Posted on Leave a comment

Veertig

So 40 is baie “topical” soos die Engelse sal sê en met goeie rede. Volgende week die tyd is ek 40 en nie meer 39 nie. “What a scary thought!”

Jinne het ek nou vir jou planne gehad vir die laaste 40 dae voor ek 40 word. Gedink ek gaan elke dag (ja Saterdae en Sondae ingesluit) oefen want ek soek mos daai lyf, skielik hierdie gesonde leefstyl onder die bad matjie uitruk en begin uitleef, gemors kos uitsny en so gaan die lysie aan en aan.

Ek dink ek verstaan nou vir die eerste keer wat my man bedoel as hy sê ek plaas te veel druk op myself.

Kon dit nooit verstaan nie, want jinne een dag nie tot op die maksimum benut nie is ‘n totale mors van tyd. So het ek gedink. Vergeet dat ek net ‘n mens is en ‘n ma is….dat ek ‘n Beroepsvrou is wat alles andersins moet in pas (perfek) soos een of ander 5000 stuk legkaart in 24 uur sodat die prentjie reg vertoon….

Gou het ek besef dat my “40 day to do list” eintlik net ‘n “ek-plaas-druk-op-myself” lysie geword het.

Ek kyk na foto’s wat van my geneem is die afgelope naweek en dan dink ek dat ek eintlik maar moes volhou met minstens die oefen item op my lysie (ek oefen darem 1x per week maar ek wou 7x per week). Ek dink heeltyd by myself dat die arme mense om my wat heeltyd in DAAI gesig en lyf moet vaskyk ??

Maar dan iewers tussen als deur voel ek weer hoe die Here my hart aanraak….ek voel hoe Hy sê dat ek nou is waar ek moet wees op alle vlakke nie net fisies waar ek woon nie. Alles is binne Sy plan.

Hoe fantasties is dit nie net nie??

Hy weet presies hoeveel grashalmpies is op ons erf.

Dis “amazing”. Ons dien so ‘n wonderlike God!

Ek haal weer diep asem en kyk vir myself in die spieël en weet die foto se beeld is wind skeef in vergelyking met dit wat ek sien in die spieël.

Ek is tevrede met wat ek sien in die spieël.

Ek het gedoen wat ek kon om my lewe om te draai sodat ek wel kan sê met trots dat ek oefen en dat dit deel van my roetine is nou, al is dit nie elke dag nie.

Dis ten minste 1x per week wat meer is as 2 jaar terug….

So “cheers” vir my lysie, al kon ek net sommige van my doelwitte byhou en volhou, weet ek dat ek my beste gedoen het om goed te verander in my lewe voor ek 40 is.

Fourtabulous coming soon and in counting….

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.