Posted on Leave a comment

Fokus en rus

Gisteraand terwyl ek in die badkamer my gesig was en tande borsel voor ons almal gaan neerval en net “recover” van die afgelope week se werk en gebeure, hoor ek die skril geluid van die speelding van ons nuutste toevoeging in ons gesin.

Die kinders se gegiggel beweeg op die klankgolwe deur die geslote deur tot by my ore…ek kan hulle nie sien nie maar ek kan hulle hoor.Ek sien al hoe die babahondjie hol tussen die twee kinders en hoe hulle giggel en huppel en weg hardloop van haar soos hulle speel.Terwyl alles gebeur praat ek met die Here…en dink ek eintlik net hoe wonderlik Hy ons geskape het.

Ons het sintuie om die wêreld om ons te kan inneem en te prossesseer sodat ons brein ‘n beeld kan vorm van dit wat ons hoor.Hoe bevoorreg is ons nie net om Sy kinders genoem te kan word nie. Hoe wonderlik is dit nie dat Hy ons eerste gekies het nie?

Wow?! Die Here het vir my en jou wat hierdie stuk lees GEKIES. Soos wat jy die Future Life in Checkers gaan KIES met jou maandelikse inkopies. Net so het Hy ons gekies.Ten spyte van al die werksdruk, staatsinstansies se vereistes en belaglike tydlyne, kliënte en menseverhoudings wat elke dag na omgesien moet word weet ek dat die tyd van ma wees lekker is.

Elke fase van my lewe met my kinders weet ek moet ek koester en ek doen…ek bêre “memories” diep in my hart en brein vir ander dag later se onthou.Werk asof jy nie ‘n ma is met kinders nie en wees ‘n ma asof jy geen beroep het nie.Dis balans vervat in een sin dink ek….?Kry ek dit elke dag reg? Vir seker nie! Smag ek daarna?

Absoluut! Bly ek self staande as die lewe se golwe my boot probeer omver gooi? Glad nie. Maar ek het my anker in Jesus. As dit nie vir Hom was nie, was ek nie vandag hier waar ek nou is nie. Verloor ek soms fokus? Te gereeld voel dit vir my….

Maar dis die klein goedjies in die lewe, die gelag van kinderstemme, geblaf en grom van hondjies, pappagaai se nabootsings en natuurlik my man met sy wonderlike sin vir humor en wysheid wat die Here vir hom gee om my fokus net weer reg te trek, wat maak dat alles wel die moeite werd is.

Ek geniet my kinders, dis moeilik om nie die spreekwoordelike “mom guilt” (hoekom iemand nou dit ‘n naam gegee het weet ek nie want nou is dit ‘n emosie met ‘n naam en nie meer net ‘n onbekende gevoel en worsteling wat jy nie kan kleinkry nie) te ervaar nie….maar ek weet eendag, in die knip van ‘n oog, is hulle groot. Word hulle amper 40.

Dan gaan ek terug dink aan hierdie dae en weet ek sommer dat my hart terug gaan verlang na hierdie mal, deurmekaar en onderste bo tye. Skuldgevoel weet ek ook is nie van God af nie, so die emosie met die naam wat iemand besluit het “Mom Guilt” moet heet, moet ons eintlik net van ons laat afrol soos water van ‘n eend se rug….Hier is op elke werkende ma.

Al “werk” jy nie en klassifiseer jouself as ‘n “home executive” – ons kan dit doen.

Met God as ons anker KAN ons die wrede wêreld met sy belaglike vereistes oorleef.Ons moet net gefokus bly op dit wat Hy wil hê ons moet doen.

Ons moet ons wese instel op Sy frekwensie (soos wat jy ‘n radio instel) sodat ons altyd kan seker wees ons hoor wat Hy wil hê ons moet hoor…..en rus by Sy voete.

Hoe mens dit doen weet ek nie aldag lekker nie maar ek probeer….of dit musiek is of teken in my bybel….ek probeer hoor en rus by Hom…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.