Posted on Leave a comment

“Unprecedented”

Unprecedented. Daai is nou vir jou ‘n woord wat ek baie gehoor het in 2020. Ek het nie lekker verstaan wat dit beteken nie, toe gaan “google” ek dit maar.

Nou soos wat Mnr. Google-ek-weet-alles getuig, is dit iets wat onbekend is of nog nooit gedoen was tevore nie.

Ek laat dit daar en jaag soos ‘n F1 drywer deur 2020. Stadig om die draaie en volspoed op die “straights”. Soms was daar spoedhobbels wat mens se spoed breek, soos die een kwartaal van “home schooling” (NOOIT weer nie sê ek jou. My kinders moet dan maar self-studie doen of ‘n jaar herhaal maar DAAI mal perd saal ek nie gou weer op nie) of die ander groot spoedhobbel was toe ons geliefde Dora, “my sister from another mister” siek was met Covid.

Sy was ‘n hele maand af om te herstel. En dank die Here Hy het haar genees! Nou ja om terug te kom na my punt toe, 2020 het in ‘n oogwink verby gegaan en ek dink 2021 voel “uit” en het besluit om ook maar die kar op “cruise control” te sit sodat hy ook lekker vinnig sy baan kan klaar maak.

So het ek glad nie weer aan die verskriklike groot woord gedink nie. Maar laas week begin hy in my kop maal….stap draaie soos iemand wat doelbewus ‘n paadjie wil uittrap in die nuwe grasperk….op en af.

Nou ek het al geleer dat as iets so kom kuier en vir my loer dan moet ek ietsie daaroor skryf anders bly hy daar soos ‘n onwelkome gas wat nie sy plek ken nie en almal ontwrig.

Unprecedented. Dis nou ‘n woord. Almal gooi hom rond soos ‘n bal. In elke sin en aanlyn artikel het hy sy opwagting gemaak in 2020. Hy het omtrent ge”score” soos wanneer jy ‘n sokker bal in die net in skop.

Almal dink dit wat nou gebeur is “unprecedented” en in ‘n mate is hulle reg maar ook nie reg nie.

Laat ek verduidelik.

Die is vir seker nie die eerste pandemie wat die wêreld gesien het nie en heelwaarskynlik ook nie die laaste nie.

Die tipe virus is vir seker ‘n “nuwe” ding as ek dit nou so kan noem. Hy maak mense vinniger dood en siek as vliëe gif wat op vliëe gespuit word.

Dis hierdie onsigbare ding waarvan ons wegkruip en probeer verhoed om in kontak mee te kom. Die onsigbare monster met ‘n naam…..

Ander eerstes is dat almal van hul huise af werk, baie infrastrukture is so verander en opgestel dat jy landlyn oproepe van die gemak van jou selfoon kan ontvang en vergader in die gemak van jou slaapklere en japon (kamera’s af natuurlik ?).

Maar dan dink ek daar het soveel ander goed op aarde gebeur wat ons as net “stories” lees. Ek praat natuurlik van die Bybel….

‘n Paar voorbeelde het ook begin kuier in my kop – die tien plae en die Rooisee wat oopgegaan het dat die Israeliete op DROEË sand deur gestap het.

Dis ook “Unprecedented” gebeurtenisse…..ek wonder net HOE LANK die 10 plae geduur het. Dit was sekerlik nie 10 dae nie was dit?? Vir al wat ons weet het die Egiptenare gebukkend gegaan oor “unprecedented” plae vir weke of maande….dankie tog ons het nie in daardie tyd geleef nie….

Sosiale media het nie bestaan nie so daar was seker nie so baie vals nuus en onsekerheid oor wat om te doen nie…..

Dieselfde met die Rooisee wat oopgeskuif het….dink jy hulle het in ‘n uur deur gestap? Glad nie!!! Dit moes dae geneem het….daar was paar MILJOEN mans waarvan die Bybel praat en dan moet jy nog vrouens en kinders by tel…..

So as jy weer die woord “Unprecedented” lees, onthou maar van die ander gebeurtenisse waarvan die Bybel getuig. Dis dalk “unprecedented” vir ons wat tans op aarde is ja, maar nie noodwendig vir die mensdom nie….

Laat mens dink nê?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.