word, was ek helder wakker. Die woorde wat op die luidspreker speel is van Mercy Me se Dear Younger Me. Die woorde wat ek gehoor het was Dear Younger Me, It’s not your fault. You were never meant to carry this beyond the cross… Die was die eerste keer wat ek die Here hoorbaar op so ‘n manier gehoor het.

Soveel mense loer in via Whatsapp, stuur bybelverse, bid vir my. Ek bid net dat dit gouer verby sal wees en dat ek sal ophou dink aan die behandelingsdag met die wrang smaak van medikasie in my mond. Ek bid dat my liggaam sal aanhou reageer op die behandeling. Dat die ding nou oor en verby kan kom. Elke keer wat ek dink aan behandelingsdag, dan voel ek naar. Dis asof ek dit probeer uit my sisteem uit kry. Ek dink vir die eerste keer in my lewe verstaan ek die bybelvers in Filippense 3:13-14 beter: Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Ek probeer om nie te dink aan hoe dit gevoel het nie. Probeer die smaak in my mond ignoreer. Probeer so normaal as moontlik voortgaan. Dis moeilik, maar ek probeer. Ja ek was nog altyd iemand wat net mooi fotos op sosiale media geplaas het, wie wil dan sonder grimering (en in my geval sonder hare ook) hulself op sosiale media plaas? Ek besef net al hoe meer dat daar soveel bybelverse is wat meer sin maak vir my. Eers wanneer mens deur iets soos dit gaan, iets waar jy gestroop is van alles, en letterlik met niks, voor God kniel in aanbidding en smeking om hierdie beker te laat verby gaan, begin mens die waarde van die lewe besef.

Die belangrikste van alles is, is om God in elke oomblik van hierdie proses te sien en te erken. Al is dit nie lekker nie. Om daardie rede deel ek hierdie met die wêreld, sodat mense kan sien wat God vir my doen, ongeag my omstandighede. Ek dink dis normaal om hartseer te wees, te huil en smeek dat dit net verby gaan. Maar God bly in die middel van dit alles. Hy het my tot hierdie ding gebring en Hy sal my deur dra. Dis nie maklik nie en glad nie iets wat ek alleen en uit eie mag kan doen nie.

Die glimlagte van my en Heinrich op die fotos is genadiglik nie fake nie. Want een ding het ons geleer – jy kan of in ‘n hopie sit en wieg en huil en tyd mors terwyl jy ‘n blikkie wurms eet, of jy kan maar lê en movie marathons hou en beter word. En die oomblik wat jy beter voel en beter word, dan kan jy opstaan en die stof wat probeer lê van siek en sleg voel afskud en aangaan. ‘n Goeie sin vir humor help natuurlik. Gewoonlik voor elke foto, trek Heinrich sy gesig snaaks vir my of doen iets laf, sodat ek nie anders kan as om te lag vir hom nie.

My sin vir humor is baie belangrik en dra my deur dit alles. Ek was ongelooflik hartseer oor my hare, maar, nou moet ek net die beste van dit maak. Poena Potgieter hoor ek myself sê vir my man. Hy lag en dis asof alles weer normaal word vir ons in hierdie omstandighede. My stompies van hare frustreer my, dit voel soos girts band of eerder velcro (ek weet nou wragties nie wat dit in Afrikaans is nie). Dit klou aan my kussing vas as ek beweeg wanneer ek slaap.

Die half uitgegroeide akriel naels is nog meer van ‘n irritasie. Klein goedjies wat ek gereeld moet sien en mee moet deal om te onthou wat die einddoel van alles is. Om gesond te wees. Om te doen wat die Here wil hê ek moet doen. Om te wees waar God my nodig het. Binne in die vuuroond. Dis warm daar binne en mens sweet. Ek sê altyd sweet soos ‘n vark, maar ek weet nie of varke sweet nie. Die storie van Sadrag, Mesag en Abednego vertel ons dat hulle uit die vuuroond gestap het sonder dat hul klere gebrand het, hare geskroei het of dat hulle na rook geruik het.

Die Bybel praat niks van hul emosies nie. Ook nie of hulle gesweet het nie. Maar die Bybel leer ons wel dat hulle ongeskonde uit die vuuroond gestap het. Dit is waarvoor ek die Here vertrou. Om ongeskonde aan die ander kant uit te stap. Ja, ek gaan dalk bietjie stink na sweet, maar, ek gaan nie verbrand wees nie. Ek gaan nie eens soos rook ruik nie. Soos wat ek hierdie tik, voel ek die Heilige Gees in my binneste praat, om my te herinner aan die skrif uit Filippense uit. Hou op dink aan die Maandag wat jy behandeling ontvang het…hoor ek die fluistering in my binneste. Strek jou uit na wat voor jou is.

Ek kan nie anders as om te weet dat alles goed gaan verloop nie. Ten spyte van alles wat gebeur, hoe aaklig en emosioneel ek voel tydens behandelingsweek, gaan ek ok wees. Meer as ok. In die tussen tyd moet ek net doen wat ek kan om God se woord te versprei oral waar ek gaan. Of dit nou by die Onkoloog is en of dit by ander dokters is, God se woord sal versprei word! Met ‘n dankbare hart, dankbaar dat ek die Here ken en in my lewe het, sluit ek af. Ek het al oor en oor geuiter dat ek wragties nie weet hoe mense dit doen sonder Hom nie. Hoe kom hulle deur so iets sonder Hom? Dan hoor ek weer Mercy Me se woorde eggo Dear Younger Me, It’s not your fault…..

Posted on Leave a comment

Die pad / The path

Vandag se bybelvers in die Afrikaanse weergawe voel amper bietjie Grieks vir my. Te hoog vir my brein om te verstaan. Toe gaan kyk ek maar wat sê die Amplified weergawe net om seker te maak…..

Luckily the Amplified version made more sense to me. Not sure if my brain is just tired or what, but anyway. This explains it a bit better though. When you learn from instruction and correction, then you are on the right path.

Dit dien ook as voorbeeld en stigting vir ander. Om reg te leef en in God se Wil te beweeg help ander om daarna te streef. Maar dan kry jy diegene wat dit net ignoreer. Soos die Afrikaanse gesegde lees – Van die wal af in die sloot in.

That is what happens to those who do not listen to God’s instructions and do not make themselves open for correction. This too is seen by others and I suppose we can say used as an example to others of what not to do.

Watter pad volg jy? Staan jy op die wal of in die sloot? Laat mens so bietjie dink nê….?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Being led / Om gelei te word

So today I decided that I must find my rhythm again. In between what feels like chaos, being sick for a week every 21 days. The days that I do not feel sick are the days that I must try to find some normality in my life. And the first way to do it, is to write the daily scripture and my thoughts on it.

So, ek voel so bietjie onfiks wat dit aanbetref, maar hier gaan ek. Iets wat ek nou al geleer het om te bid, is, dat God se waarheid geopenbaar sal word en dat Hy my en my gesin sal lei en leer, om te doen wat Hy wil hê dit is wat ons moet doen.

Little did I even begin to think or know that this is a scripture in the Bible. I also noted that David waited expectantly on God, the whole day long. Something I have also come to learn is this – God never fails and God is always terribly on time.

Hoe wonderlik is al hierdie dinge, wat ek in my gees ervaar het oor soveel jare nie net nie? En die feit dat dit in een Bybelvers vervat is, nog soveel te meer!

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Posted on Leave a comment

Injection number 2

Injection number 2 done. Forgot to take a pic with Soné Baird the first time round 🙈 but we will remember for the next time….

Plain Jane (not GI Jane) without lipstick as it was in and out and back to bed…..

Accessories by Sculpted Clay Designs @sculptedclaydesigns (the flamingo on the kopband want ek weet nie wat dit in engels is nie 🤣) and the little heart earrings….

🦩

#pienkvere #pinkfeathersrange #uitdiepenvannberoepsvrou #pienkverereeks #pienkverevirdiehere #pinkfeathersforgod #pinkfeathers #breast_cancer_awareness

Posted on Leave a comment

Round 2 being admitted

Here we go for round number 2….

Armed with Walter (the pink mannetjie), my yellow blanket from my sunshine gift bag and my scarf with scripture confirming that God is planning something new….

All three from very dear friends. You know who you are…..

🦩

#pienkvere #pinkfeathersrange #uitdiepenvannberoepsvrou #pienkverereeks #pienkverevirdiehere #pinkfeathersforgod #pinkfeathers #breast_cancer_awareness

Posted on Leave a comment

The friends in the shirts

So I have friends, who, out of their own said they will wear these shirts when I go for treatment….some are still waiting for their shirts (these are hand made so they take longer to get out)…..

Dankie vir elke een wat my ondersteun op hierdie manier. Ek waardeer dit so baie!!!

And I cannot tag them on socials! But they know who they are!!!

🦩

#pienkvere #pinkfeathersrange #uitdiepenvannberoepsvrou #pienkverereeks #pienkverevirdiehere #pinkfeathersforgod #pinkfeathers #breast_cancer_awareness

Posted on Leave a comment

Treatment day 2

Treatment day 2.

This time I remembered to include the flamingo on the shirt in the pic…..

Bloods done, waiting to see Prof to get the all clear to proceed with treatment….

🦩

#pienkvere #pinkfeathersrange #uitdiepenvannberoepsvrou #pienkverereeks #pienkverevirdiehere #pinkfeathersforgod #pinkfeathers #breast_cancer_awareness

Posted on Leave a comment

The joy and the peace

I am late with October 2023’s entry and with very good reason. Let me just back track a bit for those who may not know. On 16 October 2023, I received my first Chemotherapy treatment. I have to laugh at myself at being unprepared for that event. The information booklets tell us to bring stuff with to keep ourselves busy, stuff like laptops, tablets, books to read. So what do I do? I pack a whole bag full of stuff to do, because four hours is long and I don’t know what it is that I would want to do. That is also just typical me. Overcompensating and never using everything I packed.

So there I was, drip in my left hand, laptop set up, logged into my website. I really thought that I was going to blog while the Chemo was dripping through my veins. Well, think again! The pre-meds that they give you to line your stomach and protect whatever needs protection, is so heavy, it makes you drowsy. I started crying when the drips were on, as it leaked into my tissue rather than running through my veins. Then I had the attention of everyone in the room. Not intentionally, but I had it.

Needless to say, the laptop was packed away. I felt drowsy, put some praise and worship music on, earphones in my ears and fell into a light sleep. In between a state of being awake and asleep, I heard some of the other patients chat with each other. I admired them for being able to do that, I was so sleepy, I could not think straight. And the only reason I had for this was that their chemo is different to mine, their pre-meds are different to mine. What I wanted to say with these introductory paragraphs were, I have not been able to blog properly for some time now, due to everything that is happening.

The scripture for October is from Psalms. Now when I checked the scripture in Afrikaans, I noted that I have the same verse number for the English version of the desk pad, yet the two scriptures are different. This is because in the Afrikaans version they had some titles or info about the Psalm that is seen as a verse, which is not the case in the Amplified version. Anyway, that is beside the point. This entry for October 2023, will then be about the two scriptures. The one I have on the English version of the desk pad as well as the Afrikaans version of the desk pad, combined.

At first I was a bit cross with myself for missing this, but, at the end of the day, I know God has a plan with this. So the Afrikaans version talks about receiving more joy than when one has more than enough and the English version talks about lying down in peace, falling asleep because David feels safe with God. Wow, how appropriate are these verses not to my current circumstances?

The joy we experienced, was when we saw the professor one and half weeks after receiving the first treatment. Realising that there is a change in the lump and that it is starting to feel ever so slightly smaller. That joy that was in our hearts, cannot be compared when one has more than enough physical provision. The other verse is also true. In all of this that is happening, I cannot help but feel unsafe everywhere. Uncertain and unsafe. Ever since I can remember, I struggle to sleep. Sometimes to fall asleep, other times to stay asleep.

During that week of Chemo, I experienced another side of sleep, sort of. Falling asleep quickly, staying asleep for longer for some nights (not all). When I was at my weakest physically, I called upon the name of Jesus. I played praise and worship music, playing a song over and over called His Name is Jesus by Jeremy Riddle. The peace that came from doing that, cannot be described. The sleep that I had is like nothing before.

I cannot help but smile when I look at these verses, realising that when I designed the desk pads in May 2022, God was already in October 2023. Amazing is it not? The joy and the peace that one can experience, in spite of the circumstances that one is placed in. Only when you are there, can you relate and understand. Words cannot describe it, that which is felt in these circumstances.

Posted on Leave a comment

Die vreugde en vrede

Ek is laat met Oktober 2023 se inskrywing, en met goeie rede. Laat ek net so bietjie terug gaan en verduidelik, vir die wat dalk nie weet nie. Op 16 Oktober 2023 het ek my eerste Chemoterapie behandeling ontvang. Ek moet vir myself lag oor hoe onvoorbereid ek was vir daardie geleentheid. Die inligtingsbrosjures wat hulle vir jou gee vooraf, sê vir jou om goed te bring om jou besig te hou, goed soos skootrekenaars, tablette, boeke om te lees. So wat doen ek? Ek pak ‘n hele sak vol goed om te doen, want 4 ure is lank en ek weet nie wat dit is wat ek gaan wil doen nie. Dis net so tipies van hoe ek is. Oorkompenseer en gebruik nooit als wat ek pak nie.

So daar sit ek, drip in my linkerhand, skootrekenaar opgestel, ingeteken op my webblad. Ek het regtig gedink dat ek sou kon sit en skryf terwyl die Chemo deur my are loop. Wel, dink weer! Die medisyne wat hulle voor die Chemo gee om jou maag te beskerm en wat ookal anders beskerming nodig het, is heavy, dit maak jou moeg en slaperig. Ek het begin huil toe die drips aangesit was, want dit het in my weefsel gelek eerder as om deur my are te vloei. Toe het ek almal se aandag in die vertrek. Nie doelbewus nie, maar ek het dit gehad.

Toe pak ek maar die skootrekenaar weg. Ek voel vaak, sit praise & worship musiek op my oorfone en verval toe in ‘n ligte slaap. Tussen ‘n wakker en aan die slaap gevoel, hoor ek ander pasiënte gesels met mekaar. Ek bewonder hulle dat hulle dit kan doen. Gesels. Ek was so vaak, ek kon nie reguit dink nie. Die enigste verduideliking wat ek vir dit het is dat hulle Chemo anders is as myne, hul medisyne wat vooraf toegedien word is anders as wat ek kry. Wat ek eintlik wou sê met die inleidende paragrawe was dit – ek was nie in staat om behoorlik te kon skryf en webjoernaal inskrywings te maak vir ‘n geruime tyd nie, weens alles wat aan die gebeur is in my lewe.

Die skrif van Oktober is van Psalms. Nou toe ek die skrifvers op die Afrikaanse tafel kalender (desk pad) nagaan, sien ek dat ek dieselfde vers nommer op die Engelse weergawe het, maar die twee verse is anders. Dit is omdat die Afrikaanse weergawe sommige van die titels en beskrywings van die Psalms as verse vertoon en die Amplified weergawe nie dit so doen nie. Elkgeval, dis nie regtig eintlik waaroor hierdie inskrywing gaan nie. Hierdie inskrywing vir Oktober 2023 sal dan oor beide verse gekombineerd wees. Die een van die Engelse tafel kalender en die een van die Afrikaanse tafel kalender.

Eers was ek so bietjie vies vir myself omdat ek dit gemis het, maar, op die ou einde van die dag, weet ek God het ‘n plan met dit. Die Afrikaanse weergawe praat van meer vreugde as wanneer die skure oorloop en die Engelse weergawe praat van om te rus en aan die slaap te raak omdat Dawid veilig voel by God. Wow. Hoe akkuraat is hierdie verse nie net van my huidige omstandighede nie?

Die vreugde wat ons ervaar het, was toe ons die Professor een en ‘n halwe weke later gesien het, na ek my eerste behandeling ontvang het. Ons het besef dat daar ‘n verandering in die knop is en dat dit besig is om te verander en hoe gering ookal, is die knop besig om kleiner te word. Die vreugde wat daar in ons harte was, kan nie vergelyk word met enige fisiese voorsiening nie. Die ander vers is ook waar in my omstandighede. Met alles wat gebeur, kan ek nie anders as om oral onveilig te voel nie. Onseker en onveilig. Vandat ek kan onthou sukkel ek met slaap. Soms om aan die slaap te raak, ander kere om aan die slaap te bly.

Gedurende die week van Chemo, het ek ‘n ander sy van slaap ervaar, soortvan. Ek het vinnig aan die slaap geraak, sommige nagte vir langer geslaap (nie al die nagte nie). Toe ek op my swakste was fisies, het ek uitgeroep na Jesus. Ek het ‘n liedjie gespeel, oor en oor, van Jeremy Riddle genaamd His Name is Jesus. Die vrede wat gekom het deur dit te doen, kan nie verduidelik word nie. Die slaap was soos niks wat ek tevore gehad het nie.

Ek kan nie help om te glimlag wanneer ek na die verse kyk nie. Ek besef toe ek in Mei 2022 die ontwerpe gedoen het, was God reeds in Oktober 2023. Hoe wonderlik is dit nie net nie? Die vreugde en vrede wat mens kan ervaar, ten spyte van jou omstandighede waarin jy jouself bevind. Eers as jy daar is, kan jy jouself vereenselwig met dit en verstaan. Woorde kan dit nie beskryf wat gevoel word in sulke omstandighede nie.

Posted on Leave a comment

The One Without the Hair

And so the next chapter begins….

The One without the hair….

En NEE dis nie NET HARE NIE. Dankie vir almal wat probeer ondersteun deur dit te sê, maar dis meer as dit.

Only once you have gone through this will you fully understand and even then I don’t think our brains (those going through this) can even begin to comprehend what is happening….

En ja ek kort rooi lipstick om die GI Jane look af te rond 😉 net jammer ek kan nie nou burpees doen nie….en jammer die lyf kom nie saam met die afgeskeerde hare soos Demi Moore sinne nie….

🦩

Posted on Leave a comment

Om te werp / To cast

Dis ongeveer 3 weke sedert ek laas iets geskryf het oor ‘n bybelvers. Die grootste rede is, ek probeer my nuwe ritme en roetine vind in my nuwe normaal, as ek dit nou so kan stel. Vir een week was ek man down soos die Engelse sou sê, na my eerste Chemo behandeling. Ek kon letterlik niks doen nie, en dis seker een van die moeilikste plekke om te wees – is om niks fisies te kan doen nie.

This morning I decided, I need order in my life. I have not been doing my daily scripture writing and thoughts about it and I am convinced that this is why it seems like everything is in chaos at the moment around me. I have been keeping myself busy with plenty of things, but nothing seems to get done. One of these is the packing of the stock that arrived this week and dispatching it to people who have ordered from me. It feels like the bag from Mary Poppins – there is no limit or end to it. Sure, it was a big order, but not that big. I cannot help but think that, even the smallest of small tasks, are now like mammoth tasks to me. All because my body is going through something hectic.

Nou ja, terug na vandag se vers. Die woord wat vir my uitstaan is werp. Ek het besluit om maar te gaan Google wat werp regtig beteken, ek het ‘n idee, maar wil seker maak ek verstaan dit reg en in konteks. Volgens Google trek hy die betekenis van Wikipedia deur. Dit beteken Met ‘n kragtige swaai van die arm iets uit die hand gooi; smyt. Goed, so ek was nie te verkeerd nie. Maar weereens wat hier uitstaan is kragtige swaai.

In English the word is cast and this time the Oxford Dictionary comes up on Google. The one meaning that seems to be in context in this verse is An act of throwing something forcefully. So, you see, in both languages, (not that I thought that it would not be like this), the act is that of force. Back to this verse – David says here to forcefully throw our burdens onto God. Not gentle. Not a soft hand over. No, forcefully throw. That is what we should do.

Nou wanneer jy iets met ‘n kragtige swaai gooi, is dit met mening, hard en iets wat jy nie meer by jou wil hê nie. Wow, dis wat ons met ons sorge moet doen. Ons moet dit GOOI vir God. Hy sal dit vang. Hy gaan nie dit mis en terug gooi vir ons en sê probeer weer nie. Glad nie. Saam met dit wat ons moet doen, die gooi aksie, is daar ‘n belofte – Hy sal ons onderhou en sal nooit die regverdige laat wankel nie.

He will care for us. He will not let the righteous be shaken, slip, fall or fail. Is that not an awesome promise to receive? In my situation and what my body is going through right now, I often wonder if I am not slipping and falling. Am I dealing with this right? Am I getting it right? Or am I failing horribly? Then I get a verse like this. I have to forcefully throw my burden that I am feeling now, onto God, He is looking after me, providing for me and He will not let me be shaken, or slip, fall or fail. Wow. What an awesome verse with an awesome promise. This is not mine to carry. He has got this, something I have been saying from the start. God has got my back.

Posted on Leave a comment

The last one with hair (probably)…..

Today I twisted Heinrich’s arm….he snuck away from his laptop (which he was tied to by the way since my first treatment) and we went for a Wimpy breakfast……how lovely…..

This will probably be the only photo with me with hair this short….it is falling out a lot now and the next step will be to shave it all off to get some relief from the pain (it feels like when your hair is tied up too tight….)

So geniet maar die laaste een van my met hare….ek weet nie hoeveel hare teen Maandag oor gaan wees wanneer ek die volgende behandeling moet doen nie…..

🦩

#pienkvere #pinkfeathersrange #uitdiepenvannberoepsvrou #pienkverereeks #pienkverevirdiehere #pinkfeathersforgod #pinkfeathers #breast_cancer_awareness

Posted on Leave a comment

Results after first cycle

Nothing can stop an Unstoppable God! Praise the Lord, we are rejoycing! Finished our follow up visit with Prof. My bloods are all good and whatty whatty. And then better news, the lump feels and looks smaller as well as the lymph! All the praise be to God! And so that I can post to Insta, here is our pic again from before the appointment….

🦩

#pienkvere #pinkfeathersrange #uitdiepenvannberoepsvrou #pienkverereeks #pienkverevirdiehere #pinkfeathersforgod #pinkfeathers #breast_cancer_awareness

Posted on Leave a comment

Follow up visit after first cycle

Follow up visit after first cycle. Bloods done. Waiting to see Prof.

And now I see that none of the pics we take show the flamingo on the shirt 🙈 maar ek het een aan belowe….

🦩

#pienkvere #pinkfeathersrange #uitdiepenvannberoepsvrou #pienkverereeks #pienkverevirdiehere #pinkfeathersforgod #pinkfeathers #breast_cancer_awareness

Posted on Leave a comment

Oom Paul Skool visit

Here are some pics from today’s visit at Oom Paul skool. So blessed and grateful to have been able to attend this day before treatment starts on Monday…..

My naamgenoot – Elsie – soos altyd ‘n voorreg en eer om te kon bedien vandag! Hou aan met die goeie werk daar wat julle doen!!!

🦩

Posted on Leave a comment

The Path / Die Pad

I received this scripture for today, yesterday (or was it the day before?) from someone I know. Before the person knew what decision we will have to take. Today this is so profound to me. You see, God is already in tomorrow. This is something we intend to forget frequently. But this verse gives me such a promise and hope – He is already there, making the path that I must walk on as level as it can be, so that I do not feel like I am climbing a mountain so to speak.

Nou wanneer mens so daaraan begin dink en besef dat die Here reeds in môre is, kan mens nie anders help as om Sy hand in alles te sien nie. Die woorde wat nou deur my kop maal soos ek die skryf, is The path of least resistance. Dis iets wat in die Lego movie gesê was, as ek dit nie mis het nie. Maar dis ook waar van weerlig en water is dit nie? Dit volg die pad van die minste weerstand.

So now I wonder why God placed those words in my mind? Perhaps because we as humans want to choose the path of least resistance? We are inclined to jump ship when the storm gets tough around us, but sometimes we have to stay inside the boat, because that is the safest place for us to be in. If we jump into a rubber lifeboat with paddles, that we have to paddle ourselves, in the midst of a storm, then will we not struggle to stay afloat?

Dis moeilik vir enige mens wanneer hulle voor enige keuse te staan kom. Hierdie hele reis waarop ek is, hoe lank of kort hy ookal gaan wees, voel vir my soos ‘n decision tree met elke tree wat ek gee. Nou die wat al geoudit het en belasting goedjies doen, behoort ‘n decision tree te ken. Dis letterlik wanneer ‘n vraag oor iets gevra word en jy een van twee antwoorde moet kies. Die een antwoord se uitkoms is anders as die ander een sin.

This is how it felt to me thus far. We get to a point and then we have to decide, this way or that way. The only thing with this is, I cannot see the next step, option or choice to be made. Only God can see it. So it is slightly different than my day job, where I can see what each decision leads to, ensuring that the original answer made, is in fact the right one with the right outcome.

Vreemd hoe die lewe werk en draaie maak met ‘n mens? Presies een maand gelede, het ek niksvermoedend na Prof. Benn se spreekkamer gegaan omdat ek ‘n knop in my bors het. Nie ek of my man Heinrich het in ons wildste drome gedink dat die aaklike woord van Borskanker, sou ‘n diagnose wees wat uitgespreek word oor die ding in my lyf nie. Ek het regtig gedink dis net iets wat uitgesny gaan moet word. Wel, toe nou nie!! Maar as ek nie daardie keuse daardie dag gemaak het nie, het ek nie nou hier gesit waar ek sit vandag nie.

God is busy making the way for me. He is letting everything fall into place. I have done very little thus far in this process, except arrive, show whomever what they need to see (i.e. the boobies – yes so many people outside of my marriage have now seen the jewels and gems), listen, process and decide. The doctors’ offices all deal with the medical aid authorisations. They deal with the accounts that are to be paid. We do not have to argue with anyone about anything. They do all of that for us. This is a side of the medical industry that I have not seen or experienced before. We are usually the people having to get authorisations, submit payments, follow up and who knows what with the doctors and the medical aid.

Laaste ding – die Here maak nie net die pad oor die berg nie. Nee, hy breek die brons deure en Hy slaan die ystergrendels stukkend. Hy breek die tronke oop. Dit voel so vir my of dit aansluit by die skrif wat ek gekry het oor Petrus en Silas in die tronk. Dink jy nie hulle wou nie daar wees nie? Dink jy dit was hul droom om in die tronk te wees? Ek dink nie so nie – dis vir seker niemand se droom of bucket list item om in die tronk te wees nie! Net so is dit nie my droom om hierdie pad van Chemo te stap nie, maar ek weet ek moet doen wat ek moet doen, sodat Triple Negative uit my lyf kan kom. Vir seker kan die Here dit net laat verdwyn. Maar, Hy het ‘n ander plan. Dit voel amper te maklik as die ding nou net na ‘n maand verdwyn. Die wonderwerk wat ek reeds sien is dit – die grootte van alles het presies dieselfde gebly sedert my eerste MRI in September tot die CT scan nou in Oktober. As iets aggressief is, dan is die verwagting mos dat dit vinnig groei en versprei, nie waar nie? Wel, die Here het dit gestop! Die sensasie wat ek in die kerk gevoel het toe daar vir my gebid was, was dit! Hy het dit aangeraak en die groei en verspreiding gestop!

I feel like God wants to purify me even more for His greater purpose. I need not fear, because He is on my right hand, holding onto me, supporting me. This now leads me to the next thought – what is part of the purification process? Fire!! I cannot help but think of Shadrach, Meshach and Abednego who were thrown into the fire. Did you know that the guards that threw them in, died from the heat of the flames? Did you also know that they did not smell of smoke when they got out?

Dis my gebed, dat ek nie eens soos rook sal ruik wanneer die proses klaar is nie. Mag daar min tot geen newe effekte wees. Mag ek elke dag net die Here loof en prys vir Sy goedheid en wonders. Mag ek nog nader aan Hom beweeg in hierdie tyd wat voorlê. Mag Hy die pad gelyk maak en die deure en tralies van die tronk oopbreek. Ek voel amper ook of ek moet afsluit met iets wat in die Fast & Furios flieks gesê word – See you on the other side. Dis wat ek ervaar die Here in my gees laat val. See you on the other side. Hoe die pad na the other side lyk, kan ek nie vir jou sê nie, maar die Here weet.

Posted on Leave a comment

Life / Lewe

Today’s entry is late. We had to be at the Oncologist at 10, only to see him around 12. It is a waiting game this, and we have learnt to keep ourselves busy and take stuff with to remain occupied. The wonderful news is, the CT scan showed that the Triple Negative has not grown in size, nor has it spread! We are so grateful to God for this!

Ons het vandag ‘n ander deel van die praktyk gesien. ‘n Rustige deel, waar dit nie voel of chaos heers nie. Ek weet nie of dit was omdat ons in die oggend daar was, en almal redelik vars nog was en gevoel het nie (al die ander kere was laat die middag, en ons almal weet mens voel ‘n slump van so 3 uur of 4 uur die middag af). Maar die lang en die kort is, ons het kalmte en vrede ervaar. Iets waarvoor ons gebid het.

We prayed to God that His will be done, not ours. Of course our will is that the CT scan shows nothing and leaving the professors dumb struck. Although, I think they are a little dumb struck by the fact that the tumour has not grown, but it was not said in that many words. If only they knew how hard and long we prayed for a miracle to happen! And this news is the first of many to come I would dare say at this stage.

Ons antwoord waarvoor ons gevra het, het ons vandag gekry. Ons gaan voortgaan met die behandeling. Ons ervaar dat die Here ons daar wil gebruik vir Sy groter wil en koninkryk. Deur Sy genade, kon ons vandag vir ‘n tannie daar bid, dis wat die Here op my man Heinrich se hart gelê het om te doen. Nou wonder jy seker wat het al hierdie goed uit te waai met vandag se bybelversie?

It is simple – if you read carefully you will note that we are laying off our life that we know and have come accustomed to, so that God can be glorified every single step of the day. This is what we feel He wants to do. His healing has and is still taking place every second in every cell in my body. The size of the tumour and the fact that it has not spread (even though it is an aggressive thing this, making it in my mind a fast moving thing) is miracle and healing enough for us. God has got this! And because He has got this, I have got this!

Posted on Leave a comment

Discussion time again…

So here we are again at Prof Rapoport’s offices. Going to discuss last week’s CT scan and then the way forward.

Not my will but God’s will, ALWAYS!

🦩

#pienkvere #pinkfeathersrange #uitdiepenvannberoepsvrou #pienkverereeks #pienkverevirdiehere #pinkfeathersforgod #pinkfeathers #breast_cancer_awareness

Posted on Leave a comment

Believing / Om te glo

Yesterday I did not write or post anything, as I left early in the morning to visit my new breast friend who was admitted to hospital to undergo surgery to remove a lump in her breast. We met the day that we received the diagnosis. So grateful with her, that her lump seems to be something benign. We are praising Jesus all the way for this for her and that He let our paths cross. She lives far, in Nelspruit, so the moment that she was at Millpark, I ceased the moment to visit her! We have only spoken on Whatsapp and briefly saw each other again the other day, probably two weeks ago. Of course, we forgot to take a pic together. But anyway!! We will get there!

Na die hospitaal besoek, was ons stout en het ons gesin gaan fliek. 2 uur op ‘n Maandag middag. Iets wat ons nooit gedoen het nie, maar wat tog nodig was met alles wat aan die gebeur is by ons, die chaos waarin ons gevoel het ons gedompel was. Nie te min, hier is ek nou, besig om ‘n inskrywing te tik oor wat die Here op my hart lê vir vandag. Vandag se vers gaan oor Petrus en waar hy op die water geloop het. Maar toe verloor hy fokus, en kyk na wat die wind aanvang rondom hom, hy begin twyfel, en toe sink hy onder die water in.

I feel I want to mention why I am writing about this and how this was confirmed to me. Just yesterday, I was chatting with a total stranger again on Whatsapp (YES THIS IS WHAT I DO, but not a weird total stranger). I have never in my life met this lady, but we have something in common – the Emotional Intelligence Activator course or programme that we are on. She sent me a message yesterday, saying that she thought of me when she heard a podcast. I replied to it saying that I know I must now stay focussed on Jesus in this whole process. I am not sure if I have already set my foot on the water or whether I am already walking on the water.

Maar een ding weet ek vir seker – ek moet gefokus bly op Jesus. Net Saterdagoggend het ek emosioneel geraak oor die moontlikheid van chemoterapie. Ek het vir my man gesê ek voel of ek nou twyfel oor wat ek gevoel het die Here vir my aanbied. Dis asof ek nie dit wat ek in my hart en gees gevoel het duidelik kan onthou nie. En nou twyfel ek of ek reg gehoor het. Ek voel of ek die Here se naam met ‘n plank gaan slaan, hoe almal vir Hom gaan lag as wat ookal nie gebeur nie en ek wel vir die chemoterapie moet gaan. Hoe mense hul oë gaan rol en sê, ai foeitog, die arme vrou wat so geglo het die Here gaan haar dit spaar en hier is sy nou, besig met dit wat teenstrydig is wat sy vir ons vertel het haar God kan doen, ons glo nie regtig in sulke wonderwerke nie, jy weet….? Ons weet die Here kan wonderwerke doen, maar Hy het nou maar nie hierdie een gedoen nie.

I am not worried about what people will say about me, more that they will believe even less in God. Does this make sense the type of doubt that I have? Anyway, so, back to how I got confirmation of the scripture for today. A friend of ours, sends us daily scriptures of Oom Angus Buchan. Today’s scripture is from this verse. I listened and immediately I thought of this newly found friend, sister in Christ, with whom I had a conversation yesterday about Peter and walking on water. I was busy packing school lunch tins and could not send it to her immediately. I thought I would forward it later when everyone has left.

Wel, toe spring sy my voor. Sy stuur vir my presies dieselfde video aan. Sy vertel my dat haar man daagliks dit vir haar stuur en toe sy dit hoor, toe dink sy aan my. Weereens ken sy nie die persoon wat eerste die boodskap vir my gestuur het nie. Weereens weet nie een van hulle watter boodskappe ek ontvang nie. Toevallig? Ek dink nie so nie! Hoe wonderlik is die Here nie net nie? Ek kan nie help om te dink dat Hy net vir my wil sê dat dit ok is nie. Hy het alles onder beheer! Ek weet Hy het alles onder beheer, maar Hy weet mos hoe is ons as mense, so Hy kom bevestig net oor en oor en oor vir my dat Hy reeds in die situasie is.

With all of this being said, I know that He has this. Something that I have been saying from the start. I have got this because He has got this. At this stage, the medical aid has not approved any treatments. We absolutely see God’s hand in all of this. He has gone before us. In the meantime, while we wait, God has confirmed to me to start putting Castor Oil on the lump. Something that I have been praying to Him, asking Him if it is ok to do so. Here I am, doing it, just being obedient. To the outside world, it does not make sense, but right now I am focussing on Him and what He wants me to do.

Die storm woed om ons. Met allerhande dinge wat gebeur, maar ons kies om te fokus op Jesus. Hy is in beheer. Hy weet hoe die ding gaan eindig. Ons gaan saam met die proses, as die dokters sê ons moet iewers wees, dan is ons daar. Tot die Here die proses stop, is ons in dit. Nie uit ongeloof uit nie, maar uit gehoorsaamheid uit. God has got this. I have got this because He has got this! Don’t think, just do.

I just want to close off with this – I spilt water on my desk pad AND diary on Friday. I never spill fluids around my laptop. But this happened, very early in the month of October, forcing me to look past the water marks on this month’s page until 31 October 2023. Last month it was coffee (luckily only a few drops, but still, enough to make the desk pad look ugly), and that was worse than the water. Immediately after I spilled it, I felt God talking to me, showing me that in September something that stains the paper was spilled, but in October, water was spilled, something that cleanses…. every time I look at this desk pad now, I am reminded of God’s water cleaning everything around me.

Posted on Leave a comment

God’s fight / God se geveg

As my days on this journey (whether it be a long or short one – a journey is a journey, as you travel from one place to another), as I call it, progress, I cannot help but be reminded of what mere mortals, from the Old Testament, had to do to win significant wars against their fleshly enemies. Moses and all his wonders that he did, with a stutter.

Dawid wat klippe na ‘n swaard geveg neem. Gideon wat klei potte breek. Joshua wat om Jerigo stap en lofprysing doen wat maak dat die mure kraak. Hierdie is maar net ‘n paar waaraan ek nou kan dink en onthou terwyl ek hierdie inskrywing maak. Nou wonder jy seker hoekom ek nou hieraan dink wanneer ek in ‘n ander vleeslike geveg betrokke is? Jy sien, dit maak eintlik glad nie saak watter geveg dit is nie. Of dit teen die Filistyne, Amalakiete of Triple Negative borskanker is nie.

A fleshly fight it will remain. The world’s systems say one thing, but God’s upside-down kingdom says another. As you may (or may not) know, I felt that God pressed on my heart to do random things that don’t make sense at all and to the world, has no significant meaning to the giant that is standing in front of me. Or so it seems. One of them was the Jericho walk we did around the Oncology centre on 28 September 2023.

Ek wonder gereeld by myself, of ek regtig reg gehoor het van God. Dan kom die fluistering van die Heilige Gees in my gedagtes en hart en herinner my aan die skrif verse wat Hy gestuur het. Groot skrifverse. Die tronk se fondamente wat geskud word. Tronk deure wat oopgaan, boeie wat afval. Bevestigings dat Hy in beheer is. Bevestigings dat ek stil moet wees en wag. Wag op God. Ek deel nou glad nie hierdie paragraaf uit ongeloof uit nie, ek deel dit omdat ek heeltyd bevestiging van God kry dat ek nie moet twyfel nie.

You see, this battle is bigger in my mind than anything else. I have to endure symptoms in my body, wondering WHAT is going on inside of me? Wondering why the lymph node feels more and more uncomfortable as the days progress. What do the reports say of the scans and stuff that I did? How is God going to do this thing for us? How is He going to stop Chemo and cure this thing? I do know that it is not going to be the way I have played it out in my mind. It is going to be in a way that only God knows. Something awesome. Something majestic and wonderful. Something we have not even thought of.

Net soos wat ek al hierdie honderde vrae in my kop onder beheer probeer kry, kom daar weer bevestiging. Die keer een week uit mekaar uit. Laas week Vrydag het ‘n baie goeie vriendin van my, Anika, (wie ek gans en al te min sien net so tussen ons), die skrif uit Eksodus gestuur. Vanoggend vroeg, kry ek by ‘n ander tannie, vir wie ek so ‘n spesiale plekkie koester in my hart, dieselfde skrif wat sy voel die Here op haar hart lê om vir my te gee. Tannie Corrie het die skrif, saam met die een uit Lukas uit gegee wat sê – vir God is niks onmoontlik nie.

Again, these two people do not know each other. Again, they are not aware what who has sent to me. Yet, I cannot help but see God’s hand in all of this. I need only be still. He is fighting for me. He has got this. Something I have been saying over and over. When I look at it like this, then I just confirm that there is no room for doubt at all!! Doubt is not from God. That I know. And that is what I must keep out of my mind. God has got this!

Posted on Leave a comment

Today’s manna / Vandag se manna

Today I fully grasp what it is to live fully dependent on God. Not only physical provision, but also spiritual provision. A friend of ours said a few weeks ago, that God will give us our daily manna, like He did with the Israelites. Just enough to get through this day. How true those words spoken are! You see, yesterday, and even today, I feel a bit of exhaustion. Physical exhaustion. A type of tired that I have never felt before.

Nou die wat my ken, weet dat ek ongelooflik sleg slaap vir jare al. Ek het elke aand enige tyd van middernag af wakker geword. Dan staan ek maar op, loop my draaitjie en klim weer in die bed. Net om weer oor ‘n uur of twee wakker te word, weer ‘n draaitjie te loop, weer te probeer slaap. En so het die proses homself herhaal tot dit opstaan tyd is. Sommige nagte was ek gelukkig en het ek net 2 maal wakker geword, ander kere is dit 3 of 5 keer. Die afgelope paar aande, dalk al seker vir ‘n week, het dit skielik verander. Ek slaap dieper, meer deur, word minder wakker. Nou wonder ek of my lyf nie weet wat om te doen met al die slaap wat hom nou skielik toegeval word nie? Die dat ek so bietjie moeg voel…

Somehow, somewhere, I have this peace that words cannot describe. Even though the circumstances around me try to take my focus away. The worries that the devil try to implant in my thoughts. The wondering why you pay for insurance policies and medical aid, when it is just such a mission to get them to pay things? Why things take so long to progress. Of course the devil tries to plant the worst-case scenario with EVERYTHING in life in my mind. Not only the diagnosis, but also the physical around us. Then I just counter-act that thought saying, WHY on earth, would God give a worst-case scenario like that?

Gisteraand het ek ‘n oomblik met God gehad en al my bekommernisse voor Sy voete gelê. Ek het Hom vertel hoe moeg en uitgeput ek voel. Dis tien teen een ‘n kombinasie van alles – die skok, die adrenalien en wat ookal anders deur mens se liggaam gaan wanneer jy sulke nuus ontvang. Die oomblik wat dit begin insink en jy die realiteite van alles begin besef, dis dan wanneer die uitputting kom. Al die hormone en goed in jou liggaam wat jou dryf om deur situasies te kom, los jou uitgeput en uitgemergel.

This morning, I received this scripture from my dad. With a short message in English, a daily thought and devotional. Shortly after reading it, I prayed to God, asking Him to confirm this message to me. There was a thought from my side, of it being in Afrikaans when He confirms it, thinking that it would be special like that. Now, like I know God, He does not disappoint – He confirmed the EXACT same scripture in Afrikaans, from another person, whom I have never met in person (we met her husband at the Oncologist’s office last week). There was again, no way that she would have known that my dad would send me this scripture.

Ten spyte van alles wat om ons aangaan, die digte mis wat ons voel ons in beweeg, weet ons net dat ons na God se stem moet luister. Die plek waar ek geestelik is, is vir my so lekker om te wees, ongeag my omstandighede, ongeag die simptome wat ek voel in my liggaam, ongeag die fisiese moegheid na die adrenalien uitgewerk is. Die op en af ryery na Rosebank en Milpark toe elke ander dag, help ook glad nie vir die moegheid nie, maar nou ja. Dit is wat dit is. Ek is hier. In hierdie situasie. Ek het dit nie gekies nie, maar, toe ek Jesus gekies het, het ek enige omstandigheid wat oor my pad kom indirek gekies en gekies om Hom te vertrou binne in daardie omstandighede. So vir geen oomblik sê ek ja vir enige iets wat sleg is nie, ek weet net, dat die pad van die Here nie maklik is nie, dis nie ‘n rose tuin vol prag nie. Maar, wanneer jy in daardie omstandighede is, kry jy net krag om aan te gaan. Dis Goddelik en dis wat die Here wil hê. Volle vertroue in Hom, veral in hierdie daunting omstandighede.

I am still not taking ownership of the diagnosis, because that implies that it is my thing to carry, worry about and care for. Which is not what I want to do. This is God’s battle. I have got this because He has got this. Words that I have been uttering since the first time this was diagnosed. This thing is for sure a battlefield of the mind. Mind over matter. This is where one has to mentally submit all to God, all our thoughts. You see, there is a song, sung by Josh Wilson – Things that I’m afraid of. This is my song for today. The things that I am afraid of, are afraid of You.

In die tussen tyd, kies ek steeds om die Here te loof en te prys. Ek doen wat ek moet om deur die dag te kom. So bietjie day job goed, bietjie Beroepsvrou goed, tyd saam met die kinders maar meerendeels, tyd saam met God. Ek drink elke woord in van elke liedjie wat oor die luidspreker in my kantoor speel. Ek hoor selfs hoe God daar met my praat. Skielik kan ek vereenselwig met die lirieke wat die kunstenaars sing – kan ek hoor hoe hul gevoel het in daardie oomblik.

Posted on Leave a comment

The fight / Die geveg

Yesterday I did not get round to writing anything about scripture, because we left our house at 6h30 the morning, to arrive in Rosebank at 8h30 for blood tests. After that we hung around, had breakfast, did a little bit of work on our laptops, all the while waiting for the CT scan at 14h00. I read yesterday’s verse to my husband, and said that this tells me that God honours obedience.

Vandag se oordenking is dus oor gister se versie op die Bybel Toepassing, net met ‘n paar ekstra verse by, om die konteks beter te verstaan. Nou ek weet al vir jare dat ons geveg nie in die fisiese vlees is nie, maar eerder in die gees. Ek is baie lief daarvoor om die Amplified weergawe te lees, want die woorde wat daar gebruik word en die ekstra verduidelikings in hakkies, voel net so gepas. Wie sou ooit kon raai dat ek oor woorde liries sou raak? In die vers, praat dit van wat ons wapens is.

I love the words used – our weapons are divinely powerful. Emphasis on divinely. And then it goes on to say that it destructs fortresses, sophisticated arguments and every exalted and proud thing that sets itself up against the true knowledge of God. I cannot help but think, to draw this scripture to the treatments that are being discussed. Very sophisticated terminology is used during this process. The word fortress also stands out to me. A fortress is a place that no one can enter easily, is it not?

Nou ek kan nie help om te dink dat die diagnose wat gemaak is, soos ‘n fort is nie. Dis nie ‘n tipiese kanker gewas nie, dus is die behandelingsplan anders. Daar moet eers ‘n chemiese middel gegee word wat die ding swak maak, voor hy aangeval gaan word. Dis die fisiese wapens. Tog kan ek nie help om te hoor dat die Here vir my die klem lê op ons wapens en waar ons oorlog is nie. Dis nie in die vlees nie. Dis in die gees. Dis waar ons oorlog voer, deur gebed, lofprysing en aanbidding.

I want to close off – what war are you facing at this stage in your life? Are you trying to fight it with the natural, physical fleshly things? Or are you fighting this thing with prayer, praise and worship music? Singing songs for joy, irrespective of your circumstances. To me, this battle that I am in, is one in my mind. The devil keeps on wanting to create fears with What if questions. What if this, that and the next is actually happening in your body? What if God does not come through for you, after you posted things publicly? What if things don’t go the way you had hoped they would?

So kan ek aangaan met die Wat As vrae. Maar ek sal liefs nie. Ek weet die Here eer gehoorsaamheid. Al die goed wat ons gedoen het die afgelope ruk, wat nie sin gemaak het nie. Maar tog het ons dit deurgevoer. Want dis wat die Here wil hê en verwag – net gehoorsaamheid. Die versie bevestig ook dat elke gedagte gevange geneem sal word en sal buig voor Koning Jesus. Elke ongehoorsaamheid sal gestraf word. Gehoorsaamheid sal geëer (is die spelling reg?) word.

Wow, we cannot wait to see how God is going to turn this situation that we are in, around and what He will be doing! I still don’t think our brains can fathom the greatness of God! All I know is, every thought not from God, will be held captive and will bow before King Jesus!