Posted on Leave a comment

Hoekomdag

Hoekom, hoekom, hoekom….? Vandag is Hoekomdag nie Maandag soos my kalender anders getuig nie. Hoekom vlieg die dae verby?

Hoekom voel dit of ek soos ‘n slak werk terwyl die sekondes soos ‘n F1 kar om Kyalami se baan jaag?
Hoekom slaap ek slegter op ‘n Sondagaand as op ‘n ander aand?

Hoekom voel dit of jy MOET 16 ure per dag werk net om voor te bly?

As jy wil voorkom, soos wat met my die geval is van 1 jaar terug se 1 kwartaal van “homeschooling” dan moet jy 24 uur per dag werk 7 dae per week sonder om te blik of te bloos.

Interessante gesegde daai….Sonder om te blik of te bloos….so jy knip nie jou oë nie en word nie rooi in die gesig nie……

Is dit hoe “poker” spelers voel? Is dit waar die gesegde vandaan kom?

Hoekom voel ek sleg as ons ‘n rus naweek het van niks doen en nêrens heen gaan nie? Ok nie nêrens nie, ons was darem Saterdag uit na ‘n geleentheid toe….maar die res van die tyd is die huis alleen net ons 4 met Fudge die hondjie, Carolus die pappagaai en ons ander troeteldiere die lekkerste lekker….

Hoekom, hoekom, hoekom?

Ek het soos altyd nie die antwoorde op al die vrae nie….en weet nog minder van waar al die hoekom vrae vandaan kom…..dalk my brein wat ALWEER goed “over think….”?

My gedagtes dwaal terug na vandag….gewoonlik sien ek nie kliënte op ‘n Maandag nie want Maandae voel wild….Manic Monday soos die liedjie van my grootword jare my herinner hoe Maandae is….

Ek gesels vandag met ‘n kliënt. Hy herinner my om die faktuur te stuur vir die werk wat ek gedoen het.

Ek glimlag terug en sê ek sal vir hom stuur. Hy sê hy glo daaraan om klein besighede soos ons sinne vinnig te betaal. Sy woorde was “It is YOUR money that is here (hy wys na die state wat hy afteken) because you did the work.”

Dit laat my dink en net weer waardering kry vir mense soos hierdie wat die Here oor ons pad gestuur het.
Mense wat verstaan, respek wys en net kan gesels oor alles en nog wat en nie net gefokus is op werk en besigheid nie….


Die menslikheidsfaktor….dis iets wat ons het in ons klein besigheid….en wat ons daagliks waardeer….

Wat ek wel weet is dat ek vandag gemaak het! Ek het redelik by alles uitgekom wat ek wou….

Wou ek meer doen? Natuurlik ja!

Is ek tevrede met hoe vandag uitgedraai het?

Mmmmm….ek wonder vir ‘n oomblik maar besluit ek is tevrede…..

Today was not another Manic Monday….

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.