Posted on Leave a comment

Boksies van die lewe

Uit die boks dink….mens HOOR die heeltyd van dit en dan wonder ek altyd by myself van watter boks PRAAT almal?

Hoe ouer ek geword het hoe meer het ek besef dat die wêreld en sy vereistes ‘n boksie geskep het. En o my hart as jy nie in DAAI boks pas nie word jy weg gegooi soos ‘n uitgekoude “chappie” (persoonlik klink chappie net beter as kougom want jy is gekou soos ‘n chappie…kougom is amper te formeel vir wat ek hier dink).

Nou ja so gaan mens dan deur die lewe. Ervaar verwerping want jy pas net nie in die boksie nie (onthou nou net ek het eers LAAT in my lewe gevang waaroor die boksie gaan – seker omtrent eers toe my oudste begin skool gaan het….ja “it is frowned upon” dat iemand met my kwalifikasies dit so laat in haar lewe vang….oordeel as jy wil ek dink ek is net een “HEAVY LATE BLOOMER” emosioneel).

Ok terug by die boksie….ek en my seun is die spreekwoordelike “square peg in a round hole” tipe mense as ek nou ‘n oordeel mag fel in die opsig (nie dat my man en dogtertjie minder “square” is nie – hulle “square” is anders as ons “square” en ek kan nie altyd so goed met dit identifiseer nie).

Vir my was die aanpassing redelik want ek het in ‘n ander era groot geword so jou “square peg-ness” het so effe meer verbloem verby almal gegaan….

So het ons al graad 6 bereik (en met ons bedoel ek maar eintlik my seuntjie wat nou besig is om ‘n jong man te word). Ek het vir soveel jare gebid dat Jesus sou kom voor Graad 4 want ek het net oral gehoor van die vervlakste maanspronge wat jy moet doen van graad 3 na graad 4 i.t.v. skoolwerk.

Graad 1 was ‘n “SHOCKER” vir ons sisteme en toe graad 4….maar hy het redelik aangepas….

Ek het graad 4 weggespring en gehelp met opsommings en vrae vra as hy geleer het. Ek het hom gelos as hy op die oefenbal gerol het terwyl hy Geskiedenis leer. En so kap ons aan deur graad 4.

Kan ek net vir julle vertel ek was (is nogsteeds eintlik) uitgeput van Graad 4 se leer werk ?. Dan hoor ek daar is Mamma’s wat hul kinders HELP leer tot in graad 12. Dan het ek seker maar weer DAAI uitdrukking op my gesig en dink HOE DOEN JY DIT? Ek was kaput na 6 maande van graad 4 nou wil die wêreld hê ek moet help tot graad 12. Wat????

O en die oordeel wat ek soms voel as ek vir mense sê ek los hom om nou self op te som en te leer.

Ek het hom mos vir 6 maande in graad 4 gehelp? Dis genoeg is dit nie?

Nou ja so oorleef ons graad 4 se eerstes – eerste toetsreekse en eksamens en al die ander “jazz” wat saam met die akademie kom.

Graad 5 was rof want dit was 1 kwartaal van “homeschooling” maar ons is ook deur hom. Met Jesus se genade het hy nou die “awesomeste” juffrou wat hom VERSTAAN.

Sy is die tweede (ja jy lees reg die TWEEDE mens) wat my kind verstaan en hanteer sodat hy kan groei en ontwikkel.

Ek meen ek het 90% van die tyd soos hierdie slegte ma gevoel wat nie haar kind VERSTAAN nie. En ek is sy ma. Hoe nou?

Dan kry ek berusting en weet die Here stuur vir jou die regte kind want HY WEET jy as mamma sal dit kan “uitfigure”. Ek dink “uitfigure” staan ook vir “bonding” in my opinie….mens moet in die proses nie die verhouding beskadig nie maar verdiep en verbeter….

Kry ek dit reg om nie skade te maak nie? Ek weet nie!! Ek hoop nie so nie en bid heeltyd vir kennis en wysheid….ek het seker al skade gemaak maar die Here genees dit en verbeter net mens se verhouding….

So die punt wat ek nou eintlik wil maak met uit die boksie dink is gister moes my seuntjie (hy is nog my baba….sal seker volgende jaar nie meer seuntjie heet nie maar eerder seun) ‘n toespraak doen.

Nou ek het mos net nou gesê ek het graad 4 gehelp….ek los hom nou want iewers moet hy verantwoordelikheid leer en dit voor hoërskool….

Hy skryf sy eie toespraak en dit gaan oor of jy die nuutste modes moet volg.

My onmiddellike reaksie is Nee. Jy het nie Gucci, Nike of die nuutste huis nodig nie.

Nou ja toe hy sy toespraak vir ons lees, is ons albei amper in trane….want sy toespraak was uit die boks uit. Sy antwoord was ja maar dit het glad nie gegaan oor die wêreld se mode boksie nie. In sy opinie moet jy die modes volg want dit maak die lewe makliker i.t.v. tegnologie, sekuriteit en produktiwiteit.

Tegnologie se voorbeeld was sensors van karre en kredietkaart masjiene (onthou julle nog die girts masjiene? Wat hulle so heen en weer getrek het op “carbon paper” – die Afrikaanse woord ontgaan my nou). Sekuriteit se voorbeeld was CCTV kameras en produktiwiteit is om klere met naaldwerkmasjiene te maak eerder as met die hand.

In verbasing dink ek vandag heeldag aan die buite die boks toespraak.

Ek wonder ook baie hoe Einstein dit gedoen het en hoe sy ma gevoel het? Hy het glad nie ingepas in die skoolboksie nie, tog het hy die formule ontdek en bepaal (wat ek nou nog nie lekker kan plaas en verstaan nie maar glo dat dit wel sy doel dien in die wêreld)….ek sal dit seker moet oplees en beter verstaan???

Hoe het Einstein ook gesê (ek dink dit was hy) – moet nie ‘n goudvis se vermoë om boom te klim beoordeel as dit nie sy sterk punt is nie.

In my hart weet ek net dat God ons geroep het om buite die boks mense te wees.

Dit staan nie verniet in die Bybel dat ons nie van hierdie wêreld is nie maar in die wêreld is….

Ek voel ook die Heilige Gees wys my dat daar hoop is vir al die “square pegs” daar buite.

Is die pad maklik elke dag? Vir seker nie. Ek het al telke male voor moeilike keuses en gesprekke gestaan. Maar ek kan getuig omdat ek God in my lewe het, is ek daardeur. Hoe weet ek nie. Maar ek is daardeur met nog meer selfvertroue of “boldness”….

En deur dit alles groei ek elke dag meer en meer en is ek lankal nie meer die skaam dogtertjie wat gevoel het sy hoort nêrens nie.

Ek hoort êrens en is hier om ‘n verskil in mense se lewe te maak met God se hulp saam. Sonder Hom is ek niks en met Hom kan ek alles vermag soos dit uiteengesit is op my lewenspaadjie…..

Vir elke mamma met hul “square peg” kindjie – daar is hoop. Luister net wat die Here vir jou wys….vra hulp as jy moet. Jy sal hierdeur kom. God het my nog nooit teleurgestel nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.