Posted on Leave a comment

The Path / Die Pad

I received this scripture for today, yesterday (or was it the day before?) from someone I know. Before the person knew what decision we will have to take. Today this is so profound to me. You see, God is already in tomorrow. This is something we intend to forget frequently. But this verse gives me such a promise and hope – He is already there, making the path that I must walk on as level as it can be, so that I do not feel like I am climbing a mountain so to speak.

Nou wanneer mens so daaraan begin dink en besef dat die Here reeds in môre is, kan mens nie anders help as om Sy hand in alles te sien nie. Die woorde wat nou deur my kop maal soos ek die skryf, is The path of least resistance. Dis iets wat in die Lego movie gesê was, as ek dit nie mis het nie. Maar dis ook waar van weerlig en water is dit nie? Dit volg die pad van die minste weerstand.

So now I wonder why God placed those words in my mind? Perhaps because we as humans want to choose the path of least resistance? We are inclined to jump ship when the storm gets tough around us, but sometimes we have to stay inside the boat, because that is the safest place for us to be in. If we jump into a rubber lifeboat with paddles, that we have to paddle ourselves, in the midst of a storm, then will we not struggle to stay afloat?

Dis moeilik vir enige mens wanneer hulle voor enige keuse te staan kom. Hierdie hele reis waarop ek is, hoe lank of kort hy ookal gaan wees, voel vir my soos ‘n decision tree met elke tree wat ek gee. Nou die wat al geoudit het en belasting goedjies doen, behoort ‘n decision tree te ken. Dis letterlik wanneer ‘n vraag oor iets gevra word en jy een van twee antwoorde moet kies. Die een antwoord se uitkoms is anders as die ander een sin.

This is how it felt to me thus far. We get to a point and then we have to decide, this way or that way. The only thing with this is, I cannot see the next step, option or choice to be made. Only God can see it. So it is slightly different than my day job, where I can see what each decision leads to, ensuring that the original answer made, is in fact the right one with the right outcome.

Vreemd hoe die lewe werk en draaie maak met ‘n mens? Presies een maand gelede, het ek niksvermoedend na Prof. Benn se spreekkamer gegaan omdat ek ‘n knop in my bors het. Nie ek of my man Heinrich het in ons wildste drome gedink dat die aaklike woord van Borskanker, sou ‘n diagnose wees wat uitgespreek word oor die ding in my lyf nie. Ek het regtig gedink dis net iets wat uitgesny gaan moet word. Wel, toe nou nie!! Maar as ek nie daardie keuse daardie dag gemaak het nie, het ek nie nou hier gesit waar ek sit vandag nie.

God is busy making the way for me. He is letting everything fall into place. I have done very little thus far in this process, except arrive, show whomever what they need to see (i.e. the boobies – yes so many people outside of my marriage have now seen the jewels and gems), listen, process and decide. The doctors’ offices all deal with the medical aid authorisations. They deal with the accounts that are to be paid. We do not have to argue with anyone about anything. They do all of that for us. This is a side of the medical industry that I have not seen or experienced before. We are usually the people having to get authorisations, submit payments, follow up and who knows what with the doctors and the medical aid.

Laaste ding – die Here maak nie net die pad oor die berg nie. Nee, hy breek die brons deure en Hy slaan die ystergrendels stukkend. Hy breek die tronke oop. Dit voel so vir my of dit aansluit by die skrif wat ek gekry het oor Petrus en Silas in die tronk. Dink jy nie hulle wou nie daar wees nie? Dink jy dit was hul droom om in die tronk te wees? Ek dink nie so nie – dis vir seker niemand se droom of bucket list item om in die tronk te wees nie! Net so is dit nie my droom om hierdie pad van Chemo te stap nie, maar ek weet ek moet doen wat ek moet doen, sodat Triple Negative uit my lyf kan kom. Vir seker kan die Here dit net laat verdwyn. Maar, Hy het ‘n ander plan. Dit voel amper te maklik as die ding nou net na ‘n maand verdwyn. Die wonderwerk wat ek reeds sien is dit – die grootte van alles het presies dieselfde gebly sedert my eerste MRI in September tot die CT scan nou in Oktober. As iets aggressief is, dan is die verwagting mos dat dit vinnig groei en versprei, nie waar nie? Wel, die Here het dit gestop! Die sensasie wat ek in die kerk gevoel het toe daar vir my gebid was, was dit! Hy het dit aangeraak en die groei en verspreiding gestop!

I feel like God wants to purify me even more for His greater purpose. I need not fear, because He is on my right hand, holding onto me, supporting me. This now leads me to the next thought – what is part of the purification process? Fire!! I cannot help but think of Shadrach, Meshach and Abednego who were thrown into the fire. Did you know that the guards that threw them in, died from the heat of the flames? Did you also know that they did not smell of smoke when they got out?

Dis my gebed, dat ek nie eens soos rook sal ruik wanneer die proses klaar is nie. Mag daar min tot geen newe effekte wees. Mag ek elke dag net die Here loof en prys vir Sy goedheid en wonders. Mag ek nog nader aan Hom beweeg in hierdie tyd wat voorlê. Mag Hy die pad gelyk maak en die deure en tralies van die tronk oopbreek. Ek voel amper ook of ek moet afsluit met iets wat in die Fast & Furios flieks gesê word – See you on the other side. Dis wat ek ervaar die Here in my gees laat val. See you on the other side. Hoe die pad na the other side lyk, kan ek nie vir jou sê nie, maar die Here weet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.