Vrydagmiddag kyk en luister ek na die video wat Gretha Wiid gedeel het, wat haar dogter op sosiale media geplaas het.
Ek kyk normaalweg nie video’s op Facebook nie, maar dit wat sy saam met dit getik het, het my aandag getrek.
Ek kyk en luister en is verstom oor die wysheid waarmee die jong dame praat en haar interpretasie deel oor ‘n spesifieke stuk in die Ou Testament.
Onmiddellik vat die Heilige Gees my na skrif in die Bybel in Handelinge 2:17-21 wat sê dat in die laaste dae jong mense sal profeteer en visioene hê….
Ek hou aan dink en besef net meer en meer dat die woord besig is om tot vervulling te kom. Dat Jesus se koms naby is.
Die Here is besig om oral oor mense strategies op te rig en verskeie platforms word gebruik om Sy woord te deel sodat almal kan hoor en die saad gesaai word.
Haar boodskap tref my diep en ek besef dat daar soveel waarheid in steek. Ons moet nie gekul word deur die duiwel nie. Ons moet onthou dat hy ook die woord ken en weet as ons besluite moet neem.
Verder voel ek dat ons moet ook HOOR as God met ons praat, al is dit mense wat jonger is as ons. Die Here gebruik oral oor mense om boodskappe en antwoorde deur te kry na ons toe.
Ons moet net luister en moet nie dat trots in die pad staan vir ‘n Goddellike antwoord nie….ons moet wel bid vir bevestiging en ook nie sommer enige iets aanvaar as van God af nie….want die woord sê ook dat daar verskeie vals profete sal wees…..
So ‘n fyn lyn en een wat ek die Here altyd vertrou om die regte ding te laat gebeur….
Author: Elsie Potgieter
Meer oor dit wat jy nie weet nie….
So kom ek brei so bietjie uit oor gisteraand of vanoggend vroeg se inskrywing – jy weet nie wat jy nie weet nie.
Kom ek gebruik ‘n eenvoudige voorbeeld.
Jou kleuter wil self tee maak met kookwater. Nou as volwassenes weet ons mos nou al dat ‘n kleuter nie bevoeg is om alleen en sonder toesig met kookwater te werk nie. Ek wil amper so ver gaan as om te sê selfs onder toesig moet hulle nie met kookwater werk nie.
Maar dit daar gelaat.
So jou kleuter weet nie wat sy nie weet nie. Sy weet nie dat sy nie met kookwater moet werk nie. As ‘n ouer gaan mens mos nie haar veroordeel en vertel hoe jy dit sou doen nie en hoe kan sy nie dit WEET nie? Nee, ons hanteer dit mos soos ‘n ouer dit doen. Ons leer haar mooi en vertel vir haar hoe die kookwater haar baie eina kan brand en dat sy dan salfies gaan moet kry as dit gebeur, en so meer.
Is ek reg as ek dit so verduidelik?
So my kleuter het nie geweet wat sy nie weet nie. En ek het haar nie veroordeel nie.
Kom ek gebruik ‘n ander voorbeeld. Iemand wat jy ken, was die glase en bekers, maar sit dit nie onderstebo sodat al die water wat binne is kan uitloop en hy kan “drip dry” nie. Want niemand het die persoon geleer om dit anders te doen nie.
Die persoon het dalk gefrustreerd geraak met die afdrooglap wat so gou papnat word van afdroog, maar omdat die kennis beperk is, het die persoon net aangegaan want daar was nie ‘n ander oplossing vir die probleem nie. Niemand het die persoon anders geleer nie.
Maar nou kom iemand anders en veroordeel die persoon as onbevoeg, want, hoekom sit hy of sy nie die glase en bekers onderstebo om te “drip dry” nie?
Jy sien, die een wat die glase gewas het, weet nie wat hy/sy nie weet nie. Hy/sy weet nie om die glase en bekers om te draai nie.
Tog word die persoon geoordeel op dit wat hy/sy gedoen het en geen kennis noodwendig oor beskik nie.
Jy weet nie wat jy nie weet nie maar tog word jy op elke daad wat jy doen geoordeel….?♀️ of so voel dit soms….
Oordeel is ook nie vir ons beskore nie, in sekere opsigte. Vir skool/ leer of werksdoeleindes moet mens dit soms doen om bevoegdheid te meet en as iemand weet hoe om iets te doen (en opleiding of raad ontvang het oor hoe om dit anders of beter te doen) en hulle word daarop getoets moet jy oordeel of hulle dit reg of verkeerd doen…maar nie elke daad in die lewe is eintlik onderhewig aan ‘n kritiese oog nie…of is dit?
Uitklophoue

Die wind loei om die hoeke….Die winter deel uitklop-hou na uitklop-hou uit. Herfs staan lankal nie meer ‘n kans teen die koue nie.
Elke keer as ek die wind hoor waai, kyk ek vir die boom buite ons venster waar ons sit en werk by die huis. Die boom sonder blare getuig woordeloos van die seisoen waarin ons onsself bevind….
Dit voel of ons op Ysbeerpoort woon so koud is dit, nie Skeerpoort nie.
Dis snerpend koud. Oral lees jy van mense wat foto’s oplaai van hoe koud dit vanoggend was.
Die sprake van die koue front wat ons vandag gaan tref word noukeurig deur my bestudeer vroegerig in die week al. Ek kyk na die “app” op my foon en hy getuig dit gaan minus iets wees vanoggend.
Ek gee ons personneel die keuse om van die huis af te werk a.g.v. die koue. Ons kantoor is ongelooflik koud en ons kan nie veel doen om hom warm te kry nie. Almal verkluim waar hulle sit en werk, selfs ons by ons huis.
My man begin lag vir my. “Is jy besig om voorbereiding te tref vir ‘n tornado wat oppad is?” Vra hy my, na ek by myself prewel dat ons vanaand (dis nou gisteraand) moet bad en genoeg water in die ketel tap vir koffie in die oggend, want die pype gaan weer gevries wees.
Ek kyk snaaks na hom. Hy lag vir my. “Jy stuur personneel huis toe, wil bad vanaand. Liewe aarde, dis NET winter.”
Ek begin lag. Ek besef hoe belaglik ek klink. Maar dis koud.
Hy lees vanoggend van die “polar air” wat inwaai van Antarktika af. Nee wat dis so 2 grade weg van ysbere in die strate sien….ek VOEL Antarktika in die wind. Dis nie ‘n wolhaarstorie wat hy gelees het nie ?
Ek sit en werk met my voete in ‘n kussing wat dit warm hou (wat werk “by the way” en as jy gewonder het), kombers om my lyf gedraai soos ‘n ek-weet-nie-wat-nie, vingerlose handskoene aan, warm watersakkie op my skoot, japon aan.
My suster het onlangs Riversdal toe getrek met haar gesin (soos in die afgelope naweek se onlangs) en ek sien op Facebook hoe sy foto’s opsit van die berge en sneeuwolke wat laag hang.
My gedagtes dwaal na haar nuwe omgewing. Hoe hulle seker nou elke winter sneeu gaan sien en net ‘n ander leefstyl gaan beleef. Hoe gelukkig hulle gaan wees. Hoe dankbaar ek is dat dit Riversdal is en nie iewers ver oorsee nie, want dan kan ons ten minste nog af en toe kuier wanneer die geleentheid homself voordoen….
My gedagtes stop hier en ek is terug by die huis – ons maak reg om vir vriende te gaan kuier want die vrou (dit klink so onpersoonlik – ons vriendin eerder) verjaar vandag en ons het onsself genooi vir koffie en koek (want ons kan).
Ek trek amper my japon aan bo oor my klere, wik en weeg om pantoffels ook aan te trek….ek maak hardop ‘n grappie met my man daaroor en ons giggel lekker. Ek besluit maar om nie my winter-paranoia verder as ons huis en kantoor te neem nie.
Ons trek nog ‘n ietsie aan om ‘n deeltjie van die lyf warmer te maak.
Soos wat ons uit stap kar toe, gryp ek my kombers waarin ek myself toewikkel as ek werk.
‘n Klein stukkie paranoia gaan tog maar saam met my uit….ek gaan kuier met my eie kombers….
Ek kyk weer ‘n laaste oomblik vir die boom sonder blare en weet oor 2 maande of so is dit weer warmer en dan hoef ons nie meer ons winter-paranoia oral saam met ons rond te dra nie…..
Jy weet nie wat jy nie weet nie
Jy weet nie wat jy nie weet nie. Lees weer. Lees stadiger. Jy weet nie wat jy nie weet nie.
Jy sien, mense is so vinnig om ‘n oordeel te fel oor mense en dinge wat hulle doen en hoe hulle optree.
Maar in dieselfde asem, weet die persoon wie veroordeel word nie wat hulle nie weet nie.
So iemand word geoordeel op iets wat hulle doen want die beoordelaar sou dit anders doen.
Maar, het jy al gedink daaraan dat NIEMAND op die aarde ooit 100% presies dieselfde uitkyk het of plan het vir iets nie?
Onthou maar altyd dat iemand nie weet wat hulle nie weet nie voor jy volgende keer ietsie veroordelend kwytraak….
Mev. Spyt-Verwyt

Die inskrywing van 15 Mei 2021 oor Mev. Spyt-Verwyt aka “hind sight” het vorm gekry vandag…..
Gaan lees die dag se inskrywing as jy weer wil onthou HOE sy jou laat voel en wat sy alles doen en nie doen nie….
Rainbow Nation

“Rainbow nation”. Die woorde trippel, huppel en speel omtrent rond vir ‘n dag of 2 al…..Dis mos hoe ons van Suid-Afrika praat. As die “rainbow nation”.
Ek dink so bietjie na oor dit en my gedagtes gaan terug na die belofte in die bybel aan Noag toe God die reënboog gestuur het…..dit laat my regtig dink of ons in Suid-Afrika nie ‘n spesiale verbond en belofte met die Here het nie….die dat ons die “rainbow nation” heet.
Ek weet natuurlik gaan dit oor al die kulture maar ek voel tog daar is so bietjie meriete in die woord “rainbow” en God se beloftes van die bybel….
Na die afgelope week se onluste en plundering wat geisoleerd plaasgevind het in SA, was ons geskok dat mense so iets kan doen sonder om te blik of te bloos.
Dan kom die volgende onsekerheid – die sekuriteit oor kos. Gaan ons nog kos kan kry? Oral oor hoor ons van mense wat weer “panic buy” soos laas jaar net voor die “hard lockdown” begin het.
Ons kry videos van mense wat in KZN vir kilometers in rye staan om kos te koop. Hoor hul word beperk op 20 items.
Ek dink by myself, het ek al ooit net 20 items gekoop? Hoe kies jy watter 20 goed jy nodig het as daar 100 goed in jou huis klaar is?
Vir een maaltyd gebruik mens seker 20 goed. Water, rys, sout, vleis, groente, slaai (wat uit hoeveel ookal bestanddele bestaan – seker 5 of 10 afhangend van WAT alles ingaan….dalk nog ‘n sousie of ‘n spesery….dalk nog ‘n sappie daarby….
Vir ‘n vlietende oomblik Donderdag wil-wil paniek my oorrompel soos ‘n golf jou voete onder jou uitslaan op die strand.
Ek huil alleen in die badkamer. Probeer kalm bly terwille van die kinders. Gaan huil vir ‘n oomblik op my man se skouer. Vertel hom hoe ek uit “freak”.
Hoe ek voel in my Gees die Here maak my kalm en sê vir my ek moet nie ook saam “panic buy” nie. Ek sou in elkgeval nie kon nie want vir dit het jy geld en plek in jou vrieskas nodig. Iets wat ek nie oormaat van het nie.
Ons vrieskas se spasie is voldoende om vleis en brood en ander bevrore items te stoor vir ‘n maand of so, afhangend van wat ons alles koop en wat ons alles eet. Maar ek het nie plek om 6 maande se voorraad te gaan koop nie. Want ek neem aan dis wat mense doen as hul “panic buy”.
Ek wou die Donderdag ry om goed te kry wat klaar is maar besluit ek gaan dit los. Net nou oorval en oorrompel die paniek my en koop ek onnodige goed waarvoor daar nie plek of geld is nie….
Ek begin kalmer voel. Probeer fokus op werk. Dis moeilik. Want ons “home school” alweer. Net nou die dag sê ek NOOIT weer nie en kyk, hier is ons nou. Die keer los ek my kinders. Hulle moet self-studie doen. Graad 1 en graad 6 moet hulself leer. As hul iets nie verstaan nie kom vra hulle en as ons nie tyd het om te help nie moet dit maar gelos word tot hul terug gaan sodat juffrou kan opvang en verduidelik.
Baie mense wonder seker HOE KAN JY JOU KINDERS LOS MET SKOOLWERK? Die antwoord is interessant. Want, 1 kwartaal se vol “homeschooling”, klas gee, goed verduidelik het sy tol begin eis op ons werk.
Vir my voel dit of die wiele afval. Admin raak agter. Goed word ingedien maar nie gefaktureer nie. Dis nou ‘n gemors. Want hoe moet ons eet en goed betaal as die mense vir wie ons die werk doen nie weet HOEVEEL hulle jou moet betaal vir die diens wat jy gelewer het nie. En nuwe goed kom in, want die lewe gaan aan wat sperdatums en indienings by owerhede aanbetref….?♀️
Elkgeval, dit daar gelaat. Dis nie die punt wat ek wil maak nie en dwaal alweer van die punt af.
Na die week se onluste het ek soveel “feel good” oomblikke op FB beleef. Video’s wat gedeel word. Mense wat God eer en sing in winkels, parkeerarea’s van hospitale.
Gemeenskappe wat saam werk om die winkels te beskerm. Verskillende rasse staan saam, veg wat reg is.
Ek maak ‘n aanmerking op my persoonlike blad oor afbrekekende kommentaar oor SA en dat mense nie moet fokus op die negatiewe nie maar eerder op die positiewe moet fokus. Oud Suid-Afrikaners wat hul verligting hardop uiter oor die feit dat hulle uit SA is en dat DIT die rede was hoekom hul opgepak het.
Ek kry “attitude” van mense wat jare gelede besluit het om hulself te ontwortel uit SA uit en in ander plekke gaan bly. Hulle voel “offended” na my kommentaar glad nie gemik was op hulle nie en ook nie oor hul wat immigreer het nie, maar eerder oor die negatiwiteit wat gespreek word oor SA.
Kyk dis elke ou se keuse om te doen wat hul voel reg is vir hul gesinne. Daaroor kan ek nie oordeel nie want ons neem self besluite wat ander mense laat frons. En dis glad nie waaroor dit gaan nie.
Laat ek dalk so van ‘n ander hoek af verduidelik….voor daar nog misverstande is.
Watter verskil is daar tussen twee mense? Die een breek fisies goed af, steel, en so meer. Die ander een spreek dood met sy tong. So hy of sy breek geestelik goed af.
Ek dink nie daar is ‘n verskil nie. Omdat ons nie die geestelike kan sien soos die fisiese nie, voel dit vir ons “ok” om negatief te praat oor ons land.
Om negatief te wees oor alles wat aan die gang is. Om aanmerkings te maak van “Dis mos nou tipies”.
Niemand van ons is gelukkig met dit wat gebeur het nie MAAR ons kies om te fokus op God. Negatiwiteit kom van die duiwel af. Vrees kom van die duiwel af. Enige iets wat afbreek kom van die duiwel af.
God voorsien altyd. Ja, slegte goed gebeur met goeie mense en ons verstaan nie altyd hoekom nie. Ek dink ook nie ons moet probeer verstaan nie. Net op God vertrou.
God is alles wat goed en mooi is al is dit chaos om ons. Al woed die vuur. Dink aan Daniël en sy vriende en wat hulle alles moes deurmaak. Binne in alles was God daar en het Hy hulle beskerm.
Ek is trots om te sê ek is ‘n Suid-Afrikaner. Deel van die “rainbow nation”. Ek was nog meer trots en dankbaar toe ek sien hoe verskillende rasse saam staan en dit ‘n geveg tussen goed en sleg word. Nie tussen enige iets anders nie.
Ek sê steeds, wees stil want God veg die geveg vir jou.
Dan hoor ek ‘n liedjie “Smile” deur Sidewalk Prophets. Ek kies altyd “joy”. Dit lyk nie altyd so nie en soms is mens so bietjie negatief. Maar dan kom die “joy” weer….jy moet dit net kry en toelaat om in jou lewe te werk…..
“There’s always a reason to always choose joy” dans nou in my gedagtes en ek kan nie help om saam te neurie en sing nie…..
Weg vir altyd

So vandag is die dag. Die dag waarop sy vir ewig weg is. Ek het gedink ek wou niks post nie net foto’s. Toe besluit ek om maar tog iets te sê. Om dit van my hart af te kry.
So vanoggend het goed begin. Toe begin die gesprek met my man oor my post van gister. Hy vertel my dat hy jammer is dat hy nie die situasie anders hanteer het destyds nie. Dat hy nie vir die kliënt gevra het vir spasie nie. Dat ek net oor als kan kom en dan weer alles hervat.
Maar jy sien, die ding is, maak nie saak hoeveel keer iemand wat glad nie verantwoordelik is vir die situasie jammer sê nie, maak dit niks wat gebeur het beter nie.
Dit is wat dit is. Sy is weg. Vir altyd. Sal nooit weer haar stem hoor nie. Sy bly steeds vir my soos iemand wat nooit bestaan het nie en ek voel steeds soos ‘n buitestaander wat my eie lewe toekyk op ‘n film maar nie daar is nie.
Ek voel afgestomp. Moeg om te huil en hartseer te wees want vet weet dit help niemand niks. Dit maak eintlik in teendeel alles net moeiliker vir almal om my.
Ek redeneer dat ek so voel omdat my brein deur trauma is en goed uitsny sodat ek net kan “cope”. “Fake it till you make it” soos die Engelse sê.
Dis dalk ook hoekom ek, dit waarmee die Here my geseën het, om te kan voorsien, so verafsku? Ek voel dit wat kos op die tafel sit het gesteel by my en steel steeds.
Die mense vir wie jy jou afsloop, goed indien, werk voor doen, nagte deur werk en dan betaal hulle jou nie. En het die “ordasity” om “demands” te gee oor wanneer goed moet klaar wees al wag jy soms vir hulle vir goed.
Ek voel ek mis uit op tyd wat ek nooit weer sal terugkry nie. Stel slegte voorbeeld vir my kinders. Laat hulle bekommerd kom vra of hulle iets kan doen omdat dit klink of daar fout is met mamma. Haar stem klink huilerig.
Die geringste irritasie en goed wat ons nie kan reg kry nie en sukkel met werk en net omstandighede waarin ons nou is, ontlont reaksie by my wat ek seker is die Here nie wil hê vir my nie.
Díe dag moet eintlik net nog ‘n dag word vir my. Sonder onthou en sonder hartseer. Ek is seker dan sal dit beter wees.
Eintlik wil ek net soos ‘n beer gaan en hiberneer in die winter sodat ek net nie meer deur hierdie vervlakste emosies HOEF te werk nie. Ek wil net wegkom van myself af. Maak dit sin? Of is ek die enigste een wat so voel?
Ek redeneer met my man oor mense se hartseer. En dat dit eintlik terugkom na ‘n selfsugtige daad toe. Want, ek voel, ek is hartseer omdat sy weg is en omdat sy nie meer tasbaar is hier nie. En eintlik omdat ek so voel is ek in ‘n mate selfsugtig, is ek nie? Want ek wil haar hier hê by my, by ons almal op aarde sodat EK beter kan voel.
Dink ek aan hoe SY gevoel het? Besef ek HOE moeg sy was? HOE seer sy gehad het? Hoe verby die punt van opgee sy dalk was? Hoe lekker dit nou daar is vir haar waar sy is in die Hemel?
Nee, nee en nogmaals nee. Ek dink nie daaraan nie ek dink net aan wat my beter gaan laat voel. Dis my opinie. Maar dit maak nie hartseer verkeerd nie.
Natuurlik gaan mens iemand mis en dit gaan oor watter rede jy die persoon mis….doen dit nie? Sodat jy nie die leemte in jou voel nie of omdat jy net nog eenkeer raad wou vra oor iets wat jy nie meer kan onthou nie….wat is dit? Bietjie van beide dink ek.
Dit is seker ok en natuurlik om die leemte minder leeg te wil laat voel is dit nie? Jy sien, so debateer ek al jaar in en jaar uit met myself hieroor.
Ons redeneer nog verder en besluit dis spyt en verwyt wat mens op hierdie “guilt trip” vat. Jy sien niemand van ons het plek vir Mevrou Spyt-Verwyt nie (vir die wat nie weet nie – gaan lees die inskrywing oor haar op 15 Mei 2021 en wat sy doen en hoe sy jou laat voel dan sal jy beter verstaan).
As jy toelaat om op “guilt trip” na “guilt trip” te gaan dan laat jy eintlik toe in ‘n mate dat die duiwel aanhou steel by jou. Hy steel jou “joy”. Hy steel die hier en die nou. Die tyd wat jy nou het om dinge anders te kan doen met die wat nog oor is saam met jou.
Dit daar gelaat.
So in ‘n paar inskrywings het ek basies die 2 weke opgesom, in ‘n neute dop, en dit wat vir my uitstaan van 4 jaar terug.
Jy sien die “gemors” met my brein is, is dat ek ‘n verskriklike goeie geheue het en tydlyne besonders goed kan onthou, datums, eintlik enige iets met syfers onthou ek baie goed. Dis OOK hoekom ek die “somme bedryf” gekies het soos my een swaer altyd grappender-wys daarna verwys.
En DIS hoekom ek elke jaar die winter nog meer verpes as voorheen. Want ek ONTHOU.
En wragties mens onthou altyd die negatiewe. Al is dit in die minderheid, mens ONTHOU net dit meer. Want dit raas die hardste. Of is dit net ek?
Ai daar verloor ek alweer my punt maar ek sal hom nou weer vind. Mmmm as ek dit in twee lyne geskryf het sou dit die eerste twee sinne van my gedig gewees het….”I am ‘n poet and did not even know it.” ?
Daar is darem humor in alles maar vet weet hoekom moet sommige dae moeiliker wees as ander dae?
Ah daar het ek my punt weer…..die week tussen die dood en die begrafnis/roudiens. Dit het ook “weird” gevoel. Gaan sien die pastoor, besluit op liedjies. Probeer nog al die vervlakste pad almal “happy” hou wat werk aanbetref. Kry sommige goed uitgeskuif en ander nie…..
Tussen die 3 van ons moet ons besluit op ALLES. Ek neem nie regtig deel aan die decor besluite nie want ek dink nie eens ek het geweet van alles nie. Dit het so bietjie soos ‘n “blur” gevoel….
Ek help waar ek kan met wat ek kan tussen alles deur. Sommige take gaan weer terug na die een wat dit uitgedeel het omdat dit net soos CHAOS om my voel met alles en almal wat hul pond vleis eis by my.
Jy sou nie sê as jy na my kyk dat daar hompe uit my gehap is deur almal nie want ek is nie maerder nie ??
Die diens loop goed af, ek lig my hande na bo wanneer daar “praise” en “worship” musiek gespeel word. Die mense dink seker ek is mal. My ma is dood, hoe kan ek dit doen? Maar ek los hulle AS iemand gewonder het. Want miskien is dit ook net my “imagination” dat mense vir my frons.
My pa maak ‘n hout kruis, ander vriendin van die familie maak dit vol vetplantrosies en mooi pêreltjies en goetertjies…..dit lyk “stunning” as iets “stunning” mag lyk vir ‘n roudiens.
Iemand bring ‘n “gorgeous” bos blomme daaraan. Ek verwonder my net hoe mooi als lyk. Hoe vreemd dit is dat sy dit nooit sal sien nie. Wonder alweer hoekom mense so baie moeite doen as iemand dood is? Ek weet nie of ek dit wil hê as ek weg is nie. “But then again” ek gaan nie weet nie so maak dit saak?
Ek wonder net oor so baie goed….
Wanneer maak tyd dit regtig beter? Eendag as ek 70 is? Vet weet ek hoop nie so nie want dan beteken dit ek moet vir nog 30 jaar so voel. En ek wil nie!!!
Ek los jou wat lees met my Facebook “post” van 4 jaar gelede en ook ‘n liedjie “Scars in Heaven” deur Casting Crowns wat die week skielik sy opwagting op Spotify gemaak het….en so paar foto’s van die roudiens….
“It is what it is”, hoor ek in my gedagtes. “Deal with it and move on.”
Nou ja hier is op “moving on”. Weet nie of ek dit regkry nie maar dis maar makliker om nie daaraan te dink nie en dat dit maar net nog ‘n dag word…..





Dringende oproepe

Dinsdag 11 Julie 2017. Die oproep wat niemand verwag het nie. Die ontvangsdame van ons kantoor wat verwoedelik probeer om ons in die hande te kry. “Missed calls” op beide my en my man se fone van die kantoor en my sussie af.
Ons is in ‘n vergadering. Fone op “silent” want ons moet fokus op dit wat ons moet doen in die vergadering.
Ek kry die nuus en is ALWEER deurmekaar (dit gebeur lyk my baie ?). My sussie praat iets van my ma is deurmekaar en weet nie waar sy haarself bevind nie… ons moet kom. Hulle moet MRI doen en wag tot ons daar is want hulle weet nie hoe haar liggaam gaan reageer nie en net nou gaan sy dood en ek kon nie groet nie.
Ons bedink eers planne hoe om my man by die kantoor te kry sodat hy kan werk en ek Pta toe kan ry maar besluit om maar tog saam deur te gaan. Dankie tog ons het.
Daar aangekom is die “deurmekaar” nie “confusion” en “disoriented” soos ek gedink het nie. Dis toe al die pad ‘n koma waarin my ma verval het.
Ek het altyd gewonder hoe dit is maar niemand geken wat dit vir my kon beskryf nie. Dit “suck” laat ek jou vertel. Sy lê daar en lyk of sy slaap en jy praat en jy weet nie of sy jou hoor nie.
Dinsdag was sy baie onrustig en het baie gekreun en probeer iets “fight” en dan weer rustig geraak. Dit was “weird”.
Met die MRI staan ek en kyk my oudste suster toe met die grootste bewondering. Haar “nurse” instinkte skop in. Sy is kalm. Professioneel. Met haar goed op die skouers, sterretjies en “stuff” wat rang aandui in haar uniform neem sy beheer van die situasie.
Sy hou my ma se hand vas. Praat kalm met haar. Doen alles soos ‘n opgeleide sister (nie “nurse” nie want ‘n “nurse” is nie dieselfde as ‘n sister nie as jy gewonder het) met jare se ondervinding en ervaring.
Sy raak nie eenkeer histeries nie. Bly kalm.
MRI word gedoen, ons is heeldag by die hospitaal. Kom eers 8 uur of iets belaglik by die huis. Genadiglik kon die kinders by skoonma bly die middag.
Ons eet KFC. Ek werk want die state moet klaar. Die kliënt wag. Paar keer gebel terwyl ek by die hospitaal was. Nie gevoel of hulle eintlik verstaan en menslikheid het teenoor die situasie nie.
15 min voor ek klaar is hoor ek ‘n gegil en gehuil. My man raas. My 3 jarige het haar kop oop geval.
Ek vries. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek bel die “nurse” in die familie wakker. Deur die slaap vertel my suster my om drukking met ‘n skoon handdoek op te sit. Sy lê die klem op SKOON.
Ons jaag deur hospitaal toe. Sy moet steke kry. Ek gooi amper op soos die naald buig teen haar skedel. Klou verwoedelik vas aan haar om haar stil te hou. Die “fiesty mouse” baklei teen die dokter en die steke. Hulle is in.
Ons kom iets soos 1 uur die oggend by die huis.
In die hele proses is ek besig met ‘n SAICA kantoor besoek ook nog bo op alles. Oudit wat die volgende week moet begin. State wat moet klaar maar ek wag vir inligting wat ek net nie kry nie. Maar druk word geplaas.
So gaan die week verby en ek is op en af Pretoria toe en terug. Gee vir my klerk klomp goed om te doen vir die state wat moet klaar. Gooi haar, nee wag, stamp met “force” haar in die tsunami golwe van berekeninge in want die goed moet klaar en ek moet Pta toe.
Teen Donderdag is ek moeg en sê dis klaar. Ek ry nie weer nie. Dit help niks nie. Ek kan nie haar so sien lê nie. Kan nie lappies op die lyf sit vir die koors wat wil oorneem nie. Kan nie roompies vryf nie.
Ek sê vir almal ek sal hul koffie, cokes, tjoklits en kos bestellings aandra. Ek sal so ondersteun maar om haar so te sien is uitmergelend.
Vanuit alle oorde die Vrydag kom daar hulp. Mense daag net op en sit en gesels en drink koffie saam my en ondersteun my net. Ander los ons af en sit by haar sodat ons kan eet.
Ek word elke oggend wakker, kyk vir DIE boodskap wat aandui dat sy nie meer hier is nie. Heeltyd gedink sy sou iewers in die vroeë oggend ure sterf. Maar niks….dae kom en gaan. Sleep verby maar gaan ook vinnig terselfde tyd….
Die Donderdagaand jaag ons weer deur want ons dag dis nou so. Sy lyk sleg. Ek gesels met haar speel praise en worship. Kry reaksie maar is so oorweldig ek weet nie wat om te gesels nie.
Toe vang my oog die klip. Die wit klip op haar bedkassie. Ek lees die skrif. Wow. So uit die hemel uit….ek wonder wie dit daar gesit het….vind later uit dis my middel sussie. Ek het nie eens geweet daardie skrif bestaan nie….
Ek sit en kyk vir haar en dink by myself – hoe lank gaan ons nog so sit? Hoeveel dae of weke?
Iemand anders vertel my haar pa was 28 dae in ‘n koma voor hy gesterf het.
Ek bid tot die Here en vertel vir Hom hoe moeg ons is en dat ons nie meer die kan doen nie. Sy lewe maar is lankal weg. Dis ‘n aardige plek om te wees.
Sondag 16 Julie 2017 is haar wedloop op aarde voltooi. In die middag nogal nie in die donkerte van die nag nie. Dis verby. Sy is weg. Vir ewig….tot ons mekaar weer sien in die Hemel maar tot dan voel sy soos ‘n “figment of my imagination”. Asof ek na ‘n fliek gekyk het. Asof sy eintlik nooit hier was nie om mee te begin….
Ek besef dat die minder as ‘n week wat sy in ‘n koma was ‘n absolute seën uit die hemel was en dat God goed was vir ons. En met seën bedoel ek dat Hy ons langer lyding gespaar het en dat ons dankbaar moet wees dit was minder as ‘n week….Sy genade is waarlik groot....
Spring vorentoe

Spring vorentoe – Saterdag 8 Julie 2017. Ons (probeer) beurte maak om te kuier by my ma in die hospitaal sodat sy nie alleen sal wees nie maar dit werk nie so lekker nie want ek bly ver en moet reistyd in ag neem en ‘n drie jarige wat “clingy” raak by tye en ‘n kliënt wat in die middel van groot transaksie is wat druk plaas om goed klaar te maak….
Dit was nog nooit vir my ‘n vreemde verskynsel om op ‘n naweek te werk nie, ook nie as my ma siek was nie. Ek het gedoen wat ek kon en moes, i.t.v. werk, en dan weer probeer tyd maak om by haar te wees en aandag aan kinders te gee en net almal gelukkig te hou.
Daardie naweek was nie anders as vorige ander kere nie…..
Ek maak klaar met wat ek moes doen en ry deur hospitaal toe. Genadiglik is Little Company of Mary (of Life Groenkloof soos ons hom nou ken en roep) se onkologie afdeling nie streng met besoektye nie.
Ek kom daar aan vroegmiddag se kant, dink net na middagete. Sy slaap. Ek kyk na haar en dink in my hart dat sy dalk eerder slaap as besoekers nodig het op die stadium.
Sy lyk so oud. Weerloos. Ek voel magteloos want ek kan niks doen as om te sit nie. Ek probeer stil wees om haar nie te pla nie. Kyk maar deur Facebook op my foon (mens kan net soveel FB in my opinie).
Ek weet nie hoe lank ek gesit het nie….sy word wakker. Lyk verbaas om my te sien. Beduie vir my van ‘n Telkom rekening wat sy moet betaal en of ek dit kan doen vir haar.
Ek weet nie wat om te gesels nie. Vra maar hoe dit gaan en hoe sy voel. Praat oor die kinders en allerhande ditjies en datjies. Kan nie regtig die gesprek onthou nie. Ek weet ek het omverskoning gevra dat ek nie vroeër daar was nie. Trek my skouers op -werk- is my antwoord.
Sy knik en sê sy verstaan. Volgende oomblik, uit nêrens uit, sê sy dat sy nie weet hoe ons dit reg kry nie.
“Wat reg kry ma?” Vra ek. Heeltemal deurmekaar want dit pas nie in by waaroor ons gesels het nie.
“Om die druk te hanteer” is haar antwoord. Ek frons. “Druk?” Vra ek.
“Ja druk” bevestig sy. “Jy weet toe ek jonger was, het ons stelselmatig gewoond geraak daaraan. Die druk. Die veranderinge. Maar julle” en sy wys na my “julle moet dit net doen. Net hanteer die druk.”
Ek kyk na haar HEELTEMAL uit die veld geslaan. Waarvan praat ons nou? Wonder ek. Maar ek beaam wat sy sê en die gesprek gaan weer in ‘n ander rigting.
Ek vertel haar dat ek nie Sondag kan kom nie. Die kliënt druk vir die state om klaar te kom, verduidelik ek. Sy knik en sê sy verstaan.
Sondag kom en gaan en ek werk en wees ma en vrou en wat ookal van my verwag word hier by die huis daardie dag.
Maandag is ek in ‘n vergadering. Net na die vergadering sien ek my suster het gebel of bel my ek kan nie meer onthou nie.
“Die kanker is terug” hoor ek haar sê. “Oral in haar hele lyf”. Ek frons weer (iets wat ek baie doen as jy vir my gesig kyk met al die lyne tussen my oë).
Ek sê “Dis reg ek sal deurgaan maar eers vanmiddag want ek moet nog ‘n vergadering bywoon. Een wat ek nie kan herskeduleer nie.”
Dis weer die een aan wie se goed ek gewerk het die naweek. Jy sien almal druk. Almal eis hul pond vleis. Ek is in die vergadering en dit kan nie gou genoeg klaar kom nie. Ek knip geselsies kort na die tyd en maak verskoning.
“My ma, kanker versprei en terug” is die rede.
Ek jaag huis toe, tel die kinders op (want ek het niemand om hul by te los nie). Koop my seuntjie (toe ? om met ‘n Lego by Makro sodat hy net in die kar klim en onnodige tyd nie verloor nie.
Jaag by Makro in, soek wat ons soek, koop wat ons moet koop. Maar in die tussen tyd het dit spitsverkeer geword. Ek ry om my pa op te tel by my sussie se huis sodat ons saam kan deurgaan na my ma toe.
Die kinders kla hulle is honger toe ons by my ma is. Hulle sien haar sappies in die yskas en broodjies wat sy nie geëet het nie. Vra vir dit. Ek raas ongeduldig want sy het die kos en sap meer nodig as hulle. Sy is siek.
Sy sit op die bed en lyk weerloos. Sy eet haar sop. Mors op haar ken en kom dit nie agter nie. Vertel my hoe vreemd dit is dat sy nie kan loop nie. “Skielik vanoggend” vertel sy my.
Die kinders is besig. Raas. Maak dit onmoontlik om te fokus op ons gesprek. Ek bly net 45 min en sê ons gaan maar ry want die kinders is oral en hulle ontwrig die hospitaal en ek is bang ek word uitgegooi en verban omdat my kinders besig is.
Min het ek geweet dat dit die laaste wedersydse gesprek sou wees. Die laaste keer dat ek haar wakker en helder sou sien.
“Little did we know…..”
“Rewind” en “Fast Forward”

“Rewind” na 1 Julie 2017. Dis my ma se 70ste verjaarsdag. Tussen ek en my susters beplan ons ietsie om die groot mylpaal te vier. Toe iewers in die week word dit afgestel, dink omdat sy nie lekker gevoel het nie en toe is dit weer aan vir die vieringe.
Ek gaan doen die oggend my naels. Stop by Woollies vir “butternut” sop want met al die aan af van reëlings kon ek nie by sop maak uitkom nie….nie eens te praat van werk en goed wat moes klaar nie…..
Ons gaan deur na my sussie se huis in Pretoria. Daar aangekom sien ek die decór is reeds uitgesit en gedek en reg gemaak. Lyk heel “fêncy” met swart tafeldoeke, blomme, vetplantrosies, kos, servette en allerhande “grocieries” om dit nie na net nog ‘n ete wat aanmekaar geslaan is te laat lyk nie…..
Ons kuier en gesels. Nie een keer kom een van ons agter dat sy seer het nie. Dat sy pyn het nie.
Ons ry huis toe en ek hoor later by my sussie dat sy die laaste een was om die aand die deur toe te trek voor almal gaan slaap die aand.
Min het ons geweet dat dit die laaste keer sou wees dat ons almal saam as familie sou kuier.
“Fast forward” weer na minder as ‘n week later. Die Vrydag na die 1ste Julie. Die 7de. My ma word weer opgeneem in die hospitaal.
Om die pyn te behandel. Ek is deurmekaar, verstaan nie. Sy het dan so goed gelyk die Saterdag. Niks gekla nie.
Nie te min is sy in die hospitaal en begin die op en af ryery Pretoria toe en terug. Die ritte is uitputtend want die pad word elke keer nog langer as jy ry. Heen en weer. Op en af. Kinders moet na gekyk word so ek is gewoonlik alleen in die kar wanneer my ma in die hospitaal was….
Ek sit elke keer een van Bethel se CD’s op. Sit die musiek kliphard. Veral een liedjie vang my oor elke keer.
Tot vandag toe dink ek terug aan daardie tyd as ek daardie CD hoor…veral op koue dae en in die winter. Mens kan nie anders as dat die musiek jou terug vat in tyd nie….emosies weer ervaar en deur werk…..
Min het ons geweet dat dit die laaste naweek sou wees wat sy wakker was, wat ons sou kon kuier…..
“Little did we know…..”
“Only two certainties in life”

“The only two certainties in life are Death and Taxes.” – Benjamin Franklin.
Hierdie is ‘n “quote” wat my altyd sal by bly. Ek het hom een maal in ‘n fliek gehoor, ek verbeel my dit was “Meet Joe Black” maar ek kan nie onthou nie….
Tot onlangs toe het ek gedink dit was ‘n “movie quote” tot ek dit ander dag gaan “google” het. Toe vertel Google vir my dat Benjamin Franklin dit gesê het.
Toe ek vandag gaan “google” (bloot omdat ek die regte persoon se naam wou kwoteer in vandag se inskrywing) sien ek dat ek toe nou ‘n paar goed verkeerd het gemeet aan Google se standaarde.
Die eerste was dat ek die woorde HEELTEMAL verkeerd gehad het….ek het hom altyd as “Two things in life are certain – Death and Taxes” wat op dieselfde neerkom maar nie die oorspronklike woorde wat geuiter was korrek neerpen nie.
Die ander ding wat ek verkeerd gehad het is dat Mark Twain dit ook gesê het en Google so effens sy eie debat het hieroor soos wat die SKERMGREEP (weer my GROOT Afrikaanse woord) aangeheg getuig.
Hoe dit ookal sy en wie dit ookal eerste geuiter het was reg in my opinie.
Nou wonder jy seker hoekom ek nou oor so ‘n morbiede tema gesels…..
Jy sien die eerste ding – ek werk met een van die “certainties of life” – Belasting. Dag in en dag uit, jaar in en jaar uit. Dis wat ek doen vir ‘n lewe. Ek maak somme en ek vertel vir mense dat die regte ding om te doen is om jou belasting soos ek hom bereken het te betaal.
Dit staan immers in die Bybel dat ons die Keiser moet betaal wat hom toekom. Baie mense het al ‘n verwronge verdraaïng (spelling???) van die Bybel teks gemaak. Baie sal vir jou sê betaal die Keiser wat hom toekom en nie wat hy verdien nie.
Nou ja dis gewoonlik in daardie deel van die gesprek wat ek maar net stilweg glimlag en nie verder redeneer nie want die Bybel leer my ook wanneer en met wie ek moet redeneer….as jy wonder dink ek dit was in Spreuke vervat….ek sal nog daardie vers gaan soek. Maar dit kom daarop neer dat mens nie in ‘n debat met ‘n dwaas betrokke moet raak nie (dis nou wragties my eie interpretasie en nie ‘n verdraaïng van die skrif nie).
Nie te min noudat jy weet wat ek doen elke dag wil ek die ander punt aanraak van die befaamde woorde.
“Death”….die dood is so deel van ons as mense se bestaan…..oral om ons gaan mense dood en deesdae voel dit vir my of daar soveel aan die dood afgestaan word a.g.v. die Covid19 pandemie….
Nou die dood deel gaan nie oor kennisse wat dood is nie. Nie my ouma of oupa of een of ander verlangse oom of tannie nie.
Nee, hier praat ek van my Ma. Jy sien 16 Julie merk die datum wat sy haar resies op aarde voltooi het.
Ek wou al my woorde in hou tot Vrydag toe en vroeg opstaan en my hart uitstort hieroor en net nog ‘n stappie nader aan “oor” dit kom gee….
Maar die woorde en goed begin maal in my kop. Ek het baie om te sê en het besluit ek sal dit opbreek in kleiner inskrywings meer gereeld die week…..
Nou ja, noudat ek dit verduidelik het voel dit of ek vergeet het wat ek eintlik wou sê…..jy sien ek het geweet ek wou dit so gou moontlik neerpen sodat ek nie vergeet nie en dat ek die regte goed vertel wat hier binne in my woed…..
O ja, daar het ek hom nou. My ma wat dood is.
Ek het altyd na ander mense gekyk wie se ouers oorlede is. Gesien hoe hulle “normaal” funksioneer, gesels, grappies maak en nie in ‘n hopie sit en huil die heeltyd nie.
Ek het altyd na hulle gekyk en gewonder HOE DOEN JY DIT???? HOE GAAN JY NET AAN ASOF ALLES OK IS?
Ek onthou so baie en so min van daardie laaste week wat sy in ‘n koma was…..dis die vreemdste gevoel. As ek terug dink aan haar is dit asof sy nooit hier was op aarde nie.
Dis asof ek terug kyk na ‘n fliek wat voor my afspeel waarvan ek die hoofkarakter is en amper niks van my lewe saam met haar kan onthou nie.
Die dag wat ek die oproep gekry het is amper vir my gewees soos daardie tonele in ‘n fliek. Waar alles om die persoon stil word, alles in “slow motion” beweeg. Jy nie weet of jy moet huil of nie. Hoe die trane net vloei. Hoe jou gesig trek van die pyn wat jy in jou hart voel.
Hoe jy nie gou genoeg by die hospitaal kan uitkom nie (hoekom weet ek nie want sy is mos dood???? En ek wil vir seker nie ‘n dooie mens sien as ek dit kan help nie).
Hoe die hospitaal se deure vir een of ander onverklaarbare rede toe was dat niemand dit kan oop kry nie. Hoe jy sit op ‘n stoeltjie en wag en nie weet wat om te doen nie en hoekom jy eintlik daar is nie.
Hoe jy met ‘n vreemde tannie gesels (ek doen dit nog my lewe lank – om met vreemdelinge te gesels) en hoe sy jou vertel dat sy haar “mammie” op ‘n jong ouderdom, iets soos 13, aan die dood afgestaan het.
Hoe jy uiteindelik binne kom en nie weet wat om te doen nie. Die vraag wat in jou kop maal vra “Was it peaceful?” Na al die toetse se tekens gedui het op ‘n bloeiende dood (ek mag verkeerd wees maar dis hoe my sussie dit vir my verduidelik het na sy weereens al die syfers en tellings en “stuff” geinterpreteer het).
Hoe jou pa jou nader trek en sê “Kom kyk. Kom groet vir ma.” Hoe ek staan en dink HOE??? Sy is weg.
Hoe ek om die hoek loer en haar vel kleur sien. Die dood se kleur. Grys groen. Die pienk blommetjie op haar bors. Haar arms bedek deur die lakens.
Hoe ek weer uitgaan en besluit NOOIT WEER NIE. Nie weet of ek daardie besluit sal kan deur voer nie….maar dis hoe ek gevoel het op daardie oomblik…..
Hierdie is ‘n kykie in my lewe….die harseerste hartseer wat ek nog tot op datum beleef het…..hoe ek gevoel het op daardie oomblik. Ek weet nie of almal so voel nie maar dis hoe dit vir my was.
Onwerklik. Iets uit ‘n fliek uit.
Genadiglik ken ek die Skepper en WEET ek dat HY my die krag gee om staande te bly.
Dat dit net Sy genade was en is dat ek hier, amper 4 jaar later, die inskrywing kan maak…..
Word vervolg- soortvan….
My nooi is in ‘n Nartjie

My nooi is in ‘n nartjie
My ouma in kaneel.
Daar’s iemand….iemand in anys
Daar’s ‘n vrou in elke geur!
Gisteraand terwyl ek aandete voorberei en die kondensmelk met die “mayo” meng vir koolslaai, begin die woorde te dans in my kop.
Bo is die eerste strofe van die baie bekende gedig Sproeireën wat tot vervelens toe op skool ontleed en behandel was….geskryf deur DJ Opperman.
Ek kon op skool nooit gedigte verstaan nie. Kon nooit verstaan HOEKOM moet ons iets wat iemand anders geskryf het verstaan en ontleed nie…..?
Nou om weer terug te kom na die kondensmelk toe. Ek grinnik by myself soos wat ek getempteer is om ‘n happie te proe. My gedagtes dwaal na ‘n vriendin wat ‘n blikkie kondensmelk “opvreet” soos sy dit noem.
Ek kyk na die kondensmelk en val tog maar vir die versoeking….vat ‘n happie…..o liewe hemel die lekker speel rond in my mond. Nog ‘n happie….o jinne nou is dit genoeg….kan nie nog nie. Dis te soet….
Dan dwaal my gedagtes vanoggend verder….nog ‘n vriendin is in koffie en nie in stysel nie (jip dieselfde vriendin).
So begin ek te wonder en my oog vang die skilderytjie wat ek in 2019 vinnig aanmekaar geslaan het omdat my hande iets gesoek het om te doen…..die “handlettering” is nou glad nie iets wat ek op trots is nie, want ek het net geskryf en niks van “handlettering” geweet nie. Maar ek is bly ek kan gereeld na hom kyk, dit wys my elke dag waar ek was met my kuns en is awesome om te sien waar ek nou is en gevorder het!
Terug na die skildery…..2 Korinthiërs 2:15 leer my dat ons ‘n aangename geur moet wees. Dis nogal waar dink ek. Reuke en smake vat mens amper oombliklik terug na die eerste keer wat jy dit geproe of geruik het. Koppel die positiewe en negatiewe van die gebeurtenis wat saam met die reuk en smaak gebeur het….
So begin ek NOG meer dink (onthou nou ek is ‘n “over thinker”) en ek begin te wonder watter geur laat ek na?
As iemand nou ‘n “memorial” van my moet skryf, wat sou hulle skryf?
Wat sal my kinders van my onthou? ‘n Mamma wat ALTYD geraas het oor betyds wees, skool werk afhandel, te veel rondlê voor die TV en nie wil gaan bad wanneer dit badtyd is nie?
Wat sal my man onthou? Die vrou wat elke dag amper (ok nie so erg nie) “meltdowns” het oor een of ander wet wat ALWEER in werking tree en ons daaglikse take net NOG langer maak om te kan finaliseer?
Wat sal my vriendinne onthou? En die res van my familie?
So dink ek en dink ek hieroor na….ek weet eerlikwaar nie WAT daar van my onthou sal word nie.
Wat ek wel hoop en bid wat hulle van my sal onthou is die positiewe….dat ek lief is vir Jesus en die Here en op enige geleentheid wat ek kan en kry SY naam en woord probeer verkondig…..
Ek dink weer verder….ek kan amper my eie gedig skryf….van mense wat ‘n impak gemaak het in my lewe….dit rym nou glad nie en ons noem dit sommer die “fêncy” term van ‘n gedig wat geen rympatroon het nie (wat ek nou wragties nie kan onthou nie).
My man is in ‘n grappie,
My seun hou van ‘n “gamepie”,
My dogter is lief vir teken en inkleur,
Fudge die hondjie is ‘n snorkie,
Carolus die pappagaai eet en praat net.
‘n Vriendin is in kondensmelk,
‘n Ander vriendin staan altyd reg met koffie, gereed om my van kos en stysel te leer.
Ander mede “Cross-Fitters” motiveer my wanneer ons oefen,
En die stilles luister altyd aandagtig na my gesanik….
Daar is voorwaar iemand spesiaal in elke liewe ding.
Groot of klein. Jy moet hom net gaan soek….
Nou ja, ek kan nou nie sê “I am a poet and did not even know it” na my poging bo nie, maar ek glo jy verstaan wat ek bedoel.
Die vraag wat ek wil los by elkeen wat die “post” lees is – watter geur is jy? Wat is die een ding wat almal jou aan sal onthou?
“Unprecedented”

Unprecedented. Daai is nou vir jou ‘n woord wat ek baie gehoor het in 2020. Ek het nie lekker verstaan wat dit beteken nie, toe gaan “google” ek dit maar.
Nou soos wat Mnr. Google-ek-weet-alles getuig, is dit iets wat onbekend is of nog nooit gedoen was tevore nie.
Ek laat dit daar en jaag soos ‘n F1 drywer deur 2020. Stadig om die draaie en volspoed op die “straights”. Soms was daar spoedhobbels wat mens se spoed breek, soos die een kwartaal van “home schooling” (NOOIT weer nie sê ek jou. My kinders moet dan maar self-studie doen of ‘n jaar herhaal maar DAAI mal perd saal ek nie gou weer op nie) of die ander groot spoedhobbel was toe ons geliefde Dora, “my sister from another mister” siek was met Covid.
Sy was ‘n hele maand af om te herstel. En dank die Here Hy het haar genees! Nou ja om terug te kom na my punt toe, 2020 het in ‘n oogwink verby gegaan en ek dink 2021 voel “uit” en het besluit om ook maar die kar op “cruise control” te sit sodat hy ook lekker vinnig sy baan kan klaar maak.
So het ek glad nie weer aan die verskriklike groot woord gedink nie. Maar laas week begin hy in my kop maal….stap draaie soos iemand wat doelbewus ‘n paadjie wil uittrap in die nuwe grasperk….op en af.
Nou ek het al geleer dat as iets so kom kuier en vir my loer dan moet ek ietsie daaroor skryf anders bly hy daar soos ‘n onwelkome gas wat nie sy plek ken nie en almal ontwrig.
Unprecedented. Dis nou ‘n woord. Almal gooi hom rond soos ‘n bal. In elke sin en aanlyn artikel het hy sy opwagting gemaak in 2020. Hy het omtrent ge”score” soos wanneer jy ‘n sokker bal in die net in skop.
Almal dink dit wat nou gebeur is “unprecedented” en in ‘n mate is hulle reg maar ook nie reg nie.
Laat ek verduidelik.
Die is vir seker nie die eerste pandemie wat die wêreld gesien het nie en heelwaarskynlik ook nie die laaste nie.
Die tipe virus is vir seker ‘n “nuwe” ding as ek dit nou so kan noem. Hy maak mense vinniger dood en siek as vliëe gif wat op vliëe gespuit word.
Dis hierdie onsigbare ding waarvan ons wegkruip en probeer verhoed om in kontak mee te kom. Die onsigbare monster met ‘n naam…..
Ander eerstes is dat almal van hul huise af werk, baie infrastrukture is so verander en opgestel dat jy landlyn oproepe van die gemak van jou selfoon kan ontvang en vergader in die gemak van jou slaapklere en japon (kamera’s af natuurlik ?).
Maar dan dink ek daar het soveel ander goed op aarde gebeur wat ons as net “stories” lees. Ek praat natuurlik van die Bybel….
‘n Paar voorbeelde het ook begin kuier in my kop – die tien plae en die Rooisee wat oopgegaan het dat die Israeliete op DROEË sand deur gestap het.
Dis ook “Unprecedented” gebeurtenisse…..ek wonder net HOE LANK die 10 plae geduur het. Dit was sekerlik nie 10 dae nie was dit?? Vir al wat ons weet het die Egiptenare gebukkend gegaan oor “unprecedented” plae vir weke of maande….dankie tog ons het nie in daardie tyd geleef nie….
Sosiale media het nie bestaan nie so daar was seker nie so baie vals nuus en onsekerheid oor wat om te doen nie…..
Dieselfde met die Rooisee wat oopgeskuif het….dink jy hulle het in ‘n uur deur gestap? Glad nie!!! Dit moes dae geneem het….daar was paar MILJOEN mans waarvan die Bybel praat en dan moet jy nog vrouens en kinders by tel…..
So as jy weer die woord “Unprecedented” lees, onthou maar van die ander gebeurtenisse waarvan die Bybel getuig. Dis dalk “unprecedented” vir ons wat tans op aarde is ja, maar nie noodwendig vir die mensdom nie….
Laat mens dink nê?
Korporaal Skuldgevoel

Vir die wat dit gemis het – 12 Mei 2021 se inskrywing het hom beskryf en hoe hy mens laat voel.…
Die nag is ook belangrik

Nie lank na die son haar arms kom strek het oor die horison nie, het die maan besluit om ook te kom “afshow”. So op ‘n statige manier. Soos wanneer jy mooi aantrek vir ‘n “fêncy” funksie. Jy weet, aandrok, blink juwele, hoë hakskoene….
Die maan het haar romantiese sy kom wys, haar lig helder genoeg geskyn deur die boom se blare. Die bietjie wat nog oor is. Want, onthou jy, die winter is besig met sy boksgeveg en die blare val een na die ander, dag na dag.
Die maan het die wolke om haar gedrapeer, amper soos ‘n bruid se sluier. Sy het die wolke net genoeg kans gegee om haar mooi gesig te wys, net soos wanneer die bruid se sluier gelig word en haar bruidegom haar sien vir die eerste keer daardie spesiale dag….
Soos wat ek vir die maan kyk voel ek ‘n fluistering in my binneste….die Heilige Gees wys vir my dat die Here in die donker is ook. Ons word soms oortuig dat die donker net sleg is….
Die Here het die donker en nag gemaak sodat ons kan rus….met ‘n sagte lig om net genoeg te wys sonder om jou helder wakker te maak as jy sou besluit om op te staan deur die nag.
“Don’t despise the darkness” hoor ek Hom sê. “For He who created the world, the stars and you whom he called by your name even before you were born, created the night so that you may rest. For your flesh is weak and needs the rest. Take it with open hands and make the best of each night too.”
Ek dink ‘n rukkie na oor wat ek gehoor het. Ek hoor en ek verstaan.
Soms wil ek nie gaan slaap nie want ek wil net nie. Ek kan nie vir jou ‘n rede gee oor HOEKOM nie. Ek kan net nie.
Ek is verby moeg maar kan nie slaap nie. Ek weet ek moet….
Ander aande voel die nagte lank. Ek word baie wakker en kyk op die horlosie. Soms verlig as ek sien ek het nog 5 tot 6 ure oor om te slaap. Ander kere verbaas dat ek so uitgerus voel na net 3 ure se slaap.
Ek kyk weer na die maan en weet dis die teken dat dit tyd is om te rus….maak nie saak wat alles nog moes gebeur by die kantoor nie. Maak nie saak wat wat môre gaan gebeur nie.
Op hierdie huidige oomblik is dit die belangrikste ding om te doen – rus wanneer jy moet sodat jy die vreugde van die oggend met ope arms kan ervaar.
Die maan knipoog vir my voor sy weer haar wolkesluier oor haar gooi sodat niemand haar gesig kan sien nie…..
“Rat race”

Rot-resies….nee dit klink net nie dieselfde in Afrikaans nie.
Doodgewone “Rat Race” klink beter. Meer beskrywend sou ek sê.
Die woorde maal al vir lank in my kop rond. Die gejaag na niks. Vir wat? Hoekom? Alles is ‘n gejaag.
Terwyl ek in my hamster wielietjie hardloop, vinnig oppad na nêrens, kyk ek om my. Sien ander mense in hul wielietjies ook vinnig oppad na nêrens. Nie “going no where slowly” nie.
Met die eerste oogopslag lyk die ander mense om jou se wiele beter as joune. Jy verbeel jou dat hy nie ‘n “squeeck” of “tjirrrr” geluid maak nie. Dit lyk vir jou ook of hul wiele nie vashaak nie. Hulle modelle lyk of dit “aircon” in het en eerste klas remme. Dit lyk of hulle met gemak kan stop sonder om hul voortande uit te val of “whip lash” te kry van te vinnig stop.
Maar die realiteit is, ons almal is eintlik op dieselfde plek in ons lewe. Niemand se wiele het “aircon” of “ABS” nie. Niemand kan die spoed stadiger maak sonder om iets prys te gee nie. Almal sin raas….hierdie “tjirr-tjirr-tjirr” heeltyd terwyl jy hardloop.
Dit raas. Dit raak te veel. Dit hou nie op nie. Dit hou net aan. En behoede jou as jy durf ‘n “water break” neem. O nee liewe land jy mag nie! Jy kan nie weg gaan om te rus of batterye te herlaai nie! Jy moet dan teen Maandagoggend 8 uur al gereageer het op die kliënt se epos wat die vorige Vrydagmiddag 4 uur ingekom het.
Wat is fout met jou? Hoekom kan jy dit nie doen nie?
Ons is op verlof maar dan sit en werk ons. Hoekom? Mis uit op behoorlike tyd saam ons kinders. Teen die tyd wat dit aand is, is ons alweer moeg. Te moeg om tyd saam met hulle te spandeer. Leeg want jou eie tenkie is dolleeg.
Jy skraap met die grootste skraper (soos wanneer jy ‘n koek beslag uitskraap) binne in jou tenk en niks. Nie ‘n tritsel iets om te gee nie. Niks. Nothing. Nada. Finito. Gonners. Weg.
Jy gesels met mense. Vra vir hulle of dink hulle dis omdat ons ouer word of is dit omdat tye verander?
Niemand het regtig ‘n antwoord nie.
Ek persoonlik dink dis ons wat meer wysheid het. Besef dat die lewe verby jou gaan en dat Salomo se woorde baie meer waarheid het as wat ons besef. Gejaag na wind. Hy was mos die slimste man op aarde. Niemand voor of na hom sal so slim wees soos hy nie.
Ek wonder hoe oud was hy toe hy Spreuke en Prediker geskryf het?
Vandag stuur iemand vir my ‘n Tik Tok video van Jeremy Camp se een liedjie. Vir my is dit nuut. You tube getuig dat dit al ‘n jaar terug opgelaai is.
Keep me in the moment.
Ek luister die woorde. Kyk die You tube video. Identifiseer met die man wat vir sy pakkie papiere kyk wat met “paper clips” vas is en vol is van “post it notes” met rooi pen gemerk “Due Monday”. Wat nagte deur werk net om voor te kom.
Ja ou, ek verstaan. Alles is “due Monday”. En nie “next Monday” nie. Meer soos “last Monday” gister, in die verlede. “Overdue”.
Ek besef ek is nie die enigste een nie. Miskien is dit die wysheid wat begin inskop? Die moeg word van gejaag na niks.
Ek gaan soek die liedjie op Spotify, merk hom as ‘n gunsteling.
Ek wil hom oor en oor luister. Indrink, nee in week in my gees in. Dat die woorde uit sal drup soos wanneer ‘n spons in water was en jy tel dit op.
Versadig van die woorde. Versadig van God se gees wat vir jou ander planne en ‘n ander uitweg gee.
Iets wat volhoubaar is. Nie die huidige gejaag nie…..die marathon na die eindstreep toe.
Wat dit is weet ek nie. Verandering weet ek is oppad. Hoe weet ek nog minder. Al wat ek weet is “wanneer”.
“Hoe weet jy wanneer?” Vra jy dalk. “Op God se tyd.” Is my antwoord.
“Because God is always terribly on time.”
My gebed is dat dit gou is. Terwyl ons mekaar nog kan geniet as gesin en tyd saam spandeer.
Ek weet die Here antwoord gebede. Altyd op Sy manier en tyd.
Ek weet ook dat Hy my desperaatheid sien en hoor.
Ek hoop nie Hy het al oorpluisies ingesit nie. Om my nie meer te hoor nie want ek is ‘n “Nag bag”…..
Gelukkig ken ek MY God. Hy is nie so nie. Hy is net besig om die laaste voorbereiding te doen sodat alles perfek in plek sal “val” en moeiteloos sal gebeur…..
Sonsopkoms

Die son strek haar arms oor die horison. So asof sy kom vertel hoe lekker die nag was vir haar….
Sy neem haar verfkwas en begin die donker lug inkleur met die mooiste warm skakerings van geel, rooi en oranje.
Niks is oordadig nie, al die skakerings “blend” mooi in. Lyk perfek, mooi.
Dit voel vir my asof sy kom vertel dat al is dit koud en vaal, al is die winter besig om die eerste paar rondtes van die boksgeveg met Herfs te wen, sy steeds hier is om dit op te helder.
Elke sonsopkoms laat my dink aan die bybelvers Ps. 30:6 “want ‘n oomblik is daar in sy toorn, ‘n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.”
The joy ALWAYS comes in the morning.
Altyd.
Ek verstaan nou hoekom.
Die son kom kleur alles in en hang haar kosbare ligbal in die lug vir almal om te sien en te geniet tot dit weer tyd is om te gaan slaap en te rus.
Sy herinner my dat daar vreugde te vind is in elke dag. Altyd.
God se prinses

Gisteraand lees my 7 jarige dogtertjie (ja kan jy glo my baba lees al!) die titel van die boek (foto aangeheg by hierdie inskrywing).
Sy klank hom uit en vra vir hulp met sommige van die woorde. Sy vra toe wat sy gelees het. Ek lees die titel “Bybelstories vir God se klein prinses” weer vir haar.
Sy kyk my met ongeloof aan, sê-vra vir my “Is EK God se klein prinses?”
“Ja!” Antwoord ek haar. “Jy is Sy prinses!”
Sy bly ‘n oomblik stil. Toe raak sy baie opgewonde en sê baie trots “EK is SY prinses!” Sy giggel en spring van geluk.
Ek kyk haar so en dink by myself, DIS hoe opgewonde ONS moet wees om SY kinders genoem te kan word.
Dit het my verbaas, die opgewondenheid en onskuld van ‘n kind. Hoe opgewonde sy kan raak oor ietsie soos dit.
Maar ek dink weer. Hierdie is nie ‘n “ietsie” nie. Dis GROOT.
Dit verdien om die opgewondenheid en gejubel te kry, net soos wat sy oomblikke tevore gemaak het met haar opgewonde dansie….
Ongelukkig, met tyd, word die groot ding in ons lewe, om SY kind genoem te word afgemaak as ‘n ietsie “nice”. “A nice to have” amper wil ek sê.
Ons leef in ‘n wêreld wat nie ewigheidswaarde verstaan of ken nie.
‘n Wêreld waar mense jou getuienis afmaak as iets wat fout is met jou en die boodskap mis. Wat nie saam opgewonde raak as iemand hul hart vir die Here gee nie.
‘n Wêreld wat nie verstaan hoe groot dit is om SY kind genoem te word nie.
‘n Wêreld wat nie verstaan hoe bevoorreg ons is om Hom te ken nie. Om Hom vrylik te kan dien nie. Om wonderwerke te kan beleef al is dit in die geringste dingetjies van ons alledaagse roetines of groot besluite in ons lewens….
Ek sit weer hier met ‘n dankbare hart. Dankbaar dat die Here my kinders vir my geleen het vir my tyd hier op aarde. Dankbaar dat Hy vir my ‘n seun gegee het wat “random facts” opnoem en ken soos wat jy 1+1 ken.
Dankbaar dat hy vir my ‘n huppel reënboog dogtertjie gestuur het.
Beide om my aan Sy goedheid en grootheid te herinner op verskillende maniere.
Dankie Here dat ek U kind genoem kan word! Ek sien al hoe my geesmens huppel en lag van plesier, hoe sy dans met Hom wat haar gemaak het terwyl die reënboog en sonskyn die agtergrond versier en afrond.
Te veel studie ooreis die liggaam

Prediker 12:12 – Die hoogtepunt van die skrifvers onthou ek uit my 1983 se Bybelvertaling. “Te veel studie ooreis die liggaam.”
Toe ek studeer het (graad, honeurs en raadseksamen x2) het ek gereeld die skrif gekwoteer as ek moeg gevoel het en nie meer verder kon of wou leer daardie dag nie.
Ek het grappenderwys dit gereeld vir enige iemand meegedeel wat moeg gelyk het wat studeer het.
Min het ek eintlik besef die waarde aan hierdie skrif. Salomo was voorwaar ‘n wyse man. Net vanoggend dink ek weer aan daardie skrif en hoe dit vir my voel dat dit in die bybel opgeteken is vir ‘n tyd soos die waarin ons nou is.
Al die veranderinge in wetgewing a.g.v. al die onreëlmatighede wat gebeur in hierdie hele wêreld (nie net SA nie) is besig om mense te dreineer. Uit te put. Moeg te maak. Te ooreis.
Ek is seker “Continious Professional Development” of CPD soos ons daarna verwys het nie in die bybel se tyd bestaan nie.
Hoe meer ek daaroor dink hoe meer verstaan ek dit. Die bybelvers nou, nie die CPD nie. Want dit ooreis my….die CPD.
Jy sien ek voel moeg, my liggaam voel ooreis. My brein voel of hy kort sluitings maak die hele tyd. Of hy op die punt is om uit te brand soos wanneer twee elektriese drade aan mekaar raak en brand en saam smelt. So voel my brein. Ek weet nie hoe om dit anders te beskryf nie.
Ek lees oral van Pandemie moegheid en dink dit dra by tot alles. Ons almal is moeg van die pandemie en sukkel met Pandemie moegheid.
Ek is seker jy kan baie onaangename name vir die Pandemie gee….paniek, angs, moegheid en so gaan die lysie aan.
Ek dink dit gaan oor hoe mens dit hanteer.
Terug by CPD. Ek verstaan presies wat Salomo bedoel het met die skrif.
Jy sien, wanneer jy studeer en graad vang en honneurs kry en die titels agter jou naam kan skryf as CA (SA) RA dan stop die studies nie.
As 23 jarige het ek gedink dis verby, klaar en dat ek eindelik ‘n lewe kan begin lei.
Dit was nie heeltemal onwaar nie. Ek HET begin leef. Goed begin doen, nie meer pal agter die boeke gesit en naweke om studeer en slapelose nagte ervaar oor eksamens nie. Nagmerries kry dat ek laat gaan opdaag vir ‘n eksamen of dat ek vir die verkeerde vak leer. Ekonomie leer en dan skryf ek eintlik Rekeningkunde of Belasting.
Maar die studies het anders geword. Ek skryf nie meer eksamens elke keer nie, doen wel paar vrae oor die kursus om die sertifikaat te kry wat bewys ek het die ure gedoen so dit is seker maar klein toetsies maar as ek dit nie slaag nie is dit nie die einde van die wêreld nie. Jy doen hom weer tot jy hom het. Hoef nie maande te wag voor jy weer kan skryf nie.
Tot en met Januarie 2020, was ons CPD vereistes van so ‘n aard dat jy elke 3 jaar 120 ure moes doen waarvan 60 geverifieër moes wees (met ander woorde kursusse en sertifikate). Die ander 60 is indiensopleiding wat jy oplees oor hoe om iets te hanteer.
Iemand sê einde laas jaar vir my dat dit (die hoeveelheid ure wat ons moes doen) die ekwivalent van ‘n Tersiêre diploma was. Die hoeveelheid ure.
Ek was geskok, alles maak sin! Vir jare is ek eintlik besig om diplomas te doen na ek reeds kwalifikasies het en super hard gewerk het om dit te voltooi en besigheid te stig en op te bou….
Die studies moet nou tussen alles deur ingepas word. Werk, besigheid, kinders, huwelik, familie, vriende.
Enige iemand wat kinders het weet dat dit nie daar stop nie. Dis huiswerk, kwaliteit tyd saam spandeer,
entrepreneursdae goed maak, sport dae, gimnastiek, en so gaan daardie lysie aan.
Die ander ding van CPD is dat dit toegepas moet word ook op werk wat jy doen. Maar die snaakse ding is daar is geen memorandum om jou werk en antwoord teen te meet nie.
Dit skep onsekerheid….doen jy die regte ding? Het ek reg onthou? Ander mense doen dit nie so nie….is ek dan verkeerd of weet hulle nie wat hulle doen nie?
Dis hierdie onsekerheid wat jou uitmergel en uitput. Moeg maak.
Dan herinner die Heilige Gees my aan wat Jesus gesê het – “Kom na my toe, almal wat moeg en oorlaai is, Ek gee rus.”
Ek probeer by Jesus se voete rus….alleen kan ek dit nie doen nie. Ek kry dit nie altyd reg nie. Ek laat soms toe dat die onsekerheid my onderkry en moeg maak.
Soos ek in ‘n vorige inskrywing gesê het – ek weet die Heilige Gees sal my herinner en help. Ek moet net vertrou…..
Ek weet dat die Here uitkoms sal gee. Hoe weet ek nie. Maar Hy sal….ek moet net aanhou glo en vertrou….by Sy voete rus en tyd saam Hom spandeer….alles gaan in plek val soos Hy dit bestem het vir my…..ek moet seker maak ek is ingestel om te HOOR wat Hy wil hê ek moet doen…..
Skinder
Juffrou Het-Jy-Gehoor Skinder….sy is ‘n oujong nooi….sy het geen verantwoordelikhede nie en het niks om te doen en haarself besig te hou nie.
Wat sy wel doen om haar dae om te kry, is om storietjies van ander mense oor te vertel vir enige iemand wat ‘n oomblik het om te luister.
Sy lyk ouer as wat sy is en sy vertel vir jou dat sy glad nie rook nie. Sy is ‘n geleentheidsroker en rook NET wanneer sy ‘n skinderstorie oorvertel….wat die heeltyd is so eintlik is sy ‘n kettingroker maar wil dit nie erken nie.
Soms vang jy haar waar sy oor die draadheining hang en met haar buurvrou gesels, met haar japon aan, ‘n “curler” in haar kuif en sigaret in haar hand.
Ander kere is sy netjies aangetrek, jy kan haar deur ‘n ring trek…hakskoene aan, grimering gedoen en sigaret in die hand…..
Sy begin altyd met “Het jy gehoor…..” en dan volg die res van haar storie, gewoonlik negatief en afbrekend (glad nie opbouend nie).
Wanneer sy ‘n skinderstorie oorvertel, gee sy ‘n dramatiese stilte tussen in, trek haar oë amper op skrefies soos wat sy die sigaret trek en die kooltjie vooraan bloedrooi word soos wat sy die rook inasem. Dan vertel sy die hoogte punt van die storie.
Die rook dampe hang om haar, ook so snaakse reuk en groen kleur….dis nie van die sigaret se rook nie. Nee, die dampe om haar kom uit haar woorde uit wat hang in die lug. Jy sien haar woorde wat sy uiter is meer toksies as die sigaret wat sy rook.
Haar stories is gewoonlik halwe feite, hoor-sê derde-handse inligting wat sy by iemand gehoor het wat iemand ken waaroor die storie gaan.
Jy sien haar stories is gewoonlik halwe waarhede wat eintlik maar net leuens is. Sy verlustig haar in ander se smart, swaarkry en vertel met smaak gewoonlik dit oor….sit so ietsie by net om die storie “op te spice”.
Ek hou haar op ‘n afstand dop.
Ek staan lankal nie meer in haar geselskap nie want die rook wat uit haar woorde kom bedwelm jou en trek jou in haar web van leuens en stories in.
Voor jy jou kan kry praat jy saam, kan jy nie wag om die volgende negatiewe storie oor te vertel nie…
Ek kan haar genadiglik vroegtydig identifiseer en myself betyds keer voor ek saam praat….voor my woorde ook toksies word en reuke en groen rook in die lug agterna laat…..
Geluk

Hierdie foto is een wat die meeste gedeel was op sosiale media (volgens my eie informele “survey”). Dit is ook een van die “posts” waarna ek verwys het in my vorige inskrywing.
Ek WEET net hier diep binne in my gees dat die Here besig is met iets GROOT. Hy is besig om mense oral oor op te rig om Sy kinders te help, te stig en te bemoedig.
Die tye waarin ons leef is vir seker eindtye. Of dit nou al die groot verdrukking is waarvan die Bybel praat, die kan ek nou nie bevestig nie.
Al wat ek wel weet is, ons as Christene moet ons getuienisse deel van HOE die Here ons deur ons moeilikste en donkerste tye gedra het. Dit bemoedig mense, stig mense, help mense en vat hulle nader aan God en die plan wat Hy vir ons elkeen het.
Dis ok as jy jou hart deel van jou moeilike tye. Dit help ander mense. Ons hoef regtig nie “pity parties” met blikkies wurms te hou nie. Neem eerder die positiewe uit dit uit, pas dit toe en soek God.
Net vandag kry ons Johannes 15 op ‘n groot bord buite iemand se erf soos wat ons gery het na iemand toe. So asof die Here dit wil skree dat ek kan hoor en net aanhou.
Soos Dory in Finding Dory gesê het – “Just keep swimming, just keep swimming, swimming, swimming….”
Hou aan om aan te hou. Nie “fake it till you make it” soos die wêreld jou leer nie. Hou aan om geanker en gewortel te bly in die wingerd. Daar gaan gesnoei word en dis die “tough times” waardeur ons gaan. Ons is besig om gevorm te word. Sodat ons beter kan word.
Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie. Inteendeel in Johannes 15 sê dit dat die wêreld jou gaan verwerp omdat jy Christus kies, so hoekom ontsteld wees as iemand iets van jou nie verstaan nie en kritiseer wat jy doen?
Vul jou met die Lewende water en jy sal nie meer dors hê nie. Eet van die lewende brood en jy sal nie meer honger wees nie.
DOEN Iets!

Oral op Facebook sien ek goed wat mense “post” oor dat dit “ok” is om nie “ok” te wees nie en dat jy nie moet wag vir iets om te gebeur voor jy gelukkig is nie.
Dit laat my weer dink dat alle mense uitdagings het in hul lewens. Sommige dra hul maskers en maak of als “ok” is en kyk jou snaaks aan as jy iets laat val oor hoe jy voel en behoede jou as dit enige kykie in jou eie lewe gee vir ander mense en as dit enigsins lyk of jy ‘n uitdaging beleef met iets.
Ek wonder maar net. “Why is it frowned upon?” Wonder ek in Engels want dit klink net beter in Engels jy weet?
Hoekom laat mense jou sleg voel as jy enigsins deel oor hoe jy voel? Dat jy soms in situasies sukkel met angs? Of dat jy nie van jou werk hou nie? Of dat jy stoei met karakters in situasies wat jou op ‘n sekere manier laat voel oor iets? Hoekom skinder mense oor ander wat sukkel met ‘n uitdaging?
Ek kan dit al hoor….”Het jy gehoor Sannie sukkel met angs EN sy hou nie van haar werk nie? Foei tog, die arme mens. Dink jy sy is ok? Wat dink jy veroorsaak dit? Dink jy sy gebruik ‘n ietsie om haar te help?” En so gaan die storie en bespreking aan….pleks dat mense vir jou bid en ondersteun….
Maar dit laat my dink…. Toe hoor ek nou die dag die liedjie van Matthew West “Do something”. My oor vang die woorde en ek luister aandagtig.
Met so ‘n lekker melodie is dit moeilik om nie saam te sing nie. Ek maak ‘n “screen shot” of SKERMGREEP (dis blykbaar die Afrikaanse woord) van die liedjie en dink ek wil iets hieroor sê op my “blog”.
Ek wag geduldig vir die woorde om in my kop te begin maal en vorm aan te neem. Ek wag om te hoor wat die Here wil hê ek moet sê.
Dan kom dit en borrel uit. Ek besef net al hoe meer (het dit geweet toe ek dit gestig het) dat die “blog” wat ek byhou ‘n bediening is wat besig is om te ontwikkel tot iets wat die Here wil gebruik om mense te help. Want, Hy kies stukkende mense om die stukkende mense in ‘n stukkende wêreld te help.
Hoe dan anders? Hoe kan jy empatie en begrip hê as jy nie self deur so iets gegaan het nie?
Nou as jy die woorde van die liedjie gaan luister sal jy besef dat ons elkeen ‘n verantwoordelikheid het om ‘n verskil en verandering te maak.
Dis wat die Here van ons verwag. Soms moet jy nie net BID vir iets om beter te word nie, jy moet iets DOEN ook. Jy moet nie wag vir die ou langs jou om iets te doen nie. Want hy gaan weer vir die ou langs hom wag en hy vir die een langs hom en so gaan dit aan dat dit opeindig dat NIEMAND iets DOEN nie.
Die doel van my “blog” is om ander wat deur soortgelyke situasies gaan te help, motiveer, stig. Te wys dat ons almal mense is. Ons almal uitdagings het. Is ek perfek? Glad nie! Kry ek altyd alles reg die eerste keer? “Nope!” Nie altyd nie! Dis nie ‘n “pity party” blog nie. Niemand hoef blikkies wurms aan te dra om saam te eet en te huil nie.
Die naam van my “blog” kan eintlik enige iets wees. Uit die pen van ‘n vrou of ma of mens of watter naam jy ookal kan dink.
Dit maak nie saak nie. Wat saak maak is dat die inhoud altyd van so ‘n aard sal wees dat God verheerlik sal word en dat mense sal kan sien dat ek Hom dien en Sy antwoorde soek in my lewe en situasies waarin ek myself bevind.
Ek weet sommer dat die “blog” al klaar besig is om ander mense te help. Al is dit dat hulle kan voel hulle is nie alleen nie. Daar is nie fout met hulle as hulle voel soos hulle voel nie.
Die doel is verder nie om roem of glorie vir myself te skep of te maak nie. Alles wat ek is kom van Hom af wat my gemaak het. Alle eer sal ALTYD na God toe gaan. Dit is lekker en gerusstellend om te hoor dat mense my skryfwerk geniet. Dit help my weer om te weet ek is op die regte pad. Ek doen wat die Here van my verwag. Ek is nie besig om nonsies te tik wat uit myself kom nie.
Alles wat ek tik kom van Hom af. Hy ken dan elke gedagte van my nog voor dit hardop geuiter was.
Ek hoor weer die melodie van die liedjie en begin weer in my kop saam sing….”If not us then whooooo, if not me and you….”
Soos hy sing in die liedjie – ek staan op en ek DOEN iets….nie niks nie…..
Ek hoop ook almal wat die posts lees gaan You Tube die liedjies waaroor ek skryf. Soms lyk die woorde vreemd maar as jy dit saam met die musiek HOOR dan kry dit die lewe wat die Here se Gees in dit blaas…..
Golwe van Angs

Donker blou amper swart golwe woed om my kop. Dit voel of dit my wil verswelg en oorrompel. Die golwe het name – meeste van hulle is verandering in wetgewing, ander is sperdatums, ander is werk, kliënte, vertroue in jou eie vermoë, doen jy te veel werk wat onnodig is, is daar genoeg geld om alles te betaal, hoekom voel dit of jy net werk en werk en net nie voor kom nie, en so gaan die lysie aan en aan.
Oorweldig en angstig is hoe ek voel meeste van die tyd. Kan nie fokus op dit wat belangrik is nie want ek swem en stoei teen die golwe net om kop bo water te hou.
Probeer oorleef. Probeer “cope”. Ek het ‘n “tube” om my lyf wat veronderstel is om my te help en bo te hou. Maar hy is pap. Help nie veel nie. Ek probeer hom opblaas. Dit help maar maak my net nog meer moeg en uitasem.
Ek kyk om my rond om te sien of ek iemand sien. Ek sien my kind hier langs my. Hy kort hulp. Ek kan dan nie eens myself behoorlik help nie. Ek kom tot by hom en trek hom nader, hou hom vas. Probeer lug in sy “tube” blaas. Ek fokus eers op hom. Probeer hom help.
Maar eintlik voel dit of ek niks help nie. Dit voel of ek dit erger maak. Sy golwe wat ander name as myne het (hy is 12 so verandering in wetgewing wil hom nie oorrompel en oorweldig nie maar graad 6 wil wel) wil hom verswelg en ek weet nie hoe om hom te help nie. Hy is anders ge”wire” as ek. Dieselfde in sommige opsigte maar anders.
Die gestoei deur die golwe elke dag maak jou moeg. Maar jy kan nie elke aand behoorlik lekker slaap om uitgerus te voel nie. Dit voel soos “knit one slip one” met my en slaap en om uitgerus te voel. Ek het ongeveer 2 aande per week wat ek regtig lekker slaap en soms is een van die twee aande ook nie so “great” nie.
Ek weet my kind slaap sleg. Ek weet dit beinvloed sy konsentrasie vermoë. Maar ek kan nie iets meer vir hom doen nie. Ek kan nie by hom in sy bed lê nie want dan slaap ek sleg. En as ek sleg slaap dan is dit omtrent chaos. Want als is dan nog meer as een te veel vir my. Ek word knorrig en huilerig en nog meer oorweldig as wat ek reeds voel.
Ek hoor die woorde van die liedjie “Anxious” die ander dag van Sarah Reeves. Ek luister mooi, speel dit weer. Die vrou beskryf die angs so mooi. Dis so waar.
Ek is lankal oor die leuens van die duiwel MAAR dit wat die angs skep is dit wat vir ons voorsien, kos op die tafel sit.
Ek stoei hiermee want dis wat ek MOET doen is dit nie? Is dit nie hoekom die Here my in hierdie plek gesit het nie? Om ‘n verskil te maak nie? Om dinge REG te doen nie? Al beteken dit dat daar snedige aanmerkings my kant toe gegooi gaan word van ons wat dinge op ‘n sekere manier doen wat volgens ander te “veel” is vir besighede (al bars besighede uit hul nate uit en vereis sekere goed i.t.v. wetgewing wat jy MOET doen).
Al moet ek gifpyle aanvaar van mense wat ons fooie bevraagteken, weg stap van ons af en nie betaal nie, nie meer ons oproepe en eposse antwoord as ons bel vir uitstaande geld nie, sarkastiese kommentaar verduur oor hoe ons somme nie sin maak nie of dat ons maar iets moet kom haal in ruil vir uitstaande geld. So gaan die lysie aan en aan en aan.
In die proses probeer ek myself help maar ek sien my kind sukkel. Ek kan nie myself en my kind help op dieselfde tyd nie. Ek voel ek moet iets los sodat ek meer deernis kan hê om my kind te kan beter verstaan en help. Nie heeltyd te raas en baklei nie. Maar ek weet nie hoe nie. Ek kan nie net weg stap van my daaglikse take nie – ek het verantwoordelikhede teenoor personneel, kliënte, onsself vir oorlewing. As ek my kind los is ek ‘n slegte ma.
Al hierdie heen en weer op en af tussen wat ek kan doen om die situasie beter te maak is dreinerend. Ek bly moeg. Sukkel om te fokus. Werk, maar nie effektief nie, voel dit. Die werk word net elke dag meer. Dan wil die een owerheid dit verifieër en dit moet so ingedien word.
Dan verander daardie owerheid hierdie ding wat so ingedien moet word.
Dan besluit iemand, mense, iewers (ek weet nie waar nie) om net NOG ‘n wet in te bring. Want mense is skelm. Nou is daar net NOG ‘n “manual” wat ek een of ander tyd moet doen en weer van gaan vergeet om op datum te hou soos goed verander. Net NOG ‘n “compliance” ding.
Liewe hemel tussen al die wetgewing waaraan mens moet voldoen is daar maar bitter min tyd om die werk te doen wat eintlik die rekeninge betaal.
Ek weet steeds nie watter kant toe nie. Ek weet net ek MOET my oë op Jesus gefokus hou. Hierdie ding waarin ek is sal verby gaan. Of sal dit? “This too shall pass” is iets wat ek gereeld vir myself sê van jongs af.
Maar dit begin voel ek jok vir myself. Want net soos wat die een ding verby is kom die volgende ding. As ons net deur Januarie is moet ons net deur Februarie kom en so gaan dit aan en aan. Ek bevraagteken gereeld wat die doel van alles is. Is alles die moeite wêrd?
Ek het nie die antwoorde nie. Ek bid dat die Here my sal kalm maak sodat ek die res van my gesin kan help sodat ons almal minder angs daagliks ervaar. Die lewe is gejaagd en ons doen nie eers verskriklike aktiwiteite nie…dis net skool en gimnastiek en tussen in (tydelik) lees klas. Maar dit voel wild. Dit voel of ons in Jhb bly en elke dag Pretoria toe moet ry vir als.
Ek voel ‘n rustigheid oor my spoel. O wow die Here is net so getrou. Hy maak my kalm en rustig al is die golwe soos Tsunami’s om my. Hy fluister in my gees dat Hy in beheer is. Ek kan ophou blaas aan die “tube” wat veronderstel is om my bo te hou. Ek moet ophou luister vir die geraas. Die geraas is in die minderheid want daar is so baie kliënte wat wel tevrede is en waardering het. Soveel keer goed, wat later uitgekom het dat dit wel reg gedoen was, al voel dit soos te veel of te wat ookal op die tydstip wat dit gedoen word.
Ek luister weer na die liedjie. Kyk die musiek video. Op die einde stap sy uit die donker uit in die lig in.
Ek weet dis wat ek moet doen. Ek kry dit soms reg. Soms kom ek uit die golwe van angs uit. Ander kere, soos nou, vat dit so bietjie langer.
Maar ons sal daar deur kom. Die Here sal wys wat ons moet doen. Hy sal leiding gee vir ons om ons kind te help. Hy sal my golwe stil maak. Hy sal alles hanteer. Dis nie nodig vir iets drasties nie. Ek moet net nou my kinders geniet. Die seisoen in my lewe moet ek geniet. Die tyd gaan vinnig. Ons is al klaar weer amper halfpad deur Junie en 2021.
Anxious
Song by Sarah Reeves
Throw the covers over my head
Finding comfort in my own bed
Staring at a screen light
Looking at the highlights, everybody’s good life
Reminding me of what I don’t have
Second guessing who I really am
Maybe I should give up,
Will I ever measure up, I don’t think I’m good enough
Pressure building, body shaking
I can’t take it, I can’t take it
Feel the tension, pushing pulling
I can’t fight it, I can’t fight it
I don’t wanna live my life like this
Anxious
I gotta lot of good in me to give
But I’m anxious
So many things I know I miss
Cause I’m anxious
I wish I could shake this
I don’t wanna be anxious
Devil’s running around my mind
Why do I let myself believe the lies
It’s like I’m his playground,
Push me in the background, and I shut the world out
Pressure building, body shaking
I can’t take it, I can’t take it
Feel the tension, pushing pulling
I can’t fight it, I can’t fight it
I don’t wanna live my life like this
Anxious
I gotta lot of good in me to give
But I’m anxious
So many things I know I miss
Cause I’m anxious
I wish I could shake this
I don’t wanna be anxious
Oh oh oh
This is my confession
Oh oh oh
I’m coming out of hiding
Oh oh oh
Oh, this is my confession
Oh oh oh
I’m coming out of hiding
Can’t keep living like this, living like this
Oh oh oh
I’m coming out, I’m coming out
Oh oh oh
Oh, this is my confession
Oh oh oh
I’m coming out of hiding
Cause I don’t wanna live my life like this
Anxious
I gotta lot of good in me to give
But I’m anxious
So many things I know I miss
Cause I’m anxious
I wish I could shake this
I don’t wanna be anxious
Seisoene
Seisoene. Fisies is daar 4 seisoene elke jaar wat ons moet deur maak. Die moeilikste een van hul vier vir my is winter. Ek kry ALTYD koud. Die HEELTYD koud.
Hier waar ek in die kar sit en wag vir my kind se leesklas om klaar te maak KRY EK KOUD. Is ek spyt dat ek die gedagte wat vlietend sy opwagting gemaak het net so vinnig weer vergeet het.
Die gedagte? Om ‘n kombers saam te vat in die kar…..dit voel of die winter haar ysige vingers oral indruk waar dit nie welkom is nie en ‘n opening vind. So asof sy jou bekruip van jou tone af en enkels op dieselfde tyd en stelselmatig op beweeg na jou “shins” toe. Dit voel of sy beide my hande in ‘n stywe greep vas het want die wil net nooit warm word nie.
Winter is besig om die boksgeveg te wen. Die bome se blare is amper alles af. Als is vaal….sy het die oorhand begin kry oor Herfs want dit is haar tyd om nou te wen met ‘n paar uitklop houe.
Ek lees vroeër die week hoe iemand op Facebook iets kort en kragtig sit oor hoe sy winter sien. Sy sê winter is nie populêr nie, vaal, pronk nie, maar is opreg en dit kom daarop neer dat winter NODIG is. Dit laat my dink….
Ek besef dit lankal. Dat winter NODIG is. Ek sê gereeld vir Dora as ek en sy so kla oor die koue en nie antwoorde en oplossings het om warmer te word nie, “We need the cold weather Dora, we need it.”
Ek wonder net altyd hoekom ek die gelukkige wenner van ongelooflik koud kry is? Hoekom kry niemand anders so koud soos ek nie?? Iemand wat nie KOUD kry nie VERSTAAN net nie.
Maar soos wat my gedagtes dwaal oor winter en hoe koud ek kry en dat ek weet koue winters nodig is vir goeie somers met goeie oeste is dit asof die Here my gedagtes in ‘n ander rigting stuur….ons emosionele en geestelike seisoene.
Jy sien daar beleef en ervaar ons ook winter. DAAR is die winter vir my slegter as die fisiese winter. Met die fisiese winter kan ek nog ‘n kaggel laat brand en komberse oor my gooi en warm word.
Emosioneel is dit nie so maklik nie. Jy kan nie vir iemand VERDUIDELIK wat jy voel nie en wat jy besig is om deur te gaan nie. Hulle verstaan nie altyd nie. Sodra jy jou mond oop maak en dit hardop uiter dan maak dit nie sin nie.
Tog is hierdie winter tye emosioneel ook nodig. Want dis in hierdie tye wat die Here alles wat onnodig is, laat afval van die koue. Net dit wat belangrik is, oorleef.
Hoe mens emosionele winters oorleef is net God se genade. Alleen kan mens dit die doen nie. As jy terug kyk het jy nie ‘n antwoord of verduideliking van hoe jy deur dit gekom het nie. Jy is net deur hom. Skielik en op ‘n manier kom jy deur dit…..
Al wat ek wel weet is dat ek moet warm bly. Om warm te bly moet ek myself omring met Sy ligdraers. Want lig gee hitte. Opregte mense, mense wat jou verstaan, mense wat jou nie afbreek of misbruik nie. Mense wat, as hulle naby genoeg aan jou is, hul hitte kan laat straal om die ergste koue van jou af weg te hou. Om dit wat nodig is warm te hou en te laat oorleef.
Dis hoe ek emosionele winters oorleef – dit saam met God se genade en Sy woorde op watter manier ookal Hy my dit laat hoor….of dit nou musiek is of fisiese tyd in die bybel spandeer. Praat gaan Hy met my praat. Ek moet net HOOR wat Hy vir my wil sê.
Afguns en Jaloesie
Meneer Afguns Jaloesie Ek-gun-niemand-iets. As jy hom die eerste keer sien dan vang jou oog iets wat nie reg lyk nie maar jy kan nie jou vinger op dit plaas nie.
Jy kyk weer, nog ‘n derde keer. Daar is dit! Sy vel het so ligte groen ondertoon. Hy lyk amper soos iets uit ‘n “horror movie” se kleur – jy weet dit wat jou laat wonder lewe die ou of is hy dood want sy KLEUR lyk nie soos iets wat by een van die twee opsies hoort nie.
Wanneer hy praat, kom daar groen dampe uit sy mond uit wat saam met sy woorde uit kom en in die lug hang. Dit stink en ruik soos vrot eier.
Hy is nou nie vir jou die tipiese “ray of sunshine” nie. Hy praat afbrekend van enige iemand wat iets het wat hy nie het nie en graag wil hê.
As jy het wat hy wil hê, dan raak hy amper obsessief met dit wat jy het en begin jou “stalk” as jy iets het wat hy nie het nie en graag wil hê. Dit is AL waaroor sy gesprekke gaan.
As jy lank genoeg tyd in sy teenwoordigheid spandeer bedwelm die vrot eier asem reuk van sy woorde jou.
Jy kan self nie meer reguit en logies dink nie. Hy maak jou “hooked” op die volgende materialistiese ding. Saam begin julle te praat en te obsesseer oor hierdie DING wat julle NODIG het (wat glad nie nodig is nie en jy al so lank sonder geleef het so watter verskil gaan dit maak of jy dit vandag kry of nie).
Hy begin in jou oor fluister en sê jy MOET dit VANDAG nog kry anders is jou lewe leeg, doelloos.
Eendag kyk jy in die spieël en jy skrik. Jy sien iets is af maar kan nie jou vinger op dit plaas nie. Jy kyk ‘n tweede en selfs ‘n derde keer weer. Dan SIEN jy dit. Jou vel begin ‘n groen ondertoon wys.
Kyk geen grimering van enige “expert” en “guru” sal hierdie amper doodskleur van groen kan wegsteek nie. Dis oral…jy sluk hard as jy tot die besef kom van wat besig is om te gebeur.
‘n Rukkie later het jy ‘n gesprek met iemand en dan ruik jy dit. Jy wonder eers wat het waar doodgegaan want dit vrot!! Dan besef jy dat dit JY is wat so stink.
“Ag nee siesa man! Dis gagga!! Hoekom wil ek so ruik?” vra jy. Jy begin redeneer oor die ding wat jou lewe wil-wil oorneem. Debateer of dit REGTIG nodig is. Of jy REGTIG die geld het vir dit.
Hoe meer jy daaroor redeneer hoe meer van ‘n hol kol voel jy op jou maag. Jy begin naar voel. Besef dat die DING waaroor jy obsesseer nie nodig is nie.
Dan kom jy agter wat eintlik besig is om te gebeur, want die Heilige Gees het Sy soet geur om jou uitgeblaas. Sodat jy nie die vrot eier reuk meer kan ruik nie.
Dit wat besig is om te gebeur is dat hierdie ou, Meneer Afguns Jaloesie Ek-gun-niemand-iets-nie EINTLIK ‘n baie GROTER probleem het as wat jy besef.
Jy sien hy het ‘n hol kolletjie wat hy probeer vul. Hy is ook naar van die hol kolletjie wat net nie vol wil kom nie. Hy probeer alles en vir etlike oomblikke na hy iets gekry het waaroor hy geobsesseer het of na hy iets leliks gesê het van iemand, is die hol kol weg. Voel hy tevrede.
Maar dis nie lank nie, dan is die hol kol terug en nog erger as voorheen.
Jy sit oorkant die Heilige Gees by ‘n tafel terwyl Hy alles vir jou verduidelik. Jy luister aandagtig. Dit sink in. Dit maak sin.
“Wat kan ek doen?” Is jou vraag aan Hom. “Wat vat hierdie hol kol weg?”
Sy antwoord is eenvoudig. “Jesus. Die lewende water. Wie die lewende water drink sal nooit weer dors kry nie. So staan dit in die Bybel.”
Jy dink ‘n oomblik na en besef Hy is reg. Jy kyk Hom weer in die oë en Hy wys na die glas water voor jou.
“Drink” kom die opdrag “dan sal jou dors geles word, jou hol kol sal weg gaan.”
Jy tel die glas op, merk hoe lekker dit lyk. Jy vat ‘n sluk. Magties dis HEERLIK!! Jy vat nog ‘n sluk en nog ‘n sluk. Wow. Die hol kol begin weg gaan. Dit werk!!
Jy sit die glas neer. Kyk en kyk weer – iets is nie reg nie. Hy is dan nog vol? Na jy drie slukke geneem het? GROOT slukke.
Die Heilige Gees sien die onsekerheid van wat nou gebeur het. “Moet nie bekommer nie”, kom die gerusstelling. “Die glas sal altyd vol bly want dit kom uit die put van Lewende water wat nooit opdroog nie.”
Jy kyk op en knik. Dis waar. Sodra jy leeg voel en voel of die hol kol in jou lewe jou wil “consume” kan jy net weer ‘n slukkie lewende water uit God se woord vat. Iets kry wat jou bemoedig, stig, ophou en vol maak.
Weg is Meneer Afguns Jaloesie Ek-gun-niemand-iets-nie. Sy reuk is lankal vergete en al wat jy ruik is die soet aangename geur van die Heilige Gees en al wat jy proe is die nasmaak van die glas water….
Net na ek Meneer Afguns Jaloesie Ek-Gun-Niemand-Iets-nie se karakter begin beskryf besef ek dat hy eintlik gekompliseerd is. So ineen gestrengel met ander karakters….sodra ek nog ‘n fasset van sy karakter geidentifiseer het sal ek vir seker dit hier sit.Die stamboom en hoe almal mekaar ken kom ook nog….