Posted on Leave a comment

The jail / Die tronk

So now that God has cleared my diary so to speak, tending to minimal day job matters, I can actually do a proper post about the daily scripture. It will still be bilingual all in one, like I have started doing with the daily scriptures, but the only difference is, it will be on the blog with the link being shared on socials. As some pieces may be a bit longer than others.

Nou ja, soos julle almal seker weet, het Professors ‘n diagnose gemaak oor ‘n knop in my bors. Sedert 17 September 2023 was dit net soos ‘n woeste storm om my. Alles het so vinnig gebeur, dokter’s afsprake en dinge. Al wat ek die heeltyd by die Here hoor is Don’t Think. Just Do. Dis al. So met dit in my gedagtes het ek net gedoen en nie gedink nie. Die Here het vir my ‘n visie gegee van ‘n boek se voorblad en toevallig ken ek ‘n baie goeie illustreerder wat seker nie eens 5 km van my af bly nie. Ek het laas week met haar vergader om die visie wat die Here gedeel het deur te gee. Dit was die eerste Don’t Think. Just Do. oomblik.

For a long time, I was considering doing microblading on my eyebrows, because my eyebrows are very pale in colour (I always have to colour it in). I made an appointment with Irene who does my nails, she also does the microblading. Well, the microblading turned into permanent make up. That was the second Don’t Think. Just Do. moment in my life. This is now besides the doctors’ visits for scans, and professors’ visits for discussions and so forth. I was also advised to cut my hair shorter in anticipation of their chemo treatment plan. I had a hairdresser appointment on Friday and the plan was not to cut the hair short. But, after receiving this advice, I cut my hair short. I am still adjusting to it, because I was not emotionally prepared for that. This was the third Don’t Think. Just Do. moment.

Toe ervaar ek Saterdag oggend dat die Here my bonatuurlike genesing aanbied, sonder behandeling. Ek was omver gegooi deur dit. Want dit was nooit iets wat ek by myself aan gedink het nie. Vir my om hierdie bonatuurlike genesing te aanvaar, moes ek deur goed werk. Die detail hiervan spaar ek vir my boek. Want ja, dit is OOK besig om te gebeur. Ek meen, die voorblad is klaar uitgesorteer. Ek weet mens doen seker die voorblad heel laaste, maar vir die boek, gebeur dit anders om….

In church on Sunday, I felt a warm sensation where the tumour is. Something I have never felt before. This was while the pastor was preaching and also while we were singing a song I speak Jesus. I felt it a few times, twice I think, cannot remember exactly where in the sermon, but I felt it. I knew God was doing something. I was then called forward so that they could anoint me and pray for me. The message was the same, even though different people were praying – BE HEALED IN JESUS NAME!

Ek het toe gevoel ek moet iets deel op die Whatsapp groepie wat ek het om almal op hoogte van alles te hou. Ek het getwyfel of ek moes deel van wat ek voel die Here aan my openbaar het oor die genesing, en ook dit wat ek in die kerk ervaar het. So herkou ek toe ‘n dag of wat aan dit, terwyl ek besluit wat om te doen. Toe hoor ek weer God sê Don’t Think. Just Do. Die deel op Whatsapp van dit wat die Here my bied en die kerk ervaring, was die vierde Don’t Think. Just Do. oomblik. God sal my nie beskaam nie. Soms is ons so huiwerig om te deel wat ons ervaar, en dit belemmer die getuienis wat hieruit gaan kom!

Yesterday, I received two messages from two different people who do not know each other. Each one of them, played a role in my daughter’s education. The first message was in Afrikaans and it contained the scripture from Acts 16:26. The reflection and thoughts on that verse was also shared in that message. EXACTLY 30 minutes later a message came in from the second lady, this time the message was in English but it was EXACTLY the same verse, same daily reflection, just in English.

Toe ek dit sien, kon ek nie help om God se hand in dit te sien nie. Hy probeer iets vir my sê. Nou die verse voor die vers, is waar Paulus en Silas in die tronk sit. Hulle het God geloof en prys en gebid tot Hom. Toe gebeur die aardbewing en die tronk se deure gaan oop en die boeie val af. As jy verder aan lees, sal jy sien dat Paulus en Silas nie self uitgeloop het nie, hulle het gewag vir die owerhede om hulle vry te laat. Wat ek hier ervaar het, is, die ding wat gediagnoseer is, probeer my gevange hou. Maar die Here skud die fondamente. Die Here maak die tronk onstabiel sodat ek vry kan wees.

But it is not up to me to get up and walk out. Like Paul and Silas I have to wait for the authorities (the Professors) to let me go from the jail. Again I was contemplating whether I should post anything publicly about this and again I heard God say Don’t Think. Just Do. Which is what I am doing now. I cannot save everything of the miracle for my book! I have to share some as I go along. And this is now my fifth Don’t Think. Just Do. moment. A good friend of mine said that Dawid took 5 little pebbles to defeat the giant. He only needed one. Five is the number for grace.

Dit is nou waaraan ek herinner word soos wat ek hierdie tik. God se genade is met my. Ek moes 5 klippies op tel. My Don’t Think. Just Do. oomblikke. Maar daar is net EEN klippie wat nodig is om die reus te oorwin. Ek moet net stil wees en weet die Here veg hierdie geveg vir my. En raai wat…..? My tweede naam is Davina. Dis die vroulike vorm van Dawid. Ek noem dit maar net per toeval….’n naam wat ek nooit baie van gehou het nie, tot ek die betekenis uitgevind het.

So the long and the short is, God is sorting this out in one wonderful way. A way I don’t even think I can imagine and I am not sure if it is going to go exactly as I have it planned in my mind. But I know God is always terribly on time. This is the beginning of something new. The short hair is so that God can work with me when I am not all polished and pretty with my long hair. He needs to get me to a place where I can be open to hear Him clearly, so that I can serve others and so that the dream that He gave me 15 years ago, can be fulfilled.

Laaste ding voor ek afsluit. My noem naam Elsie, beteken Consecrated to God. Set apart for His work and glory. Wow. Dis hoekom so baie goed op my hart gedruk was deur die Here. Hy het my werklik by my naam geroep! Om te doen waarvoor Hy my geskape het! En net so tussen ons, die liedjie wat ons oor en oor speel na en van dokter’s afsprake is Praise….ek sluit hom ook in op die post….

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.