Posted on 1 Comment

Metarmorphosis

Metamorphosis. That is what my Blog is currently undergoing. You see, when I started this blog, I truly thought that I would keep it Afrikaans. However, as time has passed by, God has shown me that there are English readers too.

When they have to read long Afrikaans entries that I wrote on this blog, it takes them hours. My husband told me shortly after starting the blog that he thinks I should make it English as well.

I did not listen and felt that it should remain purely Afrikaans. This past weekend, I had the absolute privilage to attend a Bible journaling camp hosted by Adorned Through Christ.

On this camp God connected me with three woman whom I shared a table with while having meals. Two of these woman were English. One of them was not shy to say that it takes her a few hours to read through one of my blog posts, because she is English.

Lynn Grobler, from Journaling on the Way, you confirmed to me, that I should start writing in English. I hope I will be able to think more English when writing these posts. Ek is mos Afrikaans en wanneer ek praat oor die Here dan is dit in Afrikaans!

I know that God will not fail me when writing and that I will be able to produce what he places in my heart in English when it needs to be English and Afrikaans when it needs to be Afrikaans.

The cover photo that I had selected was the Monarch Butterfly. The reason for this is to symbolise the change, the metamorphosis that this blog is undergoing. I also chose it, because of the distances these butterflies travel over a short period of time, how they are created for a purpose and how they survive.

A dear friend of mine told me about this butterfly approximately one year ago. I have not studied it in depth as much, but I have read about them and what they must go through to survive. Now I am not at all saying that this blog is a Monarch butterfly! No surely not, what I am saying and praying over the blog is for God to help this Blog to reach people that He wants to be reached.

To cover long distances over short periods of time. To do what it was created to do. All the glory be to God always. It is never about me, always about Him. May He always inspire my thoughts, my words, my hands that type these blog posts. In the Name of Jesus. Amen and Amen.

Posted on Leave a comment

Koebaai

Koebaai. Dis seker vir my die woord wat die beste beskryf wat jy aan iemand sê wat jy vir ‘n baie lang tyd (indien ooit) nie gaan sien nie. Nie Totsiens of Tot later of Bon Voyage nie. Nee, net plein KOEBAAI. Net dit. Maar dan gaan google ek Bon Voyage en sien dat jy dit iemand toewens wie op reis gaan. Used to express good wishes to someone about to set off on a journey. Om nou presies te wees met die woordeboek wat google uitgespoeg het. Maar dit voel nie reg nie want ek het altyd gedink jy sê dit vir iemand wat op reis gaan en weer terug kom. Hierdie groet is net ANDERS jy weet?

Jy sien, dis hoe ek gevoel het Sondag, toe ek my sussie, haar man en twee dogters gaan groet het vir die laaste keer. Liewe hemel weet, dit was erg vir my. Erg om te dink dis nou die laaste keer dat ek ‘n fleshy hug (die huidige Pandemie nou glad nie in ag genome hier nie), gaan kry by hulle.

Die pad van Pretoria na ons huis is lank. Dik oë se gehuil lank. Liters en liters trane. Kort-kort weer dink aan wat besig is om te gebeur, oë wat vol trane skiet. Nog ‘n tissue vat en WEER my neus blaas. Dis ‘n BAIE lang pad want almal is stil in die kar. Elkeen besig met hul eie gedagtes.

Teen die tyd dat ons tussen die eerste en tweede tolhek is op die snelweg, besluit ons om musiek te luister. Ek koppel my foon op die kar se radio (hy is mos fêncy met Bluetooth en al) en ons almal jive en sing saam. Ons lag en dis vir ‘n oomblik beter.

Ek het natuurlik ALMAL in trane gehad Sondag. Selfs my swaer het met tranerige oë na my gekyk toe ek aframmel hoe BAIE hy vir my beteken het. Dat hy een aand tot middernag gesit het en my geleer het hoe werk ‘n financial calculator want ek het eksamen geskryf die volgende dag. Ek het daardie vak nogals met ‘n onderskeiding geslaag (bewys dat my korttermyn geheue fantasties werk). Nie dat ek nou meer weet hoe hy werk nie by gesê. Maar dit daar gelaat…want dit gaan nie nou oor my vermoëns om ‘n financial calculator te werk nie.

My familie dink daar is fout met my. Eers dink almal dis oor die brief wat my ma geskryf het vir my sussie op haar 21ste verjaarsdag. Dit was toe nou glad nie dit nie. Ek het net begin huil want die oomblik was te groot vir my. My middelste sussie roep my eenkant en praat met my. Ek knik my kop want ek hoor en verstaan wat sy probeer sê. Huil net nog meer. Maar ek besef dat my eerste inskrywing oor immigrasie nie noodwendig reg gelees en geinterpreteer was nie. Ek is nie kwaad omdat hulle wil gaan nie, wil hulle nie hier hou vir myself nie. My hart is net stukkend.

Hoe verduidelik jy dit aan iemand? Dat jou hart so seer is dat jy huil en snik tot jy leeg is? My pa stuur kort-kort ‘n Whatsapp boodskap om te hoor of ek ok is. Bel my man om te hoor of ek ok is. Ek WEET my sussie hulle neem die besluit vir HUL gesin en ek kan nie iets anders sê hieroor nie, want ons elkeen lei ons eie lewens. Soos my vorige inskrywing was – ek weet glad nie presies waardeur hulle was of besig is om te gaan om so ‘n besluit te neem nie.

Ek is ok. Ek weet ek sal ok wees. Met tyd sal dit beter word. Maar vir hierdie oomblik, gaan ek, as ‘n mens deur God geskape, deur stap nommer-hoeveel-ookal van die rou-proses. Ek ervaar dit as ‘n rou-proses. Ek is net wragties realisties as ek sê ek dink nie ek gaan hulle weer sien nie. NZ is VER (jy sien ek weet nie eers HOE om die land se naam reg te spel nie so ek gebruik die afkorting – dis nie omdat ek dit nie WIL spel nie – ek weet nie nou op die oomblik dat ek die inskrywing maak nie want my brein voel soos ‘n sif met alles wat hy deur gaan en moet verwerk). Weet jy hoe ver is dit? Nee ek ook nie, ek weet net dat dit BAAAAAIE ver met ‘n LAAAANG vliegrit en baie duur vliegkaartjies is.

Ek dink, die rede hoekom my familie dink daar is fout met my, is omdat ons nie so “huilerig” groot geword het nie. Hierdie is nou bloot hoe ek my grootword jare ervaar het en ek is oortuig, soos in 100% nie 99,9% nie, dat my sussies dit weer anders ervaar het.

Jy sien, ek het NOOIT gehuil in ‘n hartseer fliek nie, om nou een voorbeeld te gee. Dit was hartseer en als, maar ek het stilweg aan die binnekant gehuil. Hoekom kan ek nie vir jou sê nie. Ons het net nie regtig ons emosies voor mekaar gewys nie. Dis nou hoe ek dit ervaar onthou.

Onthou ook nou dat ek die jongste is. So baie goed was anders toe ek 7 was as toe my oudste sussie 7 was. Sy was die oudste, ek die jongste….sy het meer verantwoordelikheid gehad as wat ek gehad het as gevolg van ons “rangorde” as ek dit nou so kan noem.

Ek kan dink dat dit ‘n skok vir hulle moes wees om my so te sien. So weerloos en “huilerig”. Iets wat hulle nie ken nie. Jy sien, ek het oor tyd geleer om ‘n brawe gesig voor te sit, al voel ek of ek in ‘n hopie wil sit en net tjank (by gebrek aan ‘n beter beskrywende woord). Want ek het gevoel ek moet sterk wees. Kan nie swakheid wys nie. Om te huil was vir my ‘n teken van swakheid.

Maar jy sien, met tyd, het ek ook geleer dat trane en huil God se meganisme is waarmee Hy ons elkeen geskep het, om ons harte skoon te maak. Letterlik skoon te huil. Hoekom voel mens beter na jy gehuil het? Ek is seker as jy die wetenskap agter dit gaan google sal daar weer een of ander hormoon wees wat afgeskei word na mens gehuil het.

Ek het dit nie gaan google nie so ek raai nou maar hier…maar nie te min – ek voel ALTYD beter na ek gehuil het. Die skrif van The joy always comes in the morning kom by my op. Dis hoe ek voel na ek gehuil het. Natuurlik is die oggende beter na so huil-sessie. Dik oë en al. Al sukkel ek om grimering op te sit want my oë is so puffy.

Vir seker so twee weke tevore hoor ek gereeld op Spotify die liedjie van King & Country – Relate. Die woorde wat my ore vang is “I don’t know what it is like to be you, you don’t know what it’s like to be me…”

Ek kyk dadelik die liedjie se naam, wil nie die awesome liedjie mis nie. Ek speel hom weer. Ek luister hom weer. Drink die woorde in. Luister hom weer, speel hom vir my man. Wow. Dis vir my so mooi. Hoe die kunstenaar eintlik wat ek probeer sê het nou in ander woorde gesit het.

Dan besef ek, DIS waaroor dit gaan. Ons moet probeer VERSTAAN waardeur ander mense gaan (iets wat al lank reeds op my hart lê en wat ek regtig probeer toepas). Al is dit nie wat ons besluit vir onsself nie, moet ons hul harte sien en verstaan. Stadig om te oordeel en te praat, vinnig om te verstaan. Is daar nie so ‘n skrif nie? Prediker of Spreuke iewers? Ek weet nie, maar ek gaan vir seker soek!

I don’t know what it’s like to be you, you don’t know what it is like to be me. But by the Grace of God we’ll see each other’s heart. Can you, can you relate?

Posted on Leave a comment

Dit is tyd

Dit is tyd….die dag het aangebreek. Die nuwe voorkoms van my “blog” het pas lewe gekry….

Hierdie is amptelik my eerste inskrywing direk op die nuwe platvorm en nie op Facebook nie.

Ek is so opgewonde om dit aan die wêreld bekend te stel!

Gisteraand net soos wat ek aan die slaap raak kry ek Spreuke 10:21. Ek gaan soek my foon se bybel op, wil seker maak en dit nie vergeet nie. Ek lees die stuk (baie dankbaar dat dit nie ‘n valse stuk skrif is nie want dit het OOK al gebeur….ek dink ek kry skrif en jitte dan soek en soek ek en kry wragties nie die vers nie).

Ek dra die en elke inskrywing hierna weereens op aan die Here. Mag Spreuke 10:21 elke liewe keer deurkom op my inskrywings. Mag God elke liewe keer my inskrywings inspireer om mense te help en aan te raak….

Daar is nog baie te leer aan hoe die nuwe konsep werk en as daar foutjies ingeglip het sal ek dit regstel….in die tussen tyd geniet ek die nuwe platform en waarheen dit oppad is!

Tot my volgende inskrywing…..

Posted on Leave a comment

“Speed dating”

“Speed dating” – ‘n georganiseerde sosiale byeenkoms waar ‘n reeks kort gesprekke met vreemdelinge om te bepaal of julle iets in gemeen het. Iets soos dit is die amptelike beskrywing volgens die woordeboek.

Ek sien voorlopigebelasting as die “speed dating” van belasting. Dit voel nie altyd “georganiseerd” soos die woordeboek sê nie, want ander werk EN die lewe gebeur tussen in. Orde moet EK skep….strukture in plek stel anders verloor ek myself in die proses….

Jy sien, elke 6 maande verplig die staat jou om vinnige 5 tot 10 minute gesprekke met jou kliënte te hê. Daarna moet jy NOG vinniger jou berekeninge doen want jy moet nog ‘n gesprek hê om te bespreek wat jy bereken het (ok nie regtig moontlik in 5 min nie, maar dis hoe dit voel….)

Jy kyk dan basies, in ‘n oogwink, wat jou kliënt se belastingsituasie is, hoeveel hulle moet betaal en hoeveel reeds betaal was.

Senutergend – dis hoe ek dit ervaar. Jy het net basies een week of dalk 2 as jou beplanning goed uitwerk (en almal natuurlik saam werk en betyds hul inligting stuur) om deur die stappe te gaan om te bepaal wat jou kliënt moet betaal….as jy foute begaan is daar finansiële implikasies en sal boetes gehef word…..

Dit is waarmee ek myself besig hou gedurende Augustus en Februarie elke jaar….en ook hoekom my “blog” stillerig was die afgelope tyd.

In die middel van die BESIGE tye kom maak die Here my stil.

“Dit is tyd” voel ek in my hart.

“Tyd vir wat?” wonder ek….

“Tyd vir iets anders en waarvoor Ek jou geskep het” kom die antwoord.

Ek bly ‘n oomblik stil. Voel oorweldig maar opgewonde op dieselfde tyd.

“Ek is reg Here. Ek sal dit doen.” is my antwoord….

Hierdie “blog” se platform is besig om ‘n transformasie te ondergaan….ek moet net eers my verantwoordelikhede as ‘n mamma en vrou nakom en natuurlik die werksverpligtinge vir my beroep….MAAR tussen alles deur probeer ek die tyd maak vir dit wat die Here op my hart gelê het. As ek dit nie doen nie, is ek ook nie gehoorsaam nie…..

Tot die volgende “speed dating” sessie en, ek glo, voor dan, gaan die transformasie reeds plaasgevind het…..

Hou die spasie dop….

Posted on Leave a comment

Immigrasie

Immigrasie. Die harde realiteit van Immigrasie het my vandag soos ‘n vuishou tussen die oë getref.

Jy sien ek staan al vir jare in die ring met hom saam. Elke keer koes ek as die houe val en hy mis.

Eers is dit my niggie wat saam met haar ouers immigreer. Sy is nog op skool so sy moet saam. Ek weet nie of sy sou wou bly as sy ‘n keuse gehad het nie.

Dan later jare is dit vriende, kennisse en net name wat jy hoor wat immigreer. Immigrasie staan soos Rocky Balboa voor jou en intimideer jou en probeer jou uitklop-hou na uitklop-hou gee.

Elke keer mis hy want dis nie SO naby nie. Dis elke keer hartseer maar dis nie hartsmense nie.

Maar díe keer is dit anders. Dis familie. Iemand saam met wie ek seker vir 13 jaar of so saam in die huis mee groot geword het. Iemand oor wie ek gehuil het, snot en trane, (by gebrek aan ‘n beter beskrywing van HOE hartseer ek was) toe sy P.E. toe getrek het toe sy die “Army gejoin” het.

Sy was die een wat ons versorg het toe my ma voldag moes begin werk. Wat vir ons slap tjips en witsous vir middagete gemaak het.

Die een by wie ek veilig voel as ek ‘n mediese krisis het. Die een wat ek bel as my kind 10 uur die aand haar kop oopval om te hoor wat om te doen want ek slaan ‘n “blank” oor wat om te doen.

My hart is in 10 miljoen stukke vanaand na ek besef het dit gaan wragties gebeur. Nie net ‘n duisend stukke nie. Nee 10 miljoen. Ge”shatter” soos hoe my ou foon gelyk het na hy geval het. Dit voel of ek steeds kan hoor hoe my hart kraak, soos wat my foon gedoen het, daai tyd toe ek hom optel na hy geval het.

Na ek vanmiddag op whatsapp op die familie groep ‘n boodskap kry dat een of ander aansoek om oor grense te gaan binne 24 uur goed gekeur is besef ek….dit gaan gebeur.

Hulle moet net vir nog een of ander iets toets dan kan hulle hul vliegkaartjies bespreek.

My hart is seer. Ek het nie eens ‘n foto saam met haar en haar gesin op my 40ste nie. Hulle kon nie bywoon nie want hul was in iemand se teenwoordigheid wat positief getoets het vir die virus. Wat toe op die ou einde ‘n vals positief was.

Sy is die naaste wat ek het aan my ma. Sy trek na my ma se kant van die familie. Sy versorg mens so mooi, al drink jy net koffie saam met haar voel dit net anders.

Sy was die een by wie ek naweke gaan bly het, gaan studeer het en eksamen by geskryf het. Haar man was my inspirasie om ‘n CA te word.

Ja ons het ons verskille gehad met tye, maar wie het nie verskille nie? Dis hoe God ons gemaak het.

Terwyl ek my gesig was vanaand, oorrompel al die emosies wat ek hier neergepen het my. Ek huil. Sluit die deur en huil saggies want ek wil nie my kinders ontstel nie.

Ek probeer sterk staan maar kan nie help om kort kort trane in my oë te kry nie.

Die realiteit is dat ek haar en haar gesin heelwaarskynlik nooit weer gaan sien nie. Nooit weer nie. Ek dink dis erger as om iemand aan die dood af te staan.

Ek probeer sin maak van alles, van hul besluit maar weet ek kan nie. Ek staan nie in hul skoene nie. Ek weet nie deur watter hel is hulle op hierdie aarde al nie. Want dit moes loutere hel gewees het om so ‘n groot besluit te neem.

Ek verwonder my aan hul “guts” om so iets aan te pak op 50 en amper 50. Om na ‘n plek te gaan waar jy nog nooit was nie. Waar selfs die ketels en proppe anders lyk. Waar almal met aksente praat. Waar goed net ANDERS is jy weet?

Om na ‘n plek te gaan waar jy sal doodgaan eendag en minderheid van jou lewe (heelwaarskynlik) gaan leef siende dat hulle teoreties reeds meer as 50% van hul lewe op aarde was.

Laas week loer ek in, soos wat ek altyd maak as ek in Pretoria is. Maar ek was lank laas in Pretoria vir iets.
Ek vermy die onderwerp want ek is nog in volstruis-“mode”. Kop in die sand en al. Hoop ek hoor verkeerd en dat hulle verkeerd gehoor het.

Ons gesels terwyl sy stryk. Dan begin sy ‘n kas uitsorteer. Dis lekker vir my. Voel soos altyd en lank terug en hoe dit altyd was tussen ons.

Sy beduie vir my van als wat sy wou maak en nooit by uitkom nie. Probeer verduidelik wat om te maak met die kunsblomme en gips. Ek het seker my gesig snaaks getrek en weer net gesê “nee dankie” en toe bars ons uit van die lag.

Dit was lekker en het my goed gedoen. Ek mis dit. Mis net die saam wees sonder enige komplikasies en “rubbish” van die lewe.

Hoe sê mens KOEBAAI vir iemand wat jou sussie is? Jou eie bloed? Hoe groet jy sonder om heeltyd te tjank?

Ek dink naas my ma se dood is DIE seker DIE moeilikste ding om te doen. Nie eens my CA eksamens was so moeilik nie. Want vir dit kon ek voorberei.

Vir die kan ek nie voorberei nie. Sal ek nooit reg wees om KOEBAAI te sê vir altyd nie.

Ek gaan die “fleshy hugs” mis. Ja daar is Skype en Zoom en whatsapp video calls. Maar dis net nie dieselfde nie.

Ek gaan jou mis sussie. Al het ek nie jou drumpel deurgetrap nie, het ek altyd geweet jy is net ‘n uur se ry in dieselfde tydzone as ek ver…..en nou gaan dit ook verander.

Posted on Leave a comment

Cryptonite & Superman

Cryptonite. Superman se swakheid is Cryptonite. Nie Crypto-currency nie ?

Jy sien, ons almal is ‘n superman of superwoman op een of ander stadium in jou lewe vir iemand.

Jy bestuur jou besigheid voltyds, werk terwyl jy kraampyne het en weier om voor die dag wat die keiser geskeduleer is in te gaan hospitaal toe. Jy probeer ‘n baba borsvoed tydens jou besigste tyd van die jaar (Februarie). Jy help bou aan entrepreneursdag speletjies, verf goed om te verkoop, werk die winsmarges uit op ‘n klein R5 verkoopswaarde begroting wat daar gestel is (dis mos ENTREPRENEURSDAG nie verkoop-duur-items-vir-R5-dag nie en jy wil jou kinders LEER van kleins af wat dit beteken om ‘n entrepreneur te wees).

Jy gaan “crazy” en maak te veel goed. Lyk soos DAAI ma wat net ALLES oordoen by sulke dae. Jy oes Clivia sade dat dit by jou ore uitkom. Koop potting soil en plant dit uit en laat hulle uitloop tot daar lekker groen plantjies is om uit te plant.

Jy ry jouself simpel agter gimnastiek aan. Sit en werk op jou laptop terwyl jou kinders se “core” sterk ge-gimnastiek word. Jy word bekend as die ma wat altyd op haar laptop werk en goed by SARS indien.

Jy gaan doen gereeld jou hare, naels, poog om te oefen, staan 4 uur op om ALLES te doen vir die dag net sodat jy voel of jy iets bereik het.

Jy sien – ek WAS daai ma. Die een wat alles oordoen het. Ek was soos superwoman vir my gesin, kliënte, vriende. Almal het altyd gesê hulle weet nie HOE ek dit alles doen nie.

Toemaar, ek het ook nie geweet nie ? ek het net gedoen.

Maar net soos Superman het ek ook iets wat my kruppel laat, inmekaar getrek en nie in staat om op te staan nie. Nie eens te noem van huiswerk take doen nie.

Ek het ook “Cryptonite”. Net soos Lex Luther dit uitgewerk het en teen Superman gebruik het, kom die duiwel en gooi, nee, oorrompel my met “Cryptonite”.

Soveel so dat ek niks meer kan doen nie. Ek doen NET die nodigste. Werk, kry my kinders reg vir skool, vat hul vir gimnastiek en lees klas, maak kos en dis dit.

Naweke slaap ek om. Ek sien nie kans vir entrepreneursdae nie en vat dieselfde ou blikkie met 3 jaar terug se “over eager” hand gemaakte goed en gaan verkoop dit weer. Hoop dat die 30 kinders in die hele skool nie agter kom dis net laas jaar se “slow moving stock” wat ek STEEDS probeer verkoop nie.

Ek meen ek voel soos superwoman as ek my kinders teen 7 uur uit die huis uit het. Ek lyk nog soos Ant Stienie, maar dis ok, hulle is aangetrek en lyk nie soos weeskinders nie en DIS AL WAT NOU TEL! ????
Dis soos “high five”, “fist pump” en bultende spiere oomblikke daai die dae wat dit vermag was. Wat “few and far between was” want AL die ander oggende is ons LAAT soos ALTYD.


Dan kom mens op ‘n punt dat jy net opgee. Word huiswerk gedoen? Ek weet nie, ek het nie krag om te redeneer met ‘n graad 6 leerling oor hoekom iets moet gedoen word nie of om te fokus nie.

Ek doen noodgedwonge graad 1 huiswerk en verduur die leesboekies se inhoud wat ek net nou die dag gehoor het toe my oudste in graad 1 was.

Ek verloor spoed. Ek voel soos die slak in “Turbo” wat oefen vir sy resies voor hy sy “turbo boost” gekry het.

Ek is op…gedaan….moeg. Net plein oor alles. Oormoeg, oorstimuleer en oor als.

Net aan die begin van die jaar gaan staan en proklameer ek “2021 the year we get things done” en ons spring weg met ‘n “bang”. Stoep word geteël, kombuis se muur word herstel en geteël, en so kap ons aan.

En dan skielik verloor jy spoed. Net soos in heeltemal. Jy voel alleen, of jy die enigste een is wat die vervlakste horlosie nog probeer wen.

Die Cryptonite is oral. Die grootste een is die Pandemie. Dit het almal se spoed gebreek. Dan is die volgende een die werk wat jy probeer inhaal omdat jy Juffrou Potgieter was van April tot Junie 2020. Wie sou kon dink dat 10 weke se fokus verloor met jou werk ‘n 12 tot 18 maande, indien nie langer nie, impak op jou werk het?

Maar nie te min. 2020 is seker DIE GROOTSTE stuk Crypronite vir 99,9% van mense op aarde. Ok dalk hier 100% want eintlik IS almal geraak deur die ding al dink hulle nie so nie.

Net vanaand dink ek weer. Dis 19 Augustus 2021. Eerder as om te sê “2021 the year we get things done” gaan ek dalk myself die vraag afvra – “what was done in 2021?”

As daardie vraag oor my pad kom wil ek trots kan staan om te sê Superwoman is terug, sy is reg en het die jaar aangepak en goed gedoen wat sy lankal moes doen.

Jy sien, skielik, en met God se genade, begin die Cryptonite weggaan. Skielik is dit asof daar hierdie “shield” of “force” om my is wat die geveg namens my veg.

Skielik is ek nie die enigste een wat teen die horlosie baklei nie. Skielik begin goed in plek val.

Skielik, vanaand, begin ek kans sien vir goed. Vir kunsprojekte, vir verf, vir die kombuis klaar maak, vir entrepreneursdag, vir huiswerk, vir meer as net die nodige doen om net deur elke dag te kom.

Skielik besef ek, dat ek net superwoman kan wees as ek iets groter en sterker het om my teen Lex Luther en sy Cryptonite te beskerm.

Daardie iets is God, sy woord propvol beloftes en geloof, hoop en liefde.

Dan kry jy weer jou “army” (jou gesin) bymekaar en begin weer beheer neem oor die ewige stryd teen tyd. As elke ou sy posisie inneem en skiet as hy moet skiet, DAN kan mens vorentoe beweeg en vordering maak.

Want – ek is tot alles in staat deur HOM wat my krag gee…..

Posted on Leave a comment

Verandering

“A change is as good as a holiday.” Iets wat my ma baie gesê het.

Hoe ouer ek word hoe meer begin ek dit begryp en verstaan. Hoe ouer ek word hoe beter begin ek MYSELF verstaan.

Jy sien ek het altyd, na ‘n besige tyd of groot projek, eers tyd gemaak om my lewe te orden. My tafel reg te pak (want liewe aarde dit lyk altyd of daar ‘n papier tornado oor hom gewaai het so deurmekaar is hy)….e-posse te lees, liaseer werk op te vang en te doen….ENIGE iets wat nie te veel breinkrag vereis nie maar noodsaaklik is vir die werk wat ek doen.

Soms sluit my “orde skep” tyd ‘n verskuiwing van meubels ook in. Tot my man se frustrasie meeste van die keer…..
Die volgende sin moet met ‘n Kaapse aksent gelees word – “Djy skrop, skrop, skrop soos ‘n ‘oender.” Dis nou ek daai. Skrop, skrop, skrop….

Maar ek besef, toe ek weereens vandag my tafel en skerm skuif en orden, (want my skuif van laas week, werk nog nie heeltemal vir my nie), dat dit MY manier is om ORDE te skep en BEHEER te neem van IETS waaroor ek beheer KAN neem.

Ons leef nou, nog meer as tevore, in tye waar ons net nog MINDER beheer oor goed het. Veral met die Pandemie saam.

Wanneer ek begin skrop, is dit asof die Here my rustiger maak. Die geskroppery HELP net om te “cope” met alles wat ek nie kan beheer nie.

Dan begin ek weer herinner word aan skrif. Een wat vir my uitstaan is Eksodus 14:14…. wees stil, die Here veg die geveg vir jou….

So tussen die geskroppery deur raak my gemoed stil en WEET ek net dat al probeer ek beheer neem oor my papiere en werk, ek NIKS anders KAN beheer nie, al probeer ek HOE hard. Dan hoor ek die fluistering in my gees – die Here veg die geveg.

“A change is as good as a holiday.” hoor ek weer haar stem in my gedagtes….

Posted on Leave a comment

Normaal

“Normal. Define normal.” Iets soortgelyk soos dit het ek gehoor op die voorskou van ‘n fliek “The Accountant” nogal. Hoe van toepassing.

Nog nooit self die fliek gekyk nie, hom op DTSV laat opneem maar net NOOIT daarby uitgekom nie…..en toe maar weer afgehaal want hy het ‘n “V” by vir die ouderdomsbeperkinge en ai, ek was nog nooit iemand vir “V” in ‘n movie nie.

Ek kyk movies met “violence” in met ‘n kussing voor my gesig en mis helfde van dit wat gebeur…..jy wonder seker hoekom ek dan so na goed kyk?

Wel, ek kry nagmerries. Droom EK is die een wat almal moet red uit een of ander ou se kloue en skiet of skop en slaan almal in die proses en baie keer kry ek dit nie reg in my droom nie, en dan word ek MOEG wakker….want ek het heelaand baklei en gehardloop.

Dis nogal ‘n jammerte ek word nie maerder of fikser wakker nie. Nee net plein MOEG.

Nou ja, dit daar gelaat en terug na “normaal” toe.

Ek het nou die dag met ‘n vriendin ‘n gesprek op whatsapp en sy sê hoe die “nuwe normaal” met maskers en die Pandemie, net nie lekker is nie.

Ek grinnik toe en vra haar “Definieër normaal”. Ek gaan “google” toe ook maar die definisie.

Ek besef al hoe meer dat “normaal” nie bestaan nie. Ons vergelyk onsself met dit wat ons ken, gewoond is aan, ander mense wat dalk eintlik GLAD NIE normaal is nie….

Wat vir my normaal is, is nie vir die volgende ou normaal nie. Hoekom kan daar nie ‘n woord wees waar elke ou, ding of fase van die lewe waarin jy jouself bevind, beskryf word nie?

Hoekom kan alles en almal nie net aanvaar word nie? God het tog alles geskape het Hy nie? Appels is “normaalweg” rond en piesangs nie…..

Hoekom vergelyk ons omstandighede en mense met dit wat ons ken en verstaan?

Die wêreldse liedjie, kan nou wragties nie die naam onthou nie, met die lirieke in “The more things change the more they stay the same” maak soms sin vir my…..

Die enigste ding wat mens EINTLIK kan verwag in die lewe is verandering. Verandering van wat ookal. ‘n Wêreld om ons met maskers – dis nou ‘n realiteit.

Mense wat ANDERS funksioneer. Dis ‘n realiteit.

Sisteme wat net nie WERK vir almal nie. Dis ‘n realiteit…..
So hoekom hou ons aan vergelyk met mense en met dit wat die wêreld verwag? Hoekom “embrace” ons nie net dinge wat nie “normaal” is nie?

Die maskers is wragties nie lekker nie, maar, die positiewe? Nou kan niemand sien ek het nie lipstiffie aan nie ? of sien as ek my gesig eintlik op ‘n vreemde manier trek vir iets vreemds nie….

Miskien moet ons normaal met bybelse beginsels vergelyk.

Wat doen mense regtig wat Jesus aanhang en volg?
Luister ons REGTIG wat die Here vir ons sê en is ons gehoorsaam as Hy ons in ‘n ander rigting DRUK as wat ons as NORMAAL sien?


Jy sien, die bybel kan nie woord vir woord elke liewe ding wat ons in die lewe ervaar in ‘n bybelvers sit nie.

Moses 3:1 sê in die geval van ‘n Pandemie moet jy die volgende doen…..

OF Moses 3:2 sê as jy nie met jou werksdruk kan “cope” nie, stel ‘n Excel skedule op.

Nee, glad nie! Maar daar is wel “guidance” in God se woord wat WEL op elke situasie van toepassing is.

Dis wat die woord so “awesome” en “lewendig” maak! Elke keer as jy dit lees kry jy nog iets meer uit dieselfde teksvers uit al het jou omstandighede baie verander!

Definieër normaal….”embrace the things that are not always normal”, kry kennis daaroor as dit moontlik is en leer om te “cope” met dit….

Posted on Leave a comment

“Serenity prayer”

“Lord, grant me the serenity to accept the things I cannot change, the courage to change the things I can, and the wisdom to know the difference.”

Dis die “serenity prayer” wat jy altyd hoor mense in die flieks bid, soos wat die kamera draai in ‘n sirkel, om almal wat sit by die AA vergadering en hande vas hou, afneem en vir die kyker terug speel.

Ek word so half vier wakker, dalk vroeër, met die woorde “Accept the things I cannot change” in my gedagtes.

Net dit.

Dit vat my so rukkie om tot verhaal te kom want nou weet ek God het met my gepraat. Dis Sy tyd die. En as ek nie NOU wakker word en neerskryf wat Hy op my hart lê nie, weet ek dat die dag wat ek vir werk beplan het net glad nie gaan uitwerk nie en ek nog meer goed wat “buite my beheer is” (wat eintlik in my beheer was) moet aanvaar en aanbeweeg.

Ek kyk op my horlosie. 03:32 met vandag se datum onder dit en die blommetjie wat links van die tyd beweeg waarna die liggie weer afgaan.

“Accept the things I cannot change” dink ek weer. Ek staan op, loop my draaitjie, en klim terug in die bed. Ek is moeg. Ek wil nog slaap. Ek werk uit dat my wekker 04h45 afgaan so tegnies het ek nog ‘n uur en kwart om te slaap. Ek weet sommer ek sal beter voel as nou.

Maar die Heilige Gees druk woorde op my hart. Woorde wat ek moet neerskryf anders gaan ek vergeet.

Iemand het nodig om die te lees en as ek nou gaan omdraai en verder slaap is die geleentheid daarmee heen.

Goed wat ek nie kan verander nie. O liewe aarde daar is baie. Die lys voel oneindig en vir praktiese doeleindes sal ek nie alles hier uitlap nie.

Maar om ‘n paar goed te noem sal ek tog ‘n lysie insluit. Net om jou ‘n idee te gee hoe my kop werk…

Van die warm en koud verstelling wat omgeruil is op ons redelike onlangse (5 jaar terug se onlangs) nuut oorgedoende badkamer, tot die mosaiek teëltjies wat die teler skeef geplak het in die stort, tot die gechipte teëls wat nou begin kop uitsteek (wat vir al die tyd wat hulle op is onder grout weg gesteek was), tot ons ongelooflike deurmekaar huis, ons onpraktiese huis en die pappegaai wat sy koerante skeur frustreer my, om net ‘n paar te noem.

Oor min goed het ek beheer in die kort lysie bo. Jy sien al die “issues” in ons badkamer is goedjies wat ek nie beheer oor gehad het nie. Ek kan seker als wat my pla gaan oordoen en reg maak, maar ek WIL nie. Is nie LUS vir die gekappery en stof nie. Nie eens te praat van die geld nie en ook nie van die frustrasies wat kom saam met ‘n badkamer oordoen nie.

So ek los dit. Ek kies om nie elke keer kop onderstebo onder die kraan te staan en kyk vir die blou strepie op die kraan wat warm water uitgooi nie.

Ek stort meerderheid van die tyd met my rug na die skewe mosaiek teëls toe en kyk, maar sien nie, as ek instap in die badkamer nie.

Die getjipte teëls is nie so opsigtelik nie so ek gaan soek hulle nie die heeltyd op nie.

Die deurmekaar van die huis voel ek net of ek moed op mee gee op die stadium. Dit help wragties nie ek is die enigste een wat goed op hul plekke terug bêre en goed weggooi wat nie nodig het om rond te lê nie. Veral nie as ek twee klein tornado’tjies (die kinders as jy gewonder het) ook nog het wat bydra tot die chaos nie.

Hulle is nie meer so klein nie, maar ai, die pennie van goed bêre as jy klaar is daarmee, wil maar net nie val nie, jy weet? Ek troos maar myself aan dit wat almal my vertel as ek omverskoning vra vir die deurmekaar huis….”toemaar, ons verstaan, die kinders is nog klein. Dit raak beter.”

Die onpraktiese huis bid ek reg sodat EK dit sal aanvaar en embrace, want ek kan nie mure skuif en te kere gaan soos wanneer ‘n lego huisie gebou en reggemaak word nie. Nee dit val in dieselfde kategorie as die badkamer se issues en die vet alleen weet ek het nie nou nog tyd, geduld, lus of geld vir daardie renovation nie.

So kan ek deur elke item in my lysie hardloop en evalueer waaroor ek beheer het en wat ek net moet aanvaar.

Jy sien 95% van die tyd PLA die goed op my lysie nie altyd nie.

Maar daar is hierdie 5% wat dit my so mal maak dat ek voel ek teen die mure wil uitklim. Of skree tot ek beter voel.

Daar is ‘n rede hoekom dit nie 99% van die keer is nie maar 95%. Ek het nou glad nie ‘n wille woeste indrukwekkende Excel formule geskryf wat die persentasie bereken het nie.

Ek weet net die tyd wat dit my pla is nie so hoog soos 99% nie. Kom ons wees nou maar eerlik oor die goedjies.

Nou ek het al geleer dat as ek so voel, is die deurbraak naby. Alhoewel gister, laas week of laas maand meer perfekte tyd sou wees, “thank you very much”. Maar dit is nie.

Dis iewers in die toekoms op God se tyd.

Ek raak moedeloos as ek dink ek moet die huis oppak om te “renovate” want hier is soveel goed wat ons net van die begin af moes weggooi wat rond lê.

Elke dag se bietjie elke liewe dag.

Woorde wat een van my gunsteling onderwyseresse op skool altyd gesê het. Wat ek as 17 jarige matrikulant net glad nie begryp het nie.

Ek weet ook dit help nou glad nie om die leuen van die vyand te glo oor hoeveel beter af ek nou sou gewees het as ek maar net alles gedoen het soos ek dit moes doen…..”hind sight” is ‘n wonderlike ding. Sy doen mos ALLES reg….

Al wat ek kan doen is bid dat die Here my sal LUS maak om die uitsorteer werk te doen en my te help om te aanvaar dit wat ek nie kan verander nie. Ek het dan vir jare gebid dat Hy my van oefen sal laat HOU. En hier is ek nou. Ek HOU van oefening. So gebed werk.

Ek weet ek gaan my “satisfying” oomblik beleef die dag wat my seun se speelkamer uitgesorteer is, en ek en hy die dag vat en deur alles gaan en herinneringe oproep van die speelding en daardie boek. Wanneer ons gaan evalueer wat moet bly en wat moet ry.

“Accept the things I cannot change.” Here ek bid vandag en elke dag net vir kennis, wysheid en onderskeiding vir myself en elkeen wat die inskrywing lees. Onderskeiding om te weet wat MOET ons aanvaar en wat kan ons verander.

Dan bid ek ook vir die energie om die goed wat ek wel kan verander te kan aanpak en doen. Ek weet die beloning is groot. Ek moet dit net DOEN.

Posted on Leave a comment

Is jou tenkie vol of leeg?

Soos ek vanmiddag laat geduldig wag dat my kar vol diesel gegooi word, kyk ek om my rond. By elke pomp is daar karre en sommige wag in ‘n ry om gehelp te word.

Die motorhawe (ek wou net “fêncy” klink om die woord te gebruik) is besig. Besiger as waaraan ek gewoond is.

‘n Vreemde gesig vir my, want sien, ek woon op die platteland. In die dorp groot geword maar al so aangepas op die platteland omdat ek nou al 17 jaar (wow is dit so lank?) hier woon. Ek het al VERGEET hoe “hectic” dit kan raak by ‘n vulstasie.

Dit lyk vir my amper soos ‘n drukgang waar die een voertuig na die ander voertuig stop, volmaak en weer ry.

Ek bly darem nie in ‘n “one horse town” nie, maar wanneer ek gewoonlik diesel ingooi is dit ek en DALK nog ‘n kar wat wil geholpe raak.

Ek glo jy kry nou die prentjie wat ek probeer skets.

Ek persoonlik is NIE iemand wat volmaak die aand voor die petrol en diesel prys opgaan nie. Maar vanaand was ek so iemand, want sien, my kar was leeg en ek kort diesel.

Ek ken mense wat net ander dag se gister ingegooi het en nog nie ‘n kwart tenk uitgery het nie, wat weer volmaak omdat die prys opgaan.

Ek rol gewoonlik my oë want ek redeneer dat daai paar liter wat jy ingooi nou nie noodwendig ‘n beduidende verskil op die sak gaan maak nie. In elkgeval nie vir my nie want ek ry nie so baie nie en gebruik nie so baie diesel nie.

Nou ja, terug by my storie….alle karre kort ‘n “refuel” een of ander tyd. Of jy nou elke dag werk toe en terug ry en of jy net elke ander dag 2 keer per week ry. Brandstof kort jy.

Soos wat ek stil-stil observeer (was alleen in die kar sonder kinders wat my met vrae of woorde peper) is dit asof die Heilige Gees op my hart kom druk dat ons Gees mens ook moet kom opvul.

Enige tyd. Of jy jou op “E” vir “empty” is en of jy minder as ‘n kwart tenk uitgery het. Jy moet jou tenkie vol hou anders gaan jy nêrens kom nie…

Die “E” op die tenk staan toe nou nie vir “Enough” nie maar wel vir “Empty”.

Waar staan jou geestelike tenk se naald? Hou jy hom gereeld vol? Maak jy tyd vir God? Spandeer jy tyd in die woord?

Dis alles vrae wat ek my eie geesmens afvra. Doen EK genoeg?? Ek voel so dit druk op my hart dat ons tyd hier op aarde min is.

Maak AL hierdie “stuff” wat ons van “pillar to post” rondjaag in die lewe REGTIG saak? Wat maak saak??

Wanneer laas het jy ‘n tydstaat van jou dag geneem? Vlieg die dae nie dalk SO vinnig omdat ons onsself met snert besig hou nie?

Ek weet nie altyd wat die antwoord is nie. Waar om die goue midde weg te vind nie.

I just don’t know…..maar die Here weet. Dit weet ek. Hy weet altyd die beste…..

Dis nou die tyd om my tenkie te gaan volmaak by my vulstasie wat my nie in ‘n ry laat wag nie….want sien daar is nie ‘n prysverhoging wat almal vrees in jaag nie…..

Jesus staan ALTYD heeldag en aldag met Sy arms oop. Reg om ons op Sy skoot te verwelkom.

Die keuse lê by elke individu op aarde of jy op sy skoot gaan sit en net “wees”.

“He is in the waiting…..take courage my heart, stand steadfast my soul, He’s in the waiting….” hoor ek ‘n liedjie van Kristine DiMarco deur my kop kruip…..

Posted on Leave a comment

“Peek-a-Boo!”

“Peek-a-boo”! Ek sien lente speel ‘n speletjie….jy weet die soort wat jy met ‘n baba speel wanneer hulle begin lag en gesigte herken en alles om hulle observeer.

Sy speel weg kruipertjie. Begin so bietjie vir my wys dat sy tog hier rond is. Sy kruip nog weg vir die winter.

Oral is die bewyse dat die winter die boksgeveg gewen het. Bome se blare is af, gras is vaal, plante het skade gekry van ryp en swart ryp…..ons kry selfs sommige oggende gevriesde pype, voëltjiebakke en visdamme….so asof Winter net wil seker maak ons VERSTAAN dat hy hier is met mening.

Maar ek weet dis nie lank nie dan gaan Lente kom en die wêreld begin verkleur. Ek hoor alklaar die voëltjies begin anders sing in die dag. So asof hulle vir Lente roep om saam te kom speel.

Sy wag vir die regte oomblik dan gaan sy haar verfkwas vat en alles weer begin kleur gee. Alles weer herstel na die winter…..

In die tussen tyd gaan ons die laaste van die laastes van die winter maar tog geniet. Al hou ek nie van die winter nie, is daar elemente wat lekker is en waarna ek elke jaar uitsien wanneer die seisoene draai.

Dit lyk nou of die winter se nagevolge onherstelbaar is maar ek weet daar is altyd hoop na ‘n winter. Enige winter. Of dit nou ‘n fisiese winter is of emosionele een.

Die Lente kom en maak voorbrand vir Somer om die ysigheid van die Winter, die uitklophoue se nagevolge te herstel.

Tot dan bly ek warm by die kaggel en onder komberse….met serpe en handskoene.

Ek doen wat ek moet om winter te oorleef. Lente is te mooi om nie elke jaar na uit te sien nie en Somer is nog mooier…..

“Peek-a-boo!!! Where are you? Come out, come out where ever you are!” Roep ek vir Lente….ek is reg as sy reg is…..

Posted on Leave a comment

“Altitude sickness”

Vanoggend toe ek stort, toe dink ek steeds aan die siekte wat mense wat bergklim kry. Ja, ek het vir 2 dae met dit in my kop rondgeloop.

Nou ja, die antwoord het na my toe gekom. Dis “altitude sickness”. Ek het natuurlik in my geheue se vermoë getwyfel, want dit het so ordinêr en plat geklink. Nie so “fêncy” soos wat ek dit in my kop gehad het nie.

Toe gaan google ek maar net om seker te maak, en so waar as wragties, is my geheue toe nou nog wat hy was, en moes ek omverskoning vra dat ek haar betwyfel het. Ek het maar besluit my geheue is ook ‘n vroulike iets omdat ek ‘n vrou is. Net so van die os op die jas “useless” kommentaar.

Goed so toe ek nou daai een opgeklaar het, weet ek dat ek gister geen inskrywing gemaak het oor my vordering van my Mount Everest nie.

Jy sien, my werk ervaar ek nou baie soortgelyk aan bergklim (ek is nou nie ‘n “expert” nie en het nog nooit berg geklim nie) en weet ek sommer dis net een moerawiese “awesome” openbaring van die Here af, want EK kan nie so iets uit my eie self uit meebring nie.
Nou ja, laat ek nou nie weer van die spoor af dwaal nie.

So jy sien, na Maandag se oorlogkreet teen my werk aka Mount Everest, het ek hom toe nou nie geklim tot waar ek wou wees Dinsdag nie.

Net soos wanneer mens bergklim, gebeur daar goed wat buite jou beheer is, soos sneeu storms, winde wat waai, reën en so meer. Die storm van die Pandemie waarin ons onsself bevind het ook glad nie vir enige vordering gehelp nie….en moet ons almal dit ook trotseer en deur sien…..

Maandag het die spreekwoordelike wind so erg begin waai dat ek letterlik nie een tree vorentoe kon gee nie en dus glad nie vordering gemaak het nie.

My ervaring van Maandag was dat ek nog by “base camp” was. Ek wou berg klim en toe kom die tegnologie soos ‘n wind wat waai en waai en waai (die wat die koue fronte in waai) en kon ek eintlik nie die vordering maak soos wat ek beplan het nie.

Gister (dis nou Dinsdag) kon ek redelike vordering maak maar weens die vorige dag se vertragings, was die vordering nie na wense nie en het die tyd my gevang. Ek moes noodgedwonge kamp opslaan om te rus vir die nag.

My vordering gister was weereens gehinder deur nog ‘n onbeplande en onvoorsiene weerstoestand (alweer tegnologie) en die keer was almal wat saam met my die berg klim geaffekteer op een of ander manier en dit was bloot omdat ons “router” by die kantoor wat die internet voorsien, nie behoorlik gewerk het nie….

Vanoggend het ek kamp opgepak om verder te klim, en na ons (letterlik) ‘n heerlike onbyt geniet het by die Wimpy, besluit ons toe nou om die tog verder aan te pak.

Die storm van gister was nog nie heeltemal verby nie en het nog 2 ure geduur, langer as wat die weervoorspelling gelyk het.

Maar teen 12 uur vandag het die wind bedaar en het die son weer begin skyn. Ek kon aangaan met my werk. Die ergste van die storm was verby.

Terug agter die tuig het ek nog ‘n laaste paar rukwinde gehad wat my momentum probeer stop het, maar ek het voortgebeur. Die “printers” (die Afrikaans is mos “drukker” maar NIEMAND praat van ‘n “drukker” nie), het nie gewerk nie, moes rekenaars weer af sit en aansit. Die “router” by die tuiskantoor wou ook nie werk nie en díe moes ook af en aangesit word.

Dan is die skootrekenaar (“laptop” soos ons almal maar eintlik praat) stadig en traag om te reageer.

Soos wat al hierdie winde getrotseer word, besef ek eintlik wie en wat verantwoordelik is vir hierdie storms. Ek besef wie probeer ons klim keer.

Net daar en dan bestraf ek ou knopkop (die duiwel as jy gewonder het) en bind sy werke in die Naam van Jesus.
So vinnig as wat die storm gekom het, so vinnig bedaar hy ook en werk alles soos wat dit moet en niemand WEET eens daar was ‘n storm of ‘n wind wat gewaai het nie.

Nou soos wat ek die inskrywing maak, dwaal my gedagtes (alweer en soos altyd) na vanoggend se gedagtes en wat ek alles gedink het ek wou neerskryf.

Ek word toe herinner (alweer my “life line” die Heilige Gees wat my altyd help) aan iets wat ek wou tik oor die “altitude sickness”.

Ek verstaan nou en besef nou, soos wat ek terug kyk oor die afgelope paar jare en veral meer onlangs seker die afgelope 5 tot 10 jaar, dat ek gereeld “altitude sickness” ervaar met my werk.

Jy sien ek klim my berg, het hoë verwagtinge en haal nie my daaglikse mylpale nie want ek probeer te gou te vinnig klim.

Dan voel ek die effek van dit, my “altitude sickness” en vat dinge rustiger. Werk en klim my ou bergie wat daar vir my gestel is.

Dan net soos wat ek regtig lekker en sterk voel (want ek het so een goeie nag rus in dalk 7 dae as ek so gelukkig is) dan ooreis ek weer myself en klim weer te vinnig te gou.

So kap ek al aan vir jare. Ek het, al lankal eintlik, ook besef, ek dra onnodige bagasie saam met my en doen te veel wat eintlik geen vordering wys nie.

Kom ek verduidelik – die bagasie wat ek dra is goed wat my terug hou soos om take te verrig wat eintlik glad nie my vordering bevorder en komplementeer nie.

Dis om goed aan te hou doen vir mense wie jy nie in die hande kan kry op enige manier van kommunikasie nie (van telefoonoproepe tot e-posse tot Whatsapp en sms boodskappe) maar ‘n valse verpligting en verantwoordelikheid voel teenoor díe mense.

Die ander ding wat mens terug hou is om aan te hou werk vir mense wat jou nie help om die werk te doen wat hulle vereis nie. Dis nou ‘n tweeledige stelling hier – help in die sin van jou rekening betaal om jou uitgawes te dek en help in die sin van inligting verskaf om die werk klaar te kan maak teen die sperdatums wat gestel is.

Nog iets wat mens terug hou is al die wetgewing. As jy alles self probeer doen en analiseer en verstaan dan gaan jy dit vir seker nie maak nie.

So gaan die lysie aan en so moet ek evalueer met elke ding wat ek het en aanpak en doen en gebruik of dit WEL die REGTE ding is. Gaan ek vordering kan maak of gaan dit my terug hou? Wat is dooie gewig en wat is nodig?

Wat gaan my vir ‘n vlietende oomblik help maar weer net so laat “crash” soos ‘n Bar-One mens laat “crash” en moeg maak?

Ek het geleer dat daar tye is wat jy goed self doen, mense en kliënte is vir wie jy ordentlik en beskaafd “nee” voor sê, personneel aanstel om te help met die werk en iemand betaal om die wetlike aspekte vir jou te verduidelik in opleiding en die “manuals” wat jy nodig het koop en voltooi sodat dit vir jou besigheid werk.

Wanneer ek so terug kyk na my spreekwoordelike werk-berg wat ek begin klim het vandat ek 17 jaar oud was (ja ek het gematrikuleer toe ek 17 was en het eers die April 18 geword na ek ‘n paar maande reeds gewerk het) weet ek daar was goeie tye en slegte tye.

Die slegte tye voel soos die storms wat mens ervaar en die goed wat dooie gewig is wat maak dat jy geforseer word om kamp op te slaan en die ding deur te sien en nie vordering te maak soos beplan nie.

Is die slegte tye waar jy nie vordering maak nie lekker? GLAD NIE!!!

Maar ek weet dat dit nodig is. In hierdie tye word karakter gevorm en lesse geleer. Soms duur lesse. As jy skerp genoeg is, sal jy uit jou foute leer sodat jy nie heeltyd op dieselfde plek vasgevang word en nie vordering maak nie. As jy nie uit jou foute leer en doelbewuste beter besluite neem nie, sal jy stagneer. As jy aanhou om daar te bly gaan die storms van die lewe jou tent, waar jy kamp opgeslaan het, toe waai met sneeu en gaan jy verkluim en nie verder KAN beweeg nie, al probeer jy.

Ons almal het ons berg wat ons moet klim. Dis die lewe. HOE jy dit doen is jou keuse. Met watter hulp jy dit doen is ook jou keuse.

As jy alles uit eie mag probeer doen gaan jy nie noodwendig die vordering maak soos jy moet en beplan nie.

Eers wanneer jy jou berg oorwin het en jou “summit” bereik het, het jy jou doel op aarde bereik. Al die pad boontoe leer jy lesse, help jy mense, word jy gevorm.

Ek kies om die Heilige Gees as my hulp te aanvaar. Soms probeer ek goed self doen maar dan is daar Goddellike ingrypings wat help dat die pad boontoe weer meer vlot verloop en daar vordering gewys word.

Hier is op my berg wat ek elke dag klim. Mag ek altyd Goddellike wysheid hê en ingestel wees om die Heilige Gees ALTYD te HOOR en die REGTE ding te doen.

Dankie Here dat die storms van tegnologie en ander uitdagings my nie sal hinder en terug hou nie. Dankie dat ek elke keer my tent sal opslaan en verder klim en vordering maak. Dankie dat ek alles altyd sal doen tot eer van U naam.

Doen alles asof vir God en nie vir mense nie.

Kolossense 3:23 tot 24.

Posted on Leave a comment

Sukkeldag

Maandag….nee wag….Sukkeldag. Vandag was weer een van DAAI frustrerende dae….jy sien ons roetine was weer holderstebolder met die dat die skole later geopen het as wat die plan was.

So gisteraand moes ons weer skarrel om almal in die bed te kry. Wag tot almal slaap voor ons kan gaan slaap.

Niemand is moeg teen 10 uur die aand nie, want almal het rondgelê die naweek tot wie weet watter tyd.

Die gevolg? Niemand kan op toe dit opstaan tyd is nie…..nog ‘n nagevolg van die nagevolg se nagevolg? My dag begin later as beplan. Ek kry ‘n onbeplande oproep wat ek moes hanteer en daar val die wiele af.

Spandeer meerderheid van die dag om tegnologie (waaroor niemand beheer het nie “by the way”) te probeer kry om te werk.

Antwoord ander oproepe en eposse tussen in….maar meerderheid van die dag word spandeer om te SUKKEL en daarom dat dit Sukkeldag heet eerder as Maandag.

Gelukkig is elke môre nuut en word mens (gewoonlik) met ‘n helder brein wakker en dan lyk gister se take wat soos berge voor jou lê (Mt. Everest om meer spesifiek te wees) soos ‘n ou molshopie.

Jy sien vandag het vir my gevoel of ek nie fiks genoeg is vir die dag se take nie. Amper of ek siek word van die berg te vinnig klim. Wat noem mens dit nou weer? Daar is ‘n naam vir dit, wat die ouens kry wat die berg klim en hul liggame pas nie aan by die hele gedoente nie. Ag liewe aarde daar ontgaan die “fêncy” woord (waarmee ek baie slimmer voorkom) my nou heeltemal.

Maar ek is seker jy verstaan wat ek bedoel. Baie mense se bergklim planne is daarmee heen a.g.v. van die toestand wat hulle oorval en baie kon nie die taak waarvoor hulle baie lank voorberei, voltooi nie.

Nou ja, ek voel so. Of vandag ‘n totale mislukking was i.t.v. beplanning, werk, net sommer alles oor die algemeen.

Om alles te kroon moes ek ry om my kind te vat vir ‘n haarsny (ja hy is met lang hare skool toe, want, ek kon dit net nie ingepas kry tussen werk, motivering vir selfstudie by die huis, sodat hy net nie agter raak met sy skoolwerk nie, en omdat ons nie langs hulle kon sit en help met skoolwerk nie en alles andersins wat tussen in gebeur nie).

By die “Barber shop” aangekom (die een naby ons huis) vind ons dat hy toegemaak het. Ek staan verbaas en skud my kop. NOG ‘n besigheid wat moes toemaak a.g.v. die pandemie.

NOG mense wat moontlik sonder werk sit. NOG iemand wat “struggle” net om kop bo water te hou.

As ek so daarna kyk dan is my “struggles” aka my Mount Everests wat ek moet klim seker ‘n “walk in the park” in vergelyking met ander mense se “struggles”.

Ons kon, ten spyte van alles wat gebeur, nog ons deure oophou. Ons skuld is op datum, al is die skuld aan ons nou nie altyd so op datum nie. Ons kon kos koop, nuwe klerk aanstel, goedjies doen wat die lewe so bietjie lekkerder maak.

Ten spyte van al die berge wat daagliks voor mens lê, het ons tot hier gekom.

Nou ja, ek verloor alweer my storie hier. So die ryery wat hoogstens 45 min moes neem ontaard in ‘n “vinnige” rit na ons plaaslike inkopiesentrum toe wat toe 2 ure later word.

By die huis gekom, is my dogtertjie op die naat van haar rug besig om TV te kyk soos iemand wat NIKS graad 1 huiswerk het nie.

My seun moet sy leesklassie doen op die rekenaar (om sy oë te oefen) en liewe aarde, is dit nou vir jou ‘n geween en gekners van tande. Van die rekenaarprogram wat nie reg werk nie tot die tannie wat sy spoed te vinnig stel tot die rekenaar wat net nie saam werk nie.

Dis omtrent Klaagliedere of “Moan songs” soos ek daarna verwys.

Dan maak dit Sukkeldag se berg net nog groter.
Gelukkig weet ek ons is almal Kaput en gedaan. Gaan vanaand vroeg slaap sodat ons môre se berg wat nie geklim was nie kan klaar klim en nog vordering op Dinsdag se berg maak.


God se genade is groot. Die “joy” kom in die oggend.
Al voel ek soos iemand wat ‘n marathon gehardloop het, so seer is my skouers en nek van spanning.

Ek weet met ‘n goeie nag se rus sal die Here vir my moed en krag gee om die nuwe dag met mening aan te pak.
Die hele Pandemie deur voel dit al of ek berg na berg na berg versit en klim en sowaar as vet van nou af gaan dit wees om af te Ski eerder as op te klim.


Spreek dit asof dit reeds gebeur het en so sal dit wees.
Pasop môre, want vir jou gaan ek “tackle” dat jy lê…..Mount Everest vir JOU gaan ek uitklim en oorwin môre!

W A T C H T H I S S P A C E!!

Ek is seker ek kan môre een van daai denkbeeldige oorwinningsfoto’s plaas.

Jy weet die een in die snoesige sneeupakkie, sonbrille vir die helder sneeu, hand omhoog met die vuis gebal in oorwinning, rooi wange en neus van die koue wat jy trotseer het.

Daai een wil ek môre opsit. Die een van oorwinning. En nie net môre nie maar elke dag hierna.

Posted on Leave a comment

Wysheid van jong mense

Vrydagmiddag kyk en luister ek na die video wat Gretha Wiid gedeel het, wat haar dogter op sosiale media geplaas het.

Ek kyk normaalweg nie video’s op Facebook nie, maar dit wat sy saam met dit getik het, het my aandag getrek.

Ek kyk en luister en is verstom oor die wysheid waarmee die jong dame praat en haar interpretasie deel oor ‘n spesifieke stuk in die Ou Testament.

Onmiddellik vat die Heilige Gees my na skrif in die Bybel in Handelinge 2:17-21 wat sê dat in die laaste dae jong mense sal profeteer en visioene hê….

Ek hou aan dink en besef net meer en meer dat die woord besig is om tot vervulling te kom. Dat Jesus se koms naby is.

Die Here is besig om oral oor mense strategies op te rig en verskeie platforms word gebruik om Sy woord te deel sodat almal kan hoor en die saad gesaai word.

Haar boodskap tref my diep en ek besef dat daar soveel waarheid in steek. Ons moet nie gekul word deur die duiwel nie. Ons moet onthou dat hy ook die woord ken en weet as ons besluite moet neem.

Verder voel ek dat ons moet ook HOOR as God met ons praat, al is dit mense wat jonger is as ons. Die Here gebruik oral oor mense om boodskappe en antwoorde deur te kry na ons toe.

Ons moet net luister en moet nie dat trots in die pad staan vir ‘n Goddellike antwoord nie….ons moet wel bid vir bevestiging en ook nie sommer enige iets aanvaar as van God af nie….want die woord sê ook dat daar verskeie vals profete sal wees…..

So ‘n fyn lyn en een wat ek die Here altyd vertrou om die regte ding te laat gebeur….

Posted on Leave a comment

Meer oor dit wat jy nie weet nie….

So kom ek brei so bietjie uit oor gisteraand of vanoggend vroeg se inskrywing – jy weet nie wat jy nie weet nie.

Kom ek gebruik ‘n eenvoudige voorbeeld.

Jou kleuter wil self tee maak met kookwater. Nou as volwassenes weet ons mos nou al dat ‘n kleuter nie bevoeg is om alleen en sonder toesig met kookwater te werk nie. Ek wil amper so ver gaan as om te sê selfs onder toesig moet hulle nie met kookwater werk nie.

Maar dit daar gelaat.

So jou kleuter weet nie wat sy nie weet nie. Sy weet nie dat sy nie met kookwater moet werk nie. As ‘n ouer gaan mens mos nie haar veroordeel en vertel hoe jy dit sou doen nie en hoe kan sy nie dit WEET nie? Nee, ons hanteer dit mos soos ‘n ouer dit doen. Ons leer haar mooi en vertel vir haar hoe die kookwater haar baie eina kan brand en dat sy dan salfies gaan moet kry as dit gebeur, en so meer.

Is ek reg as ek dit so verduidelik?

So my kleuter het nie geweet wat sy nie weet nie. En ek het haar nie veroordeel nie.

Kom ek gebruik ‘n ander voorbeeld. Iemand wat jy ken, was die glase en bekers, maar sit dit nie onderstebo sodat al die water wat binne is kan uitloop en hy kan “drip dry” nie. Want niemand het die persoon geleer om dit anders te doen nie.

Die persoon het dalk gefrustreerd geraak met die afdrooglap wat so gou papnat word van afdroog, maar omdat die kennis beperk is, het die persoon net aangegaan want daar was nie ‘n ander oplossing vir die probleem nie. Niemand het die persoon anders geleer nie.

Maar nou kom iemand anders en veroordeel die persoon as onbevoeg, want, hoekom sit hy of sy nie die glase en bekers onderstebo om te “drip dry” nie?

Jy sien, die een wat die glase gewas het, weet nie wat hy/sy nie weet nie. Hy/sy weet nie om die glase en bekers om te draai nie.

Tog word die persoon geoordeel op dit wat hy/sy gedoen het en geen kennis noodwendig oor beskik nie.

Jy weet nie wat jy nie weet nie maar tog word jy op elke daad wat jy doen geoordeel….?‍♀️ of so voel dit soms….

Oordeel is ook nie vir ons beskore nie, in sekere opsigte. Vir skool/ leer of werksdoeleindes moet mens dit soms doen om bevoegdheid te meet en as iemand weet hoe om iets te doen (en opleiding of raad ontvang het oor hoe om dit anders of beter te doen) en hulle word daarop getoets moet jy oordeel of hulle dit reg of verkeerd doen…maar nie elke daad in die lewe is eintlik onderhewig aan ‘n kritiese oog nie…of is dit?

Posted on Leave a comment

Uitklophoue

Die wind loei om die hoeke….Die winter deel uitklop-hou na uitklop-hou uit. Herfs staan lankal nie meer ‘n kans teen die koue nie.

Elke keer as ek die wind hoor waai, kyk ek vir die boom buite ons venster waar ons sit en werk by die huis. Die boom sonder blare getuig woordeloos van die seisoen waarin ons onsself bevind….

Dit voel of ons op Ysbeerpoort woon so koud is dit, nie Skeerpoort nie.

Dis snerpend koud. Oral lees jy van mense wat foto’s oplaai van hoe koud dit vanoggend was.

Die sprake van die koue front wat ons vandag gaan tref word noukeurig deur my bestudeer vroegerig in die week al. Ek kyk na die “app” op my foon en hy getuig dit gaan minus iets wees vanoggend.

Ek gee ons personneel die keuse om van die huis af te werk a.g.v. die koue. Ons kantoor is ongelooflik koud en ons kan nie veel doen om hom warm te kry nie. Almal verkluim waar hulle sit en werk, selfs ons by ons huis.

My man begin lag vir my. “Is jy besig om voorbereiding te tref vir ‘n tornado wat oppad is?” Vra hy my, na ek by myself prewel dat ons vanaand (dis nou gisteraand) moet bad en genoeg water in die ketel tap vir koffie in die oggend, want die pype gaan weer gevries wees.

Ek kyk snaaks na hom. Hy lag vir my. “Jy stuur personneel huis toe, wil bad vanaand. Liewe aarde, dis NET winter.”

Ek begin lag. Ek besef hoe belaglik ek klink. Maar dis koud.
Hy lees vanoggend van die “polar air” wat inwaai van Antarktika af. Nee wat dis so 2 grade weg van ysbere in die strate sien….ek VOEL Antarktika in die wind. Dis nie ‘n wolhaarstorie wat hy gelees het nie ?


Ek sit en werk met my voete in ‘n kussing wat dit warm hou (wat werk “by the way” en as jy gewonder het), kombers om my lyf gedraai soos ‘n ek-weet-nie-wat-nie, vingerlose handskoene aan, warm watersakkie op my skoot, japon aan.

My suster het onlangs Riversdal toe getrek met haar gesin (soos in die afgelope naweek se onlangs) en ek sien op Facebook hoe sy foto’s opsit van die berge en sneeuwolke wat laag hang.

My gedagtes dwaal na haar nuwe omgewing. Hoe hulle seker nou elke winter sneeu gaan sien en net ‘n ander leefstyl gaan beleef. Hoe gelukkig hulle gaan wees. Hoe dankbaar ek is dat dit Riversdal is en nie iewers ver oorsee nie, want dan kan ons ten minste nog af en toe kuier wanneer die geleentheid homself voordoen….

My gedagtes stop hier en ek is terug by die huis – ons maak reg om vir vriende te gaan kuier want die vrou (dit klink so onpersoonlik – ons vriendin eerder) verjaar vandag en ons het onsself genooi vir koffie en koek (want ons kan).

Ek trek amper my japon aan bo oor my klere, wik en weeg om pantoffels ook aan te trek….ek maak hardop ‘n grappie met my man daaroor en ons giggel lekker. Ek besluit maar om nie my winter-paranoia verder as ons huis en kantoor te neem nie.

Ons trek nog ‘n ietsie aan om ‘n deeltjie van die lyf warmer te maak.

Soos wat ons uit stap kar toe, gryp ek my kombers waarin ek myself toewikkel as ek werk.

‘n Klein stukkie paranoia gaan tog maar saam met my uit….ek gaan kuier met my eie kombers….

Ek kyk weer ‘n laaste oomblik vir die boom sonder blare en weet oor 2 maande of so is dit weer warmer en dan hoef ons nie meer ons winter-paranoia oral saam met ons rond te dra nie…..

Posted on Leave a comment

Jy weet nie wat jy nie weet nie

Jy weet nie wat jy nie weet nie. Lees weer. Lees stadiger. Jy weet nie wat jy nie weet nie.

Jy sien, mense is so vinnig om ‘n oordeel te fel oor mense en dinge wat hulle doen en hoe hulle optree.

Maar in dieselfde asem, weet die persoon wie veroordeel word nie wat hulle nie weet nie.

So iemand word geoordeel op iets wat hulle doen want die beoordelaar sou dit anders doen.

Maar, het jy al gedink daaraan dat NIEMAND op die aarde ooit 100% presies dieselfde uitkyk het of plan het vir iets nie?

Onthou maar altyd dat iemand nie weet wat hulle nie weet nie voor jy volgende keer ietsie veroordelend kwytraak….

Posted on Leave a comment

Rainbow Nation

“Rainbow nation”. Die woorde trippel, huppel en speel omtrent rond vir ‘n dag of 2 al…..Dis mos hoe ons van Suid-Afrika praat. As die “rainbow nation”.

Ek dink so bietjie na oor dit en my gedagtes gaan terug na die belofte in die bybel aan Noag toe God die reënboog gestuur het…..dit laat my regtig dink of ons in Suid-Afrika nie ‘n spesiale verbond en belofte met die Here het nie….die dat ons die “rainbow nation” heet.

Ek weet natuurlik gaan dit oor al die kulture maar ek voel tog daar is so bietjie meriete in die woord “rainbow” en God se beloftes van die bybel….

Na die afgelope week se onluste en plundering wat geisoleerd plaasgevind het in SA, was ons geskok dat mense so iets kan doen sonder om te blik of te bloos.

Dan kom die volgende onsekerheid – die sekuriteit oor kos. Gaan ons nog kos kan kry? Oral oor hoor ons van mense wat weer “panic buy” soos laas jaar net voor die “hard lockdown” begin het.

Ons kry videos van mense wat in KZN vir kilometers in rye staan om kos te koop. Hoor hul word beperk op 20 items.

Ek dink by myself, het ek al ooit net 20 items gekoop? Hoe kies jy watter 20 goed jy nodig het as daar 100 goed in jou huis klaar is?

Vir een maaltyd gebruik mens seker 20 goed. Water, rys, sout, vleis, groente, slaai (wat uit hoeveel ookal bestanddele bestaan – seker 5 of 10 afhangend van WAT alles ingaan….dalk nog ‘n sousie of ‘n spesery….dalk nog ‘n sappie daarby….

Vir ‘n vlietende oomblik Donderdag wil-wil paniek my oorrompel soos ‘n golf jou voete onder jou uitslaan op die strand.

Ek huil alleen in die badkamer. Probeer kalm bly terwille van die kinders. Gaan huil vir ‘n oomblik op my man se skouer. Vertel hom hoe ek uit “freak”.

Hoe ek voel in my Gees die Here maak my kalm en sê vir my ek moet nie ook saam “panic buy” nie. Ek sou in elkgeval nie kon nie want vir dit het jy geld en plek in jou vrieskas nodig. Iets wat ek nie oormaat van het nie.

Ons vrieskas se spasie is voldoende om vleis en brood en ander bevrore items te stoor vir ‘n maand of so, afhangend van wat ons alles koop en wat ons alles eet. Maar ek het nie plek om 6 maande se voorraad te gaan koop nie. Want ek neem aan dis wat mense doen as hul “panic buy”.

Ek wou die Donderdag ry om goed te kry wat klaar is maar besluit ek gaan dit los. Net nou oorval en oorrompel die paniek my en koop ek onnodige goed waarvoor daar nie plek of geld is nie….

Ek begin kalmer voel. Probeer fokus op werk. Dis moeilik. Want ons “home school” alweer. Net nou die dag sê ek NOOIT weer nie en kyk, hier is ons nou. Die keer los ek my kinders. Hulle moet self-studie doen. Graad 1 en graad 6 moet hulself leer. As hul iets nie verstaan nie kom vra hulle en as ons nie tyd het om te help nie moet dit maar gelos word tot hul terug gaan sodat juffrou kan opvang en verduidelik.

Baie mense wonder seker HOE KAN JY JOU KINDERS LOS MET SKOOLWERK? Die antwoord is interessant. Want, 1 kwartaal se vol “homeschooling”, klas gee, goed verduidelik het sy tol begin eis op ons werk.

Vir my voel dit of die wiele afval. Admin raak agter. Goed word ingedien maar nie gefaktureer nie. Dis nou ‘n gemors. Want hoe moet ons eet en goed betaal as die mense vir wie ons die werk doen nie weet HOEVEEL hulle jou moet betaal vir die diens wat jy gelewer het nie. En nuwe goed kom in, want die lewe gaan aan wat sperdatums en indienings by owerhede aanbetref….?‍♀️

Elkgeval, dit daar gelaat. Dis nie die punt wat ek wil maak nie en dwaal alweer van die punt af.

Na die week se onluste het ek soveel “feel good” oomblikke op FB beleef. Video’s wat gedeel word. Mense wat God eer en sing in winkels, parkeerarea’s van hospitale.

Gemeenskappe wat saam werk om die winkels te beskerm. Verskillende rasse staan saam, veg wat reg is.

Ek maak ‘n aanmerking op my persoonlike blad oor afbrekekende kommentaar oor SA en dat mense nie moet fokus op die negatiewe nie maar eerder op die positiewe moet fokus. Oud Suid-Afrikaners wat hul verligting hardop uiter oor die feit dat hulle uit SA is en dat DIT die rede was hoekom hul opgepak het.

Ek kry “attitude” van mense wat jare gelede besluit het om hulself te ontwortel uit SA uit en in ander plekke gaan bly. Hulle voel “offended” na my kommentaar glad nie gemik was op hulle nie en ook nie oor hul wat immigreer het nie, maar eerder oor die negatiwiteit wat gespreek word oor SA.

Kyk dis elke ou se keuse om te doen wat hul voel reg is vir hul gesinne. Daaroor kan ek nie oordeel nie want ons neem self besluite wat ander mense laat frons. En dis glad nie waaroor dit gaan nie.

Laat ek dalk so van ‘n ander hoek af verduidelik….voor daar nog misverstande is.

Watter verskil is daar tussen twee mense? Die een breek fisies goed af, steel, en so meer. Die ander een spreek dood met sy tong. So hy of sy breek geestelik goed af.

Ek dink nie daar is ‘n verskil nie. Omdat ons nie die geestelike kan sien soos die fisiese nie, voel dit vir ons “ok” om negatief te praat oor ons land.

Om negatief te wees oor alles wat aan die gang is. Om aanmerkings te maak van “Dis mos nou tipies”.

Niemand van ons is gelukkig met dit wat gebeur het nie MAAR ons kies om te fokus op God. Negatiwiteit kom van die duiwel af. Vrees kom van die duiwel af. Enige iets wat afbreek kom van die duiwel af.

God voorsien altyd. Ja, slegte goed gebeur met goeie mense en ons verstaan nie altyd hoekom nie. Ek dink ook nie ons moet probeer verstaan nie. Net op God vertrou.

God is alles wat goed en mooi is al is dit chaos om ons. Al woed die vuur. Dink aan Daniël en sy vriende en wat hulle alles moes deurmaak. Binne in alles was God daar en het Hy hulle beskerm.

Ek is trots om te sê ek is ‘n Suid-Afrikaner. Deel van die “rainbow nation”. Ek was nog meer trots en dankbaar toe ek sien hoe verskillende rasse saam staan en dit ‘n geveg tussen goed en sleg word. Nie tussen enige iets anders nie.
Ek sê steeds, wees stil want God veg die geveg vir jou.

Dan hoor ek ‘n liedjie “Smile” deur Sidewalk Prophets. Ek kies altyd “joy”. Dit lyk nie altyd so nie en soms is mens so bietjie negatief. Maar dan kom die “joy” weer….jy moet dit net kry en toelaat om in jou lewe te werk…..

“There’s always a reason to always choose joy” dans nou in my gedagtes en ek kan nie help om saam te neurie en sing nie…..

Posted on Leave a comment

Weg vir altyd

So vandag is die dag. Die dag waarop sy vir ewig weg is. Ek het gedink ek wou niks post nie net foto’s. Toe besluit ek om maar tog iets te sê. Om dit van my hart af te kry.

So vanoggend het goed begin. Toe begin die gesprek met my man oor my post van gister. Hy vertel my dat hy jammer is dat hy nie die situasie anders hanteer het destyds nie. Dat hy nie vir die kliënt gevra het vir spasie nie. Dat ek net oor als kan kom en dan weer alles hervat.

Maar jy sien, die ding is, maak nie saak hoeveel keer iemand wat glad nie verantwoordelik is vir die situasie jammer sê nie, maak dit niks wat gebeur het beter nie.

Dit is wat dit is. Sy is weg. Vir altyd. Sal nooit weer haar stem hoor nie. Sy bly steeds vir my soos iemand wat nooit bestaan het nie en ek voel steeds soos ‘n buitestaander wat my eie lewe toekyk op ‘n film maar nie daar is nie.

Ek voel afgestomp. Moeg om te huil en hartseer te wees want vet weet dit help niemand niks. Dit maak eintlik in teendeel alles net moeiliker vir almal om my.

Ek redeneer dat ek so voel omdat my brein deur trauma is en goed uitsny sodat ek net kan “cope”. “Fake it till you make it” soos die Engelse sê.

Dis dalk ook hoekom ek, dit waarmee die Here my geseën het, om te kan voorsien, so verafsku? Ek voel dit wat kos op die tafel sit het gesteel by my en steel steeds.

Die mense vir wie jy jou afsloop, goed indien, werk voor doen, nagte deur werk en dan betaal hulle jou nie. En het die “ordasity” om “demands” te gee oor wanneer goed moet klaar wees al wag jy soms vir hulle vir goed.

Ek voel ek mis uit op tyd wat ek nooit weer sal terugkry nie. Stel slegte voorbeeld vir my kinders. Laat hulle bekommerd kom vra of hulle iets kan doen omdat dit klink of daar fout is met mamma. Haar stem klink huilerig.

Die geringste irritasie en goed wat ons nie kan reg kry nie en sukkel met werk en net omstandighede waarin ons nou is, ontlont reaksie by my wat ek seker is die Here nie wil hê vir my nie.

Díe dag moet eintlik net nog ‘n dag word vir my. Sonder onthou en sonder hartseer. Ek is seker dan sal dit beter wees.

Eintlik wil ek net soos ‘n beer gaan en hiberneer in die winter sodat ek net nie meer deur hierdie vervlakste emosies HOEF te werk nie. Ek wil net wegkom van myself af. Maak dit sin? Of is ek die enigste een wat so voel?

Ek redeneer met my man oor mense se hartseer. En dat dit eintlik terugkom na ‘n selfsugtige daad toe. Want, ek voel, ek is hartseer omdat sy weg is en omdat sy nie meer tasbaar is hier nie. En eintlik omdat ek so voel is ek in ‘n mate selfsugtig, is ek nie? Want ek wil haar hier hê by my, by ons almal op aarde sodat EK beter kan voel.

Dink ek aan hoe SY gevoel het? Besef ek HOE moeg sy was? HOE seer sy gehad het? Hoe verby die punt van opgee sy dalk was? Hoe lekker dit nou daar is vir haar waar sy is in die Hemel?

Nee, nee en nogmaals nee. Ek dink nie daaraan nie ek dink net aan wat my beter gaan laat voel. Dis my opinie. Maar dit maak nie hartseer verkeerd nie.

Natuurlik gaan mens iemand mis en dit gaan oor watter rede jy die persoon mis….doen dit nie? Sodat jy nie die leemte in jou voel nie of omdat jy net nog eenkeer raad wou vra oor iets wat jy nie meer kan onthou nie….wat is dit? Bietjie van beide dink ek.

Dit is seker ok en natuurlik om die leemte minder leeg te wil laat voel is dit nie? Jy sien, so debateer ek al jaar in en jaar uit met myself hieroor.

Ons redeneer nog verder en besluit dis spyt en verwyt wat mens op hierdie “guilt trip” vat. Jy sien niemand van ons het plek vir Mevrou Spyt-Verwyt nie (vir die wat nie weet nie – gaan lees die inskrywing oor haar op 15 Mei 2021 en wat sy doen en hoe sy jou laat voel dan sal jy beter verstaan).

As jy toelaat om op “guilt trip” na “guilt trip” te gaan dan laat jy eintlik toe in ‘n mate dat die duiwel aanhou steel by jou. Hy steel jou “joy”. Hy steel die hier en die nou. Die tyd wat jy nou het om dinge anders te kan doen met die wat nog oor is saam met jou.

Dit daar gelaat.

So in ‘n paar inskrywings het ek basies die 2 weke opgesom, in ‘n neute dop, en dit wat vir my uitstaan van 4 jaar terug.
Jy sien die “gemors” met my brein is, is dat ek ‘n verskriklike goeie geheue het en tydlyne besonders goed kan onthou, datums, eintlik enige iets met syfers onthou ek baie goed. Dis OOK hoekom ek die “somme bedryf” gekies het soos my een swaer altyd grappender-wys daarna verwys.


En DIS hoekom ek elke jaar die winter nog meer verpes as voorheen. Want ek ONTHOU.

En wragties mens onthou altyd die negatiewe. Al is dit in die minderheid, mens ONTHOU net dit meer. Want dit raas die hardste. Of is dit net ek?

Ai daar verloor ek alweer my punt maar ek sal hom nou weer vind. Mmmm as ek dit in twee lyne geskryf het sou dit die eerste twee sinne van my gedig gewees het….”I am ‘n poet and did not even know it.” ?

Daar is darem humor in alles maar vet weet hoekom moet sommige dae moeiliker wees as ander dae?

Ah daar het ek my punt weer…..die week tussen die dood en die begrafnis/roudiens. Dit het ook “weird” gevoel. Gaan sien die pastoor, besluit op liedjies. Probeer nog al die vervlakste pad almal “happy” hou wat werk aanbetref. Kry sommige goed uitgeskuif en ander nie…..

Tussen die 3 van ons moet ons besluit op ALLES. Ek neem nie regtig deel aan die decor besluite nie want ek dink nie eens ek het geweet van alles nie. Dit het so bietjie soos ‘n “blur” gevoel….

Ek help waar ek kan met wat ek kan tussen alles deur. Sommige take gaan weer terug na die een wat dit uitgedeel het omdat dit net soos CHAOS om my voel met alles en almal wat hul pond vleis eis by my.

Jy sou nie sê as jy na my kyk dat daar hompe uit my gehap is deur almal nie want ek is nie maerder nie ??
Die diens loop goed af, ek lig my hande na bo wanneer daar “praise” en “worship” musiek gespeel word. Die mense dink seker ek is mal. My ma is dood, hoe kan ek dit doen? Maar ek los hulle AS iemand gewonder het. Want miskien is dit ook net my “imagination” dat mense vir my frons.


My pa maak ‘n hout kruis, ander vriendin van die familie maak dit vol vetplantrosies en mooi pêreltjies en goetertjies…..dit lyk “stunning” as iets “stunning” mag lyk vir ‘n roudiens.

Iemand bring ‘n “gorgeous” bos blomme daaraan. Ek verwonder my net hoe mooi als lyk. Hoe vreemd dit is dat sy dit nooit sal sien nie. Wonder alweer hoekom mense so baie moeite doen as iemand dood is? Ek weet nie of ek dit wil hê as ek weg is nie. “But then again” ek gaan nie weet nie so maak dit saak?

Ek wonder net oor so baie goed….

Wanneer maak tyd dit regtig beter? Eendag as ek 70 is? Vet weet ek hoop nie so nie want dan beteken dit ek moet vir nog 30 jaar so voel. En ek wil nie!!!

Ek los jou wat lees met my Facebook “post” van 4 jaar gelede en ook ‘n liedjie “Scars in Heaven” deur Casting Crowns wat die week skielik sy opwagting op Spotify gemaak het….en so paar foto’s van die roudiens….

“It is what it is”, hoor ek in my gedagtes. “Deal with it and move on.”

Nou ja hier is op “moving on”. Weet nie of ek dit regkry nie maar dis maar makliker om nie daaraan te dink nie en dat dit maar net nog ‘n dag word…..

Posted on Leave a comment

Dringende oproepe

Dinsdag 11 Julie 2017. Die oproep wat niemand verwag het nie. Die ontvangsdame van ons kantoor wat verwoedelik probeer om ons in die hande te kry. “Missed calls” op beide my en my man se fone van die kantoor en my sussie af.

Ons is in ‘n vergadering. Fone op “silent” want ons moet fokus op dit wat ons moet doen in die vergadering.

Ek kry die nuus en is ALWEER deurmekaar (dit gebeur lyk my baie ?). My sussie praat iets van my ma is deurmekaar en weet nie waar sy haarself bevind nie… ons moet kom. Hulle moet MRI doen en wag tot ons daar is want hulle weet nie hoe haar liggaam gaan reageer nie en net nou gaan sy dood en ek kon nie groet nie.

Ons bedink eers planne hoe om my man by die kantoor te kry sodat hy kan werk en ek Pta toe kan ry maar besluit om maar tog saam deur te gaan. Dankie tog ons het.

Daar aangekom is die “deurmekaar” nie “confusion” en “disoriented” soos ek gedink het nie. Dis toe al die pad ‘n koma waarin my ma verval het.

Ek het altyd gewonder hoe dit is maar niemand geken wat dit vir my kon beskryf nie. Dit “suck” laat ek jou vertel. Sy lê daar en lyk of sy slaap en jy praat en jy weet nie of sy jou hoor nie.

Dinsdag was sy baie onrustig en het baie gekreun en probeer iets “fight” en dan weer rustig geraak. Dit was “weird”.

Met die MRI staan ek en kyk my oudste suster toe met die grootste bewondering. Haar “nurse” instinkte skop in. Sy is kalm. Professioneel. Met haar goed op die skouers, sterretjies en “stuff” wat rang aandui in haar uniform neem sy beheer van die situasie.

Sy hou my ma se hand vas. Praat kalm met haar. Doen alles soos ‘n opgeleide sister (nie “nurse” nie want ‘n “nurse” is nie dieselfde as ‘n sister nie as jy gewonder het) met jare se ondervinding en ervaring.

Sy raak nie eenkeer histeries nie. Bly kalm.

MRI word gedoen, ons is heeldag by die hospitaal. Kom eers 8 uur of iets belaglik by die huis. Genadiglik kon die kinders by skoonma bly die middag.

Ons eet KFC. Ek werk want die state moet klaar. Die kliënt wag. Paar keer gebel terwyl ek by die hospitaal was. Nie gevoel of hulle eintlik verstaan en menslikheid het teenoor die situasie nie.

15 min voor ek klaar is hoor ek ‘n gegil en gehuil. My man raas. My 3 jarige het haar kop oop geval.

Ek vries. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek bel die “nurse” in die familie wakker. Deur die slaap vertel my suster my om drukking met ‘n skoon handdoek op te sit. Sy lê die klem op SKOON.

Ons jaag deur hospitaal toe. Sy moet steke kry. Ek gooi amper op soos die naald buig teen haar skedel. Klou verwoedelik vas aan haar om haar stil te hou. Die “fiesty mouse” baklei teen die dokter en die steke. Hulle is in.

Ons kom iets soos 1 uur die oggend by die huis.

In die hele proses is ek besig met ‘n SAICA kantoor besoek ook nog bo op alles. Oudit wat die volgende week moet begin. State wat moet klaar maar ek wag vir inligting wat ek net nie kry nie. Maar druk word geplaas.

So gaan die week verby en ek is op en af Pretoria toe en terug. Gee vir my klerk klomp goed om te doen vir die state wat moet klaar. Gooi haar, nee wag, stamp met “force” haar in die tsunami golwe van berekeninge in want die goed moet klaar en ek moet Pta toe.

Teen Donderdag is ek moeg en sê dis klaar. Ek ry nie weer nie. Dit help niks nie. Ek kan nie haar so sien lê nie. Kan nie lappies op die lyf sit vir die koors wat wil oorneem nie. Kan nie roompies vryf nie.

Ek sê vir almal ek sal hul koffie, cokes, tjoklits en kos bestellings aandra. Ek sal so ondersteun maar om haar so te sien is uitmergelend.

Vanuit alle oorde die Vrydag kom daar hulp. Mense daag net op en sit en gesels en drink koffie saam my en ondersteun my net. Ander los ons af en sit by haar sodat ons kan eet.

Ek word elke oggend wakker, kyk vir DIE boodskap wat aandui dat sy nie meer hier is nie. Heeltyd gedink sy sou iewers in die vroeë oggend ure sterf. Maar niks….dae kom en gaan. Sleep verby maar gaan ook vinnig terselfde tyd….

Die Donderdagaand jaag ons weer deur want ons dag dis nou so. Sy lyk sleg. Ek gesels met haar speel praise en worship. Kry reaksie maar is so oorweldig ek weet nie wat om te gesels nie.

Toe vang my oog die klip. Die wit klip op haar bedkassie. Ek lees die skrif. Wow. So uit die hemel uit….ek wonder wie dit daar gesit het….vind later uit dis my middel sussie. Ek het nie eens geweet daardie skrif bestaan nie….

Ek sit en kyk vir haar en dink by myself – hoe lank gaan ons nog so sit? Hoeveel dae of weke?

Iemand anders vertel my haar pa was 28 dae in ‘n koma voor hy gesterf het.

Ek bid tot die Here en vertel vir Hom hoe moeg ons is en dat ons nie meer die kan doen nie. Sy lewe maar is lankal weg. Dis ‘n aardige plek om te wees.

Sondag 16 Julie 2017 is haar wedloop op aarde voltooi. In die middag nogal nie in die donkerte van die nag nie. Dis verby. Sy is weg. Vir ewig….tot ons mekaar weer sien in die Hemel maar tot dan voel sy soos ‘n “figment of my imagination”. Asof ek na ‘n fliek gekyk het. Asof sy eintlik nooit hier was nie om mee te begin….

Ek besef dat die minder as ‘n week wat sy in ‘n koma was ‘n absolute seën uit die hemel was en dat God goed was vir ons. En met seën bedoel ek dat Hy ons langer lyding gespaar het en dat ons dankbaar moet wees dit was minder as ‘n week….Sy genade is waarlik groot....

Posted on Leave a comment

Spring vorentoe

Spring vorentoe – Saterdag 8 Julie 2017. Ons (probeer) beurte maak om te kuier by my ma in die hospitaal sodat sy nie alleen sal wees nie maar dit werk nie so lekker nie want ek bly ver en moet reistyd in ag neem en ‘n drie jarige wat “clingy” raak by tye en ‘n kliënt wat in die middel van groot transaksie is wat druk plaas om goed klaar te maak….

Dit was nog nooit vir my ‘n vreemde verskynsel om op ‘n naweek te werk nie, ook nie as my ma siek was nie. Ek het gedoen wat ek kon en moes, i.t.v. werk, en dan weer probeer tyd maak om by haar te wees en aandag aan kinders te gee en net almal gelukkig te hou.

Daardie naweek was nie anders as vorige ander kere nie…..
Ek maak klaar met wat ek moes doen en ry deur hospitaal toe. Genadiglik is Little Company of Mary (of Life Groenkloof soos ons hom nou ken en roep) se onkologie afdeling nie streng met besoektye nie.


Ek kom daar aan vroegmiddag se kant, dink net na middagete. Sy slaap. Ek kyk na haar en dink in my hart dat sy dalk eerder slaap as besoekers nodig het op die stadium.

Sy lyk so oud. Weerloos. Ek voel magteloos want ek kan niks doen as om te sit nie. Ek probeer stil wees om haar nie te pla nie. Kyk maar deur Facebook op my foon (mens kan net soveel FB in my opinie).

Ek weet nie hoe lank ek gesit het nie….sy word wakker. Lyk verbaas om my te sien. Beduie vir my van ‘n Telkom rekening wat sy moet betaal en of ek dit kan doen vir haar.

Ek weet nie wat om te gesels nie. Vra maar hoe dit gaan en hoe sy voel. Praat oor die kinders en allerhande ditjies en datjies. Kan nie regtig die gesprek onthou nie. Ek weet ek het omverskoning gevra dat ek nie vroeër daar was nie. Trek my skouers op -werk- is my antwoord.

Sy knik en sê sy verstaan. Volgende oomblik, uit nêrens uit, sê sy dat sy nie weet hoe ons dit reg kry nie.

“Wat reg kry ma?” Vra ek. Heeltemal deurmekaar want dit pas nie in by waaroor ons gesels het nie.

“Om die druk te hanteer” is haar antwoord. Ek frons. “Druk?” Vra ek.

“Ja druk” bevestig sy. “Jy weet toe ek jonger was, het ons stelselmatig gewoond geraak daaraan. Die druk. Die veranderinge. Maar julle” en sy wys na my “julle moet dit net doen. Net hanteer die druk.”

Ek kyk na haar HEELTEMAL uit die veld geslaan. Waarvan praat ons nou? Wonder ek. Maar ek beaam wat sy sê en die gesprek gaan weer in ‘n ander rigting.

Ek vertel haar dat ek nie Sondag kan kom nie. Die kliënt druk vir die state om klaar te kom, verduidelik ek. Sy knik en sê sy verstaan.

Sondag kom en gaan en ek werk en wees ma en vrou en wat ookal van my verwag word hier by die huis daardie dag.
Maandag is ek in ‘n vergadering. Net na die vergadering sien ek my suster het gebel of bel my ek kan nie meer onthou nie.

“Die kanker is terug” hoor ek haar sê. “Oral in haar hele lyf”. Ek frons weer (iets wat ek baie doen as jy vir my gesig kyk met al die lyne tussen my oë).

Ek sê “Dis reg ek sal deurgaan maar eers vanmiddag want ek moet nog ‘n vergadering bywoon. Een wat ek nie kan herskeduleer nie.”

Dis weer die een aan wie se goed ek gewerk het die naweek. Jy sien almal druk. Almal eis hul pond vleis. Ek is in die vergadering en dit kan nie gou genoeg klaar kom nie. Ek knip geselsies kort na die tyd en maak verskoning.

“My ma, kanker versprei en terug” is die rede.

Ek jaag huis toe, tel die kinders op (want ek het niemand om hul by te los nie). Koop my seuntjie (toe ? om met ‘n Lego by Makro sodat hy net in die kar klim en onnodige tyd nie verloor nie.

Jaag by Makro in, soek wat ons soek, koop wat ons moet koop. Maar in die tussen tyd het dit spitsverkeer geword. Ek ry om my pa op te tel by my sussie se huis sodat ons saam kan deurgaan na my ma toe.

Die kinders kla hulle is honger toe ons by my ma is. Hulle sien haar sappies in die yskas en broodjies wat sy nie geëet het nie. Vra vir dit. Ek raas ongeduldig want sy het die kos en sap meer nodig as hulle. Sy is siek.

Sy sit op die bed en lyk weerloos. Sy eet haar sop. Mors op haar ken en kom dit nie agter nie. Vertel my hoe vreemd dit is dat sy nie kan loop nie. “Skielik vanoggend” vertel sy my.

Die kinders is besig. Raas. Maak dit onmoontlik om te fokus op ons gesprek. Ek bly net 45 min en sê ons gaan maar ry want die kinders is oral en hulle ontwrig die hospitaal en ek is bang ek word uitgegooi en verban omdat my kinders besig is.

Min het ek geweet dat dit die laaste wedersydse gesprek sou wees. Die laaste keer dat ek haar wakker en helder sou sien.

“Little did we know…..”

Posted on Leave a comment

“Rewind” en “Fast Forward”

“Rewind” na 1 Julie 2017. Dis my ma se 70ste verjaarsdag. Tussen ek en my susters beplan ons ietsie om die groot mylpaal te vier. Toe iewers in die week word dit afgestel, dink omdat sy nie lekker gevoel het nie en toe is dit weer aan vir die vieringe.

Ek gaan doen die oggend my naels. Stop by Woollies vir “butternut” sop want met al die aan af van reëlings kon ek nie by sop maak uitkom nie….nie eens te praat van werk en goed wat moes klaar nie…..

Ons gaan deur na my sussie se huis in Pretoria. Daar aangekom sien ek die decór is reeds uitgesit en gedek en reg gemaak. Lyk heel “fêncy” met swart tafeldoeke, blomme, vetplantrosies, kos, servette en allerhande “grocieries” om dit nie na net nog ‘n ete wat aanmekaar geslaan is te laat lyk nie…..

Ons kuier en gesels. Nie een keer kom een van ons agter dat sy seer het nie. Dat sy pyn het nie.

Ons ry huis toe en ek hoor later by my sussie dat sy die laaste een was om die aand die deur toe te trek voor almal gaan slaap die aand.

Min het ons geweet dat dit die laaste keer sou wees dat ons almal saam as familie sou kuier.

“Fast forward” weer na minder as ‘n week later. Die Vrydag na die 1ste Julie. Die 7de. My ma word weer opgeneem in die hospitaal.

Om die pyn te behandel. Ek is deurmekaar, verstaan nie. Sy het dan so goed gelyk die Saterdag. Niks gekla nie.

Nie te min is sy in die hospitaal en begin die op en af ryery Pretoria toe en terug. Die ritte is uitputtend want die pad word elke keer nog langer as jy ry. Heen en weer. Op en af. Kinders moet na gekyk word so ek is gewoonlik alleen in die kar wanneer my ma in die hospitaal was….

Ek sit elke keer een van Bethel se CD’s op. Sit die musiek kliphard. Veral een liedjie vang my oor elke keer.

Tot vandag toe dink ek terug aan daardie tyd as ek daardie CD hoor…veral op koue dae en in die winter. Mens kan nie anders as dat die musiek jou terug vat in tyd nie….emosies weer ervaar en deur werk…..

Min het ons geweet dat dit die laaste naweek sou wees wat sy wakker was, wat ons sou kon kuier…..

“Little did we know…..”

Posted on Leave a comment

“Only two certainties in life”

“The only two certainties in life are Death and Taxes.” – Benjamin Franklin.


Hierdie is ‘n “quote” wat my altyd sal by bly. Ek het hom een maal in ‘n fliek gehoor, ek verbeel my dit was “Meet Joe Black” maar ek kan nie onthou nie….

Tot onlangs toe het ek gedink dit was ‘n “movie quote” tot ek dit ander dag gaan “google” het. Toe vertel Google vir my dat Benjamin Franklin dit gesê het.

Toe ek vandag gaan “google” (bloot omdat ek die regte persoon se naam wou kwoteer in vandag se inskrywing) sien ek dat ek toe nou ‘n paar goed verkeerd het gemeet aan Google se standaarde.

Die eerste was dat ek die woorde HEELTEMAL verkeerd gehad het….ek het hom altyd as “Two things in life are certain – Death and Taxes” wat op dieselfde neerkom maar nie die oorspronklike woorde wat geuiter was korrek neerpen nie.

Die ander ding wat ek verkeerd gehad het is dat Mark Twain dit ook gesê het en Google so effens sy eie debat het hieroor soos wat die SKERMGREEP (weer my GROOT Afrikaanse woord) aangeheg getuig.

Hoe dit ookal sy en wie dit ookal eerste geuiter het was reg in my opinie.

Nou wonder jy seker hoekom ek nou oor so ‘n morbiede tema gesels…..

Jy sien die eerste ding – ek werk met een van die “certainties of life” – Belasting. Dag in en dag uit, jaar in en jaar uit. Dis wat ek doen vir ‘n lewe. Ek maak somme en ek vertel vir mense dat die regte ding om te doen is om jou belasting soos ek hom bereken het te betaal.

Dit staan immers in die Bybel dat ons die Keiser moet betaal wat hom toekom. Baie mense het al ‘n verwronge verdraaïng (spelling???) van die Bybel teks gemaak. Baie sal vir jou sê betaal die Keiser wat hom toekom en nie wat hy verdien nie.

Nou ja dis gewoonlik in daardie deel van die gesprek wat ek maar net stilweg glimlag en nie verder redeneer nie want die Bybel leer my ook wanneer en met wie ek moet redeneer….as jy wonder dink ek dit was in Spreuke vervat….ek sal nog daardie vers gaan soek. Maar dit kom daarop neer dat mens nie in ‘n debat met ‘n dwaas betrokke moet raak nie (dis nou wragties my eie interpretasie en nie ‘n verdraaïng van die skrif nie).

Nie te min noudat jy weet wat ek doen elke dag wil ek die ander punt aanraak van die befaamde woorde.

“Death”….die dood is so deel van ons as mense se bestaan…..oral om ons gaan mense dood en deesdae voel dit vir my of daar soveel aan die dood afgestaan word a.g.v. die Covid19 pandemie….

Nou die dood deel gaan nie oor kennisse wat dood is nie. Nie my ouma of oupa of een of ander verlangse oom of tannie nie.

Nee, hier praat ek van my Ma. Jy sien 16 Julie merk die datum wat sy haar resies op aarde voltooi het.

Ek wou al my woorde in hou tot Vrydag toe en vroeg opstaan en my hart uitstort hieroor en net nog ‘n stappie nader aan “oor” dit kom gee….

Maar die woorde en goed begin maal in my kop. Ek het baie om te sê en het besluit ek sal dit opbreek in kleiner inskrywings meer gereeld die week…..

Nou ja, noudat ek dit verduidelik het voel dit of ek vergeet het wat ek eintlik wou sê…..jy sien ek het geweet ek wou dit so gou moontlik neerpen sodat ek nie vergeet nie en dat ek die regte goed vertel wat hier binne in my woed…..

O ja, daar het ek hom nou. My ma wat dood is.

Ek het altyd na ander mense gekyk wie se ouers oorlede is. Gesien hoe hulle “normaal” funksioneer, gesels, grappies maak en nie in ‘n hopie sit en huil die heeltyd nie.

Ek het altyd na hulle gekyk en gewonder HOE DOEN JY DIT???? HOE GAAN JY NET AAN ASOF ALLES OK IS?

Ek onthou so baie en so min van daardie laaste week wat sy in ‘n koma was…..dis die vreemdste gevoel. As ek terug dink aan haar is dit asof sy nooit hier was op aarde nie.

Dis asof ek terug kyk na ‘n fliek wat voor my afspeel waarvan ek die hoofkarakter is en amper niks van my lewe saam met haar kan onthou nie.

Die dag wat ek die oproep gekry het is amper vir my gewees soos daardie tonele in ‘n fliek. Waar alles om die persoon stil word, alles in “slow motion” beweeg. Jy nie weet of jy moet huil of nie. Hoe die trane net vloei. Hoe jou gesig trek van die pyn wat jy in jou hart voel.

Hoe jy nie gou genoeg by die hospitaal kan uitkom nie (hoekom weet ek nie want sy is mos dood???? En ek wil vir seker nie ‘n dooie mens sien as ek dit kan help nie).

Hoe die hospitaal se deure vir een of ander onverklaarbare rede toe was dat niemand dit kan oop kry nie. Hoe jy sit op ‘n stoeltjie en wag en nie weet wat om te doen nie en hoekom jy eintlik daar is nie.

Hoe jy met ‘n vreemde tannie gesels (ek doen dit nog my lewe lank – om met vreemdelinge te gesels) en hoe sy jou vertel dat sy haar “mammie” op ‘n jong ouderdom, iets soos 13, aan die dood afgestaan het.

Hoe jy uiteindelik binne kom en nie weet wat om te doen nie. Die vraag wat in jou kop maal vra “Was it peaceful?” Na al die toetse se tekens gedui het op ‘n bloeiende dood (ek mag verkeerd wees maar dis hoe my sussie dit vir my verduidelik het na sy weereens al die syfers en tellings en “stuff” geinterpreteer het).

Hoe jou pa jou nader trek en sê “Kom kyk. Kom groet vir ma.” Hoe ek staan en dink HOE??? Sy is weg.

Hoe ek om die hoek loer en haar vel kleur sien. Die dood se kleur. Grys groen. Die pienk blommetjie op haar bors. Haar arms bedek deur die lakens.

Hoe ek weer uitgaan en besluit NOOIT WEER NIE. Nie weet of ek daardie besluit sal kan deur voer nie….maar dis hoe ek gevoel het op daardie oomblik…..

Hierdie is ‘n kykie in my lewe….die harseerste hartseer wat ek nog tot op datum beleef het…..hoe ek gevoel het op daardie oomblik. Ek weet nie of almal so voel nie maar dis hoe dit vir my was.

Onwerklik. Iets uit ‘n fliek uit.

Genadiglik ken ek die Skepper en WEET ek dat HY my die krag gee om staande te bly.

Dat dit net Sy genade was en is dat ek hier, amper 4 jaar later, die inskrywing kan maak…..

Word vervolg- soortvan….