Posted on Leave a comment

Burdens / Laste

I still remember a song from my childhood, that was made with this verse. We used to sing it, not really fully understanding what it means.

Dis interessant dat die Amplified verwys na gelowige rituele en dat dit ‘n mens uitput. Ek het altyd gedink dis die moeg van die lewe se werk en gejaag jy weet? Soos ek weereens vanoggend voel na onderbroke slaap deur die nag (ja ek slaap ook in paaiemente).

I think, any man made ritual, whether it is religious or work related, is exhausting. That is purely because we try to please men and not the Lord. Anything we try to do out of ourselves is exhausting. Ever thought of it that way?

Toe ek groot geword het, het ek geglo dat ek so ‘n verskriklike sondaar is (want daar was so gepreek op Sondae) dat ek nooit die hemel sou sien nie. Ek was angsbevange die heeltyd, want ek het so eksie perfeksie probeer leef heeltyd. Wat dalk nie ‘n slegte ding is nie, want heiligmaking is waarna ons streef.

But the moment you realise that you are a human who is bound to make mistakes and that you need Jesus in your life, it all changes! Praise the Lord for lifting that condemnation that I lived under!

Ek sê nou nie gaan leef roekeloos nie, maar, as dit sou gebeur dat iets verkeerd gedoen word, (hier moet ons regtig probeer om nie doelbewustelike sonde heeltyd te pleeg nie, want, Jesus het vir die vrou wat hulle wou stenig gesê om nie verder sonde te pleeg nie) is daar vergifnis in Jesus. Ons kan verkwik word by Hom. Altyd! Maak dit sin wat ek probeer sê?

💪🏻let’s do this day! ™️

🦩

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.