Posted on Leave a comment

In die wolke

Handelinge 1:9-11 vertel ons hoe Jesus weg gegaan het van die aarde af en dat twee engele vir Sy dissiples vertel dat Hy weer net so gaan terug kom aarde toe. Wow, ek dink by myself HOE AMAZING is dit nie net nie? Soos wat Hy weg gegaan het, so gaan Hy terugkom.

Ek het gister die absolute voorreg gehad om ‘n dag saam met ‘n goeie vriendin en haar dogter (en natuurlik my dogter) te spandeer en een van Thea van Rooyen van Thea se Poeierkamer se klasse by te woon. Dit was gereël en georganiseer deur Lynn Grobler van Journaling on the Way. In die klas het ons ALWEER iets gevou. Ek het lekker gelag, want daar was confusion maar nie soos toe ons die beroemde Junk journal gemaak het op die Adorned kamp nie.

Later toe ek met Thea gesels vind ek uit, dis HAAR ding. Om iets te vou in haar klasse voordat jy aangaan met die bladsy. Ek wil NOGSTEEDS weet HOE sy by die proses uitkom om die junk journal te vou en te plak….? Gister het ons ‘n koevert gevou wat skeef is (as jy OCD het dan is dit nou NIE die koevert om te vou NIE). Binne-in het sy ons SOAP laat doen. SOAP staan vir Scripture, Objective, Action & Prayer.

Ek moet bieg, die koevert se vou was verseker makliker as die junk journal. Seker omdat daar nie gom en 3 koeverte betrokke was nie. As jy nou nie hier verstaan nie, moet nie bekommer nie. Probeer net ‘n junk journal maak met 3 koeverte, gom (op net die regte plekke) en ou papier en dan sal jy verstaan waar die onsekerheid inkom.

Die boodskap gister was uit Handelinge uit. Sy het dit nogals mooi oopgebreek die skrif, op ‘n manier waaraan ek nooit voorheen gedink het nie. Hemelvaart is LAAAANKAL verby. Ons is nou tussen Hemelvaart en die Wederkoms hier op aarde. Wow, ek het nog nooit so daaraan gedink nie. Ons almal streef na heiligmaking, om soos Jesus te wees. Ons almal maak foute want ons is nie perfek nie. Ons is in hierdie wêreld maar nie van hierdie wêreld nie.

Die prentjie wat sy vir ons gee om te doen het wolke vir ‘n agtergrond. Enige kleur, nes jy wil. Met ‘n sjinees, soos sy die borseltjie noem wat ons gebruik om die agtergrond te doen in ons Bybels (hy is ingevoer van China af as jy gewonder het en is nie so genoem om enige iemand te beledig nie). Ek love die nuutste toevoeging tot my gadgets waarmee ek journal. Ek hou van gadgets op enige goeie dag. En as dit my kan help met journalling in my Bybel, soveel te meer!

Elkgeval, terug by die bladsy en haar boodskap. Sy vertel verder dat ons almal het ‘n nuwe adres en dat ons nie moet vergeet om die posseël te plak nie, want dis waarheen jou pos moet gaan. So al is jy op hierdie aarde, het jou adres verander, want jy is oppad boontoe. Hemel toe. Daarom die huisie met die ballonne van die fliek, UP. As jy gelukkig is in jou woning, dan versier jy dit mos mooi. Jy maak mooi tuin. So leer sy ons om ‘n blom te kap met ‘n hammer (nie die een waarmee jy spykers inkap nie – ‘n crafting een) en dan dit wat op die bladsy oor is te gebruik in ons bladsy….ek het nie myne gebruik nie, want my kap tegniek het nie so lekker gewerk nie….maar dit beteken hoegenaamd NIE dat ek NIE gelukkig is nie….hy werk net nie vir my op my bladsy nie….

Ek dink so oomblik na. Dis eintlik bitter eenvoudig. Die Here gebruik ons, stukkende mense in ‘n gebroke wêreld, om ‘n verskil te maak en mense na Hom toe te lei in die proses. Al is ons propvol foute, keer dit Hom nie om ons te gebruik nie. Ons moet net aanhou streef na Heiligmaking. Om vergifnis vra wanneer ons foute maak.

Dit laat my dink aan die liedjie van Matthew West. Broken Things. Ek luister na die woorde, dis so waar. Mag ons almal altyd onthou dat niemand perfek is nie. Maar mag ons onthou dat almal om vergifnis kan vra en dat ons moet vergewe soos wat Christus ons vergewe het en die wat teen Hom gesondig het. Moeilik nê? Maar so die moeite werd om by die eindbestemming uit te kom. Die hemel. Die ewige lewe.

You use broken things hardloop die woorde weer deur my kop. The first will be last and the last will be first……

In the Clouds
Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.