Posted on 1 Comment

Die een klippie / The one stone

Vroeër die week, (was dit gister?) ervaar ek dat ek soos Dawid, my 5 klippies opgetel het, om die reus te gaan veg. 5 Klippies van genade. Die Israeliete het vir hom gelag, die Filistyne het ook vir hom gelag. Dawid se oudste broer het selfs hom probeer van stryk af bring, hom laat probeer fokus op die skape in die veld, eerder as dit wat besig is om voor hulle af te speel. Dit alles omdat Hy met ‘n slingervel en 5 klippies die reus aangepak het. Die reus wat een massiewe swaard gehad het. Die reus wat alles en almal gekoggel het. Amper soos wat ek af en toe ervaar die duiwel met my probeer doen. Hy probeer my koggel op verskeie maniere.

I was debating whether I should post this or not and even bother writing about it. But this is the scripture that God gave me yesterday. You see, if we believe it, we will receive it. I do not believe in coincidence. None of the scriptures that I got these past few weeks (that feel like months by the way) were sent coincidentally. You see, I believe that God speaks to everyone in a manner which they understand. I LOVE getting scriptures, especially when one goes through the fiery furnace. Because scriptures are what carries us through circumstances that we did not choose.

So hier sit ek nou, eers die tyd van die dag, besig om my oordenking te gee oor die skrif vers wat die Here vir my gegee het. Hy het dit vir my op sosiale media gegee gister, terwyl ek middagete geëet het. Ek het maar net iets gesoek om te doen, want ek kan wragties nie net sit en eet nie jy weet? Ek moet nog iets bo op dit ook doen, en my tyd verdryf was toe maar sosiale media. Toevallig kom daar ‘n advertensie van Radio Kansel op met die skrifvers uit Matthëús 9:29 uit. Enige ander vers of selfs enige ander dag met die spesifieke vers, en ek sou seker dit nie so aangegryp het soos wat ek het nie. Dit het gevoel of dit direk uit God se hand vir my gegee is. Wat ek daarmee maak is my keuse.

You see, God’s perfect will for us is not to be sick to begin with. But, we are in this broken world and illness is part of it. So why do we fall ill? It is so that in our weakness, God can be elevated and glorified. Back to David, I cannot help but think of the story of him. How he was not supposed to be on the battlefield, how well protected Goliath was with his armour, how Goliath mocked them, thinking he was invincible.

Hulle (die Israeliete) het probeer om Dawid aan te trek in Saul se wapenrusting. Dit was te swaar vir Dawid, en Dawid het gekies om met 5 klippies, sy staf en slingervel die reus te gaan aanvat. Natuurlik was daar weer ‘n gespottery van Goliat se kant af. Dawid se antwoord is vervat in 1 Sameul 17:45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die Here van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.

So you see, sometimes, we have to be bold like that. To say things that do not make sense. To do things that no one understands. You see, this diagnosis that was made is dressed fully, in armour that seems like it cannot be defeated – everyone fears it. It is mocking those around it. But now, with this stone, the one called faith, is what I am taking to this battle. It is a sword fight, that I am very well aware of, but, the power of God is not to be underestimated. I know that I know that He has got this.

Natuurlik is dit moeilik om steeds oorkant ‘n dokter te sit en dat hulle met jou die pad vorentoe bespreek, die pad wat eintlik nie gestap gaan word nie. Die Goliat probeer steeds twyfel saai. Hy probeer steeds my koggel. Is ek seker? Is ek seker dat ek nie my naam en God se naam met ‘n plank gaan slaan nie? Is ek regtig egtig, genuine enuine seker? My antwoord is dat ek wel seker is! Ek weet die Here sal my nie beskaam nie. Hierdie ding gaan gebeur soos die Here wil hê dit moet gebeur. Ek gaan nou net deur die motions. Ek gaan sien nou maar net die dokters en professors, kom die afsprake na soos dit gemaak is en wag geduldig vir my klippie om te val waar die reus wat voor my staan vulnerable is. Sodat die reus met sy neus in die grond in sal ploeg.

My words to this thing is – You come to me with a triple negative rare type disease (note that David pointed out 3 things of Goliath), but I come to you in the Name of the Lord, the Lord of heaven and earth. The One that created all of us and holds the world in His hand. The One that let the Israelites walk through on dry ground, through a sea. The One that performed many miracles throughout the bible, and still does today. The One that called me by my name, so that I am set apart for His work and glory. That is who is behind me!

Ek het reeds voor ek gaan oefen het (ek het besluit ek gaan vandag Spinning doen, want dis die eerste dag wat daar so bietjie normaliteit is tussen alles wat gebeur het sedert laas week), die inskrywing gepubliseer. Maar het besluit om dit op te dateer. Die instruktrise by die klas, het kommentaar gelewer dat my nuwe haarstyl mooi lyk. Ek gaan deel haar toe vlugtig mee hoekom dit gebeur het, en net daarna sien my dogtertjie Sioné, ‘n baie ligte reënboog tussen die wolke, net voor die reën begin val. So asof die Here net nog ‘n konkrete iets vir my wil gee van Sy belofte. Dan dink ek ook aan die liedjie Crazy People van Casting Crowns en kan nie help om te glimlag as ek aan dit dink nie….Crazy People trust in Jesus! Following Him where ever He leads them!

1 thought on “Die een klippie / The one stone

  1. Pragtig geskryf ….ons bid vir jul hele gesin.
    Mag die Here jul styf vashou

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.