Posted on Leave a comment

Boksies van die lewe

Uit die boks dink….mens HOOR die heeltyd van dit en dan wonder ek altyd by myself van watter boks PRAAT almal?

Hoe ouer ek geword het hoe meer het ek besef dat die wêreld en sy vereistes ‘n boksie geskep het. En o my hart as jy nie in DAAI boks pas nie word jy weg gegooi soos ‘n uitgekoude “chappie” (persoonlik klink chappie net beter as kougom want jy is gekou soos ‘n chappie…kougom is amper te formeel vir wat ek hier dink).

Nou ja so gaan mens dan deur die lewe. Ervaar verwerping want jy pas net nie in die boksie nie (onthou nou net ek het eers LAAT in my lewe gevang waaroor die boksie gaan – seker omtrent eers toe my oudste begin skool gaan het….ja “it is frowned upon” dat iemand met my kwalifikasies dit so laat in haar lewe vang….oordeel as jy wil ek dink ek is net een “HEAVY LATE BLOOMER” emosioneel).

Ok terug by die boksie….ek en my seun is die spreekwoordelike “square peg in a round hole” tipe mense as ek nou ‘n oordeel mag fel in die opsig (nie dat my man en dogtertjie minder “square” is nie – hulle “square” is anders as ons “square” en ek kan nie altyd so goed met dit identifiseer nie).

Vir my was die aanpassing redelik want ek het in ‘n ander era groot geword so jou “square peg-ness” het so effe meer verbloem verby almal gegaan….

So het ons al graad 6 bereik (en met ons bedoel ek maar eintlik my seuntjie wat nou besig is om ‘n jong man te word). Ek het vir soveel jare gebid dat Jesus sou kom voor Graad 4 want ek het net oral gehoor van die vervlakste maanspronge wat jy moet doen van graad 3 na graad 4 i.t.v. skoolwerk.

Graad 1 was ‘n “SHOCKER” vir ons sisteme en toe graad 4….maar hy het redelik aangepas….

Ek het graad 4 weggespring en gehelp met opsommings en vrae vra as hy geleer het. Ek het hom gelos as hy op die oefenbal gerol het terwyl hy Geskiedenis leer. En so kap ons aan deur graad 4.

Kan ek net vir julle vertel ek was (is nogsteeds eintlik) uitgeput van Graad 4 se leer werk ?. Dan hoor ek daar is Mamma’s wat hul kinders HELP leer tot in graad 12. Dan het ek seker maar weer DAAI uitdrukking op my gesig en dink HOE DOEN JY DIT? Ek was kaput na 6 maande van graad 4 nou wil die wêreld hê ek moet help tot graad 12. Wat????

O en die oordeel wat ek soms voel as ek vir mense sê ek los hom om nou self op te som en te leer.

Ek het hom mos vir 6 maande in graad 4 gehelp? Dis genoeg is dit nie?

Nou ja so oorleef ons graad 4 se eerstes – eerste toetsreekse en eksamens en al die ander “jazz” wat saam met die akademie kom.

Graad 5 was rof want dit was 1 kwartaal van “homeschooling” maar ons is ook deur hom. Met Jesus se genade het hy nou die “awesomeste” juffrou wat hom VERSTAAN.

Sy is die tweede (ja jy lees reg die TWEEDE mens) wat my kind verstaan en hanteer sodat hy kan groei en ontwikkel.

Ek meen ek het 90% van die tyd soos hierdie slegte ma gevoel wat nie haar kind VERSTAAN nie. En ek is sy ma. Hoe nou?

Dan kry ek berusting en weet die Here stuur vir jou die regte kind want HY WEET jy as mamma sal dit kan “uitfigure”. Ek dink “uitfigure” staan ook vir “bonding” in my opinie….mens moet in die proses nie die verhouding beskadig nie maar verdiep en verbeter….

Kry ek dit reg om nie skade te maak nie? Ek weet nie!! Ek hoop nie so nie en bid heeltyd vir kennis en wysheid….ek het seker al skade gemaak maar die Here genees dit en verbeter net mens se verhouding….

So die punt wat ek nou eintlik wil maak met uit die boksie dink is gister moes my seuntjie (hy is nog my baba….sal seker volgende jaar nie meer seuntjie heet nie maar eerder seun) ‘n toespraak doen.

Nou ek het mos net nou gesê ek het graad 4 gehelp….ek los hom nou want iewers moet hy verantwoordelikheid leer en dit voor hoërskool….

Hy skryf sy eie toespraak en dit gaan oor of jy die nuutste modes moet volg.

My onmiddellike reaksie is Nee. Jy het nie Gucci, Nike of die nuutste huis nodig nie.

Nou ja toe hy sy toespraak vir ons lees, is ons albei amper in trane….want sy toespraak was uit die boks uit. Sy antwoord was ja maar dit het glad nie gegaan oor die wêreld se mode boksie nie. In sy opinie moet jy die modes volg want dit maak die lewe makliker i.t.v. tegnologie, sekuriteit en produktiwiteit.

Tegnologie se voorbeeld was sensors van karre en kredietkaart masjiene (onthou julle nog die girts masjiene? Wat hulle so heen en weer getrek het op “carbon paper” – die Afrikaanse woord ontgaan my nou). Sekuriteit se voorbeeld was CCTV kameras en produktiwiteit is om klere met naaldwerkmasjiene te maak eerder as met die hand.

In verbasing dink ek vandag heeldag aan die buite die boks toespraak.

Ek wonder ook baie hoe Einstein dit gedoen het en hoe sy ma gevoel het? Hy het glad nie ingepas in die skoolboksie nie, tog het hy die formule ontdek en bepaal (wat ek nou nog nie lekker kan plaas en verstaan nie maar glo dat dit wel sy doel dien in die wêreld)….ek sal dit seker moet oplees en beter verstaan???

Hoe het Einstein ook gesê (ek dink dit was hy) – moet nie ‘n goudvis se vermoë om boom te klim beoordeel as dit nie sy sterk punt is nie.

In my hart weet ek net dat God ons geroep het om buite die boks mense te wees.

Dit staan nie verniet in die Bybel dat ons nie van hierdie wêreld is nie maar in die wêreld is….

Ek voel ook die Heilige Gees wys my dat daar hoop is vir al die “square pegs” daar buite.

Is die pad maklik elke dag? Vir seker nie. Ek het al telke male voor moeilike keuses en gesprekke gestaan. Maar ek kan getuig omdat ek God in my lewe het, is ek daardeur. Hoe weet ek nie. Maar ek is daardeur met nog meer selfvertroue of “boldness”….

En deur dit alles groei ek elke dag meer en meer en is ek lankal nie meer die skaam dogtertjie wat gevoel het sy hoort nêrens nie.

Ek hoort êrens en is hier om ‘n verskil in mense se lewe te maak met God se hulp saam. Sonder Hom is ek niks en met Hom kan ek alles vermag soos dit uiteengesit is op my lewenspaadjie…..

Vir elke mamma met hul “square peg” kindjie – daar is hoop. Luister net wat die Here vir jou wys….vra hulp as jy moet. Jy sal hierdeur kom. God het my nog nooit teleurgestel nie!

Posted on Leave a comment

Balans

Balans. Balanseer. Balans. Balanseer….Die woorde maal ALWEER deur my kop. Ek dag ek het hom nou al….die lewe gaan oor balans en jy moet finansiële state balanseer. Net so maklik soos dit.

Maar toe nou nie. Dan wonder ek of het balanseer een “s” of 2. Ek besluit dis irrelevant want AL rympie wat ek van skool onthou is dat interessant een “r” en twee “s’e” het. Een rok en twee skoene.

Sien daar leer ek iemand anders ook nou iets en is alweer van my punt af.

Ek hoor vroeër vandag ‘n juffrou by die leersentrum praat met iemand en sê sy dink sy gaan op die bande loop en balanseer soos die kinders doen.

Ek dink ek het ‘n vreemde uitdrukking op my gesig gehad en dit was bloot omdat ek nou die spreekwoordelike stompie van die gesprek opgetel het en nie ‘n BENUL gehad het waarvan hulle gepraat het nie.

Ek giggel later by myself om te dink ons as volwassenes gaan loop op die bande vir balans. Dit lyk skreeusnaaks in my kop en ek besluit ons los die gedagte maar net daar – ‘n gedagte…..

Dan dwaal my gedagtes weer terug na ‘n gesprek met my nuut opgeleide afgetekende klerk (ok nie meer so nuut afgeteken nie want dis al amper ‘n jaar terug – wat????)

Sy is af siek by die huis en tussen haar en haar man speel hulle “tagg” met die baba en as die baba slaap hoor ek hol hul beide vir hul rekenaars net om iets gedoen te kry….want….dis MAANDEINDE.

Siekte en maandeinde is nou glad nie soos “battery & torch” soos die engelse sal sê nie. Hulle “like” mekaar niks en as die twee mekaar ontmoet is dit omtrent ‘n gestoei en gespartel oor wie gaan wen.

Nie te min, ons telefoniese gesprek het gelei tot werk in paaiemente. Ek sing-praat en lag saam (ek weet mens mag nie lag en spot met siekte nie maar heng weet ek lag vir myself want ek was al baie daar wat daar nie TYD is vir siek wees nie).

Met my singende stem heet ek haar welkom by die lewe van paaiemente, deurmekaar laaie met groot en klein skuifspelde gemeng (ja dis ‘n “issue” vir sommige van ons), deurmekaar huise wat mens naderhand nie meer skoonmaak nie want 2 min na jy skoon gemaak het en die kinders is weer soos tornado’s deur die huis dan lyk dit nog erger as voor die skoonmaak….en so giggel ons oor alles wat pla en dat mens dit net oorleef op ‘n manier.

Die werk in paaiemente bly en ek glo dis so tot jou kinders uit die huis uit is. Dan dink ek jou lyf gaan ‘n skok kry as hy weer vir 8 ure mag werk sonder onderbrekings…..

Soos wat ek my gesig was en my grimering afhaal wat na aan Cleopatra gegrens het soos my man spottender uitgewys het, omdat ek oral oogpotlood aangesit het en effens onhandig geword het omdat ek lank laas so grimeer het, dink ek by myself dat dit BAIE cool sal wees as ons “tyre” oefeninge vir balans kan doen vir die REGTE balans in die lewe….

Dan voel ek die Heilige Gees lag amper vir my en sê “Maar daar is sulke oefeninge, Ek het jou dan vertel en gewys….kan jy nie onthou nie?”

Dan dink ek hard en hier het ek seker weer my snaakse uitdrukking op my gesig. Ek dink terug aan HOE dit was toe ek met beide kinders swanger was, toe hulle babas was en hoe dit nou is.

Jy kan dit nie vergelyk nie. MAAR ek onthou ook dat ek paar jaar terug net my voet neergesit het en gesê het dis nou klaar. Kinders opsy skuif is verby.

Die werk moet tussen kinders deur gedoen word nie kinders groot maak tussen werk deur nie!

Soos wat ek dink en als verby flits WEET ek dat ek al vir so lank besig was en steeds is om te balanseer op die lewe se “tyres”.

Val ek soms af? Te dikwels voel dit vir my!

Kry ek dit reg en bly bo vir langer tye? Vir seker!

Ek weet dat die besluit om 5 uur die middag die rekenaar af te sit en te ontspan voor aandete een van daai oefeninge is.

Of 2 uur die middag ophou werk en almal reg kry en aangetrek kry vir gimnastiek en Cross Fit….dis vir seker nog so oefening.

Om nie een gimnastiek of cross fit oefening te mis nie, maak nie saak of dit maandeinde of Februarie (finansiële jaareinde) is nie, is seker die hardste taaiste oefening om te doen…..

Om “bible journalling” te doen in paaiemente is nog ‘n groot oefening want hier oefen jy sommer jou geheue ook….

Na dit als besluit ek dat die hele lewe een groot balanserende oefening is….niemand kry dit reg voor 25 nie en vir seker ook nie teen 40 nie….maar op 40 is ons slimmer en wyser en weet ons wat is balangrik en wat nie….wat is nodig vir daai perfekte balans….

Geheim is jy moet LUISTER vir die Heilige Gees en net die eerste stap NEEM.

Gaan dit maklik wees? “Nope” nie elke dag nie.

Gaan jy moed op wil gee? Ja soms….maar gelukkig het ek die Heilige Gees om my te herinner aan die vordering en as ek nou moed op gee om die balans te probeer kry, alles verniet sal wees….

Belangrikste is om te weet dat Ek is tot ALLES in staat deur Hom wat my krag gee (Fil 4:13). As ons aan dit bly vasklou kan ons deurmekaar huise, gemengde skuifspelde en werk in paaiemente lag-lag oorleef….

Balans….balanseer….balans….balanseer….

Posted on Leave a comment

Verwagtinge

“Moet nie te hard op jouself wees nie.” Die woorde het ek al so baie uit so baie mense se monde gehoor as ek iets of ‘n situasie beskryf wat voel of dit my teen die mure uit dryf….of hardop wonder wat anders ek moes doen….

Jitte, kan ek nou vir jou ENIGE situasie overthink (is dit hoe ons vrouens is of sekere persoonlikheidstipes? dink ek by myself).

Hoe meer ek daaraan dink, hoe erger voel dit en hoe meer kruisig ek myself oor iets wat ek gedoen het of nie gedoen het nie.

Hulle sê mos, “hind sight” is ‘n wonderlike ding. Want dan doen jy alles reg. Geen foute nie, geen swak menslike oordeel oor ‘n situasie nie. Perfek reg. Soos ons almal mos dink die lewe is.

Dan dink ek weer aan my vriendin se woorde en ek wonder wat sy eintlik met dit bedoel? Ek is dan nie hard op myself nie??? Of is ek?

Soms, ok meeste dae, gaan ek deur die lewe met hierdie persepsie dat die wêreld en die owerhede en instansies aan wie ek behoort en aan rapporteer met hierdie massiewe mikroskoop sit en ALLES wat jy doen dissekteer en fout SOEK.

Hoe meer ek daaraan dink, hoe erger word die prentjie. Hierdie draak met sy mikroskoop en my werk en alles wat ek doen tussen die twee glasplate om dit wat ondersoek word stil te hou en in plek te hou (en nie die mikroskoop vuil te smeer met dit wat ondersoek word nie). Dan dwaal my gedagtes – wat noem jy daai plaatjies?? Ek skud my kop en besluit dit is nie belangrik om te weet wat jy dit noem nie….dit verander nie my prentjie nie….

Dan raak ek meer verboureerd en dink aan alles wat verkeerd kan gaan en hoe my werk en optrede en alles net nog meer onmenslik perfek moet wees.
Voor ek myself kry hiperventileer ek amper en voel soos ‘n mislukking.

O jinne en dan begin die guilt trip weer. Hoe ek misluk het as ‘n ma (want ek jak my kinders af as ek die werk moet doen), slegte slegte CA, RA & Belastingpraktisyn, slegte vrou wat ek is want nou is ek so uitgeput na alles ek kan nie eens behoorlik kosmaak of dink WAT om te maak nie, slegte dogter want ek het nooit veel om vir my pa te sê as hy bel nie (my standaard antwoord is dat ons besig is, nie nuus het nie, hoe koud dit word of baie dit gereën het en dat die dae vinnig loop), en so gaan die lysie aan en aan.

Dan hoor ek die liedjie “Be kind to yourself” deur Andrew Peterson. Eers vang die woorde “Be kind to yourself” my oor. Dan hoor ek “It is just you against you against you” en ek dink WAT? Het ek nou reg gehoor?

Ek luister en hoor. Ek besef die is ‘n man wat vir sy vrou sing. Dan wonder ek of dit is wat my man soms vir my wil sê?

Ek hoor weer die Heilige Gees se fluistering in my binneste.

Hy por my om te LUISTER en te HOOR.

“Hoor jy dit?” Is die vraag in my gedagtes.

“Jip ek doen” is my antwoord.

“Luister weer” kom die opdrag.

Ek luister, speel die liedjie weer.

Dan besef ek net al hoe meer dat dit net nog leuens was…die draak met die mikroskoop is iets wat my gedagtes geskep het. Amper soos die kinders se verbeelding van die monsters onder hul beddens.

Kan ek slap lê en nie my werk met sorg en deeglikheid doen nie? Vir seker nie want ek het ‘n verantwoordelikheid en moet Rentmeesterskap toon oor dit waaroor die Here my aangestel het.

Oor min was jy getrou en oor baie sal Ek jou aanstel….ek onthou daai bybelvers….die vergelyking wat Jesus vertel het van die bestuurders met die talente….

Gaan ek foute maak? Vir seker want ek is net mens….ons almal maak foute….

Dan raak my ontstuimige gemoed wat soos Tsunami golwe heen en weer slinger rustig en ek WEET net die Here beskerm my. Hy sal my herinner as ek iets verkeerd doen. Hy sal my wys wat om te doen om dit reg te stel. Dan hoor ek weer my ma se stem wat ek as klein dogtertjie gehoor het toe ek vir my eerste eksamens en toetse voorberei het….toe ek ongeveer 8 of 9 jaar oud was (ek was mos ‘n jaar jonger as my groep maats op skool)…

“Do your BEST and God will do the rest”.

Vir meer as 30 jaar word ek gereeld herinner aan die woorde.

“Dankie Mamma” dink ek by myself met ‘n dankbare hart en trane wat vir ‘n vlietende oomblik in my oë skiet.
Dan ruk ek myself reg, maak my grimering klaar en skuif agter my rekenaar in.

Reg om die dag se take aan te pak na die beste van my vermoë….
Ek praat met God en raak liries oor hoe awesome Hy is en HOE Hy net met my praat terwyl ek my wagwoord intik en wag dat my rekenaar se skerm aankom.

Be Kind To Yourself
Song by Andrew Peterson


You got all that emotion that’s heaving like an ocean
And you’re drowning in a deep, dark well
I can hear it in your voice that if you only had a choice
You would rather be anyone else
I love you just the way that you are
I love the way He made your precious heart
Be kind to yourself
Be kind to yourself
I know it’s hard to hear it when that anger in your spirit
Is pointed like an arrow at your chest
When the voices in your mind are anything but kind
And you can’t believe your Father knows best
I love you just the way that you are
I love the way He’s shaping your heart
Be kind to yourself
Be kind to yourself
How does it end when the war that you’re in
Is just you against you against you
Gotta learn to love, learn to love
Learn to love your enemies too
You can’t expect to be perfect
It’s a fight you’ve gotta forfeit
You belong to me whatever you do
So lay down your weapon, darling
Take a deep breath and believe that I love you
Be kind to yourself
Be kind to yourself
Be kind to yourself
Gotta learn to love, learn to love
Learn to love your enemies
Gotta learn to love, learn to love
Learn to love your enemies too

Posted on Leave a comment

Terwyl ek wag

Soos wat ek die liedjie luister “While I wait” deur Lincoln Brewster voel ek weer hoe die Heilige Gees in my gees beweeg en fluister….

17 jaar (kan dit al so lank wees?) Om net seker te maak ek maak nie ‘n optel fout nie, maak ek my foon se “calculator” oop en maak die som. Wragties. Hierdie jaar sal ons firma 17 jaar oud wees.

Liewe aarde ek raak so “distracted” ek vergeet skoon wat die punt was wat ek wou maak. O ja, nou onthou ek.
17 jaar gelede het ons die “leap of faith” gedoen en ons eie ding begin doen.


Ek praat net ander dag met iemand oor hoe die besigheid ontstaan het en dat my man se werksomstandighede so was dat hy hierdie “mal idee” gehad het om sy eie firma te begin.

Ek was baie benoud en bekommerd, want ons is jonk, praat van trou en nou kom hy met die plan (wat ek gedink het is mal).

Nou ja, seker 1 of 2 jaar na hy die “mal plan” geopper het, het die geleentheid homself voorgedoen vir my om my eie besigheid te begin. Dom (so het ek gevoel), jonk en onervare, met net ‘n graad, klerkskap en amper honeursgraad, bedank ek van my permanente werk.

Ek het vir werk gesoek, naby waar ons nou bly, maar kon niks kry nie. Ek glo dit was die Here se manier om my te kry om die pad te stap wat ek moes stap.

So die besluit om my eie ding te doen sonder al die kwalifikasies wat ek nodig gehad het, was die eerste geloofstap.

Ek skryf my eksamens, kwalifiseer as ‘n CA en RA – nog ‘n geloofstap.

Kliënte word bygevoeg, ander gaan weg. Moeilike toetse en uitdagings kom oor ons pad.

Ek raak swanger met ons oudste. Finansieël was dit ‘n uitdaging. Ek moes die besigheid los en vir ‘n bepaalde tyd korporatief gaan werk.

Vir 14 maande ry ek Sandton toe van ons huis af. Staan 4 uur op, ry half 6 (moet my nie vra wat ek vir uur en half gedoen het nie want ek het NIE soos ‘n model uit ‘n modetydskrif gelyk nie). Ek sien my kind min, my man nog minder. Maar ek doen dit, ek druk deur, want skielik het ek die ding in my kop dat ek nooit my besigheid moes begin nie. Ek oortuig myself so dat ek korporatief moes werk en dat ek uitgemis het op ordentlike inkomste verdien vir jare….

Vir maande doen ek aansoek vir ‘n pos maar helaas niks. Teen die einde van die kontrak, herinner ek my bestuurder dat my kontrak verstryk einde van die maand. Skielik kom daar ‘n moontlikheid van ‘n pos op. Ek vra of ek die naweek daaroor kan gaan dink (eintlik bid maar dink was my woord).

Ek en my man gaan “bid” daaroor (en ek sê dit in aanhalingstekens want, ai, die manier hoe ek dit toe gedoen het is nie hoe ek dit nou sal doen nie. Maar nie te min ek het God se raad gaan soek).

Ons kry die antwoord, ek moet terug kom. Skepties en huiwerig neem ons weer die geloofstap.

Jare later kry ons ‘n CV. Iemand wat wil klerkskap doen. Ons sien haar, sien die potensiaal en besluit om haar aan te stel. Beide sy en ons neem die volgende geloofstap….aanstelling van ‘n klerk sonder dat ons firma geakkrediteer is…..

Maar soos wat die woorde van die liedjie deur my kop gaan, stadig dans en draaie maak, besef ek net al hoe meer dat niks wat ons is vandag en waar ons is, is ons eie toedoen nie. Dis alles die Here. Ons het net toegelaat dat Sy plan manifesteer in ons lewens….to live by faith….

“After all”, die “mal plan” het al 17 jaar lank vir ons gesorg….

While I Wait
Song by Lincoln Brewster


Deep within my heart, I know You’ve won
I know You’ve overcome
And even in the dark, when I’m undone
I still believe it
I live by faith, and not by sight
Sometimes miracles take time
While I wait, I will worship
Lord, I’ll worship Your name
While I wait, I will trust You
Lord, I’ll trust You all the same
When I fall apart, You are my strength
Help me not forget
Seeing every scar, You make me whole
You’re my healer
I live by faith, and not by sight
Sometimes miracles take time
I live by faith, and not by sight
Sometimes miracles take time
While I wait, I will worship
Lord, I’ll worship Your name
While I wait, I will trust You
Lord, I’ll trust You all the same
You’re faithful every day
Your promises remain
You’re faithful every day
Your promises remain
You’re faithful every day
Your promises remain
You’re faithful every day
Your promises remain
Though I don’t understand it
I will worship with my pain
You are God, You are worthy
You are with me all the way
So while I wait, I will worship
Lord, I’ll worship Your name
Though I don’t have all the answers
Still I trust You all the same

Posted on Leave a comment

Beheer en beplanning.

Beheer en beplanning. Dis seker twee van die woorde wat so deel vorm van wie ek is. My werk vereis van my om beheer te neem as iemand se sake in wanorde is en dan vereis dit ook beplanning – wanneer ek wat gaan indien om te sorg dat alles betyds is en nie boetes kry nie….

Die grootste probleem wat ek ervaar is dat my beroep ALLES probeer oorheers in my lewe, veral dit waaroor ek nie beheer het nie.

Ek het nie beheer oor wat die hond volgende gaan doen of wanneer die pappagaai iets gaan naboots nie. Net so min het ek eintlik beheer oor die volgende minuut in my lewe…

Dis eintlik net genade dat ek opstaan en wakker word elke dag!

Ek dink ek verstaan nou hoekom ek soms so mismoedig raak met die lewe oor die algemeen….iets het iewers gebeur wat nie binne my beplanning was nie en nog minder binne my beheer.

Die woorde van “Control” en “I have this hope” maal weer deur my kop. Dan is daar ‘n awesome gekombineerde een van Control en nog ‘n liedjie saam….hoe meer ek daaraan dink hoe meer besef ek dat dit so moes wees – die twee saam….want terwyl jy beheer terug gee aan God (nie dat dit joune was om mee te begin nie, tong in die kies gesê) kan jy met sekerheid sê dat jy hoop het en dat God jou nodig het. Die Koning van die wêreld het JOU nodig…. en dat jy net diep binne jou WEET dat die Here jou hand vas hou al gaan jy deur die vloed of die vuur.

Gaan google of youtube die volgende liedjies en luister daarna….HOOR wat die Here vandag vir jou wil sê. Al drie is deur Tenth Avenue North: Control; I have this Hope; Control (Somehow you want me).

My innerlike geesmens staan met ‘n dankbare hart voor Hom en ek sien hoe sy die Heilige Gees se hand neem en verder hand-aan-hand deur die lewe stap oppad na die eindbestemming toe, die ewige lewe…..dit wat ons doen op aarde bepaal waar ons gaan opeindig in die hiernamels…

Mag sy (en ek) altyd die woorde van die liedjies onthou wanneer die lewe te buite beheer en chaoties voel. “Hy is in beheer” fluister die Heilige Gees in my hart….”Ek weet” is my antwoord.

Ek het later die volgende regstelling op Facebook gaan sit: Ek wil net graag ‘n regstelling maak oor die gekombineerde liedjie….die regte naam is toe I have this Hope/Control/By your side deur Mass Anthem…..en wanneer sulke flaters begaan word is ek sommer opgewonde en dankbaar dat ek die Heilige Gees aan my kant het!

Posted on Leave a comment

Wanneer jou rekenaarmuis te swaar is

Te moeg om die ongelooflike swaar muis (wat glad nie swaar is werklik nie maar soos lood in my hande voel) van my rekenaar rond te skuif om my werk te doen, probeer ek myself oortuig om my dag se take te doen.

Dit het letterlik gevoel of ek elke laaste gryntjie van die bietjie energie wat ek met min slaap opgebou het deur die aand, myself uit die bed gesleep het daardie oggend.

Broodjies vir skool bou vroegoggend het gevoel of ek ‘n 5 gang “French cuisine” aanmekaar sit. Dit vat lank en is uitmergelend….

Dan begin die dag….goed moet by owerhede in. Elke ding het ‘n ander dag en datum, geen skoon doellyn waarheen jy beweeg nie, dit voel soos een van daai wiskunde kaarte wat net miljoene kolle op het en ek dink amper hulle noem dit ‘n “scattered” iets se grafiek of ‘n ding. Die naam ontgaan my maar dis hoe die werkslading voel.

“All over the show”. Nie mooi reguit lyne en boksies soos wat vir my werkspersoonlikheid werk nie….

Dit voel weer soos een van daai 90 myl per uur dae…..die ding vir SARS oplaai, dat by CIPC. Hierdie epos beantwoord dan daardie whatsapp. Tussen in is oproepe en op ‘n kol voel dit vir my soos Germiston stasie.

Ek begin voel soos “Stukkie van der Merwe”…. ek grinnik vir myself, as my van Van Der Merwe was sou ek sekerlik gespot het en gesê het my naam is Elsie aka Stukkie van der Merwe ?? nie dat daardie wêreldse liedjie enigsins gaan oor iemand wat hulself in stukke moet verdeel om by al die werk uit te kom nie…..

Als voel of dit 100 keer langer as normaal vat want ek voel MOEG. Moeger as moeg. My moeg is al moeg.
So het ek gevoel seker 90% van die keer in 2020 en tot onlangs toe, grootste deel van 2021 wat ons tot dusver gehad het….

Moeger as moeg.

Liewe hemel, dink ek by myself. Kan EEN mens SO moeg wees?

Ek probeer vir my man beduie hoe ek voel. Hy verstaan nie. Hy kan met min slaap “cope”. Ek nie. Die nagte voel so kort en dan slaap ek ook nie goed nie bo op dit alles. Ek beny hom wat net sy kop neerlê en amper dadelik snork. Dan dink ek by myself, regtig? So maklik en gou?

HOE DOEN JY DIT????

Sy antwoord? Maklik. Ek maak my oë toe en dink aan niks dan slaap ek. Ai, ek rol my oë vir daardie antwoord want vir my is dit nie so maklik nie.

Ek sit by my nael tegnikus en huil amper weer oor hoe moeg ek is en hoe sleg ek slaap. “Nee” sê sy vir my, “so kan jy nie aangaan nie.”

Sy vertel my van een of ander drip wat jy kry wat jou laat slaap. Ek kan nie verder “worry” oor wat in die drip is nie, dit kan net slaap pille in vloeistof vorm wees vir al wat ek omgee. Ek wil SLAAP.

Ek kry die nommer, maak ‘n afspraak en gaan na die dokter toe.

Dis toe ‘n vitamiene drip. So lekker geel pakkie wat direk in jou are in drip. Jy ruik sommer die vitamine B. Ek kry die drip, slaap sleg die eerste aand want ek het een MASSIEWE hoofpyn. Seker my lyf wat aan bom skok ly van al die goeie goed wat nou weer terug inkom wat volksvreemd voel.

Die volgende aand begin ek beter slaap. Jinne, ek het vergeet HOE goed dit voel om te slaap!!! Dis lekker! Ek kan weer my veer van ‘n muis rondskuif en my werk doen.

Ek is nog nie waar ek WIL en MOET wees nie, MAAR ek voel darem al beter. Broodjies bou voel weer soos broodjies bou…..emosioneel weet ek dat ek nog ‘n spreekwoordelike drip moet kry en al plek waar mens dit kry is die bybel.

Dag vir dag en bietjie vir bietjie is dit besig om te herstel. Die fisiese voel makliker as die emosionele.

Elke dag kry ek my emosionele en geestelike drip deur die Praise & Worship musiek wat ons luister wanneer ons stort en reg maak vir die dag.

So baie liedjies PRAAT net met mens….val in jou gees en dan WEET jy net….die Here hoor en weet. Hy WEET. En Hy help ons as ons Hom toelaat…..

Nog so liedjie is – Maybe it’s OK deur We are Messengers.

Dis OK om sommige dae nie OK te voel nie. Want die Een wat die sterre in SY hand hou, hou my ook vas.
Wow. Nê? Hy ken MY naam? Ek wat nietig is hou HY vas in SY hand.

Daar is soveel maniere wat die Here ons help. Ons moet HOM net toelaat om dit te doen. Dis OK om ‘n aanvulling van natuurlike minerale en vitamines te vat….ons lywe het dit nodig om te funksioneer. Ons kos sit nie alles terug wat die gejaagde lewe uit suig nie…..

Dis ook OK om nie OK te voel nie….ons is mense en ek WEET Hy sal ons altyd help.

Met ‘n muis wat nie meer loodswaar is nie kan ek darem weer funksioneer en my take verrig.

Ek voel soms steeds moeg, maar ek is darem nie meer moeger as moeg nie.

Oorweldig, die voel ek amper elke dag (so baie goed het agter geraak a.g.v. 1 kwartaal se “home schooling” en die normale werkslading was steeds daar), maar ek sal hierdeur kom….as die vlees sterker is kan die gees en siel ook kans kry om sterker te word….

Maybe it’s ok….if I’m not ok…..

Posted on Leave a comment

“The joy comes in the morning”

Soos wat ek terug dink aan 2020, “cringe” ek (soos die Engelse sal sê) as ek net dink waardeur ons almal is.

“Man, o man,” 2020 was moeilik! Ek het gereeld gevoel ek wil “uit tap” soos die WWE stoeiers en net dit stop. En dan word ek net weer herinner dat ek deur die ding moet kom. Die jaar klaar maak. Nie dat ek gedink het 2021 gaan alles skielik *poof* verdwyn en terug keer soos in 2019 toe ons salig onbewus was van Covid en wat vir ons voorlê nie.

Dan raak dit weer stil binne my en ek besef ek is weer besig om te luister vir leuens en dit wat die hardste raas. Die negatiewe en slegte raas so hard ek kan nie eens die Here se stem hoor by tye nie.

Dan dink ek mooi terug….daar was eintlik soveel goeie “memories” wat ons gemaak het.

Ja dit was “tough”, homeschooling sucks, lockdown het nog meer gesuck, die eens besige pad voor ons huis was so stil dit het in ons ore geraas.

Maar daar was goeie “memories”. Die slaap tot 8 uur die oggend, want jy hoef nêrens heen te jaag nie. Uno speel tot 11 uur die aand saam met die kinders, Boereplaas en oom Sakkie wat my seun so frustreer in daardie speletjie. Movies kyk terwyl ek stryk, 12 uur die middag oefen, 17,000 steps of meer per dag op my oefen horlosie want ek moet huis skoon maak ook nog bo op alles (ja dit was nogal lekker vir my want my werk vereis dat ek stil sit vir meerderheid van die dag en as ek gelukkig is 3,000 steps in kry), oefening as my uitlaat vind en nou kan ek nie sonder dit nie (en wonder by myself hoekom ek so lank gevat het om dit te vind maar nie te min – alles op die regte tyd).

Vir ‘n wyle het ek myself verloor in 2020 maar met God se genade en ‘n awesome man wat my ondersteun en vir my bid, kan ek met dankbaarheid sê ek het myself weer gevind.

Deur al die moeilike tye WEET ek net hier binne my dat God my (en ons almal eintlik) sterker gemaak het. Al het dele van 2020 soos ‘n movie gevoel (die aankondiging van lockdown wat soos Armageddon en Outbreak saam gevoel het) weet ek net dat dit wat ons beleef het iets is vir die geskiedenisboeke en dat ons kan sê ons was deel van die geskiedenis wat geskryf is vir 2020. Ek kies om die positiewe te soek daarin. Om God se hand aan te gryp in die middel van die chaos.

My hart raak warm as ek dink dat toe ek op my laagste laag was, my donkerste donker plek, daar waar ek alleen gevoel het al is ek omring deur mense, God by my was.
Hoe ek gesmag het om Hom te HOOR.


Hy het mense gestuur met wie ek my hart kon deel. Wat saam met my kon huil en bid, my kon dra deur die tyd.

Liewe mense vir wie ek lief geraak het soos familie en sussies en hulle nie as vreemdelinge meer beskou nie. Bo dit alles my man (wat ek dink sy hare uit sy kop wou trek as ek die hoeveelste melt down in ‘n week of dag gehad het oor snert) wat net aangehou motiveer het, bid het en my probeer verstaan het.

Tussen alles deur sê ek vir iemand ek wil God HOOR of Hom VOEL. Ek weet Hy is daar maar ek wil HOM tasbaar ervaar….

Dan sit ons en werk en die volgende liedjie speel. My man kyk my in my oë en sê vir my “Wow, dis ‘n mooi liedjie, speel hom weer.”

Dan speel ek hom weer. Luister meer aandagtig, met meer insig.

My hart raak dan stil. Dan WEET ek net dat ek nou die Here HOOR. Hy het my gebed beantwoord deur een van die mooiste liedjies te stuur. Die eerste keer toe ek dit hoor en luister toe voel dit nie vir my of dit beter is in die oggend nie. Want daardie oggend was dit nog nie beter nie.

Maar ek weet vir seker dat die skrif in Psalms wel waar is. The joy always comes in the morning. Maak nie saak hoe swaar of hoe moeilik dit nou voel laat in die aand nie. Môre voel alles weer beter.

Ek “post” die woorde hier, gaan Google of You Tube die liedjie en hoor net hoe awesome sing die vrou dit. Dit voel amper vir my of dit direk uit die hemel kom en net vir my bedoel was.

Dankie Here dat U my gebede beantwoord. Dankie dat ek met so ‘n dankbare hart U kan dien. Dankie dat ek myself weer kon vind. Dankie dat ek besig is om gesond te word. Dankie dat ek dag vir dag besig is om weer my ou self te word op ‘n beter vernuwe manier sodat ek weer die Mamma kan wees vir my kinders, die vrou vir my man en my rol as Beroepsvrou met nog meer passie kan uitleef.

In the Morning
Song by JJ Heller

I see the tears sitting on your cheeks
I know you’re tired, fall now to sleep
Stop fighting so hard, it’s time to surrender
Raise your white flag and always remember
Your heart will feel lighter
Everything will be brighter
Find peace in knowing
That all will be well in the morning
In the morning
All will be well
All will be well in the morning
It’s been a long day, and you did your best
Let go of the past, it’s time now to rest
The weight of the world is getting too heavy
Give it to Jesus, His arms are steady
And your heart will feel lighter
Everything will be brighter
Find peace in knowing
That all will be well in the morning
In the morning
All will be well
All will be well in the morning
Close your lovely eyes
Can you feel the sunrise
Your heart will feel lighter
Everything will be brighter
Find peace in knowing
That all will be well
And your heart will feel lighter
Everything will be brighter
Find peace in knowing
That all will be well in the morning
In the morning
All will be well
All will be well in the morning
In the morning
All will be well
All will be well in the morning

Posted on Leave a comment

My liefde (of nie so baie liefde nie) vir my werk

“Hou jy van jou werk en wat jy elke dag doen?”

Elke keer as ek die vraag hoor stik ek amper aan my koffie of tee of sommer net my eie spoeg.

Hou ek van wat ek doen? My onmiddellike reaksie is amper altyd NEE want, ek voel, ek moet altyd die waarheid praat en mag nie jok nie.

Maar, die antwoord hang ook af van die bui wat ek in is, die dag wat ek gehad het en nog heelwat buite faktore wat buite my beheer is.

Ek analiseer en “over think” die vraag nou al vir ‘n paar jaar.

Hou ek van wat ek doen? Dis eintlik baie moeilik om te antwoord.

Soos wat ek hom dissekteer en uitmekaar trek, besef ek eintlik diep binne my dat die antwoord eintlik Ja is.

Nie ‘n valse ja nie. Nie ‘n oordadige oordrewe ja nie. Net ja.

Ek gesels ‘n paar jaar terug met ‘n vriendin via whatsapp toe ek weer een dag moeg en moedeloos voel (ek dink soms voel & klink ek soos hierdie kla kous of nat onderbroek soos wat ek net eerlik al my kaarte op die tafel sit as my vriendinne my vra hoe gaan dit – want ek mag mos nie jok nie).

Ek vertel haar hoe ek nie van my werk hou nie en dit en dat en wie weet wat nog alles. Sy reageer en sê “Ek hou ook nie elke dag van wat ek doen nie”.

Jy kan amper die bande hoor skree soos my brein ‘n noodstop doen van 120 km/u af.

Wat???? Ek is nie die enigste een nie?? Regtig? Jy kan my omslaan met ‘n pap snoek. Vir jare (en ek sê jou jare nie net 2 jaar nie) dink ek dat ek is die enigste een wat nie van my werk hou nie.

Almal anders is dan so super gelukkig en MAL oor hulle werk….? Daar moet fout wees met my….

Ek kom verder tot die besef dat die werk wat ek/ons doen amper vergelyk kan word met wat mense doen met huise of karre.

Al verskil is, ek kan nie ‘n mooi kombuis of blink rooi kar wys wat enige iemand sonder kennis van kombuise of karre kan waardeer nie.

Maar ek het op my manier my rooi kar of nuwe kombuis waarmee ek kan spog. In die vorm van finansiële state of netjiese rekeningkundige rekords.

Weet jy hoeveel besighede se chaos het ons aan gewerk en reg getrek dat dit vir ons voel soos die blink rooi kar wat oorgedoen is deur Gas Monkey?

Ek dink wat dit vir ons/dalk eerder my, moeiliker maak is die feit dat die mense nie altyd ‘n waardering het vir dit wat ons doen nie..nie begryp WAT ons doen nie….

Maar diep binne my WEET ek net dat die finansiële state of die Pastel wat ons getransformeer het van ‘n ou stukkende Excel dokument of geen sisteme (wat op die oog af vir die verbruiker fantasties gelyk het maar eintlik soveel gate en gapings in gehad het) tot die eindproduk wat ons lewer, ons blink rooi motor is wat ons getransformeer het…..

“Beauty is in the eye of the beholder” soos die Engelse sê.

Ek weet dat ek die “beauty” van die handewerk wat ek doen kan sien en super trots is daarop, al toon ander soms geen waardering vir dit nie….

Ek WEET ook net dat die Here vir my die gawe gegee het om te doen wat ek doen.

Ek WEET ook ek moet ophou luister vir die leuens van die duiwel dat ek glad nie van my werk hou nie.

Ja daar is dae wat ek die ontvangsdame by die dokter se spreekkamer beny, want sy WEET wat sy moet doen. Sy moet net die foon antwoord “Dokter spreekkamer goeiedag” en dan die oproep deur sit (en ek kyk nou glad nie neer op ontvangsdames nie – ek het eintlik bewondering en waardering dat daar ‘n werk is wat jy kan doen sonder om heeltyd onseker te voel)…want dit voel soms of ek met navrae sit of iets uit die BTW wet moet interpreteer en vir iemand ‘n antwoord gee met die grootste onsekerheid hier diep binne my…..

Maar dan weet ek ook net as ek net diep asemhaal, bid vir kennis en wysheid, die Here dit vir my sal gee sodat ek dit reg interpreteer en alle onsekerheid verdwyn…..en dan weet ek ook dat daar eintlik baie is wat die dokter se ontvangsdame moet doen waaroor sy onseker is. Ek weet net nie van dit nie, want ek observeer net die telefoon antwoord en nie die volle rol wat sy wel vertolk nie….

Dankie dat ek ‘n God dien wat my kan wys dat ek eintlik diep (soms voel dit baie diep en dat ek lank en hard moet gaan soek) binne my hou van wat ek doen en dat die onsekerheid my nie onder moet kry nie, want ek het HOM in my span.

Ek moet nie luister vir dit wat die hardste raas nie, want dis in die minderheid…..ek moet net Hom vertrou. “I was chosen for such a time as this….

Wat meer kan ek voor vra?

Posted on Leave a comment

Die Groot Dag!

Vroegdag lê ek al wakker. Hoor die “Piet-my-vrou” roep…dan onthou ek ‘n vriendin het vir my gesê hulle kan net roep as daar vog in die lug is…

Ek speel met ons nuwe baba, laat ek jou vertel, die afgelope 2 weke was soos pajama dril en wakker word uit ‘n diep slaap as die dingetjie wil pieps en draaitjies loop….maar sjoe, het die Here vir ou Fudge net op die regte tyd gestuur vir my gemoed!

Na nog ‘n half uur van lê en wag vir die son om op te kom (die seisoen het mos gedraai so die son strek later eers haar arms oor die horison) besluit ek maar om my man wakker te maak…’n groot dag met ontbyt saam hartsmense lê voor en ek kan nie laat wees vir dit nie!

Ons lê so en gesels, hy vertel my dat ons dogtertjie die persente gekies het en dat dit ‘n groot verrassing is. Dit was vir hom vreemd maar ek weet sy het gekies wat haar hartjie gevoel het belangrik was/is vir my.

Hy staan op en maak die kinders wakker. ‘n Gefluister en sagte bewegings hoor ek in die huis. Sy woorde aan my was dat ek moet maak of ek slaap sodat die kinders vir my kan sing…

Ek lê en wag. In my binneste giggel ek dat hulle nou doen vir my wat ek elke verjaarsdag vir hulle doen. Kersies in cupcakes sit en die verjaarsdag maatjie wakker sing en verras met geskenke.

Dan hoor ek dit, vir ‘n oomblik deur mekaar met of hulle Afrikaans of Engels moet sing en toe trek almal weg in Afrikaans.

My hart klop tjoklits oor my gesin my so in oorvloed bederf met die awesome persoonlike gebaar.

Wonder bo wonder is my gemoed op ‘n plek waar dit lank laas was op my verjaarsdag.

Terwyl ek stort dink ek vir ‘n vlietende oomblik dat ek nie eens aan my ma gedink het toe ek wakker geword het nie. Ek skuif die gedagte een kant toe want dis so lekker om so te voel en nie die verlange na haar heeltyd te hê nie.

Ons maak reg en ry vir ons ontbyt….

Diep binne my weet ek net die Here seën hierdie dag. Ek kan VOEL dat iemand (of baie) vir my gebid het….ek kan voel my gemoed is lig en reg om die dag aan te pak…. “Fourtabulous” hier is ek nou. Ek omhels die groot 40 met ope arms. Want sy hou insig, kennis en wysheid in. Ek gaan haar nie meer vermy nie.

Sy is nou hier, ek vat haar om haar skouers en gee haar ‘n stywe druk. Kyk haar in die oë en knik my kop. Ek is reg. Ek is reg vir 40.

Mag die Here my as ‘n instrument gebruik elke dag vir elke mens wat ek aanraak. Mag elkeen na Hom smag omdat ek Sy lig helder laat skyn al voel my eie liggie flou en dof soms…

Ek gaan nie toelaat dat die druk van die wêreld my onder kry nie want ek weet alles is moontlik met God en dat Hy altyd alles ten goede laat mee werk vir die wat Hom lief het.

Posted on Leave a comment

“D-day”

Posted on Leave a comment

Veertig

So 40 is baie “topical” soos die Engelse sal sê en met goeie rede. Volgende week die tyd is ek 40 en nie meer 39 nie. “What a scary thought!”

Jinne het ek nou vir jou planne gehad vir die laaste 40 dae voor ek 40 word. Gedink ek gaan elke dag (ja Saterdae en Sondae ingesluit) oefen want ek soek mos daai lyf, skielik hierdie gesonde leefstyl onder die bad matjie uitruk en begin uitleef, gemors kos uitsny en so gaan die lysie aan en aan.

Ek dink ek verstaan nou vir die eerste keer wat my man bedoel as hy sê ek plaas te veel druk op myself.

Kon dit nooit verstaan nie, want jinne een dag nie tot op die maksimum benut nie is ‘n totale mors van tyd. So het ek gedink. Vergeet dat ek net ‘n mens is en ‘n ma is….dat ek ‘n Beroepsvrou is wat alles andersins moet in pas (perfek) soos een of ander 5000 stuk legkaart in 24 uur sodat die prentjie reg vertoon….

Gou het ek besef dat my “40 day to do list” eintlik net ‘n “ek-plaas-druk-op-myself” lysie geword het.

Ek kyk na foto’s wat van my geneem is die afgelope naweek en dan dink ek dat ek eintlik maar moes volhou met minstens die oefen item op my lysie (ek oefen darem 1x per week maar ek wou 7x per week). Ek dink heeltyd by myself dat die arme mense om my wat heeltyd in DAAI gesig en lyf moet vaskyk ??

Maar dan iewers tussen als deur voel ek weer hoe die Here my hart aanraak….ek voel hoe Hy sê dat ek nou is waar ek moet wees op alle vlakke nie net fisies waar ek woon nie. Alles is binne Sy plan.

Hoe fantasties is dit nie net nie??

Hy weet presies hoeveel grashalmpies is op ons erf.

Dis “amazing”. Ons dien so ‘n wonderlike God!

Ek haal weer diep asem en kyk vir myself in die spieël en weet die foto se beeld is wind skeef in vergelyking met dit wat ek sien in die spieël.

Ek is tevrede met wat ek sien in die spieël.

Ek het gedoen wat ek kon om my lewe om te draai sodat ek wel kan sê met trots dat ek oefen en dat dit deel van my roetine is nou, al is dit nie elke dag nie.

Dis ten minste 1x per week wat meer is as 2 jaar terug….

So “cheers” vir my lysie, al kon ek net sommige van my doelwitte byhou en volhou, weet ek dat ek my beste gedoen het om goed te verander in my lewe voor ek 40 is.

Fourtabulous coming soon and in counting….

Posted on Leave a comment

Die GROOT verjaarsdag

Veertig. 40. Oor bietjie meer as ‘n week word ek 40! (8 dae om presies te wees…)

Toe ek 20 was, het 40 so ver gevoel. So oud, so anders. Ek meen ek het op 20 of 21 gedink my lewe is verby as ek teen 22 my graad het en teen 24 CA is.

Regtig??? Verby? Dit BEGIN dan eers.

Nie te min, hier sit ek omtrent 20 jaar later na ek die gesprek met my vriendin gehad het oor my lewe wat verby gaan wees en ek leef nog.

Vir ‘n paar jaar al spartel ek met die idee van 40 word en hier sit ek nou en die dag LOER vir my soos ‘n ek weet nie wat nie. Ek kan nou wragties nie dink soos wat loer dit vir my nie….maar dit loer vir my.

Soos wat ek die afgelope 2 jaar of so al hierdie emosies “unpack” soos die engelse dit noem begin ek besef dat die rede hoekom ek voel oor 40 soos wat ek doen is omdat die balans en die eendag waarna elke mens smag net nog nie hier is nie.

Jy is teoreties amper halfpad deur jou lewe en steeds werk jy lang ure, steeds oefen jy nie, steeds leef jy nie gesonder soos jy gedink het jy sou nie. Steeds is die balans nie daar nie.

Ek het in 2020 vir ‘n vlietende oomblik balans beleef en ek besef dit was ‘n oomblik wat die Here my gegun het. Ek het begin Cross Fit terwyl die kinders gimnastiek doen half pad deur Februarie nogal (ons besigste wildste maand in ons bedryf).

Alles het net perfek in plek geval. CF tye val saam gimnastiek, ek kan steeds gou inkopies doen na die tyd en ‘n redelike tyd by die huis kom.

En dit was “awesome”!

Uiteindelik het my “eendag” gearriveer vir oefen. Iets wat ek al vir meer as 10 jaar voor bid en die Here smeek om my lus te maak vir oefening en dat ek daarvan sal hou, het toe gebeur.

Toe kom Covid en lockdown. Toe is my 4 weke van balans weg. Word my hele wêreld onder my uitgeruk.
Maar nie te min, ons is deur die 6 jaar van 2020 en hier is ek nou amper 40.

Ek wroeg ook met die feit dat my ma my nie sien 40 word het nie, maar ek weet in my hart dat dit ook ok is en dat die Here ‘n plan het met alles en dat alles altyd ten goede mee werk vir die wat Hom lief het.

Soos wat ek reflekteer oor wat ek dink die redes is oor hoekom ek voel soos ek voel, voel ek die Here fluister in my gees vir my oor tyd. Hoe kosbaar tyd regtig is.

Ek het altyd geweet dit was kosbaar maar as jy amper 40 is, is dit asof die Here dit beklemtoon.

In dieselfde asem fluister hy vir my dat 40 nie so sleg is nie. Jonk genoeg om ‘n verskil te maak op alle vlakke en oud genoeg om met meer wysheid na goed te kyk, op te weeg en meer ingeligte Goddellike besluite te neem in my lewe.

Op amper 40 kan ek dit net VOEL in my gees dat die Here besig is om my op te rig. Hy is besig om my voor te berei vir dit waarvoor ek geroep is.

Die “boldness” is skielik daar. Skielik kan ek moeilike gesprekke voer en weet dis noodsaaklik om die gesprekke te voer….

Woorde kan nie beskryf wat ek voel nie maar ek WEET net. Maar voor jy kan doen wat die Here wil hê jy moet doen, moet jy gelouter word.

Moet jy deur die vuur gaan en moet jy die druk ervaar.
“He is busy making diamonds” se woorde maal deur my kop (praise en worship liedjie) en ek weet dis hoekom mens deur goed gaan.

Dit is om sterker aan die ander kant uit te kom sodat jy kan doen waarvoor jy geroep is.

So hier is op 40 en die innerlike stryd wat met dit gepaard gaan.

Dank die Here ek het Hom in my lewe want sonder Hom is ek niks.