Posted on Leave a comment

Golwe van Angs

Donker blou amper swart golwe woed om my kop. Dit voel of dit my wil verswelg en oorrompel. Die golwe het name – meeste van hulle is verandering in wetgewing, ander is sperdatums, ander is werk, kliënte, vertroue in jou eie vermoë, doen jy te veel werk wat onnodig is, is daar genoeg geld om alles te betaal, hoekom voel dit of jy net werk en werk en net nie voor kom nie, en so gaan die lysie aan en aan.

Oorweldig en angstig is hoe ek voel meeste van die tyd. Kan nie fokus op dit wat belangrik is nie want ek swem en stoei teen die golwe net om kop bo water te hou.

Probeer oorleef. Probeer “cope”. Ek het ‘n “tube” om my lyf wat veronderstel is om my te help en bo te hou. Maar hy is pap. Help nie veel nie. Ek probeer hom opblaas. Dit help maar maak my net nog meer moeg en uitasem.

Ek kyk om my rond om te sien of ek iemand sien. Ek sien my kind hier langs my. Hy kort hulp. Ek kan dan nie eens myself behoorlik help nie. Ek kom tot by hom en trek hom nader, hou hom vas. Probeer lug in sy “tube” blaas. Ek fokus eers op hom. Probeer hom help.

Maar eintlik voel dit of ek niks help nie. Dit voel of ek dit erger maak. Sy golwe wat ander name as myne het (hy is 12 so verandering in wetgewing wil hom nie oorrompel en oorweldig nie maar graad 6 wil wel) wil hom verswelg en ek weet nie hoe om hom te help nie. Hy is anders ge”wire” as ek. Dieselfde in sommige opsigte maar anders.

Die gestoei deur die golwe elke dag maak jou moeg. Maar jy kan nie elke aand behoorlik lekker slaap om uitgerus te voel nie. Dit voel soos “knit one slip one” met my en slaap en om uitgerus te voel. Ek het ongeveer 2 aande per week wat ek regtig lekker slaap en soms is een van die twee aande ook nie so “great” nie.

Ek weet my kind slaap sleg. Ek weet dit beinvloed sy konsentrasie vermoë. Maar ek kan nie iets meer vir hom doen nie. Ek kan nie by hom in sy bed lê nie want dan slaap ek sleg. En as ek sleg slaap dan is dit omtrent chaos. Want als is dan nog meer as een te veel vir my. Ek word knorrig en huilerig en nog meer oorweldig as wat ek reeds voel.

Ek hoor die woorde van die liedjie “Anxious” die ander dag van Sarah Reeves. Ek luister mooi, speel dit weer. Die vrou beskryf die angs so mooi. Dis so waar.

Ek is lankal oor die leuens van die duiwel MAAR dit wat die angs skep is dit wat vir ons voorsien, kos op die tafel sit.
Ek stoei hiermee want dis wat ek MOET doen is dit nie? Is dit nie hoekom die Here my in hierdie plek gesit het nie? Om ‘n verskil te maak nie? Om dinge REG te doen nie? Al beteken dit dat daar snedige aanmerkings my kant toe gegooi gaan word van ons wat dinge op ‘n sekere manier doen wat volgens ander te “veel” is vir besighede (al bars besighede uit hul nate uit en vereis sekere goed i.t.v. wetgewing wat jy MOET doen).


Al moet ek gifpyle aanvaar van mense wat ons fooie bevraagteken, weg stap van ons af en nie betaal nie, nie meer ons oproepe en eposse antwoord as ons bel vir uitstaande geld nie, sarkastiese kommentaar verduur oor hoe ons somme nie sin maak nie of dat ons maar iets moet kom haal in ruil vir uitstaande geld. So gaan die lysie aan en aan en aan.

In die proses probeer ek myself help maar ek sien my kind sukkel. Ek kan nie myself en my kind help op dieselfde tyd nie. Ek voel ek moet iets los sodat ek meer deernis kan hê om my kind te kan beter verstaan en help. Nie heeltyd te raas en baklei nie. Maar ek weet nie hoe nie. Ek kan nie net weg stap van my daaglikse take nie – ek het verantwoordelikhede teenoor personneel, kliënte, onsself vir oorlewing. As ek my kind los is ek ‘n slegte ma.

Al hierdie heen en weer op en af tussen wat ek kan doen om die situasie beter te maak is dreinerend. Ek bly moeg. Sukkel om te fokus. Werk, maar nie effektief nie, voel dit. Die werk word net elke dag meer. Dan wil die een owerheid dit verifieër en dit moet so ingedien word.

Dan verander daardie owerheid hierdie ding wat so ingedien moet word.

Dan besluit iemand, mense, iewers (ek weet nie waar nie) om net NOG ‘n wet in te bring. Want mense is skelm. Nou is daar net NOG ‘n “manual” wat ek een of ander tyd moet doen en weer van gaan vergeet om op datum te hou soos goed verander. Net NOG ‘n “compliance” ding.

Liewe hemel tussen al die wetgewing waaraan mens moet voldoen is daar maar bitter min tyd om die werk te doen wat eintlik die rekeninge betaal.

Ek weet steeds nie watter kant toe nie. Ek weet net ek MOET my oë op Jesus gefokus hou. Hierdie ding waarin ek is sal verby gaan. Of sal dit? “This too shall pass” is iets wat ek gereeld vir myself sê van jongs af.

Maar dit begin voel ek jok vir myself. Want net soos wat die een ding verby is kom die volgende ding. As ons net deur Januarie is moet ons net deur Februarie kom en so gaan dit aan en aan. Ek bevraagteken gereeld wat die doel van alles is. Is alles die moeite wêrd?

Ek het nie die antwoorde nie. Ek bid dat die Here my sal kalm maak sodat ek die res van my gesin kan help sodat ons almal minder angs daagliks ervaar. Die lewe is gejaagd en ons doen nie eers verskriklike aktiwiteite nie…dis net skool en gimnastiek en tussen in (tydelik) lees klas. Maar dit voel wild. Dit voel of ons in Jhb bly en elke dag Pretoria toe moet ry vir als.

Ek voel ‘n rustigheid oor my spoel. O wow die Here is net so getrou. Hy maak my kalm en rustig al is die golwe soos Tsunami’s om my. Hy fluister in my gees dat Hy in beheer is. Ek kan ophou blaas aan die “tube” wat veronderstel is om my bo te hou. Ek moet ophou luister vir die geraas. Die geraas is in die minderheid want daar is so baie kliënte wat wel tevrede is en waardering het. Soveel keer goed, wat later uitgekom het dat dit wel reg gedoen was, al voel dit soos te veel of te wat ookal op die tydstip wat dit gedoen word.

Ek luister weer na die liedjie. Kyk die musiek video. Op die einde stap sy uit die donker uit in die lig in.

Ek weet dis wat ek moet doen. Ek kry dit soms reg. Soms kom ek uit die golwe van angs uit. Ander kere, soos nou, vat dit so bietjie langer.

Maar ons sal daar deur kom. Die Here sal wys wat ons moet doen. Hy sal leiding gee vir ons om ons kind te help. Hy sal my golwe stil maak. Hy sal alles hanteer. Dis nie nodig vir iets drasties nie. Ek moet net nou my kinders geniet. Die seisoen in my lewe moet ek geniet. Die tyd gaan vinnig. Ons is al klaar weer amper halfpad deur Junie en 2021.

Anxious
Song by Sarah Reeves


Throw the covers over my head
Finding comfort in my own bed
Staring at a screen light
Looking at the highlights, everybody’s good life
Reminding me of what I don’t have
Second guessing who I really am
Maybe I should give up,
Will I ever measure up, I don’t think I’m good enough
Pressure building, body shaking
I can’t take it, I can’t take it
Feel the tension, pushing pulling
I can’t fight it, I can’t fight it
I don’t wanna live my life like this
Anxious
I gotta lot of good in me to give
But I’m anxious
So many things I know I miss
Cause I’m anxious
I wish I could shake this
I don’t wanna be anxious
Devil’s running around my mind
Why do I let myself believe the lies
It’s like I’m his playground,
Push me in the background, and I shut the world out
Pressure building, body shaking
I can’t take it, I can’t take it
Feel the tension, pushing pulling
I can’t fight it, I can’t fight it
I don’t wanna live my life like this
Anxious
I gotta lot of good in me to give
But I’m anxious
So many things I know I miss
Cause I’m anxious
I wish I could shake this
I don’t wanna be anxious
Oh oh oh
This is my confession
Oh oh oh
I’m coming out of hiding
Oh oh oh
Oh, this is my confession
Oh oh oh
I’m coming out of hiding
Can’t keep living like this, living like this
Oh oh oh
I’m coming out, I’m coming out
Oh oh oh
Oh, this is my confession
Oh oh oh
I’m coming out of hiding
Cause I don’t wanna live my life like this
Anxious
I gotta lot of good in me to give
But I’m anxious
So many things I know I miss
Cause I’m anxious
I wish I could shake this
I don’t wanna be anxious

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.