Posted on Leave a comment

Today’s manna / Vandag se manna

Today I fully grasp what it is to live fully dependent on God. Not only physical provision, but also spiritual provision. A friend of ours said a few weeks ago, that God will give us our daily manna, like He did with the Israelites. Just enough to get through this day. How true those words spoken are! You see, yesterday, and even today, I feel a bit of exhaustion. Physical exhaustion. A type of tired that I have never felt before.

Nou die wat my ken, weet dat ek ongelooflik sleg slaap vir jare al. Ek het elke aand enige tyd van middernag af wakker geword. Dan staan ek maar op, loop my draaitjie en klim weer in die bed. Net om weer oor ‘n uur of twee wakker te word, weer ‘n draaitjie te loop, weer te probeer slaap. En so het die proses homself herhaal tot dit opstaan tyd is. Sommige nagte was ek gelukkig en het ek net 2 maal wakker geword, ander kere is dit 3 of 5 keer. Die afgelope paar aande, dalk al seker vir ‘n week, het dit skielik verander. Ek slaap dieper, meer deur, word minder wakker. Nou wonder ek of my lyf nie weet wat om te doen met al die slaap wat hom nou skielik toegeval word nie? Die dat ek so bietjie moeg voel…

Somehow, somewhere, I have this peace that words cannot describe. Even though the circumstances around me try to take my focus away. The worries that the devil try to implant in my thoughts. The wondering why you pay for insurance policies and medical aid, when it is just such a mission to get them to pay things? Why things take so long to progress. Of course the devil tries to plant the worst-case scenario with EVERYTHING in life in my mind. Not only the diagnosis, but also the physical around us. Then I just counter-act that thought saying, WHY on earth, would God give a worst-case scenario like that?

Gisteraand het ek ‘n oomblik met God gehad en al my bekommernisse voor Sy voete gelê. Ek het Hom vertel hoe moeg en uitgeput ek voel. Dis tien teen een ‘n kombinasie van alles – die skok, die adrenalien en wat ookal anders deur mens se liggaam gaan wanneer jy sulke nuus ontvang. Die oomblik wat dit begin insink en jy die realiteite van alles begin besef, dis dan wanneer die uitputting kom. Al die hormone en goed in jou liggaam wat jou dryf om deur situasies te kom, los jou uitgeput en uitgemergel.

This morning, I received this scripture from my dad. With a short message in English, a daily thought and devotional. Shortly after reading it, I prayed to God, asking Him to confirm this message to me. There was a thought from my side, of it being in Afrikaans when He confirms it, thinking that it would be special like that. Now, like I know God, He does not disappoint – He confirmed the EXACT same scripture in Afrikaans, from another person, whom I have never met in person (we met her husband at the Oncologist’s office last week). There was again, no way that she would have known that my dad would send me this scripture.

Ten spyte van alles wat om ons aangaan, die digte mis wat ons voel ons in beweeg, weet ons net dat ons na God se stem moet luister. Die plek waar ek geestelik is, is vir my so lekker om te wees, ongeag my omstandighede, ongeag die simptome wat ek voel in my liggaam, ongeag die fisiese moegheid na die adrenalien uitgewerk is. Die op en af ryery na Rosebank en Milpark toe elke ander dag, help ook glad nie vir die moegheid nie, maar nou ja. Dit is wat dit is. Ek is hier. In hierdie situasie. Ek het dit nie gekies nie, maar, toe ek Jesus gekies het, het ek enige omstandigheid wat oor my pad kom indirek gekies en gekies om Hom te vertrou binne in daardie omstandighede. So vir geen oomblik sê ek ja vir enige iets wat sleg is nie, ek weet net, dat die pad van die Here nie maklik is nie, dis nie ‘n rose tuin vol prag nie. Maar, wanneer jy in daardie omstandighede is, kry jy net krag om aan te gaan. Dis Goddelik en dis wat die Here wil hê. Volle vertroue in Hom, veral in hierdie daunting omstandighede.

I am still not taking ownership of the diagnosis, because that implies that it is my thing to carry, worry about and care for. Which is not what I want to do. This is God’s battle. I have got this because He has got this. Words that I have been uttering since the first time this was diagnosed. This thing is for sure a battlefield of the mind. Mind over matter. This is where one has to mentally submit all to God, all our thoughts. You see, there is a song, sung by Josh Wilson – Things that I’m afraid of. This is my song for today. The things that I am afraid of, are afraid of You.

In die tussen tyd, kies ek steeds om die Here te loof en te prys. Ek doen wat ek moet om deur die dag te kom. So bietjie day job goed, bietjie Beroepsvrou goed, tyd saam met die kinders maar meerendeels, tyd saam met God. Ek drink elke woord in van elke liedjie wat oor die luidspreker in my kantoor speel. Ek hoor selfs hoe God daar met my praat. Skielik kan ek vereenselwig met die lirieke wat die kunstenaars sing – kan ek hoor hoe hul gevoel het in daardie oomblik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.