Posted on 2 Comments

God se perfekte tyd

Toe ek in Mei 2022 die skrifverse gekies het vir die 2023 jaar se reeks tafel kalenders van Beroepsvrou, dink ek, het ek gevoel dat die skrifvers van toepassing is op September maand. Bloot omdat die seisoen begin draai en bome nuwe blare uitstoot, blommetjies opkom en alles lewe kry na die winter. Wel, wat ek gedink het van toepassing is, is toe nou glad nie so nie. As jy dieper gaan lees in hierdie skrifvers in, veral in die Amplified weergawe, sal jy beter verstaan.

Die Here breek die maand se skrif vir my so mooi oop, en nou is ek dankbaar dat ek nie vroeër in die maand hieroor geskryf het nie. Want ek sou dit gemis het. Met alles wat gebeur in ons lewe, en hoe vinnig alles verander het, sonder dat ons dit beplan het, iets wat voel soos maande, maar in werklikheid net 3 weke is, is waar die eintlike betekenis van die skrifvers vir my inkom. Kom ek verduidelik.

Die Amplified weergawe, praat van He has also planted eternity [a sense of divine purpose] in the human heart in hierdie vers. Nou dit voel vir my tref kolskoot vir wat ek hier binne my voel. Jy sien, sedert September 2021, het ek hierdie ding wat druk op my hart. Daardie ding het gemanifesteer en Beroepsvrou se Pienk Vere ® reeks is gebore. Iets wat ek nie kon verduidelik nie, maar tog voort gedruk het mee. Iets wat ek nie eintlik tyd voor het, in ‘n baie besige, oorvol skedule nie. Tog druk ek voort met dit.

My man het nie lekker verstaan aan die begin nie en ek het nie geweet hoe om dit vir hom te verduidelik nie. Ek het voortgegaan met dit, sonder dat hy wel verstaan het wat aangaan en hoekom ek voel wat ek voel. Nou, twee jaar later, verstaan ek hoekom ek gevoel het wat ek voel. Dis nie ek wat my eie hartsbegeertes nagejaag het nie, dis die Here wat my doel in my hart geplant het. Die Divine Purpose soos die Amplified dit noem.

Die volgende ding wat vir my uitstaan, ook uit die Amplified uit, is die woorde in hakkies – a mysterious longing which nothing under the sun can satisfy except God. Jy sien, niks wat ek gedoen het, het vir my meer reg gevoel nie. Ek het nie geweet hoe om dit in woorde oor te dra vir my man nie. Maar tog het ek voort gegaan met dit. Ek het hierdie hunkering gehad na iets wat net deur die Here vervul kan word. Daarom ook dat ek die skryf ding doen en tyd MAAK vir dit. Want deur dit voel ek of ek my doel waarvoor ek geskape is begin uitleef.

Tussen alles deur, bly die Here dit druk op my hart. Ten spyte van woes besige tye in my werk, met sperdatum op sperdatum. Nog admin wat op my gelaai word a.g.v. verandering in wetgewing. Dit voel soos chaos in my day job (a.g.v. die vinnige veranderinge in wetgewing en ek wat nie kan byhou met alles nie), maar wanneer ek sit en skryf en iets vir Beroepsvrou doen, voel ek hoe die chaos verdwyn. Dis net vir my bevestiging dat ek is waar ek moet wees.

Die laaste ding in die vers wat ek wil uitwys – ook in die Amplified weergawe – yet man cannot find out (comprehend, grasp) what God has done (His overall plan) from the beginning to the end. En dis waar ek nou is. My brein voel te klein om enige iets te probeer uitredeneer oor wat die Here se plan is met alles. Met my, die diagnose, Beroepsvrou, alles. Ek raak kinderlik opgewonde oor wat voorlê maar tog terselfde tyd verskriklik nervous want dis GROOT. Die grootheid van alles is wat benoude oomblikke veroorsaak, maar ek weet, dat ek weet, wat ek weet, dat die Here dit ook onder beheer het. Soos alles in my lewe.

Ek kan nie help om te wonder of ander ook voel soos ek voel nie? Of hulle ook voel of hulle geroep is vir iets groters as dit wat hulle elke dag doen? Ek kan nie help om te dink dat die Here elke jaar in September groot goed in my lewe laat gebeur nie. September is ons huweliksherdenking maand. September 2021 word my lewe onherroeplik verander op ‘n Bible Journaling kamp, waar die Here vir my op so ‘n unieke manier bevestig het dat my sussie en haar man Nieu-Seeland toe MOET trek (dis wat Hy wil hê) en waar ek my huile gehuil het en werklik verander was van wie ek was voor die kamp.

September 2022 word ek genooi vir ‘n radio onderhoud op Radio Kansel. Die hoogte punt van my lewe tot dusver, naas ons troudag, kinders se geboortes en ander groot life events. En nou in September 2023, waar ek deur die vuur gaan, met God aan my sy, besig om nog ‘n transformasie te ondergaan. Dis hier waar iets groters besig is om te ontvou, iets wat my brein nie kan begryp nie. Ek kan nie help om te dink aan die begin van Prediker 3:11 nie – Alles het Hy mooi gemaak op Sy tyd.

2 thoughts on “God se perfekte tyd

  1. Ek is so bly ek het ‘per ongeluk’ op jou afgekom. Ek het die artikel verslind want dit is presies wat in my gemoed afspeel. Besig – hunkering – my doel? Jou skryf styl maak dit lekker om te lees en dit ‘capture’ mens. Ek voel hoopvol. Dankie en ek gaan nou verder lees aan jou ander artikels.

    1. Hallo Rita! So bly om te hoor jy geniet dit! Deel bietjie hoe jy “per ongeluk” hier op afgekom het? Ek is altyd nuuskierig oor hoe mense op die webblad en webjoernaal afkom…..lekker lees aan al die ander!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.